Vrydag 11 Julie 2014

...soos ons ook ander vergewe (2)

VIR DIE EERSTE DEEL OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:

====================================
(2) Wetend en onwetende sonde teen ander:
Die onderwerp van vergifnis in geheel, staan nie los van enige voorwaardes nie en is onderwerp aan die Here se reels, maar net soos die Here barmhartig is, so moet ons ook barmhartig wees!

Dit is veral in hierdie konteks wat die Here ons geleer het om mekaar te vergewe - ons moet barmhartig wees teenoor mekaar!  Net soos die Here ons vergewe, moet ons ook die hart he/dieselfde gesindheid he om ander te vergewe.  
Daar word egter baie meer barmhartigheid bewys in die geval van "onwetende" sondes, as "wetende sondes".  Gaan gerus na hierdie blogpost om die onderwerp van "onwetende sondes" beter te verstaan: http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/05/wat-word-bedoel-met-onwetende-sonde.html Tog, bekering was nog altyd 'n voorwaarde voor enige iemand vergifnis van sondes ontvang (selfs ook in die geval van onwetende sondes)!, maar daar word nie so maklik barmhartigheid bewys in die geval van "wetende" sondes nie, want in die geval van wetende sondes moet iemand baiemaal eers deur 'n proses gaan waar hy tot berou gelei word, terwyl in die geval van onwetende sondes, moet die persoon slegs tot insig gebring word - as hy egter nou tot insig kom, maar steeds hom nie bekeer nie, dan raak hy deel van die groep wat wetend is. Vergifnis is nie moontlik sonder bekering nie!

  In die geval van wetende sondes moet iemand eers berou he, voor die sonde vergewe kan word (in so 'n geval sal iemand bv. jammer se vir wat hy verkeerd gedoe het teenoor 'n ander - "sonde bely"). Die persoon wat onwetende sondes gepleeg het, kan nie tot berou kom vir iets wat hy in die eerste plek nie eens besef het hy verkeerd doen nie, maar wanneer hy tot insig kom, is bekering steeds nodig!  Selfs in die geval van "onwetende sondes" moes die volk ook offers bring om in guns te kom by die Here (Eseg. 45:20);  of iemand moes 'n offer bring wanneer sy sonde aan hom bekend word... (Lev. 4:27,28). Sommige geleerdes preek dat die Here outomaties "onwetende sondes" vergewe, maar is dit werklik so?  -As Jesus se woorde op die kruis, ("...Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. ..") beteken het dat hulle sondes outomaties ten volle vergewe is, dan was evangelie-prediking nie nodig gewees nie, en Petrus se opdrag in Hand. 3 ("dat hulle tot bekering moet kom") nie nodig nie! - en l.w. dat hy hier met mense gepraat het wat vroeer "onwetend" was!  Wat dit eerder op wys, is dat die Here baie meer barmhartig is teenoor "onwetende sondes", as teenoor (wetende) sondes, en dat dit ook van ons verwag word.   (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/is-daar-iets-soos-groot-en-klein-sonde.html). Wanneer die onwetende tot insig kom, moet hy hom steeds "bekeer" - dit is duidelik dat selfs in voorbeelde van evangelie-prediking in die skrif, "bekering" ook 'n voorvereiste was vir die wat "onwetend" gesondig het (bekering 'n voorwaarde voor hulle vergifnis van sondes kon ontvang) - (lees Hand. 3:17-19) - die persoon moet dus steeds kies om hom te bekeer tot die Here,  voor sy sondes weggewas kan word. (Iemand wat "kundig" raak, maar weier om hom te bekeer, kies om ongelowig te wees!)  Dit is maklik vir iemand wat onwetend gesondig het om hom te bekeer wanneer sy sonde aan hom bekend word, maar die persoon wat opsetlik sondig, en dit nie wil bely nie, moet eers tot berou kom, sodat hy dit kan bely (- nie tot insig nie, want hy het alreeds insig!)  


In die geval waar ons ander vergewe, beteken dit egter ook nie dat daardie persoon outomaties deur die Here vergewe is nie, want v e r g i f n i s   i s   o n d e r w e r p   a a n   d i e   H e r e   s e   r e e l s.  Die "mag" wat die Christen verkry "om sondes te vergewe" is nie onderwerp aan die mens se wil nie, maar aan die Here se wil! Ons moet ook meer barmhartig wees en verdra die wat onwetende sondes teen ons pleeg, maar wetende sondes word nie so maklik vergewe nie! - die persoon moet eers tot berou kom voor hy vergewe kan word. En in die geval van onwetende sondes, moet daardie persoon eers tot insig gebring geword, voor hy hom kan bekeer daarvan, maar natuurlik oordeel ons nie die wereldse mens op sonde nie, want hy het nie die geregtigheid soos die kind van God nie. Ons wys nie die wereldse mens op sonde nie, maar bring vir hom die waarheid (en deel van die waarheid is natuurlik dat hy verlore is in sy sonde).  In daardie sin word daar meer barmhartigheid bewys aan die een wat nog nie kundig is nie.
========================================================================
(3)  - Wat beteken dit wanneer ons "mekaar vergewe"? 
(Mat 6:12)  en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;

(Mat 6:14)  Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.
(Mat 6:15)  Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

*  DIE WOORD "VERGEWE" IN HIERDIE SKRIFGEDEELTE, IS DIE GRIEKSE WOORD: "af-ee-ay-mee", wat beteken "lay aside, leave, let (alone, be, go, have), omit, put (send) away, remit....". 
Dit is ook dieselfde woord wat gebruik word waar ons beveel word om "mekaar te vergewe". Op dieselfde wyse wat die Here ons vergewe, moet ons ook ander vergewe!  Hierdie BARMHARTIGHEID moet ons teenoor ander toon, wat die Here ook aan ons toon, dat ons liewer 'n begeerte het om "vry te spreek", as om sondes teen iemand te hou! Die Here ag dit so belangrik, dat sou ons nie hierdie barmhartigheid aan ander bewys nie, Hy ook nie aan ons barmhartigheid sal bewys nie!
(Mat 22:39)  En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhĂȘ soos jouself.  
Dit is dus duidelik volgens Matt. 6 dat "om iemand anders te vergewe", dieselfde is as "soos hoe die Here ons vergewe". In beide gevalle word die sonde weggevee en gelos in die verlede. In die geval van waar die Here ons vergewe, sal ons nie onder oordeel val vir daardie sondes nie.  Vergifnis gaan m.a.w. daaroor dat ek nie meer hoef te "betaal" vir my sonde nie (sal nie onder oordeel val nie). Wanneer iemand regtig vergewe, dan moet ook hy nie meer daardie sonde teen die persoon hou nie - hy moet nie die persoon hanteer asof hy nog moet betaal vir daardie sonde nie.  As ons dit verstaan, dan verstaan ons ook beter wat bedoel word in punt (2).  Die persoon wat alreeds wetend is van sy sonde, maar geen berou het nie, moet betaal vir sy sonde (en kan dus nie vergewe word nie) - hy weet wat is die waarheid, maar wil hom nie bekeer van sy sonde nie.  Dit is eers wanneer hy tot berou kom en daardie sonde bely (hom bekeer daarvan), wat hy vergewe kan word, (en sal dan nie meer daarvoor hoef te betaal nie).  Waar iemand egter onwetend sondig, moet hy eers wetend raak voor hy by die punt kan kom van bekering (nie tot berou kom nie, want hy weet nie dat hy sondig nie!). 

*  'N ANDER WOORD WAT GEBRUIK WORD VIR VERGEWE (nl. "VERGEEF"), is soos die in Ef. 4:32 - ("Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het), is die Griekse woord:  "khar-id'-zom-ahee", wat beteken "to grant as a favor, in kindness, pardon or rescue- freely give, grant".  Dieselfde woord word ook gebruik in 2 Kor. 7, (v.10: "Aan wie julle iets vergewe, vergeef ek ook; want wie ek ook vergeef het—as ek iets vergeef het—dit was om julle ontwil voor die aangesig van Christus, sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie"). (Kyk ook Kol. 3:13).  

Ook hier sien ons dat dit spes. verwys na om goedhartig te wees, en net eenvoudig iemand vry te spreek van die straf.  Waar iemand "vergewe", maar steeds hoop dat die persoon betaal vir sy oortreding, is dit nie vergifnis nie! 

Geen opmerkings nie: