Donderdag 11 Augustus 2016

Beeldspraak "hake in kakebene"

DIE BEELDSPRAAK "hake in kakebene" word telkens gebruik in geval van waar die Here iets TEEN iemand het en Hy BEHEER gaan UITOEFEN oor hom/hulle.  Dit is bedoel om iemand te stop of te rig (TE BEHEER) soos 'n dier wat beheer word met toom en teuel (Ps. 32:9).

- (Eseg. 29:3) ".....  Ek het dit teen jou, o Farao, koning van Egipte, jou groot draak wat in jou strome lê......".
- (Eseg. 38:3) "....Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal!"
Vgl. dit ook met: 
- Job 41:1,2:  "Kan jy die krokodil met ‘n hoek uittrek? En met ‘n tou sy tong afdruk? Kan jy ‘n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met ‘n haak deurboor?";  EN
- Jes. 37:29:  "Omdat jy teen My raas en jou trotsheid opgekom het in my ore, daarom sal Ek my haak in jou neus sit en my toom tussen jou lippe en jou terugbring met die pad waarmee jy gekom het". (vgl. ook met 2 Kon. 19:28).

_________________________________________________________________________________

SKRIFGEDEELTES:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Eze 29:4)  Maar Ek sal hake in jou kakebene slaan en die visse van jou strome aan jou skubbe laat klewe; en Ek sal jou uit jou strome optrek, saam met al die visse van jou strome wat aan jou skubbe klewe.
(Eze 29:5)  En Ek sal jou wegwerp in die woestyn, jou en al die visse van jou strome; op die oop veld sal jy val; jy sal nie bymekaargemaak of versamel word nie; aan die wilde diere van die aarde en aan die voëls van die hemel gee Ek jou as voedsel.


AAN WIE GERIG?  - koning van Egipte (Eseg. 29:3)
HOEKOM?  - "Kyk, Ek het dit teen jou, o Farao, koning van Egipte, jou groot draak wat in jou strome lê, wat sê: My stroom is myne, en ek het dit vir my gemaak" - v.3. 
HOE BEHEER HY HULLE? - Egipteland wildernis en puinhoop vir 40 jaar - dan terug na land van oorsprong, Patros.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Eze 38:4)  En Ek sal jou weglok en hake in jou kakebene sit en jou laat uittrek en jou hele leër, perde en ruiters, almal volkome toegerus, ‘n groot menigte met die groot en die klein skild, wat almal die swaard hanteer;
(Eze 38:5)  Perse, Kusiete en Putéërs saam met hulle, almal met skild en helm;
(Eze 38:6)  Gomer en al sy leërs, die huis van Togarma, in die uithoeke van die Noorde, en al sy leërs—baie volke saam met jou.


AAN WIE GERIG? - Gog (in die land Magog, die vors van Ros, Meseg en Tubal)
HOEKOM? - Gog en nasies trek teen Israel op. 
HOE BEHEER HY HULLE? -Die dag wanneer Gog teen die land van Israel aankom, dan sal die Here kom en hulle laat val (Eseg. 38,39). Die Here sal Hom as heilige laat ken voor hulle oe;  Hy sal Sy volk verlos (39:25-29).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2Ki 19:28)  Omdat jy teen My raas en jou trotsheid opgekom het in my ore, daarom sal Ek my haak in jou neus sit en my toom tussen jou lippe en jou terugbring met die pad waarmee jy gekom het.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: