Wys tans plasings met die etiket ja ja. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket ja ja. Wys alle plasings

Woensdag 22 Januarie 2014

Sweer hoegenaamd nie...

IN HIERDIE BLOGPOST GAAN ONS KYK NA DIE BETEKENIS VAN DIE WOORD "SWEER" IN DIE SKRIF - in die sin van " 'n eed afle"  ("to take an oath").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 5:33)  Verder het julle gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie vals sweer nie, maar jy moet jou ede aan die Here hou.
(Mat 5:34)  Maar Ek sê vir julle: Sweer(Griekse woord, "om-noo-o" - "take an oath, swear") hoegenaamd nie ("not by any means", "not at all, commonly, utterly") 
—nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is
(Mat 5:35)  ook nie by die aarde nie, omdat dit die voetbank van sy voete is; ook nie by Jerusalem nie, omdat dit die stad is van die groot Koning;
(Mat 5:36)  ook by jou hoof mag jy nie sweer nie, omdat jy nie een haar wit of swart kan maak nie.
(Mat 5:37)  Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose.

=========================================================================
OPSOMMING:
(rol af vir "uiteensetting")

(1) (rol af na punt 1 vir meer skrifgedeeltes) Volgens Matt. 5:33-36 het die mense van die ou tyd as volg geglo:  "dat iemand nie VALS MAG SWEER NIE, MAAR SY EDE AAN DIE HERE HOU" - m.a.w. hulle het geglo dat jy mag sweer, maar net nie "vals" mag sweer nie (-dit is baie die manier hoe meeste gelowiges vandag ook glo),  MAAR JESUS HET VIR ONS IETS ANDERS GELEER - HY HET ONS BEVEEL OM HOEGENAAMD NIE TE SWEER NIE! Daar is heelwat vb.e in die O.T. van waar mense "gesweer" het ("took an oath") - dit beteken egter nie dat dit God se goedkeuring weggedra het nie, want enige iemand wat nie 'n eed hou nie, val onder oordeel. (Jak. 5:12)  "Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie:   nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder ‘n oordeel val nie". DIT IS DUS DUIDELIK DAT DIE DISSIPELS HIERDIE GEBOD VAN JESUS AAN DIE EERSTE CHRISTENE GELEER HET.  Die volk het ook goed verstaan dat, dat sou iemand nie 'n eed hou nie, hulle onder 'n oordeel val: (Jos 9:20 - "Dit sal ons aan hulle doen en hulle laat lewe, sodat daar nie toorn oor ons kom ter wille van die eed wat ons vir hulle gesweer het nie").
Kyk ook die woorde, "en ook geen ander eed nie" (Jak. 5:12) - duidelik verwys Jakobus  nie net na "hoe" daar gesweer word nie, maar waarsku ons teen die hele gedagte van sweer ("to take an oath"), watter eed ookalNiemand van ons weet wat more gaan gebeur nie - ons is nie in die mag om te weet of ons 'n eed sal kan hou nie - kyk Jesus se woorde in bg. vers, Matt. 5:36: -"omdat jy nie een haar wit of swart kan maak nie" - d.w.s., die Here is die Een wat in beheer is, nie ons nie! - "die mens weet niks van wat hom voorlê nie" (Pred. 9:1,2). (Kyk die vb.e in Matt. 14:7-9 en Josua 9).  Ons kan nie iets maak gebeur as dit nie die wil van die Here is nie.  Daarom, as 'n gelowige sweer (enige eed), dan is hy eintlik besig om homself in beheer te plaas "asof hy 'n haar wit of swart kan maak!" - "Sweer(Griekse woord, "om-noo-o" - "take an oath, swear") hoegenaamd nie").  Waar iemand dan hierin nie gehoorsaam is aan die Here nie, sit hy homself in beheer "asof hy weet wat more gaan gebeur"! - sou iemand nie daardie eed hou nie, KAN HY ONDER 'N OORDEEL VAL (en l.w. dat dit geskryf was aan Christene! (Jak. 5:12) - baie gelowiges dink dat hulle glad nie onder enige oordeel kan val nie omdat hulle onder die bloed van Christus is, maar waar iemand opsetlik ongehoorsaam is aan die Here, bewys Hy dat Hy nie werklik sy vertroue in die Here plaas nie - dit het tot gevolg dat 'n gelowige wat in sulke ongehoorsaamheid stap, onder 'n oordeel kan val).
--------------------------------------------
(2) (rol af na punt 2 vir meer skrifgedeeltes) DIE FARISEERS HET NIE DIE ERNS VAN "SWEER" BEGRYP NIE, WANT HULLE HET VERKEERDELIK GELEER DAT IN SOMMIGE GEVALLE "SWEER" NIKS IS, EN IEMAND DAN NIE GEBONDE IS DAARAAN NIE, maar Jesus het dit duidelik gemaak in Matt. 23 dat enige manier van "sweer" ernstig opgeneem moet word, en dat enige iemand wat sweer, gebonde is daaraan (maak nie saak "waarby" iemand sweer nie).  Sekere maniere van "sweer" is nie meer ernstig omdat dit op 'n spes. manier geskied nie, bv. "sweer is sweer, of iemand sy hand op die Bybel plaas of nie!". Ook het Jesus 'n duidelike onderskeid getref tussen die erns van "om te sweer" en "laat jou ja, ja wees":  - "Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose" - Matt. 5:37. Net soos nie enige vorm van "doodmaak" gesien was as "doodslaan" nie, net so tref die Here 'n onderskeid tussen "sweer", en om bloot "ja" te se.
---------------------------------------------
(3) (rol af na punt 3 vir meer skrifgedeeltes) Kom ons kyk na die geval van waar Petrus die Here verraai het - Petrus het, om sy eie lewe te "red", selfs  gesweer op sy eie valse getuienis - Matt. 26:74 . Dit is duidelik dat Petrus opreg berou gehad hieroor (v.75) -  hy het ook agterna deur sy geloof bewys dat hy hom bekeer het van valse getuienis! Lees gerus Jesus se opmerking teenoor Petrus in Luk. 22:31-34 i.v.m. hierdie wat hy gesweer het met valse getuienis: - (Luk 22:31-34)  "En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif.  Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk. En hy het vir Hom gesê: Here, ek is gereed om saam met U selfs in die gevangenis en in die dood te gaan. Maar Hy antwoord: Ek sê vir jou, Petrus, die haan sal vannag nie kraai voordat jy drie maal geloën het dat jy My ken nie".
 PETRUS WAS ALREEDS BEKEERD, MAAR HY MOES HOMSELF WEER BEKEER TOT DIE HERE!  Alhoewel hy lief was vir die Here, en die geloof gehad het, het hy nie altyd die dinge van die Here bedink nie (Matt. 16:23), en moes op 'n swaar manier leer wat dit regtig beteken om heilig te lewe - hy moes hom bekeer van sy menslike manier van sien, en sonde (al was hy gelowig!).  Elke Christen moet selfondersoek doen of hy regtig gehoorsaam is aan die Here - waar hy bewus is van gevalle waar hy verkeerd gaan (asook gevalle waar hy "gesweer" het), moet hy hom bekeer van hierdie dinge (al het hy geloof), en homself onderwerp aan die Here tot gehoorsaamheid.

In die wet word ons beveel om geen valse getuienis teen ons naaste te spreek nie.  (Eks. 20:16 -  "Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie"). Dit het te doen met: "jy moet jou naaste liefhe soos jouself". (Rom. 13:9).  Party mense le bloot 'n eed af sodat hulle geloofwaardig kan klink - soos Petrus gedoen het - dit was sodat hulle hom kon glo - soos mense doen in die geval van 'n hofsaak!, MAAR OP GEEN STADIUM IS DIT REG OM 'N EED AF TE LE NIE!  

(Lev 19:11)  Julle mag nie steel nie, en julle mag nie lieg nie, en julle mag die een die ander nie bedrieg nie.
(Lev 19:12)  En julle mag nie vals sweer (die Hebreeuse woord, "shaw-bah", wat beteken: "to take an oath") by my Naam en so die Naam van jou God ontheilig nie. Ek is die HERE.  
-ROL AF NA PUNT 5 om te verstaan wat dit beteken "om te sweer by die Here se Naam" 
---------------------------------------------
(4)  (rol af na punt 4 vir meer skrifgedeeltes)IN ELKE GEVAL VAN WAAR IEMAND SWEER ('n eed afle), EN DIT NIE NAKOM NIE, SAL HY ONDER 'N OORDEEL VAL - (Jak. 5:12)  "Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder ‘n oordeel val nie".    LET WEL DAT HIERDIE WAARSKUWING OOK GELD VIR CHRISTENE (Jak. 5)! Toe Jesus die eerste keer gekom het, het Hy nie gekom om te oordeel nie, maar wanneer Hy terugkom, gaan Hy kom om te oordeel:   (Joh 12:47)  En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red. (Joh 12:48)  Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag. 
------------------------------------ (5) (rol af na punt 5 vir meer skrifgedeeltes) IN SEKERE SKRIFTE WORD "SWEER BY SY NAAM" GEBRUIK IN KONTEKS MET "DAT ONS NIE ANDER GODE MOET DIEN NIE" - inteendeel, die volk was in Deut. 6:13 beveel om "te sweer by Sy Naam"!  Dit is wanneer iemand  'N GELOFTE MAAK AAN DIE HERE self (nie ander gode nie) om Hom te dien, en Hom alleen;   maar let wel dat, sou hy 'n eed afle om die Here te dien, maar Hom nie dien nie, dan sal hy ONDER OORDEEL VAL. Dit was van die volk verwag om te "sweer by die Here se Naam", in die sin van 'n eed afle om Hom alleen te dien - sou hulle dan nou nie daardie eed hou nie, het hulle onder 'n oordeel geval - die vloek van die wet!  In die Nuwe Testament word ons geensins beveel om "te sweer by Sy Naam" nie, maar daar word van ons verwag om tot bekering te kom en ons geloof te bely!...en ons moet ons ja, ja hou. Waar iemand se werke egter bewys dat hy nie werklik geloof het nie, of van die geloof afvallig geraak het, kan hy nie verwag dat hy nie onder oordeel gaan val nie!

Die tema van "sweer", is baie ernstig - IN ALLE GEVALLE, SAL DIE MENS GEOORDEEL WORD OP ENIGE EED WAT HY AFGELE HET.
--------------------------------------
(6)  (rol af na punt 6 vir meer skrifgedeeltes) DIE HERE HOU ALTYD SY BELOFTES - natuurlik mag Hy sweer!  En omdat daar geen meerdere is waarby Hy kan sweer nie, is dit duidelik dat Hy by Homself gaan sweer.  
========================================================================

UITEENSETTING:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1)  

(Gen 21:23)  Sweer dan nou vir my hier by God dat jy met my en my kroos en my nageslag nie vals sal handel nie; dieselfde guns wat ek jou bewys het, moet jy aan my bewys en aan die land waarin jy as vreemdeling vertoef.
(Gen 21:24)  En Abraham antwoord: Ek sweer.

(Gen 24:3)  dat ek jou kan laat sweer by die HERE, die God van die hemel en die God van die aarde, dat jy vir my seun geen vrou sal neem uit die dogters van die Kanaäniete onder wie ek woon nie;

(Gen 25:33)  Toe antwoord Jakob: Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop.
(Gen 47:30)  Wanneer ek met my vaders ontslaap het, bring my dan weg uit Egipte en begrawe my in hulle graf. En hy antwoord: Ek sal handel ooreenkomstig u woord.
(Gen 47:31)  Toe sê hy: Sweer my dit tog. En hy het vir hom gesweer. Toe het Israel in aanbidding gebuig oor die koppenent van die bed.

(Gen 50:5)  My vader het my laat sweer en gesê: Kyk, ek gaan sterwe; in my graf wat ek vir my in die land Kanaän uitgekap het, daar moet jy my begrawe. Laat my dan nou tog optrek en my vader begrawe. Daarna sal ek terugkom.

(Gen 50:6)  En Farao sê: Trek op en begrawe jou vader soos hy jou laat sweer het.

(Gen 50:25)  En Josef het die seuns van Israel laat sweer en gesê: As God sekerlik op julle ag sal gee—bring dan my gebeente hiervandaan op.
(Gen 50:26)  En Josef het gesterwe, honderd en tien jaar oud. En hulle het hom gebalsem, en hy is in ‘n kis gesit in Egipte.

(Eks. 13:19)  En Moses het die gebeente van Josef met hom saamgeneem; want hy het die kinders van Israel plegtig laat sweer en gesê: God sal eindelik op julle ag gee; bring dan my gebeente saam met julle hiervandaan op.

(Jos 2:12)  Sweer dan nou tog vir my by die HERE dat, terwyl ek aan julle ‘n guns bewys het, julle ook aan my familie ‘n guns sal bewys; en gee my ‘n betroubare teken

(Jos 2:17)  Toe sê die manne vir haar: Ons sal ontslae wees van hierdie eed aan jou wat jy ons laat sweer het

(Jos 6:25)  Maar Josua het Ragab, die hoer, laat lewe en haar familie en almal wat aan haar behoort het; sodat sy onder Israel gewoon het tot vandag toe, omdat sy die boodskappers weggesteek het wat Josua gestuur het om Jérigo te verken.
(Jos 6:26)  In dié tyd het Josua hulle laat sweer met die woorde: Vervloek is die man voor die aangesig van die HERE wat sal opstaan om hierdie stad Jérigo op te bou: ten koste van sy eersgeborene sal hy sy fondamente lê, en ten koste van sy jongste sal hy sy poorte insit.

(Rig. 15:12)  Toe sê hulle vir hom: Ons het afgekom om jou te bind, om jou oor te gee in die hand van die Filistyne. En Simson sê aan hulle: Sweer vir my dat julle nie self op my sal aanval nie.

(1Sa 20:3)  Toe sweer Dawid verder en sê: Jou vader weet baie goed dat ek guns in jou oë gevind het; daarom het hy gedink: Laat Jónatan dit nie weet nie, anders word hy bedroef. Maar so waar as die HERE leef en jou siel leef, daar is maar net een tree tussen my en die dood!

(1Sa 20:17)  En Jónatan het Dawid weer laat sweer by sy liefde vir hom; want hy het hom liefgehad met die liefde van sy siel.

(1Sa 24:21)  (24:22) Sweer dan nou vir my by die HERE dat jy my geslag ná my nie sal uitroei en my naam uit my familie nie sal uitdelg nie.
(1Sa 24:22)  (24:23) Toe sweer Dawid vir Saul. En Saul het na sy huis gegaan, maar Dawid en sy manne het na die bergvesting opgetrek.

(1Sa 28:10)  Toe sweer Saul vir haar by die HERE en sê: So waar as die HERE leef, geen straf sal jou ter wille hiervan tref nie!

(1Sa 30:15)  En Dawid vra hom: Sal jy my afbring na hierdie bende? En hy sê: Sweer vir my by God dat u my nie sal doodmaak en my nie sal uitlewer in die hand van my heer nie; dan sal ek u afbring na hierdie bende.

(2Sa 19:7)  Staan dan nou op, gaan uit en spreek na die hart van u dienaars, want ek sweer by die HERE—as u nie uitgaan nie, sal sekerlik vannag geen man by u bly nie; en dit sal vir u ‘n groter onheil wees as al die onheile wat u oorgekom het van u jeug af tot nou toe.



(1Sa 14:26)  "Toe die manskappe in die bos kom, was daar oorvloed van heuning; maar niemand het met sy hand aan sy mond geraak nie, omdat die manskappe bevrees was vir die eed. (1Sa 14:28)  Daarop spreek een van die manskappe hom aan en sê: Jou vader het die manskappe met hierdie dure eed besweer: Vervloek is die man wat vandag iets eet. Daarom is die volk afgemat". 

(1Kon. 1:29)  Toe sweer die koning en sê: So waar as die HERE leef wat my uit alle benoudheid verlos het,

(1Kon. 1:51)  Toe is daar aan Salomo meegedeel en gesê: Kyk, Adónia is bevrees vir koning Salomo; en kyk, hy hou die horings van die altaar vas en sê: Laat koning Salomo eers vir my sweer dat hy sy dienaar nie met die swaard sal ombring nie.


(Neh 5:12)  Daarop sê hulle: Ons sal dit teruggee en niks van hulle vorder nie; ons sal net so handel soos u gesê het. En ek het die priesters geroep en hulle laat sweer om volgens hierdie woord te handel.



(Esra 10:5)  Toe het Esra opgestaan en hy het die owerstes van die priesters, die Leviete en die hele Israel laat sweer om volgens hierdie woord te handel; en hulle het gesweer.


(1Kon. 18:10)  So waar as die HERE u God leef, daar is geen nasie of koninkryk waar my heer nie heen gestuur het om u te soek nie; en as hulle sê: Hy is nie hier nie—dan laat hy die koninkryk en die nasie sweer dat hulle u nie kon vind nie.


(Jer 38:16)  Toe sweer koning Sedekía vir Jeremia in die geheim en sê: So waar as die HERE leef wat aan ons hierdie lewe verleen het—ek sal jou nie doodmaak en jou nie oorgee in die hand van hierdie manne wat jou lewe soek nie!

(Gen 26:28)  Toe antwoord hulle: Ons het duidelik gesien dat die HERE met jou is. Daarom het ons gedink: Laat daar tog ‘n eed tussen ons wees, tussen ons en jou; en laat ons ‘n verbond met jou sluit:

(Pre 9:1)  Want dit alles het ek ter harte geneem en dit alles het ek probeer deurgrond, dat die regverdiges en die wyse manne en hulle dade in die hand van God is, liefde sowel as haat; die mens weet niks van wat hom voorlê nie.
(Pre 9:2)  Alles is gelyk vir almal: een en dieselfde lot is daar vir die regverdige en die goddelose, vir die goeie en die reine en die onreine, en vir hom wat offer en vir hom wat nie offer nie, die goeie ewe goed as die sondaar, vir hom wat sweer ewe goed as vir hom wat bang is vir ‘n eed.


 *  Jos. 9 is 'n goeie vb. van hoekom die Here ons beveel het om hoegenaamd nie te sweer nie!  Gaan lees gerus die hele hfst., en veral v.14.  Wanneer daar besluite geneem word, moet dit nie geskied volgens ons eie logika nie (of volgens die voordele wat ons daaruit kan kry nie), maar dit is belangrik dat ons altyd eers na die wil van die Here vra:
...(Jos 9:14)  Toe neem die manne van hulle padkos; maar die mond van die HERE het hulle nie geraadpleeg nie. (Jos 9:18)  Maar die kinders van Israel het hulle nie verslaan nie, omdat die owerstes van die vergadering vir hulle gesweer het by die HERE, die God van Israel; die hele vergadering het toe teen die owerstes gemurmureer.(Jos 9:19)  Daarop sê al die owerstes aan die hele vergadering: Ons het self vir hulle gesweer by die HERE, die God van Israel; en nou mag ons hulle nie aanraak nie.
... AS HULLE EERSTENS DIE HERE GERAADPLEEG HET, SOU HULLE NIE HIERDIE EED/VERBOND GESLUIT HET NIE!

KYK OOK DIE VB. IN MATT. 14, VAN HERODUS WAT AAN SY DOGTER 'N EED BELOWE HET DAT HY HAAR ENIGE IETS GAAN GEE WAT SY VRA - WEER-EENS BEWYS DAT ONS LIEWER NIE MOET "SWEER" NIE!
(Mat 14:7)  Daarom het hy met ‘n eed beloof om haar enigiets te gee wat sy sou vra.
(Mat 14:8)  Toe sê sy, nadat sy deur haar moeder aangehits was: Gee my hier op ‘n skottel die hoof van Johannes die Doper.
(Mat 14:9)  En die koning het treurig geword, maar ter wille van die eed en die feesgenote het hy beveel dat dit gegee moes word.
========================================================================
(2)  

(Mat 23:16)  Wee julle, blinde leiers, julle wat sê: Elkeen wat sweer by die tempel—dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die goud van die tempel, hy is gebonde.
(Mat 23:17)  Julle dwase en blindes, want wat is meer: die goud, of die tempel wat die goud heilig?
(Mat 23:18)  En: Elkeen wat sweer by die altaar—dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die gawe daar bo-op, hy is gebonde.
(Mat 23:19)  Julle dwase en blindes, want wat is meer: die gawe, of die altaar wat die gawe heilig?
(Mat 23:20)  Wie dan sweer by die altaar, sweer dáárby en by alles wat daarop is;
(Mat 23:21)  en wie sweer by die tempel, sweer dáárby en by Hom wat daarin woon;
(Mat 23:22)  en wie sweer by die hemel, sweer by die troon van God en by Hom wat daarop sit.
========================================================================
(3) 

(Mat 26:72)  En met ‘n eed ontken hy dit weer: Ek ken die man nie......
...(Mat 26:74)  Toe begin hy homself te verwens en te sweer: Ek ken die man nie.
(Mat 26:75)  En dadelik het die haan gekraai, en Petrus het die woord van Jesus onthou wat Hy vir hom gesê het: Voor die haan kraai, sal jy My drie maal verloën. En hy het buitentoe gegaan en bitterlik geween.


(Lev 19:11)  Julle mag nie steel nie, en julle mag nie lieg nie, en julle mag die een die ander nie bedrieg nie.
(Lev 19:12)  En julle mag nie vals sweer (die Hebreeuse woord, "shaw-bah", wat beteken: "to take an oath") by my Naam en so die Naam van jou God ontheilig nie. Ek is die HERE.  -ROL AF NA PUNT 5:  "om te sweer by die Here se Naam", gaan daaroor dat iemand bely dat hy die Here alleen sal dien - dit gaan nie oor enige ander ede wat iemand afle nie!

(Sag. 8:17)  En julle moet nie mekaar se onheil in jul hart versin nie, en nie die valse eed liefhê nie. Want dit alles haat Ek, spreek die HERE.
(Mat 15:19)  Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal.


VERGELYK DIT MET Lev. 6:3, 19:12 en Ps. 24:4:

(Lev 6:2)  As iemand sondig en ontrou handel teen die HERE deurdat hy teenoor sy naaste ontken dat iets aan hom toevertrou of as pand gegee is of deur hom geroof is, of dat hy sy naaste iets afgepers het,
(Lev 6:3)  of dat hy iets gekry het wat weg was, en dit ontken; of dat hy vals sweer ten opsigte van enigiets wat ‘n mens kan doen om hom daarmee te besondig - VGL. HIERDIE MET: (1Kor. 6:10 - "Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of DIEWE of GIERIGAARDS of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie"),  EN (Openb. 21:8 - "Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die LEUENAARS hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood"). (Kol. 3:9 - "Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het").

(Psa 24:1)  ‘n Psalm van Dawid. Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon;
(Psa 24:2)  want Hy het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.
(Psa 24:3)  Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek?
(Psa 24:4)  Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.


(1Ki 8:31)  As iemand teen sy naaste sondig en hulle hom ‘n eed oplê om hom tot selfvervloeking te bring en hy voor u altaar in hierdie huis kom sweer

(Jes. 19:18)  In dié dag sal daar vyf stede in Egipteland wees wat die taal van Kanaän spreek en by die HERE van die leërskare sweer; een sal genoem word: Stad van verwoesting.

Nog vb.e van "vals sweer":
(1Kon. 8:31)  As iemand teen sy naaste sondig en hulle hom ‘n eed oplê om hom tot selfvervloeking te bring en hy voor u altaar in hierdie huis kom sweer

(2Kron. 6:22)  As iemand teen sy naaste sondig en hulle hom ‘n eed oplê om hom tot selfvervloeking te bring en hy voor u altaar in hierdie huis kom sweer

(2Kron. 36:13)  En hy het ook gerebelleer teen koning Nebukadnésar wat hom by God laat sweer het; maar hy was hardnekkig en het sy hart verhard, sodat hy hom nie tot die HERE, die God van Israel, bekeer het nie.

(Jer 5:1)  Swerf rond in die strate van Jerusalem, en kyk tog en verneem en soek op sy pleine of julle iemand vind, of daar een is wat reg doen, wat waarheid soek—dan sal Ek daaraan vergifnis skenk.
(Jer 5:2)  En of hulle al sê: So waar as die HERE leef, sekerlik sweer hulle vals.

(Jer 7:8)  Kyk, julle vertrou op bedrieglike woorde wat nie baat nie.

(Gen 26:3)  Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het.


=======================================================================
(4) ENIGE MANIER VAN SWEER IS 'N EED, EN WAAR IEMAND SWEER EN DIT NIE NAKOM NIE, SAL HY ONDER 'N OORDEEL VAL - EN LET WEL DAT HIERDIE WAARSKUWING OOK GELD VIR CHRISTENE (Jak. 5)!  (Joh 12:47)  "En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red.(Joh 12:48)  Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag" - daar is nou vryspraak in Jesus Christus, sodat ons sondes vergewe word, maar as iemand Hom nie gehoorsaam nie (nadat hy tot hierdie bekering en geloof gekom het), dan gaan Sy woorde hom oordeel in die laast dag

  NET SO SOU DIE PERSOON IN DIE VOLK WAT NIE DIE WET HOU NIE, ONDER OORDEEL VAL, nl. "die vloek van die wet".  (kyk punt 7 - verbond).

GEVALLE VAN VRYSPRAAK:


(Num 30:2)  As iemand aan die HERE ‘n gelofte doen of ‘n eed sweer waardeur hy homself verbind om hom van iets te onthou, moet hy sy woord nie breek nie; hy moet handel volgens alles wat uit sy mond uitgaan.
(Num 30:3)  Maar as ‘n vrou aan die HERE ‘n gelofte doen of haarself verbind om haar te onthou, terwyl sy in haar vader se huis is in haar jeug,
(Num 30:4)  en haar vader van haar gelofte hoor of van die onthouding waartoe sy haarself verbind het, en haar vader swyg teenoor haar, dan sal al haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees.
(Num 30:5)  Maar as haar vader haar terughou op die dag dat hy daarvan hoor, sal al haar geloftes en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, nie van krag wees nie; en die HERE sal haar dit vergewe, omdat haar vader haar teruggehou het.
OOK IN DIE GEVAL VAN WAAR ABRAHAM SY DIENAAR GESTUUR HET OM VIR ISAK 'N VROU TE GAAN NEEM, WAS DAAR 'N MANIER HOE DIE DIENAAR VRYGESPREEK KON WORD VAN DIE EED.  (Gen 24:8 - "Maar as die vrou jou nie wil volg nie, dan is jy ontslae van hierdie eed aan my. Jy moet net my seun nie weer daarheen bring nie").

Kyk ook na die vb. van Ragab wat die 2 verkenners gehelp het:
(Jos 2:20)  "Maar as jy hierdie saak van ons bekend maak, sal ons ontslae wees van die eed aan jou wat jy ons laat sweer het".  Waar jy nie jou eed hou aan iemand nie, is dit 'n ernstige saak, en jy sal verantwoording doen daarvoor - maar daar is gevalle waar ons nie verantwoording gaan doen nie.

(Lev 5:4)  of as iemand sweer terwyl hy onverskillig met die lippe praat om kwaad of goed te doen volgens alles wat ‘n mens met ‘n eed onverskillig kan praat en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is aan een van hierdie dinge;
(Lev 5:5)  as hy dan aan een van hierdie dinge skuldig is, moet hy bely waar hy teen gesondig het,
(Lev 5:6)  en as boete vir die sonde wat hy gedoen het, aan die HERE ‘n ooi bring van die kleinvee, ‘n skaaplam of ‘n bok, as sondoffer. En die priester moet vir hom versoening doen weens sy sonde.
========================================================================
(5)  MAAR WAT BEDOEL DIE HERE DAN IN DEUT. 6:13, DAT ONS "BY SY NAAM MOET SWEER"?  Sien dat in konteks, hierdie gese is t.o.v.:  "hulle mag nie agter ander gode aan loop uit die gode van die volke wat rondom hulle is nie" - dit gaan hier oor "in wie jy jou hoop plaas" - aan wie belowe jy dat jy hom/Hom sal dien???  By wie se naam sweer jy?  Sweer jy by die Here se Naam (belowe jy om Hom te dien?), of sweer jy by 'n afgod se naam (om hom te dien?)??  

(Deu 6:13)  Jy moet die HERE jou God vrees en Hom dien; en by sy Naam moet jy sweer.
(Deu 6:14)  Julle mag nie agter ander gode aan loop uit die gode van die volke wat rondom julle is nie—

(Deu 10:20)  Die HERE jou God moet jy vrees, Hom moet jy dien en Hom moet jy aanhang en by sy Naam sweer.

(Jos 23:7)  dat julle met hierdie nasies wat met julle saam oorgebly het, nie meng nie; julle mag ook die naam van hulle gode nie vermeld en daarby nie laat sweer nie, en julle mag hulle nie dien en julle voor hulle nie neerbuig nie;
(Jos 23:8)  maar die HERE julle God moet julle aanhang soos julle tot vandag toe gedoen het.

(Psa 63:11)  (63:12) Maar die koning sal bly wees in God; elkeen wat by Hom sweer, sal hom beroem; want die mond van die leuensprekers sal gestop word.


(Jes. 65:16)  sodat hy wat homself seën in die land, hom sal seën by die God van waarheid; en hy wat sweer in die land, sal sweer by die God van waarheid, omdat die vorige benoudhede vergeet is en verborge vir my oë.
(Jes. 65:17)  Want kyk, Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie.

(Jer 4:1)  As jy jou bekeer, Israel, spreek die HERE, bekeer jou tot My; en as jy jou verfoeisels van my aangesig af verwyder, hoef jy nie rond te swerwe nie.
(Jer 4:2)  Dan sal jy sweer: So waar as die HERE leef! in waarheid, in reg en in geregtigheid; en die nasies sal hulleself in Hom seën en hulle in Hom beroem.

(Jer 12:16)  En as hulle ywerig die weë van my volk leer om te sweer by my Naam: So waar as die HERE leef, soos hulle my volk geleer het om te sweer by Baäl—dan sal hulle onder my volk gebou word.
(Jer 12:17)  Maar as hulle nie luister nie, dan sal Ek dié nasie heeltemal uitruk en tot niet maak, spreek die HERE.


(Jer 44:26)  Daarom, hoor die woord van die HERE, o hele Juda wat in Egipteland woon! Kyk, Ek sweer by my grote Naam, sê die HERE: Nooit sal my Naam meer aangeroep word deur die mond van enige man van Juda in die hele Egipteland nie, met die woorde: So waar as die Here HERE leef!

(Amo 8:13)  In dié dag sal die mooi jongedogters en die jongmanne van dors beswyk—
(Amo 8:14)  hulle wat sweer by die skuld van Samaría, en ook sê: So waar as jou god leef, o Dan! en: So waar as die weg van Berséba leef! En hulle sal val en nie weer opstaan nie.

(Sef. 1:4)  En Ek sal my hand uitstrek teen Juda en teen al die inwoners van Jerusalem; Ek sal ook uit hierdie plek uitroei wat van Baäl oorgebly het, die naam van die afgodsdienaars saam met die priesters;
(Sef. 1:5)  en die wat op die dakke die leër van die hemel aanbid; en die aanbidders wat by die HERE sweer en sweer by Milkom.

(Sag. 5:4)  En laat dit uitgaan, spreek die HERE van die leërskare, en dit sal kom in die huis van die dief en in die huis van hom wat vals sweer by my Naam; en dit sal binne-in sy huis vernag en dit verteer saam met sy balke en sy klippe.

(Hos 10:4)  Hulle het groot woorde gespreek, vals gesweer, verbonde gesluit—en soos ‘n gifplant spruit die oordeel uit in die vore van die landerye.

IN SEKERE SKRIFTE WORD "SWEER BY SY NAAM" GEBRUIK IN KONTEKS MET "DAT ONS NIE ANDER GODE MOET DIEN NIE" - inteendeel, die volk was in Deut. 6:13 beveel om "te sweer by Sy Naam"!  Dit is wanneer iemand  'N GELOFTE MAAK AAN DIE HERE self (nie ander gode nie) om Hom alleen te dien;  sou iemand besluit om die Here te dien ('n eed afle, sweer om die Here te dien), maar Hom nie dien nie, dan sal hy ONDER OORDEEL VAL - in die geval het hulle geval onder die vloek van die wet.  Enige iemand wat tot bekering en geloof kom, maar nie in die geloof bly nie, gaan onder die oordeel val (die wat nie die nodige vrug gedra het nie, nl. die "kaf";  die wat nie barmhartigheid bewys het nie en ander verkeerd geoordeel het, nl. die "bokke").  Daarom is die tema van "sweer" baie ernstig - IN ALLE GEVALLE, SAL DIE MENS GEOORDEEL WORD OP ENIGE EED WAT HY AFGELE HET!

(1Kon. 2:42)  Daarop laat die koning Símeï roep, en hy sê vir hom: Het ek jou nie by die HERE besweer en jou gewaarsku nie en gesê: Die dag dat jy uitgaan en êrens heen trek, moet jy voorwaar weet dat jy sekerlik sal sterwe? En jy het aan my gesê: Dit is goed; ek het gehoor.
(1Kon. 2:43)  Waarom het jy dan die eed by die HERE en die gebod wat ek jou opgelê het, nie gehou nie?

  KOM ONS KYK NA WAAR "OM TE SWEER", SOOS 'N VERBOND IS:
(Luk 1:72)  om barmhartigheid te bewys aan ons vaders en aan sy heilige verbond te dink,
(Luk 1:73)  aan die eed wat Hy gesweer het vir Abraham, ons vader, om aan ons te gee

(1Ch 16:16)  die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak;

(Psa 105:9)  die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak;

(Hand. 2:30)  Omdat hy dan ‘n profeet was en geweet het dat God vir hom met ‘n eed gesweer het dat hy uit die vrug van sy lendene, wat die vlees betref, die Christus sou verwek om op sy troon te sit,

(Heb 6:17)  Daarom het God, omdat Hy nog kragtiger aan die erfgename van die belofte die onveranderlikheid van sy raad wou toon, dit met ‘n eed gewaarborg;

 (2Ch 15:12)  En hulle het die verbond aangegaan om die HERE, die God van hulle vaders, met hul hele hart en met hul hele siel te soek.
(2Ch 15:13)  En elkeen wat die HERE, die God van Israel, nie soek nie, sou gedood word, klein en groot, manne sowel as vroue.
(2Ch 15:14)  En hulle het vir die HERE gesweer met ‘n groot stem en met gejuig en met trompette en basuine.
(2Ch 15:15)  En die hele Juda was verheug oor die eed, want hulle het met hul hele hart gesweer en met hul hele wil Hom gesoek; en Hy het Hom deur hulle laat vind, en die HERE het hulle rus verskaf rondom.

(Neh 10:29)  het by hulle broers, die vername manne onder hulle, aangesluit, en hulle het onder eed en met beswering hulleself verplig om te wandel in die wet van God, wat deur die diens van Moses, die kneg van God, gegee is, en om te hou en te doen al die gebooie van die HERE onse Here, en sy verordeninge en sy insettinge;

(Jer 11:5)  om te bevestig die eed wat Ek vir julle vaders gesweer het om aan hulle te gee ‘n land wat oorloop van melk en heuning soos dit vandag is. Toe het ek geantwoord en gesê: Amen, o HERE!

(Eze 16:59)  Want so sê die Here HERE: Ja, Ek doen aan jou soos jy gedoen het, wat die eedswering geminag het deur die verbond te verbreek.
(Eze 16:60)  Ewenwel sal Ek dink aan my verbond met jou in die dae van jou jeug, en Ek sal met jou ‘n ewige verbond oprig.

(Eze 17:13)  Toe het hy een uit die koninklike geslag geneem en met hom ‘n verbond gesluit en hom ‘n eed opgelê, maar die magtiges van die land het hy weggeneem;
(Eze 17:14)  sodat die koninkryk van geringe betekenis sou wees en hom nie sou verhef nie, maar dat dit, deur sy verbond te onderhou, in stand kon bly.
...(Eze 17:16)  So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, in die plek waar die koning woon wat hom koning gemaak het, wie se eed hy geminag en wie se verbond hy verbreek het, by hom, binne-in Babel, sal hy sterwe.
...(Eze 17:18)  Want hy het die eed geminag deur die verbond te verbreek; en kyk, hy het sy hand gegee en tog al hierdie dinge gedoen; hy sal nie ontvlug nie.
(Eze 17:19)  Daarom, so sê die Here HERE: So waar as Ek leef, Ek sal gewis my eed wat hy geminag het, en my verbond wat hy verbreek het, op sy hoof laat neerkom.

(Dan 9:11)  Maar die hele Israel het u wet oortree en afgewyk deurdat hulle nie na u stem geluister het nie; daarom is die vloek en die eed oor ons uitgestort wat geskrywe is in die wet van Moses, die kneg van God, want ons het teen Hom gesondig.  -  ELKEEN WAT NIE HULLE KANT VAN DIE VERBOND GEHOU HET NIE, NL. OM GEHOORSAAM TE WEES AAN DIE WET NIE, m.a.w. nie hulle eed gehou het nie, HET ONDER OORDEEL GEVAL - nl. "die vloek van die wet".  Jesus het ons vrygekoop van die vloek van die wet - sou hulle wat nou "vry is van die vloek van die wet" (a.g.v. die feit dat hulle nie hulle eed gehou het nie) nou 'n nuwe eed maak aan die Here (tot bekering kom en geloof in Hom bely - hulleself ondergeskik stel aan Hom om Hom te dien), maar ook hierdie eed nie hou nie, dan sal hulle ONDER OORDEEL VAL!

(Pred. 8:2)  Ek sê: Neem die bevel van die koning in ag, en wel ter wille van die eed by God.

*  (2Sa 21:7)  Maar die koning het Mefibóset, die seun van Jónatan, die seun van Saul, verskoon vanweë die eed by die HERE wat tussen hulle was, tussen Dawid en Jónatan, die seun van Saul. (2 Sam. 9:10; 16:4; 19:25).   

*  (2Ki 11:4)  Maar in die sewende jaar het Jójada die owerstes oor honderd van die Kariërs en van die hardlopers laat haal en by hom in die huis van die HERE laat kom en met hulle ‘n verbond gesluit onder eedswering in die huis van die HERE, en vir hulle die koning se seun gewys.

========================================================================
(6)  DIE HERE HOU ALTYD SY BELOFTES - natuurlik mag Hy sweer!  En omdat daar geen meerdere is waarby Hy kan sweer nie, is dit duidelik dat Hy by Homself gaan sweer:

(Gen 22:16)  en sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie,
(Gen 22:17)  dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.


(Deu 7:8)  Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.


(Deu 29:12)  om oor te gaan in die verbond van die HERE jou God—en in sy eedswering—wat die HERE jou God vandag met jou sluit;

(Deu 29:14)  En nie met julle alleen maak ek hierdie verbond en hierdie eedswering nie,
(Deu 29:15)  maar met die wat vandag hier saam met ons voor die aangesig van die HERE onse God staan, én met die wat hier vandag nie saam met ons is nie.

(Heb 6:13)  Want toe God aan Abraham die belofte gegee het, het Hy, omdat Hy by geen meerdere kon sweer nie, by Homself gesweer
(Heb 6:14)  en gesê: Voorwaar, Ek sal jou ryklik seën en jou grootliks vermeerder.
(Heb 6:15)  En so het hy die belofte verkry nadat hy geduldig gewag het.
(Heb 6:16)  Want mense sweer by een wat meer is, en die eed van bevestiging is vir hulle die einde van alle teëspraak.
(Heb 6:17)  Daarom het God, omdat Hy nog kragtiger aan die erfgename van die belofte die onveranderlikheid van sy raad wou toon, dit met ‘n eed gewaarborg;
(Heb 6:18)  sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die hoop wat voorlê;
(Heb 6:19)  en ons het dit as ‘n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel
(Heb 6:20)  waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek ‘n hoëpriester geword het vir ewig.

(1Sa 3:14)  En daarom sweer Ek aangaande die huis van Eli: Waarlik die ongeregtigheid van die huis van Eli sal tot in ewigheid nie deur slagoffer of spysoffer versoen word nie.


(Jes. 45:23)  Ek sweer by Myself; geregtigheid gaan uit my mond, ‘n woord wat nie herroep word nie: dat voor My elke knie sal neerbuig, by My elke tong sal sweer.
(Jes. 45:24)  Hulle sal van My sê: Alleen in die HERE is volle geregtigheid en sterkte; na Hom sal hulle kom; maar hulle almal sal beskaamd staan wat op Hom toornig is.

(Jes. 48:1)  Hoor dit, huis van Jakob wat julleself noem met die naam van Israel en uit die waters van Juda voortgekom het, wat sweer by die Naam van die HERE en die God van Israel roem, maar nie in waarheid of in geregtigheid nie—

(Jer 22:5)  Maar as julle na hierdie woorde nie luister nie, dan sweer Ek by Myself, spreek die HERE, dat hierdie huis ‘n puinhoop sal word.

(Heb 7:20)  En vir sover dit nie sonder eedswering was nie—want húlle het sonder eedswering priesters geword,
(Heb 7:21)  maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het: Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek—


(Heb 4:3)  Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie—alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is.

(Eseg. 16:8)  En Ek het by jou verbygegaan en jou gesien, en kyk, jou tyd was die tyd van liefde. Toe het Ek my vleuel oor jou uitgesprei en jou naaktheid toegedek. Ja, Ek het vir jou gesweer en met jou ‘n verbond aangegaan, spreek die Here HERE, en jy het myne geword.

(Jer 51:14)  Die HERE van die leërskare het by Homself gesweer: Al het Ek jou vol mense gemaak soos sprinkane, tog sal hulle oor jou ‘n vreugdegeroep aanhef.


(Heb 3:11)  sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.

(Heb 3:18)  En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames?
======================================================================