Vrydag 15 Maart 2013

Weerstaan die duiwel

In hierdie pos kyk ons na "hoe om die duiwel te weerstaan".

Hetsy die Christen dit wil erken of nie, hy is in 'n worstelstryd, nl. 'n stryd wat nie volgens die vlees gevoer word nie, maar is geestelik (dit vewys bv. nie na 'n stryd teen vlees en bloed nie, maar is teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug" -Ef. 6:12) - in sommige kerke staan hierdie bekend as "geestelike oorlogvoering", wat basies verwys na oorlogvoering teen die bose (die manier om die bose te weerstaan). Dit verwys na 'n geestelike geveg, alhoewel almal nie altyd eens is met presies hoe hierdie "geestelike geveg" gedoen word nie. In hierdie pos word gekyk na wat presies die Skrif oor hierdie onderwerp leer;  altans, hierdie pos is 'n HERSIENE WEERGAWE van 'n opsomming ("weerstaan die duiwel". gepos op 15/03/2013) - sekere inligting was daar nie volkome uitgeskryf nie wat hier meer voltooid is - dit is nou ook beter uiteengesit, en meer verwysings is ingesluit).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:

Die Christen word beveel om hom/haarself aan God te onderwerp, o.a. behels dit dat ons "die duiwel moet weerstaan" en aan hom geen plek gee nie, maar hoe presies doen ons dit? 
(Jak. 4:7)  "Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug"). 
(Ef. 4:27)  "en gee aan die duiwel geen plek nie". Baie kerke verwys hierna as "geestelike oorlogvoering";  en wat jy dit ookal wil noem, dit is duidelik dat die Christen in 'n stryd gewikkeld is! (in Ef. 6 word selfs vir ons geleer watter soort wapenrusting ons nodig het, want hierdie word inderdaad soos 'n geveg gesien, alhoewel dit nie teen vlees en bloed is nie, en ook nie volgens die vlees geveg word nie). Somtyds word "geestelike oorlogvoering" gesien as 'n geveg wat bloot uit woorde bestaan, en tereg is die waarheid die swaard, maar beskerming is net so belangrik (waarby ons ook sal stilstaan in hierdie pos). "Geestelike oorlogvoering" begin in die hart;  bv., om gedagtes te verander tot gehoorsaamheid aan Christus is deel van hierdie oorlogvoering... (bv., om nie sondige gedagtes te koester nie, of nietige dinge soos rykdom te begeer of nietige gode te vertrou nie). 2 Kor. 10 leer ook verder vir ons wat deel is van hierdie "oorlogvoering", bv. om planne en skanse wat opgewerp is teen die kennis van God, te verbreek (m.a.w., om nie ag te gee op verdraaide of valse leerstelling, of om nie op jou eie insigte te vertrou nie). Hierdie is eintlik die dinge wat ons BESKERM tydens geestelike oorlogvoering..., en is net so belangrik soos die kennis en wysheid vd Here (nl. die SWAARD). 

In ander woorde, vir geestelike oorlogvoering het jy nie net die SWAARD (=die woord/wysheid en kennis vd Here/waarheid) nodig nie, maar ook "BESKERMING" (=waarheid, geloof, geregtigheid, bereidheid). Sien hoe belangrik is die hart en die gedagtes! (hoe jy "sien en dink" - wat jy glo?, of jy die Here gehoorsaam, ens.)(2Kor. 10:3-7 - "Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;  want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus, en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is. Kyk julle na wat voor oë is? As iemand by homself vertrou dat hy aan Christus behoort, laat hy dit by homself weer oorweeg, dat net soos hy self aan Christus behoort, ons ook so aan Christus behoort"). M.a.w., om vas te hou aan die waarheid en geloof, geregtigheid soek en om die Here se wil te doen, is soos BESKERMING... - sonder hierdie beskerming kan jy seerkry in die "geveg". Nie net die woord (swaard) nie, maar die volle WAPENRUSTING VAN GOD (bv. ook die geestelike klere wat jou beskerm) is belangrik wanneer dit kom by geestelike oorlogvoering (en in hierdie geval verwys die "klere" na geloof, geregtigheid, waarheid, en bereidheid evangelie verkondig)Dieselfde konteks word gevind in 1 Pet. 5, waar gelowiges beveel word om hulle te "verneder onder die kragtige hand van God..." (1Pe 5:6-8 - "Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd. Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle. Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind"). Hier sien ons ook hoe belangrik die geestelike klere (beskerming) is, en o.a. verwys "onderwerping aan die Here" hier na hoe ons Hom moet raadpleeg. Bv., as jy ander bronne raadpleeg, dan is jy nie beskerm teen die bose nie. Waar daar nie gewaak word nie kan die vyand inbreek, of iemand kan onverwags betrap word - dit is bv. wanneer 'n kerk slaap wat daar onkruid onder die koring gesaai word..., en hierdie onkruid (valses) of "ingesluiptes" is soos struikelblokke. Die duiwel gebruik hulle om die skape te verlei en uitmekaar te jaag. Kinders vd Koninkryk word o.a. ook in hierdie skrif beveel om "nugter" te wees - des te meer sien ons hoe belangrik die klere van ons geestelike wapenrusting is! Christene wat "slaap" vewys na die wat nie "sien en hoor" nie... (hulle hou bv. nie vas aan die waarheid nie en doen nie die Here se wil nie). Ja, om in Jesus se woorde/leringe te glo en die Here se wil te doen, is soos klere wat jy aantrek tot beskerming vir die oorlog, maar die wat eerder hulle eie sieninge glo of ongehoorsaam is aan die Here, is nie beskerm teen die teestander nie! Christene wat "dronk" is (verwysend na die wat stap in sonde of deelneem in afgdospraktyke) en hulle nie bekeer daarvan nie, is besig om aan die duiwel plek te gee, en ons is veronderstel om die teenoorgestelde te doen, nl. om hom te weerstaan! Dit is belangrik om die geestelike klere te bewaar... (Openb.16:15)(https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/05/die-keiser-se-nuwe-klere.html). 

'n Goeie voorbeeld van die geestelike swaard wat ons nodig het vir die geveg, is waar die duiwel vir Jesus in die woestyn versoek het en Jesus hom telkens met die woord van God verslaan het. Woord = waarheid, maar let daarop dat Sy woorde in WYSHEID bestaan het! (ons het wysheid nodig wanneer ons versoek word-Jak. 1:2-6).  Hierdie is belangrik om te verstaan, want hierdie "wysheid" bestaan nie uit "mantras" wat bloot geleer en opgese word nie of wereldse wysheid nie, maar die KENNIS VAN DIE HERE.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
HOE WEERSTAAN ONS DIE DUIWEL?

Die geestelike wapenrusting bestaan nie net uit die swaard (woord van God) nie, maar ook klere vir beskerming (nl. geloof, waarheid, geregtigheid en bereidheid). Hierdie "geveg" word nie in die vlees gevoer nie, en dit is ook nie teen vlees en bloed nie, maar is 'n geestelike geveg teen die bose. En dit gese is dit miskien belangrik om te verstaan hoe die bose ons probeer verwoes... (1Pe 5:8 - "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is"). Bv., die manier hoe die duiwel ons probeer verwoes is deur ons te versoek en beproef, bv. deur valse elemente in ons lewens te saai wat ons versoek om te val, of om ons te verdruk sodat ons nie vashou aan die geloof nie. Die duiwel probeer mense vang om sy wil te doen. Sien dus hoe belangrik "onderwerping aan God" is wanneer dit kom by geestelike oorlogvoering. Dit gaan basies oor wie jy vertrou en in wie jy jou hoop plaas. 

DIE SWAARD VD GEES:  Let daarop dat daar na die woord van God in Ef. 6 verwys as "die swaard van die Gees" - hierdie "swaard" (waarmee geveg word) verwys veral na die wysheid vd Here... - wat van die Gees ontvang word, daarom genoem "swaard van die Gees" (Ef. 6:17,18 - "En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God— terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges"). Om geestelik te kan veg met hierdie swaard, beteken dat jy die Heilige Gees moet vertrou, en bv. o.a. jou "gedagtes gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus", en "planne en skanse wat opgewerp is teen die kennis van God, te verbreek, is dit  (2 Kor. 10). Om beter te verstaan wat presies bedoel word met geestelike wapenrusting waarmee ons weg, kan ook ingekyk word in die volgende terme:  
- WAPENS VD LIG wat geen oor "met die nuwe mens beklee" (Rom 13:12 - 14 - "Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord. Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie. Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie"), en  
- WAPENS VAN GEREGTIGHEID (2 Kor. 6:7 - "in die woord van waarheid, in die krag van God, deur die wapens van die geregtigheid in die regter— en linkerhand")(https://warechristene.blogspot.com/2026/03/die-wapenrusting.html).

HOE OM "TEë TE STAAN": (Jak. 4:7 - "Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug").  Die woord "weerstaan" hier is die Gr. woord ("anth-is'-tay-mee", wat verwys na om "teë te staan" = weerstaan). Die manier hoe hierdie woord gebruik word is in konteks met "kan teestaan omdat jy 'n "wapen het"...;  kyk bv. Hand. 6:10 - ("Maar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy (Stéfanus) gespreek het, nie weerstaan nie") - hulle het nie geweet hoe om hom te weerstaan nie (hulle het nie die woorde/wysheid van God gehad nie).  Stefanus se wysheid (wat hy deur die Gees ontvang het) het hulle stilgemaak (was soos 'n wapen). As jy die duiwel wil stilmaak, het jy die wysheid vd Here nodig. Geen wonder Jakobus leer dat die wat onder versoeking kom moet bid vir wysheid as hulle dit kortkom (Jak. 1:5), want jy het die WYSHEID vd Here nodig om behoorlik "teë te staan". Bv. in Luk. 21:15 kan ons ook ditto leer uit Jesus se woorde. dat die manier om teestanders te kan teespreek of weerstaan, is deur WOORDE EN WYSHEID! (wat Hy vir ons gee)(Luk 21:15 - "Want Ek sal aan julle woorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie"). So, hoe weerstaan ons die duiwel! (hoe veg ons?) - is eerstens deur "woorde en wysheid wat ons van die Here ontvang". 

In ander woorde, die manier hoe iemand stilgemaak word (die manier om die duiwel te "weetstaan") is deur woorde en wysheid vd Here.  Die duiwel gebruik baiemaal mense om sy vuil werk te doen, bv. 'n mede-broeder wat in opstand kom teen die waarheid wat deur die opregte verkondig word, ens. - om die duiwel te weerstaan moet egter nie verstaan word as "slegte mense weerstaan" nie - Jesus het bv. in Matt. 5:39 geleer dat ons slegte (mense) nie moet "weerstaan" nie... - vir 'n studie hieroor gaan na:  https://warechristene.blogspot.com/2022/08/oog-vir-oog-tand-vir-tand.html. Wysheid en woorde (nl. vd Here) sal so iemand laat "wegvlug", maar as die persoon jou leed doen moet jy dit ;iewer nie weerstaan nie (bv. as hy jou op jou wang slaan, draai ook jou ander wang - hierdie is eintlik hoe jy met wysheid wen en die persoon laat wegdraai van jou). Dus, daai wysheid wat ons nodig het om die "duiwel te weerstaan" is nie altyd wat ons dink dit beteken nie. Wat belangrik is om te onthou, is dat wanneer ons die "duiwel weerstaan", ons stryd is nie teen vlees en bloed nie... Die manier hoe jy hierdie stryd gaan wen (en die persoon "stilmaak"), is bv. nie deur dieselfde te doen wat die persoon aan jou doen nie (- dit is in hierdie geval nie wysheid nie). Die manier hoe jy jouself beskerm is m.a.w. geestelik van aard (nie in die vlees nie), bv. deur geloof (om jou vertroue in die Here te plaas vir hulp), geregtigheid (om ten spyte van, die Here se wil te doen), bereidheid (om aan te hou die evangelie verkondig), en waarheid (om vas te hou aan die waarheid en Jesus se woorde). Die rede waarom Jesus bv. vra dat ons nie slegte (mense) moet weerstaan nie is m.a.w. vir ons eie beskerming (die stryd is geestelik, nie in die vlees nie) - somtyds was "oog vir oog" toegelaat in sekere gevalle (bv. waar iemand oor en oor dieselfde ding doen en nie verstaan hoe dit wat hy doen ander beinvloed nie) - dit was gewoonlik in 'n orderlike geval uitgevoer, deur die reg.

As ons die duiwel moet weerstaan, dan moet ons ten minste weet hoe die duiwel opereer. Die duiwel probeer bv. steeds om geestelike mense te vang om sy wil te doen (bv. deur valse profete en lasteraars/Openb. 2:20; 1 Tim. 1:20; ens.) - as ons dit verstaan, begryp ons hoe belangrik dit is om "nugter" te bly.

Rol af vir die volgende opsommings: 
(1) die duiwel probeer mense vang om sy wil te doen;
(2) die duiwel bedrieg, en probeer mense se sinne bederf;
(3) die duiwel probeer keer dat die waarheid uitgaan;
(4) die duiwel probeer gelowiges se pad verhinder;
(5) die duiwel probeer die woord wat gesaai is, steel uit mense se harte;
(6) die duiwel probeer onkruid saai tussen die koring;
(7) die duiwel maak mense opgeblase met wereldse wysheid;
(8) die duiwel probeer gelowiges versoek om hulle afvallig te maak van die geloof;
(9) die duiwel probeer gelowiges versoek om verkeerd te doen.
(vir 'n studie oor "die duiwel", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2026/06/die-duiwel.html)
Daar word verskeie woorde gebruik vir die "ou slang", o.a. "duiwel", "die Satan", die "slang", "Beelsebul", en "groot draak", wat op beurt elkeen iets van sy karakter beskryf of hoe hy lyk;  bv., die woord "duiwel" beteken hy is 'n VALS AANKLAER en LASTERAAR.  Wanneer iemand 'n persoon "vals aankla" is hy besig om kwaad te spreek (of te laster) van daardie persoon - die duiwel is 'n KWAADSPREKER (kwaadspraak en laster is kenmerke van verleiers - hulle wil seker maak dat ander mense nie die opregte glo nie, of iets anders glo as die waarheid). Die woord "laster" beteken basies dat die waarheid verdraai word... (soos die duiwel gedoen het toe hy Eva verlei het). Bv., wanneer iemand die Here laster, is hy eintlik besig om 'n leuen te vertel oor die Here of Sy kennis - dit is waarom Jesus in Mark. 8:33 vir Petrus sê: "Gaan weg agter My, Satan!", nie omdat Petrus die Satan is nie maar hy het soos die Satan gelaster... (in die vorige skrif het Petrus iets gese van God wat nie waar is nie - mense dink nie altyd soos God nie, maar dan dink hulle hulle is reg - dit was die fout wat Petrus hier gemaak het, hy het soos die wereld gedink en praat; ...kyk Jesus se woorde daar aan Petrus: "want jy bedink nie die dinge van God nie, maar dié van die mense"). Vals aanklaers/kwaadsprekers/lasteraars is m.a.w. LEUENAARS. Die duiwel is 'n leuenaar, en hy wil nie he dat die mens die waarheid ken nie - hierdie is 'n manier wat hy gebruik om die mens te verwoes (dat hy bv. nie die kennis van die Here kies nie, maar wereldse wysheid;  of dat hy nie saligheid kry nie). Somtyds gebruik die duiwel ander mense (somtyds mede-lidmate!) om iemand afkerig te maak teenoor die waarheid wat deur dienaars vd Here verkondig word (wat op beurt gewoonlik tot gevolg het dat die dienaars vd Here vervolg word of daar kwaadgespreek word van hulle). Die duiwel probeer ook gelowiges "se pad" somtyds verhinder sodat hulle nie die wil van die Here uitvoer nie, en probeer ook om hulle afvallig te maak van die Here... (deur hulle bv. te toets deur omstandighede, siekte ens.). Wanneer 'n kerk "slaap", saai die duiwel onkruid tussen die koring, en probeer om gelowiges wat in sonde stap, opgeblase te maak, of versoek hulle om verkeerd te doen. Die duiwel bederf mense se sinne sodat hulle nie die evangelie en waarheid aanneem nie, deur hulle te probeer kry (1) ‘n ander Jesus aan te neem, (2) om 'n ander gees te ontvang, (3) of om 'n ander evangelie aan te neem (bv., deur hulle te bedrieg of om die woord wat gesaai is te steel uit mense se harte). INDERDAAD IS DIE MENS IN 'N GEVEG BETROKKE, NIE NET GEESTELIKE MENSE NIE, MAAR OOK NATUURLIKE MENSE OMDAT DIE DUIWEL HULLE SINNE VERBLIND SODAT HULLE NIE DIE EVANGELIE EN WAARHEID ONTVANG NIE, EN BEDRIEG HULLE DEUR WERELDSE WYSHEID. Die manier om die duiwel te oorwin, is inderdaad om jou aan God te onderwerp! - kies om die Here te gehoorsaam en Hom te vertrou, Hom te raadpleeg, kies die kennis vd Here..ens.

Geestelike oorlogvoering begin in die hart...(hoe dink en sien jy?, wie is dit vir wie jy vertrou?, en in wie plaas jy jou hoop?) - dit gaan nie net oor die swaard (nl. die woord van God) nie, maar die "klere" is net so belangrik (nl. waarheid, geregtigheid, bereidheid, en geloof - wat immers dien as beskerming). Jy kan Jesus se woorde lees, maar as jy dit nie glo nie dan is jy nie beskerm nie. 'n Goeie vb. is in Hand. 19:13-16, van duiwelbesweerders wat gewaag het om Jesus se Naam te gebruik toe hulle duiwels probeer uitjaag uit iemand, maar hulle het nie vir Jesus geken nie (die gevolg was dat die persoon in wie die bose gees was op hulle gespring het en hulle naak gemaak en gewond het!). In sommige kerke word Christene geleer om die duiwel te loop en bind, maar terwyl die geval van "bose geeste uitdryf" gesien kan word asof hulle gebind word (wat daardie "huis"/persoon of plek aanbetref), is die waarheid dat die duiwel steeds rondloop soos 'n brullende leeu... (hy sal eers gebind word in die "volgende eeu-bedeling", en dan sal hy niemand kan verlei nie/Openb. 20:2,3). Dit gesê, in die konteks van bose geeste wat uit iemand uitgedryf word, is dit nie noodwendig verkeerd om sulke geeste te "bind" nie..., alhoewel dit meer 'n voorstelling is van wat gebeur wanneer hierdie geeste uitgedryf word (Matt. 12:28,29). Anders gestel, wat spesifiek die uitdryf van bose geeste aanbetref, is om "die geeste te bind" nie noodwendig die woorde wat gebruik word wanneer hulle uitgedryf word nie (Hand. 16:18), maar ook nie noodwendig verkeerd nie; maar ons moet verstaan dat weergeborenes het wel die mag om in die Naam van Jesus Christus die geeste te "bind" in die geval van daardie betrokke "huis"/persoon of plek, maar kan hulle nie geheel bind om niemand anders te verlei of by in te trek nie!  En ook nie alle "Christene" het die outoriteit om hierdie te kan doen nie, maar slegs die wat in Jesus Christus GLO... (Mark. 16:17). Dit kan bv. gevaarlik wees om vir alle Christene te leer hulle kan duiwels uitdryf (bv. om hulle te leer om "die duiwel te bind", soos somtyds gebeur), want nie almal in die Christelike kerk is koring nie, en sommige het nie die nodige wapenrusting aan wat hulle beskerm nie (wat beteken hulle kan opeindig soos die geval in Hand. 19). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEESTELIKE OEFENINGE:

Om die duiwel te weerstaan, het ons o.a. "geestelike oefeninge" nodig... (soos 'n soldaat oefen voor 'n geveg), maar wat presies word met geestelike oefeninge bedoel? (vir 'n studie oor "geestelike oefeninge, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2012/05/wat-dit-beteken-om-kragtig-te-wees-in.html). Die "wapenrusting van God" is o.a. wat ons nodig het vir hierdie geveg, en word bv. beskryf as "waarheid, geregtigheid, bereidheid vir die evangelie van vrede, en geloof... (hierdie verwys na dinge wat jou "beskerm"), en natuurlik ook "die woord van God"! (wat soos 'n swaard is - dit is die deel waarmee jy veg)(Ef. 6:10-20). Terwyl WYSHEID en WOORDE belangrik is, is "bekerming" ook, want as jy nie beskerming aanhet nie, dan kan die vyand jou wond... (meer presies, dan kan die vyand toegelaat word om jou te wond). Gewondes in die Skrif verwys tipies na kinders vd Koninkryk wat in sonde stap maar hulle nie daarvan bekeer (bv. nie bekeer van afgode, sonde wat bloedskuld, ens.) nie (Jer. 30:15/Mig. 6:13) - in sulke geval laat God toe dat diesulkes "gewond" word, met die doel om hulle te beweeg tot bekering. In ander woorde, as jy nie beskerm is nie, kan jy gewond word! - so, ons moet verstaan wat met "beskerming" bedoel word... Bv., as iemand nie homself "oefen" in geregtigheid (eie wil bo die Here s'n kies), dan is hy nie beskerm nie en kan "gewond" word. 'n Voorbeeld van "gewondes" is toe die Here Sy volk uit hulle land verdryf het...  Hierdie "wonde" kan slegs genees wanneer diesulkes hul bekeer (Jer. 30:17). Die beskerming-deel van die wapenrusting is inderdaad ook belangrik (nie net dit waarmee jy veg nie), wat soos bo gesien gaan oor waarheid, geregtigheid, bereidheid en geloof. Bv., wat sien jy as waarheid? (want dit is belangrik om jouself aan die Here te onderwerp en Sy kennis te kies). Glo jy in Jesus se prediking/woorde? (of is dit wat jy glo eerder wat jy self dink die waarheid is?). As jy bv. eerder glo in hoe mense dink as hoe die Here dink, dan het jy nie die nodige wapenrusting om jou te beskerm in die geveg nie, en het geestelike oefening nodig (nl. om die Here se kennis en wil te soek). 

Geestelike oefening maak ons geestelik sterk, en gereed! Dit word o.a. beskryf as "oefening in die godsaligheid" (1 Tim. 4:8)(https://warechristene.blogspot.com/2012/01/oefen-jou-in-die-godsaligheid.html). 1 Tim. 4 verklaar dat die godsaligheid nuttig is vir alles!, want dit is ook nuttig vir die toekomende lewe, nie soos liggaamlike oefening wat net nuttig is vir die huidige lewe nie. 

1 Tim. 6 verklaar dat godsaligheid SAAM MET VERGENOEGDHEID (om tevrede te wees, te voel jy het genoeg) 'n groot wins is... Ons moet verstaan hoe belangrik dit is om VERGENOEG te wees wanneer dit kom by geestelike oefeninge... (1Tim. 6:6 - "Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins. Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie. Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees. Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang"). Hierdie is die groot rede waarom mense baiemaal in die strik van die duiwel val!, is omdat hulle nie vergenoeg is nie en allerhande dinge begeer wat hulle nie moet nie (bv., dit is verkeerd om rykdom te begeer). Om TEVREDE te wees met wat die Here voorsien, is baie belangrik. In ander woorde, as jy jou "oefen" in die waarheid, moet jy ook tevrede wees met die waarheid.  As jy jou "oefen" in geregtigheid, moet jy ook tevrede wees met die Here se wil.  As jy jou "oefen" in bereidheid om die evangelie te verkondig, moet jy tevrede wees met waarnatoe die Here jou stuur.  As jy jou "oefen" in die geloof, moet jy tevrede wees met die Here se wil en tyd.  As jy jou "oefen" in die woord van God, moet jy tevrede wees met die Here se kennis.., ens. Sonder vergenoegdheid gaan geestelike oefening jou nie ver bring nie, want ontevredenheid lei gewoonlik tot siekte, bitterheid, ens., en is die juiste rede waarom baie afgedwaal het van die geloof!  (1 Tim. 6:10). Daar is 'n verskil tussen mense wat bv. net kla, en die wat antwoorde soek;  bv., iemand wat 'n gewoonte het om te kla maar geen hulp of raad soek nie, vertrou nie regtig die persoon by wie hy kla nie.  Kyk die vb van die volk in die woestyn... - in plaas van om die Here vir hulp te vra, het hulle net loop en kla en murmureer (hulle het die Here op hierdie manier versoek en Hom so kwaad gemaak). 

Daar is 'n ook duidelike verskil tussen die wat godsaligheid het, en die wat slegs 'n gedaante van godsaligheid het.  Mense wat 'n gedaante van godsaligheid het is gewoonlik liefhebbers van hulleself (bv. grootpraters en trotsaards)(2 Tim. 3). Hulle gee voor dat hulle die waarheid soek/ken, maar verkondig eie sieninge.  Hulle gee voor dat hulle ander liefhet, maar is bloot barmhartig vir wat hulle daaruit kan wen. Hulle gee voor dat hulle die Here se wil doen, maar is nie gestuur nie en doen eerder wat hulle dink gedoen moet word. 
Geestelike oefening verwys dus nie na oefening in eie wil of in wereldse wysheid nie, maar gaan absoluut oor DIE WIL VAN DIE HERE DOEN en DIE HERE SE KENNIS. 

(Ef. 6:11)  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
(Ef. 6:12)  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
(Ef. 6:13)  Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
(Ef. 6:14)  Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
(Ef. 6:15)  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.
(Ef. 6:16)  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
(Ef. 6:17)  En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God
(Ef. 6:18)  terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ONDERWERP JULLE AAN GOD:

(Jak. 4:7 - "Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug"). 
-Die woord "onderwerp" hier is die Gr. woord ("hoop-ot-as'-so" = gehoorsaam, stel onder, jouself ondergeskik stel aan) - dit word in ander skrifte in ditto konteks gebruik as bv. die engele, magte, en kragte is aan Jesus Christus onderwerp (1 Pet. 3:22; Ef. 1:22; Hebr. 2:8/1 Kor. 15:28), die mens is onderwerp aan die magte/owerhede wat oor hom gestel is (Rom. 13:1,5; 1 Pet. 2:13; Tit. 3:1), die skepping is huidiglik aan die nietigheid onderwerp (Rom. 8:20), die duiwels moet hulle onderwerp onder die Naam van Jesus (Luk. 10:17).... ONDERWERPING gaan oor "onder wie jy gestel is/moet gehoorsaam, en die Gr. woord in hierdie geval word somtyds ook vertaal as "onderdanig wees" (bv. Ef. 5:24 - die gemeente aan Christus)(Ef. 5:21 - gelowiges teenoor mekaar, in konteks in die vrees vd Here)(Ef. 5:22, 1 Pet. 3:1, Kol. 3:18 - die vrou aan die man)(1 Pet. 5:5 - die jongeres teenoor die oueres)(1 Pet. 2:18, Tit. 2:9 - diensknegte teenoor hulle here), ens.


HOE ONDERWERP JY JOU AAN DIE HERE? Die wat die geregtigheid van God ken, moet hulle aan Sy geregtigheid onderwerp (Rom. 10:3). Geestelike mense onderwerp hulle aan die wet van God (Rom. 8:7).  
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1)  Die duiwel probeer mense vang om sy wil te doen:

Weerstaan die duiwel deur die Here se wil te kies! Geloof gaan o.a. oor "wie jy gehoorsaam" - noodwendig gehoorsaam jy die een vir wie jy vertrou, maar as jy iemand nie vertrou nie, gaan jy hom nie gehoorsaam nie (dit is dieselfde met kinders teenoor hulle ouers). Gehoorsaamheid aan die Here wys dat jy Hom vertrou (in Hom glo). Hierdie is een van die groot verskille tussen geestelike mense en natuurlike mense, is dat GEESTELIKE MENSE DOEN DIE WIL VAN DIE HERE (Mark. 3:35; Ef. 6:6; 1 Joh. 2:17; ens.). Om die duiwel te bind deur woorde, gaan nie vir jou help om die wil van die Here te doen nie! Jy moet self kies om Sy wil te doen. Ja, as daar geeste uit iemand gedryf word, is dit asof daardie duiwels "gebind" word ten minste wat daardie huis aanbetref, maar wanneer iemand die wil van die duiwel doen beteken dit nie dat hy noodwendig duiwels in hom het nie. Wat die "ou slang" aanbetref kan niemand hom huidiglik "bind" nie, maar hy sal eers gebind word aan die einde van hierdie bedeling (aan die begin vd 1000 jaar bedeling/Openb. 20:2,10), en dan sal hy nie die nasies kan verlei nie. Maar wat jy, Christen, aanbetref, jy kan nog verlei word!, en die manier om die verleiding te oorwin is deur die wil van die Here te kies.

Sommige gelowiges dink dat dit onmoontlik is vir 'n Christen om in "die strik van die duiwel" te wees.
Om "in die strik van die duiwel" te wees, beteken dat so iemand sy wil doen (2 Tim. 2:26). Sommige Christene is in hierdie strik gewikkeld...
Lees gerus die gedeelte waar hierdie skrif voorkom, in konteks:
(2Ti 2:25)  Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie,
(2Ti 2:26)  en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen. Christene wat in die strik vd duiwel gevang is om sy te doen, word tipies na verwys as "dronk" (bv., is dronk van sonde - vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2022/04/dronk-in-beeldspraak.html). Sommige lees hierdie verse asof dit nie van toepassing is op gelowiges nie, maar l.w. dat hierdie geskryf was aan Christene. In konteks handel die gedeelte bv. oor hoe hoe Timotheus nie moet redeneer met mense wat betrokke is by valse leerstellings nie, en word beveel om die wat in ongeregtigheid stap (nl. die weerspanniges) in sagmoedigheid tereg te wys...  - IN KONTEKS BETEKEN DIT DUS DAT DIE WAT AG GEE OP VERDRAAIDE LEERSTELLINGS EN DIE WAT IN ONGEREGTIGHEID STAP, HULLE IS WAT IN "DIE STRIK VAN DIE DUIWEL" IS (alhoewel dit nie die geval was met Timotheus nie, moet ons verstaan dat Paulus hom raad gee op hoe hy gelowiges moet hanteer wat hierin val). Ja, Christene kan in daardie strik val! (van valse leerstellings en sonde), en die manier hoe hulle die duiwel weerstaan, is om die Here se kennis te kies en die Here te gehoorsaam. Oorwinning begin in die hart...

Neem kennis wat Jesus vir sommige van die Fariseers gesê het in  Joh 8:44 - ("Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen.....").  Hierdie Fariseers het daarop staatgemaak dat hulle kinders van Abraham is... - net soos gelowiges vandag staatmaak daarop dat hulle "gered" is, maar as jy die wil van die duiwel doen, is jy soos "sy kind" want hy doen verkeerd (en sy kinders is dus soos hy). In ander woorde, pasof dat jy nie lyk soos 'n kind van die duiwel terwyl jy eintlik die 'n kind van die Koninkryk van God is nie! Wanneer jy as gelowige in ongeregtigheid te stap en die waarheid verdraai of valse leerstellings aanhang, dan plaas dit 'n vraagteken op of jy 'n kind is van die Here (1Jn 3:10 -  "Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie"). 

*  W.A.W., WIE IS DAARDIE GELOWIGES WAT IN DIE STRIK V/D DUIWEL IS?
  -  die wat die waarheid verdraai, en
  -  die wat in ongeregtigheid stap.

(Ef. 4:27)  "en gee aan die duiwel geen plek nie".
(Jak. 4:7)  "Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug". Dit word dus van die Christen verwag OM DIE ONGEREGTIGHEID AF TE LE en DIE WAARHEID TE SOEK, maar sommige Christene steur hulle net eenvoudig nie hieraan nie!, en stap in aanhoudende sonde, of sommige se gedagtes is verdraaid van wat die Skrif leer en volg leringe na wat hulle in hul gehoor streel - HIERDIE CHRISTENE IS IN DIE STRIK VAN DIE DUIWEL (hulle is besig om die duiwel se wil te doen).

Versoeking kom op verskillende maniere, o.a. somtyds deur "eie begeerlikheid" (Jak. 1:14 - "Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word"). Dit is belangrik dat gedagtes gevange geneem word tot gehoorsaameheid aan Christus (
2Kor. 10:3-7 - "Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werpterwyl ons PLANNE VERBREEK EN ELKE SKANS WAT OPGEWERP WORD TEEN DIE KENNIS VAN GOD, en ELKE GEDAGTE GEVANGE NEEM TOT DIE GEHOORSAAMHEID AAN CHRISTUS, en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is. Kyk julle na wat voor oë is? As iemand by homself vertrou dat hy aan Christus behoort, laat hy dit by homself weer oorweeg, dat net soos hy self aan Christus behoort, ons ook so aan Christus behoort"). Hierdie is die manier wat vir ons gegee word in Jak. 1 hoe ons die stryd wen, en dit is om die wil van die Here te bedink en Sy kennis te soek en kies. 'n Ander goeie vb. is in 1 Tim. 5:13-15 van sommige jong weduwees in die gemeente..., en die volgende woorde word daar van hulle gebruik: (1Ti 5:15 - "Want sommige het al afgewyk agter die Satan aan) - in hierdie konteks (bv. waar die woord "satan" gebruik word vir die ou slang) wys dit dat hulle KWAADSPREKERS was (vgl. dit met verse 13 en 14). Christene wat loop en kwaadspreek is onder die strik van die duiwel (besig om sy wil te doen).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2)  Die duiwel bedrieg en probeer mense se sinne bederf:
Die duiwel probeer mense kry om 
- (1) ‘n ander Jesus aan te neem; 
- (2)  'n ander gees te ontvang; 
- (3) of om 'n ander evangelie aan te neem,
en die manier hoe hy dit doen, is deur mense se sinne te bederf.
 
(2Kor. 11:3,4 - "Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. Want as iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul..."). Sommige gelowiges is onder die miskonsepsie dat "alles wat hulle dink" is die wil van die Here..., of sukkel om te onderskei tussen "eie wil" en die "wil van die Here". Die tema van "vernuwing van GEDAGTES" is nie 'n nuwe onderwerp nie, tog gee min daarop ag. Wat ons dink beinvloed ons optrede en dit is belangrik dat ons ons gedagtes gedurig vernuwe. In die 2 Kor. 10 word ons geleer dat om vestings neer te werp, juis gaan oor wat ons in ons gedagtes toelaat en hoe ons ons gedagtes gevange neem. Let wel dat dit juis die manier is hoe die duiwel vir Eva in sy strik gevang het!, deur 'n leuen en haar gedagtes te verander. Sou sy die Here gehoorsaam en Hom vertrou, dan het sy nie in die strik van die duiwel geval nie (en dieselfde met Adam).  
(Gen 3:1)  Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?
(Gen 3:2)  En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet,
(Gen 3:3)  maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.
(Gen 3:4)  Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;
(Gen 3:5)  maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.

Fgl. dit met (2Kor. 11:2,3 - "Want ek is jaloers oor julle met ‘n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as ‘n reine maagd (diensmaagd; dienskneg) aan Christus voor te stel.  Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne ("mind") so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus"). 'n Christen wie se sinne bederf is, is nie opreg met Christus nie! Bv., om die waarheid en in Jesus se woorde te glo, is belangrik, want dit wys wie opreg is met Hom. Lees gerus bg. gedeelte in konteks en sien die probleem daar..., bv. dat die waarheid vir sommige in die gemeente soos dwaasheid voorkom... - dit is wanneer gelowiges hulself oopstel vir ander leringe en allerhande wyshede wat nie klop met die waarheid nie. Baie gelowiges het al 'n ander evangelie aangeneem waarvan die waarheid gebaseer is op "hoe hulle sien of dink", of "dit wat hulle in die gehoor streel" - in die proses ontvang hulle " 'n ander gees" ('n wereldse gees). So is daar ook Christene vandag, en predikers!, wat 'n ander Jesus verkondig..., want alhoewel hulle redding in Sy Naam verkondig, wil hulle nie werklik gehoorsaam wees aan Hom nie en leef en leer nie Sy gebooie nie. DIE MANIER OM HIERDIE STRYD TE VOER..., IS OM VAS TE HOU AAN DIE WAARHEID EN IN JESUS SE WOORDE TE BLY GLO.

Nog 'n goeie vb. van hoe die duiwel probeer om iemand se sinne te bederf, is waar hy Jesus versoek het in die woestyn:
(Mat 4:1)  Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.
(Mat 4:2)  En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword.
(Mat 4:3)  En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word.
(Mat 4:4)  Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
(Mat 4:5)  Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan
(Mat 4:6)  en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip stamp nie.
(Mat 4:7)  Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.
(Mat 4:8)  Weer neem die duiwel Hom saam na ‘n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid,
(Mat 4:9)  en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid.
(Mat 4:10)  Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.
(Mat 4:11)  Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien
.

Hier kan ons sien hoe hy deur lastertaal en bedrog Jesus probeer beweeg het om sy manier van "sien" te glo en sy wil te doen. Jesus het nie hiervoor geval nie!, maar het vasgehou aan die waarheid en die Vader gehoorsaam/vertrou. L.w., dat I
N ELKE GEVAL HET JESUS DIE DUIWEL WEERSTAAN MET DIE WAARHEID...  IN HIERDIE GEDEELTE LEER ONS DIE VOLGENDE:
- dat die duiwel Jesus probeer versoek het om Sy oe weg te rig van die Vader, en te rig op lewensbehoeftes;
- dat die duiwel Jesus probeer versoek het om die Vader te versoek;
- dat die duiwel Jesus probeer versoek het (deur beloftes te maak) om die Vader te verloen.

*  Jesus het oor en oor gepraat oor hoe ons Hom moet eerste stel, en meer besig moet wees met die Here, as met die dinge van die lewe;  hoe ons eerste die koninkryk en Sy geregtigheid moet soek....  Deur wereldse behoeftes, beloftes en plesiere probeer die duiwel gelowiges versoek en hulle oe weg te rig van die Here.
*  Wanneer ons die Here dien net oor wat ons kan kry uit die "deal", dan verwag ons voorspoed en seeninge en en, maar wanneer ons die Here liefhet, gee ons nie om om te ly ter wille van die geregtigheid nie.  Baie Christene versoek die Here daagliks deur hulle eie begeertes - hulle reken omdat hulle die Here ken, moet Hy vir hulle dit en dat doen..... Deur behoeftes en begeertes probeer die duiwel gelowiges versoek om die Here te versoek.
*  Menig Christene plaas hulle vertroue eerder in wereldse wysheid, omdat die waarheid vir hulle dwaas is - is dit dan nie dwaas om "jou nie te bekommer oor die dag van more" nie? (tog het Jesus dit geleer);  is dit dan nie dwaas om "ook jou ander wang te draai wanneer iemand jou op die een wang slaan nie"? (tog het Jesus dit geleer); is dit dan nie dwaas om te se dat net sekere goeie dade beloon gaan word nie? (tog het Jesus dit geleer)............ sommige Christene sien Jesus se woorde as dwaasheid en vertrou meer in wereldse wysheid, maar hulle dink hulle is nie in die strik van die duiwel nie??

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3)  Die duiwel gebruik ander mense (somtyds mede-lidmate!) om mense afkerig te maak teenoor die waarheid wat deur die opregte verkondig word (wat gewoonlik tot gevolg het dat die opregte verdruk word en ander bitter word teenoor hom, en die waarheid dus nie ontvang kan word nie):

DIE DUIWEL GEBRUIK MENSE OM ANDER AFKERIG TE MAAK TEENOOR DIE WAARHEID WAT DEUR DIE OPREGTE VERKONDIG WORD (kom ons kyk na 'n paar voorbeelde hiervan in die Skrif):

- (Hand. 13:7-10 - "Hy was by die goewerneur Sérgius Paulus, ‘n verstandige man. Dié het Bárnabas en Saulus laat roep en het versoek om die woord van God te hoor.
 Maar Élimas die towenaar—want so word sy naam vertaal—het hulle teëgestaan en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof. Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê: Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie?"). 

- (Hand. 13:50 - " Maar die Jode het die godsdienstige en aansienlike vroue en die vernaamste mense van die stad opgehits en teen Paulus en Bárnabas ‘n vervolging in die lewe geroep en hulle buite hul gebied verdryf")

- (Hand. 14:2 - "Maar die ongehoorsame Jode het die gemoedere van die heidene teen die broeders opgehits en verbitter").

- Kyk ook: (Joh 13:2 - "En gedurende die maaltyd—die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai—").

Vele gevalle getuig hiervan dat die duiwel die woord wat deur die opregte gesaai word, probeer steel uit mense se harte (kyk bv. gelykenis van die saaier - eerste groep), en dat die duiwel ander mense (somtyds ander gelowiges) gebruik om mense afkerig te maak teenoor die waarheid wat deur die opregte verkondig word - wat tot gevolg kan he dat die opregte vervolg word en dat ander bitter raak teenoor hom... (en dus nie luister na die waarheid nie). Die duiwel is 'n "valse aanklaer", en die rede waarom hy kwaadspreek is sodat mense nie die waarheid kan ontvang nie.  
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4)  Die duiwel probeer gelowiges "se pad" verhinder:

  DIE DUIWEL PROBEER GELOWIGES VERHINDER OM DIE WIL VAN DIE HERE TE DOEN:

(1Th 2:18)  "Daarom wou ons na julle toe kom, ek Paulus, meer as een maal; maar die Satan het ons verhinder".

(Hand. 5:3)  Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(5)  Die duiwel probeer die woord wat deur die opregte gesaai word, steel uit mense se harte:

  DIE DUIWEL PROBEER DIE WOORD STEEL UIT MENSE SE HARTE:

(Luk 8:12)  Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(6)  Die duiwel saai onkruid tussen die koring:

DIE DUIWEL SAAI ONKRUID TUSSEN DIE KORING:  "ONKRUID" VERWYS NA MENSE WAT HULLE VOORDOEN AS GELOWIGES, MAAR IS EINTLIK KINDERS VAN DIE DUIWEL:

(Mat 13:36)  Nadat Hy die skare weggestuur het, het Jesus huis toe gegaan; en sy dissipels het na Hom gekom en gesê: Verklaar vir ons die gelykenis van die onkruid in die saailand.
(Mat 13:37)  En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens,
(Mat 13:38)  en die saailand is die wêreld. Die goeie saad—dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose,
(Mat 13:39)  en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.
(Mat 13:40)  Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld:
(Mat 13:41)  die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen,
(Mat 13:42)  en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
(Mat 13:43)  Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.

Let wel dat hierdie gewoonlik gebeur wanneer die gemeente "slaap"! - bestudeer gerus die gevaar van Christene wat nie waaksaam is nie (https://warechristene.blogspot.com/2024/12/waaksaam.html). Daar is beslis "ingesluiptes" in die Christelike kerk - nie alle broeders en susters is broers en susters nie.  Jesus het geleer dat dit slegs die is wat die wil vd Vader doen wat gesien kan word as Sy familie (Matt. 12:50; Mark. 3:35). Hierdie is 'n maklike manier om te sien wie onkruid is...;  alhoewel jong Christene ook somtyds so kan lyk;  des te meer hoekom die onkruid nie nou al verwyder word nie!, want dit is nie altyd maklik om te sien wie is vals en wie jonk nie.  Nietemin, as jy 'n opregte kind genoem wil word, is dit gehoorsaamheid aan die Here wat getuig of iemand opreg is!

Nie almal wat in die Christelike kerk sit, is opreg nie. Daar is ook valses wat onder die kinders vd Koninkryk beweeg - en hierdie mense kom voor soos saliges, maar nie almal wat 'n gedaante van godsaligheid het, is inderdaad "koring" nie (2Kor. 11:13,14 - " Want sulke mense is VALSE apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig"). Vir 'n studie hieroor, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2021/12/ingesluiptes.html).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(7)  Die duiwel probeer om gelowiges wat in sonde stap, opgeblase te maak met wêreldse wysheid waardeur hulle hul sonde probeer regverdig:

DIE DUIWEL PROBEER GELOWIGES OPGEBLASE MAAK, DEUR WERELDSE WYSHEID WAARDEUR HULLE SONDES PROBEER REGVERDIG:

(1Kor. 5:5)  om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus.....

(1Kor. 5:7)  Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees—soos julle inderdaad ongesuurd is—want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.......

(1Kor. 5:9)  Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie—
(1Kor. 5:10)  dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan—
(1Kor. 5:11)  maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.
(1Kor. 5:12)  Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?
(1Kor. 5:13)  Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit.

(1Ti 1:18)  Hierdie boodskap vertrou ek aan jou toe, my kind Timótheüs, ooreenkomstig die profesieë wat vroeër aangaande jou uitgespreek is, sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry
(1Ti 1:19)  en aan die geloof en ‘n goeie gewete vashou. Sommige het dit van hulle weggestoot en aan die geloof skipbreuk gely,
(1Ti 1:20)  onder wie daar is Himenéüs en Alexander, wat ek aan die Satan oorgegee het, sodat hulle kan leer om nie te laster nie.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(8)  Die duiwel probeer om gelowiges afvallig te maak van die Here, deur bv. omstandighede, siekte ens. (met doel om die gelowige te toets om te sien of hy staande sal bly):

DIE DUIWEL PROBEER OM GELOWIGES AFVALLIG TE MAAK VAN DIE HERE, DEUR OMSTANDIGHEDE, SIEKTES ENS. - IN DIE GEVAL WORD DIE GELOWIGE GETOETS DAARDEUR OM TE SIEN OF HY STAANDE SAL BLY:

(Job 2:1)  En op ‘n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom om hom voor die HERE te stel.
(Job 2:2)  Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van ‘n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.
(Job 2:3)  En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ‘n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad; en hy volhard nog in sy vroomheid, alhoewel jy My teen hom opgehits het om hom te vernietig sonder oorsaak.
(Job 2:4)  Toe het die Satan die HERE geantwoord en gesê: Huid vir huid, en alles wat iemand het, sal hy gee vir sy lewe;
(Job 2:5)  maar strek net u hand uit en tas sy gebeente en sy vlees aan—waarlik, hy sal U in u aangesig seën!
(Job 2:6)  En die HERE sê aan die Satan: Kyk, hy is in jou hand; spaar net sy lewe.
(Job 2:7)  En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE, en hy het Job met bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel.
(Job 2:8)  En hy het vir hom ‘n potskerf geneem om hom daarmee te krap, terwyl hy in die as sit.
(Job 2:9)  Toe sê sy vrou vir hom: Volhard jy nog in jou vroomheid? Seën God, en sterf!
(Job 2:10)  Maar hy antwoord haar: Soos ‘n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.

GOD LAAT DIT OOK SOMTYDS TOE, SODAT ONS KAN AANDAG GEE AAN DIE GODSALIGHEID:
(2Kor. 12:7)  En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie.
(2Kor. 12:8)  Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk.
(2Kor. 12:9)  En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.
==============================
(Openb. 2:10)  "Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee".
==============================
(Luk 22:31)  En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif.
(Luk 22:32)  Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(9) Die duiwel versoek gelowiges om verkeerd te doen:

DIE DUIWEL PROBEER GELOWIGES VERSOEK OM VERKEERD TE DOEN:

(Jak. 1:13)  Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.
(Jak. 1:14)  Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
(Jak. 1:15)  Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.
(Jak. 1:16)  Moenie dwaal nie, my geliefde broeders.

(1Kor. 7:5)  "Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie".

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: