Vrydag 21 April 2023

Opstanding tot lewe / Opstanding tot veroordeling

Almal sal herlewe, maar nie almal op dieselfde tyd nie en nie almal in dieselfde soort liggame nie. Almal sal ook nie onder dieselfde oordeel val nie;  bv., die wat deel het aan die eerste opstanding aan die einde van "hierdie eeu" is nie onder die mag vd tweede dood nie (maar onder Jesus se mag)(Openb. 20:6), terwyl die wat herlewe aan die einde vd "volgende eeu" na Jesus se 1000 jaar regering, sal val onder 'n ander oordeel... (Openb. 20:11-15). 

Opstanding of herlewing gaan gewoonlik gepaard met OORDEEL;  bv.,  die wat deel het aan die opstanding wanneer Jesus terugkom (aan die einde van "hierdie eeu"), sal voor DIE REGTERSTOEL VAN CHRISTUS verskyn (Rom. 14:10; 2 Kor. 5:10), en die wat deel het aan die herlewing van dooies aan die einde vd "volgende eeu" (na Jesus Christus se 1000 jaar regering), sal voor die WIT TROON oordeel verskyn (Openb. 20:11,5).

Daar is verskillende opstandings en herlewings, en elkeen geskied op 'n ander tyd en word verskillend geoordeel... 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

OPSOMMING VAN OPSTANDINGS/HERLEWINGS:

(Neem kennis dat die begrip "opstanding" gewoonlik gebruik word wanneer daar na kinders vd koninkryk verwys word wat opstaan uit die dood;  terwyl die begrip "dooies herlewe" weer gewoonlik gebruik word vir die wat nie aan die koninkryk van God behoort nie...). 

(1) Jesus was die eerste wat opgestaan het uit die dood (Kol. 1:18 - "En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees")(Hand. 2:27; Mark. 16:9)(Hy het opgestaan in 'n soort liggaam wat onverganklik is - Hand. 13:34);  

(2) die volgende groep was die wat opgestaan het kort nadat Jesus opgestaan het (bv O.T. heiliges en/of die wat in ditto tyd as Jesus gelewe het maar doodgegaan het - ons weet nie presies na wie almal hierdie verwys nie...)(Matt. 27:52,53 - "en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn");  

(3) die volgende twee groepe is die wat opstaan wanneer Jesus terugkom (aan die einde van "hierdie eeu")(1Thess. 4:16 - "Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan"), nl. (1) "die opstanding tot lewe" en (2) "die opstanding tot veroordeling   - hierdie twee "opstandings" verwys almal na "kinders vd koninkryk" en moenie verwar word met die opstanding aan die einde van die volgende eeu nie. Die wat opstaan aan die einde van "hierdie eeu" sal voor die regterstoel van Christus verskyn (sommige sal opstaan tot lewe en sommige tot veroordeling).

(4)  dan die wegraping. Die wegraping moet gesien word as deel van "die opstanding" waarna verwys word in punt 3 (die Skrif leer dat die opstanding eerste gaan plaasvind en daarna die wegraping... 1Thess. 4:16,17). Aan die einde van hierdie eeu, wanneer Jesus terugkom, sal die wat in Hom gesterf het opstaan; en daarna sal die wat in Hom glo maar nog in die lewe is, se liggame ook verander word... (wat ons ken as "die wegraping") - net soos wat die wat opgestaan het nuwe liggame gekry het, sal hierdie kinders vd koninkryk dan ook nuwe liggame kry (1 Kor. 15:50-58). (1Thess. 4:16 - "Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees").

(5)  Die laaste groep is aan die einde van die "volgende eeu" (m.a.w., aan die einde van Jesus se 1000-jaar Ryk) - die ander "dooies sal dan herlewe" en voor die WIT TROON verskyn om geOORDEEL te word... Tipies verwys hierdie groep wat voor die wit troon oordeel verskyn nie na die wat opstaan aan die einde van "hierdie eeu" (met die begin vd 1000 jaar)(kyk punt 3 n 4) nie (want hulle sal voor die regterstoel van Christus verskyn - hierdie groep verwys na "die ander dooies" (m.a.w., die wat nie opstaan wanneer Jesus terugkom nie)(Openb. 20:4,5).  Hierdie groep verwys dus ook na die wat sal doodgaan het aan die einde vd "volgende eeu"...;  en kan moontlik ook verwys na die wat opgestaan het "tot veroordeling" onder punt 3 (Openb. 20:11-15 - "En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp")(Openb. 20:5).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die verskil tussen die "opstanding tot lewe" en "die opstanding tot veroordeling":

Beide hierdie twee opstandings verwys na die tyd van "DIE OPSTANDING" aan die einde van "hierdie eeu" (wanneer Jesus terugkom), maar daar is 2 OPSTANDINGS wat onder hierdie "opstanding" val (nl. "die opstanding tot lewe, en die opstanding tot veroordeling). Alhoewel kinders van die koninkryk deel het aan die "eerste opstanding" en die tweede dood dus geen mag het oor hulle nie, het Jesus mag oor hulle!  Hy sal besluit wie ingaan in Sy koninkryk, en wie nie...  Hy besluit wie Hy opwek tot lewe, en wie nie... Hierdie is bv. die tyd wanneer Hy die regverdiges en geregtiges gaan skei van die onregverdiges en ongeregtiges. M.a.w., nie almal wat behoort aan die koninkryk van God/hemele sal uiteindelik ingaan nie.  Jesus het geleer dat die wat goed gedoen het sal OPSTAAN TOT LEWE, maar die wat kwaad gedoen het sal OPSTAAN TOT VEROORDELING...   (Joh 5:27-29 - "En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is. Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling"). L.w. dat hierdie nie 'n lering is wat sekere kerke uitgedink het om die genade boodskap tot niet te maak nie!, maar is iets wat Jesus self geleer het en het dit ook op ander maniere in vele gelykenisse vir ons verduidelik. O.a. het Hy die koninkryk vd hemele voorgestel soos 'n net wat in die see gegooi word (Mat 13:47-50) en van elke soort bymekaar bring (Matt. 13:48-50 - "en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg. So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande").

- (a) "DIE OPSTANDING TOT (ewige) LEWE" (verwys na die opstanding vd regverdiges in die koninkryk van God/m.a.w., DIE GOEIE VISSE)(hulle sal opstaan in verheerlikte/onverganklike liggame - soos die soort liggaam waarin Jesus opgestaan het), en      

- (b) "DIE OPSTANDING TOT VEROORDELING" (verwys na die opstanding vd onregverdiges in die koninkryk van God/m.a.w., DIE SLEGTE VISSE). Die wat opstaan tot veroordeling, word veroordeel... - onder hierdie groep val bv. die wat sonder vrug is asook die bokke - die koring sal van die kaf geskei word (die Here sal Sy dorsvloer skoonmaak-Mark. 3:12; Luk. 3:17), en die skape (barmhartiges) van die bokke (onbarmhartiges) geskei word (Matt. 25)....  In ditto tyd sal die Here ook al die struikelblokke of ingesluiptes uit Sy koninkryk verwyder, nl. die onkruid (die valses - valse broeders, valse profete, valse leraars / die ongeregtiges) sal van die koring geskei word... (Matt. 13:24-30,36-43).

Saterdag 18 Maart 2023

Wat beteken "om te vrees"/eer?

Wat beteken dit om "die Here te VREES of EER"? Wat beteken dit dat kinders hulle ouers, of dat ons die persoon van 'n grysaard moet EER? In hierdie pos kyk ons na die betekenis van hierdie woorde in verskillende skrifte in die Hebreeus en Grieks. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Vrees die Here / die vrees van die Here:

Die woord "vrees" beteken "om bang/angstig te wees" - dit is ook wat bedoel word wanneer ons beveel word om die Here te vrees... (moet bang wees vir Hom), wat o.a. beteken dat jy Hom moet respekteer. Die Hebreeuse woord vir VREES is (" yaw-ray' ", en dit beteken "om bang te wees vir, angstig, respekteer").  (Die woord EER is die Hebr. woord " haw-dar' ", wat verwys na guns of trots, en beteken "om voor te plaas of voor te trek, op te heerlik, ens. - rol af vir 'n opsomming hieroor).

-(Lev 19:32) "Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van ‘n grysaard EER  (Hebr " woord haw-dar' ", wat verwys na guns of trots, en beteken "om voor te plaas of voortrek, op te heerlik, ens.); en jy moet jou God VREES (Hebr. woord " yaw-ray' ", wat beteken om bang te wees vir, angstig, respekteer,). Ek is die HERE".    

- (Lev 19:14)  Jy mag ‘n dowe nie vloek nie, en voor die blinde geen struikelblok lê nie; maar jy moet jou God VREES (Hebr. woord " yaw-ray' ", wat beteken om bang te wees vir, angstig, respekteer,). Ek is die HERE. 

Kyk gerus die konteks in Lev. 19:14 - "jy mag 'n dowe nie vloek nie" ens... - en dan die woorde "MAAR JY MOET JOU GOD VREES".  Gehoorsaamheid en vrees gaan hand in hand! Die persoon vir wie jy bang is is die persoon na wie jy luister/vir wie jy respekteer. In ander woorde, jy moet bang wees vir die Here... - Hom respekteer - moet Hom gehoorsaam. Ons weet dat kinders wat nie bang is vir hulle ouers nie, of mense wat nie bang is vir die Here nie, geneig is om "te doen wat hulle wil"... (hulle gee nie om of daar gevolge is nie, of dink daar sal nie wees nie...). As hierdie kenmerk bv. by 'n kind ontbreek is dit moeilik vir ouers, want sulke kinders is gewoonlik ongehoorsaam, hoogmoedig en opgeblase. Die manier om sulke kinders te dissiplineer is om hulle terug te bring by die plek waar hulle bang is vir hulle ouers, en dit word gewoonlik verkry deur vermaning en/of straf - kinders moet weet daar is gevolge vir hulle optrede. Wanneer vrees ontbreek by kinders vd Here, is vermaning en/of straf ook gewoonlik die manier wat die Here gebruik om Sy kinders terug te bring in vrees vir Hom. Kinders moet weet wat is die gevolge van ongehoorsaamheid.  Die mens moet nie vergeet nie, dat die Here is by magte om te red en te verderf (Luk. 12:4,5), en alle kinders vd Here sal eendag voor die regterstoel van Christus veskyn (2 Kor. 5:10,11 - "Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad. Omdat ons dan die vrees van die Here ken, probeer ons om die mense te oortuig; maar voor God is ons openbaar, en ek hoop om ook in julle gewetens openbaar te wees"). Daar is sommige Christene wat nie die Here vrees nie en in ongehoorsaamheid stap, en die rede hiervoor is gewoonlik omdat hulle dink dat daar geen gevolge is vir hulle optrede nie... Heelwat valse leerstellings het hierdie tot gevolg gebring, o.a. dat sommige glo dat 'n weergeborene nie sy/haar saligheid kan verloor nie, maak nie saak wat hulle doen nie.. (??). Die kerk moet terugkom na Jesus se woorde en na wat in die eerste gemeentes geleer is, wat terloops heelwat verskil van sekere algemene sieninge in die kerk vandag rondom saligheid. Weergeborenes moet bv. leer dat daar gevolge is sou hulle die Gees bedroef. Jesus het o.a. geleer dat kinders vd koninkryk wat nie vrug dra nie, eendag uitgegooi sal word;  en het ook geleer dat bokke nie sal ingaan in die koninkryk nie... In die eerste gemeentes is ook geleer dat Christene wat in sonde bly stap en dit nie afle nie (bv. hoereerders, afgodedienaars, kwaadsprekers, egbrekers, diewe, leuenaars, ens.), nie sal ingaan in die koninkryk nie (1Kor. 6:10 - "Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie")(Gal 6:7,8 - "Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai").

Om die Here te vrees gaan oor "doen wat Hy wil" (nie wat ons wil nie) - as jy die Here vrees is jy lief vir Hom, Sy woord, Sy wee, ens.. 'n Kind wat sy ouers vrees het hierdie selfde kwaliteite, nl. "doen wat die ouers wil, is lief vir hulle, hou van hulle lering, respekteer hulle kultuur", ens. 

(1) As iemand bang is vir die Here (Hom respekteer),

(2) dan sal hy die Here gehoorsaam. 

Spr. 8:13 leer vir ons dat "vrees vd Here" bedoel "om te haat wat sleg is" (iemand wat die vrees vd Here het, is lief vir wat goed is - bv. is lief vir die Here, Sy waarheid, Sy wil, want Hy is goed en Sy woord is goed...). Iets wat gewoonlik volg wanneer iemand die vrees vd Here het is dat die Naam vd Here grootgemaak word! (Hy word opgeheerlik - vgl. dit gerus met die betekenis vd woord "eer"). Wanneer iemand die Here VREES, gaan hy Hom EER... (Hand. 19:17 - " En dit het bekend geword aan al die Jode en Grieke wat in Éfese woon, en vrees het op hulle almal geval, en die Naam van die Here Jesus is groot gemaak").  Daar is dus ook 'n nou verband tussen die woorde "vrees" en "eer".  In ander woorde, die wat die Here eer trek Hom voor, Sy woord, Sy bevele, en heerlik Hom op! Hulle het respek vir Hom (soos 'n kind wat sy ouer eer - so 'n kind is gunstig en trots op sy ouer en plaas die ouer voor). Hierdie is ongelukkig iets wat somtyds by kinders vd Here ontbreek, is dat hulle hul eie waardes en sieninge voortrek in plaas van die Here s'n.  So iemand eer nie die Here nie. Hierdie optrede word veral somtyds by slim kinders ook gesien, omdat hulle dink hulle is slimmer as hulle ouers of meerderes... Die woord "opgeblase" word veral in die Skrif hiervoor gebruik. Baiemaal is kinders vd Here ook opgeblase - hulle dink hulle weet beter, en eer dan nie die Here nie maar doen soos hulle goeddink en glo hulle eie sieninge. L.w. dat hierdie baie gevaarlik is vir 'n Christen, want so iemand het hom nog nie bekeer van sy eie sieninge nie, of is op die gevaarlike plek waar hy kies om nie die Here te EER nie (kyk gerus wat met koning Saul gebeur het wat hierdie selfde paadjie geloop het - die Here het uiteindelik Sy Gees van hom weggeneem...). 

Die wat die Here eer "haat wat sleg is" (haat bv. dit wat nie ooreenstem met die Here se woorde of leiding nie) - die geestelike mens luister bv. nie na die wereld nie, en doen nie soos die wereld nie maar eer en vrees die Here en doen soos Hy wil, luister na Hom, heerlik Hom op, trek Hom voor, en is trots op Hom (dit is die groot verskil tussen die "natuurlike mens" en die "geestelike mens", en dus relatief maklik om te sien wie dien die Here en wie nie).

- Wanneer iemand die Here vrees het hy Sy gebooie lief; 

- maar die wat Hom nie vrees nie, verag Hom... (hulle verag Sy wil en Sy gebooie). 

In heelwat skrifte waar gepraat word oor die vrees vd Here of eer vir Hom, kan hierdie selfde vgl. vekry word, bv:

- (Ecc 12:13,14)  Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense. Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg. ;  en

- (Spr. 14:2)  Wie in sy opregtheid wandel, vrees die HERE; maar hy wat verkeerd is in sy weë, verag Hom. Wanneer vrees ontbreek, is "veragting" gewoonlik aan orde vd dag (verag meester/vader se sieninge, optrede, wil). Hierdie is 'n groot teken van wie regtig vrees/eer het (nl. gehoorsaamheid), want wanneer vrees ontbreek doen iemand wat hy wil / hy luister nie / is ongehoorsaam (Mal 1:6 - "‘n Seun eer die vader, en ‘n kneg sy heer. As Ek dan ‘n Vader is, waar is my eer? En as Ek ‘n Heer is, waar is die vrees vir My? sê die HERE van die leërskare aan julle, o priesters, wat my Naam verag! Maar julle sê: Waardeur het ons u Naam verag?"). In die eerste gemeentes was hierdie baie opsigtelik onder die wat tot geloof gekom het, is dat hulle o.a. "gewandel het in die vrees vd Here"... (Hand. 9:31 - "En die gemeentes deur die hele Judéa en Galiléa en Samaría het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder"). Hulle was gehoorsaam aan die Here (het na Hom geluister) - het Hom gevrees, geeer (ag gegee op Sy gebooie/Sy wil - het die Here se wil lief, het Hom opgeheerlik, voorgetrek). As hierdie nie gebeur by iemand wat tot geloof kom nie is dit onwaarskynlik dat daardie persoon opreg die Here dien/vrees/eer.  

DIE WAT DIE HERE VREES WORD O.A. GESIEN SOOS "VERSTANDIGES"! - (Spr. 1:7 - "Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug");(Psa 111:10 - "Resj. Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid; Sin. almal wat dit beoefen, het ‘n goeie verstand. Tau. Sy lof bestaan tot in ewigheid"). Maar die wat wysheid en tug verag/die wat Hom nie vrees nie, word in Spr. 1:7 voorgestel soos "sotte"... - Rom. 1 skets ook vir ons hierdie prentjie.  Dit is duidelik dat die wat lief is vir dit wat sleg is, eer nie die Here nie... Die Here wil nie he dat ons oor allerhande dinge bang moet wees nie, bv. wat ons sal eet of aantrek, of selfs vir die wat die liggaam kan doodmaak nie, maar as daar iemand is vir wie ons moet vrees is dit vir Hom! (daar is niemand soos Hy nie, die Een wat by magte is om jou te red of te verderf, ons Skepper-die Een wat alles geskep het inkluisend jou, wat die sand gestel het as grens vir die see, wat reen en oes gee, ens...)(Openb. 14:7; 15:4; Jer. 5:22-24; 10:6,7). Hy moet gevrees en geeer word  -  (Luk 12:4,5 - "En Ek sê vir julle, my vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie; maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!")(Luk. 12:22-34; Matt. 10:28). Spr. 14:26,27 leer vir ons dat in die vrees van die HERE lê ‘n sterk sekerheid - die HERE is ‘n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk...  Kom ons wees verstandig!

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wat beteken dit "om te eer"?:

Ons het bo gesien dat die begrip "eer" gaan hand in hand met "vrees", en sal ook hier die verband sien tussen "gehoorsaamheid" en "eer". In Hebreeus en Grieks beteken die woord "eer" om voor te plaas/trek, op te heerlik/verheerlik, te respekteer, waarde te heg aan,  trots wees op, ens.  Maar wanneer respek (vrees) ontbreek sal iemand nie wil voorgetrek, opheerlik, guns bewys aan, of trots wees op daardie persoon nie. 'n Kind wat bv. nie sy ouers vrees nie, sal hulle nie eer nie.  

'n Goeie vb. waar hierdie verband gesien kan word in die Skrif, is waar ons beide beveel word om ouers te EER asook te VREES (Lev. 19:32; Matt. 15:4; 19:19; Eks. 20:12)(Lev. 19:3)  - sien dus die konneksie tussen "gehoorsaamheid" en "eer". IN ANDER WOORDE, IEMAND WAT NIE VREES (bang, respek) HET NIE, SAL NIE EER NIE;  

EN IEMAND WAT NIE EER (voorplaas, opheerlik, trots op, ens.) NIE, SAL NIE GEHOORSAAM WEES NIE...  

Ongehoorsaamheid word gewoonlik toegeskryf aan veral hierdie 2 dinge:

(1) die persoon het geen vrees nie/het nie respek nie;

(2) en omdat hy nie vrees het nie, eer hy nie die een aan wie eer toekom nie... (ongehoorsaamheid, en waar eer ontbreek, is dus tekens dat iemand nie vrees het nie).

Skrifte oor "eer":

- (Lev 19:32) "Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van ‘n grysaard eer  (Hebr " woord haw-dar' ", wat verwys na guns of trots, en beteken "om voor te plaas of voortrek, op te heerlik, ens.); en jy moet jou God vrees (Hebr. woord " yaw-ray' ", wat beteken om bang te wees vir, angstig, respekteer,). Ek is die HERE".

(Lev 19:3)  Elkeen moet sy moeder en sy vader vrees (Hebr. woord " yaw-ray' ", wat beteken om bang te wees vir, angstig, respekteer,), en my sabbatte hou. Ek is die HERE julle God.

- (Mat 15:4)  Want God het bevel gegee en gesê: Eer (Gr. woord " tim-ah'-o ", wat verwys na respek, en beteken "heg waarde aan, eer") jou vader en moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe.

- (Mat 19:19)  eer (Gr. woord " tim-ah'-o ") jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

- (Exo 20:12)  Eer (Hebr. woord " kaw-bad, kaw-bade' ", wat verwys na "hoeveel" eer, bv. beteken "oorvloedig wees met" (eer), bv. trots wees op, spog, "verheerlik"/opheerlik, ens.) jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.

- (Lev 19:3)  Elkeen moet sy moeder en sy vader vrees (Hebr. woord " yaw-ray' "), en my sabbatte hou. Ek is die HERE julle God.


Ouers en oumense moet geeer word - skrifte:

- (Lev 19:32)  Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van ‘n grysaard eer (Hebr " woord haw-dar' ", wat verwys na guns of trots, en beteken "om voor te plaas of voortrek, op te heerlik, ens.); en jy moet jou God vrees. Ek is die HERE.

- (Spr. 23:22)  Luister na jou vader wat jou verwek het, en verag jou moeder nie as sy oud geword het nie.

- (Ef. 6:1-3)  Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam (Gr. woord " hoop-ak-oo'-o ", wat beteken om "ag te gee" of "om te gehoorsaam") wees in die Here, want dit is reg. Eer jou vader en jou moeder—dit is die eerste gebod met ‘n belofte sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde. (KYK HOE "GEHOORSAAMHEID" EN "EER" SAAM IN HIERDIE SKRIF GEBRUIK WORD).

LET WEL DAT DIE GEBOD "EER JOU VADER EN JOU MOEDER" GEKOPPEL IS AAN 'N BELOFTE. Natuurlik kan "'n kort lewe" nie altyd toegeskryf word aan waar eer vir ouers ontbreek nie, maar as kinders nie hulle ouers eer nie kan hulle ook nie verwag dat dit met hulle sal goedgaan en hulle sal lank lewe op die aarde nie... 

Dinsdag 07 Maart 2023

7 Geeste van God

IN HIERDIE POS WIL ONS KYK NA DIE TERM "7 Geeste van God" WAT GEBRUIK WORD IN DIE BOEK VAN OPENBARING. Is die term slegs beeldspraak, of is daar werklik 7 Geeste van God?  Verwys hierdie 7 Geeste na verskillende name?, of na gawes, bedieninge en werke vd een Gees? 

Daar is min skrifte in die Bybel wat melding maak van hierdie "7 Geeste van God", en die 7 Geeste word ook nie elk op 'n naam genoem nie. Sommige geleerdes probeer name kry uit ander skrifte, maar daardie name moet miskien eerder gesien word as "werke of dele vd Gees" (as wat dit is om verskillende Geeste van God te beskryf);  tog is dit sekerlik nie verkeerd om na die verskillende gawes, bedieninge en werke vd Gees te verwys as "geeste" nie (soos dit in sommige skrifte gebruik word, bv. Jes. 11:2), maar dan met die doel dat dit verskillende maniere is om die Gees van God te beskryf ... (bv., die Heilige Gees word ook die Gees van God genoem, asook die Gees van waarheid)  (die gawe van wysheid en gawe van kennis kan bv. maklik na verwys word as "die Gees van wysheid en verstand", maar dit is een Gees, maar verskillende gawes vd Gees...).  Dit is duidelik dat die "7 Geeste van God" verwys na "die Gees van God" (al word daar heelwat name vir die Gees van God gegee). As daar inderdaad 7 name aan die Gees van God gegee word in die hemel, dan weet ons nie wat hierdie 7 name presies is nie. 

In hierdie pos gaan ons kyk na die betrokke skrifte in Openbaring waar daar melding gemaak word van die 7 Geeste van God, asook kyk na ander skrifte wat moontlik kan lig werp op hierdie onderwerp.
_________________________________________________________________________________
DAAR IS 4 SKRIFTE IN DIE BOEK VAN OPENBARING WAT MELDING MAAK VD 
"7 Geeste van God"Kom ons kyk eers na die betrokke 4 skrifte (in Griekse betekenis en in konteks):

-  (Openb. 4:5)  En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels (Gr. woord " lam-pas' ", wat beteken lamp, lig, flits) wat die sewe Geeste (Gr. woord " pnyoo'-mah ", wat verwys na wind of asem, en beteken gees, spook, lewe, verstand) van God is, het voor die troon gebrand;
-  (Openb. 5:6)  En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar ‘n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë (Gr. woord " of-thal-mos' ", wat verwys na visie - beteken oog, sig), wat die sewe Geeste (Gr. woord " pnyoo'-mah ") van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde.
-  (Openb. 3:1)  En skryf aan die engel van die gemeente in Sardis: Dít sê Hy wat die sewe Geeste (Gr. woord " pnyoo'-mah ") van God en die sewe sterre het: Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef en jy is dood.
-  (Openb. 1:4)  Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste (Gr. woord " pnyoo'-mah ") wat voor sy troon is.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat kan ons leer oor die 7 Geeste van God uit hierdie betrokke skrifte:

Die 7 Geeste van God word voorgestel met "sewe vuurfakkels" (lamp/lig/flits wat in donker skyn)(Openb. 4:5)  (die 7 Geeste van God is soos 'n lamp/e - dus, die wat die Gees van God ontvang het 'n lamp wat vir hulle help om te sien, bv. om te "sien" wat moet gedoen word, of om te "sien" wat is die waarheid, ens. - die 7 Geeste van God is soos lig in die donker...) (weergeborenes in wie die Heilige Gees is word bv. ook voorgestel soos ligte in hierdie wereld, want hulle het die Lig! - kyk tema "kinders vd dag";  uitverkorenes word o.a. voorgestel soos sterre (Gen. 22:17; Deut. 1:10) wat skyn in 'n donker plek.  Die Messias word ook voorgestel soos 'n ster, nl. "die blink Morester"(Openb. 22:16), 'n "lig in die duisternis" (Joh. 1:5). Die profetiese woord word ook soos 'n lamp voorgestel (2 Pet. 1:19). Figuurlik word die aarde op die oomblik soos 'n donker plek voorgestel, maar die dag kom! (1 Pet. 1:19);  en solank die dag nog nie aangebreek het nie is Christus en die profetiese woord soos lig in die duisternis...;  maar wanneer "die dag aanbreek" begin 'n nuwe era, en die nasies vd aarde sal die Here se weg ken en Hom loof en bly wees en jubel omdat Hy hulle regverdig oordeel... - die Here sal die nasies op aarde lei en hulle sal Hom vrees en loof - die Lig sal onder hulle woon en hulle sal Sy seen ervaar....ens. (Ps. 67:2-8). Huidiglik is die Here nie self hier teenwoordig nie, maar is teenwoordig deur Sy Gees! (en Sy Gees en Sy woord is dus soos 'n lamp...). In Openb. 1:16,20 word die "engele" (boodskappers) vd gemeentes ook voorgestel soos "sterre" (ligte) - sekerlik ook omdat hulle die profetiese woord vir die mense bring wat soos lig is...);

Die 7 Geeste van God word voorgestel as die Lam se oë (sig) - "sewe oë"wat uitgestuur is oor die hele aarde" (Openb. 5:6) (hier is die klem op die feit dat die 7 Geeste van God uitgestuur word en dus soos oe is vir die Here..., m.a.w. "om te sien" wat op die aarde aangaan - vgl. dit gerus met Openb. 3:1 waarin die Lam aan die gemeente van Sardis se "Ek ken jou werke..." - die Here weet/sien alles, Hy sien Sy kinders se doen en late, weet wat in hulle harte aangaan, ens...) (vgl. dit ook met bg. Openb. 4:5 waarin die 7 Geeste van God voorgestel word met lampe;  m.a.w. "om te kan sien!" - nie net dat die Here ons sien nie, maar ook dat die Gees 'n lig is vir ons sodat ons kan sien....)(dus, op beurt sal elke mens wat die Gees ontvang ook instaat wees om te SIEN! bv., die wat in Jesus is en die Gees ontvang, is "afgesonder" ("heilig") vir Hom - Hy vernuwe hulle, lei, leer, vul met die krag vd Gees ens., en Hy verander hulle "manier van sien".  Bv., die wat in Christus Jesus glo ontvang die Heilige Gees (die Gees van waarheid) - en daarom kan hulle "SIEN" ! (hulle verstaan/weet/ken die waarheid en die Here, ens. - dit is terloops die groot verskil tussen die "natuurlike mens" en die "geestelike mens"...).  Die Heilige Gees is soos oe vir hulle - 'n fakkel/lig op hulle pad (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/11/beeldspraak-van-ster-en-skyn-en.html) en leer en lei hulle in die WAARHEID (hulle kan "sien"/verstaan/weet/kan sien waar die pad is). En die Gees werk ook ander gawes en bedieninge deur hulle, bv. gawe van  wysheid, gawe van kennis, gawe van onderskeiding...., ens. (hulle is soos "sieners").  Hulle "sien" dinge wat ander mense nie sien nie - verstaan of weet iets wat ander mense nie weet nie, het sekerheid, ens. M.a.w., hulle sien/weet/verstaan, omdat hulle die Gees het - en die Gees werk ook hierdie dinge deur hulle deur gawes en bedieninge);

Die 7 Geeste van God is in die Lam se hande (Openb. 3:1) (Hand. 2:33 - "Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor") (Hy gee die Gees aan die wat in Hom glo - hierdie is iets waarna die volk van God vir lank uitgesien het vir eeue, is dat wanneer die Messias kom die Gees uitgestort sou word want nie alle geroepenes in die Ou Testament het die Gees ontvang nie.  In die Nuwe tesament word die Gees gegee aan almal wat glo in Jesus Christus en Hom gehoorsaam, en hulle ontvang ook gawes en bedieninge vd Gees volgens geloof). Jesus Christus is die Een wat die Gees stuur aan die wat in Hom glo... - hy het mag verkry om dit te doen;

Die 7 Geeste van God is voor Sy troon (Openb. 1:4). Die Gees van God is voor die Vader se troon, en word ook beskryf as in die Lam se hande, en word ook beskryf as die Lam se oe, en word ook beskryf as 7 vuurfakkels/lampe...  Dit is duidelik dat die Gees van God Homself nie net op aarde bevind nie maar ook in die hemel - is eintlik in die hemel (waar God woon - derde hemel)(http://warechristene.blogspot.com/2016/02/die-skepping-3.html), en word uitgestuur en uitgestort oor die aarde en na sekere mense.  Die begrip "Heilige Gees" verwys bv. na Gees wat "afgesonder" is (die woord "heilige" beteken "afgesonder"), en word in baie skrifte na verwys as "Gees van God".  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk of daar enige skrifte is waar daar na die Gees verwys word asof Hy uit verskillende dele bestaan, bv.:
- Jes. 11:1,2 ("Maar daar sal ‘n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra; en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE"). 

Die term "7 Geeste van God" word nie gebruik in Jes. 11:2 nie, maar daar word na die Gees verwys as die
-  "Gees van wysheid en verstand",
-  "Gees van raad en sterkte", en
-  "Gees van kennis en vd vrees vd Here".
Sommige geleerdes bou 'n hele studie uit Jes. 11:2 waarin hulle die verskillende dinge wat daar genoem word vd Gees toepas op die 7 Geeste van God (waarna verwys word in die boek van Openb.)(al word daar net 6 punte genoem, bv. wysheid, verstand, raad, sterkte, kennis, en vrees;  of daar net na "3 Geeste" verwys). Wat Jes. 11:2 aanbetref, waarin terloopes spesifiek verwys word na Jesus Christus (die takkie wat uitspruit uit die stomp van Isai), gaan dit hier oor hoe Hy die Gees van God op Hom het, en moet miskien eerder gesien word as beskrywend van die verskillende werkinge, gawes en bedieninge vd Gees wat op Hom rus as wat dit verskillende Geeste van God beskryf... - dit is een Gees, maar met verskillende werkinge, gawes en bedieninge (wat op beurt na verwys kan word as verskillende Geeste van God).  M.a.w., dit is "die Gees van God" maar verskillende werke vd Gees... - en dan sekerlik nie verkeerd om na hierdie verskillende dele te verwys as "Geeste" nie (maar bedoelend dat dit verskillende maniere is om die Gees te beskryf). Vgl. dit gerus met skrifte waar daar bv. na die gawes, bedieninge en werkinge van die Gees verwys word (1 Kor. 12:4-6 - "Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk"). Daar kan bv. ook onderskei word tussen wanneer iemand "die Heilige Gees ontvang" (wederbaar word deur die Gees) en "die krag van die Gees ontvang" (gedoop word in die Gees) - dit is dieselfde Gees, maar verkillende dele vd Gees... Die Heilige Gees is deels verantwoordelik vir die vernuwing van iemand wat weergebore word, maar werk ook verskillende gawes en bedieninge en werke deur die wat Hom ontvang (l.w. o.a. gawe van wysheid, gawe van kennis, ens). IN DAARDIE OPSIG wil dit voorkom of  DIE TERM "7 GEESTE VAN GOD" VERWYS NA VERSKILLENDE WERKE VAN DIE GEES  (wat op beurt ook na verwys kan word as "Geeste").  Dit sal ook interessant wees om 'n studie te maak van hierdie terme, bv. "wysheid en verstand". "raad en sterkte", en "kennis en vrees vd Here", wat terloops in heelwat ander skrifte saam gebruik word!..., bv.:-  "wysheid" en "verstand" (Eks. 31:3; 35:31; 36:1; Deut. 4:6; 1 Kon. 4:29; 1 Kon. 7:14; Openb. 13:18; Ef. 1:8; Spr. 3:13, 8:1; 24:3 ens.); -  "raad" en "sterkte" (Spr. 8:14; Jes. 11:2); en -  "kennis, en "vrees vd Here" (Spr. 1:7,29; 2:5; 9:10; Jes. 33:6). In seker skrifte word daar ook spesifiek na die "G(g)ees van wysheid" verwys (kyk bv. Ef. 1:17, Deut. 34:9; Eks. 28:3). 

Elkeen van hierdie verskillende "werke"/dele vd Gees kan dus sekerlik beskryf word as "Geeste".  

Dit is duidelik dat die "7 Geeste van God" verwys na die "Gees van God", en daar word heelwat name vir die Gees van God gebruik, bv. "die Heilige (afgesonderde) Gees" en die "Gees van waarheid". Die begrip "Gees van God" word bv. ook gebruik om na die "Heilige Gees" te verwys, en word ook genoem "die Gees van waarheid" - dit is een Gees maar wys na verskillende aspekte vd Gees (bv. is afgesonder, is waarheid, ens.). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Heilige Gees:

Daar word na die "Heilige Gees" ook verwys as die "die Gees van God" (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/die-gees-van-god-3.html).  Dawid het o.a. ook na die "Gees van God" verwys as "die Heilige Gees":  (Psa 51:11)  (51:13) "Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie". In die O.T. was God se Gees nie op al Sy dienaars uitgestort nie.  Die volk van God was bv. "diensknegte" van God genoem, tog het net sekeres onder die volk die Heilige Gees ontvang (bv. profete en konings, waarvan Dawid een was...) - en die Gees was op hierdie manier tussen hulle teenwoordig.  En die wat die Gees van God ontvang het was die wat bekwaam gemaak is om spesifieke werke vir die Here te doen, om Sy wil aan die volk bekend te maak, hulle te waarsku waar hulle verkeerd gaan, ens. Hulle is die mense wat kon "SIEN" - hulle het bv. die wil van God geken, het selfs somtyds geweet wat in die toekoms sou gebeur, het besonderse wysheid of verstand of kennis of bekwaamheid gehad, ens. (sodat hulle vir die Here kon werk, Sy wil bekend maak aan die volk en die volk kon lei)(http://warechristene.blogspot.com/2014/08/die-gees-van-god-1.html). Let wel dat hierdie bedienaars in die O.T. ook o.a. "sieners" genoem was (bv. profeet, priester, ens. - wat hulle is die ouens wat kon "sien"! - hulle het die Here geraadpleeg en die weg geken, het geweet/by die Here gehoor wat moet gedoen word. Wanneer iemand die Here wou raadpleeg het hy dus na 'n SIENER gegaan. Elke persoon wat die Heilige Gees het kan gesien word soos 'n siener (Christene word bv. in die N.T. o.a. gesien as 'n "profete of priesterdom"), want die Heilige Gees is soos 'n lamp vir hulle (hulle ken die pad, die waarheid ens.)(maar l.w. dat nie alle kinders vd Here gehoorsaam bly aan die Gees nie, want sommige dwaal af vd waarheid al ken hulle die waarheid;  en sommige begin doen wat hulle wil en begin ander bronne raadpleeg wat hulle verkeerd lei - sulke weergeborenes is veronderstel om sieners te wees, maar is besig om die Gees te bedroef... - in daardie opsig is almal wat die Gees het veronderstel om sieners te wees, maar nie almal gehoorsaam nie en kan dus nie almal gesien word as ware profete en priesters vir die Here nie.  In die O.T. was daar ook diesulkes wat die Heilige Gees gehad het, maar ongehoorsaam was en in valse profete verander het...).  

Die "Heilige Gees" word somtyds na verwys as "die Gees van God" (Gees wat afgesonder word - dit is wat "heilige" beteken -  en deur Jesus Christus gestuur word aan Sy kinders om hulle te vernuwe en vul met krag uit die hoogte sodat hulle in gawes, bedieninge en werke stap soos die Gees deur hulle werk...). Ons sien dus baie werke vd Heilige Gees in die weergeborene se lewe, en hierdie spesifieke gawes, bedieninge en werke word in die Skrif genoem.  Daar is o.a. 9 gawes wat op die naam genoem word, asook bedieninge wat die Gees deur gelowiges werk soos Hy wil... Dit is een Gees, maar sekerlik kan daar na hierdie verskillende gawes of bedieninge of werke as "Geeste" verwys word... (alhoewel, dan nie 9 of meer Geeste nie!, maar soos die geval met Jes. 11:2 kan sommige saam gebruik word...;  bv. nie net "Gees van wysheid" nie, maar "Gees van wysheid en verstand", en hierdie "1 Gees" beskryf dan beide die gawe van wysheid en gawe van kennis...).  Die begrip "7 Geeste van God" verwys bes moontlik net na verskillende werke of dele vd Gees (?)(een Gees maar verskillende werke);  of dele - bv. ons kan onderskei tussen "ontvang vd Heilige Gees wanneer iemand weergebore word" en "die ontvang van die krag van die Gees waarmee gelowiges gedoop word en gedurigdeur mee vervul kan word". Bv., in Joh. 20:22 het Jesus op Sy dissipels geblaas en vir hulle gese:  "ONTVANG DIE HEILIGE GEES"  - let wel dat hierdie gebeur het nog VOOR die uitstorting van die Heilige Gees nog voor Jesus se opvaarding... (m.a.w., na hierdie "blaas oor hulle" het Jesus in Hand. 1:4,5 Sy dissipels gevra om in Jerusalem te bly tot hulle "gedoop word met die Heilige Gees").   As daar letterlik 7 Geeste van God is, dan kan 2 moontlik na hierdie verwys..., nl. "die Gees van waarheid wat die Heilige Gees is", en "die doping/krag van die Gees"...;  maar natuurlik is altwee "DIE GEES VAN GOD"! Dit is dus duidelik dat die "ontvang vd Heilige Gees" in Joh. 20:22 'n aparte gebeurtenis was van die "doop in die Heilige Gees" in Hand. 2, maar  die doel verskillend in die twee geleenthede (dit is een Gees nl. die Gees van God. met verskillende werke...).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Vrydag 20 Januarie 2023

Teken/Merk/Verseël (op regterhand / voorhoof / vel)

 In hierdie pos kyk ons na die betekenis van 'n teken of merk (regterhand/voorhof/vel ens.),

- (1) Teken op hand / voorhofsband (gedenkseëls);

- (2) Verseël / Naam op voorhoof (144000) (weergeborenes);

- (3) Teken op hand en/of voorhoof (merk vd dier);

- (4) Sny of ingeprikte tekening op die vel;

- (5) Merk van Kain (Gen. 4:15).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(1) TEKEN OP HAND / VOORHOFSBAND (tekens van herinnering en gedenkseëls)

Daar is gewoonlik 'n rede vir 'n "teken" bv., onder die volk van God was 'n "teken (Hebr. woord "oth", wat ditto betekenis het as 'n vlag, monument ens. - 'n merk bedoel vir "herinnering"-Deut. 6:9) op die hand of die voorhofsband" bedoel om hulle te herinner aan wat die Here vir hulle gedoen het, dat hulle Sy woorde onthou en dit vir hulle kinders leer... (hierdie "woorde" is ook op die deurposte vd huise en poorte geskrywe...-Deut. 6:9), en wil nie vookom of dit op die vel self gedoen was nie, maar op iets anders wat op die liggaam gedra is. In hierdie geval sien ons hoe die teken op die hand of die voorhofsband, as TEKEN gedien het vir iets... (bv., in hierdie geval "om hulle te laat onthou"...):  

-(Deu 6:6-8)  En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees.

-(Deu 11:18-20)  Lê dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, en bind dit as ‘n teken op julle hand en laat dit as ‘n voorhoofsband tussen julle oë wees, en leer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan;  en skryf dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte,

-(Eks. 13:14-16) En as jou seun jou later vra en sê: Wat beteken dit? dan moet jy hom antwoord: Die HERE het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei. Want toe Farao swarigheid gemaak het om ons te laat trek, het die HERE al die eersgeborenes in Egipteland gedood, van die eersgeborene van die mense af tot die eersgeborene van die diere toe. Daarom offer ek aan die HERE alles wat die moederskoot open wat manlik is; maar al die eersgeborenes van my seuns koop ek los. En dit sal as ‘n teken wees op jou hand en ‘n voorhoofsband tussen jou oë; want die HERE het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte uitgelei.

Dit kan sekerlik vgl. word met die "gedenkseëls" waarna Jesus verwys in Matt. 23:5 - gedenkseëls in hierdie skrif is die Griekse woord "foo-lak-tay'-ree-on" (die engelse woord "phylactery" (Aramees "tefillin") wat verwys na skrifte wat hulle op hulle dra - word gedra as 2 swart leerbokse met skrif in, gewoonlik gedra op die voorhoof of op die linkerarm... -Exod. 13:1-10, 11-16; Deut. 6:4- 9; 11:13-21). Hierdie skrifte was bedoel om hulle te herinner aan die Here se woorde en Sy wil.  

Sommige geleerdes is van mening dat hoe die Here dit oorspronklik bedoel het (bv. die feit dat hulle dit moet bind as teken op hand en as voorhofsband tussen die oe) nie letterlik geinterpreteer moes word nie (Eks. 13:9; Deut. 11:18); tog, sou ons dit vgl. met die skryfwerk op die deurposte en poorte, dan wil dit tog voorkom of hierdie ook letterlik bedoel kon wees ( dit kan vgl. word met ander skrifte waar "om die skrif te bewaar" meer figuurlik bedoel is, sodat die onderskeiding gemaak kan word tussen wanneer dit figuurlik of letterlik bedoel was...: bv. Spr. 1:8,9;  3:1,3;  6:20-22; 7:2,3; Jer. 31:32  ; of kyk na die verwysing in  Deut. 6:6 - "En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees" - wat duidelik verwys na hoe hulle Sy woorde moet bedink en onthou. en in hierdie opsig nie letterlik uitvoer nie, alhoewel die letterlike uitvoer natuurlik ook kan help om die woorde in jou hart te hou!). Soos in hierdie skrifte genoem en bo gesien, is die teken op hand of voorhofsband maar net een vd metodes wat gebruik was om "te herinner" en "te onthou". Dit is dieselfde soos wanneer ons skrifte op papier uitskryf en dit op die kasdeur of die kerk se mure plak... - dit gaan oor die doel, en die rede vir hierdie gebare was "vir herinnering".

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------(2) VERSEëL / NAAM/seël op voorhoof:

(144000)  (weergeborenes)

Daar is 'n paar skrifte waar daar verwys word na mense wat "verseël" is, bv. die wat verseël is deur die Heilige Gees, of die 144000 wat verseël sal word in die laaste dae... 

Van die 144000 word daar gesê dat hulle "op hulle voorhoofde" verseël sal word (Openb. 7:2,3)  En ek het ‘n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God; en hy het met ‘n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie. Vgl. dit met Openb. 14 waar daar ook na die 144000 verwys word: (Openb. 14:1)  En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe. Die 144000 is mans wat vrygekoop word uit die stamme van Israel. Daar is redes waarom hierdie mans "verseël" word, en een rede word gegee in Openb. 14 - hulle is gekoop as eerstelinge vir God en die Lam, en sal die Lam volg waar hy ookal heengaan. 'n Ander moontlik rede word gegee in Openb. 7:3 - is om hulle te beskerm onder die gebeure onder die 7de seël (terwyl die wat nie die seël het nie onder God se wraak gaan val.../vgl. met Openb. 9:4).  

In hierdie geval word die 144000 dus o.a. "gemerk" vir beskerming ("signet"), en kan vgl. word met hoe weergeborenes "verseël is deur die Heilige Gees tot die dag van verlossing": (Ef. 4:30)  En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossingL.w. dat weergeborenes ook gesien word soos 'n volk van eersgeborenes/'n heilige priesterdom...!(weergeborenes is gekoop onder die mensdom om vir God priesters te wees). Weergeborenes (geestelike mense / die in wie die Heilige Gees is) kan ook gesien word as "verseëldes", en daar is ook 'n rede hiervoor;   nl., dat hulle in bewaring gehou word (deur die Heilige Gees) tot die dag van verlossing... (sodat hulle nie onder oordeel val nie). "Seël" in hierdie konteks is amper dieselfde betekenis as die van 'n seëlring ('n SEëL of sekuriteit)(bestudeer pos getiteld "verseël tot die dag van verlossing"...)(Ef. 4:30; 2 Kor. 1:21,22).  Dit beteken egter nie noodwendig dat hulle beskerm word van verdrukking nie, maar verwys spesifiek na beskerming van oordeel (soos die tweede dood), of beskerming teen die wraak van God... (bv., kan verwys na gebeure onder die 7de seël). 

Vgl. dit ook met die profesie in Eseg. 9:4..., waarin sekere manne 'n teken op hulle voorhoofde kry (die wat sug en steun oor al die gruwels wat in die stad gedoen word) - in hierdie gedeelte word hierdie manne met die teken op die voorhof beskerm

Dit wil dus voorkom of die tema van "verseëling" veral te doen het met:
-   beskerming, maar gaan ook oor 
- "om iemand te merk" (dat hulle aan 'n sekere groep behoort, bv. "eerstelinge gekoop", of is deel vd volk van "eersgeborenes"...)("naam op voorhoof" kan bv. ook gebruik word om te beskryf "wie", bv. Openb. 17:5 - "en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde").
 .  
Kom ons kyk na nog 'n paar skrifte met die woord "seel" in konneksie met kinders vd koninkryk, om beter te verstaan waarna "seël" kan verwys:
-  (Rom 4:11 -  "En hy het die teken van die besnydenis ontvang as ‘n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word"); - ABRAHAM SE GELOOF WAS SOOS 'N MERK/TEKEN/BEWYS DAT HY GEREGTIG IS/"BESNY" IS (al was hy toe nog nie besny nie, is hy gesien soos 'n besnedene... - besnydenis is slegs 'n fisiese teken -bestudeer die tema "besnydenis vd hart" om hierdie beter te verstaan) - die vleeslike besnydenis is 'n teken, is soos 'n seël of merk.  Op ditto wyse kan geloof gesien word soos 'n seël...;  m.a.w., die wat GLO is soos mense wat besny is (is GEROEPENES). L.w. dat die wat glo (in Jesus Christus) ontvang die Heilige Gees, wat 'n bewys is dat hulle aangeneem is... (en hulle het die dus die belofte dat hulle sal opstaan tot lewe-Rom. 8:23 - is dus "beskerm", of word in bewaring gehou tot die dag van oordeel).

-  (1Kor.  9:2 - "As ek vir ander geen apostel is nie, is ek dit tog seker vir julle, want julle is die seël op my apostelskap in die Here") - KERKE WAT DEUR PAULUS BEGIN IS, WAS SOOS DIE SEëL/TEKEN/MERK/BEWYS DAT HY 'N APOSTEL WAS.

-  (2Ti 2:19 - "Ewenwel, die fondament van God staan vas met hierdie seël: Die Here ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid"). - DIE CHRISTEN SE WERKE WYS OF HY AAN DIE HERE BEHOORT / HULLE WERKE IS SOOS 'N TEKEN/STEMPEL/'n bewys DAT HULLE GLO. Net soos geloof gesien kan word soos 'n teken/seël dat iemand geroep is, so is werke weer is teken dat iemand glo! (geloof sonder werke is dood...).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(3) TEKEN OP HAND OF VOORHOOF:

(die merk van die dier)

In die boek van Openbaring (Openb. 13) word daar verwys na 'n spesifieke "TEKEN OP DIE HAND OF VOORHOF" wat ook genoem word "die merk vd dier" (of die naam vd dier, of die getal van sy naam).  Die "merk" waarna verwys word in Openb. 13 is soos ander tekens ook duidelik "'n teken van iets"... Maar van wat? - die wat hierdie merk het, aanbid die dier... Die merk is 'n teken van wie "trou gesweer" het aan die dier. Op dieselfde wyse is die wat glo in Jesus Christus, en die Heilige Gees ontvang, soos mense wat gemerk is as die wat "trou gesweer" het aan Jesus Christus...   

Volgens Openb. 13 verwys die merk vd dier/"teken" na:

-  'n merk  (Griekse woord "khar'-ag-mah", wat verwys na 'n iets soos 'n stempel of iets gegrafeer); 

of 'n getal  (Griekse woord "ar-ith-mos'", wat verwys na 'n getal)   (en die dier se getal is 666 - Openb. 13:6); 

of 'n naam  (Griekse woord "on'-om-ah", wat verwys na 'n noemnaam - 'n outoriteit)  - m.a.w. "vd dier" in Openb. 13. 

Die teken op die hand of voorhofsband:
Onder die "dier uit die see" ("dier" hier verwys na 'n koninkryk en 'n koning)(Dan. 7:17,23,24) se bewind sal die valse profeet ("dier uit die aarde" - Openb. 13:11) maak dat almal (klein en groot, rykes en armes, vrymense en die slawe...‘n merk op hulle regterhand en/of  voorhoofde gegee word, sodat niemand kan koop of verkoop nie behalwe hy wat die merk of die naam van die dier ("dier uit see" - Openb. 13:1;  ook deur baie genoem "Antichris") of die getal van sy naam het (Openb. 13:16,17 - "En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het"). Niemand weet met sekerheid waarna presies hierdie merk verwys nie (bv. tekening of ingeprikte tekening, of iets wat onder die vel ingeplant word, ens.). Wat eerder belangrik is om te weet, is die REDE vir hierdie merk!  Die wat hierdie merk ontvang, is mense wat die dier aanbid. Die valse profeet sal ook maak dat almal gedwing word om hierdie merk te neem, en dat niemand kan koop of verkoop sonder die merk nie (Openb. 13:16,17). Hierdie wys beslis op 'n tyd van verdrukking vir die heiliges... - (Openb. 20:4 - "En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank").

L.w. dat elkeen wat hierdie merk neem sal onder God se oordeel val (Openb. 14:9-11; 16:2). Kinders van die koninkryk mag nie hierdie merk neem nie want deur dit te neem gaan jy die Here verloën... Die wat hierdie merk ontvang verwys na mense wat die dier aanbid en dien... - hierdie mense sal uiteindelik almal onder God se toorn val: -(Openb. 14:9-11 - "En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang");  -(Openb. 16:2 - "Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het").

Die rede waarom die valse profeet hierdie metode van 'n teken sal gebruik, mag miskien 'n nabootsing wees van die teken wat deur die Jode op die linkerarm of voorhoof gedra word (?), alhoewel hierdie teken miskien baie meer tegnologies gevorderd gaan wees. Sommige is van mening dat dit iets soos 'n tattoeeering sal wees en/of 'n strepieskode...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(4) SNY OF INGEPRIKTE TEKENING OP VEL:

Mense maak somtyds merke op hulle vel omdat dit iets voorstel... - bv. 'n ink merk of tekening wat jou toegang verseker tot 'n geleentheid, of 'n ingeprikte tekening (tatoeeering) vir versiering of omdat dit iets spesifiek voorstel...  Om daardie rede was snye in die vlees en ingeprikte tekeninge op die vel weens sekere redes vir die volk van God verbode (bv., waar dit "ter wille van 'n dooie" gemaak is)(Lev 19:28) - dit gaan oor die doel waarom dit gedoen is.  

Dit gaan dus hier oor DIE REDE vir SO 'N SNY OF TEKENING of MERK. Die volk van God mag hulle bv. nie "ter wille van 'n dooie" sny of ingeprikte tekeninge maak, stukkend kerwe of 'n kaalte maak nie... ((en mag terloops ook nie (kos)offerandes aan dooies maak nie))(Deut. 14:1; Lev. 19:27,28). Die feit dat die volk belet was om hierdie te doen was natuurlik bedoel in konteks met gevalle waar dit  gedoen is "ter wille van dooies" - hierdie gebruike was toegepas deur die heiden nasies wat hulle besig gehou het met afgodsaanbidding, oproep van dooies en allerhande ander verbode heindense praktyke (Lev. 21:5; Jer. 16:6; 48:47, ens.).  Dit gaan beslis hier oor die doel... - m.a.w. "waarom" dit gedoen word. Bv., dit is tog nou nie verkeerd as 'n man sy baard afskeer of 'n kaalte op sy hoof maak nie!, maar in 'n spesifieke konteks kan dit verkeerd wees... (Jes. 15:2 ). Dit gaan hier oor die REDE waarom dit gedoen word. Om 'n ingeprikte tekening op die vel te maak is nie noodwendig verkeerd nie, maar dit gaan beslis oor die REDE waarom dit gedoen word. 
___________________________________________________________________________________
(5)  Teken van Kain:

(Gen 4:15)  Maar die HERE sê vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En die HERE het ‘n TEKEN (Hebr. woord "oth" wat ditto betekenis het as 'n vlag of monument, ens., en beteken "merk of teken") gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.

Niemand weet presies wat hierdie "teken" was wat Kain ontvang het nie.  Wat wel duidelik is is dat dit ook vir sy beskerming was! Omdat Kain vir Abel doodgemaak het, het die Here hom vervloek en hom uit die land verdryf ...(Gen. 4:12 -  "As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; ‘n swerwer en vlugteling sal jy wees op die aarde") - hy sou nou 'n swerwer en vlugteling wees, en Kain was bang dat elkeen wat hom kry hom sal wil doodslaan (v.14).  Daarom het die Here hom "gemerk"(Gen 4:15 - "Maar die HERE sê vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En die HERE het ‘n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie") - hierdie TEKEN was vir sy beskerming sodat niemand hom doodslaan nie - die teken was soos 'n waarskuwing vir die wat hom wil doodslaan, want as hulle dit doen sal dit 7-voudig gewreek word.  Vgl. dit gerus met Lev. 26:18 waarin die volk van God ook "gewaarsku" word, dat sou hulle nie ag gee op die Here se woorde nie, Hy hulle 7-voudig sal tugtig!... ("En as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig")(kyk ook ander skrifte waarin hierdie "7-voudig" gebruik word: Lev. 26:18, 21, 24, 28; Ps. 79:12; Spr. 6:30,31).

Vgl. dit met ander skrifgedeeltes waar 'n TEKEN ook dien "as beskerming", bv. (Eseg. 9:4-6 - "En die HERE sê vir hom: Trek dwarsdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak ‘n TEKEN OP DIE VOORHOOFDE van die manne wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word. Maar aan die ander sê Hy voor my ore: Trek agter hom aan deur die stad, en slaan; laat julle oog nie verskoon nie, en moet nie spaar nie; slaan dood grysaards, jongmanne en jongedogters en kinders en vroue tot vernietiging toe; MAAR RAAK AAN NIEMAND OP WIE DIE TEKEN IS NIE, en begin by my heiligdom. En hulle het begin by die manne, die oudstes, wat voor die huis was").

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------  

Dinsdag 17 Januarie 2023

Geskeurde klere / Geskeerde baarde / Grond of hand op die hoof

In hierdie pos kyk ons na die belangrikheid van GEBARE, en kyk in op sekere gebare wat as tekens gedien het in die O.T. en tyd van die eerste gemeentes... Hoekom is dit gedoen? Bv., hoekom het hulle hul klere geskeur?, of grond op die hoof gegooi?  Elkeen van hierdie gebare was in 'n spesifieke konteks gebruik, en ons sal dus meer verstaan as ons weet wat dit beteken hierdie kontekste. 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- Geskeurde klere/Roukleed:

DIE GEBARE VAN "KLERE SKEUR" EN "ROUKLEED AANTREK" WAS UITERLIKE GEBARE OM IEMAND SE ROU TE WYS, OF OM HULLESELF AAN DIE HERE (die Een wat mag het oor lewe en dood) TE ONDERWERP EN BY HOM TE PLEIT (o.a. vir Sy bekerming).  In verskeie gevalle sien ons dat hierdie gebare, wat gewoonlik gepaard gegaan het met vas en gebed en smekinge voor die Here, veroorsaak het dat die Here iemand verskoon het en/of tegemoet gekom het (1 Kon. 21:28; 2 Kon. 22:19; 2 Kron. 34:27);  
-(2 Kon. 22:19  omdat jou hart week is en jy jou voor die aangesig van die HERE verneder het toe jy hoor wat Ek oor hierdie plek en oor sy inwoners gespreek het, dat hulle ‘n voorwerp van verbasing en vervloeking sal word, en omdat jy jou klere geskeur en voor my aangesig geween het, daarom het Ék ook verhoor, spreek die HERE");  
-(2 Kron. 34:27  omdat jou hart week is en jy jou voor die aangesig van God verneder het toe jy sy woorde teen hierdie plek en teen sy inwoners hoor, en jy jou voor my aangesig verneder het en jou klere geskeur en voor my aangesig geween het, daarom het Ek ook verhoor, spreek die HERE). 

-  Om die KLERE te SKEUR was 'n uiterlike gebaar, gewoonlik gedoen in die geval van waar iemand doodgegaan het of met die dood gedreig word. Uit 2 Kon. 5:7,8 kan ons leer dat die gebaar van "klere skeur" gegaan het oor die volk se wete dat God in beheer is oor dood en lewe - Hy maak dood of maak lewend... Vgl. dit met Hand. 14:14: -toe die skare dink dat Paulus en Barnabas gode is wat soos mense geword het en neergedaal het na hulle toe, het Paulus en Barnabas hulle klere geskeur en onder die skare ingespring en geroep, en hulle probeer oortuig dat hulle mense is net soos hulle...  Siende die gebaar van "klere skeur" 'n konneksie het met "dood" en met die feit dat lewe en dood in die Here se hande is, was Paulus en Barnabas se rede hier sekerlik om te wys hoe hulle net mense is... - hulle het bv. nie mag oor die dood nie! (dus, hulle kan nie gode wees nie). 

- Kyk ook die vb. van Job nadat hy die nuus gekry het van alles van hom wat verwoes is, en hy geroof is, en sy seuns en dogters gesterf het...  (Job 1:20 - "Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval").

- Kyk ook die vb. van Josua in Jos. 7:1-6 (in die geval waar die toorn vd Here ontvlam het oor die kinders van Israel omdat hulle hul vergryp het aan die bangoed, en baie van hulle manne daardie dag verslaan is... (Jos 7:6 - "Toe het Josua sy klere geskeur en met sy aangesig op die grond geval voor die ark van die HERE, tot die aand toe, hy en die oudstes van Israel, en hulle het stof op hul hoofde gegooi")(kyk ook 2 Kon. 18:37; 19:1; Gen. 37:2). Hierdie manier van Josua om sy klere te skeur en met sy aangesig voor die Here op die grond te val, was 'n manier om te ween voor die Here en by Hom te pleit, en was duidelik 'n teken van BEROU (ter wille vd kinders van Israel), maar hy het ook daardeur gewys dat hy homself onderwerp aan Een wat mag het oor dood en lewe. Dit was 'n manier om te bely en by die Here te pleit vir Sy guns en beskerming oor hulle... Hulle was onder die Here se hand (Hy besluit of hulle lewe of doodgaan), en hulle het vergifnis nodig gehad om in die Here se guns te kom. Die gebaar hier van klere skeur het dus gewys dat hulle hulself onderwerp aan die Here, die Een wat in beheer is van lewe en dood, en pleit vir Sy beskerming... 

Ook in Agab se geval was dit weens "berou" (berou omdat hy gesondig het en die tyding ontvang het dat hy en sy familie doodgemaak sou word - 1Kon. 21:27) - hy het hom m.a.w. onderwerp aan die Een wat mag het oor lewe en dood, en het vergifnis gesoek en gepleit vir die Here se beskerming. 

-  Somtyds was ook 'n ROUKLEED aangetrek (1 Kon. 21:27; 2 Kon. 19:1; Jes. 37:1). Kyk die geval in Est. 4, toe Mórdegai sy klere skeur en 'n roukleed aantrek - die roukleed was 'n teken van rou omdat daar 'n bevel oor die Joodse volk uitgespreek was oor al die provinsies vd koninkryk, dat hulle uitgedelg moes word... Die roukleed was gewoonlik aangetrek in die geval van dood of tyding van komende dood. Ook in die geval van Jes. 4:24,25 sien ons dat die roukleed gebruik word in konteks met die wat in die oorlog sou val (kyk ook Jer. 6:26, 48:37; Joe 1:8; Amos 8:10). Dit wil voorkom of die aantrek van 'n roukleed gepaard gegaan het met vas, gebed, en smekinge... (Psa 35:13; Dan. 9:3). 
Daar kan ook ingekyk word op die woorde "in rougewaad"... (Jona 3:6; Gen. 37:34).

-  In die geval van Jakob wat 'n roukleed aangetrek het (Gen. 34:37) was dit beslis omdat hy iemand aan die dood afgegee het (altans geglo het dat Josef dood is).  


BESTUDEER GERUS NOG ANDER SKRIFTE OOR KLERE SKEUR "IN KONTEKS"...:
Num_14:6  En Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, twee van die wat die land verken het, het hulle klere geskeur 
2Ki_2:12  En Elísa het dit gesien en geroep: My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters! En toe hy hom nie meer sien nie, het hy sy klere gegryp en dit in twee stukke geskeur. 
2Ki_5:8  Maar toe Elísa, die man van God, hoor dat die koning van Israel sy klere geskeur het, laat hy die koning weet: Waarom skeur u u klere? Laat hom maar na my kom; dan sal hy weet dat daar ‘n profeet in Israel is. 
2Ki_22:11  En toe die koning die woorde van die wetboek hoor, het hy sy klere geskeur; 
2Ch_34:19  En toe die koning die woorde van die wet hoor, het hy sy klere geskeur, 
Isa_37:1  En toe koning Hiskía dit hoor, het hy sy klere geskeur en hom met ‘n roukleed bedek en in die huis van die HERE gegaan. 
Jer_36:24  En hulle was nie verskrik nie en het hulle klere nie geskeur nie—die koning en al sy dienaars wat al hierdie woorde gehoor het; 
(Psa 30:11)  (30:12) U het my weeklag vir my verander in ‘n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Geskeerde baarde/hare:

- In sekere gevalle was die afskeer vd baard gesien as 'n teken van "onderdanigheid" omdat die baard self gedien het as 'n teken van "outoriteit" . Natuurlik is dit nie verkeerd wanneer 'n man sy baard skeer nie, maar dit gaan hier oor hoe die baard of hare somtyds as 'n teken gebruik isDit word bv. verbied in die geval van waar dit ter wille van dooies gedoen word, maar kon 'n ander betekenis dien in verskeie ander geleenthede.  Bv., 'n Nasareer se hare mag nie geskeer geword het nie (Num. 6), maar die Lev. priesters (in Eseg. 44) is weer beveel om hulle hare behoorlik te skeer... (nie kaal skeer nie, maar ook nie lank laat groei nie).  Dit gaan hier oor die konteks waarin iets as teken dien, en almal wat hierdie kennis gehad het het verstaan wat dit beteken in 'n spesifieke konteks; bv., in die geval van 2 Sam. 10 was die rede beslis om hulle te verneder en Hanun wou hierdeur wys dat hy vir Dawid (en sy dienaars) nie vertrou nie... In daardie tye was 'n man se baard grootliks gerespekteer  - 2 Sam. 10 is 'n goeie vb hiervan, en kyk veral verse 4 en 5: ((2Sa 10:4)  "Daarop neem Hanun die dienaars van Dawid en skeer die een helfte van hulle baard af en sny hulle klere in die helfte af, tot by hulle sitplekke; en hy het hulle laat gaan. (2Sa 10:5)  En toe hulle aan Dawid hiervan berig bring, stuur hy om hulle tegemoet te gaan, want die manne was baie skaam. En die koning het gesê: Bly in Jérigo totdat julle baard weer gegroei het; kom dan terug").    

- Ons kan ook kyk na die vb. vd "Nasareër" (die wat 'n gelofte aflê waarin hulle beoog om hulle lewens aan die Here te wy, hetsy vir 'n periode of hul lewe lank... - Num. 6:2).  Daar was heelwat voorwaardes wat so iemand moes nakom, wat natuurlik as tekens gedien het dat hulle hierdie gelofte gedoen het en eenkant gesit is vir die Here se werk. Een van hierdie tekens was dat die nasareër nie sy hare mag geskeer het nie... (kyk vb.e, Simson, en Samuel die profeet) (en die hare kan dus sekerlik hier gesien word as 'n teken van sy "outoriteit" om 'n nasareer te wees)'n Nasareër mag terloops ook nie naby 'n dooie gekom het nie (Num. 6:6), en as hy hierdie wet oortree het het hy homself ontheilig en moes dan al sy hare afskeer, en na 7 dae 'n spesiale offer bring, en van voor af as Nasareër ingewy word... Hier sien ons hoe die afskeer vd hare as teken gedien het dat hy onheilig geword het (omdat hy naby 'n dooie gekom het). 
Die teenoorgestelde geld weer as teken in 'n ander geval waar "hare afskeer" gebruik is in 'n seremonie.  bv. Lev. 14:19 waarin die baard afgeskeer moes word, maar in hierdie geval het dit as teken gedien vir iemand wat reinig geword het... (gereinig van melaatsheid)Dus ook hier gaan dit natuurlik oor die konteks, en dit gaan dus oor WAAROM hulle somtyds nie toegelaat was om hare te skeer nie of waarom hulle die hare moes afskeer... In hierdie geval was die "baard afskeer" 'n teken daarvan dat die persoon reiniging ontvang het.

- In ander gevalle kon "baard afskeer" weer na iets anders verwys;  bv., GESKEERDE BAARDE (of geskeerde hoof) WAS SOMTYDS 'N TEKEN VAN rou en weeklaag (Job 1:20). In hierdie gevalle was hare afgeskeer in die geval van rou of berou; en was miskien bedoel om te wys dat hulle verneder is, of om hulleself te verneder...: 
- bv., in tye van ballingskap en slawerny - soos met die verwoesting vd tempel (Jer 41:5 - "kom daar manne van Sigem, van Silo en van Samaría, tagtig man, met afgeskeerde baard en geskeurde klerewat hulleself stukkend gekerwe het; en spysoffer en wierook was in hulle hand om dit na die huis van die HERE te bring");
- of berou a.g.v. sonde onder die volk... (Esra 9:3 - "En toe ek dit hoor, het ek my kleed en my mantel geskeur en van die hare van my hoof en my baard uitgepluk en verslae neergesit").

- "Hare" was selfs as teken gebruik in Eseg. 5 om te profeteer wat met Jerusalem sal gebeur...  (Esegiel moes sy hare en baard skeer en 'n derde vd hare moes binne-in die stad met vuur verbrand word; 'n ander derde moes met die swaard stukkend gekap word rondom die stad;  en die laaste derde moes hy in die wind strooi... Elkeen van hierdie derdes (HARE) het iets voorgestel). 
Hier sien ons ook hoe dit as TEKEN gebruik is om iets te beskryf.

DIT GAAN M.A.W. OOR "waarom" DIT GEDOEN IS (waarom was die hare geskeer?, of vir watter doel mag dit nie geskeer geword nie?) - dit was 'n uiterlike gebaar.  Die mans onder die volk van God was bv. verbied om baarde te skeer ter wille van dooies (Lev. 15:2) - dit was omdat dit as teken gebruik was van iets!  (daar is ook ander tekens wat nie mag gedoen geword het nie TER WILLE VAN dooies, bv. mag geen snye in die vlees of ingeprikte tekeninge in die vel maak nie (Lev. 19:28), kaalte op die hoof maak nie (Jes. 15:2), of offerandes aan dooies eet nie (Ps. 106:28)...ens.).  Natuurlik is dit nie verkeerd om 'n baard te skeer nie!, maar sou dit gedoen word ter wille van dooies, dan is dit verkeerd;  en in sekere ander gevalle (soos bo gesien) was dit verbied of beveel om iets voor te stel...  Dit gaan dus veral oor "wat die gebaar voorstel". Dieselfde geld vir ander onderwerpe, soos offers eet ens. - dit gaan oor die konteks!  Natuurlik is dit nie verkeerd om aan die Here kos te offer (soos in die tempel van God gedoen is of Christene die nagmaal gebruik) nie, maar dit is verkeerd vir die kind van God om kos aan afgode of dooies te offer. Dit gaan dus inderdaad oor hoekom dit gedoen word en in watter konteks?

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
 Grond / Hand op die hoof:
"Grond op die hoof/kop" word in heelwat skrifte gebruik in dieselfde konteks waar klere geskeur word (1 Sam. 4:12; 2 Sam. 1:2; 15:32), of in konteks met "rouklere" (Neh. 9:1; Lam. 2:10). Die skeur van klere in 1 Sam. 4 het beslis te doen gehad het met rou oor die wat hulle aan die dood afgestaan het, en die feit dat die Here (wat mag het oor dood en lewe) hulle nie beskerm het nie (omdat hulle gesondig het-1 Sam.7) soos bo gesien, maar waarna het die "grond op hoof" verwys?

"Grond of as op die hoof" (1 Sam. 4:12; Neh. 9:1; Est 4:1; Job 2:12; Eseg. 27:30) of "hand op die hoof en loop en weeklaag" (2 Sam. 13:19; Est 4:1) was gedoen in tye van ontsteltenis en vernedering. In 'n paar voorbeelde sien ons dat iemand grond op sy hoof gegooi het wanneer hy verskriklike nuus bring (bv. 1 Sam. 4:12; 1 Sam. 1:2). (Est 4:3 - "En in al die provinsies waar die bevel van die koning en sy wet ook al aankom, was daar groot rou onder die Jode met VAS en GEWEEN en ROUKLAG; baie het sak en as onder hulle uitgesprei"). In Neh. 9:1,2 het die volk hulle op hierdie manier verneder voor die Here (asof in sak en as) en belydenis gedoen vir hulle (vaders se) sondes en ongeregtighede... - hulle het "geVAS met rouklere en grond op hulle hoof". (Kyk ook Lam. 2:10). Dit wil dus voorkom of "grond op die hoof gooi" 'n teken was van hoe hulle is in "sak en as", en'n teken van hoe hulle hulself voor die Here verneder

 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING:

Hierdie tekens of gebare het dus elkeen iets spesifiek voorgestel in 'n sekere konteks (bv. hare wat nooit geskeer is nie kon beteken dat iemand 'n nasareer is; of klere wat geskeur is kon verwys na rou en/of iemand wat pleit by die Here vir Sy beskerming..., ens.).  Dit was veronderstel om te wys wat in iemand se hart aangaan, bv. waardeur hulle gaan en in opregtheid te pleit by die Here en het gepaargegaan met vas, gebed en smekinge;  maar hierdie gebare was ook ongelukkig somtyds gebruik om vals te wees!, bv. waar iemand voorgee dat hy vas en dit gebruik om mense te mislei om te dink dat hy die Here raadpleeg, maar dan doen hy werklik nie... (Matt. 6:16-18 - "En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg. Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig, sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde")(Jes. 58:3-7).  Die tema van gebare en tekens kan miskien ook vgl. word met die tema van "gedenkseels", wat ook as tekens gedien het (bv. vir herinnering), maar sommige het (alhoewel hulle die skrifte op hulle gedra het) tog nie gehoorsaam gewees aan die Here se woorde nie - hulle het wel die woorde bely maar self nie die werke gehad nie.  Sekere skrifgeleerdes en die Fariseërs was deur Jesus sterk aangespreek hieroor, want hulle het "op die stoel van Moses gesit" en moes die Here se woorde aan die volk leer, tog was hulleself nie gehoorsaam aan hierdie woorde nie maar eerder hoogmoedig, blinde leiers, werke gedoen tot eie voordeel, en hulleself verhoog (Matt. 23). Die Here weet wanneer iemand opreg is en wanneer nie.  Hy sien die hart...

Die Here soek 'n waaragtige hart, nie net uiterlike gebare nie, en vir die wat hulle voor Hom verneder en Hom raadpleeg, die wat met opregte hart vas en bid en tot Hom smeek, dit is hulle op wie Hy ag gee... (2 Kon. 22:19; 2 Kron. 34:27). Gebare beteken dus net iets wanneer dit gepaardgaan met opregtheid. Dit is immers die doel van gebare of TEKENS, dat dit iets voorstel in 'n spesifieke konteks. So is die Christelike doop en Nagmaal ook TEKENS, en gebare wat iets spesifiek beteken in 'n spesifieke konteks.  Die doop van Johannes het bv. nie alles voorgestel wat die doop in Jesus Christus voorstel nie (kyk die vb. in Hand. 19:3-5 van die wat nadat hulle met Johannes se doop gedoop is weer gedoop is nadat hulle tot geloof gekom het in Christus Jesus -nie dat die doop van Johannes nie belangrik of nodig was nie, maar dit gaan hier gaan oor wat dit is wat elke doop voorstel, of voorgestel het).  Die doop van Johannes was bv. slegs 'n doop van bekering (dus 'n teken van bekering en afwassing van sondes), terwyl die Christelike doop op 3 dinge wys waarvan bekering en die afwas van sondes slegs een van hulle is! (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/die-christelike-doop.html).  Op dieselfde wyse kan die skeer van 'n baard iets anders voorstel in een opsig, en in 'n ander opsig na iets anders verwys.  Waar baarde geskeer was in die geval van "rou", het dit bv. iets anders voorgestel as in die geval van waar dit in 'n seremonie gedoen moes word.  Somtyds is die skeer van hare nie toegelaat nie, en somtyds was dit nodig... Waar die baard geskeer word ter wille van dooies is dit bv. verkeerd, maar in 'n ander konteks kon dit 'n teken van reiniging wees  dit gaan alles oor wat dit beteken het in 'n spesifieke konteks.  
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------