Wys tans plasings met die etiket Leeu uit die stam van Juda. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Leeu uit die stam van Juda. Wys alle plasings

Dinsdag 16 Julie 2013

Wie is Jesus Christus?

(Geneem uit die boek van Openbaring)
========================================================================

Jesus ChristusEen soos die Seun van die mens, die Seun van God,  
die Here
die Woord van God. 
die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid,
‘n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde, 
die getroue getuie,
die eersgeborene uit die dode, 
en die Owerste oor die konings van die aarde! 
Hy wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader.

Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf.

Hy is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde,
wat is en wat was en wat kom, 
die eerste en die laaste,
en die lewende, 
en Hy was dood en kyk, Hy leef tot in alle ewigheid,
en Hy het die sleutels van die doderyk en van die dood,
die Almagtige,
die blink môrester.

tussen die sewe kandelaars (die 7 gemeentes)  met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue gordel,

Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ‘n vuurvlam,

en sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond, en sy stem soos die stem van baie waters.

En in sy regterhand het Hy sewe sterre (engele v/d 7 gemeentes) gehou, 
en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, 
en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.

Hy het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek,
Hy is die Here van die here en die Koning van die konings, 

Hy sal met ‘n ysterstaf regeer, 
en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige, 

ja, Hy kom gou! 


========================================================================
(Openb. 2:1)  ... Hy wat die sewe sterre (engele van die 7 gemeentes - Openb. 1:20) in sy regterhand hou, wat wandel tussen die sewe goue kandelaars (die 7 gemeentes)

========================================================================

(Openb. 2:8)  ...die eerste en die laaste, wat dood was en lewend geword het

========================================================================

(Openb. 2:12)  ...Hy wat die skerp tweesnydende swaard het

========================================================================

(Openb. 2:18)  ...die Seun van God wat oë het soos ‘n vuurvlam, en sy voete is soos blink koper

========================================================================

(Openb. 3:1) ... Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre (engele v/d 7 gemeentes) het

========================================================================

(Openb. 3:7) ...die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie

========================================================================

(Openb. 3:14) ...die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God

========================================================================

 aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.