Vrydag 30 Desember 2016

Christus die hoof van elke man

1Kor. 11:3 - "Maar ek wil hê dat julle moet weet dat
- Christus die hoof is van elke man, en
- die man die hoof van die vrou, en
- God die hoof van Christus".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Ef. 1:22)  "En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en 
Hom as Hoof
 bo alle dinge aan die gemeente gegee".
IN HIERDIE BLOGPOST GAAN ONS SPESIFIEK KYK NA "Christus, die hoof van elke man".
Vgl. ook hierdie onderwerp met "God, die hoof van Christus";
en "die man, die hoof van die vrou" (1 Kor. 11:3).
_________________________________________________________________________________
OPSOMMING:
(Rol af vir skrifte)

WAT BETEKEN DIE WOORDE  "Christus is die hoof van elke man"?:
(1)  Jesus Christus is die Hoof bo alle dinge in die gemeente - Hy is die Hoof v/d gemeente.  Die wat gevul is met Sy Gees, is deel van Sy liggaam (in hierdie liggaam het almal mekaar lief soos wat hulle hul eie liggame liefhet, want hulle is almal EEN).  ONDERGESKIKTHEID  AAN CHRISTUS, BETEKEN OOK ONDERGESKIKTHEID AAN DIE VADER (omdat God die hoof is van Christus). ;

(2)  As Hoof van die liggaam, rus Hy ons toe vir verskilldende dienswerk tot opbouiing van die liggaam (sodat ons kan vrug dra uit diensbaarheid aan God)(ons behoort nie meer aan die wet nie, maar behoort nou aan Hom (ons doen wat Hy ons beveel, want Hy is die Hoof)(in "Sy liggaam" rus Hy elkeen toe vir dienswerk);

(3) Christus is deur God uitermate verhoog, en 'n Naam gegee bo elke naam (tog het Hy vir ons die vb. gestel van wat dit beteken om 'n DIENskneg te wees, en vir ons gewys wat dit beteken dat God eerder barmhartigheid soek as offers);

(4)   Hy is die Hoof van die gemeente, omdat Hy in alles eerste is - Hy was die Eersgeborene van die hele skepping, en ook die Eersgeborene uit die dode, sodat ons in Hom kan lewe, deurdat die Vader voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus. 

(5)  Hy is die Hoof van alle owerheid en mag - die liggaam behoort aan Christus (nie aan wette, beginsels van die wereld of oorlewering van mense nie). Ons is nie meer gehoorsaam aan allerhande insettinge, soos "raak nie, smaak nie, roer nie aan nie...", of moet toelaat dat ons geoordeel word in spys of drank of met betrekking tot 'n fees of nuwemaan of sabbat nie... maar gehoorsaam aan HOM WAT DIE HOOF IS VAN ALLE OWERHEID EN MAG - die liggaam behoort aan Christus (nie aan die wet nie).

(6)  Ons behoort aan Christus (en Christus aan God) - daarom roem ons in Hom want ons vertrou nie op die vlees nie (en vertrou dus nie in onsself of in ander mense nie - bv., ons vertrou nie in die wysheid van mense nie, maar vertrou die Here se wysheid).
_________________________________________________________________________________
Uiteensetting met skrifte:
Kom ons kyk na die konteks van verskillende skrifte waarin soortgelyke woorde gebruik word dat Christus die hoof is van die gemeente;   M.A.W., WAT BETEKEN HIERDIE TERM IN VERSKILLENDE SKRIFGEDEELTES?

(1)  (Ef. 1:22)  "En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee".
(Gaan lees Ef. 1:22 in konteks  -  dit gaan oor die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig;  en hoe die Vader ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus (Hom deur wie ons die verlossing en vergifnis het deur sy bloed...) - Sy gemeente, Sy liggaam. vGL. DIT OOK MET EF. 2:19 - "So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God".
(Ef. 1:22)  En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,
(Ef. 1:23)  wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.
SY GEMEENTE IS SY LIGGAAM - VGL. DIT MET HOE DIE LIGGAAM SAAMWERK - VERSKILLENDE LEDE - (EF. 1:3 - "Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus")). IN KONTEKS GAAN EF. 1:22 DUS VERAL OOR DIE FEIT DAT SY GEMEENTE SY LIGGAAM IS (en Hy die hoof van Sy "liggaam", nl. "die gemeente").  

*  Ons is nou deel van Sy LIGGAAM, maar verskillende lede - EEN 
(met Christus as die Hoof). (ONS BEHOORT NIE MEER AAN DIE WET NIE, MAAR BEHOORT NOU AAN CHRISTUS - (Rom. 7:1-4) - Ef. 2:16 - en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het)http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/12/dood-vir-die-wet.html. Dit beteken dat ons nie meer die wet DIEN nie, maar dat ons Hom nou DIEN.(Rom 7:4 - "So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra"). Vgl. dit met wat Jesus geleer het dat ons geroep is om VRUG TE DRA, en dat die wat nie vrug dra nie, uitgekap sal word.  Alhoewel ons ondergeskik is aan Christus, is ons ook ondergeskik aan die Vader (omdat God die hoof is van Christus). Op dieselfde wyse is die vrou wat ondergeskik is aan haar man, ondergeskik aan Christus Jesus en ondergeskik aan die Vader... 

*  vgl. dit met die getroude man en vrou, as "EEN":
-(Mar 10:8,9 - "en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie" - OMDAT DIE GETROUDE MAN EEN IS MET SY VROU, GEE HY VIR HAAR OM SOOS HY VIR SY EIE LIGGAAM OMGEE. Op dieselfde manier gee Christen broers en susters vir mekaar om omdat hulle "een" is in Christus Jesus, en het elkeen die ander lief soos hy homself liefhet ("asof sy eie liggaam"). 
___________________________________________________________
(2) 
(Ef. 4:15)  maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,

Die konteks van Ef. 4:15, gaan ook oor HOE DIE HEILIGES TOEGERUS WORD VIR DIENSWERK,, TOT OPBOUIING VAN DIE LIGGAAM - KYK BV. VERAL VERSE 11, 12 EN 16... (EF. 4:16 - "uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde").  DIT GAAN hier OOR HOE ONS MOET OPGROEI IN HOM (wat die Hoof is).  Paulus waarsku hulle ook dat hulle nie moet wandel soos die heidene met verharde harte en sonder kennis en in onreinheid nie, maar liewer vergewensgesind moet wees teenoor mekaar, vol liefde en ontferming, mekaar moet verdra in liefde, sagmoedig wees en nederig en lankmoedig...;  hy beveel hulle ook om sondes af te le. DIT IS HOE HULLE OPGROEI IN DIE HERE!  

DIT GAAN DUS HIER OOR "VRUG DRA" UIT DIENSBAARHEID AAN DIE HERE en OM TE DOEN WAT HY BEVEEL" - OMDAT HY DIE HOOF IS.

___________________________________________________________
(3)
(Fil. 2:9)  Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is,
(Fil. 2:10)  sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,
(Fil. 2:11)  en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.

IN KONTEKS GAAN FIL. 2:9 OOR HOE DIE GEMEENTELEDE GEHOORSAAM MOET WEES AAN MEKAAR:  EENSGESIND, LIEFDE, EEN VAN SIEL, EEN VAN SIN (Fil. 2:2).....
(Fil. 2:3)  Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.
(Fil. 2:4)  Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.
(Fil 2:14)  Doen alles sonder murmurering en teëspraak
Hy verduidelik ook hoe Christus vir ons die vb. gestel het van hoe ons mekaar moet DIEN, en hoe Hy (die Naam bo elke naam) die gestalte van 'n DIENSKNEG aangeneem het... - (Fil. 2:5-8).  GEHOORSAAMHEID AAN MEKAAR GAAN OOR LIEFDE - dat ons nie net ons eie belange soek nie, maar ook die van 'n ander, en dat ons mekaar dien en ons lewens vir mekaar afle, vergewe ens. 

GEHOORSAAMHEID GAAN NIE NET OOR "OPDRAGTE UITVOER" NIE, MAAR OOR "BARMHARTIGHEID"!  http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/ek-wil-barmhartigheid-he-en-nie.html  Ons moet verstaan waaroor Fil. 2 gaan, dat dit gaan oor hoe ons barmhartig moet wees teenoor mekaar.  WAT DIT HIER BEDOEL IS DAT Christus die Hoof is van die gemeente, EN DAT HY VIR ONS DIE VB. GESTEL HET VAN WAT DIT IS OM BARMHARTIG TE WEES! en l.w. dat Hy meer gehoorsaam was aan die Vader, as aan die leiers van Sy tyd! - Hy het barmhartigheid as meer geag as offers:  DIT IS DUIDELIK DAT DIE FARISEERS NIE REGTIG DIE BEGRIP VAN "BARMHARTIGHEID" VERSTAAN HET NIE, NET SOOS BAIE VAN ONS DIT OOK VANDAG VERKEERD VERSTAAN!  JESUS HET HULLE EGTER AANGEMOEDIG MET DIE VOLGENDE WOORDE (Matt. 9:13):  

GAAN LEER WAT DIT BETEKEN ... 

___________________________________________________________
(4)
(Kol 1:15)  Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;
(Kol 1:16)  want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.
(Kol 1:17)  En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.
(Kol 1:18)  En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.

In konteks gaan Kol. 1:18 oor hoe Christus Jesus voor alle dinge was, en hoe alles in Hom stand hou.  Hy is die Eersgeborene van die hele skepping, en die beeld van die onsienlike God.  Alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. Hy is in alles eerste, en ook die Eersgeborene uit die dode, sodat ons kan lewe saam met Hom -  Vgl. dit met (Ef. 1:4,5 - "soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil").  Verder gaan die konteks hier oor hoe ons die Here in alles moet behaag. en waardiglik voor Hom wandel, vrug dra en groei in die kennis van God (Kol. 1:10).

___________________________________________________________
(5)
(Col 2:9)  Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik;
(Col 2:10)  en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;

In konteks gaan dit oor hoe ons moet pasop vir wereldse wysheid (beginsels van die wereld en oorlewering van mense wat in stryd is met die leer van Christus) waardeur mense verlei word.  Ook dat ons nie meer die wet dien nie (wat slegs 'n skaduwee was van die toekomstige dinge), maar dien nou vir Christus, en het daarom, omdat ons in Sy dood begrawe is, die oue afgele, en die eerste beginsels afgesterf.  Ons is nie meer gehoorsaam aan allerhande insettinge, soos "raak nie, smaak nie, roer nie aan nie...", maar gehoorsaam aan HOM WAT DIE HOOF IS VAN ALLE OWERHEID EN MAG. (Kol 2:16)  Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie, (Kol 2:17)  wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.
___________________________________________________________
(6)
(1Kor. 3:23)  maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.

In konteks gaan dit oor hoe ons nie in mense moet roem nie, maar in Christus moet roem, want ons BEHOORT AAN HOM. (Fil. 3:3 - "Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie").Wat gebeur het in die gemeente van Korinthe, is dat baie geroem het in sekere predikers, omdat hulle baie wys geklink het.  Dit wil ook voorkom asof hulle wysheid 'n verkeerde fondament gele het en veroorsaak het dat die wat ontvanklik is daarvoor, "verkeerd bou".  Waar Christene bv. roem in 'n spes. kerk se leerstellings of in spes. predikers, in plaas van in "DIE WAARHEID" wat Jesus Christus vir ons gebring het, is hulle nie besig om in Christus te roem nie.  Hulle laat toe dat hulle gedagtes, woorde, optrede bepaal word deur mense, in plaas van deur die Here.  Alhoewel die leiers van 'n gemeente die rol kry van om "soos 'n herder" die skape en lammers te laat wei en voed, is hulle self ook ondergeskik aan die Herder, Jesus Christus. Gemeentelede is nie die leiers se skape soos wat baie glo nie!, maar die Here se skape.  Dit is a.g.v. hierdie miskonsepsie wat vele vir hulle leermeersters vergader wat hulle in die gehoor streel - "die een is vir Paulus, en die een vir Apollos......".ONS BEHOORT AAN CHRISTUS!, nie aan mense of aan 'n spesifieke kerk nie.

Vir die wat AAN CHRISTUS BEHOORT (m.a.w. die wat in Hom roem, nie in mense nie), word die opstanding tot lewe as belofte gegee:
(1Co 15:20)  Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.
(1Co 15:21)  Want aangesien die dood deur ‘n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ‘n mens.
(1Co 15:22)  Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
(1Co 15:23)  maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.
(1Co 15:24)  Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.
(1Co 15:25)  Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.

_________________________________________________________________________________

Geen opmerkings nie: