Wys tans plasings met die etiket besnydenis. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket besnydenis. Wys alle plasings

Saterdag 18 Februarie 2017

Die Besnydenis (1)

Die besnydenis was 'n verbond ingestel deur die Here self: (met Abraham):
(Gen 17:4)  Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van ‘n menigte van nasies word.............
(Gen 17:7)  En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou.
(Gen 17:8)  En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees.

(Gen 17:9)  Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag.  "...tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word—" (Gen. 17:10).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Manlike persone wat nie besny is nie, of hul nie wou laat besny nie:
(1)  moes uit die volk uitgeroei word (Gen. 17:14)(in so 'n geval het daardie persoon die Here se verbond gebreek -Gen.17:14).
(2)  Die onbesnedenes mag ook nie deelgeneem het aan die Paasfees nie (Eks. 12:43-45), en
(3)  mag nie met 'n dogter van die volk getrou het nie (Gen. 34).

- Hoekom was die Joodse seuns besny op 8 dae oud ?
Wanneer 'n seun "besny" is, het dit beteken dat hulle die "voorhuid afgesny het".  Die besnydenis was 'n teken van God se verbond met die volk.   Die seremonie was dus 'n bewys vir hulle dat elke kind in Israel, een van God

 se eie volk was (m.a.w. deel van die GEROEPENES )
(Gen 17:12 - "‘n Seuntjie van agt dae dan moet onder julle besny word, al wat manlik is in julle geslagte...").
Joodse seuns:
In Bybelse tye was die seuns  meer belangrik as dogters;  in so 'n mate dat wanneer 'n vrou se eerste seun gebore was, sy tot "Moeder van...(seun se naam)..." hernoem is. Die seuns het natuurlik ook die familienaam voortgedra. Daar was verskillende seremonies rondom die seuns, o.a. die "besnydenis" en die "reinigingsoffer" - lees bv. in Luk. 2:22-24  hoe Maria en Josef vir Jesus geneem het na Jerusalem om "Hom aan die Here voor te stel" - (Luk 2:23)  "soos geskrywe is in die wet van die Here: Elke manlike kind wat die moederskoot open, sal heilig (afgesonder) vir die Here genoem word; (Luk 2:24)  en om die offer te gee volgens wat gesê is in die wet van die Here: ‘n paar tortelduiwe of twee jong duiwe". (kyk ook Lev. 12:2-6; Eks. 13:13,15).  
'n Seun het op 13 jarige ouderdom " 'n man" geword.  Daar was dan 'n spesiale diens, genoem die "Bar Mitzvah". (kyk Num. 6:24-26 - die "seening" oor 'n seun uitgespreek met sy Bar Mitzvah). 

Bestudeer ook gerus die tema van "priesterdom" om te verstaan hoekom die seuns v/d volk afgesonder is:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/06/n-heilige-priesterdom-n-volk-as-eiendom.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die besnydenis was 'n letterlike gebaar en al wat manlik is onder die volk moes aan die vlees van hulle voorhuide besny word.  Die rede daarvoor was dat dit 'N TEKEN was van die verbond tussen die Here en Sy volk;  tog dra die woord "besny" ook 'n geestelike betekenis (nl. besnydenis van die hart/ore); en alhoewel iemand vleeslik besny is kan hy dus steeds gesien word as 'n onbesnedene in die Here se oe!  (Deut. 10:16; Jer. 9:25)(sou hy nie besny wees na die hart nie). Om 'n Onbesnedene te wees, verwys dus nie alleenlik na die wat onbesnede is van VLEES nie, maar kan ook verwys na die wat onbesnede is van HART (Eseg. 44:7). In Hand. 7:51 verwys dit ook na die wat onbesnede is van ORE. 


Die onderwerp van die besnydenis was iets waaroor baie verskil is in die eerste gemeentes - meer spesifiek oor "of die Christene uit die heidene hulle moes besny (na die vlees), of nie".  Die Joodse Christene was natuurlik vleeslik besny, maar wat van die Christene uit die heidene?, want ten spyte van die feit dat hulle nie besny was nie, het hulle ook die Heilige Gees ontvang wat 'n bewys was dat hulle AANGENEEM is!  Hierdie "aanneming tot kinders" gaan oor die tema van die wat sal deel he aan die opstanding tot lewe (Rom. 8:23), want dit is die kinders van die opstanding (die wat waardig geag word om die opstanding uit die dode te verkry) wat die koninkryk sal sien.  Hulle sal ingaan in die koninkryk en sal die land as ewige besitting verkry. (Dan 7:27 - "Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees"). http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/die-opstanding-dooies-sal-herlewe.html
 Hulle sal wees soos engele en KINDERS VAN GOD (Luk. 20:36). 

Alhoewel die BESNYDENIS deur baie verstaan is as 'n voorwaarde vir die verbond om geldig te wees, was dit tog nie die voorwaarde nie -  GELOOF was altyd die voorwaarde!  God het wel die besnydenis eers hier ingestel op Gen. 17, maar dit was lank nadat Hy reeds die verbond met Abraham gemaak het (Gen. 12:1-7).  Die BESNYDENIS was slegs bedoel om 'n TEKEN te wees van die verbond. Die wat deel was van die volk maar hulle nie wou laat besny nie, het m.a.w., deur hierdie teken te weier, na regte bely dat hulle nie deel wil wees van die verbond nie - dit dan te verstane dat diesulkes verbied is om verder deel te wees van die volk en nie aan die Paasfees mag deelgeneem het nie - eers as hulle die teken aangeneem het, dan het hulle daardeur bely dat hulle onder die verbond wil val en wil deel wees van die priesterdom (vir die Here). Om hierdie teken aan te neem was m.a.w. van hulle kant af soos 'n belydenis van geloof! (ook 'n verantwoordelikheid).  Deur dit het hulle bely dat hulle glo in die Here en vir Hom priesters wil wees, maar baie van hulle wat wel hierdie teken aangeneem het, het deur hulle ONGEHOORSAAMHEID BEWYS DAT HULLE TOG NIE GLO NIE!  In so 'n geval het hulle besnydenis na die vlees niks beteken!

In die N.T. is daar geen rede vir die besnydenis nie, want dit is deur die TEKEN van die Christelike Doop wat iemand bely dat hy GLO en wil deel wees van die priesterdom vir die Here 
(priesters afgesonder vir Hom om Hom te dien), maar net soos in die geval van die besnydenis sal die ongehoorsames nie deel wees van die kinders van die belofte nie (al is hulle gedoop!).
 ----------------------------------------------------------------------------------------------------------- 
Dit is die kinders van die geloof (nie die kinders vd vlees nie) wat regtig die KINDERS VAN DIE BELOFTE is.
(Rom 9:6)  Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie.
(Rom 9:7)  Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word.
(Rom 9:8)  Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.

Bestudeer ook die tema van Christene as 'n priesterdom:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/06/n-heilige-priesterdom-n-volk-as-eiendom.html


Die besnydenis v/d vlees was verder 'n TEKEN van die wie se ongeregtighede vergewe word en vir wie die sonde nie toegereken sal word nie;  tog nie 'n voorwaarde daarvan nie, want geloof was nog altyd die voorwaarde (Rom. 4:7-12)- (Rom 4:8,9 - "Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie. Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken").

Wat help dit iemand word besny na die vlees (of ontvang die teken), maar hy glo nie werklik nie (m.a.w. sy hart en ore is nie besny nie) ? Dan word hy nog eintlik gesien as 'n "onbesnedene". Die vleeslike besnydenis was slegs 'N TEKEN, en dit is duidelik volgens verskeie skrifgedeeltes dat die gehoorsames die is wie gesien word as die wie se HARTE BESNY IS!  In die N.T. is die Christelike doop 'n TEKEN van die wat GLO - die aan wie die sonde nie toegereken sal word nie, maar net soos in die O.T. is die besnydenis van die hart en ore 'n bewys van wie dit is wat regtig glo.
-  Baie kinders van Abraham, wat wel besny is na die vlees maar nie glo nie, sal nie in die koninkryk ingaan nie en hulle sondes sal, in teenstelling met die kinders van geloof, wel toegereken word! (Matt. 8:10-12).
-  Op dieselfde wyse is die Christelike doop wel 'n teken van die wat bely dat hulle glo;  tog sal die wat nie besny is na hart en ore en nie werklik glo nie, nie ingaan nie en ook in hulle geval sal hulle sonde wel toegereken word... (Matt. 3:12; 7:22-24; 13:25-30).

(Rom 2:25)  Want die besnydenis is wel nuttig as jy die wet onderhou; maar as jy ‘n oortreder van die wet is, het jou besnydenis onbesnedenheid geword.
(Rom 2:26)  As die onbesnedene dan die verordeninge van die wet onderhou, sal sy onbesnedenheid dan nie as besnydenis gereken word nie?
(Rom 2:27)  En sal hy wat van nature onbesnede is en die wet volbring, jou nie oordeel wat ondanks letter en besnydenis ‘n oortreder van die wet is nie?
(Rom 2:28)  Want nie hy is ‘n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie;
(Rom 2:29)  maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.
_________________________________________________________________________________
Die besnydenis na die vlees was 'n teken van wie deel was van die volk wat deur God geroep word om vir Hom 'n volk te wees;  alhoewel, nie almal wat gebore is uit die geslag van Abraham op die ou end die kinders is wat gaan erf nie! (Matt. 22:14), want (weer-eens!) GELOOF was nog altyd die voorwaarde (Rom. 4:9,13).(Mat 22:14 - "Want baie is geroep, maar min uitverkies"). Hierdie feit is regdeur die Bybel sigbaar., bv. toe die belofte oorspronklik aan Abraham gemaak is (Gen. 12), was dit gemaak aan sy nageslag (net soos dit gemaak is aan sy nageslag in Gen. 17);  tog in Gen. 17:21 maak die Here dit duidelik dat die verbond spesifiek met Isak se nageslag opgerig is, en alhoewel Ismael ook Abraham se kind is, en ook 'n groot nasie sou word (Gen. 17:20), is die verbond nie met hulle gemaak nie - EN HIER MOET ONS VERSTAAN DAT DIT NIE GAAN OOR WATTER VOLK NA DIE VLEES VERKIES WORD NIE, MAAR oor wie die "kinders van geloof" was en DEUR WATTER GESLAG DIE EWIGE TROON BEVESTIG SOU WORD - die "ewige troon" was spesifiek bevestig deur die geslag van ABRAHAM
ISAK (nie Ismael nie! - Gen. 15:4)
JAKOB (nie Esau nie!)(Gen. 17:19)
- ...DAWID (gebore uit die geslag van JUDA, uit die geslag van PERES - Gen. 38; Matt. 1:3)(nie Serag nie) (http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/03/die-koninklike-geslag-uit-die-stam-van.html)(2 Sam. 7:10-12).
Die "ewige koning" sou spesifiek gebore word uit die geslag van Abraham - Isak - Jakob, Dawid (die generasies deur wie die verbond bevestig is). Omdat Jesus Christus uit hierdie geslag gebore is (Matt. 1), en die profesiee oor die beloofde Messias vervul het, en as die vlekkelose Lam met Sy eie bloed betaal het vir almal se sonde (Ef. 2:13) en die dood oorwin het (Hebr. 2:14-16), kan enige iemand uit enige nasie, stam en taal nou deel word van die volk wat gaan erf, m.a.w. ENIGE IEMAND KAN DEEL WORD VAN DIE HEBREEUSE  VOLK, m.a.w. deel word VAN DIE KINDERS VAN ABRAHAM - deur die geslag van Christus Jesus (die wat in Hom glo word deel van Sy geslag - is Sy kinders - is uit Sy Saad gebore deur die Heilige Gees -  "GEBORE UIT GOD" - nie net gebore uit water nie, maar ook gebore uit die Gees van God (Joh. 3:5) (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html).  Daarom is die wat nie die Gees van God het nie, nie kinders van God nie!, want wat gebore is uit die vlees, is vlees; en wat gebore is uit die Gees, is gees.... Omdat Hy die dood oorwin het, het Hy die mag om Sy kinders eendag op te wek tot lewe, sodat hulle ook die dood oorwin.

Uit hierdie geslag van Abraham, -Isak, -Jakob, -Dawid,- 
Jesus Christus, sal die kinders van die belofte uitgekies word, 
en op dieselfde wyse is die Christelike doop nie die bepalende faktor van wie GEKIES word nie, maar slegs 'n TEKEN van wie geroep word.  En weer-eens is GELOOF die voorwaarde...  Dus, die bepalende faktor van wie gesien word as kinders van die Here en die wat gaan erf, is die wat GLO IN DIE HERE JESUS CHRISTUS - die wat uit Sy Gees gebore word, word genoem "kinders van Abraham" (omdat hulle kinders is uit die Gees, kinders van Jesus Christus wie gebore is uit die geslag van Abraham, Isak, Jakob, Dawid, Jesus Christus (- die Christene).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Telkens deur die nageslag van die KINDERS VAN GELOOF, en in elkeen van daardie nageslagte is daar onderskeid getref tussen die kinders wat GLO (wat gehoorsaam) en die wat NIE GLO NIE (ongehoorsames). Die kinders van die besnydenis na die vlees was onder verpligting om die wet te onderhou, want die wet was die manier waardeur hulle gereinig word (want geen onreine sal in die koninkryk ingaan nie). Kinders van die geloof is nie outomaties rein omdat hulle glo nie, maar omdat hulle glo bewerk die Vader 'n weg waardeur hulle gereinig kan word. Die wet was hierdie weg, maar sodra iemand ongehoorsaam was, dan was hy weer gesien as 'n "onbesnedene" (Rom. 2:25). Dit is dus duidelik dat die wet niemand volkome kon reinig nie omdat die offers oor en oor gebring moes word, maar hierdie reigingsproses is volkome in Christus Jesus want Sy offer was net eenmaal nodig. Die verskil tussen die reiniging deur die wet en die reiniging deur Jesus Christus se bloed, is dat die offer nie oor en oor hoef te geskied nie...alhoewel die gelowiges steeds daagliks sonde bely.  In daardie opsig het Jesus Christus wel ook vir die wat glo se toekomstige sondes alreeds betaal, maar dit beteken nie dat dit die gelowige die reg gee om te sondig nie!, maar eerder die wil om nie te sondig nie;  en sou die gelowige kies om nie meer die Here gehoorsaam te wees nie, dan is dit 'n bewys dat hy nie GLO nie - sy vrug sal in die einde teen hom getuig.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Om gesien te word as 'n BESNEDENE gaan oor "of jy gehoorsaam is"; 
altans,  "AAN WIE" jy gehoorsaam is:
- In die O.T. was die weg vir reiniging  gehoorsaamheid aan die wet (maar was nie volkome nie).
- In die N.T. is die weg vir reiniging  gehoorsaamheid aan Jesus Christus (en is volkome!), en die water is 'n teken van hierdie reiniging/"vergewing van sondes" en is deur Johannes die Doper ingestel;  tog het Johannes se doop verwys na die hoop op die Een wat oppad is (die Een wat sondes vergewe EN hulle sou doop met die Heilige Gees). (1) Die Christelike doop is nie net 'n teken van reiniging nie (soos die doop van Johannes), maar verwys ook na (2)  die opstanding tot lewe waarna die wat aangeneem word, uitsien (toekomstige gebeurtenis). En (3) derdens verwys dit na die nuwe lewe in Christus (huidige gebeurtenis) - afgesonder vir Hom om Hom diensbaar te wees (OM HOM GEHOORSAAM TE WEES).  Dit simboliseer die dood en opstanding; - nie net die komende opstanding tot lewe nie, maar ook die wedergeboorte...
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/die-christelike-doop.html

Dit is dus die kinders van geloof wat reiniging ontvang, maar as hulle nie in die geloof bly nie, sal hulle nie eendag deur die Here Jesus Christus die opstanding tot lewe ontvang nie (Joh. 5:29; 11:25...).  Toe Jesus Christus die eerste keer gekom het, het Hy nie gekom om te oordeel nie, maar wanneer Hy terugkom, sal Hy kom om te oordeel (Joh. 5:25-30), en om die vrug te oes (http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ONGEHOORSAMES word gesien as die wie se harte en ore nie BESNY is nie. Die tema van "besnydenis" gaan dus nie net oor die wat besny is na die vlees nie, maar ook oor die wat besny is na die hart en ore!  Die besnydenis na die vlees was wel 'n teken (en belydenis v/d volk se kant af) van wie die gelowige geslag is, asook die geslag deur wie die ewige troon bevestig sou word, asook die geslag wat sou erf, maar was nooit die voorwaarde nie.  Enige iemand asook enige kind uit die nageslagte van enige nasie kan erf! (deur Jesus Christus) -  as hulle GLO in die Here Jesus Christus, ja!  Dit is as hulle hulself onderwerp aan die gesag van die Een deur wie die ewige troon bevestig is.  Hy kan hulle reinig en Hy het die mag om hulle op te wek uit die dode wanneer Hy terugkom (sodat hulle kan ingaan in die koninkryk). DIE KINDERS VD BESNYDENIS IS DUS EINTLIK NIE DIE KINDERS NA DIE VLEES NIE, MAAR is DIE KINDERS VAN GELOOF (die wat die Gees ontvang).  Die besnydenis vd vlees was dus eerder 'n teken van wie geroep word - dit was wel 'n teken vir die aan wie die belofte gedoen is vir aanneming tot kinders, maar slegs as hulle die voorwaarde sou nakom van gehoorsaamheid / geloof.   Wat help dit iemand is besny na die vlees, maar hy het 'n onbesnede hart en ore!? 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
O.T. SKRIFGEDEELTES:

(Gen 17:10)  Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word—
(Gen 17:11)  julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal ‘n teken wees van die verbond tussen My en julle.
(Gen 17:12)  ‘n Seuntjie van agt dae dan moet onder julle besny word, al wat manlik is in julle geslagte. Die wat in jou huis gebore is, en die wat van enige vreemdeling met geld gekoop is, wat nie van jou geslag is nie—
(Gen 17:13)  die wat in jou huis gebore en wat met jou geld gekoop is, moet sekerlik besny word. So moet dan my verbond in julle vlees wees as ‘n ewige verbond.
(Gen 17:14)  En wat manlik is en die voorhuid het, wat nie aan die vlees van sy voorhuid besny is nie—dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word: hy het my verbond verbreek.

(Lev 12:3)  En op die agtste dag moet hy aan die vlees van sy voorhuid besny word.

(Deu 30:1)  En as al hierdie dinge oor jou kom, die seën en die vloek wat ek jou voorgehou het, en jy dit ter harte neem onder al die nasies waarheen die HERE jou God jou verdryf het,
(Deu 30:2)  en jy jou tot die HERE jou God bekeer en na sy stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel,
(Deu 30:3)  dan sal die HERE jou God jou lot verander en Hom oor jou ontferm; en Hy sal jou weer versamel uit al die volke waarheen die HERE jou God jou verstrooi het.
(Deu 30:4)  Al was jou verstrooides aan die einde van die hemel, daarvandaan sal die HERE jou God jou versamel, en daarvandaan sal Hy jou gaan haal.
(Deu 30:5)  En die HERE jou God sal jou bring in die land wat jou vaders in besit geneem het, en jy sal dit in besit neem; en Hy sal aan jou goed doen en jou vermenigvuldig meer as jou vaders.
(Deu 30:6)  En die HERE jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die HERE jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe.

(Jos 5:2)  In dié tyd het die HERE vir Josua gesê: Maak vir jou klipmesse en besny weer die kinders van Israel vir die tweede keer.
(Jos 5:3)  Toe het Josua vir hom klipmesse gemaak en die kinders van Israel besny by die heuwel van die voorhuide.
(Jos 5:4)  En dit is die rede dat Josua hulle besny het: Die hele volk wat uit Egipte uitgetrek het, die manspersone, al die krygsmanne, het op pad in die woestyn gesterwe, op hulle trek uit Egipte.
(Jos 5:5)  Want die hele volk wat uitgetrek het, was besnede; maar die hele volk wat op pad in die woestyn gebore is, op hulle trek uit Egipte, het hulle nie besny nie.
(Jos 5:6)  Want veertig jaar lank het die kinders van Israel in die woestyn getrek, totdat die hele volk omgekom het, die krygsmanne wat uit Egipte weggetrek het, wat nie aan die stem van die HERE gehoorsaam was nie; vir wie die HERE gesweer het dat Hy hulle die land nie sou laat sien wat die HERE hulle vaders met ‘n eed beloof het om aan ons te gee nie—’n land wat oorloop van melk en heuning.
(Jos 5:7)  Maar in hulle plek het Hy hul seuns gestel; dié het Josua besny; want hulle was onbesnede, omdat hulle op pad nie besny is nie.

(Jer 4:4)  Besny julle vir die HERE en verwyder die onbesnedenheid van julle hart, manne van Juda en inwoners van Jerusalem, dat my grimmigheid nie soos ‘n vuur uitgaan en brand sonder dat iemand kan blus nie, weens die boosheid van julle handelinge.

(Jer 9:25)  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek besoeking sal doen oor almal wat besny is, wat nogtans onbesnede is:
(Jer 9:26)  oor Egipte en Juda en Edom en oor die kinders van Ammon en Moab en oor almal wat die rand van hulle hare wegskeer, wat in die woestyn woon; want al die heidene is onbesnede, maar die hele huis van Israel is onbesnede van hart.

(Deu 10:14)  Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is.
(Deu 10:15)  Maar net aan jou vaders het die HERE ‘n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.
(Deu 10:16)  Besny dan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie.

(Gen 34:15)  Net op hierdie voorwaarde kan ons inwillig: as julle word soos ons deurdat almal wat manlik is onder julle, besny word.
(Gen 34:16)  Dan sal ons ons dogters aan julle gee, en ons sal julle dogters vir ons neem; en ons sal by julle woon en een volk word.
(Gen 34:17)  Maar as julle nie na ons luister om besny te word nie, dan neem ons ons dogter en ons trek weg.
(Gen 34:18)  En hulle woorde was goed in die oë van Hemor en in die oë van Sigem, die seun van Hemor.
(Gen 34:19)  En die jongman het nie versuim om dit te doen nie, want hy het sin gehad in die dogter van Jakob, en hy was die mees geëerde in die hele huis van sy vader.
(Gen 34:20)  Toe gaan Hemor en sy seun Sigem na die poort van hulle stad, en hulle spreek met die manne van hul stad en sê:
(Gen 34:21)  Hierdie manne lewe in vrede met ons; daarom, laat hulle in die land woon en daarin rondtrek: die land lê mos alkante toe wyd voor hulle. Ons kan hulle dogters vir ons as vroue neem, en ons sal ons dogters aan hulle gee.
(Gen 34:22)  Maar net op hierdie voorwaarde sal die manne inwillig om by ons te woon, om een volk te word: as almal wat manlik is onder ons, besny word soos hulle besny is.
(Gen 34:23)  Hulle vee en hulle besittings en al hulle diere—sal dit nie ons s’n wees nie? Laat ons net inwillig, sodat hulle by ons kan bly woon.
(Gen 34:24)  En hulle het geluister na Hemor en na sy seun Sigem almal wat uit sy stadspoort uitgegaan het; en almal wat manlik was, is besny, almal wat uit sy stadspoort uitgegaan het.

(Exo 12:43)  Verder het die HERE aan Moses en Aäron gesê: Dit is die insetting van die pasga: Géén uitlander mag daarvan eet nie.
(Exo 12:44)  Maar elke slaaf wat ‘n man met geld gekoop het, dié moet hy besny; dan kan hy daarvan eet.
(Exo 12:45)  Geen vreemde inwoner of huurling mag daarvan eet nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Skrifgedeeltes:
(Gen 17:4)  Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou (Abram/Abraham), en jy sal die vader van ‘n menigte van nasies word. (12 stamme van Israel / 12 stamme van Ismael / 'n volk uit die heidene)
(Gen 17:5)  Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ‘n vader van ‘n menigte van nasies.
(Gen 17:6)  En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom.
(Gen 17:7)  En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou.
(Gen 17:8)  En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees.
(Gen 17:9)  Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag.
(Gen 17:10)  Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word
(Gen 17:11)  julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal ‘n teken wees van die
verbond tussen My en julle.
(Gen 17:12)  ‘n Seuntjie van agt dae dan moet onder julle besny word, al wat manlik is in julle geslagte. Die wat in jou huis gebore is, en die wat van enige vreemdeling met geld gekoop is, wat nie van jou geslag is nie—
(Gen 17:13)  die wat in jou huis gebore en wat met jou geld gekoop is, moet sekerlik besny word. So moet dan my verbond in julle vlees wees as ‘n ewige verbond.
(Gen 17:14)  En wat manlik is en die voorhuid het, wat nie aan die vlees van sy voorhuid besny is nie—dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word: hy het my verbond verbreek.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Abraham se nageslag (12 stamme van Israel / 12 stamme van Ismael / volk uit heidene):
"KINDERS VAN ABRAHAM" - in die sin van wie geroep is, uit wie kinders gekies word om te erf - VERWYS NIE SLEGS NA DIE NAGESLAG GEBORE UIT DIE VLEES, UIT DIE NAGESLAG VAN Abraham, Isak, Jakob... NIE, MAAR VERWYS NA ENIGE CHRISTEN (UIT ENIGE STAM, VOLK OF TAAL) WAT GEBORE IS NA DIE GEES - DIE WIE HULLE BEKEER HET EN GLO IN DIE HERE JESUS CHRISTUS EN GEDOOP IS IN HOM.

(Rom 9:6)  Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie.
(Rom 9:7)  Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word.
(Rom 9:8)  Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.


-  12 STAMME VAN ISRAEL: 
(Gen 17:17)  Toe val Abraham op sy aangesig, en hy lag en sê in sy hart: Kan daar vir een wat honderd jaar oud is, ‘n kind gebore word? Of kan Sara, wat negentig jaar oud is, baar?
(Gen 17:18)  En Abraham sê aan God: Ag, mag Ismael lewe voor u aangesig!
(Gen 17:19)  Toe antwoord God: Voorwaar, jou vrou Sara sal vir jou ‘n seun baar, en jy moet hom Isak noem; en Ek sal my verbond met hom oprig as ‘n ewige verbond vir sy nageslag ná hom.

(Gen 21:4)  En Abraham het sy seun Isak besny toe hy agt dae oud was, soos God hom beveel het.

(Gen 21:12)  Maar God het aan Abraham gesê: Laat dit nie verkeerd wees in jou oë ter wille van die seun en van jou slavin nie. Luister na Sara in alles wat sy van jou verlang, want deur Isak sal daar vir jou ‘n nageslag genoem word.
(Gen 21:13)  Maar Ek sal ook die seun van die slavin tot ‘n nasie maak, omdat hy jou kind is.

Ander feite rondom die besnydenis:
-  Dogters van die nageslag van Abraham was nie toegelaat om met onbesnedenes te trou nie (Gen. 34:15-24);
-  Geen onbesnede man was toegelaat om die Pasga te eet nie (Eks. 12:44-49)(dit was 'n gebod deur die Here self gegee);
-  'n Baba-seun was op die agste dag besny (Gen. 17:12; Lev. 12:3; Luk. 1:59; 2:21; Hand. 7:8; Fil. 3:5)(gebod deur die Here gegee).
-  As 'n seun nooit besny was nie, kon hy steeds op 'n later ouderdom besny word,  bv. die seuns wat in die woestyn gebore is (Jos. 5)(en hier is sommige besny vir die tweede keer), of  'n vreemdeling wat in die Pasga wou deel (Eks. 12:48)... (verbod deur die Here gegee).
-  In die N.T. het sommige Jode geglo dat as iemand nie besny word volgens die wet van Moses nie, hulle nie gered kan word nie (Hand. 15:1,5), maar alhoewel die besnydenis in die O.T. 'n teken was van wie God se volk is en die is wat beeerwe, was geloof altyd die voorwaarde vir saligheid (en die besnydenis veronderstel om slegs 'n teken te wees v/d feit dat hulle aan die Here behoort (Gen. 17:11)); sou hulle egter nie ook die voorwaardes van geloof nakom nie, dan kon hulle nie erf nie (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/01/het-christene-moslems-en-jode-dieselfde.html).  Alhoewel die Joodse volk gesien word as die "kinders van die koninkryk", sal nie almal van hulle ingaan in die koninkryk nie!  Baie sal uitgedryf word (Matt. 8:12) - hierdie feit word ook in sekere profetiese boeke bevestig (Amos 9).  As 'n Jood die weg wat die Vader geskep het (tot volkome saligheid) wegwys, dan het hy geen hoop op die opstanding tot lewe nie.  As hulle die LAM afwys, hoe kan hulle volkome vergifnis vir sondes ontvang, want die wet is nie volkome nie? Daarom kan iemand ook slegs tot die Vader kom deur Christus Jesus, want in Hom is daar volkome vergifnis.  Niemand kan in regstand wees met die Vader as hulle nie volkome vergifnis ontvang nie, en niemand kan bely dat hulle die Vader ken, maar nie glo in die Een wat deur Hom gestuur is nie (Matt. 16:15-17; Joh. 8:47,49). En buitendien, dit is die wat uit die geslag van Jesus Christus (uit die geslag van Dawid) gebore word - uit die Gees gebore - uit wie daar 'n geslag gekies sal word wat die koninkryk van God sal beerwe...

-  12 STAMME VAN ISMAEL:
(Gen 17:20)  Ook wat Ismael aangaan, het Ek jou verhoor. Kyk, Ek seën hom en maak hom vrugbaar en vermeerder hom buitengewoon. Twaalf vorste sal hy verwek, en Ek sal hom ‘n groot nasie maak.

(Gen 17:24)  En Abraham was nege en negentig jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is.
(Gen 17:25)  En sy seun Ismael was dertien jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is.
(Gen 17:26)  Op daardie selfde dag is Abraham en sy seun Ismael besny
(Gen 17:27)  en al die manne van sy huis—die wat in sy huis gebore en die wat van vreemdelinge met geld gekoop is, is saam met hom besny.

(Gen 21:12)  Maar God het aan Abraham gesê: Laat dit nie verkeerd wees in jou oë ter wille van die seun en van jou slavin nie. Luister na Sara in alles wat sy van jou verlang, want deur Isak sal daar vir jou ‘n nageslag genoem word.
(Gen 21:13)  Maar Ek sal ook die seun van die slavin tot ‘n nasie maak, omdat hy jou kind is.

(Gen 15:3)  Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees.
(Gen 15:4)  Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.