Wys tans plasings met die etiket geregtigheid oorvloediger. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket geregtigheid oorvloediger. Wys alle plasings

Dinsdag 04 Maart 2014

Die Wet en die Profete / Evangelie v/d Koninkryk

VIR 'N DAGSTUKKIE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/03/moet-die-gelowige-wat-uit-genade-gered.html

VIR DIE TWEEDE DEEL OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/die-wet-en-die-profete-2.html

--------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Luk 16:16) " Die wet en die profete was tot op Johannesvan toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondigen elkeen dring met geweld daarin".  

(Joh 1:17)  "Want die wet is deur Moses gegee; die genade (grace, favour) en die waarheid (truth) het deur Jesus Christus gekom".

Volgens bg. twee skrifgedeeltes, is dit duidelik dat:

-   die "wet en profete", of "wet van Moses", verwys na die Ou Testament (tot op Johannes - hy het die evangelie van die koninkryk begin verkondig, en gese dat die koninkryk naby is - Matt. 3:2)(Jesus Christus se koms - Hy het die evangelie van die koninkryk begin verkondig en gese dat die koninkryk naby is - Matt. 4:17);

-  die woorde "evangelie van die koninkryk", of "genade en waarheid" verwys na Nuwe Testament (vanaf Jesus Christus).

========================================================================

 Om te redeneer dat omdat die wet en profete tot op Johannes was, ons geen wette meer hoef te onderhou nie, is egter in teenstelling met wat Jesus geleer het!:  (Mat 5:19)  "Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele".
Ons weet ook dat die wet en profete steeds voorgelees was in die eerste gemeentes - kyk bv. Hand. 13:15.  Daar moet onderskei word tussen die terme "wette vervul" en "wette ontbind": (Mat 5:17)  "Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. (Mat 5:18)  Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie".  Alhoewel die wet van Moses vervul is, is die gelowige nie sonder wette nie! Jesus het vir ons gewys hoe ons na "die wet moet kyk":  dat dit nie net 'n offer is aan die Here nie, maar dat dit gaan oor BARMHARTIGHEID, REGTE OORDEEL, EN OOR "ONDERWERPING AAN DIE HERE SE WIL (gehoorsaamheid)".   Hy't bv. gewys dat die Vader liewer barmhartigheid soek as offers en geleer dat dit nie verkeerd is om iemand op die Sabbat te genees of te help nie;  -die Jode het baie mensgemaakte wette gehad rondom die Sabbat en baie het in die proses "die wet gedien", nie die Here nie!, en so die barmhartigheid en gehoorsaamheid aan die Here, nagelaat.

 Jesus het ook gese dat die hele wet en profete, aan twee gebooie hang:  (Mat 22:37) "...Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand; (Mat 22:39)  "En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself" - hiermee het Hy weer-eens verklaar dat barmhartigheid belangriker is as offers!, want die nakom van 'n spes. wet is nie so belangrik soos dat daar barmhartigheid bewys word nie (die nakom van "dat iemand geen werk mag doen op die Sabbat nie", is nie so belangrik soos om iemand te help wat in nood verkeer op die Sabbat, nie!). Lees ook Luk. 10:29-37  - kyk hoe Jesus barmhartigheid bewys het aan die vrou wat in egbreuk betrap is, Joh. 8:3-11 (Joh 8:5)  "en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U?..........(Joh 8:11)  En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie". Die blote onderhouding van die wet, was nie so belangrik soos om barmhartigheid te bewys nie - dus gaan dit nie oor ONDERDANIGHEID AAN DIE WET NIE, maar oor ONDERDANIGHEID AAN DIE HERE. Inteendeel, "om barmhartigheid te bewys", vervul die wet! Jesus het kom wys hoe die wet "vervul" word (Hy't dit nie ontbind nie!). So het Hy ook die wet vervul deur aan ons barmhartigheid te bewys!  


Die manier hoe sommige na "die wet" gekyk het, was dat dit 'n OFFER is aan die Here - hulle het die "liefde" nagelaat ter wille van die "onderhouding van die wet", maar Jesus het die volgende stelling gemaak:
(Mat 23:23)  "Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg (justice; judgement) en die barmhartigheid en die trou (faith/truth). Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat".  Hy verwag nie van hulle om glad nie goed te doen nie (en so die wet te vervul nie), maar Hy wil he hulle moet verstaan dat die 

-  "barmhartigheid" (kompassie),
-  "die reg(om reg te oordeel), en 
-  "die trou" (geloof en waarheid -  gehoorsaam aan die Here), belangriker is (as om bloot die wet te onderhou).  HULLE MOET DUS ONDERGESKIK WEES AAN DIE HERE, NIE aan DIE WET NIE! - die Here EERSTE LIEFHE, en naaste liefhe... (Matt. 22:37-40).

Kyk ook wat het Jesus gese in Mat 7:12: - "Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete. Om dus 'n blote wet te onderhou sonder om die barmhartigheid in ag te neem, beteken dat iemand die onderhouding van die wet verkeerd verstaan (of sal ons se, "die manier hoe die wet VERVUL word, verkeerd verstaan).  Die onderhouding van wette gaan nie oor "offers bring", of oor 'n manier om geregverdig te word nie, maar gaan oor barmhartigheid, en oor om reg te oordeel, en oor geloof en waarheid (gehoorsaamheid aan die Here - nie gehoorsaamheid aan die wet nie).

VERGELYK DIT NOU WEER MET LUK. 16:16 EN JOH. 1:17:

*  "...van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondigen elkeen dring met geweld daarin";

ONS MOET DUS VERSTAAN WAT BEDOEL WORD MET DIE WOORDE:  
-"EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK" en
-"GENADE EN WAARHEID" 

Wanneer ons praat van DIE EVANGELIE, dan praat ons van:
-  die evangelie van die koninkryk,
-  die evangelie van Jesus Christus,
-  en die evangelie van vrede.  
Dit vorm saam "die Evangelie". 

In die evangelie van die koninkryk het Jesus vir ons die waarheid kom bring, en het "wette" eintlik 'n sterker betekenis gekry! (Mat 5:20 - "Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie".) Ons kan nie guns ontvang deur die onderhouding van die wet nie, maar op geen manier beteken dit dat daar geen gehoorsaamheid van die gelowige verwag word nie!  (Mat 5:17-19 - "Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.  Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele".) - want gehoorsaamheid is 'n bewys van wat in iemand se hart aangaan, en bewys of iemand regtig glo.

Kyk maar na die bergpredikasie - Jesus maak bv. die stelling dat "om vir jou broeder sonder rede kwaad te wees", dieselfde tipe verantwoording gedoen moet word as "wanneer iemand doodslaan"!  (Matt. 5:21,22)  - hiermee maak hy nie die wet tot niet nie, maar gee meer waarheid daaroor, amper asof Hy dit beter verduidelik. En telkens gaan dit oor reg, barmhartigheid en trou... - om vir jou broeder sonder rede kwaad te wees, beteken dat jy die tweede gebod oortree, nl. om jou naaste lief te he.  Dit is nie reg nie, en in so 'n geval betoon jy nie barmhartigheid nie!

  Kyk bv. die wet oor "sweer" - nie net mag jy nie vals sweer nie, maar Jesus maak dit duidelik dat ons hoegenaamd nie moet sweer nie (maar ons ja ja wees...) (Matt. 5:33-37).  Kyk ook Mat 5:38 en 39: - "Julle het gehoor dat daar gesê is: Oog vir oog en tand vir tand.  Maar Ek sê vir julle dat julle ‘n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe" - in die evangelie wat Jesus gebring het, het Hy die waarheid kom deel, sekere wette beter verduidelik, en die ware wet kom gee waar die wet verkeerd verstaan/gegee is. Hy het dus nie die wette tot niet kom maak nie, maar dit kom vervul.

    Die "evangelie van die koninkryk" gaan oor Jesus se leringe  rondom Sy koninkryk (voorwaardes om kinders van die koninkryk te word, asook voorwaardes om uiteindelik die koninkryk te beerwe, m.a.w. "om gereed te wees", "die vrug van die gelowige" ens.). Let op die woorde in Luk. 16:16 - "en elkeen dring met geweld daarin".  Ons weet dat nie almal wat dink hulle is kinders van die koninkryk, wel die koninkryk gaan beerwe nie.  Slegs die wat die nodige vrug dra, sal uiteindelik "kinders van die koninkryk" wees (dit is die "kinders van die opstanding, of die wat "opstaan tot lewe", wat die ewige lewe sal beerwe).  Jesus het die oordeel ontvang van die Vader, en Hy sal besluit "wie lewe" - dit sal die wees wat Sy stem ken - die wat gehoorsaam is aan Hom (Joh. 10:27; Matt. 7:21; Luk. 6:46 ens.) - die wat ag gee op die BARMHARTIGHEID en regverdige OORDEEL en GELOOF.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE ONDERHOUDING VAN WETTE, GAAN NIE OOR "OFFERS BRING" NIE, OF OM GUNS TE VERKRY NIE, MAAR GAAN OOR:
 - REG (regverdige oordeel/vryspraak), 
- BARMHARTIGHEID (kompassie/naaste liefhe) EN 
- TROU (geloof/gehoorsaamheid aan die Here, nie aan die wet nie/die Here liefhe).