Wys tans plasings met die etiket bloedlyn. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket bloedlyn. Wys alle plasings

Maandag 27 Januarie 2014

Bloedskuld (5)

VIR DIE VORIGE 4 BLOGPOSTS OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
==============================================
(5)  BLOEDSKULD WORD NIE OORGEDRA VAN EEN PERSOON NA 'N ANDER NIE (elkeen betaal vir sy eie sondes - Eseg. 18), EN  KAN NET BETAAL WORD DEUR DIE VERGIETING VAN BLOED (al was dit iemand in die bloedlyn, maar dan slegs iemand wat ook self bloedskuld gehad het).
Ons moet  nie die fout maak om te dink dat "bloedskuld" soos 'n vloek oorgedra word in die bloedlyn nie! Almal in die land word wel geraak deur "bloedskuld in die land", maar dit beteken nie dat enige iemand vir 'n ander se sondes gaan betaal nie!  Al manier hoe bloedskuld in die N.T. van die land verwyder kan word, is deur BEKERING en GELOOF (nie soos sommige leer dat die vloek verbreek moet word nie!).  Bloedskuld kan slegs deur bloed betaal word, en is net van toepassing op die persoon wat in Jesus Christus glo as offer in sy plek (dan het Jesus se bloed daarvoor betaal).   Daar is geen voorbeeld van bloedskuld wat oorgedra is van vaders na seuns nie, alhoewel daar 'n geval is van seuns in dieselfde bloedlyn, wat  doodgemaak is ter wille van bloedskuld, maar l.w. dat ook die seuns bloedskuld gedra het!  (2Sa 21:1 - "En toe daar in die dae van Dawid ‘n hongersnood was, drie jaar lank, jaar ná jaar, het Dawid die aangesig van die HERE gesoek; en die HERE het gesê: Vanweë Saul en vanweë sy huis waarop bloedskuld rus, omdat hy die Gibeoniete omgebring het"). Sou ons dit bv. vgl. met wat Jesus gese het in Matt. 23:28-35 vir die Skrifgeleerdes en Fariseers, sal ons sien dat ook hier geen onskuldige betaal het vir voorvaders se bloedskuld nie! ("So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid. ................ en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie............ Maak die maat van julle vaders dan vol! Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?  Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gésel en van die een stad na die ander vervolg, sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagaría, die seun van Berégja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar").
 - die Here maak dit ook duidelik in Eseg. 18 dat geen kind vir sy ouer se sonde betaal nie!

(Deu 24:16 - "Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; elkeen moet vir sy eie sonde gedood word").

(Eseg. 18:1)  Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
(Eseg. 18:2)  Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die land van Israel, naamlik: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword?
(Eseg. 18:3)  So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, dit sal julle nie meer in die gedagte kom om hierdie spreekwoord in Israel te gebruik nie.
(Eseg. 18:4)  Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun—hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe.
(Eseg. 18:5)  Maar as iemand regverdig is en reg en geregtigheid doen;
(Eseg. 18:6)  nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel en die vrou van sy naaste nie verontreinig en nie naby ‘n vrou kom as sy onrein is nie,
(Eseg. 18:7)  en niemand verdruk nie; wat hy vir skuld as pand geneem het, teruggee; geen roof pleeg nie; aan die wat honger het, sy brood gee en die wat naak is, met ‘n kleed toedek;
(Eseg. 18:8)  nie leen op rente en geen woeker neem nie; sy hand terughou van onreg, eerlike regspraak oefen tussen man en man;
(Eseg. 18:9)  in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou om eerlik te handel—hy is regverdig, hy sal sekerlik lewe, spreek die Here HERE.
(Eseg. 18:10)  En het hy ‘n geweldenaar van ‘n seun verwek wat bloed vergiet en net maar een van hierdie dinge doen—
(Eseg. 18:11)  terwyl hy self dit alles nie gedoen het nie—as hy ook eet op die berge en die vrou van sy naaste verontreinig,
(Eseg. 18:12)  die ellendige en behoeftige verdruk, roof pleeg, die pand nie teruggee nie en sy oë opslaan na die drekgode, gruwelike dinge doen,
(Eseg. 18:13)  op rente leen en woeker neem—sal hy lewe? Hy sal nie lewe nie; al hierdie gruwels het hy gedoen; hy moet sekerlik gedood word; sy bloedskuld is op hom.
(Eseg. 18:14)  Maar kyk, as hy ‘n seun verwek wat al die sondes van sy vader sien wat hy gedoen het—dit sien en sulke dinge nie doen nie:
(Eseg. 18:15)  nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel nie, die vrou van sy naaste nie verontreinig
(Eseg. 18:16)  en niemand verdruk nie, geen pand neem en geen roof pleeg nie, sy brood gee aan die wat honger het, en met ‘n kleed toedek die wat naak is,
(Eseg. 18:17)  sy hand van die ellendige afhou, geen rente of woeker neem nie, my verordeninge volbring en in my insettinge wandel—hy sal nie sterwe weens die ongeregtigheid van sy vader nie, hy sal sekerlik lewe.
========================================================================
(6) 
- OM TE BETAAL VIR SONDE, MOET DAAR MET BLOED BETAAL WORD.

 (Heb 9:22)  "En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie".
 Enige sondoffer, volgens die wet van Moses, moes met bloed betaal word, maar in die geval van sonde wat die dood verdien (soos bloedskuld), moes die persoon met sy eie bloed betaal (Eks. 29:14; 30:10; Lev. 4:25,34 ens.).  Net so het almal eintlik onder die oordeel geval, omdat hulle nie die wet kon onderhou nie, en hulle so onder die vloek van die wet geval het. Geen offer kon betaal vir sonde wat die dood verdien nie!  Maar Christus se offer was anders, en waar die O.T. offerdiens nie volkome was nie, was Christus se offer wel volkome!  Enige iemand wat glo in die Here Jesus Christus, Sy offer aanvaar, het gesterf in Hom (want Hy het in ons plek gesterf) - die bloed van die onskuldige is dus geeis!  (iets wat glad nie verkry kon word deur die O.T. offersisteem nie!) - dit beteken dat iemand nou ook vergifnis kan kry van "sondes wat eintlik die dood verdien" - dit beteken dat hulle nie onder die oordeel sal val nie!  (Hand. 13:38)  Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word,(Hand. 13:39)  en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.
-(Hebr. 9 en 10;  Rom. 3)
As iemand egter tot bekering kom en sy sondes laat afwas, maar in ongehoorsaamheid bly stap (opsetlik aanhoudende sonde sonder berou)(die sonde weer begin dien), dan bewys hy dat hy nie werklik geloof het nie, of hy het afvallig geraak van die geloof en sy wil bo die Here se wil gekies (niemand kan twee here dien nie).  Vir enige gelowige wat weer die sonde begin dien, en hom nie bekeer daarvan nie, is daar geen offer meer oor nie! Wanneer Jesus terugkom, sal Hy kom om te oordeel, en die oordeel begin by die huis van God! (1 Pet. 4:17)

  Alhoewel die hele land treur a.g.v.  bloedskuld, en almal wat in die land bly daardeur geraak word, sal die wat geen bloedskuld dra nie, wel nie saam met die skuldiges uiteindelik veroordeel word nie, maar hulle sal "lewe".  Elkeen moet self hom van sy eie sonde en bloedskuld  bekeer en dit bely om vergifnis van sondes te ontvang (deur Jesus Christus)(sodat hulle sal lewe) - dit beteken egter nie dat die gelowige nie geraak gaan word deur die huidige omstandighede nie, maar eerder dat hy nie onder oordeel sal val nie - hy sal "die aarde beerwe"/ deel wees van God se koninkryk/koninkryk beerwe / ewige lewe ontvang. (Vgl. Deut. 27:26 met Gal 3:13).  Op die nuwe hemel en aarde sal daar geen vervloeking meer wees nie (Openb. 22:3).
(Mat 26:28)  Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes. (Rom 3:10)  soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.
..................(Rom 3:15)  Haastig is hulle voete om bloed te vergiet.
(Rom 3:24)  en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.
(Rom 3:25)  Hom het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God

(1Jn 5:6)  Dit is Hy wat deur water en bloed gekom het, Jesus die Christus; nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; en dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid.

(Openb. 1:5)  en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed

(Rom 5:9)  Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn.
(Rev 7:14)  En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.

Ons mag nie bloed vergiet nie, en ons mag nie bloed eet nie:
(Lev 7:27)  Elkeen wat maar enigsins bloed eet, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
-hierdie was nie net 'n O.T. begrip nie:

(Hand. 15:19)  Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God bekeer, nie moet bemoeilik nie,
(Hand. 15:20)  maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet onthou van die dinge wat deur die afgode besoedel is en van hoerery en van wat verwurg is en van bloed.

(Gen 9:5)  Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis: van al die diere sal Ek dit eis. Ook van die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis.
========================================================================