Woensdag 14 Februarie 2018

Trou, Skei en Hertrou (5)

_________________________________________________________________________________
IN HIERDIE POS GAAN ONS WEER KYK NA DIE TEMA VAN "SKEI", MAAR MEER PRESIES IN GEVAL VAN "REINES" EN "ONREINES";   EN PROBEER OOK VERSTAAN WAT PRESIES BEDOEL IS MET DIE O.T. VB. "waar 'n man sy vrou verstoot" (wat dan gewoonlik gevolg het met 'n skeibrief).
-----------------------------------------------------------------------------------
VOORWOORD:
Vir die eerste deel oor "skei", gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-3.html.  Neem kennis dat die vorige poste oor hierdie onderwerp, sowel hierdie een, spesifiek gerig is aan Christene (gelowiges)...  Ons het reeds in die vorige poste gesien dat die Here egskeiding haat, maar dat daar tog uitsonderings is waarom dit somtyds toegelaat word, soos ter wille van "barmhartigheid", m.a.w. "om te skei" word somtyds toegelaat ter wille van die persoon wat seerkry in die verhouding ( bv. in geval waar een van die huweliksmaats hoereer).  -In hierdie pos gaan ons egter sien dat dit ook te doen het met die tema van rein en onrein.

Die geval van hoerery is basies die enigste geval wat deur Christus op die naam genoem is as rede vir skei, maar die Here laat ook ander gevalle somtyds toe wanneer Hy Sy diensknegte mag gee om 'n regverdige oordeel uit te voer (soos Hy vir Moses toegelaat het).  Ook in die N.T. sien ons dat Hy mag gee aan Sy diensknegte om nodige reëls hierop toe te lê (bv. "Paulus" aan die gemeente van Korinte).  Die Christelike kerk (altans die diensknegte vd Here) het mag om te bind of ontbind (wat te doen het met die evangelie vd koninkryk), bv. "vergifnis" in die evangelie vd koninkryk - m.a.w., "wat word vergewe en wat nie?" - bv., in sekere gevalle word "om te skei" vergewe... (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/wat-julle-op-die-aarde-bind-sal-in-die.html).  Maar natuurlik mag hierdie "oordeel" nooit in stryd wees met die Here se wil nie! - m.a.w., al is dit nie die Here se wil dat enige huwelikspaartjie skei nie, word dit wel somtyds vergewe, in welke gevalle dit  ter wille van barmhartigheid geskied (soos familie geweld, waar kinders gemolesteer word, ens.) - (Hy WIL dat ons barmhartig wees teenoor mekaar!).

DIE REELS VAN "rein" EN "onrein" WORD IN SEKERE OPSIGTE ANDERS VERVUL IN DIE NUWE TESTAMENT, of sal ons liewer sê, "word op 'n veel uitnemender manier vervul". In die O.T., onder die wet van Moses, moes die volk hulle distansieer van enige iets ONREIN. Die gelowige man wat dus met 'n meisie trou en iets skandeliks/onrein aan haar ontdek, was daarom toegelaat om haar weg te stoot. As sy seremonieel skoongewas kon word of geheilig word, dan sou dit natuurlik nie 'n probleem wees nie, maar heelwat sondes in die O.T. was onvergeeflik en kon nie eens seremonieel verwyder word nie, maar in die N.T. het die prentjie baie verander omdat Christus met Sy eie bloed betaal het vir daardie soort sondes wat bloedskuld veroorsaak het. Verder kan Hy rein maak, en heilig ag, wat/wie Hy ookal wil! (Hand. 10:15; 11:9). In die N.T. word die ongelowige wat met 'n gelowige getroud is, bv. geheilig sodat hy nie die gelowige onrein maak nie (1 Kor. 7:14).  Heelwat wette oor "rein en onrein" word op 'n beter manier vervul in die N.T.(http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2016/11/die-eet-van-rein-en-onrein-diere.html), maar dit beteken nie dat die wet tot niet is nie, want ook in die N.T. moet ons verstaan wat bedoel word met "rein" en "onrein", en besef dat dit 'n belangrike onderwerp is wat wel 'n invloed het op elkeen se saligheid!  Bv., om iets wat onrein is aan te raak, kan nie die gelowige onrein maak nie, behalwe waar hy deel in die onreinheid of dit akkomodeer! - sou die gelowige begin deel in die ongelowige se onreinheid en gemeenskap hou met sy werke, dan kan hy beslis onrein word daardeur (rol af na punt 2 onder "inleiding" om hierdie beter te verstaan). Dieselfde prinsiep geld tussen twee gelowiges wat getroud is, en in geval van waar die een "rein" is maar die ander een "onrein" a.g.v. sonde waarvan hy hom nie wil bekeer nie.  Natuurlik kan die onreinheid van die ongehoorsame gelowige nie die gehoorsame huweliksmaat onrein maak nie;  maar as die ongehoorsame hom nie wil bekeer nie, dan word dit van die gehoorsame verwag om te distansieer van die ongehoorsame met die doel om besoedeling te vermy! (rol af na punt 1 onder "inleiding" om hierdie beter te verstaan) - en dit is natuurlik op hierdie punt waarop 'n gelowige somtyds ook toegelaat word om van 'n ander gelowige huweliksmaat te skei...
-----------------------------
Om die tema van "skei" in hierdie pos ten volle te verstaan in die sin van waar dit bespreek word saam met die onderwerp van "rein en onrein", sal dit goed wees om eers die studie oor rein en onrein te behandel: 
(http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/09/rein-skrifgedeeltes-en-betekenis.html).  Die woord "rein" verwys na "skoon", en die woord "onrein" verwys na "besoedel".  Ons moet egter onthou dat hierdie woorde nie altyd gebruik word in konteks met sonde nie, maar somtyds slegs 'n toestand beskryf, en somtyds is dit gekoppel aan wette... Verder verwys dit nie net na dit wat rein of onrein verklaar word nie, maar ook na dit wat onrein "word"... 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:

In hierdie pos kyk ons na:

-(1)   reëls rondom "skei" in die geval van waar twee gelowiges getroud is, maar een rein en een onrein. Die vroeë kerkvaders was blykbaar baie ernstig oor hierdie onderwerp, en in verskeie vroee kerkrolle was Christen mans beveel om 'n vrou wat egbreuk pleeg, te vergewe wanneer sy onvergifnis vra, maar sou sy haar soos 'n hoer gedra (en dus die sonde oor en oor pleeg sonder om haar daarvan te bekeer en dus stap in sonde tot die dood)(m.a.w. dan bekend as 'n "hoereerder"), dan was dit van die man verwag om sy vrou weg te stoot, en sou hy dit nie doen nie, dan is hy gesien as iemand wat gemeenskap het met haar sonde ! (in hierdie sin dus "besoedel deur haar").
-(in hierdie geval het onreinheid veral te doen met "onrein a.g.v. sonde" en die breek van die eerste twee gebooie, en gaan VERAL oor of die "rein" huweliksmaat deur die "onrein" huweliksmaat besoedel word  - meer presies verwys dit sekerlik na daardie gelowiges "wat stap in SONDE TOT DIE DOOD", en hoe dit 'n huweliksmaat kan besoedel, maar om in so 'n geval te skei, is weer-eens eerder bedoel as 'n manier om die ongehoorsame te "dwing" tot bekering SODAT die huwelik herstel kan word! - http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/wat-is-die-sonde-tot-die-dood.html);
-(die Christen moet versigtig wees vir sekere vorme van gemeenskap, want hetsy hy dit glo of nie, hy word beslis besoedel deur sekere vorme van gemeenskap)(https://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html); 
(ROL AF VIR UITEENSETTING VAN PUNT 1).

-(2)   reëls rondom "skei" in die geval van waar 'n gelowige getroud is met 'n ongelowige (die wegstoot van 'n huweliksmaat was nog altyd toelaatbaar in die geval waar 'n rein huweliksmaat deur die onrein huweliksmaat besoedel (kan) word - dit dan ook die konteks van 'n huweliksmaat "WAT VERSTOOT" word/is - rol af na punt (1) vir meer inligting hieroor)
- (In die O.T. was dit 'n probleem wanneer gelowiges met ongelowiges trou, omdat die gelowige "rein" gemaak is, maar die ongelowige is "onrein" en daarom kon daardie huwelik nie GEHEILIG word nie.  En die land is ook daardeur ontheilig, en daarom sien ons 'n vb. in Esra 10 van gelowige mans wat skei van hulle ongelowige vrouens... In die N.T. word hierdie bietjie anders vervul, want in die geval vd huwelik, word die ongelowige "geheilig" deur die gelowige en kan hy dus nie die gelowige huweliksmaat besoedel nie, al is hy onrein......daarom word die gelowige wat met 'n ongelowige getroud is, beveel om NIE skei nie!, tensy die ongelowige wil skei... )
- (Maar natuurlik moet ons verstaan hoekom dit altyd belangrik is dat 'n gelowige liewer trou met 'n ander gelowige - en nie met 'n ongelowige nie, want alhoewel die gelowige huweliksmaat nie deur die ongelowige besoedel word nie (omdat die ongelowige "geheilig" word in daardie opsig,  net soos wat geen afgodsoffer 'n Christen onrein kan maak nie), moet ons verstaan dat so 'n gelowige maklik versoek kan word om te deel in die ongelowige huweliksmaat se werke (net soos 'n gelowige wel besoedel kan word deur 'n afgodsoffer waar daar te kenne gegee is dat dit aan afgode geoffer is en hy dit saam met die een wat dit offer, neem!)... Dit gaan beslis oor die tema van "gemeenskap", en het ook te doen met besoedeling van die gewete soos in punt 1. Die Christen moet versigtig wees vir sekere vorme van gemeenskap!(https://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html), en kan besoedel word deur "gemeenskap met ongehoorsames", "gemeenskap met die wat 'n ander leer bring", "gemeenskap met hulle sondes"..ens.   In 'n geval waar 'n huwelik veroorsaak dat die gelowige deel in die huweliksmaat se bose werke, bv. saam met hom betrokke raak in afgodspraktyke, sou dit eerstens vd gelowige verwag word om te bekeer (en natuurlik nie "om te skei" nie!);  maar sekerlik waar die omstandighede ondraaglik word en die gelowige sukkel om oorwinning hieroor te behaal, miskien beter wees dat hulle skei?).  
(ROL AF VIR UITEENSETTING VAN PUNT 2)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Bestudeer gerus die volgende onderwerp saam met hierdie onderwerp: http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/03/hoereer-hoerery-hoereerders.html

Enige vorm van VLEESLIKE GEMEENSKAP is hoerery wanneer dit onwettig (m.a.w. waar nie toegelaat nie) gebeur - heelwat vb.e hiervan word ook in die skrif genoem, bv.:  vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou, of met jou broer se vrou, of as 'n man sy broer se vrou neem, of 'n manspersoon wat vleeslike gemeenskap het met 'n ander man, of vrou met vrou, of 'n man of vrou met 'n dier, of 'n man met sy tante of skoonmoeder of skoondogter, of waar 'n man en sy seun vl. gemeenskap het met dieselfde meisie......ens.(http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html). Dit is slegs BINNE DIE HUWELIK wat vleeslike gemeenskap tussen 'n man en vrou WETTIG is.  Die Christen moet versigtig wees "waarmee" of  "met wie" hy gemeenskap het. Die woord "gemeenskap" word gewoonlik gebruik in konteks met mense wat iets "deel" (soos in Joh. 4:9; Hand. 2:42; 1 Kor. 1:9...), MAAR in sommige skrifte verwys die woord "gemeenskap" na "vleeslike gemeenskap"  (altans, in die Afrikaanse Bybel word die woord "gemeenskap" in hierdie konteks gebruik in die O.T., wat in die Hebr. beteken "om by iemand te lê" ("shaw-kab") - sommige skrifte gebruik woorde wat beskryf  "hoe die man by die vrou ingaan" Gen. 16:14, of wanneer " n vrou in 'n man se skoot gegee word" Gen. 16:5). 'n Ander woord wat ook gebruik word vir vleeslike gemeenskap (Lev. 15:18...) is die woord "beken" (Gen. 4:1; 4:17; 19:5...ens.).  In die konteks van "vleeslike gemeenskap" is gemeenskap slegs toelaatbaar binne die huwelik (Heb 13:4 - "Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel"). Sou 'n Christen seks beoefen buite die huwelik, dan is hy besig om te hoereer en homself daardeur te VERONTREINIG (http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/09/verontreinig-ontheilig.html). In die geval van vleeslike gemeenskap in 'n huwelik tussen 'n gelowige en ongelowige,  sou dit tog vanselfsprekend beteken dat die ongelowige die gelowige onrein maak!, want die ongelowige is nie rein nie, maar daar word 'n uitsondering gemaak in so 'n geval! Volgens 1 Kor. 7:14 kan die ongelowige nie die gelowige besoedel deur vleeslike gemeenskap nie, want die ongelowige word "geheilig" in hierdie opsig...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Nog moontlike inligting van belang:
Die terme "egbreek","egbreuk" en "hoerery":
Alhoewel ons onderskeid maak tussen die twee woorde "egbreek" en "egbreuk" in Afrikaans, en dit onderskeidelik gebruik word in verskillende verse, moet ons tog daarop let dat vir beide dieselfde woord in die Grieks gebruik word (en is die engelse woord wat gebruik word, "adultery"). Kyk bv. Matt. 5:27 en 28. In v. 27 word die woord "egbreek" gebruik, maar in v. 28 word die woord "egbreuk" gebruik, tog in die Grieks word dieselfde woord gebruik! (G3431 - "commit adultery").  
 Waar die woord "fornication" gebruik word in die engels, is dit in die Afrikaanse Bybel vertaal as "hoerery" of "hoereer" (Matt. 5:32; 1 Kor. 10:8...).  (Mat 19:9 - "Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery (fornication)(G4202-"harlotry",including "adultery and "incest"), en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk (adultery); en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk (adultery)". Selfs vir die woord "owerspel" (wat ons spesifiek verstaan as iemand wat die eg breek deur te hoereer) word hierdie selfde woord in Grieks gebruik:
(Gal 5:19)  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel (G3430-adultery), hoerery (G4202)(fornication), onreinheid, ongebondenheid;

Hier is ook 'n paar interessante feite rondom egbreek/egbreuk/owerspel:
- (Lev 18:20)  En jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar te verontreinig nie. - as 'n man vleeslike gemeenskap het met 'n getroude vrou, dan word hy daardeur ONREIN.

-  (Jas 4:4)  Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God. - egbrekers word hier vgl. met die wat die wêreld kies bo God  - vgl. hierdie met die tema van hoe die wat afgode aanbid, geestelik ook gesien word as hoereerders.

-  (Spr. 6:32)  Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets; - die pad van owerspel is 'n pad van self-verwoesting, en is 'n onbarmhartige gebaar.

-  (Gal 5:19)  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; - owerspel en hoerery is "werke van die vlees". L.w. dat die wat stap in die "werke vd vlees" sonder om hulle daarvan te bekeer, is besig met "sonde tot die dood"!
_________________________________________________________________________________


UITEENSETTING:
_________________________________________________________________________________

(1)  reëls rondom "skei" in die geval van waar twee gelowiges getroud is, maar een rein en een onrein: (In hierdie vb. kyk ons spesifiek na waar twee GELOWIGES getroud is, en een van hulle in sonde tot die dood stap sonder om daarvan te bekeer). 

In die geval van hoerery word "om van die onreine te skei" bv. toegelaat (Matt. 5:32) en nie noodwendig verwag dat hulle weer hoef te herenig nie; tog maak die skrif ook voorsiening daarvoor dat barmhargheid nie net geskied teenoor die reine nie, maar ook teenoor die onreine sou hy/sy die sonde bely en daarvan bekeer. M.a.w., in so 'n geval is die doel van "om te skei" 'n manier om die ander party te dwing tot bekering! (1 Kor. 5 ; 2 Thess. 3:14). Wat dit beteken is dat die huweliksmaat wat verstoot word, verstoot word met rede - nl. om skaam gemaak te word sodat hy/sy tot inkeer kom en die sonde neerlê, en dit gee hom/haar die kans om vergifnis te ontvang - in hierdie geval word "om te skei" nie gesien as 'n manier om los te kom uit die huwelik nie, maar eerder as 'n manier om die huwelik te probeer herstel (baie soos in die geval van waar broeders hulle onttrek van 'n ander broeder wat onordelik wandel, of as 'n hoereerder bekend staan, of 'n gierigaard, of 'n afgodedienaar, of kwaadspreker of dronkaard of rower... - 2 Thess. 3:6; 1 Kor. 5:11 ).  
Dit gaan dus eintlik ook oor barmhartigheid maar 'n manier om die hardkoppige te probeer lei tot bekering, soos in die geval van vermaningDie "uitweg" van "om te skei" in hierdie geval, moet nooit gesien word as 'n manier om los te kom van die huwelik nie, maar eerder as 'n weg om die huwelik te probeer herstel deurdat die ongehoorsame hierdeur moontlik tot inkeer gedwing word!  Dit moet terloops ook nie gesien word as 'n manier hoe die gehoorsame weer kan trou met iemand anders nie... (Luk. 16:18). Sou die huweliksmaat wat 'n skeibrief gekry het nou egter gaan en met iemand anders trou, dan is die weggestote duidelik nie besig om te bekeer nie, maar besig om verder te sondig! (en egbreuk te pleeg!).  Volgens die O.T. was daar in so 'n geval ook geen weg dan meer waarop die eerste huwelik nog herstel kon word nie - in die N.T. is ons egter van mening dat Christus ook gesterf het vir sondes wat bloedskuld veroorsaak, en dat enige iemand vergifnis kan ontvang sou hulle dit bely en neerle....  Aan die einde van die dag staan elke Christen self voor die Here, en moet ons natuurlik versigtig wees om vinnig te oordeel omdat elkeen se situasie uniek is voor die Here; nietemin moet die Here se guns en lankmoedigheid nooit gesien word as 'n weg "om te sondig" nie!  God haat egskeiding! (Mal. 2:16), en dit moet altyd ons boodskap wees. Natuurlik verwag die Here dat ons vergewe soos Hy ook vergewe, sou iemand berou he en sy sonde bely, maar ons weet ook goed dat die Skrif sondaars wat hulle nie bekeer nie anders hanteer as die wat hulle wel bekeer.  Ons sal sien dat hierdie juis die rede is waarom egskeiding somtyds toegelaat word! (m.a.w. asof iemand "nie vergewe nie" en daarom skei, maar met die doel om die persoon tot inkeer te lei).  Ons sal ook sien dat a.g.hiervan die reels verskil tussen die geval van gelowiges wat met mekaar getroud is, en die geval waar 'n gelowige met 'n ongelowige getroud is.

Maar daar is ook 'n ander rede waarom dit somtyds belangrik is dat die reine die onreine wegskuif, soos in geval waar die gehoorsame gelowige onrein kan word deur die ongehoorsame gelowige - bv. waar die een wat sondig bv. afgode aanbid en die reine beinvloed om ook afgode te aanbid.  In so 'n geval veroorsaak die feit dat hulle bymekaar bly, dat die gehoorsame BESOEDEL word!  Dit sou onbarmhartig wees om van so iemand te verwag om in daardie huwelik te bly. Op dieselfde wyse kan die ongehoorsame huweliksmaat ook ander mense met wie die paartjie omgaan, of kinders uit daardie huwelik, "suurmaak" en het beslis ook te doen met besoedeling van die gewete (vgl. dit met bg. skrifte).  Dit gaan dus oor of die gehoorsame deur die ongehoorsame "besoedel" word, en kan gerus ook saam met punt 2 behandel word om dit beter te verstaan.

Die vroee kerkvaders was baie ernstig oor hierdie onderwerp en in verskeie vroee kerkrolle was Christen mans blykbaar beveel om 'n vrou wat egbreuk pleeg, te vergewe wanneer sy onvergifnis vra, maar sou sy haar soos 'n hoer gedra (en dus die sonde oor en oor pleeg sonder om haar daarvan te bekeer)(m.a.w. dan bekend as 'n "hoereerder"), dan was dit van die man verwag om sy vrou weg te stoot, en sou hy dit nie doen nie, dan is hy gesien as iemand wat gemeenskap het met haar sonde ! (in hierdie sin dus "besoedel deur haar").  Die woorde "vrou wat deur haar man verstoot is" kan moontlik ook met Deut. 24:1-4 vgl. word: (-m.a.w. waar sy geen guns in die man se oe vind nie omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het):
 -(Deu 24:1)  As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks ("uncleanness")(soos daad van wellus van enige aard) aan haar ontdek het, en hy haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur,
-(Deu 24:2)  en sy uit sy huis uittrek en weggaan en ‘n ander man s’n word,
-(Deu 24:3)  en dié laaste man haar haat en haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het—
-(Deu 24:4)  dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is ‘n gruwel voor die aangesig van die HERE, en jy mag op die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie.
............Vgl. hierdie met die geval in 1 Kor. 5 - net soos die kerk die persoon wat hoereer onder hulle uit moes verwyder sodat sy suurdeeg nie die res van die deeg suurmaak nie, net so moet die vrou wat hoereer weggestoot word sodat haar man nie deur haar besoedel word nie.  Die ander rede waarom 'n man sy vrou moet wegstoot wanneer sy hoereer (sonder om haar te bekeer) is om haar skaam te maak - miskien kom sy tot inkeer! (2 Thess. 3:14). Alhoewel "om te skei" (in hierdie geval) nie barmhartig voorkom nie, is dit wel barmhartig want die man word beskerm sodat hy nie besoedel word nie, en die vrou word deur hierdie optrede skaam gemaak sodat sy 'n kans kry om tot inkeer te kom.  Maar ons moet verstaan wat gesien word as "gemeenskap", want nie oral waar iemand omgang of gemeenskap het met iemand/iets wat onrein is, beteken dit dat hy ook omgang het met sy werke nie! 'n  Afgodsoffer kan bv. nie die Christen onrein maak nie,  maar as dit geskied waar daar te kenne gegee is dat dit aan afgode geoffer is en/of saam met die persoon wat dit offer, geniet word, dan kan 'n Christen onrein word daardeur en beteken dit inderdaad dat hy ook, net soos die persoon wat dit offer, gemeenskap het met die duiwels! (1 Kor. 10).  Op die dieselfde wyse het die gelowige man wat onkundig is as sy "gelowige" vrou hoereer, nie gemeenskap met haar werke nie, maar sou hy kundig word daarvan, en sy weier om haar daarvan te bekeer, dan kan dit wel beteken dat hy gemeenskap het met haar werke omdat hy haar nie verstoot nie!  

Die Christen moet inderdaad versigtig wees vir sekere vorme van "gemeenskap", bv.:
-  waar daar gedeel word in afgodsoffers (bv. in die teenwoordigheid van die wat die voedsel aan afgode offer), want dit veroorsaak dat so iemand GEMEENSKAP het MET DUIWELS! (1 Kor. 10:18-20).
-  waar daar in dieselfde juk getrek word met ongelowiges, in die sin van om saam met hulle te stap in ongeregtigheid, want in so 'n geval het die persoon GEMEENSKAP MET DIE DUISTERNIS! (2 Kor. 6:14)(1 Joh. 1:6)  en GEMEENSKAP MET DIE SONDES (1 Tim. 5:22)(in konteks met Ef. 5 gaan "gemeenskap met duisternis" oor hoerery, allerhande onreinheid, hebsug, gemeenheid, dwase en lawwe praatjies, gierigaards, afgodedienaars, die ongehoorsames, dronkaards (Ef. 5:11));  (Openb. 18:4).
-  gemeenskap met ongehoorsames (die Christen moet gemeenskap met 'n ongehoorsame broeder of suster vermy sodat die ongehoorsame skaam kan word) (2 Thess. 3:14)(l.w. dat dit hier spesifiek bedoel is in konteks met die wat reeds tot insig gekom het van hulle ongehoorsaamheid, en/of vermaan is, maar nog nie wil luister nie).
 gemeenskap met die wat nie bly in die leer van Christus nie en 'n ander leer bring - so iemand moet nie in jou huis ontvang word nie en moet ook nie eens gegroet word nie, want dan het jy GEMEENSKAP MET SY BOSE WERKE (2 Joh. 1:11)(l.w. hier spesifiek in konteks gebruik met die wat nie bly in die leer van Christus nie -v.9- en die wat bely dat Hy nie in die vlees gekom het nie -v.7). (
http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html). ALHOEWEL CHRISTENE NIE VANDAG HIERDIE SIEN AS GELDIGE REDES WAAROM HUWELIKSMAATS MEKAAR MAG WEGSTOOT NIE (miskien omdat baie Christene vandag glo dat besoedeing nie saligheid kan beinvloed nie???), WAS DIT WEL GELDIG IN DIE EERSTE GEMEENTES, en kan hierdie dinge gelees word uit die geskrifte van die ou kerkvaders - maar hierdie wegstoting is IN KONTEKS VAN "die wat hulle nie bekeer nie"! Die drastiese optrede om iemand weg te stoot is 'n manier om die persoon skaam te maak - dit geskied nie a.g.v. haat nie... Maar ons moet ook verstaan dat dit nie noodwendig beteken het dat die man wat sy ongelowige en ongehoorsame vrou wegstoot weer mag trou nie, want die rede waarom hy haar wegstoot, is nie om van haar verlos te word nie, maar eerder sodat hy nie deur haar besoedel word nie, en om haar skaam te maak sodat sy tot inkeer gelei word.... Oor hierdie kwessie van of iemand in hierdie omstandighede weer mag trou met iemand anders, word daar al vir baie jare redeneer onder geleerdes, en heelwat Christelike kerke laat bv. iemand toe om weer te trou sou hy skei a.g.v. 'n maat wat egbreek of egbreuk gepleeg het.   Ek persoonlik stem saam met die wat leer dat die geskeide nie mag trou nie tensy in die geval waar die huweliksmaat oorlede is (soos ook gesien kan word in my vorige poste hieroor).  
Die N.T. leer bv. vir ons dat wanneer 'n man sy vrou verstoot vir bg. rede, en haar 'n skeibrief geesy sondig as sy gaan en haar aan 'n ander man verbind! (Luk. 16:18) (in die O.T.  mag die eerste man haar in so 'n geval nie weer teruggeneem het nie, want dan het hy onrein geword deur haar sonde deurdat sy met 'n ander man gaan trou het terwyl hulle geskei was, en dus "hoereer" het... - in die N.T. is daar vergifnis vir sulke sondes in Christus, en daarom sou dit nie verkeerd wees vir 'n man om sy vrou in so 'n geval terug te neem nie;  d.w.s., in die geval waar sy dit bely en haar bekeer het daarvan!). Geskeide vrouens word ook. in 1 Kor. 7:11 beveel om of "ONGETROUD" te bly, of hulle weer met hulle huweliksmaats te versoen, in welke geval die man dan beveel word dat hy nie sy vrou mag verstoot nie!  Hierdie is slegs moontlik as hulle nie weer hertrou het nie!  Dit wys ook dat al het sy 'n skeibrief gekry, dit haar nie heeltemal losmaak van die wet/huweliksverbond nie (want terloops is sy aan daardie wet verbind SOLANK ALTWEE LEWE! - Rom. 7:2), en daarom dan dat sy egbreuk pleeg sou sy haar aan 'n ander man verbind terwyl sy geskei is! (Matt. 5:32; 19:9). 
-  Luk 16:18 - "Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk. 
-  Jer 3:1 - "Hy sê: As ‘n man sy vrou verstoot, en sy gaan van hom af weg en word ‘n ander man s’n, kan hy dan nog na haar teruggaan? Sal daardie land nie skandelik ontheilig word nie? En jy het met baie minnaars gehoereer en wil na My terugkom, spreek die HERE!".

- (1Kor. 7:10)  En aan die getroudes beveel ek—nie ek nie, maar die Here—dat die vrou nie van die man moet skei nie;
-  1Kor. 7:11 - en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie.

Vgl. dit ook met die volgende voorbeelde:
(Lev 21:13)  En hy moet ‘n vrou in haar maagdelike staat neem.
(Lev 21:14)  ‘n Weduwee of een wat verstoot is of ‘n onteerde, of ‘n hoer hulle moet hy nie neem nie; maar ‘n jongmeisie uit sy volksgenote moet hy as vrou neem,
(Lev 21:15)  dat hy nie sy kroos onder sy volksgenote ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hom heilig.
Die geskeide vrou is "een wat verstoot is".  
In Luk. 16:18 het Christus niks nuuts geleer nie, maar eerder hierdie wet bevestig!  Om met geldige rede 'n vrou te verstoot, was nooit gesien as onbarmhartig nie: - kyk bv. (1Kron. 8:8)  "En Saharáim het in die veld van Moab, nadat hy sy vroue Husim en Báära verstoot het, die vader van kinders geword".......................en baie ander skrifte...
Die Here is REGVERDIG en gee geen man die reg om 'n vrou te verstoot om verkeerde redes nie (bv. omdat hy haar haat nie); ...en sou 'n man lieg en leuens opmaak as geldige redes, maak dit hom nie los van sy verbintenis nie!:
Kom ons kyk ook na die vb. van Deut. 22:13-21:
(m.a.w. waar 'n man sy vrou valslik beskuldig dat sy nie maagdelik rein was toe hulle getroud is nie):
(Deu 22:13)  As ‘n man ‘n vrou neem en by haar ingaan en haar dan haat
(Deu 22:14)  en haar slegte dinge nagee en ‘n slegte gerug oor haar versprei en sê: Hierdie vrou het ek geneem, en toe ek naby haar kom, het ek die maagdom nie aan haar gevind nie,
(Deu 22:15)  dan moet die vader en die moeder van die dogter die bewys van die dogter se maagdom neem en na die oudstes van die stad by die poort uitbring.
(Deu 22:16)  En die vader van die dogter moet aan die oudstes sê: Ek het my dogter aan hierdie man as vrou gegee, maar hy het haar gehaat;
(Deu 22:17)  en kyk, hy het haar slegte dinge nagegee deur te sê: Ek het aan jou dogter die maagdom nie gevind nie—maar dit is die bewys van my dogter se maagdom. En hulle moet die kledingstuk voor die oudstes van die stad uitsprei.
(Deu 22:18)  Dan moet die oudstes van dié stad die man neem en hom tugtig
(Deu 22:19)  en hom ‘n boete van honderd sikkels silwer oplê en dit aan die vader van die dogter gee, omdat hy ‘n slegte gerug oor ‘n jongmeisie van Israel versprei het. Verder moet sy sy vrou wees; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie. (Eks. 23:1; 20:16)


Ons moet verstaan waarom dit so belangrik is dat gelowiges liewer met ander "gelowiges" trou (en nie met ongelowiges nie);  ook om nie te trou met iemand wat onrein is, of alreeds verstoot is (m.a.w. 'n geskeide") nie:
(Eseg. 44:21)  Ook mag geen priester wyn drink as hy in die binneste voorhof ingaan nie.
(Eseg. 44:22)  Ook mag hulle geen weduwee of een wat verstoot is, vir hulle as vrou neem nie; maar jongmeisies uit die geslag van die huis van Israel of ‘n weduwee wat deur ‘n priester as weduwee agtergelaat is, mag hulle neem. (vgl. dit met die opdrag dat as 'n wedewee weer wil trou, dit net mag wees met 'n gelowige - 1 Kor. 7:39 en 1 Tim. 5:11,12)  Opdrag was hier spes. aan die priesters gegee - maar l.w. dat Christene gesien word as 'n "priesterdom" - as hierdie gemik was op die priester van die O.T., kan dit beslis iets beteken vir alle Christene wat terloops deel is van die Here se priesterdom! (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/06/n-heilige-priesterdom-n-volk-as-eiendom.html). Met onderstaande skrifte sal hierdie onderwerp net al duideliker word:
Volgens Lev. 21:7,8 mag die man (priester) geen vrou neem wat:
(1) 'n hoer ("whore, harlot") is, 
(2) 'n onteerde ("profane, fig. pulluted"-not respected of religious practice) is, en 
(3) vrou wat deur haar man verstoot is, nie. 
Vgl. dit ook met Jesus se woorde in (Luk 16:18 - "Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk").  Hierdie was nie net Ou Testamenties nie! Ons moet verstaan die belangrikheid hier en dat dit gaan oor die tema van GEMEENSKAP (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html).  As ons nie ag gee hierop nie, dan kan dit veroorsaak dat twee mense wat dink dat hulle wettiglik getroud is en wettiglik met mekaar mag saamlewe, eintlik besig is om mekaar te besoedel.  Bv., twee homoseksuele wat met mekaar trou, gaan steeds mekaar besoedel al het hulle ook 'n huwelikskontrak... Op dieselfde manier kan 'n geskeide wat "weer trou" wel 'n huwelikskontrak he, maar eintlik 'n egbreker wees! (soos in die geval van Herodes en Herodias - Matt. 14:3,4). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2)  reëls rondom "skei" in die geval van waar 'n gelowige getroud is met 'n ongelowige.  Die tweede geval waarna ons kyk in hierdie pos, is in geval van waar 'n GELOWIGE getroud is met 'n ONGELOWIGE (en watter gronde daar moontlik is "om te skei"). Paulus se siening is dat die gelowige GEEN REDE moet gebruik om die ongelowige weg te stoot nie - maar moet ons ook kennis neem sy woorde in v. 12: (1Kor. 7:12)  Maar vir die ander sê ek—nie die Here nie—as enige broeder ‘n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot nie;  - hy leer verder dat sou die ongelowige maat wou skei, die gelowige nie in sy/haar pad moet staan nie - maar dan moet die skeiding nie van die gelowige se kant af kom nie, maar van die ongelowige - en hy noem sy rede: "ter wille van vrede".  MAAR DAAR IS 'N VERSKIL TUSSEN HIERDIE VB. EN DIE VB. IN ESRA 10, want in Esra 10 word die ongelowige huweliksmaats verstoot deur gelowige huweliksmaats... (Esra 10; 9:1).  Om bloot met iemand te skei omdat hy ongelowig is, kan nie regverdig word nie - tensy die gelowige in dieselfde juk is met die ongelowige huweliksmaat en die gelowige inderdaad besoedel word deur die ongelowige... 
Kom ons vgl. hierdie met die vb. in Esra 10:
(Esra 10:2)  Toe het Segánja, die seun van Jéhiël, van die seuns van Elam, begin spreek en aan Esra gesê: Ons het ontrou gehandel teen onse God, dat ons vreemde vroue uit die volke van die land getrou het; maar tog is daar nog hoop vir Israel in hierdie saak.
(Esra 10:3)  Laat ons dan nou ‘n verbond met onse God sluit om al die vroue en wat uit hulle gebore is, weg te stuur volgens die raad van my heer en van die wat beef vir die gebod van onse God, en laat volgens die wet gehandel word.

-   vgl. ook met Esra 9:1 - "En toe dit klaar was, het die owerstes na my gekom en gesê: Die volk van Israel en die priesters en die Leviete het hulle nie afgesonder van die volke van die lande, wat hulle gruwels betref nie, naamlik van die Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en Amoriete".  Dit is duidelik dat die probleem hier in Esra spesifiek gegaan het oor afgodsaanbidding - kyk die woorde "wat hulle gruwels betref".  As hulle vroue (en kinders) nie hierdie gruwels wou neerle en hulleself ondergeskik stel aan die God van Israel en Hom alleen aanbid nie, dan het dit beteken dat beide die huweliksmaats asook die LAND deur die onreines besoedel word (en kan dus nie GEHEILIG/afgesonder word vir die Here nie). In die geval moes hulle hul vrouens verstoot sodat hulle hul vir die Here kon heilig en die land heilig kon wees. Onder die "wet van Moses" het elkeen wat iets onrein aanraak, self ook onrein geword.  In die N.T. is die klem op die geestelike en hierdie wette onder die wet van Moses slegs 'n skaduwee van wat sou kom.  In die evangelie van vrede mag ons niemand onheilig of onrein noem nie... (Hand. 10:28) - natuurlik spesief genoem in konteks met die feit dat gelowiges nie deur ongelowiges besoedel kan word nie!  Die gelowige huweliksmaat kan nie bloot skei van 'n ongelowige huweliksmaat net omdat hy/sy ongelowig is nie, want in die N.T. word die ongelowige huweliksmaat geheilig sodat die gelowige nie deur sy onreinheid BESOEDEL word nie (1 Kor. 7:14). Waar 'n ongelowige egter van 'n gelowige wil skei, moet die gelowige nie in die ongelowige se pad staan nie, want dan leef hulle nie in vrede met mekaar nie. M.a.w., in die geval van waar 'n GELOWIGE getroud is met 'n ONGELOWIGE word daar van die gelowige verwag om NIE TE SKEI NIE (want sy huweliksmaat is in elk geval onrein!), maar as die ongelowige wil skei, dan moet die gelowige nie in sy pad staan nie. Hierdie situasie is beslis anders as wanneer twee gelowiges getroud is, want in die geval van gelowiges is die doel van die skeiding veral sodat die onreine skaam kry en tot bekering kom, maar die ongelowige word nie op dieselfde wyse geoordeel as die gelowige nie! (want hy het immers nog nooit tot bekering gekom nie en is in elk geval onrein, en daarom sou skeiding met die doel om hom skaam te maak, geensins die probleem oplos nie -"moenie oordeel die wat buite is nie, maar oordeel die wat binne is"-1Kor. 5:12).  - daarom word dit van die gelowige verwag om NIE TE SKEI van die ongelowige huweliksmaat nie (tensy die ongelowige wil skei).  Die feit dat die ongelowige "geheilig" word deur die gelowige, beteken nie dat die ongelowige nou rein is nie!, maar wys liewer op die feit dat sy onreinheid nie die gelowige kan besoedel nie. Net soos in die geval van afgodsoffers waardeur die gelowige nie besoedel kan word nie tensy dit geneem word met die WETE dat dit aan 'n afgod geoffer is, so kan die gelowige ook nie deur sy ongelowige huweliksmaat besoedel word nie, TENSY hy gemeenskap het met sy ongelowige huweliksmaat se bose werke! En natuurlik in so 'n geval word dit eerder van die gelowige verwag om ag te gee op die pad van godsaligheid ! en NIE VAN DIE ONGELOWIGE TE SKEI nie (tensy die ongelowige wil skei)(1 Kor. 7:12,13)

Die vb. van Esra 10 mag ook te doen he met die feit dat die gelowiges deur die ongelowige maats beinvloed kan word tot afvalligheid, want ons weet tog goed dat die ongelowige maats ontvang sou word in die volk sou hulle hul tot die Here alleen bekeer! Dit is duidelik dat hierdie ongelowige vroue nie hulle gruwelikhede wou los nie.  Net soos hierdie vrouens nie in die land kon bly solank hulle hul nie tot die Here bekeer nie maar besoedel was, so sal die besoedeldes (wat hulle nie wil bekeer nie) ook nie eendag kan ingaan in die koninkryk van God nie...   Ter wille van "om heilig te wees" wil dit dus tog lyk of daar wel 'n plek is waar 'n gelowige toegelaat word om 'n ongelowige huweliksmaat weg te stoot; meer presies is hierdie dan 'n geval van waar die gelowige in gemeenskap is met die ongelowige se sondes (bv. deelname in afgodspraktyke ens.), of soos in die geval van 'n besoedelde gewete (2 Kor. 6:14,15).  In sulke gevalle is die huwelik tot die gelowige se nadeel (want die gelowige sukkel om die bose te oorwin) en die gelowige word besoedel deur die ongelowige huweliksmaat, en kan sy lewe verloor... (bv. Num. 25:1-9)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/09/verontreinig-ontheilig.html)God haat egskeiding, maar Hy is ook barmhartig!, en laat dit dus somtyds toe ter wille van die huweliksmaat wat ly. 

OM OP TE SOM:  
Gewoonlik word dit van die gelowige huweliksmaat verwag om glad nie die ongelowige weg te stoot nie, maar ter wille van "om heilig te wees" wil dit tog lyk of daar wel 'n plek is waar 'n ongelowige huweliksmaat deur die gelowige weggestoot kan word (?)  (Mat 19:29,30 - "En elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van my Naam verlaat het, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe. Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste")(Mark. 10:29-31; Luk. 18:28-30; Deut. 13:6-8; Matt. 12:48-50).
_________________________________________________________________________________
Die Christelike kerk (altans die diensknegte vd Here) het mag om te bind of ontbind (wat te doen het met die evangelie vd koninkryk), bv. "vergifnis" in die evangelie vd koninkryk - m.a.w., "wat word vergewe en wat nie?" - bv., in sekere gevalle word "om te skei" vergewe... (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/wat-julle-op-die-aarde-bind-sal-in-die.html).  Maar natuurlik mag hierdie "oordeel" nooit in stryd wees met die Here se wil nie!, bv., al is dit nie die Here se wil dat enige huwelikspaartjie skei nie, sal Hy dit wel toelaat ter wille van barmhartigheid (en Hy WIL dat ons barmhartig wees teenoor mekaar), bv. in gevalle soos familie geweld, waar kinders gemolesteer word, ens.  DIE REELS VAN "rein" EN "onrein" WORD IN SEKERE OPSIGTE ANDERS VERVUL IN DIE NUWE TESTAMENT, of sal ons liewer sê, "word op 'n veel uitnemender manier vervul" (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2016/11/die-eet-van-rein-en-onrein-diere.html). Dit beteken egter nie dat die wet tot niet is nie, want ook in die N.T. moet ons verstaan wat bedoel word met "rein" en "onrein", en besef dat dit 'n baie belangrike onderwerp is wat wel 'n invloed het op elkeen se saligheid.

Kom ons kyk na 'n vb. in Deut. 22:20,21, en sien hoe die wet van vergifnis vervul word in die N.T.:
(waar 'n dogter nie maagedelik rein was met haar huwelik nie, en die man dit agterkom nadat hulle getroud is):
-(Deu 22:20)  Maar as hierdie woord waarheid is: Die maagdom is aan die dogter nie gevind nie—
-(Deu 22:21)  dan moet hulle die dogter na die deur van haar vader se huis uitbring, en die manne van haar stad moet haar stenig, dat sy sterwe, omdat sy ‘n skanddaad in Israel begaan het deur in die huis van haar vader te hoereer. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.

Christus het vir alles sondes betaal, ook vir sondes wat bloedskuld veroorsaak (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-1.html);  daar is slegs een onvergeeflike sonde in die N.T., nl. sonde teen die Heilige Gees. Alhoewel die persoon met bloedskuld in die O.T. met sy eie bloed moes betaal, is bloedskuld 'n vergeeflike sonde in die N.T. omdat Christus in ons plek met Sy bloed betaal het.  Daar is dus 'n kans vir vergifnis sou 'n dogter wat hierdie sonde gepleeg het voor die huwelik, berou het en dit bely.  En verder het Christus vir ons geleer dat ons moet vergewe sou iemand so berou en bely - in die N.T. word dit dus van die man verwag om dan te "vergewe"! (Mark. 11:26; Matt. 18:21,22)(kyk gelykenis van die verlore seun - Luk. 15:30 - "Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag").  Die wat egter as Christene bekendstaan maar hoereer sonder om hulle te bekeer, moet anders hanteer word, soos ons in bg. voorbeelde gesien het...(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/soos-ons-ook-ander-vergewe-3.html).
_________________________________________________________________________________
Wat beteken die woord "skei"?

(Rom 7:2)  Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae (G2673 - "loosed")("abolish, cease, cumber, deliver, destroy, do away, become (make) of no (none, without) effect, fail, loose, bring (come) to nought, put away (down), vanish away, make void") van die wet van die man.
(Rom 7:3)  Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.

Die woord "ontslae" hier is nie dieselfde woord as die woord "skei" in ander skrifte nie (waar dit meer verwys na "parden"), maar het in bg. geval eerder die betekenis van "abolish" (G2673 - "loosed" - "destroy, abolish, cease, make void..."). 

Vgl. dit met Matt. 18:23-35, waar Christus die koninkryk van die hemele vgl. met 'n sekere koning wat met sy diensknegte wou afreken.....  In die gelykenis word die een wat hom 1000 talente skuldig is, en dit nie kon betaal nie, kwytgeskeld daarvan toe hy by hom pleit. (Mat 18:27 - "En die heer van daardie dienskneg het innig jammer vir hom gevoel en hom losgelaat (G630 - "ap-ol-oo-o" -"pardon")(release, forgive, dismiss, releave..") en hom die skuld kwytgeskeld). Dieselfde Griekse woord wat gebruik word in Luk. 13:12 wat verwys na hoe sy verlos word van die krankheid.  Dit is inderdaad iets waardeur sy "gebind" was, waarvan sy verlos is (Luk. 13:16), maar ons moet verstaan dat dit nie dieselfde soort "verlos" is waarvan bv. gepraat word in Rom. 7:2 nie. Want as dit was, dan sou die dienskneg nie later kon oorgegee word aan die pynigers nie! (Matt. 18:32-35).  Sou sy skuld egter "abolish" wees soos in Rom. 7:2, dan kon hy nie later oorgegee word aan die pynigers nie. Hierdie is juis die rede waarom 'n Christen wat nie wil vergewe nie aan die pynigers oorgegee sal word, AL IS HYSELF KWYTGESKELD!;  omdat sy kwytskelding wel VERSKOON is, maar NIE VOLKOME AFGESKAF is nie (want sy "verskoning" van sy skulde is op voorwaarde)!(Ps. 32:5; Matt. 6:14,15; 18:35; Mark. 11:25,26).
Die betekenis van "ontslae word" in Rom. 7:2 is nie dieselfde as die betekenis van die woord "skei" in ander skrifte nie.  In skrifte waar die woord "skei" gebruik word (in geval van huwelik), is dit 'n ander Griekse woord wat gebruik word, bv.  (Luk 16:18 - "Elkeen wat van sy vrou skei (G630) en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk")(Mark. 10:4,11,12; Luk. 16:18). L.w. dat dit dieselfde Griekse woord is wat bv. gebruik is in bg. gelykenis Matt. 18!, en verwys meer na "pardon" as wat dit verwys na "abolish". Die woord vir "skei" wat in 1 Kor. 7:10,11 en 15 gebruik word, is ook weer nie dieselfde woord as wat bv. in Luk. 16:18 (G630) gebruik is nie, maar is die Griekse woord " (kho-rid'-zo), wat beteken "depart" ("to place room between, that is, part; reflexively to go away: - depart, put asunder, separate").  WAT ONS DUS KAN OPSOM IS DAT DIE WOORD VIR "ontslae" WAT GEBRUIK WORD IN Rom. 7:2 (waar die vrou ontslae word van die wet wat haar bind aan haar man), VERSEKER NIE DIESELFDE BETEKENIS HET AS DIE SKEIDING IN GEVAL VAN 'N SKEIBRIEF NIE!  

Vrydag 24 November 2017

Beeldspraak van "ster" en skyn" (en Môrester); Kinders vd dag

Daar is 'n geloof onder sekere groepe dat mense hulle plek inneem onder die (letterlike) sterre van die hemel wanneer hulle doodgaan - hierdie geloof is natuurlik glad nie wat die Skrif leer nie, maar dat "sterre" in BEELDSPRAAK somtyds in die Skrif gebruik word in verband met mense is ook nie verkeerd nie. O.a. word Josef se broers voorgestel soos sterre in Josef se droom; en die vermeerdering van Abraham se nageslag voorgestel as sodanig "soos die sterre vd hemel" (maar ook "soos die sand wat aan die seestrand is")(Gen 22:17; Deut. 1:10).  In Num. 24:17 word die Messias genoem " 'n ster wat te voorskyn kom uit Jakob". Die wyse manne uit die ooste wat in Jerusalem aangekom het (in Matt. 2:2-10), het geweet dat die Koning van die Jode (die Messias) gebore is OMDAT hulle sy ster gesien het - in hierdie opsig was 'n werklike ster ook 'n bewys van Sy geboorte (nie dat Hy die fisiese ster was nie, maar dat die ster 'n TEKEN was van Sy geboorte). Christus Jesus noem Homself ook die blink môrester in Openb. 22:16. Christus word verder voorgestel as die lig wat in die duisternis skyn (Joh. 1:5). Hy is die LIG UIT DIE HOOGTE wat ons besoek het (Luk. 1:78), om te skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit...

Die profetiese woord word ook soos 'n lamp voorgestel (wat in 'n donker plek skyn)(2 Pet. 1:19).  Amper asof dit op die aarde huidiglik voorgestel word as 'n DONKER PLEK en DIE DAG HET NOG NIE AANGEBREEK NIE (1 Pet. 1:19) - maar die dag kom! Gaan ons terug na die begin van Genesis, dan sien ons dat die aarde letterlik woes en leeg en onder water was aan die begin, EN DONKER! (en duisternis was op die wêreldvloed - Gen. 1:2).;  maar in bg. sin waar dit nou voorgestel word as 'n donker plek, is dit  natuurlik figuurlik bedoel en verwys eerder na die toestand van die mens as na die aarde, alhoewel die toestand vd mens ook 'n invloed het op die aarde... (bv., sonde het 'n invloed op die aarde http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/06/wanneer-is-die-einde-van-die-wereld-en.html).  Solank die dag nog nie aangebreek het nie, is Christus en die profetiese woord soos 'n lig wat skyn in die duisternis. In Openb. 1:16 en 20 word die engele (boodskappers) vd (Christelike) gemeentes ook voorgestel soos "sterre" - sekerlik omdat hulle die profetiese woord vir die mense bring.  Hulle bring m.a.w. vir hulle die "lig".

God is die Een wat lig uit duisternis kan laat skyn, en dit is Hy wat in ons harte skyn om verligting aan te bring van kennis (vd heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus)(2 Kor. 4:6).  Die ongelowiges se sinne is nog verblind (dit is donker vir hulle), en die VERLIGTING VAN DIE EVANGELIE skyn nie op hulle nie (2 Kor. 4:4).... (hulle verstaan nie die evangelie nie en "SIEN" nie).  Maar Christus, wat die blink môrester is, is 'n lig vir die gelowiges. Gelowiges "sien" anders as die ongelowiges, bv.: -al word hulle verdruk, is hulle nie teneergedruk nie;  en al voel hulle daar is geen uitweg nie, is hulle nie radeloos nie (2 Kor. 4:8);  en al word hulle vervolg, is hulle nie verlate nie; en al word hulle neergewerp, kan hulle nie vernietig word nie! (2 Kor. 4:9).  Gelowiges "SIEN" (hulle het 'n LIG), maar vir die ongelowiges is dit DONKER. Ongelowiges word verder voorgestel soos mense wat (in die dode slaap), maar gelowiges as "die wat opstaan uit die dode"!, en Christus skyn oor hulle (Ef. 5:14). Die wat in Christus glo sal wel eendag deur Hom ook letterlik opgewek word tot lewe, maar huidiglik is die gelowige ook soos iemand wat opstaan uit die dode (waarvan die Christelike doop o.a. 'n teken is - http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/die-christelike-doop.html - in konteks verwys dit na die wat begin lewe vir Christus en die "ou lewe" (wat soos dood voorgestel word), afle.   Hulle WAS vroeër IN DUISTERNIS (en kon nie "sien" nie), maar IS NOU IN DIE LIG VAN DIE HERE (Ef. 5:8)(en kan nou "sien").  Kinders van die lig wandel ook soos kinders van die lig (Ef. 5:8) - dade en optrede is dus 'n bewys van of iemand 'n kind is vd lig, of 'n kind vd duisternis. Kinders van die Here word bv. deur Christus voorgestel as "die lig van die wêreld" (Matt. 5:14), en word beveel om hulle lig te laat SKYN oor die mense.  Wat is dit wat die mense moet sien?  Wat is dit wat oor die mense skyn?, m.a.w. "wat is dit wat in die donker skyn"?  - (Mat 5:16 - "Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik"). In hierdie skrifgedeelte verwys dit na goeie werke (natuurlik verwysend na goeie werke uit gehoorsaamheid aan die Here - http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/goeie-vrug-en-goeie-werke.html) is soos lig wat in die duisternis skyn, en behoort by kinders van die lig.

In Openb. 2:28 sien ons 'n interessante belofte wat die Here maak aan die wat daar oorwin: "En Ek sal hom die môrester gee". Kyk ons na die konteks in hierdie gedeelte van wie dit is wat gesien word as oorwinnaars, is dit die wat nie ag gegee het op valse leerstellings nie en vashou tot Christus terugkom. Maar wat presies hierdie môrester na verwys (wat aan hulle belowe word), is natuurlik 'n punt van redenasie, maar kan vgl. word met 2 Pet. 1:19 wat verwys na hoe die morester sal opgaan in gelowiges se harte WANNEER DIE DAG AANBREEK... Vgl. dit gerus ook met Matt. 13:43 - "Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor". Net soos Christene huidiglik GEESTELIK opstaan in 'n nuwe lewe - m.a.w., opstaan uit die dood om te lewe vir Christus (en dus die ou lewe van duisternis afle), en dus opstaan uit die duisternis, net so sal hulle eendag LETTERLIK opstaan tot ewige lewe (nuwe liggame) - wat lyk of dit voorgestel word soos "die morester wat opgaan in hulle harte".  - dan breek die dag aan!... - m.a.w., dit gebeur wanneer Christus terugkom. Vgl. dit ook met Dan 12:3, wat spesifiek gaan oor die tyd van DIE OPSTANDING - "En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos".  Dit beteken nie dat hulle in sterre gaan verander nie, maar gaan oor hulle glans (hulle is kinders van die dag). Maar hoekom word die beeldspraak van "morester" ook gebruik ten opsigte van die "koning van Babel" in Jes. 14? - want duidelik is die "man" waarvan daar gepraat word  nie 'n kind van die dag nie! (man of koning van Babel verwys sekerlik hier na die anticrhis - baie geleerdes noem hierdie "koning van Babel" die duiwel, wat ook nie noodwendig verkeerd is nie, want die duiwel sal hom sy mag gee...).  Dit is wat ons moet verstaan oor die beeldspraak van "môrester", is dat dit nie gaan oor om 'n naam vir iemand te gee nie, maar dat dit gaan oor die betekenis daarvan (m.a.w., waarna verwys "morester" of "seun van dageraad"?), want vir die nasies sal hierdie man in Jes. 14 wees soos 'n seun van die dageraad (Jes. 14:12) - "seun van dageraad" verwys na die wat lig bring. (2Kor. 11:14,15 - "....... die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig". Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke"). Vir die wereld sal die antichris 'n lig wees soos Christus 'n lig is vir die Christen.  Vir die wereld sal die antichris se kennis 'n lig wees (bv. die valse profeet se woord), maar vir die Christen is die profetiese woord en waarheid wat Christus gebring het, 'n lig.
Christus Jesus is nie net enige morester nie, maar "die blink môrester" (Openb. 22:16) - Hy is die werklike Lig! (Luk. 1:78; Joh. 1:4, 7-9; 9:5; 12:36; Luk. 2:32). Christus Jesus is soos 'n lig (is die Lig) wat in die donker skyn sodat ons kan SIEN (kan dus voor ons in die pad sien, gevare raaksien ens.). Die wat nie vir Christus Jesus ken nie, is soos mense wat in die donker stap - hulle kan nie SIEN nie.  Op dieselfde wyse is die profetiese woord en die waarheid wat Christus gebring het, vir ons 'n lig.

Ons is ook wel bekend met die seëning wat die Here Aäron beveel het om oor die kinders van Israel uit te spreek:  "Die HERE sal jou seën en jou behoed; die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee" (Num. 6:24-26). As die Here Sy aangesig oor iemand laat skyn, dan spreek dit van GENADE (Num. 6:25) - Hy seen die oor wie Hy GENADIG is - bv.,  "SKYN LIG " oor hulle planne... Job het graag hierdie beeldspraak gebruik en het bv. op 'n stadium die Here kwalik geneem omdat dit lyk of Hy hom (Job) veroordeel maar Sy lig laat skyn oor die goddelose... (Job 10:3). Wanneer die Here 'n lig skyn oor iemand se planne of pad ('n lig skyn oor sy weë), dan is Hy GENADIG teenoor so iemand en sy wee geseend en kom tot stand (Job 22:28). Wanneer die Here IEMAND SE LAMP LAAT SKYN, dan laat Hy die duisternis opklaar - Hy gee bv. verlossing vir die verdruktes, en verhoog die nederiges (Ps. 18:26-29; 31:15-17; 80:3,4). Hierdie is nie iets wat die Christen altyd ervaar in sy huidige lewe nie want hy gee sy lewe op ter wille van Christus, maar wanneer Christus terugkom sal Hy uiteindelik verlossing gee en die hoogmoediges verneder - daarom is Sy wederkoms ook 'n tyd waarna verwys word as 'n tyd wanneer die dag aanbreek (nie net vir die gelowiges nie, maar ook vir die aarde omdat die bloedskuld uit die land verwyder sal word).   Dit is ook in hierdie konteks wat Dawid verstaan het wat dit beteken as die Here "Sy aangesig oor iemand laat skyn" (Ps. 119:35) - (Psa 67:1)  Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. ‘n Psalm. ‘n Lied. (67:2) Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela". Wanneer Christus terugkom, dan breek die dag aan! - al die nasies vd aarde sal die Here se weg ken en sal Hom loof en bly wees en jubel omdat Hy hulle regverdig oordeel - die Here sal die nasies op aarde lei en hulle sal Hom vrees en loof. Die Lig sal onder hulle woon (Christus, die blink Morester) en hulle sal die kennis van die Here heeltyd onder hulle he (die profetiese woord en Sy waarheid). Verder sal almal (asook die aarde), Sy seen kan ervaar (Ps. 67:2-8).  In hierdie konteks verstaan ons wat bedoel word met die woorde, "Hy Sy aangesig by hulle laat skyn" (v.2). 
_________________________________________________________________________________

Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie. Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees. Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk. Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid. Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe 
(1 Thess. 5:5-10).

_________________________________________________________________________________
http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/05/slaap-en-die-geestelike-betekenis-van.html
_________________________________________________________________________________
SKRIFTE:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Job 10:2)  Ek sê tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis.
(Job 10:3)  Is dit voordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van u hande verwerp, terwyl U oor die planne van die goddelose lig laat skyn?

(Job 22:28)  Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn ‘n lig.

(Job 25:5)  Kyk, selfs die maan—hy skyn nie helder nie; en die sterre is nie rein in sy oë nie.

(Psa 18:26)  (18:27) by die reine rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.
(Psa 18:27)  (18:28) Want U verlos die verdrukte volk; maar U verneder die oë wat hoog is.
(Psa 18:28)  (18:29) Want U laat my lamp skyn; die HERE my God laat my duisternis opklaar.

(Psa 31:15)  (31:16) My tye is in u hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers.
(Psa 31:16)  (31:17) Laat u aangesig skyn oor u kneg, verlos my deur u goedertierenheid.

(Psa 80:3)  (80:4) o God, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

(Psa 119:135)  1Laat u aangesig skyn oor u kneg, en leer my u insettinge.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Num 24:17)  Ek sien hom, maar nie nou nie, ek aanskou hom, maar nie naby nie: ‘n ster kom te voorskyn uit Jakob, en ‘n septer kom uit Israel op, en hy verbrysel die slape van die hoof van Moab en werp al die oorlogsugtiges omver.

Mat 2:2  en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys.............
Mat 2:7  Toe het Herodes die wyse manne in die geheim geroep en hulle na die tyd van die ster se verskyning uitgevra; .....................
Mat_2:9  En nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek. En kyk, die ster wat hulle in die Ooste gesien het, gaan voor hulle uit totdat hy kom en bly staan bo-oor die plek waar die Kindjie was. 
Mat_2:10  En toe hulle die ster sien, het hulle hul met baie groot blydskap verheug. 

Openb. 22:16  Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester

(Joh 1:1)  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
(Joh 1:2)  Hy was in die begin by God.
(Joh 1:3)  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
(Joh 1:4)  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.
(Joh 1:5)  En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

(Luk 1:76)  En jy, kindjie, sal ‘n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak;
(Luk 1:77)  om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes,
(Luk 1:78)  deur die innige barmhartigheid van onse God waarmee die opgaande Lig uit die hoogte ons besoek het,
(Luk 1:79)  om te skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit, om ons voete na die pad van vrede te rig.

(Joh 5:35)  Hy was die lamp wat brand en skyn, en julle was gewillig om julle vir ‘n tyd in sy lig te verbly.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Gen 37:9)  Daarna het hy nog ‘n ander droom gehad en dit aan sy broers vertel en gesê: Kyk, ek het nog ‘n droom gehad—die son en die maan en elf sterre het hulle voor my neergebuig.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Hand. 7:43)  Ja, julle het die tent van Molog opgeneem en die ster van julle god Remfan, die beelde wat julle gemaak het om hulle te aanbid. En Ek sal julle anderkant Babilon wegvoer.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Jes. 14:12  Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! ("koning van Babel")
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

2Pe_1:19  En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte

(2Co 4:6)  Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.

(Ef. 5:14)  Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.

(Num 6:25)  die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;

Openb. 2:28  En Ek sal hom die môrester gee. 

(2Kor. 4:3)  Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan,
(2Kor. 4:4)  naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.

(Rev 1:20)  die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Job 10:2)  Ek sê tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis.
(Job 10:3)  Is dit voordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van u hande verwerp, terwyl U oor die planne van die goddelose lig laat skyn?

(Job 22:28)  Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn ‘n lig.

(Job 25:5)  Kyk, selfs die maan—hy skyn nie helder nie; en die sterre is nie rein in sy oë nie.

(Psa 18:26)  (18:27) by die reine rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.
(Psa 18:27)  (18:28) Want U verlos die verdrukte volk; maar U verneder die oë wat hoog is.
(Psa 18:28)  (18:29) Want U laat my lamp skyn; die HERE my God laat my duisternis opklaar.

(Psa 31:15)  (31:16) My tye is in u hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers.
(Psa 31:16)  (31:17) Laat u aangesig skyn oor u kneg, verlos my deur u goedertierenheid.

(Psa 80:3)  (80:4) o God, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

(Psa 119:135)  1Laat u aangesig skyn oor u kneg, en leer my u insettinge.

(Psa 67:1)  Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. ‘n Psalm. ‘n Lied. (67:2) Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela.
(Psa 67:2)  (67:3) Sodat die mense op aarde u weg kan ken, onder al die nasies u heil.
(Psa 67:3)  (67:4) Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.
(Psa 67:4)  (67:5) Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela.
(Psa 67:5)  (67:6) Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.
(Psa 67:6)  (67:7) Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën.
(Psa 67:7)  (67:8) God sal ons seën, en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 5:14)  Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie;
(Mat 5:15)  en ‘n mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is.
(Mat 5:16)  Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.

(Mat 13:43)  Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
_________________________________________________________________________________


Donderdag 09 November 2017

Verheerlikte/geestelike/onverganklike Liggaam

Elke wat glo in Christus Jesus het die belofte van die ewige lewe, en sal in die laaste dag (Joh. 6:39,40) deur Hom opgewek word (m.a.w., dit praat van "die opstanding" - hulle sal opgewek word uit die dode)(en ons vernederde liggame sal verander word om gelykvormig te word aan Sy verheerlikte liggaam - Fil. 3:21).  

IN HIERDIE POS WIL ONS KYK HOEDANIG SO 'N LIGGAAM SAL WEES, EN GAAN KYK NA hoedanig CHRISTUS SE LIGGAAM vir ons beskryf word NA SY OPSTANDING.  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Vir 'n volledige studie oor "DIE OPSTANDING", gaan na: http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/die-opstanding-dooies-sal-herlewe.html.  Almal sal wel opstaan en herlewe (alhoewel op verskillende tye), maar nie almal sal opstaan TOT LEWE nie... (Dan. 12:2).

Nie oral waar die woorde "opstanding" of "opstanding van/uit die dode" (opstanding van die liggaam) gebruik word in die Skrif verwys dit na "opstanding tot lewe" nie, maar die woorde "die opstanding" verwys wel na 'n spesifieke tyd van opstanding, nl. die opstanding in die laaste dag wanneer Christus Jesus terugkom.
Dan sal sommige opstaan tot lewe, en ander sal opstaan tot veroordeling...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"Kinders van die opstanding" verwys na die wat opstaan TOT LEWE (Luk. 20:36).
Christus is die EERSGEBORENE uit die dode (Openb. 1:5);  dus die EERSTE ("vd broeders") wat opgewek is uit die dode (Rom. 8:29)(en dus die eerste vd "kinders van die opstanding"). (Kol. 1:18 - "En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees")(https://warechristene.blogspot.co.nz/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html).  Christus se opgestane liggaam is vir ons 'n vb. van hoe so 'n liggaam waarin Hy ons ook sal opwek, sal wees (m.a.w. hoedanig die liggaam is wat opgewek word tot lewe).  Fil. 3:21 leer vir ons dat Hy ons vernederde liggame VAN GEDAANTE SAL VERANDER (Fil. 3:21) wanneer Hy terugkom (v.20), OM GELYKVORMIG TE WORD AAN SY VERHEERLIKTE LIGGAAM. Christene het alreeds 'n hemelse tentwoning (burgerskap in die hemel) en hulle wag om met daardie tentwoning oorklee te word... (Fil. 3:20; 2 Kor. 5:1-4)(Mark. 13:27).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING:
Kom ons kyk na 'n paar feite wat ons kan neem uit verskillende skrifte oor hierdie soort liggaam:

1.    Die eerste punt wat ons uit bg. inligting kan maak is dat hierdie liggaam (wat soos Christus se verheerlikte liggaam is),  'n soort liggaam is wat NOOIT SAL DOODGAAN NIE (m.a.w. " 'n liggaam wat vir ewig lewe! ") - kan m.a.w. nie sterwe nie (Luk. 20:36). Vir die wat opstaan tot lewe sal die dood vir ewig vernietig word - daar sal nie meer hartseer vir hulle wees nie en hulle sal veilig wees (Jes. 25:8).

2.    Die wat opgestaan het uit die dood word nie gesien as deel van die dooies nie, maar word gesien as deel van die lewendes (Luk 24:5). Dit is juis hierdie punt wat Christus as bewys gebruik het om te bevestig dat daar werklik 'n opstanding sal plaasvind, want God is nie ‘n God van dooies nie, maar van lewendes! (Matt. 22:32; Luk. 20:37,38).

3.    Die feit dat die twee oppad na Émmaüs nie onmiddellik vir Christus na Sy opstanding herken het nie, beteken nie dat dit altyd die geval is by so 'n liggaam nie, maar eerder was hulle oë deur die Here weerhou sodat hulle Hom nie kon herken nie... (Luk. 24:16,31), en/of omdat Hy in 'n ander gedaante aan hulle verskyn het (Mark. 16:12).  Volgens heelwat ander skrifte is dit duidelik dat hulle Hom wel herken het in Sy nuwe liggaam (Joh. 20:19,20; 21:12,14; Luk. 24:34; 1 Kor. 15:5-8), maar dit wil voorkom of Hy Sy liggaam van gedaante kan verander.  Presies hoedanig weet ons nie.

4.    Die wat waardig geag word om die opstanding tot lewe te verkry (m.a.w. "die kinders vd opstanding"), sal nie trou of in die huwelik uitgegee word soos in hierdie eeu nie - in daardie eeu (of ook genoem "die volgende eeu" - https://warechristene.blogspot.co.nz/2015/07/hierdie-eeu-volgende-eeu.html) sal hulle wees soos die engele en is kinders van God (Luk 20:35,36). 

5.    Christus se opgestane liggaam kon deur geslote deure (of mure) gaan (Joh 20:19,26); en kan uit die gesig verdwyn of ewe skielik verskyn (Luk. 24:31,36,37). 

6.    Dit is 'n vatbare liggaam (Joh. 20:20,27) - NIE 'n gees nie , maar vlees en bene (Luk. 24:39,40) - NIE "vlees en bloed" soos hierdie liggaam wat ons nou het nie... (1Co 15:50), maar is 'n ander soort liggaam (1 Kor. 15:38-42) -:  'n ONVERGANKLIKE liggaam (terwyl "vlees en bloed" verganklik is). Dit word wel ook 'n "geestelike liggaam" genoem, maar met geestelike liggaam word nie bedoel dat dit gees is of nie vlees en bene is nie, maar die woorde "geestelike liggaam" verwys eerder na die feit dat dit onverganklik en onsterflik is (1 Kor. 15:44,53). (1Kor. 15:50 - "Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God NIE kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie") - om die koninkryk te beerwe het ons onverganklike en onsterflike liggame nodig.  Die gees kan wel wederbaar word deur water en Gees (https://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html), maar die liggaam is huidiglik nog onderwerp aan die vyand vd dood - maar met die opstanding word die dood finaal oorwin! (1 Kor. 15:54-57).

7.    Dit wil voorkom of die verganklike (of geestelike) liggaam ook 'n liggaam is wat kan kos eet (Luk. 24:42,43) 

8.    'n Interessante feit is hoe die regverdiges wat deel het aan die opstanding (tot lewe) voorgestel word as verstandiges wat glinster soos die glans vd uitspansel (Dan. 12:3).  Ook in Matt. 13:43 kry ons hierdie beeldspraak, of is dit letterlik dat hulle sal skyn?

9.    Christus het geleer dat die wat deel het aan die opstanding (m.a.w. die kinders vd opstanding), sal wees soos engele van God in die hemel (Mat 22:30) - engele van God word ook somtyds beskryf as met "wit klere" (Joh. 20:12), en is miskien iets wat vgl. kan word met Openb. 3:5... (http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit-klere.html).
_________________________________________________________________________________

SKRIFTE van belang:

(Fil. 3:20)  Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,
(Fil. 3:21)  wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.

(2Kor. 5:1)  Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ‘n gebou het van God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.
(2Kor. 5:2)  Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word,
(2Kor. 5:3)  as ons ten minste gekleed en nie naak bevind sal word nie.
(2Kor. 5:4)  Want ons wat nog in die tent is, sug en voel beswaard, omdat ons liewer nie ontklee nie, maar oorklee wil word, sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word.

(Dan 12:1)  En in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ‘n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ‘n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.
(Dan 12:2)  En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.
(Dan 12:3)  En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.

(Mat 13:43)  Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.

(Jes. 25:6)  En die HERE van die leërskare sal op hierdie berg vir al die volke berei ‘n maaltyd van vetspyse, ‘n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn.
(Jes. 25:7)  En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, en die omhulsel waarmee al die nasies bedek is.
(Jes. 25:8)  Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here HERE sal die trane van alle aangesigte afvee; en Hy sal die smaad van sy volk van die hele aarde af wegneem; want die HERE het dit gespreek.
(Jes. 25:9)  En hulle sal in dié dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is die HERE op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp.
(Jes. 25:10)  Want die hand van die HERE sal rus op hierdie berg; maar Moab sal vertrap word op sy plek soos strooi vertrap word in die water van ‘n miskuil.

(Jes. 26:19)  U dode sal herlewe, my lyke sal opstaan. Waak op en jubel, julle wat in die stof woon! Want u dou is ‘n dou van die lig, en die aarde sal aan skimme die lewenslig skenk.

(1Kor. 15:35)  Maar iemand sal sê: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle?
(1Kor. 15:36)  Dwase mens! Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie.
(1Kor. 15:37)  En wat jy saai—jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar ‘n blote korrel, byvoorbeeld van koring of van iets anders.
(1Kor. 15:38)  Maar God gee dit ‘n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam.
(1Kor. 15:39)  Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee, en dié van visse anders as dié van voëls.
(1Kor. 15:40)  En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse.
(1Kor. 15:41)  Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.
(1Kor. 15:42)  So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid;
(1Kor. 15:43)  daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag.
(1Kor. 15:44)  ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam.
(1Kor. 15:45)  So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.
(1Kor. 15:46)  Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.
(1Kor. 15:47)  Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.
(1Kor. 15:48)  Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense.
(1Kor. 15:49)  En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.
(1Kor. 15:50)  Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
(1Kor. 15:51)  Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,
(1Kor. 15:52)  in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.
(1Kor. 15:53)  Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.
(1Kor. 15:54)  En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.
(1Kor. 15:55)  Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?
(1Kor. 15:56)  Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.
(1Kor. 15:57)  Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.
(1Kor. 15:58)  Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.

(Mat 22:29)  Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.
(Mat 22:30)  Want in die opstanding trou hulle nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele van God in die hemel.
(Mat 22:31)  En wat die opstanding van die dode betref—het julle nie die woord gelees wat tot julle deur God gespreek is nie:
(Mat 22:32)  Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob? God is nie ‘n God van dooies nie, maar van lewendes.

(Mat 28:18)  En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.

(Joh 5:25)  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe.
(Joh 5:26)  Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê.
(Joh 5:27)  En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is.
(Joh 5:28)  Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor
(Joh 5:29)  en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.
(Joh 5:30)  Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.

(Joh 11:24)  Martha antwoord Hom: Ek weet dat hy sal opstaan in die opstanding in die laaste dag.
(Joh 11:25)  Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;
(Joh 11:26)  en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?
(Joh 11:27)  Sy antwoord Hom: Ja, Here, ek glo dat U die Christus is, die Seun van God, wat in die wêreld sou kom.

(Openb. 1:17)  En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste
(Openb. 1:18)  en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.

(Eph 1:20)  wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele,
(Eph 1:21)  bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.
(Eph 1:22)  En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,
(Eph 1:23)  wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

(1Kor. 15:3)  Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte;
(1Kor. 15:4)  en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;
(1Kor. 15:5)  en dat Hy aan Céfas verskyn het; daarna aan die twaalf.
(1Kor. 15:6)  Daarna het Hy verskyn aan oor die vyf honderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het.
(1Kor. 15:7)  Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarna aan al die apostels;

(Luk 24:34)  wat sê: Die Here het waarlik opgestaan en het aan Simon verskyn.
(Luk 24:36)  En terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle!
(Luk 24:37)  Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle ‘n gees sien.
(Luk 24:38)  En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op?
(Luk 24:39)  Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want ‘n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie.
(Luk 24:40)  En terwyl Hy dit sê, wys Hy hulle sy hande en sy voete.
(Luk 24:41)  En toe hulle van blydskap nog nie kon glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir hulle: Het julle hier iets om te eet?
(Luk 24:42)  Daarop gee hulle Hom ‘n stuk gebraaide vis en ‘n stuk heuningkoek.
(Luk 24:43)  En Hy het dit geneem en voor hulle oë geëet.
(Luk 24:44)  En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word.

(Joh 21:4)  En toe dit al dag geword het, staan Jesus op die strand; maar die dissipels het nie geweet dat dit Jesus was nie.
(Joh 21:5)  En Jesus sê vir hulle: My kinders, het julle nie iets om te eet nie? Hulle antwoord Hom: Nee.
(Joh 21:6)  En Hy sê vir hulle: Gooi die net aan die regterkant van die skuit, en julle sal kry. Hulle het toe gegooi en deur die menigte van visse was hulle nie meer in staat om dit te trek nie.
(Joh 21:7)  Daarop sê die dissipel—die een vir wie Jesus liefgehad het—aan Petrus: Dit is die Here! En toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, gord hy sy bo-kleed om—want hy was naak—en werp homself in die see.
(Joh 21:8)  Maar die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep; want hulle was nie ver van die land nie, maar omtrent twee honderd el.
(Joh 21:9)  En toe hulle geland het, sien hulle ‘n koolvuur op die grond en vis daarop lê, en brood.
(Joh 21:10)  Jesus sê vir hulle: Bring van die visse wat julle nou gevang het.
(Joh 21:11)  Simon Petrus het in die skuit geklim en die net op die land getrek, vol groot visse, honderd drie en vyftig in getal; en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie.
(Joh 21:12)  Jesus sê vir hulle: Kom eet! En niemand van die dissipels het gewaag om Hom te vra: Wie is U nie? omdat hulle wis dat dit die Here was.
(Joh 21:13)  En Jesus het gekom en die brood geneem en dit aan hulle gegee, en so ook die vis.
(Joh 21:14)  Dit was al die derde keer dat Jesus aan sy dissipels verskyn het nadat Hy opgestaan het uit die dode.

(Mar 16:12)  En hierna het Hy in ‘n ander gedaante verskyn aan twee van hulle terwyl hulle loop, op pad in die veld.

(1Th 4:13)  Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.
(1Th 4:14)  Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.
(1Th 4:15)  Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.
(1Th 4:16)  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
(1Th 4:17)  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
(1Th 4:18)  Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.
_________________________________________________________________________________
(Openb. 3:5)  Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.
_________________________________________________________________________________

Maandag 09 Oktober 2017

Begeer

In hierdie pos gaan ons kyk na hoe die woord "begeer" gebruik word in die Skrif.
_________________________________________________________________________________

Dit is nie altyd verkeerd om iets te begeer nie, maar dit hang veral af van wat dit is wat iemand begeer, en hoekom hy dit begeer.  Elkeen se hart wys "wat sy begeertes" is (Matt. 6:21; 12:34,35...), 
bv., die goddelose begeer die vangs van verkeerde dinge! (Spr. 12:12).  Maar die regverdige ontvang alles wat hy vra? ..... Hoekom?  Want hy begeer die regte dinge (en vra ook daarvolgens) (Matt. 7:7,8; Spr. 10:24; 11:23).  Die tema van "begeer" kan gerus behandel word saam met die tema van "planne".  Die woord "planne" verwys somtyds na dit wat jy "dink" of die manier "hoe jy oor iets dink" (die Griekse woord "logismos"-2Kor. 10:5). Ons planne beïnvloed ons begeertes, en daarom moet planne of denke gevange geneem word tot gehoorsaamheid aan Christus! (2 Kor. 10:5). Christus het baie gepraat oor die "hart" en gewys dat ons moet ag gee op die hart... (Matt. 5:8,28;  6:21;  12:34,35;  13:15,19;  15:18,19;  22:37;  24:48...). (Spr. 16:9)  "Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die HERE rig sy voetstappe".

Daar is heelwat voorbeelde in die Skrif van gelowiges wat iets begeer het maar nie ontvang het nie - veral in voorbeelde waar diesulkes in ongehoorsaamheid stap (Hebr. 12:17), of verkeerd bid (Jak. 4:2,3). Baiemaal is die rede waarom gebede nie beantwoord word nie, omdat hulle begeertes het wat "onwettig" is, of omdat hulle agter die wêreld aan "hoereer" - (Jak. 4:4b - "................ Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God)(Joh. 8:44).  Die Christen wat verkeerde dinge begeer moet egter dankbaar wees as hy dit nie ontvang nie, want die Here weet wat goed is vir ons, en Hy weet wanneer iets kan veroorsaak dat ons val.  Somtyds gee die Here wel vir iemand iets wat nie Sy wil is nie! (wat in sommige gevalle gesien kan word soos 'n "vloek" eerder as "antwoord op gebed!")(soos die vb. in Rom. 1 vd die wat nie ag gee op die waarheid nie, of die vb. van koning Saul, wat wys was in sy eie oë en dooies gaan raadpleeg het vir 'n antwoord toe die Here hom nie meer wou antwoord nie...). Wanneer ons die Here raadpleeg, moet dit wees met die bedoeling dat ons ons onderwerp aan Sy wil, want Hy weet wat is goed vir ons.  Ons moet dus DIE HERE SE WIL begeer (1 Joh. 5:14; Hebr. 2:4; Kol. 1:9; Luk. 9:54; Rom. 2:18; Joh. 9:31; 4:34; Luk. 12:47; 5:12; Luk. 9:23,24...)(Gal 5:17 - "want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie").

Almal het begeerte na die daagslikse behoeftes (oor wat hul sal eet, drink of aantrek), maar die gelowige word beveel om hom nie daaroor te kwel nie (m.a.w., nie bevrees word of heeltyd daaraan dink nie...), maar eerder sy begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend maak by God (Fil. 4:6). Christus het ook verder geleer dat ons eers die koninkryk van God moet soek en Sy geregtigheid, en dan sal al hierdie dinge (hierdie behoeftes) vir ons bygevoeg word... (Mat 6:31-34)(Psa 37:4 - "... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart").  Hy't ook gesê dat ons ons nie moet kwel oor die dag van "môre" nie (v.34). Waar gelowiges loop kla en ontevrede is in plaas van om hierdie soort begeertes in gebed na die Here toe te neem, of nalaat om Sy dinge eerste te soek , is hulle besig om die Here te versoek! (soos die volk Hom versoek het in die woestyn). (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/waar-n-gelowige-die-here-versoek-wys-hy.html

Ons moet ons begeertes na die Here neem, maar nie verkeerde begeertes nie! Sou 'n gelowige bv. rykdom begeer, of iets wat aan sy naaste behoort, is dit verkeerde begeertes en nie geoorloof nie. Sou hy nou dink dat hy hierdie verkeerde begeertes (wat kom uit die vlees met sy hartstogte) in gebed vir die Here kan vra, dan bid hy verkeerd (volgens sy eie luste), en moet hy nie dink dat sy gebede beantwoord sal word nie... "Gierigheid" (begeerte na geld, of liefde vir geld), of bv. begeerte na onwettige vleeslike gemeenskap, of begeerte na sondes en wereldse wysheid,  is nie iets wat onder die kinders van gehoorsaamheid hoort nie... (Kol. 3:5).  (Gal 5:24 -  "Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig"). Kinders van die Here behoort tevrede te wees met wat hulle het en moet ook nie dit wat aan iemand anders behoort, begeer nie - hetsy besittings, naaste se vrou...(watookal aan jou naaste behoort)(Fil. 4:11; 1 Tim. 6:8; Eks. 20:7; Matt. 5:28 ens.). Kinders van die Here moet ook nie leringe begeer wat hulle in die gehoor streel nie, maar eerder 'n begeerte hê na die waarheid en ag gee op wat Christus geleer het (1 Pet. 2:2; 2 Tim. 4:3,4; 2 Pet. 2:18; 2 Pet. 3:3; Jud 1:16,18).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
'N KORT OPSOMMING:


Die manier hoe iemand die begeerlikhede van die vlees kan oorwin, is om "te wandel deur die Gees" 
(Gal. 5:16). 

Gedagtes van onwettige begeertes, bv. begeerte na onwettige vleeslike gemeenskap, of waar iemand iets van sy naaste begeer, of begeerte na geld, vleeslike en wereldse begeertes of waar iemand slegte dinge begeer, of begeerte na leringe wat nie stroop met die waarheid nie ens.,  moet nie gekoester word nie want dit veroorsaak dat iemand versoek word! (Jak. 1:14,15). 
-  (Rom 13:14 - "Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie").  
-  (1Pe 4:2 - "om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God"). 
-  (1Jn 2:16 - "Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld").  

Begeertes wat wel geoorloof is vir die gelowige (gesonde begeertes), is 'n verlange of begeerte na die Here (om Hom te vrees, met Hom te praat, Hom te raadpleeg, Hom te bedank, ens.); of 'n verlange of begeerte na Sy woord (soos om "kos" te begeer - die kos vd woord); of 'n hoop op die toekomstige opstanding of begeerte na Sy koninkryk en Sy dinge;  of 'n begeerte na 'n amp om ander gelowiges te dien; of 'n begeerte dat mede-broers en susters in Christus tot volkome sekerheid sal kom en 'n verlange tussen mekaar waar gelowiges besorg is oor mekaar en mekaar dien met die evangelie, sakramente ens.  Ook begeerte na vleeslike gemeenskap wat binne 'n (wettige) huwelik plaasvind, is natuurlik geoorloof. Of 'n begeerte na alledaagse behoeftes (maar nooit waar dit iemand se gedagtes oorneem en dit eerste gesoek word bo die Here nie)...  Solank iemand "deur die Gees" wandel, sal hy nie die dinge vd vlees begeer nie, maar die dinge vd Gees begeer!  (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/05/wie-is-nie-onder-die-wet-nie.html).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Kom ons kyk na 'n klompie gevalle van dinge wat nie vir die gelowige geoorloof is (om te begeer) nie:

-   begeerte na onwettige vleeslike gemeenskap  ("desire, covet, lust")(Hebr. woord khaw-mad' of Gr. woord ep-ee-thoo-meh'-o), bv., waar 'n man na 'n vrou kyk om haar te begeer (verwys nie hier na begeerte "binne die huwelik" nie)(Spr. 6:25; Matt. 5:28), dus begeerte na 'n vrou met wie 'n man nie getroud is nie, of begeerte na die vrou van jou naaste, of begeerte na 'n hoer (Spr. 6:25; - "Begeer haar (slegte vrou/hoer) skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie")....  Ook in die geval van manne teenoor mekaar, en vroue teenoor mekaar  (Rom. 1:26,27), is dit nie geoorloof nie (m.a.w. in die geval van homoseksualisme). Om beter te verstaan wat met die woord "lus" in hierdie konteks gebruik word, is deur te kyk na wat dit beteken het in Gen. 3:6, toe Eva die boom van goed en kwaad se vrug "begeer" het...sy het iets begeer wat onwettig was vir haar.

Vir ongetroudes en weduwees/wewenaars wat hulleself nie kan beheer nie, is dit beter om te trou as om van begeerte te brand (1 Kor. 7:9)(-l.w., praat nie hier van "geskeides" nie - geskeides word nie gesien as "ongetroudes" nie, maar 'n geskeide word gesien as 'n "getroude" wat van sy/haar maat geskei is.  Geskeides is steeds volgens belofte aan mekaar verbind tot een van hulle afsterwe, en dan word die een wat oorbly in die lewe ook nie meer gesien as "ongetroude", asof nog 'n maagd, nie, maar gesien as weduwee of wewenaar.  Dus is "geskeides wat weer trou"  besig met onwettige vleeslike gemeenskap - onwettige begeerte na vleeslike gemeenskap - dus "egbreuk").  Die wat getroud is, moet nie begeer om losmaking te kry nie!  (en die wat ongetroud is, moet verkieslik nie vasmaking soek nie, maar as hulle dit soek, is dit nie verkeerd nie)(1Kor. 7:27,28).


-   in die geval van waar iemand iets van sy naaste begeer, bv. sy huis of vrou of enige iets wat aan hom behoort (Eks. 20:17; Deut. 5:21; Rom. 7:7);  en die wat soek na ydele eer en mekaar beny (Gal. 5:26).  Dit dan ook die rede waarom rowers steel en geweldenaars optree teenoor hulle naaste, omdat hulle dit wat aan hulle naaste behoort, BEGEER (Mig. 2:1,2).  Met meeste van die volk se oorwinnings, was hulle nie toegelaat om die bangoed wat aan hulle vyande behoort het, soos goud en silwer, te begeer of vir hulle te neem nie (Deut. 7:25)(rol af vir skrifgedeeltes);  inteendeel was die bangoed eerder geheilig aan die Here.  Sou hulle wel vd buit neem omdat hulle dit "begeer", het hulle gesondig (Jos. 7:21) - die rede waarom God hierdie volke in hulle hand gegee het, was nie omdat hulle hul naaste se goed begeer het nie! Voorbeelde van waar hierdie woord gebruik word is in:  (Eks. 34:24, van mense wat ander mense se land begeer);  of (Eks. 20:17 en Deut. 5:21, van dat ons niks van ons naaste mag begeer nie);  of (Deut. 7:25 en Jos. 7:21 - mag nie ander nasies se gode, of die goud en silwer waarvan dit gemaak is, begeer nie);

-  in die geval van waar iemand geld begeer  - (gelowiges word aangemoedig om liewer vergenoeg te wees met dit wat hulle het! (1 Tim. 6:8)). (1Tim.  6:9,10 - "Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang. Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor"). 'n Man van God moet vlug vir hierdie dinge!, en liewer geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid en sagmoedigheid najaag (1 Tim. 6:11; 2 Pet. 1:4). Simon se begeerte na "krag" in Hand. 8, was verkeerd omdat hy dit begeer het vir eer en eie gewin. Sou sy begeerte egter wees om mede-gelowiges te bedien en daarom die krag van die Gees begeer, wat die Gees ookal deur hom wil werk, dan was sy begeerte geoorloof (1 Kor. 12:7).  Wanneer 'n Christen met 'n klomp geld of besittings of werk of krag geseen word, dan is dit nie bedoel om die persoon self te verryk asof hy belangriker is as ander mense of meer eer nodig het nie!, maar wat gebeur is dat die Here iets aan hom toevertrou wat hy veronderstel is om te gebruik in Sy koninkryk - die vraag is nou HOE hy dit gaan aanwend in die koninkryk van God? (Luk. 12:16-21).  Hoekom kry sommige baie en sommige min?  Dit gaan nie werklik oor HOEVEEL iemand kry nie, maar meer oor WAT DOEN HY MET DIT WAT HY KRY? Aan elkeen word gegee volgens sy vermoë en volgens wat nuttig is... (Matt. 25:15; Ef. 4:7; 1 Kor. 12:7). As iemand iets begeer, moet hy homself afvra HOEKOM hy dit begeer?

-  begeerlikhede van die vlees/wereldse begeertes, en in die geval van waar slegte dinge en sonde begeer word (1 Kor. 1:22; 10:6; Ps. 106:29; Jak. 4:3; 2 Pet. 2:10; 1 Joh. 2:16; 2 Tim. 3:6; Tit. 2:12; 3:3; 1 Pet. 1:14; 1 Pet. 4:2) - bv. begeerte na afgodsdiens of afgodsoffers of offerandes aan dooies ens. (1 Kor. 10:7; Openb. 2:14; Ps. 106:28);  of 'n begeerte om te hoereer, en waar mense hulle liggame onder mekaar onteer (1 Kor. 10:8; Num. 25:1-9; 1 Kor. 6:18; Openb. 2:14; Rom. 1:24); en nog ander begeerlikhede vd vlees, bv. onreinheid, ongebondenheid;  towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge......... (Gal. 5:19-21).(Rom 6:12 - "Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie").

-  begeerlikhede van die jonkheid (2 Tim. 2:22) - onheilige en onsinnige praatjies moet vermy word (2 Tim. 2:16), en dwase en onverstandige strydvrae moet afgewys word (2 Tim. 2:23).  Doen afstand van ongeregtigheid (v.19), en moenie van die waarheid afdwaal nie (v.18)......ens.  (Psa 119:9 -  "Bet. Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord").

-  begeerte na lering wat hulle in hulle gehoor streel - (2 Tim. 4:3,4; 2 Pet. 2:18; 2 Pet. 3:3; Jud 1:16,18) - begeerte na fabels en leuens, in plaas van na die waarheid;  - 'n begeerte na wereldse wysheid.
_________________________________________________________________________________
'n Paar gevalle van dinge wat wel vir die gelowige geoorloof is (om te begeer):

-  'n amp, waarin iemand vir die gemeente van God wil sorg dra (1 Tim. 3:1) - maar l.w. dat daar bepaalde kriteria is waarop iemand geskik is vir so 'n werk (bv. opsienersamp - 1 Tim. 3:2-7)(diaken - 1 Tim. 3:8-13).  Ongelukkig word daar nie altyd so aandag gegee hieraan nie en dit veroorsaak dat ampte somtyds in die kerk uitgedeel word aan mense wat op die ou end leed doen in plaas van die Here se werk (Matt. 15:14; Luk. 6:39...).

- 'n begeerte (na die Here se koms) na wanneer ons met ons woning uit die hemel oorklee word (1 Pet. 1:13; Hebr. 11:16; 2 Kor. 5:2; Hebr. 11:16).

-  'n verlange (begeerte) na die onvervalste melk van die woord ( 1 Pet. 2:2) - soek die dinge daarbo! (Kol. 3:1).

-  'n verlange na die Here, om Sy Naam te vrees, om met Hom te praat, by Hom te pleit en te smeek, Hom te bedank...  (Ps. 84:2; Job. 13:3; Neh. 1:11; Fil. 4:6; Hand. 15:17; 17:27)('n begeerte om Hom te raadpleeg en te ken, in Hom te bly, Sy wil te doen!....).

-  'n begeerte vir mede-broers en susters in Christus om tot volkome sekerheid te kom vd hoop tot die einde toe - m.a.w. 'n begeerte dat hulle nie traag word nie... (Hebr. 6:11);  en verlange tussen mede-broers en susters in Christus om mekaar te sien en oor mekaar besorg te wees, om mekaar te dien, te vermaan waar nodig, en die evangelie onder mekaar te deel, en sakramente te deel (Fil. 1:8; 2:26; 4:17; 2 Tim. 1:4; 1 Thess. 3:6; 2:3,8; Luk. 22:15);  en mekaar dus - a.g.v. die feit dat hulle aan mekaar dink en mekaar verlang - opdra in gebed (2 Kor. 9:14; Rom. 1:9,10...). Soek ander se voordeel (1 Kor. 10:33).

-  waar die vrou 'n begeerte het na haar man (Gen. 3:16)(en die man 'n begeerte na sy vrou: - hy moet sy vrou liefhe - Ef. 5:28).

-  om alledaagse behoeftes te begeer, MAAR moet nie daaroor top nie maar dit deur gebed en smeking met danksegging aan God bekend maak (Fil. 4:6; Matt. 6:31-34; Luk. 16:21; 15:16...).

-  soek EERSTE die koninkryk van God... (Matt. 6:33).  Voor ons die alledaagse behoeftes begeer, moet ons eerste die koninkryk van God begeer (Matt. 13:44-46). Dit moet in so 'n mate begeer word dat iemand bereid is "om alles te verkoop sodat hy dit kan koop" (soos 'n verborge skat in 'n saailand).  Moet die koninkryk van God in so 'n mate begeer, dat hy sy lewe vir die evangelie opgee (Matt. 10:39; Mark. 8:35).

_________________________________________________________________________________
"begeer": 

(Hebreeus)
-khaw-mad' (Gen. 3:6; Eks. 20:17; 34:24; Deut. 5:21; 7:25; Jos. 7:21; Ps. 68:16; Spr. 6:25; 12:12; Jes. 53:2; Mig. 2:2)(to be desired, covet, lust)
A primitive root; to delight in: - beauty, greatly beloved, covet, delectable thing, ( X great) delight, desire, goodly, lust, (be) pleasant (thing), precious (thing).

-baw-kash' (Num. 16:10; 2 Sam. 3:17; 1 Kon. 11:22; Neh. 5:18; Ps. 104:21; Sag. 6:7)(seek, required) 
A primitive root; to search out (by any method; specifically in worship or prayer); by implication to strive after: - ask, beg, beseech, desire, enquire, get, make inquisition, procure, (make) request, require, seek (for).

-shaw-al', shaw-ale' (Deut. 14:26b; 1 Sam. 12:13,17,19; 1 Kon. 3:5,10,11,13; 2 Kon. 2:9,10; 1 Kron. 4:10; 2 Kron. 1:7,11; Ps. 21:4; 27:4; Ecc. 2:10)(desire, ask)
A primitive root; to inquire; by implication to request; by extension to demand: - ask (counsel, on), beg, borrow, lay to charge, consult, demand, desire, X earnestly, enquire, + greet, obtain leave, lend, pray, request, require, + salute, X straitly, X surely, wish.

-aw-vaw' (Deut. 14:26a; 1 Sam. 2:16; Job 23:13; 2 Sam. 3:21; 1 Kon. 11:37; Job 23:13; Ps. 45:11; 132:13,14; Spr. 13:4; 21:10,26; 23:3,6;24:1; Ecc. 6:2; Jes. 26:9; Jer. 17:16; Mig. 7:1)(lust, desire, covet)
A primitive root; to wish for: - covet, (greatly) desire, be desirous, long, lust (after).

-aw-mar' (1 Sam. 20:4)(desire)
A primitive root; to say (used with great latitude): - answer, appoint, avouch, bid, boast self, call, certify, challenge, charge, + (at the, give) command (ment), commune, consider, declare, demand, X desire, determine, X expressly, X indeed, X intend, name, X plainly, promise, publish, report, require, say, speak (against, of), X still, X suppose, talk, tell, term, X that is, X think, use [speech], utter, X verily, X yet.

-khaw-fates' (Ps. 73:25)(desire)
A primitive root; properly to incline to; by implication (literally but rarely) to bend; figuratively to be pleased with, desire: -  X any at all, (have, take) delight, desire, favour, like, move, be (well) pleased, have pleasure, will, would.

(Grieks)
-ep-ee-thoo-meh'-o (Matt. 5:28; 13:17; Luk. 17:22; Hand. 20:33; Rom. 7:7; 13:9; Gal. 5:17; 1 Tim. 3:1; Jak. 4:2)(desire, coveted, lust)
From G1909 and G2372; to set the heart upon, that is, long for (rightfully or otherwise): - covet, desire, would fain, lust (after).

-ahee-teh'-o (Matt. 27:20)(ask)
Of uncertain derivation; to ask (in generally): - ask, beg, call for, crave, desire, require. Compare G4441.

-ep-eed'-zay-teh'-o (Mark. 8:12)(seek after)
From G1909 and G2212; to search (inquire) for; intensively to demand, to crave: - desire, enquire, seek (after, for).

-dzay-teh'-o (Luk. 11:16)(sought)
Of uncertain affinity; to seek (literally or figuratively); specifically (by Hebraism) to worship (God), or (in a bad sense) to plot (against life): - be (go) about, desire, endeavour, enquire (for), require, (X will) seek (after, for, means). Compare G4441.

-ex-ahee-teh'-om-ahee (Luk. 22:31)(desired)
Middle voice from G1537 and G154; to demand (for trial): - desire.

-bas-il-yooce' (Hand. 13:21)(desired)
Probably from G939 (through the notion of a foundation of power); a sovereign (abstractly, relatively or figuratively): - king.

-or-eg'-om-ahee (1 Tim. 6:10)(coveted after)
Middle voice of apparently a prolonged form of an obsolete primary (compare G3735); to stretch oneself, that is, reach out after (long for): - covet after, desire.

-ek-zay-teh'-o (Hebr. 12:17)(sought)
From G1537 and G2212; to search out, that is, (figuratively) investigate, crave, demand, (by Hebraism) worship: - en- (re-) quire, seek after (carefully, diligently).

-ep-ee-poth-eh'-o (Jak. 4:5)(lust)
From G1909 and ποθέω potheō (to yearn); to dote upon, that is, intensely crave possession (lawfully or wrongfully): - (earnestly) desire (greatly), (greatly) long (after), lust.

-ep-ee-thoo-mee'-ah (Openb. 18:14)(lusted after)
From G1937; a longing (especially for what is forbidden): - concupiscence, desire, lust (after).

_________________________________________________________________________________
Bangoed/Buit:
(paar opmerkings oor "bangoed" of "buit", spesifiek met die oog op dat dit "nie begeer" moet word nie)

Met meeste van die volk se oorwinnings was hulle nie toegelaat om die bangoed wat aan hulle vyande behoort het, soos goud en silwer, te begeer of vir hulle te neem nie (Deut. 7:25; Jos. 6:18; 7:15; 2 Sam. 8:11,12...);  inteendeel was die bangoed eerder geheilig aan die Here.  Sou hulle wel vd buit neem omdat hulle dit begeer, het hulle gesondig (Jos. 7:21) - die rede waarom God hierdie volke in hulle hand gegee het, was nie omdat hulle hul naaste se goed begeer het nie!  (Tog het die Here bv. 'n uitsondering gemaak toe Hy die volk uit Egipteland lei, maar weer-eens, dit wat hulle toe van hulle vyande versamel het, was nie "omdat hulle dit begeer het nie", maar in opdrag van die Here...- die Here het dit vir hulle gegee - Eks. 3:21,21; 11:2,3; 12:35,36).  Kyk wat het in Rig. 8:24-28 gebeur toe Gideon 'n skouerkleed maak van ringe uit die buit:  (Rig. 8:27 - "En Gídeon het daar ‘n skouerkleed van gemaak en dit in sy stad, in Ofra, opgestel; en die hele Israel het dit daar agternagehoereer, en dit het vir Gídeon en sy huis ‘n strik geword"). In hierdie geval sien ons hoe die gebruik van "buit" kan lei tot afvalligheid...  (Vgl. dit met die insident vd goue kalf in woestyn... (Eks. 32)).  Die buit was veronderstel om geheilig (afgesonder) te word (Lev. 27:28) en gebruik in die bou vd tabernakel/tempel (1 Kon. 7:51) - (1Kron. 26:26,27 - "Hierdie Selómot en sy broers was oor al die skatte van die heilige gawes wat koning Dawid en die familiehoofde, en die owerstes oor duisend en oor honderd en die leërowerstes, geheilig het— van die oorloë en van die buit het hulle dit geheilig om die huis van die HERE daarmee uit te rus").  In die geval van waar mense uit die volk vd Here doodgemaak was omdat hulle afgode aanbid het en ander uitgelok het om dit ook te doen, was hulle ook nie toegelaat om die betrokke mense se bangoed vir hulle te neem nie, maar in die geval was dit alles uitgebrand: -(Deu 13:16,17 - "En al die buit daarvan moet jy op die stadsplein bymekaarbring en die stad en al die buit as voloffer met vuur verbrand aan die HERE jou God; en dit moet vir ewig ‘n puinhoop wees, dit mag nie weer opgebou word nie. Ook mag daar niks van wat bangoed is, aan jou hand bly kleef nie, sodat die HERE Hom van die gloed van sy toorn kan afwend en aan jou barmhartigheid kan bewys en Hom oor jou ontferm en jou vermenigvuldig, soos Hy aan jou vaders met ‘n eed beloof het—).

Nog Skrifte (bangoed/buit)-
Lev_27:28  Maar niks van die bangoed wat iemand aan die HERE wy, van alles wat aan hom behoort mense of vee of grond wat in sy besit is mag verkoop of gelos word nie. Al die bangoed moet aan die HERE hoogheilig wees.
Deu_13:17  Ook mag daar niks van wat bangoed is, aan jou hand bly kleef nie, sodat die HERE Hom van die gloed van sy toorn kan afwend en aan jou barmhartigheid kan bewys en Hom oor jou ontferm en jou vermenigvuldig, soos Hy aan jou vaders met ‘n eed beloof het—
Jos_6:18  Maar neem julle net in ag vir die ban, dat julle nie, terwyl julle met die banvloek tref, tog van die bangoed neem en die laer van Israel onder die ban bring en dit in die ongeluk stort nie.
Jos_7:1  Maar die kinders van Israel het hulle vergryp aan die bangoed; want Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, van die stam van Juda, het van die bangoed geneem, sodat die toorn van die HERE ontvlam het teen die kinders van Israel.
Jos_7:11  Israel het gesondig en het ook my verbond oortree wat Ek hulle opgelê het, en ook geneem van die bangoed en ook gesteel en dit selfs heimlik by hulle goed gevoeg.
Jos_7:15  En hy wat in besit van die bangoed aangewys is, moet met vuur verbrand word, hy met alles wat aan hom behoort, omdat hy die verbond van die HERE oortree en ‘n skanddaad in Israel begaan het.
Jos_22:20  Toe Agan, die seun van Serag, hom vergryp het aan die bangoed, het daar nie ‘n toorn oor die hele vergadering van Israel gekom nie? En hy self het nie alleen weens sy ongeregtigheid omgekom nie.
1Sa_15:21  Maar die manskappe het van die buit kleinvee en beeste geneem, die beste van die bangoed, om aan die HERE u God in Gilgal te offer.
1Ch_2:7  En die seuns van Karmi was: Agar, wat Israel in die ongeluk gestort het deurdat hy hom vergryp het aan die bangoed.
(Num 31:27)  en verdeel die buit tussen die wat met die oorlog te doen gehad het, wat op kommando uitgetrek het, én die hele vergadering.
(Deu 2:34)  En ons het in dié tyd al sy stede ingeneem en elke stad met die banvloek getref, manne en vroue en kinders; ons het niemand laat vryraak nie.
(Deu 2:35)  Net die vee het ons vir ons geroof en die buit van die stede wat ons ingeneem het.

(Jos 6:18)  Maar neem julle net in ag vir die ban, dat julle nie, terwyl julle met die banvloek tref, tog van die bangoed neem en die laer van Israel onder die ban bring en dit in die ongeluk stort nie.
(Jos 6:19)  Maar al die silwer en goud en die koper— en ystervoorwerpe is heilig aan die HERE: dit moet by die skat van die HERE kom.

(Jos 7:1)  Maar die kinders van Israel het hulle vergryp aan die bangoed; want Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, van die stam van Juda, het van die bangoed geneem, sodat die toorn van die HERE ontvlam het teen die kinders van Israel.

(2Sa 8:11)  Dit het koning Dawid ook aan die HERE geheilig, saam met die silwer en die goud wat hy geheilig het van al die nasies wat hy onderwerp het:
(2Sa 8:12)  van die Arameërs en die Moabiete en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete en van die buit van Hadadéser, die seun van Rehob, die koning van Soba.

(1Kron. 18:11)  Dit het koning Dawid ook aan die HERE geheilig saam met die silwer en die goud wat hy van al die nasies geneem het, van die Edomiete en van die Moabiete en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete.

(1Kron. 22:14)  En kyk, deur my moeitevolle arbeid het ek vir die huis van die HERE honderd duisend talente goud en ‘n miljoen talente silwer gereed gelê, en die koper en die yster is onweegbaar; want dit is daar in groot hoeveelheid; en hout en klippe het ek in gereedheid gebring; en jy kan daar nog meer byvoeg.

(1Kon. 7:51)  En toe al die werk wat koning Salomo in die huis van die HERE gemaak het, gereed was, het Salomo die geheiligde gawes van sy vader Dawid ingebring; die silwer en die goud en die voorwerpe het hy in die skatkamers van die huis van die HERE neergesit.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sondag 08 Oktober 2017

Honger, dors, vreemdeling, naak, siek, opgesluit (2) - HONGER


Vir ander dele op hierdie onderwerp, gaan na: 
DORS: http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/10/honger-dors-vreemdeling-naak-siek-en.html
BEKLEDING: https://warechristene.blogspot.com/2020/03/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html
_________________________________________________________________________________
In hierdie gedeelte kyk ons na die 
figuurlike of "geestelike" betekenis van "honger" en "voedsel gee".
_________________________________________________________________________________
Geestelike betekenis van "HONGER":
(rol af vir geestelike bestekenis van "voedsel gee")

Ons het voedsel nodig, maar voedsel verwys nie altyd na kos nie, maar verwys ook na die Woord van die Here - Jesus Christus, Sy leringe, Sy wil, Sy wysheid en kennis...(Hebr. 13:9).   Somtyds laat die Here toe dat ons fisies honger het of 'n tekort het aan sekere kosse (soos Hy met die volk in die woestyn gemaak het), met die doel om vir ons daardeur te leer dat DIE MENS NIE VAN BROOD ALLEEN LEWE NIE, MAAR VAN ELKE WOORD WAT UIT DIE MOND VAN GOD UITGAAN (Deu 8:3).  Dit dan die rede waarom "vas" ook belangrik is (Matt. 4:4)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/01/om-te-vas.html). 'n Christen wat nie tyd met die Here spandeer nie, of bv. nooit tyd maak vir vas nie, sal vind dat iets skort, want ons is nie gemaak om van brood (kos) alleen te lewe nie!  Elke een van ons het die woorde wat uit God se mond uitgaan, NODIG. (Mat 9:15 - "En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan treur so lank as die bruidegom by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas")(Matt. 17:21; 9:16,17).  Baie Christene is vandag HONGER en weet nie hoekom nie, maar in hulle "hongerte" gaan hulle dan verkeerdelik en gaan soek antwoorde by die verkeerde plekke, soos die verskeie oorsterse praktyke wat deesdae beoefen word selfs in sekere Christelike kerke.  Wie is dit vir wie ons raadpleeg wanneer ons "honger" het? Elkeen van ons het die Here se wysheid en kennis nodig, en as ons nie tyd maak om Hom te raadpleeg nie, dan sal altyd honger wees. (Joh 6:35 - "En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie").
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Joh 4:34)  "Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring"
Die persoon wat voedsel by die Here kry, is:
-die een wat Sy wil doen, en 
- die werk volbring wat Hy aan hom toebedeel. 
Net soos wat voedsel begeer word vir die maag, so moet ons begeer om Sy wil te ken en te doen - met die oog op die huidige oes! (Joh. 4:35-38).   (Luk 12:22,23)  "En Hy het aan sy dissipels gesê: Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie. Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere" -  In hierdie skrifgedeelte, in konteks gelees, verduidelik Christus hoe belangrik dit is om "ryk te wees in Hom" (Luk. 12:16-21) - nie ryk aan voedsel en klere nie, maar RYK IN HOM (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/09/wat-dit-beteken-om-ryk-te-wees-in-god.html). Die wereld se oë is heeltyd op hulle fisies behoeftes gerig - hulle mae word gevul, maar hulle is steeds HONGER. Die wat nie ryk word in die Here nie se siele sal altyd honger voel!

Gelowiges wat nie die wil van die Here doen nie, en nie die werk volbring wat Hy aan hulle toebedeel nie, sal altyd HONGER voel.  As gelowiges nalaat om die Here te KEN ( nalaat om tyd te maak met Hom of nalaat om selfs te vas indien nodig), dan sal hulle ook vind dat hulle nie so seker is van wat SY WIL is nie of watter werk Hy vir hulle het nie... 
_________________________________________________________________________________

Geestelike betekenis van "VOEDSEL GEE":
As ONS DAN NOU VERSTAAN WAT DIT BETEKEN OM GEESTELIK HONGER TE WEES,  dan sal ons ook verstaan hoekom dit belangrik is OM ANDER SE NOOD IN "GEESTELIKE HONGER" RAAK TE SIEN - M.a.w., wat beteken dit om vir iemand anders wat geestelik honger is, voedsel te gee?

DIE HERE STEL DIENSKNEGTE AAN OM VIR SY DIENSVOLK VOEDSEL OP HULLE TYD TE GEE.  (Mat 24:45 - "Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?").  Hierdie diensknegte het die plig om die wil van die Here bekend te maak aan Sy diensvolk en vir hulle Sy woord op tyd te gee. Die Here gebruik dus Sy dienskengte om Sy woord OP TYD te gee vir die "hongeres".  In hierdie geval sou dit onbarmhartig wees vir 'n dienskneg om ongehoorsaam te wees en nie die woord op tyd te bring nie. "Om vir die Here se volk kos te gee" moet net soos enige ander opdrag uitgevoer word, en as die dienskneg dit nie doen nie, dan doen hy nie die wil van die Here nie en het dit tot gevolg dat hy nie barmhartig is nie.
-(Mat 24:46)  Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind.
-(Mat 24:47)  Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.
-(Mat 24:48)  Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom—
-(Mat 24:49)  en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink,
-(Mat 24:50)  dan sal die heer van dié dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie;
-(Mat 24:51)  en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot van die geveinsdes maak. Daar sal geween wees en gekners van die tande.  ONS MOET DUS VERSTAAN DAT OM BARMHARTIG ('n skaap) TE WEES EN VIR IEMAND VOEDSEL TE GEE OM TE EET, NIE SLEGS VERWYS NA VOEDSEL VIR DIE MAAG NIE, MAAR OOK VERWYS NA GEESTELIKE VOEDSEL - wat gegee word op tyd, soos die Here Sy diensknegte beveel. DIE DIENSKNEG SE VOEDSEL IS OM DIE WIL VAN DIE HERE TE DOEN! (dan wys sy hart dat hy 'n skaap is, barmhartig is...).  Dus, op dieselfde wyse wat die persoon wat nalaat om 'n hongere kos te gee eendag as 'n onbarmhartige gesien mag word, so mag die dienskneg van die Here wat nalaat om Sy woord op tyd te gee, homself dalk eendag ook in hierdie posisie bevind waar hy gesien word as 'n onbarmhartige ('n bok). 

En neem kennis dat "woord op tyd" nie noodwendig met 'n blye hart ontvang word nie (bv. soos in die geval van iemand wat in ongehoorsaamheid stap en hom nie wil bekeer van sy weë nie...)...(http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/06/spreek-vry-en-julle-sal-vrygespreek-word.html).  Tog, om "geestelike voedsel te gee" gaan daaroor dat ons die woord en waarheid bring, nie stilbly daaroor nie!  Om "geestelike voedsel te gee" beteken ook nie dat almal se honger bedaar nie, want almal ontvang nie altyd die woord nie - die wat weier om hulleself te onderwerp aan die wil van die Here, sal steeds honger voel (want die enigste manier hoe iemand geestelik gevoed word, is deur die wil van die Here te doen!).  

Die dienskneg wat weier om die Here se wil te doen en dus weier om geestelike voedsel op tyd te gee, is nie barmhartig nie, want "OM BARMHARTIG TE WEES" beteken "OM DIE WIL VAN DIE HERE TE DOEN". Om geestelike voedsel te gee, gaan oor 'n woord op tyd gee, in opdrag van die Gees;  hetsy dit is om die evangelie te deel, te vermaan, te versterk, lering te gee, of watookal die Gees ons lei om te doen (en deur watter gawes Hy dit ookal wil doen).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------