Woensdag 05 Maart 2014

Hoe die eerste gemeentes gebid het

In hierdie blogpost volg 'n opsomming van gebede in die eerste gemeentes, veral uit die boek Handelinge, maar ook 'n paar ander vb.e.  
-------------------

(Hand. 1:14)  "Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking..".

OPSOMMING:
- DAAR IS GEBID (en hande opgele, selfs gevas) VIR IEMAND WAT AANGESTEL IS VIR 'N WERK, BV. VIR DIE OUDERLINGE, OF DIE WAT UITGESTUUR WORD OM TE EVANGELISEER, ENS.;
- HULLE HET GEBID VIR "VRYMOEDIGHEID OM TE KAN GETUIG";
- HULLE HET GEBID DAT DIE HERE GENESINGS DOEN, EN TEKENS EN WONDERS;
- DIE APOSTELS HET GEBID VIR DIE NUWE GELOWIGES OM DIE HEILIGE GEES TE ONTVANG;
- DAAR IS GEBID VIR GELOWIGES WAT IN SONDE STAP, MAAR NIE VIR DIE WAT STAP IN "SONDE TOT DIE DOOD" NIE;
- IEMAND IS BEVEEL OM (hom te bekeer van sy verkeerde gedagtes en) TE BID VIR VERGIFNIS;
- IN VERSKEIE GEVALLE HET DIE HERE 'N GESIG GEWYS AAN GELOWIGES TERWYL HULLE BESIG WAS OM TE BID (en is ook opdrag gegee wat hulle dan moes doen);
- BROEDERS HET VIR MEKAAR GEBID, EN DIE GEMEENTES IS OOK BEVEEL OM GEREELD TE BID EN GEVRA OM TE BID VIR SPES. DINGE, BV. DAT DIE HERE VIR HULLE 'N DEUR OOPMAAK OM TE GETUIG...;
- DIE WAT IN 'N TAAL PRAAT, WORD BEVEEL DAT HULLE BID DAT HULLE DIT KAN UITLE;
- GELOWIGES IS BEVEEL OM GEREELD TE BID (en te waak daarin met danksegging), EN TE BID IN DIE GEES; (en nie te bid en hande op te hef in die midde van toorn en twis nie);
- GELOWIGES WORD BEVEEL OM TE BID AS HULLE WYSHEID KORTKOM OF IETS NODIG HET, EN OM REG TE BID, NIE SELFSUGTIG TE BID NIE;
- DAAR IS 'N VB. VAN WAAR (hulle neergekniel het en) VIR 'N BROEDER GEBID HET TOE HULLE VIR HOM TOTSIENS SE;
- IEMAND WAT "LY", WORD BEVEEL OM TE BID; EN AS IEMAND SIEK IS, MOET DIE OUDERLINGE (hom met olie salf) EN VIR HOM BID...
========================================================================
GEBED DAT DIE HERE 'N APOSTEL IN JUDAS SE PLEK AANWYS:
(Hand. 1:23)  En hulle het twee voorgestel: Josef wat genoem is Bársabas, met die bynaam van Justus, en Matthías.
(Hand. 1:24,25)  En hulle het gebid en gesê: U, Here, wat die harte van almal ken, wys uit hierdie twee die een aan wat U uitverkies het om die lot van hierdie bediening en apostelskap te verkry, waarvan Judas afgewyk het om heen te gaan na sy eie plek.
(Hand. 1:26)  Toe werp hulle die lot, en die lot het op Matthías geval; en hy is gekies om saam met die elf apostels te wees.

(Spr. 16:33)  "In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die HERE".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEBED DAT DIE HERE HULLE VRYMOEDIGHEID GEE OM TE GETUIG, EN DAT HY GENESINGS DOEN EN TEKENS EN WONDERS (IN MIDDE VAN VERDRUKKING): 
(Hand. 4:23)  En nadat hulle losgelaat was, het hulle na hul eie mense gegaan en alles vertel wat die owerpriesters en die ouderlinge aan hulle gesê het.
(Hand. 4:24-30)  En toe hulle dit hoor, het hulle eendragtig die stem tot God verhef en gesê: Here, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het, wat deur die mond van u kneg Dawid gesê het: Waarom het die nasies gewoed en die volke nietige dinge bedink? Die konings van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen sy Gesalfde. Want waarlik, Herodes en Pontius Pilatus het saam met heidene en die volke van Israel vergader teen u heilige Kind Jesus wat U gesalf het, om alles te doen wat u hand en u raad vooruit bepaal het om plaas te vind. En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek, deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind.

(Hand. 4:31)  En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
APOSTELS BID VIR, EN LE HANDE OP VIR DIE WAT AANGESTEL IS VIR DAAGLIKSE VERSORING VAN DIE WEDUWEES:
(Hand.6:1)  En in dié dae toe die dissipels vermeerder het, het daar ‘n murmurering ontstaan van die Griekssprekende Jode teen die Hebreërs, omdat hulle weduwees in die daaglikse versorging oor die hoof gesien is.
(Hand. 6:2)  En die twaalf het die menigte van die dissipels byeengeroep en gesê: Dit is nie reg dat ons die woord van God nalaat om die tafels te bedien nie.
(Hand. 6:3)  Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel;
(Hand. 6:4)  maar ons sal volhard in die gebed en die bediening van die woord.
(Hand. 6:5)  En die woord het byval gevind by die hele menigte; en hulle het gekies: Stéfanus, ‘n man vol van geloof en van die Heilige Gees, en Filippus en Próchorus en Nikánor en Timon en Pármenas en Nikoláüs, ‘n Jodegenoot uit Antiochíë,
(Hand. 6:6)  wat hulle voor die apostels gestel het; en hulle het gebid en hulle die hande opgelê.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
APOSTELS BID VIR NUWE GELOWIGES DAT HULLE DIE HEILIGE GEES ONTVANG:
(Hand. 8:14)  En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur.
(Hand. 8:15)  Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang,
(Hand. 8:16)  want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.
(Hand. 8:17)  Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SIMON WORD GEVRA OM TE BID VIR VERGIFNIS (NADAT HY HOM BEKEER HET VAN DIE GEDAGTE VAN SY HART):
(Hand. 8:22)  Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Hand. 9:3)  En toe hy (Saulus) op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik ‘n lig van die hemel af;
(Hand. 9:4)  en hy val op die grond en hoor ‘n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?
(Hand. 9:5)  En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.
(Hand. 9:6)  En terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: Here, wat wil U hê moet ek doen? En die Here antwoord hom: Staan op en gaan na die stad, en dit sal jou gesê word wat jy moet doen.
(Hand. 9:7)  En die manne wat saam met hom op pad was, het sprakeloos gestaan terwyl hulle wel die stem hoor, maar niemand sien nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
TERWYL SAULUS BID, HET DIE HERE VIR HOM 'N GESIG GEWYS:
(Hand. 9:10)  En daar was ‘n dissipel in Damaskus met die naam van Ananías; en die Here het vir hom in ‘n gesig gesê: Ananías! En hy antwoord: Hier is ek, Here.
(Hand. 9:11)  Toe sê die Here vir hom: Staan op en gaan na die straat wat genoem word Reguitstraat, en vra in die huis van Judas na ‘n man met die naam van Saulus van Tarsus, want kyk, hy bid;
(Hand. 9:12)  en hy het in ‘n gesig ‘n man met die naam van Ananías sien inkom en hom die hande oplê, sodat hy weer kon sien.
(Hand. 9:13)  Maar Ananías antwoord: Here, ek het van baie mense aangaande hierdie man gehoor hoeveel kwaad hy u heiliges in Jerusalem aangedoen het;
(Hand. 9:14)  en hy het hier volmag van die owerpriesters om almal te boei wat u Naam aanroep.
(Hand. 9:15)  Maar die Here sê vir hom: Gaan, want hy is vir My ‘n uitverkore werktuig om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel.
(Hand. 9:16)  Want Ek sal hom toon hoeveel hy vir my Naam moet ly.
(Hand. 9:17)  En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.
(Hand. 9:18)  En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.
(Hand. 9:19)  En nadat hy voedsel gebruik het, het hy weer sterk geword. En Saulus was ‘n paar dae saam met die dissipels in Damaskus.
(Hand. 9:20)  En hy het dadelik Christus in die sinagoges verkondig, dat Hy die Seun van God is.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
TERWYL CORNELIUS GEBID HET, HET DIE HERE VIR HOM 'N GESIG GEWYS:
(Hand. 10:1)  En daar was in Cesaréa ‘n man met die naam van Cornelius, ‘n hoofman oor honderd van die sogenaamde Italiaanse leërafdeling.
(Hand. 10:2)  Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God.
(Hand. 10:3)  Hy het duidelik in ‘n gesig omtrent die negende uur van die dag ‘n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Cornelius!
(Hand. 10:4)  En hy het die oë op hom gehou en vol vrees gesê: Wat is dit, my heer? Toe antwoord hy hom: Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom.
(Hand. 10:5)  Stuur dan nou manne ...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
TERWYL PETRUS GEBID HET, HET DIE HERE VIR HOM 'N GESIG GEWYS:
(Hand. 10:9)  En die volgende dag, terwyl hulle op pad was en naby die stad kom, het Petrus omtrent die sesde uur op die dak geklim om te bid;
(Hand. 10:10)  en hy het baie honger geword en wou eet; en terwyl hulle besig was om klaar te maak, het daar ‘n verrukking van sinne oor hom gekom:
(Hand. 10:11)  hy sien die hemel geopend en ‘n voorwerp soos ‘n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word.
(Hand. 10:12)  Daarin was al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere en die voëls van die hemel.
(Hand. 10:13)  Toe kom daar ‘n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet!
(Hand. 10:14)  En Petrus sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie.
(Hand. 10:15)  En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEBEDE DEUR BROEDERS:
(Hand. 12:5)  So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar het ‘n aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
TERWYL HULLE BESIG WAS OM DIE HERE TE DIEN EN TE VAS, HET DIE HEILIGE GEES MET HULLE GEPRAAT / DAAR WORD GEBID EN GEVAS EN HANDE OPGELE, VIR DIE WAT AFGESONDER IS:
(Hand. 13:2)  En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.
(Hand. 13:3)  En toe hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan.
(Hand. 13:4)  So het hulle dan, deur die Heilige Gees uitgestuur, afgegaan na Seleúcië en daarvandaan weggevaar na Ciprus.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DAAR WORD VIR DIE VERKOSE OUDERLINGE GEBID EN GEVAS:
(Hand. 14:23)  En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies, en hulle, ná gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
PAULUS EN SILAS BID EN SING LOFLIEDERE IN DIE GEVANGENIS:
(Hand. 16:25)  En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister.

(Hand. 16:26)  En skielik kom daar ‘n groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het. En onmiddellik het al die deure oopgegaan en die boeie van almal het losgeraak.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DISSIPELS MET VROUENS EN KINDERS GAAN SIEN PAULUS AF, EN KNIEL DAAR OP DIE STRAND EN BID VIR HOM:
(Hand. 21:5)  Maar toe ons die dae uitgebly het, het ons vertrek en op reis gegaan, terwyl almal, met vroue en kinders, ons tot buitekant die stad begelei; en ons het op die strand neergekniel en gebid.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
PAULUS BID VOOR HY HOM DIE HANDE OPLE VIR GENESING:
(Hand. 28:8)  En die vader van Públius het siek gelê aan koors en buikloop. En Paulus het ingegaan na hom toe, en nadat hy gebid het, hom die hande opgelê en hom gesond gemaak.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
TOE DIE BROEDERS VIR PAULUS KOM HALLO SE MET SY AANKOMS IN ROME, HET HY GOD GEDANK:
(Hand. 28:15)  En die broeders wat van ons lotgevalle gehoor het, het ons daarvandaan tegemoetgekom tot by die Appius-mark en die Drie Herberge; en toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed gevat.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE EEN WAT IN 'N TAAL SPREEK, MOET BID DAT HY DIT KAN UITLE:
(1 Kor. 14:13)  Daarom moet hy wat in ‘n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEBEDE VIR ANDER BROEDERS:
(2 Kor. 13:9)  Want ons is bly as ons swak is en julle sterk. En hierom bid ons ook, naamlik om julle volmaking.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
BID IN DIE GEES:
(Ef. 6:18)  terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEBEDE VIR BROEDERS:
(Fil. 1:4)  en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap—
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
BID VIR BROEDERS, DAT HULLE LIEFDE NOG MEER OORVLOEDIG WORD IN KENNIS EN ALLE ERVARING:
(Fil. 1:9)  En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring,
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
PAULUS HERINNER DIE BROEDERS OM TE VOLHARD IN DIE GEBED, EN DAARIN TE WAAK MET DANKSEGGING:
(Col 4:2)  Volhard in die gebed en waak daarin met danksegging;
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
PAULUS VRA DIE BROEDERS OM VIR HULLE TE BID, DAT GOD VIR HULLE DIE DEUR VAN DIE WOORD MAG OPEN OM TE GETUIG...:
(Kol. 4:3)  en bid tegelykertyd ook vir ons, dat God vir ons die deur van die woord mag open om te spreek van die verborgenheid van Christus, waarvoor ek ook in boeie is,
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEBEDE VIR BROEDERS:
(1Thess. 3:10)  terwyl ons nag en dag baie ernstig bid om julle aangesig te sien en te voltooi wat aan julle geloof ontbreek?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
BEVEL OM GEREELD TE BID:
(1Thess. 5:17)  Bid sonder ophou.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VRA VIR GEBED:
(1Thess. 5:25)  Broeders, bid vir ons.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEBEDE VIR BROEDERS, SODAT HULLE DIE ROEPING WAARDIG GEAG MAG WORD...:
(2Thess. 1:11)  Daarom bid ons ook altyd vir julle dat onse God julle die roeping waardig mag ag, en dat Hy alle welgevalle aan wat goed is, en alle werk van die geloof met krag volkome mag maak,
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VRA VIR GEBED, DAT DIE WOORD VAN DIE HERE SY SNELLE LOOP MAG HE...:
(2Thess. 3:1)  Verder, broeders, bid vir ons dat die woord van die Here sy snelle loop mag hê en verheerlik word net soos by julle;
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
BEVEL OM TE BID EN HEILIGE HANDE OP TE HEF SONDER TOORN EN TWIS:
(1Tim. 2:8)  Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VRA VIR GEBED:
(Heb 13:18)  Bid vir ons, want ons is oortuig dat ons ‘n goeie gewete het, omdat ons in alles goed wil wandel.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
BID VIR WYSHEID:
(Jak. 1:5)  En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.
(Jak. 1:6)  Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
MOET BID OM TE KAN ONTVANG / MOENIE VERKEERD BID NIE:
(Jak. 4:2)  Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie.
(Jak. 4:3)  Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE WAT LY, MOET BID, EN AS DAAR IEMAND SIEK IS IN DIE GEMEENTE, MOET DIE OUDERLINGE VIR HOM BID...:
(Jak. 5:13)  Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? Laat hom psalmsing.
(Jak. 5:14)  Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
BID VIR MEKAAR:
(Jak. 5:16)  Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
BEVEL OM GEREELD TE BID:
(1Pet. 4:7)  En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
BID VIR 'N BROEDER WAT IN SONDE STAP (AS DIT NIE SONDE TOT DIE DOOD IS NIE):
(1Joh. 5:16)  As iemand sy broeder ‘n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en Hy sal hom die lewe gee—vir die wat nie ‘n sonde tot die dood doen nie. Daar is ‘n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
BID IN DIE HEILIGE GEES:
(Jud 1:20)  Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid
------------------------------------------------------------------------------------------------------------






Geen opmerkings nie: