Wys tans plasings met die etiket in duisternis rondloop. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket in duisternis rondloop. Wys alle plasings

Maandag 17 Oktober 2022

Honger, dors, vreemdeling, naak, siek, opgesluit (7)

____________________________________________________________________________________
In hierdie reeks van "honger, dors, vreemdeling, naak, siek en opgesluit"-poste, is die klem wel op BARMHARTIGHEID en gebaseer op Matt. 25, maar daar word veral gekyk na die skriftuurlike asook geestelike betekenis van sulke woorde (honger, dors, bekleding, siek ens.).  In hierdie pos kyk ons na die begrip "GEVANGENIS", en of daar 'n geestelike betekenis ook agter dit is...

(Mat 25:36)  Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen:

"Regverdige mense" word tipies gesien as BARMHARTIGE mense (Matt. 25:45.46) - sulke mense is barmhartig teenoor die wat honger of dors het, barmhartig teenoor vreemdelinge, barmhartig teenoor die wat naak of siek is, of bv. teenoor die wat in die GEVANGENIS is (om hulle te besoek)... Christene vra baiemaal wat hulle vir die Here kan doen - wel, hierdie is o.a. iets wat ons vir die Here kan doen!, is om BARMHARTIG te wees, want wanneer jy barmhartig is teenoor jou medemens dan is dit asof jy hierdie barmhartigheid vir die Here self doen. 
(Mat 25:31-40)  "En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei; en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit. Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af. Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom. Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee? En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee? En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?  En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen".

As jy bv. 'n broeder in die gevangenis besoek, is jy besig om barmhartig te wees (en hierdie word gesien asof jy dit vir die Here doen)(Matt. 25:36,40). Maar ons sal ondertoe sien dat "gevangenis" nie net verwys na die wat in 'n fisiese gevangenis opgesluit is nie, maar verwys ook na die wat geestelik "in 'n gevangenis is".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die begrip "gevangenis":
Ons weet goed waarvoor 'n gevangenis bedoel is, maar mense vertoef ook somtyds om ander redes in 'n gevangenis / of is opgesluit (bv., waar nog bepaal word of die persoon skuldig is of nie, of daar op 'n beslissing gewag word...-Gen. 42:16, Lev. 24:12; Num. 15:34).  Somtyds word opregtes ongelukkig in die gevangenis gewerp (bv., waar iemand valslik beskuldig word-Gen. 39:20; Jer. 37:15,18;  of omrede die persoon se woorde te keer sodat hy nie ander beinvloed om ditto te glo as wat hy glo nie-Matt. 4:12; 14:3; Hand. 4:3; 22:19; 16:23; 12:4; 8:3;  of om op die proef gestel te word...-Openb. 2:10, ens.). 'n Gevangenis is noodwendig 'n plek waar iemand opgesluit is en word baiemaal vgl. met 'n plek wat DONKER IS... Vgl. dit met Dawid se woorde in Ps. 142:8 ('n gebed van hom terwyl hy in 'n "spelonk" weggekruip het) die woord "spelonk" in v.1 verwys na 'n donker plek/grot...)(Psa 142:8 - "Lei my siel uit die gevangenis om u Naam te loof. Die regverdiges sal my omring as U aan my goed doen"). 

M.a.w.., in die Skrif word daar ook na "gevangenis" verwys as 'n donker plek, bv. "die wat in die duisternis sit":
Die woorde "in duisternis" word baiemaal in beeldspraak gebruik bv., natuurlike mense is in die mag vd duisternis - is onder die mag van die satan ("in duisternis")(Kol. 1:13; Hand. 26:18);  maar geestelike mense is onder die mag van God (Hand. 26:18) - is soos mense wat in die lig wandel (is deel van God se koninkryk). Die wat tot bekering kom word bv. voorgestel as mense wat oorgaan in die lig - hulle "bly nie in die duisternis nie" (Joh 12:46 - "Ek het as ‘n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie)(Joh 8:12 - "En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê") - in daardie opsig kom hulle vry van hulle gevangeniskap;  maar ongelowiges, of die wat in ongeregtigheid stap, word voorgestel soos mense wat in die duisternis is (2 Kor. 6:14) - hulle is m.a.w. nog soos gevangenis... Hierdie beeldspraak van "in duisternis" word dus baiemaal gebruik in konteks met GEVANGENIS, bv. 2Pe 2 vd engele wat gesondig het... ("Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word");  m.a.w., die wat "in duisternis" is is soos mense wat gevange isbv., die natuurlike mens is onder die mag vd bose (is in die duisternis-Ef. 6:12) - "NATUURLIKE MENSE" is dus soos GEVANGENIS..)..

Sekere broeders is onder die hand vd goddelose - is dus ook soos gevangenes wat vrylating nodig het!, en word voorgestel as "is in duisternis" - broeders wat bv. goddeloos optree (bv. 'n broeder haat) word voorgestel as "in die duisternis"., of die wat die ongeregtigheid doen "wandel in die duisternis" (1 Joh. 1:5,6; 2:8,9,11). Die woorde "onder die hand van goddelose mense" verwys na hoe hulle "rondloop in duisternis" (Ps. 82:4,5) - hulle stap in duisternis en het bevryding nodig... Hoekom is hulle in hierdie duisternis?  Volgens Ps. 107 verwys hierdie spesifieke groep mense na kinders vd koninkryk wat wederstrewig is teen die woorde van God en die raad vd Allerhoogste verwerp (v. 10,11 - "Die wat in duisternis en doodskaduwee gesit het, gevang in ellende en ysters— omdat hulle wederstrewig was teen die woorde van God en die raad van die Allerhoogste verwerp het"). Kinders vd koninkryk wat ongehoorsaam is aan die Here en hardkoppig doen wat hulle wil (nie wat die Here wil nie), en Sy raad verwerp, is soos broeders "wat in die duisternis rondloop" (kan dus ook op 'n manier gesien word as "gevangenis"). Die woorde "het gemeenskap met" word somtyds in hierdie konteks gebruik, bv. "gemeenskap met duisternis" verwys na broeders wat nie stap in die wil vd Here nie, maar die wat "met die Here gemeenskap het" is die wat Sy wil doen (m.a.w., om met die Here gemeenskap te he beteken jy doen Sy wil)(1 Joh. 1:6). Christene wat nie "gereed" is (wanneer Jesus terugkom) nie, word ook gesien as broeders wat in die duisternis is - en die dag sal hulle soos 'n dief oorval (1 Thess. 5:4), maar die wat gereed is is soos mense wat in die lig wandel (Ef. 5:8 - "Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here—wandel soos kinders van die lig"). 

Broers wat in duisternis stap word verder voorgestel as benoud en angstig, soos "siekes", soos mense "in 'n kuil" - het "tot by die poorte vd dood gekom"... (v.20,28)(Psa 107:17,18 - "Die wat dwase was vanweë die weg van hulle oortreding en weens hulle ongeregtighede gepynig is—hulle siel het ‘n afsku gehad van elke soort voedsel, en hulle het tot by die poorte van die dood gekom"). En die "duisternis" in hierdie geval kan voorgestel word soos 'n vyand - hulle het bevryding nodig van hierdie "vyand" (Mig. 7:7-9 - "Maar ek sal uitsien na die HERE, ek wil wag op die God van my heil, my God sal my hoor. Wees nie bly oor my nie, o my vyandin! Al het ek geval, ek staan weer op; al sit ek in duisternis, die HERE is ‘n lig vir my. Die toorn van die HERE sal ek dra, want ek het teen Hom gesondig; totdat Hy my saak verdedig en my reg verskaf. Hy sal my uitlei in die lig; ek sal met welgevalle sien hoe Hy geregtigheid oefen"). Kinders vd koninkryk wat hulleself in hierdie plek bevind het bevryding nodig, en daardie bevryding is beskikbaar in Jesus Christus - as hulle Hom aanroep! (Ps. 107:13,19) - m.a.w., as hulle hul tot Hom bekeer... 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hierdie is een vd redes waarom Jesus gekom het, is om "gevangenis uit die kerker uit te lei, uit die gevangenis diegene wat in die duisternis sit":
- (Jes. 42:6)  Ek, die HERE, het U geroep in geregtigheid, en Ek vat u hand en behoed U en gee U as ‘n verbond van die volk, as ‘n lig van die nasies,
- (Jes. 42:7)  om blinde oë te open; om gevangenes uit die kerker uit te lei, uit die gevangenis diegene wat in die duisternis sit

Hy is die Lig!

(Jes. 61:1 - "Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis"). 

Geestelike mense is veronderstel om ook soos ligte in hierdie wereld te wees - 'n lig vir die wat in die duisternis (gevang) is (Rom. 2:19). Broeders wat in gemeenskap is met die Here is m.a.w. broeders wat leef volgens die wil vd Here ('n voorbeeld/lig) en bring die waarheid (is m.a.w. 'n lig op die pad vir die wat in die duisternis/"gevangenis" is). (Paulus was so 'n vb van lig...: Hand. 26:17,18 - "terwyl Ek jou verlos uit die volk en die heidene na wie Ek jou nou stuur, om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en ‘n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang").

Dit kan ook vgl. word met die tema van "dronk wees", waar weerspannige kinders vd Here (die wat nie aan die waarheid vashou nie maar glo en doen wat hulle wil) voorgestel word soos dronk mense, en "bevryding" nodig het - diesulkes is nie besig om die wil vd Here te doen nie, maar is GEVANG om die wil vd duiwel te doen (2Tim. 2:26 - "en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen"). M.a.w., weerspannige kinders vd Here (die wat "dronk" is), kan gesien word soos "gevangenis", of soos mense wat "in duisternis stap" (en het bevryding nodig; daarom moet hulle in sagmoedigheid tereggewys word...).  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
vgl. hierdie tema ook met ander skrifgedeeltes, bv. Matt. 4:16,17:
(Mat 4:16)  die volk wat in duisternis sit, het ‘n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het ‘n lig opgegaan.
(Mat 4:17)  Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.

Die wat "in duisternis is" (die wat soos gevangenis is), het lig nodig 
- iemand moet vir hulle die waarheid bring en wys wat die wil van die Here is.

Vgl. gerus ook hierdie tema van "in duisternis" met die volgende skrifgedeeltes (om dit ook beter te verstaan):
(Vir 'n bybelstudie op die terme van lig, lamp, kinders vd dag ens., gaan na: http://warechristene.blogspot.com/2017/11/beeldspraak-van-ster-en-skyn-en.html). 

(Luk 11:33)  En niemand steek ‘n lamp op en sit dit in ‘n verborge plek of onder die maatemmer nie, maar op die staander, sodat die wat binnekom, die lig kan sien.
(Luk 11:34)  Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker.
(Luk 11:35)  Pas dan op dat die lig in jou nie duisternis is nie.
(Luk 11:36)  As jou hele liggaam dan verlig is en nie enige deel het wat donker is nie, sal dit heeltemal verlig wees, net soos wanneer die lamp met sy skynsel jou verlig
Christene wat nie aan die waarheid vashou nie (m.a.w., hulle "sien nie"), sal in die duister stap/is soos mense wat in duisternis stap. Daarom is dit belangrik om te "sien" (reg te sien/vashou aan die waarheid - dan is jou pad verlig). As Christene nie aan die waarheid vashou nie, sal hulle "blind" word (bedoel op 'n geestelike manier)  -  Jesus het geleer dat die oog die LAMP is vd liggaam, en as jou oog reg is sal jou hele liggaam verlig wees, maar as die oog verkeerd is sal die hele liggaam donker wees (Matt. 6:22,23). In konteks het Hy hier beveel dat ons liewer vir ons skatte bymekaar moet maak in die hemel as op die aarde - en verwys na hoe niemand twee here kan dien nie...  ("julle kan nie God én Mammon dien nie"). Dit is bv. 'n groot verskil tussen kinders vd lig en kinders vd duisternis - kinders vd lig "SIEN" (want hulle het die Gees vd waarheid, die Heilige Gees), maar kinders vd duisternis "SIEN NIE" (want hulle het die gees van dwaling, die gees vd wereld, en is soos blindes wat in die donker stap). Figuurlik is die geestelike mens dus soos 'n LIG waardeur ander kan sien (omdat hyself kan sien en weet waar om te stap) - sy hele liggaam is verlig omdat sy oog reg is.  Hy weet wat belangrik is bv. dat ons liewer skatte in die hemel moet bymekaarmaak as op die aarde..ens. - hy verstaan en "sien" en beoordeel dinge dus op 'n geestelike manier....  Kinders vd lig "sien" en dink anders - hulle het hul bekeer van die manier hoe hulle (self) sien en dink (bekeer vd begeerlikhede vd vlees en sinne) tot die manier hoe die Here sien en dink (doen nou die wil van God). Die geestelike mens het nie die gees van dwaling nie (is nie onder die mag vd bose nie), maar het die Gees vd waarheid (is onder die mag van God) - in daardie opsig is geestelike mense nie "in die donker"/gevangenis nie, behalwe vir die wat nie in die waarheid bly nie (bv. dwalendes, weerspanniges, goddeloses ens.).
-------------------------------
(Mat 22:12)  En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.
(Mat 22:13)  Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis ("buitenste duisternis" is dus 'n "gevangenis"). Daar sal geween wees en gekners van die tande.
(Mat 22:14)  Want baie is geroep, maar min uitverkies.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------