Vrydag 19 Februarie 2016

Die Skepping (6)

Vir die ander dele oor hierdie onderwerp, gaan na:
-  TWEEDE DEEL (opdeling en uitleg van skepping): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-2.html

-  DERDE DEEL (aan/langs/bo uitspansel): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-3.html

-  VIERDE DEEL(die hemel daarbo/hoogste hemel): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-4.html

-  VYFDE DEEL (verskillende elemente v/d hemel en uitspansel): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-5.html

-  SESDE DEEL (Jesus Christus se mag op hemel en aarde): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-6.html

-  SEWENDE DEEL (dit wat onder die aarde is): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-7.html
________________________________________________________________________________
In hierdie blogpost:
- Jesus, mag in hemel en op aarde;

- hoogste hemel -
- stem vanuit hemel;
- uitverkorenes in hemel;
- Jesus kom van hemel en nou in hemel; Heilige Gees kom van hemel; Vader in hemel;
- 3 wat getuig in hemel;

- einde v/d wereld - konneksie met woord "hemel". 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------

- JESUS CHRISTUS HET SELF DIE VADER "Here" genoem "van die hemel en die aarde":
(Luk 10:21)  In dieselfde uur het Jesus Hom in die gees verheug en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae.

- Die Vader het alle mag aan Hom oorgegee:
(Luk 10:22)  Alles is aan My oorgegee deur my Vader; en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die Vader, en wie die Vader is nie, behalwe die Seun en hy aan wie die Seun dit wil openbaar.

(Mat 28:17)  En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel.
(Mat 28:18)  En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.

(Act 4:12)  En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

ALMAL SAL EENDAG VOOR DIE REGTERSTOEL VAN CHRISTUS VERSKYN (2 Kor. 5:10). DIT IS DIE CHRISTEN SE BEGEERTE OM BY DIE HERE IN TE WOON EN MET 'N "WONING" (nuwe liggaam) UIT DIE HEMEL OORKLEE TE WORD (2 Kor. 5).  CHRISTUS JESUS SAL BESLUIT WIE OPGEWEK WORD TOT LEWE EN WIE NIE (Joh. 6:50,54).  AAN HOM IS ALLE MAG GEGEE IN DIE HEMEL EN OP AARDE;  EN HY HET DIE SLEUTELS VAN DIE DODERYK EN VAN DIE DOOD (Openb. 1:18). 

- Na Jesus Christus se opstanding en Hy aan baie verskyn het, het Hy opgevaar hemel toe (waar Hy gaan sit het aan die regterhand van die Vader):
(1Pe 3:22)  wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.

(Luk 24:51)  En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem. - NIEMAND KAN UIT EIE WIL OPVAAR NA DIE HEMEL NIE, SLEGS DIE SEUN VAN DIE MENS (Jesus Christus) WAT TERLOOPS VAN DIE HEMEL AF KOM! (Joh 3:13 - "En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is");(Joh 3:31 - "Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal").

- En Hy sal kom met die WOLKE VAN DIE HEMEL:
-(Act 3:19)  Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,
(Act 3:20)  en Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus,
(Act 3:21)  Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete.
(Act 3:22)  Want Moses het tot die vaders gespreek: Die Here julle God sal vir julle ‘n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek.

(Mar 14:62)  En Jesus sê: Ek is. En u almal sal die Seun van die mens aan die regterhand van die krag van God sien sit en kom met die wolke van die hemel.

(Mat 24:30)  En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.

(Mat 26:64)  Jesus antwoord hom: U het dit gesê. Maar Ek sê vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel.

- Wanneer Christus Jesus terugkom, sal Hy Sy engele uitstuur om die uitverkorenes te versamel:
(Mar 13:27)  En dan sal Hy sy engele uitstuur, en Hy sal sy uitverkorenes uit die vier windstreke versamel, van die einde van die aarde af tot by die einde van die hemel.

(1Th 4:16)  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.

(2Th 1:7)  en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele

- NET SOOS DIE VADER VIR DIE VOLK BROOD GEGEE HET UIT DIE HEMEL, SO HET HY SY SEUN GESTUUR (soos brood uit die hemel) OM VIR ONS LEWE TE GEE - JESUS CHRISTUS KOM VAN DIE HEMEL AF:
(Joh 6:31)  Ons vaders het die manna in die woestyn geëet, soos geskrywe is: Hy het brood uit die hemel aan hulle gegee om te eet.
(Joh 6:32)  En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee het nie, maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel.
(Joh 6:33)  Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee.
(Joh 6:34)  Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood.
(Joh 6:35)  En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.



(Joh 6:38)  Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.


- TERWYL JESUS CHRISTUS OP AARDE WAS, IS DAAR GELEENTHEDE WAAR DIE VADER MET HOM GEPRAAT HET VANUIT DIE HEMEL / HY IS OOK BEDIEN DEUR ENGELE WAT VAN DIE HEMEL AF KOM:
-(Joh 12:28)  Vader, verheerlik u Naam! Daar het toe ‘n stem uit die hemel gekom: Ek hét dit verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.
-(Joh 1:51)  (1:52) En Hy sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens.
-(Mat 4:11)  Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien.
-(Mat 3:16)  En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom. (Mat 3:17)  En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.

_________________________________________________________________________________
DIE HEILIGE GEES IS VAN DIE HEMEL GESTUUR:
(1Pe 1:12)  Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is—dinge waarin die engele begerig is om in te sien.
_________________________________________________________________________________
DAAR IS 3 WAT GETUIG IN DIE HEMEL:
(1Jn 5:7)  Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een;
_________________________________________________________________________________
DIE WAARHEID (evangelie) KOM VAN DIE HEMEL AF, VAN DIE VADER AF, EN CHRISTUS HET DIT VIR ONS KOM DEEL (EN HY HET SY GEES GESTUUR AAN DIE WAT HOM DIEN SODAT DIE GEES HULLE verder IN DIE WAARHEID KAN LEI).  Dit is hierdie evangelie wat die dissipels verkondig het - nl. die waarheid wat Christus gebring het (vanuit die hemel), maar sou iemand 'n ander evangelie bring in stryd met hierdie waarheid - selfs al sou dit deur 'n engel uit die hemel verkondig word, dan moet ons nie ag gee daarop nie:

(Gal 1:8)  Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!
_________________________________________________________________________________

KOM ONS KYK NA NOG 'N PAAR SKRIFTE WAT HANDEL OOR DIE "Einde van die wereld".  Ons kyk ook na skrifte uit Openbaring waarin die woord "hemel" voorkom:

(Isa 13:5)  Hulle kom uit ‘n ver land, van die einde van die hemel af, die HERE en die werktuie van sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes.

(Isa 13:10)  Want die sterre van die hemel en sy Oríons sal hulle lig nie laat skyn nie; die son is duister by sy opgang, en die maan laat sy lig nie skyn nie.
(Isa 13:11)  En Ek sal aan die wêreld sy boosheid besoek, en aan die goddelose hulle ongeregtigheid; en Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou en die hoogmoed van tiranne verneder.
(Isa 13:12)  En Ek sal sterwelinge skaarser maak as fyn goud, en mense as goud van Ofir.
(Isa 13:13)  Daarom sal Ek die hemel laat sidder, en die aarde sal wyk uit sy plek met gebeef, vanweë die grimmigheid van die HERE van die leërskare en vanweë die dag van sy toorngloed.

(Isa 34:4)  En al die leërskare van die hemel vergaan, en die hemel word inmekaar gerol soos ‘n boek en al sy leërskare val af soos ‘n blad van die wingerdstok afval en soos vye afval van die vyeboom.

(Jer 4:23)  Ek het na die aarde gekyk, en dit was woes en leeg; ook na die hemel, en sy lig was daar nie.

(Eze 32:7)  En as Ek jou uitblus, sal Ek die hemel oordek en sy sterre verdonker; Ek sal die son met wolke oordek, en die maan sal sy lig nie laat skyn nie.

(Eze 32:8)  Al die skynende ligte aan die hemel, dié sal Ek om jou ontwil duister maak, en Ek sal duisternis gee oor jou land, spreek die Here HERE.

(Hag 2:21)  Spreek met Serubbábel, die goewerneur van Juda, en sê: Ek sal die hemel en die aarde laat bewe.

(Rev 6:13)  en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval;
(Rev 6:14)  en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit;

Rev_8:1  En toe Hy die sewende seël oopgemaak het, kom daar stilte in die hemel omtrent ‘n halfuur lank. 

Rev_8:10  En die derde engel het geblaas, en ‘n groot ster wat soos ‘n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ‘n derde van die riviere en op die waterfonteine. 

Rev_8:13  En ek het gesien en gehoor ‘n engel wat in die middel van die hemel vlieg, wat met ‘n groot stem sê: Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas! 

Rev_9:1  En toe die vyfde engel blaas, sien ek ‘n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee. 

Rev_10:1  En ek het ‘n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met ‘n wolk, en ‘n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur; 

Rev_10:4  En toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, wou ek skrywe; maar ek het ‘n stem uit die hemel vir my hoor sê: Verseël wat die sewe donderslae gespreek het, en skryf dit nie op nie. 
Rev_10:5  En die engel wat ek op die see en op die land sien staan het, het sy hand na die hemel opgehef, 
Rev_10:6  en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen tyd meer sal wees nie; ..........
Rev_10:8  En die stem wat ek uit die hemel gehoor het, het weer tot my gespreek en gesê: Gaan, neem die geopende boekie in die hand van die engel wat op die see en op die land staan. 

Rev_11:6  Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie; en hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander en om die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil. 

Rev_11:12  En hulle het ‘n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na die hemel in die wolk, en hul vyande het hulle aanskou. 
Rev_11:13  En in dié uur het daar ‘n groot aardbewing gekom, en ‘n tiende van die stad het geval, en sewe duisend mense het in die aardbewing omgekom, en die ander het bevrees geword en aan die God van die hemel heerlikheid toegebring. 

Rev_11:15  En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid. 

Rev_11:19  En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael. 

Rev_12:1  En ‘n groot teken het in die hemel verskyn: ‘n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof ‘n kroon van twaalf sterre; 

Rev_12:3  En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone; 
Rev_12:4  en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het. 

Rev_12:7  En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; 
Rev_12:8  en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie. 

Rev_12:10  Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. 

Rev_13:6  En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster. 

Rev_13:13  Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense. 

Rev_14:2  En ek het ‘n geluid uit die hemel gehoor soos die geluid van baie waters en soos die geluid van ‘n harde donderslag, en ek het die geluid gehoor van siterspelers wat speel op hulle siters. 

Rev_14:7  En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het. 

Rev_14:13  En ek het ‘n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle. 

Rev_14:17  En ‘n ander engel het uitgekom uit die tempel wat in die hemel is, en hy het ook ‘n skerp sekel gehad; 

Rev_15:1  En ek het ‘n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik: sewe engele met die sewe laaste plae, want daarmee is die grimmigheid van God voleindig. 

Rev_15:5  En ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, die tempel van die tent van die getuienis in die hemel is geopen. 

Rev_16:11  en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer van hul werke nie. 

Rev_16:17  En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ‘n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby! 

Rev_16:21  en groot hael, omtrent ‘n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was. 

Rev_18:1  En ná hierdie dinge het ek ‘n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid. 

Rev_18:4  En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. 
Rev_18:5  Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou. 

Rev_18:20  Verbly jou oor haar, o hemel, en o heilige apostels en profete, omdat God julle oordeel aan haar voltrek het! 

Rev_19:1  En ná hierdie dinge het ek iets soos ‘n groot stem van ‘n groot menigte in die hemel gehoor wat sê: Halleluja, die heil en die heerlikheid en die eer en die krag aan die Here onse God! 

Rev_19:11  Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. 

Rev_19:14  En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne. 
__________________________________________________
Rev_20:1  En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand. 

Rev_20:9  En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind. 

Rev_20:11  En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 

Rev_21:1  En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. 
Rev_21:2  En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is. 
Rev_21:3  En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. 

Rev_21:10  En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal; 

_________________________________________________________________________________



Geen opmerkings nie: