Wys tans plasings met die etiket gelykenis van die saaier. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket gelykenis van die saaier. Wys alle plasings

Maandag 15 Julie 2013

Hoekom voel sommige Christene dat die Here nie met hulle praat nie?

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/waarseery-in-die-kerk.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/06/ken-jy-hom-werklik.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Baie Christene voel dat hulle nie die Here "hoor" nie; ook dat hulle nie groei in die Here nie...  Hulle ontvang nie woord van die Here nie, en moet heeltyd staatmaak op iemand anders wat van die Here "hoor". Vele Christene wil nie hierdie feit erken nie en is skaam om te se dat hulle nie weet hoe om na die wil van die Here te soek nie, omdat hulle voel dat hulle in elk geval nie "hoor" nie;  hulle doen wat hulle dink hulle moet doen en aanvaar so dat dit die wil van die Here is - so raak hulle eie gedagtes en "manier van sien", wat hulle glo is die "Here se stem"...?

In hierdie blogpost gaan ons leer die belangrikheid van Jesus se woorde:
 "Wie ore het om te hoor, laat hom hoor" 

In hierdie woorde le die antwoord oor hoekom sommige "het", en ander nie.
========================================================================


(Mar 4:23)  As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor.
(Mar 4:24)  En Hy het vir hulle gesê: Pas op (let op) wat julle hoor; met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word, en daar sal bygevoeg word vir julle wat hoor.

Die wat wel van die Here hoor, hoor meer en meer, maar sommige Christene ervaar dat hulle minder en minder van die Here hoor - hoekom?  -"met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word".  In hierdie blogpost gaan ons probeer verstaan wat Jesus met hierdie woorde bedoel het.  As ons dit kan verstaan, sal ons ook verstaan hoekom net sommige Christene die Here "hoor"!

=================================================================

In die "gelykenis van die Saaier" (Matt. 13), verduidelik Jesus dat 
"die manier hoe iemand HOOR",
 juis die bepalende faktor is in of daardie persoon glo, in Hom bly, vir Hom leef ens.  - eintlik verduidelik dit juis wat die term "hoor" beteken!  In v. 10 vra die dissipels vir Jesus waarom Hy tot die mense, (hulle, die ander mense), spreek deur middel van gelykenisse?  Jesus se antwoord: (Mat 13:13)  "Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie".  
Maar wat het Jesus regtig hiermee bedoel, want ook die dissipels het nie die gelykenis verstaan nie!  Hy moes dit vir hulle uitle, tog se Jesus vir Sy dissipels: (Mat 13:11- "...Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie"). (Mat 13:12)  Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. (Mat 13:13)  Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie
Die "sien" en "hoor" deel gaan dus nie oor of hulle onmiddellik die gelykenis se uitleg verstaan het nie, maar eerder of hulle "ontvanklik" is vir die woord, en dit glo!  Sou Jesus dit nie in die vorm van 'n gelykenis verstel het nie, dan sou "hulle" in elk geval nie ontvanklik wees daarvoor nie.  Die persoon wat die woord ontvang, sal nog meer ontvang (soos nie net die gelykenis nie, maar ook die uitleg daarvan, maar ook nog en nog...), maar die een wat nie ontvanklik is vir die woord nie, van hom sal die woord weggeneem word.  
Dit vgl. met die uitleg van die juiste gelykenis wat Jesus in hierdie gedeelte vir hulle vertel het: 

(Mat 13:19) " As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is—dit is hy by wie langs die pad gesaai is". ("met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word")

(Mat 13:20) " En by wie op rotsagtige plekke gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem;
(Mat 13:21)  maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir ‘n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik". ("met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word")
(Mat 13:22) " En by wie in die dorings gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar". ("met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word")
(Mat 13:23)  "En by wie op die goeie grond gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd,die ander sestig—, die ander dertigvoudig"("met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word")

Dit gaan dus oor "hoe iemand HOOR", IN DIE SIN VAN, OF HY VERSTAAN;  OF HY DIE HERE KEN EN SY HART REG IS;  OF DIE HERE VIR HOM BELANGRIKER IS AS ENIGE IETS ANDERS... (die een wat nie verstaan nie - van hom sal die woord weggeneem word)(die een wat nie aanhou glo nie, sal struikel - van hom sal weggeneem word)(die een wat die lewe meer liefhet as die Here - van hom sal weggeneem word)(die een wat volhard, sal meer ontvang!)......WANT, "met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word"...
DUS:
 - Sou iemand nie "hoor" nie, NIE VERSTAAN NIE, sal dit wat hulle selfs gehoor het, weggeneem word van hulle;
- Sou iemand kies om die woord te ontvang (m.a.w. tot geloof kom!), maar hy glo net vir 'n tyd, en sy hart is nie reg nie, dan gaan hy in tyd van verdrukking of vervolging nie kan staande bly nie;
- Sou iemand die woord hoor, maar meer besig wees met die lewe, as met die Here - (die sorge van die lewe, verleiding van rykdom, begeerlikhede in verband met ander dinge, genietinge van die lewe) - sal hy onvrugbaar word (die vrug wat hy dus gedra het, sal weggeneem word!);
- Maar sou iemand DIE WOORD HOOR (Luk 8:15 - "...die woord in ‘n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra)(die wat ontvanklik is vir die woord, dit aanneem, glo en aanhou glo, die Here meer liefhe as die wereld), dan sal aan so iemand nog gegee word.
---------------------------------------------------------------------------
In ander woorde kan ons dit as volg stel:
Die persoon wat nie verstaan nie, "hoor nie". (hulle sal nie verder hoor nie)
Die persoon wat net vir 'n tyd glo, of wie se hart nie reg is nie, "hoor nie". (hulle sal ophou hoor)
Die persoon wat die lewe meer liefhet as die Here, "hoor nie". (hulle sal ophou hoor)

Die persoon wie se hart reg is en wat volhard in die geloof, "hoor". (hulle sal meer hoor)

http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/06/babas-in-die-geloof.html
========================================================================
BAIE CHRISTENE HOOR DUS NIE VAN DIE HERE NIE, OMDAT "MET DIE MAAT WAARMEE HULLE MEET, SAL VIR HULLE GEMEET WORD...".  

Met watter maat meet jy?


...WANT DAN SAL JY meer en meer woord ontvang - meer en meer hoor!
======================================================================== 

Sommige dink dat hulle baie hoor van die Here deur lering, maar is dit wat hulle weet, regtig die WAARHEID? Ons moet versigtig wees "hoe ons bou".  Gevaartekens is wanneer 'n gelowige nie eens meer na die waarheid soek nie, maar vir hulle leermeesters vergader wat hulle in die gehoor streel.  Hieroor skryf Paulus in 1 Kor. dat, alhoewel so 'n persoon se werke (hoe hy gebou het, m.a.w. watter leerstellings hy in sy lewe toegelaat het) verbrand gaan word, hy self gered sal word, maar neem kennis dat waar sulke leerstellings veroorsaak dat gelowiges in sonde verval, dit saligheid wel kan beinvloed!

As 'n gelowige nie ontvanklik is vir die waarheid nie (nie soek na die waarheid nie), gaan hulle ook ervaar dat hulle heeltyd na ander moet luister "om van die Here te hoor".  Iemand wat self soek na die waarheid en die waarheid liefhet, sal meer en meer ontvang van die Here, maar die persoon wat nie die waarheid soek nie, dit wat hy weet, sal van hom weggeneem word (werke sal verbrand word)! - dit sal dus voorkom asof so iemand vrug dra, maar is dit vrug vir die ewige lewe? 

========================================================================

Ook in ander gevalle waar Jesus oor die tema van "hoor" gepraat het, was dit in konteks met geloof ens. Gaan lees gerus onderstaande gedeeltes in konteks:

-  Matt.11:15 -(Mat 11:16,17 - "Maar waarmee sal Ek hierdie geslag vergelyk? Dit is net soos kindertjies wat op die markte sit en na hulle maats roep en sê: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie; ons het vir julle ‘n klaaglied gesing, en julle het nie getreur nie") - hulle hoor die fluit, maar hulle dans nie; hulle hoor die klaaglied, maar hulle treur nie - in konteks het die gedeelte gegaan oor hulle "ongeloof" (nie geglo vir Johannes die Doper nie; nie geglo in Jesus as die Een wat sou kom nie) - HULLE "HOOR" NIE!  (Mat 11:15 - "Wie ore het om te hoor, laat hom hoor).


-  Matt. 13:43 - in konteks het dit gegaan oor die gelykenis van die onkruid in die saailand - Hy verduidelik hoe, met die voleinding van die wereld, die "onkruid" bymekaar gemaak gaan word en met vuur verbrand gaan word - maar hoe die koring, die regverdiges, sal skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader - hier gaan dit oor "die reverdiges wat gesaai word", of die "onregverdiges wat deur die vyand gesaai word". (Mat 13:43 - "... Wie ore het om te hoor, laat hom hoor").


- Mark. 7:16 - in konteks het dit gegaan oor hoe sekere Hom eer met die lippe, maar hulle harte is ver van Hom af - (Mar 7:15 - "Daar is niks wat van buite af in die mens ingaan wat hom onrein kan maak nie; maar die dinge wat van hom uitgaan, dít is die dinge wat die mens onrein maak" - dit gaan oor die hartstoestand - die verskil tussen "wette" en "geloof". (Mar 7:16)  As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor!

-  Mark. 8:18 - verharde harte

- Luk. 14:35 - van besittings afsien - dissipelskap 


Ook in die briewe aan die 7 gemeentes in Openbaring, het Hy hierdie woorde gebruik:

(Openb. 2:7)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is.
- MOET DIE HERE AS EERSTE LIEFDE KEN
(Openb. 2:11)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.
- WEES GETROU TOT DIE DOOD TOE
(Openb. 2:17)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.
-BEKEER VAN VALSE LEERSTELLINGS WAT TOT GEVOLG HET DAT IEMAND IN SONDE VERVAL
(Openb. 2:29)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.
- HOU VAS WAT JY HET (vgl. met tweede en vierde groep, "gelykenis van die saaier)
(Openb. 3:6)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.
- MOET NIE NET DIE NAAM HE DAT JY LEEF NIE - BEKEER (vgl. met tweede groep, "gelykenis van die saaier)
(Openb. 3:13)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.
- HOU VAS WAT JY HET (vgl. met vierde groep, "gelykenis van die saaier")
(Openb. 3:20)  Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
- MOET NIE LOU WEES NIE
- WORD RYK IN DIE HERE
- JAAG DIE GODSALIGHEID NA
- SOEK DIE WAARHEID
(vgl. met derde groep, "gelykenis van die saaier")

(Openb. 3:22)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

DIT IS SLEGS "DIE WAT OORWIN", WAT DIE BELOFTES DEELAGTIG GAAN RAAK.

(Joh 5:24)  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.


=================================================================
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wat-dit-beteken-om-gereed-te-wees.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-koring-en-die-onkruid.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-skape-en-die-bokke.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/11/hoekom-skei-die-here-nie-nou-al-die.html