Saterdag 04 Mei 2013

Julle is meer werd as baie mossies


Vir 'n opsomming oor EINDTYD ONDERWERPE, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/p/opsomming-eindtyd-onderwerpe.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 10:30)  En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.
(Mat 10:31)  Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.

========================================================================
.......wat 'n welbekende skrifgedeelte onder Christene!
Wat is die gedagte wat by iemand opkom wanneer hy hierdie woorde hoor?  Gedagtes van die Here se beskerming?  Hoeveel Hy omgee vir ons?  Hoe ons nie moet bang wees nie, want Hy sal ons uithelp?  
- MAAR IS DIT WAT JESUS REGTIG IN HIERDIE SKRIFGEDEELTE BEDOEL HET?  WAT IS DIE WERKLIKE KONTEKS VAN DIE TWEE VERSE?  

Terwyl die verse gewoonlik gebruik word om te staaf hoe die Here ons sal uithelp uit moeilike situasies soos verdrukking, omdat Hy vir ons omgee, is dit egter nie wat Jesus bedoel het nie.  Inteendeel het Hy deels presies die teenoorgestelde bedoel!
--------------------------------------------------------------------------------------------------
KOM ONS GAAN KYK NA DIE SKRIFGEDEELTE IN KONTEKS:     
In die skrifgedeelte van Matt. 10, stuur Jesus die 12 uit om te gaan getuig en verkondig dat die koninkryk van die hemele naby gekom het.  Hy gee hulle ook mag om onreine geeste uit te dryf, en om elke kwaal en siekte te genees.  Vanaf v. 16 vertel Hy vir hulle hoe hy hulle instuur "soos skape onder die wolwe", hoe hulle onder druk sal moet getuig en deur verdrukkinge sal gaan, selfs doodgemaak sal word vir hulle geloof.  (Dit is duidelik dat Jesus ook hier verwys het na die toekoms, siende dit eers later is wat die dissipels hierdie verdrukkinge ervaar het - ook praat Hy van 'n tyd voor Sy wederkoms (v.23)).  

En dan se Hy vir hulle die volgende vanaf v.24:
(Mat 10:24)  ‘n Leerling is nie bo die meester nie en ‘n dienskneg ook nie bo sy heer nie.
(Mat 10:25)  Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word en die dienskneg soos sy heer. As hulle die heer van die huis Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer sy huisgenote!
(Mat 10:26)  Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.
(Mat 10:27)  Wat Ek vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit op die dakke.
(Mat 10:28)  En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.
(Mat 10:29)  Word twee mossies nie vir ‘n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.
(Mat 10:30)  En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.
(Mat 10:31)  Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.
(Mat 10:32)  Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.
(Mat 10:33)  Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is................

Dus, in konteks het Jesus die woorde van "meer werd as baie mossies", gebruik saam met "vervolging" en "verdrukking" - ook saam met "om te getuig".  Hoekom moet ons nie bevrees wees nie?  -nie omdat Hy ons sal verlos van verdrukking nie, maar kyk die volgende woorde (v.26):  "daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie".  As iemand ter wille van sy geloof verdruk en vervolg word, en selfs doodgemaak word, sal dit wat die ander persoon aan die gelowige doen, aan die lig kom - die gelowige sal nie "op die aarde val sonder die Vader nie", m.a.w. sonder dat Hy weet nie, en dit sal uiteindelik aan die lig gestel word!  Die gelowige is baie werd vir die Vader en die ander sal geoordeel word vir die feit dat hulle die waarheid (deur die getuienis van die gelowige) verwerp het, en vir enige vervolging of verdrukking wat die gelowige moes verduur.  

(Mat 10:38)  En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.
(Mat 10:39)  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
(Mat 10:40)  Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Gaan die bloed van die gelowiges gewreek word?

In Openb. 6, onder die 5 de seel, sien ons die siele onder die altaar, van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis (v.9). Volgens v. 10 is duidelik dat die gelowiges wat gedood is, wag op die tyd wanneer hulle bloed gewreek word: 

(Openb. 6:10)  En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?
(Openb. 6:11)  En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.


"Vrees hulle dan niewant daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie"!
=================================================================
Die gelowige se oe moet nie gerig wees op 'n uitkoms nie!, maar op die feit dat die Here alles weet en omdat Hy vir die gelowige omgee, daardie mense sal oordeel wat in opstand kom teen Sy kinders - Die feit dat Hy vir die gelowige omgee, gaan dus nie daaroor dat Hy noodwendig 'n uitkoms gaan gee nie, maar eerder dat Hy weet van alles en elkeen sal oordeel vir hulle werke en die gelowiges se bloed sal wreek op die ongeregtiges. 

Geen opmerkings nie: