Donderdag 19 Desember 2013

"Unicorn"?

IN HIERDIE BLOGPOST GAAN ONS SPES. KYK NA DIE GEBRUIK VAN DIE WOORD 
"BUFFEL" 
IN DIE SKRIF:

(of soos sommige engelse vertalings die woord vertaal as "unicorn")
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Hierdie blogpost is deel van 'n reeks: "Drake, slange, beeldspraak...ens".  Om die vorige post te sien oor drake, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/12/drake-slange-beeldspraakens.html.

-------------------------------------------------------------------------------------------------------


SKRIFGEDEELTES:
(Num 23:22)  God wat hulle uit Egipte uitgelei het, is vir hulle soos die horings van ‘n buffel ("unicorn").
----------
(Num 24:8)  God wat hom uit Egipte uitgelei het, is vir hom soos die horings van ‘n buffel (H7214 - "unicorn, a wild bull"); hy sal nasies, sy vyande, verteer en hulle gebeente stukkend breek en met sy pyle verbrysel.
----------
(Job 39:9)  (39:12) Sal die buffel gewillig wees om jou te dien? Of sal hy vernag by jou krip?
(Job 39:10)  (39:13) Kan jy die buffel aan die ploegvoor bind met sy trektou? Of sal hy die laagtes agter jou eg?
----------
(Psa 29:6)  en Hy laat hulle opspring soos ‘n kalf, die LĂ­banon en Sirjon soos ‘n jong buffel.
----------
(Psa 92:10)  (92:11) Maar U verhoog my horing soos van ‘n buffel; ek is met vars olie gesalf.
----------

Die Afrikaans ou vertaling gebruik die woord buffel in hierdie skrifgedeeltes, maar sommige vertalings vertaal dit as "unicorn".  Die woord in Hebreeus:  H7214 - "unicorn, a wild bull".  Iets wat duidelik is, is dat hierdie skrifgedeeltes na 'n spes. dier verwys - 'n dier wat regtig bestaan het.   Alhoewel die Afrikaanse vertaling die woorde  "soos die horings van"  in Num. 23:22 gebruik, lui dit anders in die engelse vertaling - daar net die woorde "the strength of a unicorn" gebruik (dieselfde geval in Num. 24:8) .  Ook in Job 39 word die krag van die buffel beskrywe.  Daar is egter geen sekerheid van hoeveel horings die betrokke buffel gehad het nie (alhoewel in Num. 23:22 van "horings" gepraat word, maar soos reeds uitgewys die vertalings verskil), en alhoewel beeldspraak, Ps. 92:10 maklik geinterpreteer kan word asof die buffel een horing gehad het! 

Volgens sekere ou geskrifte, was daar in 'n dier in Bybelse tye, genoem die "Tahash", 'n veelkleurige eenhoring woestyndier - of daar 'n verband was tussen daardie dier, en hierdie "buffel", is nie seker nie, alhoewel sommige geleerdes glo dat dit dieselfde dier was.

Net soos daar deur heidense gelowe heelwat meer toegeskryf is aan die "vlieende slang", was dit dieselfde geval met "die unicorn", en lyk dit of daar heelwat meer dinge geglo is rondom hierdie dier, bv. dat dit siektes kon genees. Let wel dat hierdie 'n regte dier was, soos ons uit hierdie skrifte kan aflei, en dit het nie buitengewone kragte besit nie, maar omdat dit so 'n geweldige sterk dier was, is sy krag as 'n vgl. gebruik. 
En net soos wat die woord "draak" bloot 'n sekere soort slang beskryf het, beskryf die woord "unicorn" maar net 'n spes. soort wilde buffel, hetsy een of meer horings. En soos daar somtyds 'n voorstelling is met die karaktertrekke v/d slang (listigheid, verlei...), is die voorstelling in hierdie skrifgedeeltes ook met 'n karaktertrek v/d buffel - nl. "sy krag" - spes. gebruik in die sin van net soos die buffel "verteer" wat voor hom is, so-" hy sal nasies, sy vyande, verteer en hulle gebeente stukkend breek en met sy pyle verbrysel" (Num. 24:8b).
========================================================================


Geen opmerkings nie: