Saterdag 09 Februarie 2013

Noem ander jou ook 'n Christen?

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/waarseery-in-die-kerk.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/05/wat-is-jou-getuienis.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

As jy vandag vir mense in die publiek  moes vra om te verduidelik wat hulle verstaan van die term "CHRISTEN", sou min regtig die antwoord ken.  Inteendeel, baie wat hulleself Christene noem, sal nie eens die term kan beskryf nie. In een geval waar iemand uitgegaan het op straat om mense te ondervra oor wat hulle verstaan van "'n Christen", was die oormeerderheid se antwoord dat 'n Christen iemand is wat "in God glo".  Die tweede meeste se mening was dat dit verwys na die wat "goed (probeer) lewe". 

As jy in die jaar 40 n.C. vir mense in die publiek dieselfde vraag sou vra, sou die reaksie egter heelwat verskillend wees.   Daar is 'n rede hoekom Christene "Christene" genoem is!  In die eerste plek het dit spesifiek verwys na die wat "volgelinge was van Jesus Christus".  Die woord "Christen" kom in 3 verse in die Bybel voor, nl. Hand.11:26- ("  En hulle het ‘n hele jaar lank in die gemeente saam vergader en aan ‘n aansienlike skare onderwys gegee; en die dissipels is in Antiochíë vir die eerste keer Christene genoem"); Hand. 26:28- (" En Agríppa sê vir Paulus: Jy beweeg my byna om ‘n Christen te word"); en in 1Pet  4:16 - ("Maar wanneer iemand as ‘n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig").   Die woord "Christen" is die Griekse woord, "kris-tee-an-os" wat beteken, "volgeling van Jesus Christus". Die woord "Christene" was dus al in gebruik in die tyd van die eerste kerke en ons lees daarvan vir die eerste keer in Hand. 11:26 (sowat 8 jaar n.C).  Om 'n "volgeling te wees van Jesus Christus", beteken ten minste dat iemand Hom dien, Sy leringe navolg en dit verkondig, nie skaam is vir Hom nie en dat iemand leef volgens die wyse wat Hy vir ons geleer het!  

Dit is duidelik volgens die publiek se reaksie (bo), dat Christene so min die Naam van Jesus gebruik en ander vertel van Sy koninkryk, dat mense glad nie eens Christene kan erken as "volgelinge van Jesus" nie! Al sou iemand ook nie weet wat die woord "Christen" beteken nie, sou hulle ten minste die konneksie moes kon maak tussen die "Christen" en "Jesus". 
 Die gelowiges van die eerste gemeentes, was duidelik sigbaar as volgelinge van Jesus en daarom so genoem.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Noem ander jou ook 'n Christen?
Waarom?

Geen opmerkings nie: