Wys tans plasings met die etiket oordeel. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket oordeel. Wys alle plasings

Woensdag 14 Augustus 2013

Moenie OORDEEL/VEROORDEEL nie (2)

Vir die eerste deel van hierdie onderwerp bespreking (oordeel/veroordeel), gaan na http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-1.html
In die eerste deel het ons gesien in watter konteks Jesus die woorde gebruik het van dat ons nie mag  oordeel/veroordeel nie - Luk. 6:37 - en dit was dat dit van ons verwag word om BARMHARTIG te wees en ander VRY TE SPREEK.

(Mat 12:7)  "Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie".

Te veel male word die woorde "moenie oordeel" gebruik in konteks met waar iemand homself regverdig om in sonde te stap - ander dink dat dit hulle 'n kaartjie gee om hulle eie geloof te skep of die waarheid te verdraai. 
MIN CHRISTENE VERSTAAN  WAT BEDOEL WORD MET DIE WOORD, EN HULLE OORDEEL VERKEERDELIK DEUR "DIE WAT BUITE IS TE OORDEEL", KWAAD TE SPREEK VAN BROEDERS, FOUT TE SOEK EN ANDER TE OORDEEL OP HULLE MENSGEMAAKTE WETTE.  TOG LAAT HULLE NA OM "REG TE OORDEEL", DEUR AFVALLIGE GELOWIGES TE WAARSKU, IN SAGMOEDIGHEID DIE WAT IN AANHOUDENDE SONDE STAP TE VERMAAN, OM DIE WAARHEID TE VERKONDIG EN GELOWIGES TE HERINNER AAN DIE PAD VAN GODSALIGHEID. 


Om ander gelowiges barmhartig te wees en vry te spreek, beteken NIE dat EK hulle VRYSPREEK "OM IN SONDE TE STAP", of afvallig te raak nie!;

Om mense barmhartig te wees en vry te spreek, beteken NIE dat ek DIE WAARHEID VERDRAAI omdat ek BARMHARTIG is nie! 


In hierdie blogpost gaan ons sien dat daar wel 'n "verkeerde oordeel", maar ook 'n "regte manier van oordeel" is; en ons gaan  kyk na hoe die woorde "oordeel" en "veroordeel" somtyds verkeerd verstaan word.

==============================================


INLEIDING:

Iets wat ons moet begryp is dat, alhoewel Jesus die stelling gemaak het in Luk. 6:37 van dat ons nie mag oordeel of veroordeel nie, Hy ook die volgende stelling gemaak het aan die skare in Joh. 7:24 - "Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ‘n regverdige oordeel"
 Kyk ook na Sy woorde in Luk 6:42 - "Of hoe kan jy vir jou broeder sê: Broeder, laat my toe om die splinter wat in jou oog is, uit te haal, terwyl jy self die balk wat in jou oog is, nie sien nie? Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter wat in jou broeder se oog is, uit te haal"
Kyk ook Paulus se woorde aan die gemeente van Korinthiers: 1Kor. 5:12 - "Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?"...


Dit is dus duidelik dat, alhoewel ons beveel word om nie te oordeel/veroordeel nie, ander verse weer daarop dui dat dit van ons verwag word om somtyds te oordeel?  
-  oordeel ‘n regverdige oordeel
-  dan sal jy goed sien om die splinter wat in jou broeder se oog is, uit te haal
-  Oordeel julle nie die wat binne is nie?

Die woord "oordeel" het wel dieselfde betekenis in al bg. skrifte (dieselfde Griekse woord gebruik),
*  "oordeel" ("to judge" - "om te bevraagteken"); 
*  "veroordeel" ("to condemn" - wat beteken om iemand skuldig te verklaar, en in sommige verse ook: om te bevraagteken).  
 maar in die een word ons beveel om "nie te ooreel nie", maar in die ander om "wel te oordeel" - wanneer ons alles egter in konteks lees, dan sal ons sien dat die rede vir die gebruik van die woorde "oordeel/nie oordeel" eintlik oral dieselfde is. 


(rol af vir skrifte)
Daar is 'n verkeerde manier van oordeel (in daardie sin: "moenie oordeel nie")
maar ook 'n regte (regverdige) manier van oordeel (in daardie sin: "oordeel")


=================================================================

OPSOMMING:
(rol af vir konteks/uiteensetting skrifte ondertoe)

*   Om VERKEERD TE OORDEEL, beteken dat iemand onbarmhartig is en nie wil vryspreek nie - (in daardie sin is dit verkeerd om iemand te bevraagteken): 

-(soos in die geval van waar daar van die ongelowige verwag word om in geregtigheid te stap (1 Kor. 5:12,13)http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/04/maar-die-wat-buite-is-word-deur-god.html)(Matt. 7:6) (kyk ook 2 de deel: http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/maar-die-wat-buite-is-word-deur-god.html);
-(of in die geval van waar ons ander oordeel op ons mensgemaakte wette (Rom. 14:1-23)(Kol. 2:16));
-(of in die geval van waar mense loop en fout soek by ander (Jak. 5:9), bv. deur ander te oordeel op sonde, maar self in sonde stap (Rom. 2:1-3));
-(of in die geval van waar daar kwaadgepreek word van ander (Jak. 4:11),of verkeerd oordeel deur woorde).


*   Om REG TE OORDEEL (regverdige oordeel), beteken dat iemand barmhartig is en wil vryspreek - (in daardie sin is dit reg om iemand te bevraagteken):

-(bv. in die geval van waar 'n gelowige beveel word om heilig te lewe (2 Kor. 7:1-3));
-(of waar 'n gelowige in sagmoedigheid vermaan word om aanhoudende sonde neer te le (Tit. 2:6)(Hebr. 3:13));
-(of waar die waarheid gedeel word (ook met waarskuwing en voorwaardes) (Joh. 3:18)).


=================================================================

Wat "om te veroordeel" NIE beteken NIE:
(1) 'n Verwagting aan 'n gelowige "om heilig te
      lewe"IS NIE "veroordeling" nie (rol af vir skrifte);
(2)  Teregwysing of vermaning IS NIE "veroordeling" 
       nie (rol af vir skrifte);
(3)  Om die waarheid te verkondig,  IS NIE
       "veroordeling" nie (rol af vir skrifte).


========================================================================
=====================================================================


UITEENSETTING BG. SKRIFTE:

 *  Die rede vir die een "oordeel" in Joh. 7:24, is dieselfde as die rede vir "oordeel" in Luk. 6:37. Die ander oordeel wat genoem word in Joh. 7:24, se rede is anders. As iemand "verkeerd oordeel", dan oordeel hy VOLGENS WAT HY SIEN (soos hy dit verstaan of sien; op mensgemaakte wette), maar sou hy "reg oordeel" ('n regverdige oordeel), dan oordeel hy met 'n barmhartige hart en 'n hart wat wil vryspreek. In beide skrifte word die woord "oordeel" gebruik ("moenie oordeel nie"; (moet)"oordeel") - maar die een spreek van VERKEERDE OORDEEL, en die ander van REGTE OORDEEL.(Luk 6:37)  En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word - (ons moenie verkeerd oordeel nie).  Joh. 7:24 - "Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ‘n regverdige oordeel" - (eerste deel:  verkeerde oordeel)(tweede deel: reg oordeel)

  Kyk gerus na die konteks waarin Jesus die woorde in Joh. 7:24 gebruik het:- (Joh 7:23)  "As ‘n mens die besnydenis op die sabbat ontvang, sodat die wet van Moses nie verbreek mag word nie, is julle kwaad vir My, omdat Ek ‘n mens op die sabbat heeltemal gesond gemaak het?" - en dan se Hy die volgende: (Joh 7:24)  "Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ‘n regverdige oordeel". Daar is m.a.w. 'n "VERKEERDE" OORDEEL en 'n REGTE manier van OORDEEL. In Luk . 6:37 het Jesus definitief verwys na "verkeerde" oordeel - daarom het Hy gese "moenie oordeel nie" - ook hier in Joh. 7:24 se Hy: "oordeel 'n regverdige oordeel", m.a.w. Hy vra hulle om "reg te oordeel". Waar iemand se hart verkeerd is en hy 'n ander verkeerd oordeel (met 'n onbarmhartige hart en nie wil vryspreek nie, (soos in die geval van Jona), gaan hy ander veroordeel omdat hy nie vir hulle die kans wil gun om vergifnis te ontvang nie (in so 'n geval gaan hy hulle nie vermaan nie, of die waarheid van hulle weerhou sodat hulle nie regmaak met die Here nie - dit is baie onbarmhartig!).  Andersins is iemand se hart verkeerd (en oordeel verkeerd) omdat hy oordeel op "sy manier van sien" (sy mensgemaakte wette).  
--------------------------------

*  In die geval van 1 Kor. 5:12, gaan dit ook oor regverdige oordeel.  
In hierdie geval kan van die gelowige verwag word om vrug te dra, maar dit kan nie van die ongelowige verwag word nie, want hy moet eers tot geloof kom - in daardie sin is dit "verkeerde oordeel" teenoor die wereld (sou ons van hulle verwag om in geregtigheid te lewe terwyl hulle nog nie geregtigheid ontvang het nie!),  maar dit is "regte oordeel" sou ons van 'n gelowige verwag om in geregtigheid te lewe. Ons moet barmhartig wees teenoor die daarbuite en hulle 'n kans gee om tot geloof te kom deur hulle "vry te spreek" (nie te oordeel nie), maar net so is ons barmhartig teenoor gelowiges wanneer ons hulle waarsku teen opsetlike sondes, omdat ons hulle 'n kans gee om reg te maak (dit is dan regte oordeel).

(kyk gerus na die onderwerp "onwetende sonde" om dit beter te verstaan - iemand wat onwetend is, moet eers tot insig kom voor daar van hom verwag kan word wat daar van die wetende verwag word)(maar om bv. die wereldling te waarsku teen die ewige oordeel, is nie verkeerde oordeel nie, want eintlik is jy besig om hom tot insig te bring... - jy is hom dus dan barmhartig en wil graag he dat hy tot geloof kom sodat hy vrygespreek kan word van sy sondes - in daardie sin is dit soos "regte oordeel")

========================================================================
UITEENSETTING SKRIFTE:
Wat "om te veroordeel" NIE beteken NIE:


(1) 'n Verwagting aan 'n gelowige "om heilig te lewe", IS NIE "veroordeling" nie:
In Joh 8:10,11 het Jesus 'n vrou vrygespreek, maar saam met die vryspraak (in die feit dat Hy haar nie veroordeel nie), gee Hy haar die volgende opdrag:  "Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie".  Hy het dus van haar verwag om verder heilig te lewe - om nie meer te sondig nie! "Uit genade" is sy vrygespreek, maar nou verwag Hy van haar om nie meer in daardie sonde te stap nie.  Hierdie aanmoediging om "die sonde neer te le", is self nie "veroordeling" nie!  Baie gelowiges sien verkeerdelik "verwagting om heilig te lewe" as "veroordeling".


Christene mag bv. nie ongelowiges ("die wat buite is") in hierdie opsig oordeel nie, maar word beveel om gelowiges ("die wat binne is"), te oordeel (1 Kor. 5:12,13)  

 Die Skrif is vol voorbeelde van vermaning, weerlegging, aanmoediging om heilig te lewe, e.a.  Jesus se evangelie-verkondiging het grootliks gegaan oor bekering, heiligmaking, die wil van die Vader soek, lewe afle vir die Here, om Hom meer lief te he as die wereld, ens.  Tog is baie Christene vandag verbaas as hierdie beginsels aangeroer word. Hulle is skoon uitgeboul wanneer hulle gevra word om "soos gelowiges te lewe", en beskuldig onmiddellik dat hulle "geoordeel", of "veroordeel" word! 

Wanneer iemand veroordeel word, dan het hy nie meer 'n kans nie - hy is dan skuldig verklaar.  Hy moet betaal vir sy sonde.  Niemand van ons verdien om "nie veroordeel" te word nie (net soos die vrou verdien het om veroordeel te word), maar Jesus gee vir ons 'n kans, al is ons skuldig en moes veroordeel word.  So moet ons almal 'n kans gee en vir hulle vertel dat Jesus hulle nie veroordeel nie, maar dat daar lewe in Hom is - dat Hy die offer is vir die oordeel wat ons verdien het.  As iemand dan nou hierdie kans geneem het om vry te kom van die oordeel wat hy eintlik verdien het, dan gaan hy tog nou nie voortstap in sonde om weer onder die oordeel te kom nie! Watter offer is daar dan vir hom/haar?  ("Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie" -  Outomaties word daar dus van die gelowige verwag om nie meer te sondig nie) - nie meer in aanhoudende sonde te stap nie, maar die sonde neer te le.  As iemand die sonde nie neerle nie:   (Heb 10:26)  "Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie".

Om hierdie WAARHEDE te verkondig, beteken nie dat iemand ander "veroordeel" nie, maar eerder wys dit daarop dat die persoon barmhartig is en wil vryspreek - nie soos Jona wat nie wou he dat hulle tot bekering kom nie!(Jak. 5:19,20)  "Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek". (en Let wel dat hierdie spesifiek geskryf is aan broeders en praat van "broeders" wat afgedwaal het van die waarheid).

Nog verse:
(2Kor. 3:9)  Want as die bediening wat veroordeel, heerlikheid was, veel meer is die bediening wat regverdig maak, oorvloedig in heerlikheid. (- as die gelowige die wet nie nagekom het nie, was hy VEROORDEEL - maar Jesus het ons vrygemaak van die vloek van die wet!  Alhoewel die wet ook vervul is, beteken nie dat daar niks verwag word van die gelowige nie!  Die gelowige moet homself onderwerp aan die wil van die Here "en nie meer sondig nie"! -kyk (13).  Ons is nou vry van die vloek van die wet, maar:  "gaan heen en sondig nie meer nie").


(2)  Teregwysing of vermaning IS NIE "veroordeling" nie:
 In 2 Kor. 7:1-3 maak Paulus dit duidelik dat wanneer hy hulle vermaan om heilig te lewe, of bemoedig om die godsaligheid na te jaag, hy hulle nie "veroordeel" nie (2Kor. 7:3 - "Ek sê dit nie om te veroordeel nie..".). Baie mense sien "teregwysing of vermaning as "veroordeling" - dit is duidelik dat dit nie die geval is nie.   Ook word gelowiges in ander skrifgedeeltes beveel om ander gelowiges wat in opsetlike sonde stap, te vermaan...Tit. 2:6; Hebr. 3:13; 1 Pet. 2:11; 2 Tim. 2:2 ens. - dus, as vermaning veroordeling was, sou dit in hierdie skrifgedeeltes lyk of daar van die gelowige verwag word om te veroordeel!

Hoekom word teregwysing of vermaning nie as veroordeling gesien nie?  Omdat dit die ander persoon 'n kans gee om reg te maak (dink weer aan die vb. van Jona) - daarom moet vermaning in sagmoedigheid geskied - die doel daarvan is nie om vingers te wys nie, maar om uit barmhartigheid die persoon 'n kans te gee sodat hy vrygespreek kan word.  Jak. 5:20 - "laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek".

Om hierdie WAARHEDE te verkondig, beteken nie dat iemand ander veroordeel nie, maar eerder wys dit daarop dat die persoon barmhartig is en wil vryspreek - nie soos Jona wat nie wou he dat hulle tot bekering kom nie!

(3)  OM DIE WAARHEID TE VERKONDIG IS NIE
       "VEROORDELING" NIE:
Die waarheid is dat elke mens wat nie in die Here glo nie, veroordeel gaan word: (Joh 3:18)  Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.

ALHOEWEL JESUS met Sy eerste koms nie die wereld VEROORDEEL het nie, SAL SY TWEEDE KOMS WEL MET "OORDEEL" GEPAARD GAAN - ook die gelowiges sal dan geoordeel word: (Joh 3:17)  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel ("te bevraagteken" of "skuldig te verklaar") nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

WIE SAL OP DIE "DAG VAN OORDEEL" VEROORDEEL WORD:
*  DIE WAT NIE IN JESUS CHRISTUS GEGLO HET NIE
*  DIE WAT NIE IN SY WOORDE GEGLO HET NIE
*  DIE WAT NA DIE VLEES WANDEL

Hierdie is WAARHEDE wat nie verdraai kan word ter wille van barmhartigheid of vryspraak nie;  inteendeel word barmhartigheid juis gewys aan die persoon wat die waarheid hoor, maar "die maat waarmee hulle hoor sal hulle gemeet word" - (die wat nie hoor nie, sal uiteindelik veroordeel word). Vryspraak geskied juis wanneer die waarheid verkondig word, omdat die persoon 'n kans gegee word om reg te maak.
Om te se dat die wat nie in Hom glo nie, veroordeel sal word, is die WAARHEID.
Om te se dat daar 'n oordeel oppad is met Jesus se wederkoms, is die WAARHEID.
As ons stilbly oor die waarheid, dan gee ons niemand 'n kans om reg te maak nie! - dit sou baie onbarmhartig wees en klink na 'n Jona hart...

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/maar-die-wat-buite-is-word-deur-god.html
Nog Verse:
(Mat 12:41 - "Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en—meer as Jona is hier!")
(Luk. 11:32)  -  in die geval waar die Fariseers vir Jesus 'n teken gevra het sodat hulle in Hom kan glo, en Hy vir hulle die teken van Jona gee 
(Mat 12:40 - "Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees") - die mense van Nineve het Jona se prediking geglo, en hulle bekeer, en hulle sal hierdie Fariseers "veroordeel" in die dag van oordeel, omdat hulle nie in Jesus geglo het nie  -  EN omdat hulle nie in Sy woorde geglo het nie 
(Mat 12:42 - "Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en—meer as Salomo is hier!")(Luk. 11:31).(Mar 16:16)  Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
 (Rom 8:1)  Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. (Rom 8:2)  Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. (Rom 8:3)  Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees".
(Rom 8:34)  Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.
  (Joh 3:17)  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel ("te bevraagteken" of "skuldig te verklaar") nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. (Joh 3:18)  Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Maandag 12 Augustus 2013

Moenie OORDEEL/VEROORDEEL nie (1)


Luk 6:37 - "En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel  nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word"
========================================================================

*  "oordeel" ("to judge" - "om te bevraagteken"); 
*  "veroordeel" ("to condemn" - wat beteken om iemand skuldig te verklaar, en in sommige verse ook: om te bevraagteken).  
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Jesus maak die volgende opmerking rakende "oordeel" en "veroordeel" -  Spreek vry, en julle sal vrygespreek word" (Luk. 6:37).  Hy gebruik ook in die vorige vers, die volgende woorde:
 (Luk 6:36)  "Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is. 

Jesus se woorde in konteks met die res van die vers (v.37), en die vorige vers (v.36) gesien, beteken dus dat "om te veroordeel" of "om te oordeel" ,  is wanneer iemand "NIE BARMHARTIG IS NIE" - "HY WIL NIE VRYSPREEK NIE". Dink maar aan die vb. van Jona.  Die rede hoekom Jona nie na Nineve toe wou gaan nie, is omdat hy hulle nie wou vryspreek nie - hy was hulle nie barmhartig nie - hy wou hulle nie waarsku nie, want dan sou hulle 'n geleentheid kry om reg te maak.   (Jon 1:2)  Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé en preek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor my aangesig....................................
(Jon 3:4)  En Jona het begin met een dagreis ver die stad in te gaan en het gepreek en gesê: Nog veertig dae, dan word Ninevé verwoes..........................(Jon 3:10)  En God het hulle werke gesien dat hulle hul bekeer het van hulle verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie..........................
(Jon 4:2)  Toe bid hy tot die HERE en sê: Ag, HERE, het ek dit nie gedink terwyl ek nog in my land was nie? Daarom het ek tevore na Tarsis gevlug; want ek het geweet dat U ‘n genadige en barmhartige God is, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil.
(Jon 4:3)  o HERE, neem dan nou tog my siel van my weg, want dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.
(Jon 4:4)  Daarop sê die HERE: Het jy rede om vertoornd te wees?
(Jon 4:5)  En Jona het die stad verlaat en aan die oostekant van die stad gaan sit. Daar maak hy toe vir hom ‘n skerm, en hy gaan daaronder in die skaduwee sit, totdat hy sou sien wat met die stad gebeur.
(Jon 4:6)  Toe beskik die HERE God ‘n wonderboom en laat dit oor Jona opskiet om te dien as skaduwee oor sy hoof, om hom van sy ontstemdheid te bevry; en Jona was baie bly oor die wonderboom.
(Jon 4:7)  Maar God het die volgende môre toe die dag breek, ‘n wurm beskik; en dié het die wonderboom gesteek, sodat dit verdor het.
(Jon 4:8)  En met sonop het God ‘n gloeiende oostewind beskik; en toe die son op die hoof van Jona steek, het hy magteloos geword en gewens dat hy mag sterwe, en gesê: Dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.
(Jon 4:9)  Toe sê God vir Jona: Het jy rede om vertoornd te wees oor die wonderboom? En hy antwoord: Ek het rede om vertoornd te wees tot die dood toe.
(Jon 4:10)  Verder sê die HERE: Jy wil die wonderboom spaar waar jy geen arbeid aan bestee het nie en wat jy nie grootgemaak het nie, wat in een nag ontstaan en in een nag vergaan het.
(Jon 4:11)  Maar Ek mag Ninevé, die groot stad, nie spaar nie waarin meer as honderd en twintig duisend mense is wat die onderskeid tussen hulle regter— en hulle linkerhand nie weet nie, en baie vee?

 Jesus het duidelik verwys na hoe ons ander "'n kans moet gee", BARMHARTIG moet wees, en hulle moet VRYSPREEK -

"OM TE VEROORDEEL", of  "OM TE OORDEEL",
 BETEKEN DUS EERSTENS (in hierdie blogpost):  

"wanneer iemand NIE WIL VRYSPREEK NIE" 
OF 
"wanneer iemand NIE BARMHARTIG IS NIE".



Lees gerus die hele Luk. 6 in konteks om te sien waaroor Jesus gepraat het in hierdie gedeelte toe Hy die standpunt in 6:37 gemaak het oor oordeel of veroordeel:
(Luk 6:35)  Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen sonder om iets terug te verwag, en julle loon sal groot wees; en julle sal kinders van die Allerhoogste wees; want Hy self is goedertieren oor die ondankbares en slegtes.

(Luk 6:34)  En as julle leen aan dié van wie julle hoop om terug te ontvang, watter dank het julle? Want die sondaars leen ook aan die sondaars, om net soveel terug te ontvang.

(Luk 6:33)  En as julle goed doen aan die wat aan julle goed doen, watter dank het julle? Want die sondaars doen ook dieselfde.

(Luk 6:32)  En as julle dié liefhet wat vir julle liefhet, watter dank het julle? Want die sondaars het ook dié lief wat vir hulle liefhet.

IN DIE GEDEELTE GAAN DIT VERAL OOR "BARMHARTIGHEID" EN OM "VRY TE SPREEK" -  "En as julle dié liefhet wat vir julle liefhet, watter dank het julle?" ;  "Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen sonder om iets terug te verwag" ;  "Gee, en aan julle sal gegee word"..........  

BARMHARTIGHEID en OM VRY TE SPREEK, moet dus geskied sonder aanneming van die persoon:
-  Om vooraf in jou hart te besluit dat iemand iets nie waardig is nie, is oordeel! (Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen sonder om iets terug te verwag / En as julle dié liefhet wat vir julle liefhet, watter dank het julle?)............  
-  Om in jou hart mense te keur alvorens jy goed is vir hulle, is oordeel!   (En as julle goed doen aan die wat aan julle goed doen, watter dank het julle?)............
========================================================================
Die rede hoekom ons nie altyd "barmhartig" is, of "wil vryspreek nie", is omdat ons die persoon reeds geoordeel, of veroordeel het in ons hart  - soos Jona wat nie gedink het dat die mense van Nineve verdien om vergewe te word nie;  daarom wou hy hulle ook nie die geleentheid gee nie - hy het hulle dus klaar in sy hart veroordeel!).  So oordeel ons, of veroordeel, en as gevolg daarvan, bewys dan nie die nodige barmhartigheid nie, of wil nie vryspreek nie.  Waar dit gaan oor die aanneming van persone, is ons eintlik besig om te oordeel - in daardie sin het Jesus gese:  Luk 6:37 - "En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel  nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word"
========================================================================

(Rom 2:11)  Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie.

(Ef. 6:9)  En, here, doen dieselfde teenoor hulle en laat staan die dreigemente, omdat julle weet dat ook julle eie Here in die hemele is en by Hom geen aanneming van die persoon is nie.

(Jak. 2:1)  My broeders, laat julle geloof in onse Here Jesus Christus, die Here van die heerlikheid, nie wees met aanneming van die persoon nie.

(1Pe 1:17)  En as julle Hom as Vader aanroep wat sonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan in vrees gedurende die tyd van julle vreemdelingskap;

========================================================================

(Jak. 2:13)  Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.

Maandag 16 Januarie 2012

Sou jy Paulus nog respek betoon?

VIR DAGSTUKKIES WAT HIERDIE ONDERWERP BEVAT, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/06/die-here-het-nie-gekom-om-vrede-op-die.html

---------------------------------------------------------------------------------------------
IN HIERDIE BLOGPOST WIL ONS KYK NA HOE WERELDSE WYSHEID DEEL GERAAK HET VAN DIE CHRISTEN SE DENKE.  
-----------------------------------------------------

Vir die Christen, was die apostel Paulus inderdaad 'n baie besonderse mens - iemand wat handomkeer verander het toe Jesus Christus oppad na Damaskus aan hom verskyn het.  Die verhaal rondom Paulus is maar alte goed bekend en sy talle briewe wat hy onder leiding van die Heilige Gees geskryf het, maak nie net deel uit van die Christen se Bybel nie, maar word wel daagliks gelees deur miljoene mense.  Hy was voorwaar lief vir die Here en het alles opgegee ter wille van Hom.  Hy kan gesien word as iemand wat heeltelmal onselfsugtig was en die evangelie sonder vrees verkondig het aan soveel moontlik mense wat hy kon.   Vreesloos, vol van geloof en met ywer vir die Here - dit is hoe ons Paulus ken. Daar is nie baie wat sy voorbeeld kan navolg nie en die Christen het verseker 'n tipe van respek vir hierdie geskiedkundige figuur, omdat hy die Here gedien het met al sy krag en  Hom begeer het bo enige iets anders.

MAAR, sou ons Paulus egter in die tyd plaas waarin ons lewe, wonder mens hoeveel van ons  hom  steeds daardie respek sou betoon?   Baie Christene neem eerder die "wereldse wysheid" aan, as die Here se wysheid.  Hierdie is iets waaroor Paulus baie gepraat het, en ook die rede waarom baie gelowiges van daardie tyd, sy woorde nie wou aanvaar nie!  Hulle het hom nie daardie respek betoon nie omdat hulle die wereldse wysheid eerder gesoek het as die waarheid.  Op dieselfde wyse gee vele gelowiges vandag voor dat hulle die waarheid liefhet, maar het eintlik die wereldse wysheid lief! Die manier hoe "ons sien", is nie altyd die manier hoe die Here sien nie.   
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1)  IN HIERDIE VOORBEELD GAAN ONS KYK NA HOE DIE CHRISTEN VAN VANDAG DIE WOORD "OORDEEL" VERSTAAN EN HOE DIT VERKEERDELIK VERWAR WORD MET "VERMANING" en HOE MIN VANDAG VERSTAAN WAT "KWAADSPREEK" REGTIG BETEKEN. In die eerste gemeentes was "vermaning" nie gesien as "oordeel" nie;  ook was dit nie gesien as "kwaadspreek" wanneer daar gewaarsku word teen iemand wat in opsetlike sonde stap nie!

-  3 Joh. 1:9-11 " Ek het aan die gemeente geskrywe, maar Diótrefes, wat onder hulle die eerste wil wees, steur hom nie aan ons nie.   Daarom, as ek kom, sal ek hom herinner aan die werke wat hy doen deur met slegte woorde teen ons uit te vaar; en hiermee nie tevrede nie, ontvang hy nie alleen self die broeders nie gasvry nie, maar verhinder ook die wat dit wil doen en werp hulle uit die gemeente..." 
- In bg. geval sien ons iemand wat kwaadspreek van Paulus en die ander;  ook is hy nie gasvry ten opsigte van die broeders nie en hy verhinder selfs ander wat gasvry wil wees.   
*  Hoe het Paulus hierdie situasie hanteer? Paulus vertel hoe hy, wanneer hy daar kom, (1)Diotrefes gaan herinner aan wat hy verkeerd gedoen het (hy gaan hom dus VERMAAN!) - (2)hy noem ook die broeder se naam in die brief! (iets wat mense vandag sou sien as kwaadspreek, maar Paulus sien dit anders - hy sien dit as 'n manier van waarskuwing) - (3)Paulus noem selfs wat die wortel is van Diotrefes se optrede, nl. dat hy "eerste wil wees".    

 Min Christene verstaan wat "oordeel" regtig beteken.  Om "iemand te oordeel", beteken eintlik "kwaadspreek" en "fout soek"; dit is ook wanneer mense ander oordeel op hulle mensgemaakte wette, soos die Fariseers gemaak het met Jesus en Sy dissipels. A.g.v. die feit dat daar nie veel vermaning en teregwysing plaasvind in die kerk vandag nie, het tot gevolg dat min mense "godsaligheid najaag". (Ons moet verstaan dat, wanneer ons iemand egter vermaan op grond van ons mensgemaakte wette, dan is dit ook "oordeel"!). Dit is kommerwekkend hoeveel kwaadsprekers en foutsoekers verkeerd loop en oordeel, en dit dieselfde mense is wat vir ander vertel hoe "hulle nie moet nie oordeel nie"! Dit is duidelik dat daar dringende lering nodig is oor die onderwerp!

 Mense haal graag Jesus se woorde aan in Mat 7:1 - "Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie", maar sonder om te verstaan wat Hy bedoel het.  As Jesus "vermaning" of "waarskuwing" gesien het soos oordeel, dan sou Hy bv. nie die dinge gese het oor die Fariseers wat Hy gese het nie - kyk bv. (Mat 16:6)  "Daarop sê Jesus vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs" - in hierdie sin is Jesus nie besig om "kwaad te spreek" van die Fariseërs en Sadduseërs nie, maar besig om ander te "waarsku" teen hulle. Kyk (Mat 23:14):  "Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle ‘n swaarder oordeel ontvang" - lees gerus v. 1!  Hy was besig om die skare en Sy dissipels te waarsku teen die (ongelowige) skrifgeleerdes en Fariseers!. Om iemand te waarsku teen valse leraars, is nie verkeerde oordeel nie.  Ons moet dus goed verstaan wat "oordeel" regtig beteken - DIFINITIEF NIE DIE SIENING VAN MEESTE VANDAG NIE! 
----------------------------------------------------------------- 
(2)  IN HIERDIE VB. GAAN ONS KYK NA HOE DIE CHRISTEN VAN VANDAG DIE TERME "LYDING" OF "VERVOLGING" VERSTAAN. Terwyl baie Christene glo dat dit die Here se wil is dat hulle nooit deur enige verdrukking gaan ter wille van hulle geloof nie en dat dit net beskore is vir die wat van die geloof afvallig geraak het om terug te kom op die pad, is dit egter nie die manier hoe die eerste gemeentes geglo het nie;  ook  hoe Jesus vir ons geleer het nie! :

-  Hand. 16:37  "Maar Paulus sê vir hulle: Hulle het ons in die openbaar onveroordeeld geslaan, ;  
- Hand. 5:18  en hulle het die hande aan die apostels geslaan en hulle in die openbare gevangenis gesit. ; 
- Hand. 23:2  Maar die hoëpriester Ananías het bevel gegee aan die wat by hom staan, om hom op die mond te slaan."

Dit is duidelik dat Paulus gereeld gely het terwille van die geloof - ook die ander dissipels.  Hierdie was nie 'n snaakse begrip of 'n verrassing vir hulle nie - hulle het dit verwag omdat Jesus spesifiek gese het dat dit is wat sal gebeur.  Dat die Christen van vandag dink dat die Here nie sal toelaat dat hy deur verdrukking gaan nie, is heeltemal onskriftuurlik.

(2Ti 3:12)  En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.
(1Pe 3:14)  Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie.
(Php 1:29)  omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly,
(2Th 1:5)  ‘n teken van die regverdige oordeel van God, dat julle die koninkryk van God waardig geag mag word, waarvoor julle ook ly;
(Mat 5:10)  Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
(Mat 5:11)  Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.
(Mat 10:28)  En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.

 1Kor. 4:11 " Tot op hierdie uur ly ons honger en dors, is ons naak en word geslaan, en swerwe ons rond" - WAT SAL ONS VANDAG DINK VAN IEMAND WAT TER WILLE VAN SY GELOOF HONGER EN DORS HET?  NAAK, GESLAAN?  Die kans dat mense van vandag Paulus sou jammer kry, sou nie noodwendig as "logies" bestempel word nie, want hulle sal gou sê:  "Hoekom kry hy nie vir hom 'n voltydse werk nie?" In vandag se lewe sien  mense dit as 'n skande wanneer iemand voltyds in die bediening gaan en daardie persoon word eerder gesien as 'n las en iemand "wat nie wil werk nie" !  (Christene heg hopeloos te veel waarde aan die wêreldse dinge en voorsiening - ons waardes is so verdraaid en die geestelike dinge is net nie belangrik genoeg nie!).

  2Kor. 11:25 " Drie maal is ek met stokke geslaan, een maal is ek gestenig, drie maal het ek skipbreuk gely, ‘n nag en ‘n dag het ek op die diepwater deurgebring—" WAT SAL ONS VANDAG DINK VAN IEMAND WAT DEUR SOVEEL "HARDSHIP" GAAN?  Eerstens sou daar vingers gewys word na sy geloof  - sommige sou hom wou leer "dat hy die Here sogenaamd moet herinner aan Sy beloftes!" (daar is vele valse leerstellings rondom "geloof" wat gaan oor wat hulle kan kry uit die "deal" - ook word die begrip van "geseende" heeltemal verkeerd verstaan). 
--------------------------------------------------------
(en so kan ons nog baie vb.e noem...)
Die waarheid is dat Christene vandag sou skaam wees vir Paulus  - dat baie niks met hom te doen sou wou he nie of hom die ondersteuning sou gee nie; hom miskien beskuldig daarvan dat hy die woord ontydig verkondig en deur verdrukkinge gaan as gevolg van sy hardkoppigheid om die geloof op ander af te dwing... Baie Christene sou ook eerder die leuens glo wat hulle oor hom hoor en saam kwaadspreek van hom, as om kompassie te hê en die Here te ondervra daaroor en die waarheid te soek of om vir hom te bid - hulle sou wonder hoekom die man altyd in die "moeilikheid is"... Dit sou dalk van hom verwag word om meer "subtiel op te tree" wanneer hy die woord verkondig.  So het baie "wereldse sieninge" deel geraak van die Christen se denke.  

- sou ons Paulus ook afmaak as 'n "praatjiesmaker",  soos hulle in Hand. 17:18 gedoen het omdat hy nie kon stilbly oor die waarheid nie? 
- sou ons hom glo as hy sê die Here het aan hom verskyn op die pad van Damaskus? (Dit klink vandag bietjie verregaande, is dit nie?) 

- sou ons hom glo as hy sê die Heilige Gees het hom gestuit om na 'n sekere plek te gaan? (of liewer besluit hy "dweep"?)
- sou ons hom glo as hy ons meedeel dat die Here met hom "in 'n gesig" gepraat het?...

 Is die Christen enigsins so ingestel op die Here dat hy/sy die onderskeiding kan maak tussen ware en valse.  Maar soos die hoofman oor honderd in Hand. 27:11 eerder die stuur en hoofman van die skip geglo het as die woorde van Paulus, so faal ons as Christene baiemaal om te erken wanneer iemand deur die Here gebruik word.
----------------------------------------------------------

So, dus, as ons Paulus moes plaas in die tyd van vandag - sou jy hom nog respek betoon?   Hopenlik is jy een van daardie Christene wat kan onderskei tussen ware en valse- die wat van die Here is en die wat nie is nie;  wat eerder die waarheid oor Paulus sou wou glo, as die stories wat die rondte doen;  wat ander vermaan wat kwaadspreek en wat glo in die krag van die Here;  wat nie skaam is vir 'n mede-Christen wat deur verdrukkinge gaan  of skaam is vir die arme en die een wat swaarkry nie;  wat nie verkeerdelik oordeel deur self kwaad te spreek van ander en fout te loop en soek by ander Christene nie;  wat nie stilbly oor die waarheid nie, maar soos Paulus opstaan vir wat reg is, en die woord verkondig tydig en ontydig; wat nie heeltyd vingers wys en jou menslike wette op ander afdwing nie, maar wel, soos Paulus, ander meet aan die Here se wette en wat van hulle verwag om die Here te dien en Hom te ken.

Min Christene soek regtig die waarheid vandag en baie is so verblind, dat hulle nie eens agterkom hoe hulle denke verander het en hoe dit in stryd is met die skrif nie! Ons het ook toegelaat dat allerhande gesegdes die plek van die waarheid ingeneem het en verkondig ons mensgemaakte beginsels vir wet. Vir sommige het die Bybelverhale bloot mites geraak wat ons aan ons kinders oordra - ons kom voor of ons saamstem met dit wat ons lees in die Bybel en ons gee voor dat dit "die woord van God is" en dat ons dit glo, maar glo ons dit regtig?  Stem ons regtig saam met die manier waarop Paulus die woord verkondig het, mense vermaan het, die waarheid gesoek het....verstaan ons regtig die begrip van lyding en swaarky en verdrukking? (of beoordeel ons die wat daardeur gaan?)(of beoordeel ons die manier waarop mense die woord bring?)(of beoordeel ons die wat ander in sagmoedigheid teregwys?).....

Paulus het nie geskrik vir owerhede of die wat die liggaam kan doodmaak nie.   Hy was tevrede met die minste en bereid om ander te dien. Dit was vir hom belangrik om meer gehoorsaam te wees aan die Here as aan mense.  Ten spyte van die verdrukkinge en die feit dat ander hom nie altyd "geestelik erken" het nie, het hy tog nie dieselfde fout gemaak nie, maar die erken wat deur die Here gebruik word en hulle aanvaar. Hy was egter nie skaam vir ander ware Christene nie en het bemoedig waar bemoediging nodig was, maar in liefde ook vermaan, waar dit nodig was.  Hy het die woord "tydig en ontydig" verkondig, ten spyte van menslike verwagtinge.  Hy het die Here meer vertrou en was gehoorsaam aan Sy stem ten spyte van of ander gedink het dit is die regte ding.

Mag ons as Christene, mekaar respekteer en meer vertroue in mekaar plaas, maar ook die nodige onderskeiding kan maak tussen vals en ware.   Mag ons mekaar so liefhê dat ons eerder bly is oor die waarheid, as oor die ongeregtigheid.  Mag ons ophou kwaadspreek en eerder mekaar bemoedig en kompassie hê vir mekaar.  Mag ons in alle sagmoedigheid mekaar teregwys, nie op ons mensgemaakte sieninge nie, maar op sondes, sodat ons ons kan oefen in die godsaligheid.    

 In gewone Afrikaans:  Paulus was arm,  'n dienaar (alhoewel nie 'n dienaar van menslike sieninge nie), het baie verdrukkinge gely en het nie geskroom om die waarheid te praat nie!
Sou jy Paulus nog respek betoon?