Dinsdag 04 Maart 2014

uit genade gered (3)

Vir die eerste 2 blogposts oor hierdie onderwerp, gaan na:

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/12/wat-beteken-uit-genade-gered.html

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/12/uit-genade-gered-2.html
---------------------------

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/03/moet-die-gelowige-wat-uit-genade-gered.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/05/afgodsdiens-in-die-kerk.html

==================================================

In hierdie blogpost:

(6)  "Die wet" was nooit die weg tot saligheid nie!  Om uit genade gered te word, beteken dat iemand guns verkry omdat hy die Here vertrou, nie omdat hy wette onderhou nie (want ons kan nie guns verdien deur wette te onderhou nie) - dit beteken egter nie dat daar geen gehoorsaamheid verwag word nie! (want gehoorsaamheid is 'n bewys dat iemand vertrou/glo). Daarom was geloof altyd die weg tot saligheid (waar iemand hom bekeer tot die Here, homself onderwerp aan die Here se wil, om Hom te dien en gehoorsaam te wees).  DIE ONDERHOUDING VAN WETTE is nie veronderstel om te gaan oor "GUNS WEN" NIE, MAAR oor, "OM DIE HERE TE DIEN". Genade gaan oor "guns", en iemand kan nie guns verdien deur wette te onderhou nie. Waar 'n persoon slegs "gehoorsaam is" omrede om guns te verdien, maar hy steeds die sonde dien, wys dit dat hy nie geloof het nie. Waar iemand egter gehoorsaam is omdat hy die Here dien (omdat hy GLO), is daardie persoon wat die geregtigheid doen, vir die Here welgevallig.  In die nuwe verbond het gehoorsaamheid selfs 'n sterker betekenis gekry - in die nuwe verbond word daar meer geregtigheid verwag!  Nou is Sy wette op gelowiges se harte geskrywe, en hulle ken Sy wil daagliks deur Sy Heilige Gees.  D.w.s., die gelowige dien nie meer die wet nie, en nie meer die sonde nie, maar dien die Here (vertrou die Here; glo)(maak staat op die Here, soek Sy wil en wil Hom dien en gehoorsaam wees).
==================================================
UITEENSETTING:

Die mens het vergifnis van sonde nodig om die (ewige) oordeel vry te spring.  Sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie (Rom. 5:13) - dit beteken nie dat sonde slegs bestaan waar 'n wet teenwoordig is nie (m.a.w. wanneer iemand nie 'n wet kan onderhou nie), maar sonde was al voor die wet van Moses, vanaf "die sondeval" (Rom. 5:12).  In daardie sin het die sonde, na die wet van Moses, MEER geword (Rom. 5:20), en was daar meer genade nodig! (Rom. 5:20,21).  
Die onderhouding van die wet van Moses, kan dus nie vir iemand vergifnis van sonde bewerk nie, want niemand kan die wet onderhou nie (daarom het die misdaad, of dan die sonde, meer geword).  Daarom het almal geval onder die vloek van die wet. 
DIE ONDERHOUDING VAN WETTE is nie veronderstel om te gaan oor "GUNS WEN" NIE, MAAR oor, "OM DIE HERE TE DIEN".  Waar iemand slegs wette onderhou om Sy guns te wen, kan die wette hom nie red nie, maar waar iemand wette onderhou omrede hy die Here dien (omdat hy GLO, m.a.w. omdat hy homself onderwerp aan die Here om Hom gehoorsaam te wees - vertroue), is daardie persoon wat die geregtigheid doen, vir die Here welgevallig. Dit is hierdie feit wat Jesus vir die Fariseers probeer verduidelik het, dat hulle hulself probeer regverdig het voor mense (hulle lyk godsalig en lyk of hulle die Here dien), maar God sien hulle harte en sien dat dit nie reg is nie - hulle vertrou Hom nie werklik nie (hulle het nie die geloof nie)(Luk. 16:13-31) - m.a.w. hulle doen die werke met die doel om guns te verdien, maar dien steeds afgodsdiens (niemand kan twee here dien nie...). 

Iemand wat tot geloof kom, dien nie meer die sonde nie (of sy eie wil nie), maar dien nou die Here (die Here se wil). 

 Daarom, die wet van Moses was nooit die weg tot saligheid nie!   
(Rom 4:3)  "Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.
(Rom 4:4)  Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste;
(Rom 4:5)  aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken".

Hiermee wil hy nie se dat daar geen gehoorsaamheid verwag word nie, maar dat die een wat werk, loon ontvang volgens hoeveel hy gedoen het, nie volgens "guns" nie! Ons kan 'n vb. noem van iemand in 'n werksituasie waar 'n leier oor hom aangestel is. In 'n werksomstandigheid, kan 'n werker al sy werk goed doen en alles op datum he, maar dit is duidelik wie regtig hulle leiers respekteer en wie nie - die een wat alles wat die leier se in twyfel trek, hom nie die nodige respek betoon nie, hom nie altyd wil navolg nie,  wys dat hy nie sy leier VERTROU nie (en daarmee wil ek nou nie se dat alle leiers vertrou kan word nie!). In so 'n geval verdien die werker loon volgens verdienste, maar hy het nie guns by sy leier nie... (hy's 'n goeie werker en word beloon na verdienste, maar nie volgens guns nie).  As hy sy leier VERTROU, dan sal hy ook guns verkry, en nie net daardie vertroue sal hom regverdig nie, maar ook sy gehoorsaamheid sal hom regverdig (dat hy regtig die leier vertrou).
Om uit genade gered te wees (om guns te verkry deur geloof), beteken dus nie dat "om gehoorsaam te wees" glad nie van toepassing is nie, maar waar dit geskied sonder dat iemand sy vertroue in die Here plaas (m.a.w. om te GLO/Geloof), gaan die persoon nie guns ontvang nie! - sulke mense soek nie na die wil van die Vader nie (want hulle vertrou Hom nie)! Hulle soek nie om Sy wil te doen nie, want hulle dink hulle weet beter (hulle vertrou Hom nie!) - hulle dien hulle eie wil, en hulle dien die sonde.  

In watter werk, waar iemand vir 'n baas werk, gaan hy kan doen net wat hy wil? 

In watter koninkryk word die onderdane toegelaat om geensins gehoorsaam te wees nie, die koning se bevele in twyfel te trek, die koning glad nie in ag geneem nie...? 

Tog dink baie Christene dat in die koninkryk van God, daar geen gehoorsaamheid en onderdanigheid aan die Here verwag word nie!?  Hulle dink dat "geloof" bloot 'n belydenis van woorde is, maar geloof gaan oor 'n daadwerklike vertroue in die Here (alhoewel belydenis deel is daarvan), waar jy Hom koning maak van jou lewe, jouself ondergeskik stel aan Hom om Hom te dien en gehoorsaam (m.a.w. nie meer die sonde dien nie, want niemand kan twee here dien nie) - daarom is bekering nodig. 



-------------------------------------------------------------------
ABRAHAM SE GELOOF (sy vertroue in die Here, waar hy homself ondergeskik gestel het aan die Here om Hom te DIEN) is hom tot geregtigheid gereken...

*(Luk 16:16)  Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin.
(Luk 16:17)  Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.


(Mat 5:17)  Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.

(Mat 5:18)  Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.

(Mat 5:19)  Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.

(Mat 5:20)  Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.

DAAR WORD DUS STEEDS GEHOORSAAMHEID VERWAG (nie om guns te wen nie, maar omdat iemand die Here dien). Jesus het dit duidelik gemaak dat Hy nie gekom het om die wet en die profete te ontbind nie, maar om dit te vervul!  Dit was maar net 'n skaduwee van dit wat sou kom!  Sy wette is nou in ons binneste geskryf, en Hy het ons Sy Heilige Gees gegee sodat ons nie meer hoef te wonder wat Sy wil is nie, maar weet wat Hy wil - ons het nie die profete nodig om Sy wil aan ons bekend te maak soos in die ou testament nie, want Hy maak nou Sy wil bekend aan elke gelowige deur Sy Heilige Gees.  Ons het nie nodig om 'n stel wette te onderhou nie, maar Sy wette is in ons harte geskrywe - ons weet wat Hy van ons verwag.  En in hierdie "nuwe verbond", word daar meer geregtigheid verwag!  Nou verstaan ons wat dit beteken dat Hy barmhartigheid soek, nie offers nie!  Dit gaan nie bloot oor om wette te onderhou nie, maar oor "gehoorsaamheid aan die Here, gehoorsaamheid aan Sy Heilige Gees". 


(Jer 31:33)  Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.


(2Kor. 3:7)  En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan,

(2Kor. 3:8)  hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie?...................
......(2Kor. 3:15)  Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart;
(2Kor. 3:16)  maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem.
(2Kor. 3:17)  Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.
(2Kor. 3:18)  En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

(Heb 8:6-10)  Maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is..........................Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.


(Heb 10:16)  want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe,
(Heb 10:17)  en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.
(Heb 10:18)  Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie.........................
..............(Heb 10:26)  Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,
(Heb 10:27)  maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.
(Heb 10:28)  As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie;
(Heb 10:29)  hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?


"Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer".   
-Hy roep ons eintlik op tot gehoorsaamheid, om te verstaan dat dit gaan oor "gehoorsaamheid", nie bloot "om wette te onderhou" nie.  As iemand nie gehoorsaam is aan die Here nie, dan wys dit dat hy Hom nie vertrou nie (dat hy nie werklik GLO nie)(as iemand bv. in 'n werkopset nie gehoorsaam is aan die persoon wat oor hom gestel is nie, dan bewys dat dat hy nie sy leier vertrou nie)Geloof gaan oor vertroue, onderwerping aan die Here om Hom gehoorsaam te wees, Sy wil soek en om Hom te dien  - en so 'n persoon word UIT GENADE GERED! 
==================================================


ANDER SKRIFTE:

(Hand. 11:23)  Toe hy daar kom en die genade van God sien, was hy bly en het almal vermaan om met hartlike voorneme aan die Here getrou te bly;

(Hand. 13:43)  En toe die sinagoge uit was, het baie van die Jode en die godsdienstige Jodegenote Paulus en Bárnabas gevolg. Dié het hulle toegespreek en hulle probeer beweeg om in die genade van God te bly.

(Hand. 14:3)  Hulle het toe ‘n geruime tyd daar deurgebring en vrymoediglik gespreek in die Here, wat aan die woord van sy genade getuienis gegee het deur te beskik dat tekens en wonders deur hulle hande plaasvind.

(Hand. 14:26)  En daarvandaan het hulle weggevaar na Antiochíë, waar hulle aan die genade van God opgedra was vir die werk wat hulle volbring het.

(Hand. 15:40)  Maar Paulus het Silas gekies en afgereis nadat hy deur die broeders aan die genade van God opgedra was.

(Hand. 18:27)  En toe hy wou deurgaan na Acháje, het die broeders hom aangemoedig en aan die dissipels geskrywe om hom te ontvang. En daar aangekom, was hy deur die genade die gelowiges tot veel nut;
(Hand. 18:28)  want hy het die Jode kragtig in die openbaar weerlê en deur die Skrifte bewys dat Jesus die Christus is.

(Hand. 20:24)  Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.

(Hand. 20:32)  En nou, broeders, dra ek julle op aan God en aan die woord van sy genade, wat magtig is om julle op te bou en julle ‘n erfdeel te gee onder al die geheiligdes.

(Rom 1:5)  deur wie ons genade en die apostelskap ontvang het om geloofsgehoorsaamheid te verkry onder al die heidene ter wille van sy Naam,

(Rom 1:7)  aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

(Rom 16:20)  En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.
(Rom 16:24)  Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.


(1Kor. 2:12)  Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.
(1Kor. 2:13)  Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.


(1Kor. 15:10)  Maar deur die genade van God is ek wat ek is, en sy genade aan my was nie tevergeefs nie; maar ek het oorvloediger gearbei as hulle almal; nogtans nie ek nie, maar die genade van God wat met my is.

(1Kor. 6:23)  Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle!

(2Kor. 1:2)  Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus.

(2Kor. 1:12)  Want ons roem is dit: die getuienis van ons gewete dat ons in eenvoudigheid en reinheid van God, nie in vleeslike wysheid nie, maar in die genade van God in die wêreld verkeer het, en veral by julle.

(2Kor. 1:15)  En in hierdie vertroue wou ek vroeër na julle kom, dat julle ‘n tweede genade kan ontvang,

(2Kor. 4:15)  Want dit is alles om julle ontwil, sodat die genade, wat groter geword het deur so baie mense, die danksegging oorvloedig kan maak tot die heerlikheid van God.

(2Kor. 8:9)  Want julle ken die genade van onse Here Jesus 
Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur sy armoede ryk kan word.

(2Kor. 12:9)  En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.

(2Kor. 13:14)  (<13>) Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen.
(Gal 1:3)  Genade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus Christus,

(Ef. 2:4)  Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het,
(Ef. 2:5)  ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered—
(Ef. 2:6)  en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,
(Ef. 2:7)  sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus.
(Ef. 2:8)  Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;

(Ef. 3:2)  as julle ten minste gehoor het van die bediening van die genade van God wat aan my verleen is vir julle,

(Ef. 3:7)  waarvan ek ‘n dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is ooreenkomstig die werking van sy krag.
(Ef. 3:8)  Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig,

(Ef. 4:7)  Maar aan elkeen van ons is die genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus.

(Ef. 4:29)  Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.

(2Th 1:11)  Daarom bid ons ook altyd vir julle dat onse God julle die roeping waardig mag ag, en dat Hy alle welgevalle aan wat goed is, en alle werk van die geloof met krag volkome mag maak,
(2Th 1:12)  sodat die Naam van onse Here Jesus Christus in julle verheerlik kan word en julle in Hom, ooreenkomstig die genade van onse God en die Here Jesus Christus.

(2Th 2:16)  En mag onse Here Jesus Christus self en onse God en Vader, wat ons liefgehad het en ‘n ewige troos en goeie hoop in genade gegee het,

(1Ti 1:13)  my wat vroeër ‘n lasteraar en ‘n vervolger en ‘n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat ek dit onwetend gedoen het in ongeloof.
(1Ti 1:14)  En die genade van onse Here was baie oorvloedig met geloof en liefde wat in Christus Jesus is.

(2Th 2:16)  En mag onse Here Jesus Christus self en onse God en Vader, wat ons liefgehad het en ‘n ewige troos en goeie hoop in genade gegee het,

(2Ti 2:1)  Jy dan, my seun, wees sterk deur die genade wat in Christus Jesus is;

(Tit 3:7)  sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.

(Heb 2:9)  maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir ‘n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak.

(Heb 4:15)  Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
(Heb 4:16)  Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

(Heb 10:28)  As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie;
(Heb 10:29)  hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?

(Heb 12:14)  Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;
(Heb 12:15)  en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.

(Jak. 4:6)  Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.
(Jak. 4:7)  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.
(Jak. 4:8)  Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!

(1Pe 1:2)  uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!

(1Pe 1:10)  Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors,
(1Pe 1:11)  en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna.

(1Pe 1:13)  Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.
(1Pe 1:14)  Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie.
(1Pe 1:15)  Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word,

(1Pe 2:19)  Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly.
(1Pe 2:20)  Want watter roem is daar as julle verdra wanneer julle sonde doen en geslaan word? Maar as julle verdra wanneer julle goed doen en ly—dit is genade by God.

(1Pe 3:7)  Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is—sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.

(1Pe 4:10)  Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.

(2Pe 1:2)  Mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die kennis van God en Jesus, onse Here!

(2Pe 3:18)  Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.

(Openb. 1:4)  Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is,

==============================================

(Openb. 22:21)  Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.
----------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: