Sondag 09 Augustus 2015

12 Stamme van Israel (1)


DIE 12 STAMME VAN ISRAEL.

Hierdie is die eerste gedeelte (kort opsomming/stamboom) in 'n reeks "12 STAMME VAN ISRAEL".
Vir die volgende gedeeltes, gaan na:
(4)
(5)

========================================================================
DIE 12 SEUNS VAN JAKOB (wie se naam verander is na Israel-Gen. 32:28)
IS DIE "12 STAMME VAN ISRAEL".

Kom ons kyk net vinnig weer na die stamboom:

 
 
 


-  Uit die GESLAG VAN JUDA is die koninklike geslag gebore, en is Christus Jesus gebore
(Alhoewel die term "Jode" spesifiek beskrywend was van die uit die geslag van Juda, sien ons dat dit later 'n meer omvattende betekenis gekry het, eers net van die "koninkryk van Juda", en later geheel van die "kinders van Jakob/Israel" en kinders van Abraham, gebore uit die geslag van Isak).
(http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/03/die-koninklike-geslag-uit-die-stam-van.html)
(http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/03/waarna-verwys-die-term-jode.html)

-  Uit die GESLAG VAN LEVI kom die priesterlike geslag (uit een van die 3 Levitiese geslagte, die geslag van Aaron).
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
LEA se eerste 4 seuns wat sy vir Jakob gebaar het: 
- Ruben
- Simeon
- Levi
- Juda

RAGEL se slavin, Bilha, het vir Jakob 2 seuns gebaar:
- Dan
- Naftali

LEA se slavin, Silpa, het vir Jakob 2 seuns gebaar:
- Gad
- Aser

LEA het vir Jakob nog 2 seuns gebaar:
- Issaskar
- Sebulon

RAGEL het vir Jakob 2 seuns gebaar:
- Josef
- Benjamin
========================================================================
Toe Jakob in Egipte gaan bly by Josef, het al die seuns (met hulle families) saamgetrek (Gen. 46:8), en hulle is almal weer later saam met Moses uit Egipteland verlos (Deut. 27:12,13).
En dit is die name van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het—Jakob en sy seuns:
- Ruben (Gen. 46:9);
- Simeon (v.10);
- Levi (v. 11);
- Juda (v.12);
- Issaskar (v.13);
- Sebulon (v.14);
- Gad (v.16); 
- Aser (v.17);
- Josef was in Egipte;
- Benjamin (v.21);
- Dan (v.23);
- Naftali (v.24);
Hulle was 70 in totaal (Gen. 46:27).
========================================================================

DIE SEENINGE (of in sekere seuns se geval was die seeninge eerder 'n vervloeking) WAT JAKOB OOR SY 12 SEUNS (DIE 12 STAMME) UITGESPREEK HET:
Geleerdes is van mening dat toe Jakob sy 12 seuns geroep het net voor sy dood en hy hulle geseen het, sy woorde aan hulle gegaan het oor die LAASTE DAE omdat hy die woorde "aan die einde van dae" gebruik het - kyk Gen. 49:1:  "Daarna het Jakob sy seuns geroep en gesĂȘ: Kom bymekaar, dat ek julle kan verkondig wat julle aan die einde van die dae sal wedervaar".
ALHOEWEL DIT DUIDELIK IS DAT SEKERE DINGE IN GEN. 49 NOG NIE TOTAAL IN VERVULLING GEGAAN HET NIE, IS DIT OOK INTERESSANT OM TE SIEN DAT SEKERE GOED WEL AL VERVUL IS. Heelwat ander gevalle in die Skrif is van so 'n aard dat geleerdes nie altyd seker is of dinge wat alreeds gebeur het, miskien weer so gaan gebeur nie. Veral wanneer dit by profesie kom, dan is die spreekwoord, "die geskiedenis herhaal homself", nogal kenmerkend.  Ander is weer eerder van mening dat sekere dinge reeds in vervulling gegaan het en nie weer so gaan gebeur nie, en daar gewag word vir die res om ook in vervulling te gaan.


Geen opmerkings nie: