Vrydag 15 Maart 2013

Weerstaan die duiwel

Vir baie gelowiges is die tema van om die "duiwel te weerstaan", nie iets waaraan hulle baie aandag gee nie, seker ook maar omdat daar soveel valse leerstellings rondom die tema heers. Tog, hetsy 'n gelowige dit wil erken of nie, hy is in 'n worstelstryd betrokke - een wat  nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug (Ef. 6:12).  In verskeie kerke staan dit bekend as "geestelike oorlogvoering". Terwyl sommige Christene met vreeslik krag en mag die duiwel probeer teestaan, steur ander hulle net eenvoudig nie daaraan nie.   Maar wat leer die Skrif ons werklik oor die onderwerp?  Alhoewel hierdie onderwerp voorkom asof dit een van die mees "gepreekte" onderwerpe is, is dit tog nie so nie.  
------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Jak. 4:7)  "Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug".

(Ef. 4:27)  "en gee aan die duiwel geen plek nie".

Die Christen word beveel om nie net homself te "onderwerp aan God" nie, maar ook 
-  om die duiwel te weerstaan en 
-  aan hom geen plek te gee nie
Dus, as hierdie dinge van die Christen verwag word, is dit tog duidelik dat die Christen in 'n stryd gewikkeld is, of hy dit wil glo of nie!

IETS WAT MIN CHRISTENE BESEF, IS DAT DIE TEMA VAN "OM DIE DUIWEL TE WEERSTAAN", EINTLIK MIN TE DOEN HET MET DIE GELOWIGE SE "OUTORITEIT", MAAR MEER TE DOEN HET MET DIE GELOWIGE SE "PAD VAN GODSALIGHEID".
In baie kerke word "geestelike oorlogvoering" voorgestel as 'n mag wat ons verkry het deur Jesus Christus oor die bose, terwyl die konteks van die tema in die Skrif, eintlik op iets anders wys. Dit wys nie op hoe sterk die gelowige alreeds is nie, maar op hoe hy die godsaligheid moet najaag.
 In onderstaande studie sal ons sien dat, die rede hoekom ons die duiwel moet weerstaan, gaan oor "gehoorsaamheid aan die Here", om Sy wil te doen en om jouself ondergeskik te stel aan Hom - (ook deur dit te doen, sal jy die duiwel weerstaan en hom geen plek gee nie).  
========================================================================
Terwyl baie gelowiges dink dat die duiwel hulle uitlos omdat hulle "onder die bloed van Jesus Christus is", is die waarheid:

- dat die duiwel hulle steeds probeer vang om sy wil te doen, en nie die Here se wil nie. (kyk punt 1)

- dat die duiwel gelowiges nog steeds met sy listigheid probeer bedrieg, deurdat hy hulle probeer kry om (1) ‘n ander Jesus aan te neem; (2) of om 'n ander gees te ontvang; (3) en om 'n ander evangelie aan te neem. (kyk punt 2)

- dat die duiwel probeer om gelowiges se sinne bedorwe te maak (kyk punt 3)

- dat die duiwel ander mense (somtyds ander gelowiges) gebruik om ander afkerig te maak teenoor die waarheid wat deur die gelowige verkondig word -dit kan tot gevolg he dat die gelowige vervolg word en dat ander bitter raak teenoor hom (kyk punt 4)

- dat die duiwel gelowiges "se pad" probeer verhinder  (kyk punt 5)

- dat die duiwel die woord wat deur die gelowige gesaai word, probeer steel uit mense se harte (kyk punt 6)

- dat die duiwel onkruid saai tussen gelowiges, m.a.w. mense wat hulle voordoen as gelowiges, maar dit nie is nie (kyk punt 7)

- dat die duiwel probeer om gelowiges wat in sonde stap, opgeblase te maak met wereldse wysheid waardeur hulle hul sonde probeer regverdig (kyk punt 8)

- dat die duiwel probeer om gelowiges afvallig te maak van die Here, deur omstandighede, siekte ens. - (in die geval waar die gelowige getoets word om te sien of hy staande sal bly) (kyk punt 9)

- dat die duiwel gelowiges versoek om verkeerd te doen (kyk punt 10)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


DIE DUIWEL IS NOG NIE GEBIND NIE, MAAR SAL BY DIE AANVANG VAN DIE 1000-JARIGE VREDERYK GEBIND WORD VIR DIE 1000 JAAR - daarna weer 'n rukkie losgelaat word...

(Openb. 20:10)  En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.
(Openb. 20:2)  En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank

MAAK NIE SAAK HOEVEEL MAAL 'N GELOWIGE SE, "EK BIND JOU IN DIE NAAM VAN JESUS", NIE, die duiwel IS STEEDS LOS!  (Die skrifte oor "bind en ontbind" het niks met die "duiwel bind of ontbind" te doen nie, maar in konteks gaan dit oor "broeders wat in opsetlike, aanhoudende sonde stap, vergifnis en oor gesamentlike gebed van gelowiges!)   GELOWIGES MOET VERSTAAN DAT DIE STRYD WAT HULLE STRY, NIE GAAN OOR "WOORDE" NIE, MAAR OOR DIE VOLGENDE:

- om die waarheid te soek/lief te he (te onderskei tussen ware en valse en weg te bly van valse leerstellings/leraars)(om die woord van God te ken)
- om die Here gehoorsaam te wees (om gedagtes gevange te neem tot gehoorsaamheid aan Christus)(is bly saam met die waarheid, nie saam met die ongeregtigheid nie)(geregtigheid)
- om die wil van die Here te soek/te doen (om jouself ondergeskik te stel aan Hom en Hom as eerste Liefde te ken)
- om bereid te wees om die evangelie te verkondig (selfs bereid te wees om te ly ter wille van die evangelie)
- om seker te maak ek ken die regte Jesus, die regte evangelie, en die regte Gees (verlossing)
(sien punt 11)
========================================================================



HOEKOM DINK SOMMIGE CHRISTENE DAT HULLE NIE NODIG HET OM DIE DUIWEL TE WEERSTAAN NIE?
(1)  Baie gelowiges dink dat dit onmoontlik is vir 'n Christen om in "die strik van die duiwel" te wees:

Kan 'n Christen 'IN DIE STRIK VAN DIE DUIWEL' wees?   
Wanneer iemand in die strik van die duiwel is, dan doen so iemand die duiwel se wil (2 Tim. 2:26).  
-  IS DAAR DAN GELOWIGES WAT DIE DUIWEL SE WIL DOEN? 


(lees gerus die gedeelte in konteks)
(2Ti 2:25)  Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie,
(2Ti 2:26)  en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.
Meeste Christene lees hierdie verse asof dit niks te doen het met die gelowige nie - wat egter duidelik is uit die skrifgedeelte, is dat die gelowige wel kan val in die strik v/d duiwel!
- WANNEER IS IEMAND IN DIE STRIK V/D DUIWEL?  - wanneer iemand sy wil doen (dit is die weerspanniges).  In konteks handel die gedeelte oor hoe hoe Tim. nie moet redeneer met mense wat betrokke is by valse leerstellings nie en die wat in ongeregtigheid stap, in sagmoedigheid moet teregwys - dit is hulle wat genoem word die "weerspanniges" - IN KONTEKS BETEKEN DIT DUS DAT DIE WAT AG GEE OP VERDRAAIDE LEERSTELLINGS EN DIE WAT IN ONGEREGTIGHEID STAP, DIE IS WAT IN "DIE STRIK VAN DIE DUIWEL" IS.  Alhoewel dit nie die geval was met Timotheus nie, moet ons verstaan dat Paulus hom raad gee op hoe hy gelowiges moet hanteer wat hierin val.  

Neem kennis wat Jesus vir die Fariseers gese het:  (Joh 8:44 - "Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen.....").  Die Fariseers het daarop staatgemaak dat hulle kinders van Abraham was - net soos gelowiges vandag staatmaak daarop dat hulle "gered" is.  Ja, baie dink hulle is gelowig, maar doen die wil van die duiwel deur in ongeregtigheid te stap en die waarheid te verdraai.  Die ware gelowige is veronderstel om die wil van die Here te doen.  (1Jn 3:10 -  "Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie"). 

*  WIE IS DAARDIE GELOWIGES WAT IN DIE STRIK V/D DUIWEL IS?
  -  die wat die waarheid verdraai
  -  die wat in ongeregtigheid stap (soos aanhoudende sonde) 

(Ef. 4:27)  "en gee aan die duiwel geen plek nie".
(Jak. 4:7)  "Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug".  Om 'n dramatiese gebed te doen waar iemand die duiwel wegjaag in die Naam van Jesus, sal egter nie hierdie "weerspannige" se probleem oplos nie, ook geen rympie sal die ding doen nie! - wat hy regtig moet doen, is OM DIE ONGEREGTIGHEID AF TE LE en DIE WAARHEID TE SOEK! Wat hy ook moet doen, is om ag te gee op die "Timotheus" in sy lewe wat hom in sagmoedigheid teregwys!   Baie Christene steur hulle net eenvoudig nie hieraan deesdae nie! Hulle stap in aanhoudende sondes, lieg, spreek kwaad, soek hulle eie wil, hoereer, drink hulleself dronk, ens. ens.  Ander se gedagtes is heeltemal verdraaid van wat die Skrif leer -  hulle doen geen moeite om die waarheid te leer ken nie, maar volg enige lering na wat hulle in hul gehoor streel.  BAIE CHRISTENE IS IN DIE STRIK VAN DIE DUIWEL!


(JaK. 1:14)  "Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word".


(1Ti 5:13)  En tegelykertyd leer hulle (jong weduwees) ook om ledig by die huise rond te gaan; en nie alleen is hulle ledig nie, maar ook praatsiek en bemoeisiek, want hulle praat wat nie behoorlik is nie.
(1Ti 5:14)  Ek wil dan hê dat die jong weduwees moet trou, kinders baar, hulle huise regeer en die teëparty geen aanleiding gee om kwaad te spreek nie.
(1Ti 5:15)  Want sommige het al afgewyk agter die Satan aan.



------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2)  Baie gelowiges dink dat "alles wat hulle dink", is die wil van die Here - hulle sukkel om te onderskei tussen hulle "eie wil" en die "wil van die Here" (tussen "eie gedagtes", of dit wat die Here vra/wil):

IN HIERDIE 2 SKRIFGEDEELTES VERKLAAR PAULUS DAT DIT MOONTLIK IS VIR 'N GELOWIGE SE "SINNE", OM BEDORWE TE RAAK (hy vertel ook hoe iemand se sinne bedorwe raak),  EN HY VERTEL HOE ONS "VESTINGS KAN NEERWERP".  

Die tema van "vernuwing van GEDAGTES" is nie 'n nuwe onderwerp nie, tog gee min gelowiges ag daarop. Wat ons dink, beinvloed ons optrede en dit is belangrik dat ons ons gedagtes gedurig vernuwe.  In die 2 Kor. 10 skrifgedeelte sal ons sien dat die manier om vestings neer te werp, juis gaan oor wat ons in ons gedagtes toelaat en hoe ons ons gedagtes gevange neem.  Let wel dat dit juis die manier is hoe die duiwel vir Eva in sy strik gevang het, deur 'n leuen en deur haar gedagtes te probeer verander.  Telkens is GEHOORSAAMHEID AAN DIE HERE, die antwoord.
(Gen 3:1)  Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?
(Gen 3:2)  En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet,
(Gen 3:3)  maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.
(Gen 3:4)  Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;
(Gen 3:5)  maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.

-------------------------------
(2Kor. 11:2)  Want ek is jaloers oor julle met ‘n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as ‘n reine maagd (diensmaagd; dienskneg) aan Christus voor te stel.
(2Kor. 11:3)  Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne ("mind") so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.
(2Kor. 11:4) " Want

(1) as iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, (ontken Jesus Christus)
(2) of as julle ‘n ander gees ontvang as wat julle ontvang het,  (ander gees ontvang)
(3) of ‘n ander evangelie as wat julle aangeneem het......." (ander evangelie aangeneem)
In konteks gelees, sien ons hoe die waarheid vir sommige soos dwaasheid voorkom - dit is wanneer gelowiges hulself oopstel vir ander leringe en allerhande wyshede wat nie klop met die waarheid nie.  Baie gelowiges het al 'n ander evangelie aangeneem waarvan die waarheid gebaseer is op "hoe hulle sien of dink", of "dit wat hulle in die gehoor streel".  Hierdie "ander gees" waarna Paulus verwys het egter al baie geleerdes aan die gesels.  Dit is duidelik dat iemand homself kan voordoen as 'n gelowige en asof hy die Heilige Gees in hom het, maar "'n ander gees ontvang" het. So is daar ook vele Christene vandag, en predikers!, wat 'n ander Jesus verkondig, want alhoewel hulle redding in Sy Naam verkondig, wil hulle nie werklik gehoorsaam wees aan Hom nie en leef en leer nie Sy gebooie nie.

DUS:  HOE RAAK IEMAND SE SINNE / "MANIER VAN DINK"  BEDORWE?
(1) WANNEER HY 'N ANDER JESUS AANNEEM
(2) WANNEER HY 'N ANDER GEES ONTVANG
(3) WANNEER HY 'N ANDER EVANGELIE ONTVANG

Vgl. hierdie met die volgende:

(2Kor. 10:3)  Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;
(2Kor. 10:4)  want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, (HOE WERP ONS VESTINGS NEER?):-
(2Kor. 10:5)  terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,
(2Co 10:6)  en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.

DUS:  HOE VOER ONS DIE STRYD IN DIE GEES (OF HOE WERP ONS VESTINGS NEER?):

(1)  VERBREEK PLANNE EN SKANSE WAT OPGEWERP WORD TEEN DIE KENNIS VAN GOD (VERNIETIG GEDAGTES OF VERBEELDINGS WAT NIE DIE WAARHEID IS NIE, bv. valse leerstellings en moenie eens daaroor top nie, maar soek die waarheid)
(2)  NEEM GEDAGTES GEVANGE TOT DIE GEHOORSAAMHEID AAN CHRISTUS (STEL JOU GEDAGTES ONDERGESKIK AAN DIE HERE - WEES GEHOORSAAM AAN HOM)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(3)  DIE DUIWEL PROBEER OOK OM DIE GELOWIGE TE VERSOEK OM MEER BESIG TE WEES MET DIE LEWE, AS MET DIE HERE;  OOK PROBEER HY HULLE VERSOEK OM DIE HERE TE VERSOEK;  OOK PROBEER HY HULLE VERSOEK OM DIE HERE TE VERLOEN:

(Mat 4:1)  Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.
(Mat 4:2)  En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword.
(Mat 4:3)  En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word.
(Mat 4:4)  Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
(Mat 4:5)  Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan
(Mat 4:6)  en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip stamp nie.
(Mat 4:7)  Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.
(Mat 4:8)  Weer neem die duiwel Hom saam na ‘n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid,
(Mat 4:9)  en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid.
(Mat 4:10)  Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.
(Mat 4:11)  Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien.

IN ELKE GEVAL HET JESUS DIE DUIWEL WEERSTAAN MET DIE WAARHEID.  IN HIERDIE GEDEELTE LEER ONS DIE VOLGENDE:
- dat die duiwel Jesus probeer versoek het om Sy oe weg te rig van die Vader, en te rig op lewensbehoeftes;
- dat die duiwel Jesus probeer versoek het om die Vader te versoek;
- dat die duiwel Jesus probeer versoek het (deur beloftes) om die Vader te verloen.

*  Jesus het oor en oor gepraat oor hoe ons Hom moet eerste stel, en meer besig moet wees met die Here, as met die dinge van die lewe;  hoe ons eerste die koninkryk en Sy geregtigheid moet soek....  Deur wereldse behoeftes, beloftes en plesiere probeer die duiwel gelowiges versoek om meer besig te wees met die lewe, as met die Here.
*  Wanneer ons die Here dien net oor wat ons kan kry uit die "deal", dan verwag ons voorspoed en seeninge en en en.  Maar wanneer ons die Here liefhet, gee ons nie om om te ly ter wille van die geregtigheid nie.  Baie Christene versoek die Here daagliks deur hulle eie begeertes - hulle reken omdat hulle die Here ken, moet Hy vir hulle dit en dat doen..... Deur behoeftes en begeertes probeer die duiwel gelowiges versoek om die Here te versoek.
*  Menig Christene plaas hulle vertroue eerder in wereldse wysheid, omdat die waarheid vir hulle dwaas is - is dit dan nie dwaas om "jou nie te bekommer oor die dag van more" nie? (tog het Jesus dit geleer);  is dit dan nie dwaas om "ook jou ander wang te draai wanneer iemand jou op die een wang slaan nie"? (tog het Jesus dit geleer); is dit dan nie dwaas om te se dat net sekere goeie dade beloon gaan word nie? (tog het Jesus dit geleer)............daarom probeer die duiwel gelowiges versoek met wereldse wysheid.

Kyk ook: (Joh 13:2) " En gedurende die maaltyd—die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai—"
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4)  DIE DUIWEL GEBRUIK ANDER MENSE OM ANDER AFKERIG TE MAAK TEENOOR DIE WAARHEID WAT DEUR GELOWIGES VERKONDIG WORD (SOMTYDS IS DAARDIE "ANDER MENSE" OOK SELF GELOWIGES!):

(Hand. 13:7)  Hy was by die goewerneur Sérgius Paulus, ‘n verstandige man. Dié het Bárnabas en Saulus laat roep en het versoek om die woord van God te hoor.
(Hand. 13:8)  Maar Élimas die towenaar—want so word sy naam vertaal—het hulle teëgestaan en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof.
(Hand. 13:9)  Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê:
(Hand. 13:10)  Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie?


(Hand. 13:50)  Maar die Jode het die godsdienstige en aansienlike vroue en die vernaamste mense van die stad opgehits en teen Paulus en Bárnabas ‘n vervolging in die lewe geroep en hulle buite hul gebied verdryf.

(Hand. 14:2)  Maar die ongehoorsame Jode het die gemoedere van die heidene teen die broeders opgehits en verbitter.
e.a.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(5)  DIE DUIWEL PROBEER GELOWIGES VERHINDER OM DIE WIL VAN DIE HERE TE DOEN:

(1Th 2:18)  "Daarom wou ons na julle toe kom, ek Paulus, meer as een maal; maar die Satan het ons verhinder".


(Hand. 5:3)  Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(6)  DIE DUIWEL PROBEER DIE WOORD STEEL UIT MENSE SE HARTE:

(Luk 8:12)  Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie.

(kyk ook punt 4)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(7)  DIE DUIWEL SAAI ONKRUID TUSSEN DIE KORING:  MENSE WAT HULLE VOORDOEN AS GELOWIGES, MAAR IS EINTLIK KINDERS VAN DIE DUIWEL:

(2Kor. 11:13)  Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.
(2Kor. 11:14)  En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig.
==============
(Mat 13:39)  en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
(8)  DIE DUIWEL PROBEER GELOWIGES OPGEBLASE MAAK, DEUR WERELDSE WYSHEID WAARDEUR HULLE SONDES REGVERDIG:


(1Kor. 5:5)  om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus.....

(1Kor. 5:7)  Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees—soos julle inderdaad ongesuurd is—want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.......


(1Kor. 5:9)  Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie—
(1Kor. 5:10)  dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan—
(1Kor. 5:11)  maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.
(1Kor. 5:12)  Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?
(1Kor. 5:13)  Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit.
==============

(1Ti 1:18)  Hierdie boodskap vertrou ek aan jou toe, my kind Timótheüs, ooreenkomstig die profesieë wat vroeër aangaande jou uitgespreek is, sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry
(1Ti 1:19)  en aan die geloof en ‘n goeie gewete vashou. Sommige het dit van hulle weggestoot en aan die geloof skipbreuk gely,
(1Ti 1:20)  onder wie daar is Himenéüs en Alexander, wat ek aan die Satan oorgegee het, sodat hulle kan leer om nie te laster nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(9)  DIE DUIWEL PROBEER OM GELOWIGES AFVALLIG TE MAAK VAN DIE HERE, DEUR OMSTANDIGHEDE, SIEKTES ENS. - IN DIE GEVAL WORD DIE GELOWIGE GETOETS DAARDEUR OM TE SIEN OF HY STAANDE SAL BLY:

(Job 2:1)  En op ‘n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom om hom voor die HERE te stel.
(Job 2:2)  Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van ‘n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.
(Job 2:3)  En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ‘n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad; en hy volhard nog in sy vroomheid, alhoewel jy My teen hom opgehits het om hom te vernietig sonder oorsaak.
(Job 2:4)  Toe het die Satan die HERE geantwoord en gesê: Huid vir huid, en alles wat iemand het, sal hy gee vir sy lewe;
(Job 2:5)  maar strek net u hand uit en tas sy gebeente en sy vlees aan—waarlik, hy sal U in u aangesig seën!
(Job 2:6)  En die HERE sê aan die Satan: Kyk, hy is in jou hand; spaar net sy lewe.
(Job 2:7)  En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE, en hy het Job met bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel.
(Job 2:8)  En hy het vir hom ‘n potskerf geneem om hom daarmee te krap, terwyl hy in die as sit.
(Job 2:9)  Toe sê sy vrou vir hom: Volhard jy nog in jou vroomheid? Seën God, en sterf!
(Job 2:10)  Maar hy antwoord haar: Soos ‘n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.



GOD LAAT DIT OOK SOMTYDS TOE, SODAT ONS KAN AANDAG GEE AAN DIE GODSALIGHEID:
(2Kor. 12:7)  En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie.
(2Kor. 12:8)  Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk.
(2Kor. 12:9)  En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.
==============================
(Openb. 2:10)  "Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee".
==============================

(Luk 22:31)  En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif.
(Luk 22:32)  Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(10)  DIE DUIWEL PROBEER GELOWIGES VERSOEK OM VERKEERD TE DOEN:


(1Kor. 7:5)  "Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie".


(Jak. 1:13)  Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.
(Jak. 1:14)  Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
(Jak. 1:15)  Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.
(Jak. 1:16)  Moenie dwaal nie, my geliefde broeders.


------------------------------------------------------------------------------------------------------------
----------------------------------------------------

(11)
 (Ef. 6:11)  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
(Ef. 6:12)  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
(Ef. 6:13)  Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
(Ef. 6:14)  Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
(Ef. 6:15)  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.
(Ef. 6:16)  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
(Ef. 6:17)  En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God
(Ef. 6:18)  terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges

------------------------------------------------------------------------------------------------------------



Geen opmerkings nie: