Vrydag 16 September 2016

Rein (skrifgedeeltes en betekenis)

Die woord "rein" verwys veral na iets/iemand wat geheilig (afgesonder) is en DAAROM "rein" (skoongewas);  bv., die volk van God is 'n heilige volk - 'n volk GEROEP om vir die Here 'n volk te wees - in daardie sin is hulle afgesonder (geheilig) en daarom REINIG Hy hulle (hulle word skoongewas). 'n Ander vb. is die van "rein en onrein diere", en dit gaan beslis hier oor wat deur God rein of wat onrein verklaar word.  (Nie alles wat as onrein beskou is in die Ou Testament, is steeds onrein in die Nuwe Testament nie).  Wat God rein maak, mag ons nie onheilig ag nie (Hand. 10:14,15). So is alle kos in die N.T. REIN (omdat God dit rein gemaak het), en daarom geoorloof om te eet (tensy natuurlik in sekere gevallle, soos wanneer dit wat ek eet tot aanstoot is en dit is ook verkeerd om bloed te eet of dit wat verwurg is...)(Rom 14).  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Lev 10:10)  en julle moet onderskeid maak tussen wat heilig en wat onheilig, en tussen wat onrein en wat rein is;
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEEN ONREINE sal eendag KAN INGAAN IN DIE KONINKRYK VAN GOD NIE (Ef. 5:5; Openb. 21:27 ens.): 
(Ef. 5:5)  "Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine 
of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie".


(Psa 24:3)  Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek?
(Psa 24:4)  Hy wat REIN van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.

_________________________________________________________________________________
HEBREEUSE WOORDE VIR "rein":
(rol af vir skrifgedeeltes)
______________________________________________________
-  H2889 (opsomming):
Die Hebreeuse woord, haw-hore', taw-hore': - skoon (fisies, seremonieel, moraal): - skoon, opreg, suiwer.

DIE MANIER HOE HIERDIE WOORD GEBRUIK word, gaan veral OOR DIE BELANGRIKHEID VAN OM TE WEET WAT IS REIN EN WAT NIE (Eseg. 44:23), bv.:
-  Gebruik van "rein offer" in Mal. 1:11.  'n Offer wat nie rein is nie, verwys na 'n offer wat nie geskied volgens die Here se reels nie. Bv. om 'n dier met liggaamsgebrek te offer - dit is nie 'n rein offer nie.
-  Gebruik van "rein tulband" (Sag. 3:5)( tulband op hoof van hoëpriester). Hierdie was deel van die hoëpriester se HEILIGE klere (Eks. 28:2). Nie enige tulband kan gebruik word vir die hoof van die hoëpriester nie, maar 'n tulband spesifiek geheilig (afgesonder) vir die hoëpriester.
-  Gebruik van "rein tafel" (in die tabernakel/tempel) (2 Kron 13:11; Lev. 24:6).
-  Gebruik van "rein kandelaar"  (Lev. 24:4)
-  Gebruik van "rein water" / reinigingswater in Eseg. 36:25; Num. 19:9.

AS KINDERS VAN DIE HERE NIE ONDERSKEI TUSSEN WAT REIN EN ONREIN IS NIE, DAN WORD DIE HERE SE NAAM ONDER HULLE ONTHEILIG (Eseg. 22:26). Dit gaan nie oor wat die mens sien as REIN nie, maar oor wat die Here sien as REIN (Spr. 30:12), of H2889 beskrywend na dit wat "skoon" is, bv. rein hart (Ps. 51:10), rein hande (Job 17:9).  Dawid het gebid dat die Here 'n REIN hart in hom sal skep (Ps. 51:10). Die een rein van hart, is die een wat die Here vrees (Ps. 19:9 - vgl. met Hand. 10:35). Uit die oorvloed van die hart praat die mond, en dit wat die mens praat, wys of hy REIN (skoon) is en of hy ONREIN (besoedel) is (Spr.15:26 - "Die planne van die slegte is vir die HERE ‘n gruwel, maar vriendelike woorde is rein"; vgl. met Matt. 12:34).    H2889 word ook gebruik in Ps. 12:6 - "Die woorde van die Here is REIN..." - dit verwys sekerlik na hoe die Here se woorde die WAARHEID is (nie besmet nie). Vgl. dit met hoe baie Jesus Christus oor die "waarheid" gepraat het... (Joh. 8:32,40,44; 14:6; ens.).

Verder word H2889 gebruik in seremoniele gebare waarin iemand REINgemaak/"skoongemaak" word, bv. in Esra 6:20 het die priesters en Leviete hulleself GEREINIG (skoongemaak) deur die paaslam te slag.  Hier sien ons die reinigingsaksie wat deur BLOED plaasvind (vgl. dit met 2 Kron. 30:15-17).  Deur hierdie reiniging het hulle hul aan die Here GEHEILIG (afgesonder vir Hom).

In die O.T. was daar heelwat diere en dinge wat gesien is as onrein.  Dieselfde reels geld natuurlik nie oral in die N.T. nie, maar God het beslis 'n goeie rede gehad waarom Hy daardie betrokke dinge ONREIN genoem het.  Die aanraak van iets onrein, sou veroorsaak dat die een wat dit aanraak self onrein word (1 Sam. 20:26; Lev. 11:24,27,32,40; 15:5,16,17,19-21; Num. 19:16). So iemand moes hom eenkant hou en was sekere dinge nie toegelaat tot hy weer rein is nie (Deut. 23:10)(Lev. 22:1-7) - en wat die onreine ook al aanraak, sou ook onrein word  (Num. 19:22). Daar was spesifieke roetines wat gevolg moes word (en verskillend in verskillende situasies) voor 'n priester bv. weer rein word (Num. 19:18), en as hy nie die roetine volg nie, dan het hy onrein gebly en sou hy die tabernakel verontreinig (Num. 19:13) - dit was nie geduld nie.  Hier kan ons goed sien hoe die betekenis van die woord "onrein" juis beteken dat dit wat ONREIN is, BESMET / BESOEDEL is. Ons kan maar net raai dat higiene en siektes verseker ook iets hiermee te doen gehad het, soos in die geval van 'n melaatse kon hy nie rein word (skoon / gesond word) as die melaatsheid nog nie genees het nie (Lev. 11:36,37; 13:13-41; 14:2,3);  kyk bv. ook wanneer melaatsheid in 'n huis en wanneer dit as onrein gesien word... en hoe dit weer rein is wanneer die aangestaste plekke weer gesond geword het (Lev. 14:31-57). Nietemin moet ons besef dat dit gaan oor wat die Here as rein verklaar en wat nie, en dat die volk juis soveel wette  gehade het omdat hulle afgesonder was van die ander volke (afgesonder vir die Here) (Lev. 5:24-26) - hulle was anders as volke rondom hulle.  Hierdie dinge het hulle juis beskryf as HEILIGE volk.  Dit het ook daarmee te doen gehad dat die Here in hulle midde was - daarom moes die laer heilig wees (Deut. 23:14). Vir die laer om afgesonderd (heilig) te wees sodat die Here in hulle midde kon beweeg, moes alles REIN wees. Hier sien ons die duidelike konneksie tussen REIN en HEILIG.  Die priesters (wat geheilig/afgesonderd is vir diens) was bv. beveel dat slegs die wat rein is in hulle huise, van die offers mag geeet het (Num. 18:11, 13).

Deur die kennis van wat is onrein en wat is rein diere, was dit maklik om te weet watter diere hulle mag eet en watter nie (Deut. 14:20; Lev. 11:47), en watter diere geoorloof was om te bring vir die offers (7:2,8; 8:20).

Rein word ook gebruik in konteks met die wat REIN is van sonde;
die wat hulle verontreinig met sonde, is ONREIN (Num. 5:28).  
As iets ONREIN is, moet dit nie altyd gesien word as "sondig" nie, maar dit verwys somtyds eerder na iets/iemand wat nie afgesonder kan word (vir 'n spesifieke doel, en somtyds spesifieke tydperk) nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- H2891:
Die Hebreeuse woord, taw-hare': -om skoon en rein te wees (onskuldig, heilig): - om skoongemaak te word, om suiwer te word.

Die woord word veral gebruik in die geval van  "rein van (of rein maak van) sonde en afgodsaanbidding".,(Eseg. 36:25; 24:13; 13:27; Spr. 20:9; Ps. 51:7; Job 4:17; Lev. 16:30; 14:53) - meer presies waar iemand skoongewas word om rein te wees. In Spr. 20:9 sien ons die verband tussen 'n suiwer (rein) hart en "rein van sonde".  Maar die woord word ook gebruik in geval van waar iemand rein word van siekte (2 Kon. 5:10-14; Num. 19:19), of in geval waar items gereinig word (Num. 31:23,24; 19:12).   H2891 word ook gebruik van diere wat rein verklaar is (Deut. 14:11);  en verder in skrifte gebruik wat verduidelik hoe reiniging verkry kan word (Lev. 17:15; 15:13,28; 13:58,59; 14:4,8,9,20,48; 13:6,13,17,23,28,34,37; 12:7,8; 11:32) en "om rein te wees" as voorwaarde (Lev. 22:4).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  H1305:
Die Hebreeuse woord, baw-rar': - die/dit wat rein is: - maak skoon, word gekies, is skoon, gesuiwer.

H1305 word veral gebruik t.o.v. waar die gevolg van "om rein te wees" beskryf word, bv. (Sef. 3:9 - "Want dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van die HERE sal aanroep en Hom met ‘n eenparige skouer sal dien"). Die wat onrein is roep Hom nie aan nie en dien Hom nie, maar aan die wat rein is, betoon die Here Homself ook as reine (Ps. 18:26; 2 Sam. 22:27) - Hy maak bemoeienis met die reine en hulle kan staatmaak op Hom. Vgl. dit met wat Jesus gese het:  (Joh 15:14 - "Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel") en (Mat 21:22 - "En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo") en (Mat 5:8 - "Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien").

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  H2135:
Die Hebreeuse woord, zaw-kaw': - die onskuldige: - word as suiwer gereken, om skoon te wees, om skoongemaak te word.

Mig. 6:11 verwys daarna dat die wat deel is van die volk van God, nie kan staatmaak daarop dat hulle "rein" is, maar hulle is skuldig daaraan dat hulle ander bedrieg nie. Die wat rykdom begeer (en so sondig om dit te verkry) is nie rein van hart nie (vgl. dit met Luk. 6:24; Jak. 5:1,2; 2:6;  1 Tim. 6:17; Matt. 13:22; Openb. 18:16; Mig. 6:1). Die een wat sy hart rein hou, is die een wat liewer na die Here soek as om na die wereldse rykdom en plesiere te soek. Die wat ryk is, het hulle troos klaar weg (Luk. 6:24), maar die wat rein van hart is, sal hulle troos eendag kry.   Dawid praat van hierdie rein hart en hande in onskuld, teenoor die wat weelderig lewe (Ps. 73:13), en hoe tevergeefs dit vir die reine kan voel in hierdie lewe.  Jesus het hierdie tema goed aangespreek en het vir ons die begrip van wat dit beteken om GESEEND te wees, goed verduidelik.  (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseende.html). 
(Luk 6:24)  Maar wee julle, rykes, want julle het jul troos weg.
(Luk 6:25)  Wee julle wat vol is, want julle sal honger ly. Wee julle wat nou lag, want julle sal treur en ween.
(Luk 6:26)  Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen.............................

Dawid praat verder van hoe "rein" (regverdig) die Here is wanneer Hy gerig hou oor ons (Ps. 51:4), want ons is sondig, en in sonde gebore (Ps. 51:5)(Job 25:4; 15:4).  In die gedeelte is Dawid se begeerte om REIN gemaak te word deur die Here...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  H2134:
Die Hebreeuse woord, zak: - suiwer, skoon.

H2134 word gebruik in konteks met "rein of suiwer  van oortreding/skuld" - opreg (Job 33:9; 11:4; 8:6), "rein gebed" (Job 16:17).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  H1249:
Die Hebreeuse woord, bar; geliefde; ook skoon: - uitverkose, suiwer, skoon.

Word gebruik in beeldspraak, "rein soos die son" (Spr. 6:10), maar word ook gebruik t.o.v. die wat "rein/SUIWER van hart" is (Ps. 73:1; Ps. 24:4) - God is goed vir die wat rein van hart is.

(Psa 24:3)  Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek?
(Psa 24:4)  Hy wat rein van hande en suiwer (H1249) van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.
Hier word "suiwer hart" verduidelik as:
-die wat nie hulle hoop plaas op nietigheid nie, en 
-die wat nie vals sweer nie (Jak. 5:12 - "Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder ‘n oordeel val nie"). (Matt. 5:34-37).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  H2141:
Die Hebreeuse woord: zaw-kak': -: suiwer en skoon (fisies en moraal)- om skoon/suiwer te wees, word skoongemaak.

H2141  word gebruik in konteks met hoe almal "skoonmaak" nodig het - niks/niemand is REIN nie (en het daarom reiniging nodig)(Job 25:5; 15:15).

(Rom 3:10 - "soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie").

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  H2893:
Die Hebreeuse woord, toh-or-aw': -seremonieel skoonmaak/reinig: - skoon(ge)maak, reiniging.

H2893 word gebruik in geval van seremoniele reiniging (Lev. 13:7).

_________________________________________________________________________________
GRIEKSE WOORDE VIR "rein":
_________________________________________________________________________________
-  G53:
Griekse woord, hag-nos' - properly clean, that is, (figuratively) innocent, modest, perfect: - chaste, clean, pure.

Die wysheid van bo is REIN (Jak. 3:17) (aardse wysheid is nie rein nie, is aards, is duiwels - dit gaan gepaard met dinge soos afguns en selfsug en lieg teen die waarheid - Jak. 3:14).  Vgl. dit met 'n "suiwer hart" wat beteken dat so iemand se begeerte eerder is na die Here as om selfsugtig te wees.

G53 word ook gebruik in konteks met waar die kind van God aangemoedig word om homself te reinig in sy eie lewenswandel (1 Joh. 3:3; 1 Tim. 5:22). Die kind van God word verder aangemoedig om sy gedagtes daagliks te vernuwe en juis o.a. die dinge te bedink wat REIN is (Fil. 4:8). Die gemeente van Korinthe was beveel om hulle te REINIG van alle besoedeling van die vlees, en om die gees te REINIG;  inteendeel, hulle was vermaan hierop, wat wel tot vrug gely het, want al het dit hulle bedroef, het dit hulle gely tot verantwoording, verontwaardiging, vrees, verlange, ywer, bestraffing - in dit alles het hulle bewys dat hulle in die saak rein is (2 Kor. 7:11) - hulle het dus ag gegee op die pad van godsaligheid.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

-  G2513:
Griekse woord, kath-ar-os'; Of uncertain affinity; clean (literally or figuratively): - clean, clear, pure.

G2513 word gebruik van:
-  engele met REIN blink linne (Openb. 15:6);
-  die Nuwe stad Jerusalem, bekleed met REIN en blink fyn linne (Openb. 19:8) - hierdie "linne" word beskryf as die "regverdige dade van die heiliges";
-  die leërs van die hemel bekleed met wit en REIN fyn linne;
"Rein" verwys na die wat nie besoedel is nie, net soos "wit klere" die beskryf wat gewas is in die bloed van die Lam, en daarom  NIE BESOEDEL / SKOON (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit.html) - hulle is WAARDIG.
En l.w. dat vir die mens om waardig te wees en om beklee te kan word met wit klere, moet hy:
-  Jesus Christus bely en bereid wees om verdruk te word of te ly ter wille van Sy Naam;
-  hom laat was deur die bloed van die Lam;
-  meer besig wees met die Here as met die lewe en alle vorme van afgodsdiens afle, o.a. gierigheid;
-  moet nie net die naam he dat hy lewe nie, maar regtig lewe in die Here en die godsaligheid najaag.  Hierdie inligting is geneem uit verskillende skrifte waar daar na die "wit klere" verwys word.  As ons dan wil verstaan wat dit beteken om REIN te wees, dan moet ons hierdie dinge in ag neem.  Vgl. dit ook met bogenoemde (G53) waar "suiwer hart" verwys na die wat se begeerte is na die Here en Sy koninkryk, nie selfsugtig en afgunstig nie (nie gierig nie), en hoe dit Christen aangemoedig word om homself te reinig in sy eie lewenswandel (die godsaligheid moet najaag).  Die kind van God word inderdaad beveel om seker te maak dat hy heilig lewe, dat hy rein is, en Christene wat  in sonde stap maar dit nie neerle nie, word sterk vermaan om hulleself te reinig:  (Jak. 4:8 - "Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!). Net soos "reiniging" in die O.T. verwag was, net so word dit steeds verwag;  alhoewel die MANIER VAN REINIGING verskil van die O.T. (en was terloops ook nie volkome nie).  In Hebr. 10 word verduidelik hoe Christus Jesus die enigste Een is wat ons regtig kan reinig van sonde, en hoe die sonde-offers (soos die volgens die wet van Moses) nie nodig is as ons vergifnis verkry in Christus Jesus nie, want Sy offer was volmaak om ons ten volle te reinig.  Ons het 'n groot Priester oor die huis van God, nl. Jesus Christus - laat ons ons hoop in Hom plaas (in Hom glo) - Hy REINIG ons HARTE van 'n slegte gewete.
(Hebr. 10:22 verwys ook na hoe die liggaam gewas word met REIN water).

Verder word G2513 gebruik in 1 Pet. 1:22 waar Petrus praat van hoe ons deur gehoorsaamheid aan die waarheid ons siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde REINIG - hy bemoedig ons ook om mekaar lief te he uit 'n REIN HART. (Matt. 5:8). Die konteks van hierdie skrif gaan daaroor dat ons ons eie lewenswandel moet HEILIG (afsonder) - (1Pe 1:15 - " Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word).  Hier sien ons weer hoe REIN en HEILIG hand aan hand met mekaar saamgaan. Verder word die met 'n REIN HART beskryf as die wat vlug vir die begeerlikhede, en eerder najaag die geretigheid, geloof, liefde en vrede saam met ander broeders (2 Tim. 2:22)(Luk. 11:41).

Die wat onsin praat, die waarheid verdraai en fabels en gebooie van mense leer, word gesien as BESOEDELDES: (Tit_1:15  Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle GEWETE IS BESOEDEL) - (Vgl. dit met Mat 15:18 - "Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak"). Die wat hulle hoop in Christus plaas, word GEREINIG VAN 'N SLEGTE GEWETE (Hebr. 9:14) - hulle het die waarheid lief en is gehoorsaam aan Jesus Christus (want Hy is waarheid).  Die wat egter nie die waarheid verkondig nie, se gewete is steeds besoedel.  Die wat die Here met 'n rein gewete dien, het broederliefde (2 Tim. 1:3). Diakens moet manne wees wat die verborgenheid van die geloof in 'n REIN GEWETE hou (1 Tim. 3:9). Ook in 1 Tim. 1:5 word die tema van "goeie gewete" gebruik in konteks met die wat die waarheid liefhet.  Die wat hulle besighou met twisvrae en fabels en onsinnige praatjies, is die wat se gewete besoedel is.

Nog 'n manier hoe G2513 gebruik word, is t.o.v. watter kosse rein is of nie.  Dit verskil natuurlik van die O.T - soos in Rom. 14 verduidelik word dat alle voedsel (in die N.T.) wel rein is, maar daar is gevalle wat sekere kosse vermy moet word soos waar dit wat jy eet, iemand anders aanstoot gee (Rom. 14:20). Ander voorbeelde van voedsel wat ons nie moet eet nie (en waar die reel nie verander het tussen die O.T. en N.T. nie), is die eet van afgodsoffers, en die eet van bloed en dit wat verwurg is (Hand. 15:20,29; 21:25).

Nog iets waardeur iemand ONREIN kan word, is bloedskuld.  Daar is heelwat dinge wat bloedskuld veroorsaak (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-4.html).  In die Ou bedeleing is die met bloedskuld vervloek, en daar was geen offer vir die sonde nie (daarom moes die persoon self met sy eie bloed betaal - en doodgemaak word want bloedskuld het ook die land ONTHEILIG). Daar was geen manier hoe so iemand REIN gemaak kon word sodat hy tussen die HEILIGE volk kon woon, of in die HEILIGE laer kon ingaan nie.   Dieselfde dinge wat bloedskuld veroorsaak het in die O.T., veroorsaak steeds bloedskuld;  behalwe dat waar dit 'n onvergeeflike sonde was in die O.T., is dit nou 'n vergeeflike sonde is in Jesus Christus. (Die enigste onvergeeflike sonde in die Nuwe Testament, is sonde teen die Heilige Gees). Die Christen moet versigtig wees om nadat hy gewas is deur die bloed van Christus, homself nie skuldig te maak aan bloedskuld nie (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/12/wie-op-onwaardige-wyse-eet-of-drink-sal.html).  Paulus het hierdie tema so ernstig opgeneem dat hy gevoel het dat as hy nie die evangelie verkondig na waar die Here hom stuur nie, hulle bloed op hom sal wees, en hy dus nie rein sal wees nie (natuurlik omdat dit sy bediening was en die Here hom die opdrag gegee het om die evangelie te verkondig) (Hand. 20:26; Hand. 18:6).  Hy het goed verstaan die belangrikheid van om REIN te wees.  Die vraag is of Christene vandag ook hierdie verstaan?  

Om geheilig te word, beteken nie altyd dat die persoon ook rein is nie en beteken ook nie noodwendig dat iemand nou gered is nie! (want kyk tog dat items ook geheilig kan word, en kyk hoe die ongelowige geheilig word deur sy gelowige vrou...).  Bv., nie almal wat GEROEP IS, is OOK UITVERKIES nie! Jesus het self geleer dat baie geroep word, maar min uitverkies! (Matt. 22:14)(Ef. 1:4). Kyk ook die vb. van Judas Iskariot - alhoewel hy geroep was (in daardie opsig geheilig om 'n apostel te wees), het dit nie outomaties beteken dat hy ook rein was nie! (Joh. 13:10, 11 - Vgl. dit ook met Joh. 6:64). En alhoewel hy rein gemaak is deur die waterdoop (rein van sonde/sonde afgewas), was hy nie rein t.o.v. sy gewete of hart nie.  Judas Iskariot was geroep, ja, maar is hy uitverkies? -Joh 13:18 - "Ek spreek nie van julle almal nie—Ek weet wie Ek uitverkies het—maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig").  Hy was dus GEHEILIG (m.a.w. geroep), maar dit is duidelik hy het homself nie GEHEILIG (afgesonder vir die Here) nie.

In Joh_15:3 sien ons hoe die Here ook Sy Woord gebruik om Sy kinders te reinig.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

-  G1506:
Griekse woord, i-lik-ree-nace'; judged by sunlight, that is, tested as genuine (figuratively): - pure, sincere.

In Fil. 1:10 is Paulus en Timoteus se gebed vir die gemeente dat hulle liefde nog meer en meer oorvloedig sal word in kennis en alle ervaring,    "om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat hulle rein en vir niemand ‘n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus".  Kyk ook weer hier die belangrikheid van die "waarheid" - dat as hulle bou op die WAARHEID, hulle sal kan onderskei en so 'n REIN gewete he.  Hy praat verder oor die belangrikheid van SUIWER BEDOELINGE (v. 15,16). Die prediking uit die liefde gaan oor die verdediging van die evangelie (v.17).

So, ook in hierdie konteks gaan G1506 oor SUIWER / REIN gewete.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------


-  G2511:
Griekse woord, kath-ar-id'-zo to cleanse (literally or figuratively): - (make) clean (-se), purge, purify.

Wie word rein verklaar?
In die konteks waarin G2511 gebruik is, gaan dit oor wat God as rein verklaar, en wat nie (Hand. 11:9,15).  Christus het die mag om iemand te reinig -Ons sien hier 'n vb. van waar Jesus 10 melaatses genees en hulle REIN word (Luk. 17:14,17).  Hy gee ook Sy persepsie in Mark. 7:19 oor wat is onrein en wat nie en wys dat in die N.T. geen kos wat ingaan in die liggaam iemand onrein kan maak nie, maar verwys eerder na die hart van die mens, en dat dit van binne is vanuit die hart van die mens, die dinge wat hom onrein maak, bv. slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid (Mark. 7:21,22). "Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein" (Mark. 7:23).

Daarom is dit belangrik dat die kind van God sy gedagtes daagliks vernuwe en liewer bedink dit wat REIN is..., want as hy bv. slegte gedagtes koester, of begeer om losbandig te wees, of afgunstig is, ens., en dit uit hom uitgaan, dan sal dit hom onrein maak... 

_________________________________________________________________________________
UITEENSETTING VAN SKRIFTE:
______________________________________________________
H2889:
Die Hebreeuse woord, haw-hore', taw-hore', pure (in a physical, chemical, ceremonial or moral sense): - clean, fair, pure (-ness).

Mal_1:11  Want van die opgang van die son tot sy ondergang toe is my Naam groot onder die heidene; en in elke plek word tot eer van my Naam reukwerk gebring en ‘n rein offer; want my Naam is groot onder die heidene, sê die HERE van die leërskare.
Zec_3:5  Daarop sê ek: Laat hulle ‘n rein tulband op sy hoof sit. En hulle het die rein tulband op sy hoof gesit en hom die klere aangetrek, terwyl die Engel van die HERE daarby staan.
Eze_44:23  En hulle moet my volk die onderskeid leer tussen wat heilig en onheilig is, en hulle bekend maak die onderskeid tussen wat onrein en rein (H2889) is.
Eze_36:25  Dan sal Ek skoon(H2889) water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig.
Eze_22:26  Sy priesters verkrag my wet en ontheilig my heilige dinge; tussen heilig en onheilig maak hulle geen onderskeid nie, en die verskil tussen onrein en rein (H2889) gee hulle nie te kenne nie; daarby maak hulle hul oë toe vir my sabbatte; ja, Ek word onder hulle ontheilig.
(Isa 66:20)  En hulle sal al julle broers bring uit al die nasies as offergawe aan die HERE, op perde en op waens en in draagstoele en op muilesels en op kamele na my heilige berg, na Jerusalem, sê die HERE, net soos die kinders van Israel die spysoffer in ‘n rein voorwerp bring na die huis van die HERE.
Pro_30:12  ‘n geslag wat rein is in sy eie oë en tog van sy vuiligheid nie gewas is nie,
Pro_15:26  Die planne van die slegte is vir die HERE ‘n gruwel, maar vriendelike woorde is rein.
Psa_51:10  (51:12) Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees.
Psa_19:9  (19:10) Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is waarheid—tesame is hulle regverdig.
Psa_12:6  (12:7) Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in ‘n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.
Job_17:9  Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag.
Ezr_6:20  Want die priesters en die Leviete het hulle soos een man gereinig—hulle almal was rein—en die paaslam geslag vir al die ballinge en vir hulle broers, die priesters, en vir hulleself.
2Ch_30:17  want daar was baie in die vergadering wat hulle nie geheilig het nie, daarom moes die Leviete die paasoffers slag vir elkeen wat nie rein was nie, om hulle aan die HERE te heilig.
2Ch_13:11  En hulle steek brandoffers vir die HERE aan die brand, elke môre en elke aand, en reukwerk van speserye, en hulle sorg vir die toonbrode op die rein tafel en vir die goue kandelaar met sy lampe, om dit elke aand op te steek; want ons onderhou die ordening van die HERE onse God, maar júlle het Hom verlaat.
2Sa_22:27  by die reine (H2889)rein (H1305); maar by die valse betoon U Uself verkeerd.
1Sa_20:26  En Saul het dié dag niks gepraat nie, want hy het gedink: Daar het iets met hom gebeur dat hy nie rein is nie; waarlik, hy is nie rein nie.
Deu_23:10  As daar iemand by jou is wat weens ‘n voorval by nag nie rein is nie, moet hy buitekant die laer uitgaan; hy mag nie in die laer inkom nie.
Deu_14:20  Al die rein voëls mag julle eet.
Num_19:18  en ‘n rein man moet hisop neem en dit in die water insteek en op die tent sprinkel en op al die goed en op die persone wat daar gewees het; ook op hom wat aan ‘n doodsbeen of aan een wat verslaan is, of aan ‘n dooie of aan ‘n graf geraak het.
Num_18:13  Die eerstelinge van alles wat in hulle land is, wat hulle aan die HERE bring, moet joue wees. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.
Num_19:9  En ‘n rein man moet die as van die koei bymekaarmaak en buitekant die laer op ‘n rein plek neersit, en dit moet vir die vergadering van die kinders van Israel bewaar word vir die reinigingswater: dit is ‘n sondoffer.
Lev_22:7  Maar as die son onder is, sal hy rein wees; en daarna kan hy van die heilige gawes eet, want dit is sy voedsel.
Lev_24:4  Hy moet op die rein kandelaar die lampe regmaak om te brand voor die aangesig van die HERE, gedurigdeur.
Lev_24:6  en jy moet hulle in twee stapels neersit, ses in ‘n stapel, op die rein tafel voor die aangesig van die HERE.
Num_5:28  Maar as die vrou haar nie verontreinig het nie, maar rein is, sal sy vry wees en swanger word.
Num_9:13  Maar die man wat rein is en nie op reis is nie en nalaat om die pasga te hou, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word; want hy het die offer van die HERE nie op die bepaalde tyd gebring nie. Dié man moet sy sonde dra.
Num_18:11  Dit moet ook joue wees: die offergawe van hulle geskenke, van al die beweegoffers van die kinders van Israel; Ek gee dit aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as ‘n ewige insetting. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.
Lev_20:25  Daarom moet julle ‘n onderskeid maak tussen die rein en onrein diere, en tussen die onrein en rein voëls; en maak julleself nie ‘n gruwel deur diere of deur voëls of deur enigiets wat op die aarde roer nie wat Ek vir julle afgesonder het deur dit onrein te verklaar.
Lev_14:57  om te onderrig wanneer iets onrein en wanneer iets rein is. Dit is die wet oor die melaatsheid.
Lev_13:39  en die priester sien dat daar dowwe wit vlekke in die vel van hulle vlees is, dan is dit gewone uitslag wat in die vel uitgebreek het; hy is rein.
Lev_13:40  En as ‘n man se hoof kaal word, is hy ‘n kaalkop; hy is rein.
Lev_13:41  En as sy hoof aan die voorkant kaal word, het hy ‘n bles; hy is rein.
Lev_13:37  Maar as die skurfte, volgens hy kan sien, dieselfde gebly en swart hare daarop gegroei het, dan is die skurfte gesond. Hy is rein (H2889), en die priester moet hom rein (H2891) verklaar.
Lev_13:34  Bekyk die priester dan die skurfte op die sewende dag en sien hy dat die skurfte nie in die vel versprei het nie en dit nie dieper as die vel lyk nie, dan moet die priester hom rein (H2891) verklaar. En hy moet sy klere was en sal rein (H2889) wees.
Lev_13:13  en sien die priester dat die melaatsheid sy hele vlees oordek het, dan moet hy die aangetaste persoon rein (H2891) verklaar: hy het heeltemal wit geword, hy is rein (H2889).
Lev_11:47  om te onderskei tussen wat onrein en rein is, en tussen die diere wat geëet en die diere wat nie geëet mag word nie.
Lev_11:36  Maar ‘n fontein of put, ‘n versamelplek van water, sal rein wees; maar hy wat aan die aas daarin raak, sal onrein wees.
Lev_11:37  En as van hulle aas val op enige saad wat gesaai word dit sal rein wees.
Gen_7:2  Van al die rein diere moet jy vir jou telkens sewe paar neem, die mannetjie met sy wyfie; maar van die diere wat nie rein is nie, twee, die mannetjie met sy wyfie.
Gen_7:8  Van die rein diere en van die diere wat nie rein is nie, en van die voëls en van alles wat op die aarde kruip,
Gen_8:20  En Noag het vir die HERE ‘n altaar gebou en van al die rein diere en al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring.
Lev_4:12  die hele bul moet hy buitekant die laer uitbring op ‘n rein plek waar die as uitgegooi word, en hy moet hom op hout met vuur verbrand; op die plek waar die as uitgegooi word, moet hy verbrand word.
Lev_6:11  Daarna moet hy sy klere uittrek en ander klere aantrek, en die as buitekant die laer op ‘n rein plek uitbring.
Lev_7:19  En die vleis wat aan iets onreins raak, mag nie geëet word nie; met vuur moet dit verbrand word. Maar wat verder die vleis betref elkeen wat rein is, mag vleis eet.
Lev_10:10  en julle moet onderskeid maak tussen wat heilig en wat onheilig, en tussen wat onrein en wat rein is;
Lev_10:14  Ook die beweegbors en die hefboud moet julle op ‘n rein plek eet, jy en jou seuns en jou dogters saam met jou; want as deel wat aan jou en jou seuns toekom, is hulle uit die dankoffers van die kinders van Israel gegee.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
H2891:
Die Hebreeuse woord, taw-hare', properly to be bright; that is, (by implication) to be pure (physically sound, clear, unadulterated; Levitically uncontaminated; morally innocent or holy): - be (make, make self, pronounce) clean, cleanse (self), purge, purify (-ier, self).

Eze_36:25  Dan sal Ek skoon (H2889) water op julle giet, sodat julle rein (H2891) kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig (H2891).
Eze_24:13  Oor jou skandelike onreinheid, omdat Ek jou gereinig (H2891) het en jy nie rein (H2891) geword het van jou onreinheid nie, sal jy nie meer rein (H2891) word totdat Ek my grimmigheid teen jou tot rus gebring het nie.
Jer_13:27  Jou owerspel en jou gerunnik, jou skandelike hoerery—op die heuwels in die veld het Ek jou verfoeisels gesien. Wee jou, Jerusalem! Hoe lank sal dit nog duur voordat jy rein word?
Pro_20:9  Wie kan sê: Ek het my hart suiwer gehou, ek is rein van my sonde?
Psa_51:7  (51:9) Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.
Job_4:17  Sou ‘n sterfling regverdig wees voor God? Of ‘n man rein wees voor sy Maker?
2Ki_5:14  Daarop het hy afgeklim en sewe maal in die Jordaan ondergeduik volgens die woord van die man van God, en sy vlees het teruggekeer soos die vlees van ‘n jong seun, en hy het rein geword.
2Ki_5:13  Toe kom sy dienaars nader en spreek met hom en sê: My vader, as die profeet u ‘n groot saak beveel het, sou u dit nie doen nie? Hoeveel te meer nou dat hy u gesê het: Was jou, en jy sal rein word?
2Ki_5:12  Is Abána en Farpar, die riviere van Damaskus, nie beter as al die waters van Israel nie? Kon ek my nie daarin was en rein word nie? En hy het omgedraai en vererg weggery.
2Ki_5:10  Toe stuur Elísa ‘n boodskapper na hom om te sê: Gaan heen, was jou sewe maal in die Jordaan; dan sal jou vlees terugkeer, en jy sal rein wees.
Deu_14:11  Al die rein voëls mag julle eet.
Num_19:19  En die reine moet die onreine op die derde en op die sewende dag besprinkel en hom op die sewende dag ontsondig. Dan moet hy sy klere was en hom in die water bad, en in die aand sal hy rein wees.
Num_31:23  elke ding wat in die vuur kan kom—moet julle deur die vuur laat deurgaan, en dit sal rein wees; ewenwel moet dit deur reinigingswater ontsondig word; maar alles wat nie in die vuur kan kom nie, moet julle deur die water laat deurgaan.
Num_31:24  Julle moet ook jul klere op die sewende dag was; dan sal julle rein wees; en daarna mag julle in die laer kom.
Num_19:12  Op die derde dag en op die sewende dag moet hy hom daarmee ontsondig—dan sal hy rein wees; maar as hy hom op die derde dag en op die sewende dag nie ontsondig nie, sal hy nie rein wees nie.
Lev_22:4  Niemand uit die nageslag van Aäron wat melaats is of ‘n vloeiing het, mag van die heilige gawes eet voordat hy rein is nie. En hy wat aan iemand raak wat deur ‘n lyk onrein is, of van wie ‘n saadvloeiing uitgaan,
Lev_17:15  En elkeen wat aas eet of iets wat verskeur is, ‘n kind van die land sowel as ‘n vreemdeling, moet sy klere was en ‘n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein. Dan sal hy rein wees.
Lev_15:13  En as hy wat die vloeiing het, van sy vloeiing rein word, moet hy sewe dae tel ná sy reiniging en sy klere was en sy liggaam in vars water bad; dan sal hy rein wees.
Lev_15:28  Maar as sy van haar vloeiing rein geword het, moet sy sewe dae tel, en daarna sal sy rein wees.
Lev_16:30  Want op hierdie dag moet hy vir julle versoening doen om julle te reinig; van al julle sondes moet julle voor die aangesig van die HERE rein word.
Lev_14:53  Daarop moet hy die lewendige voël buitekant die stad oor die oop veld laat wegvlieg. So moet hy dan vir die huis versoening doen, en dit sal rein wees.
Lev_13:58  Maar die kledingstuk of die skeerdraad of die inslag of enige leervoorwerp wat jy was as die plek daaruit verdwyn het, moet dit nog ‘n keer gewas word, en dit sal rein wees.
Lev_13:59  Dit is die wet oor die plaag van melaatsheid in ‘n kledingstuk van wol of linne of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp, om dit rein of onrein te verklaar.
Lev_14:4  moet die priester bevel gee dat hulle vir hom wat gereinig moet word, twee lewendige rein voëls en sederhout en skarlakendraad en hisop moet bring.
Lev_14:8  Dan moet hy wat gereinig moet word, sy klere was en al sy hare afskeer en ‘n bad neem; dan sal hy rein wees. En daarna kan hy in die laer kom, maar hy moet sewe dae lank buitekant sy tent bly.
Lev_14:9  En op die sewende dag moet hy al sy hare afskeer, sy hoof en sy baard en sy winkbroue al sy hare moet hy afskeer; en hy moet sy klere was en sy liggaam in die water bad. Dan sal hy rein wees.
Lev_14:20  En die priester moet die brandoffer en die spysoffer op die altaar offer. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en hy sal rein wees.
Lev_14:48  Maar as die priester kom en sien dat die plaag nie in die huis versprei het nadat die huis gepleister is nie, dan moet die priester die huis rein verklaar, want die aangetaste plek het gesond geword.
Lev_13:37  Maar as die skurfte, volgens hy kan sien, dieselfde gebly en swart hare daarop gegroei het, dan is die skurfte gesond. Hy is rein (H2889), en die priester moet hom rein (H2891) verklaar.
Lev_13:17  As die priester hom dan bekyk en sien dat die aangetaste plek wit geword het, dan moet die priester die aangetaste persoon rein verklaar; hy is rein.
Lev_13:23  Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie versprei het nie, is dit die litteken van die sweer, en die priester moet hom rein verklaar.
Lev_13:28  Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie in die vel versprei het nie en dof van kleur geword het, dan is dit die swelsel van die brandplek. Daarom moet die priester hom rein verklaar, want dit is die litteken van die brandplek.
Lev_13:34  Bekyk die priester dan die skurfte op die sewende dag en sien hy dat die skurfte nie in die vel versprei het nie en dit nie dieper as die vel lyk nie, dan moet die priester hom rein (H2891) verklaar. En hy moet sy klere was en sal rein (H2889) wees.
Lev_13:13  en sien die priester dat die melaatsheid sy hele vlees oordek het, dan moet hy die aangetaste persoon rein (H2891) verklaar: hy het heeltemal wit geword, hy is rein (H2889).
Lev_12:7  dié moet dit offer voor die aangesig van die HERE en vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees van haar bloedvloeiing. Dit is die wet van haar wat baar, in die geval van ‘n seun of ‘n dogter.
Lev_12:8  Maar as sy ‘n lam nie kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem, een as brandoffer en een as sondoffer; en die priester moet vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees.
Lev_13:6  Bekyk die priester hom dan op die sewende dag nog ‘n keer en sien hy dat die aangetaste plek dof van kleur geword en die plek in die vel nie versprei het nie, dan moet die priester hom rein verklaar. Dit is ‘n uitslag; en hy moet sy klere was, dan is hy rein.
Lev_11:32  En alles waar een van hulle op val as hulle dood is, sal onrein wees; enige houtvoorwerp of kledingstuk of vel of sak, elke ding waarmee werk gedoen word; dit moet in die water gesit word en sal tot die aand toe onrein wees; dan sal dit rein wees.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
H1305:
Die Hebreeuse woord, baw-rar', to clarify (that is, brighten), examine, select: - make bright, choice, chosen, cleanse (be clean), clearly, polished, (shew self) pure (-ify), purge (out).

Zep_3:9  Want dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van die HERE sal aanroep en Hom met ‘n eenparige skouer sal dien.
Psa_18:26  (18:27) by die reine rein (H3105); maar by die valse betoon U Uself verkeerd.
2Sa_22:27  by die reine (H2889)rein (H1305); maar by die valse betoon U Uself verkeerd.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
H2135:
Die Hebreeuse woord, zaw-kaw', to be translucent; figuratively to be innocent: - be (make) clean, cleanse, be clear, count pure.

Mic_6:11  Sal Ek rein kan wees by ‘n valse weegskaal en by ‘n sak vol bedrieglike gewigte?
Psa_73:13  Waarlik, tevergeefs het ek my hart rein gehou en my hande in onskuld gewas.
Psa_51:4  (51:6) Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.
Job_25:4  Hoe sou dan ‘n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit ‘n vrou gebore is?
Job_15:14  Wat is die mens, dat hy rein sou wees? En hy wat uit ‘n vrou gebore is, dat hy regverdig sou wees?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
H2134:
Die Hebreeuse woord, zak; clear: - clean, pure.


Job_33:9  Rein is ek, sonder oortreding; suiwer is ek, en daar is geen skuld by my nie.
Job_16:17  alhoewel daar geen gewelddaad in my hande is nie en my gebed rein is.
Job_11:4  en sê: Suiwer is my leer, en rein is ek in u oë?
Job_8:6  as jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid;

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
H1249:
Die Hebreeuse woord, bar; beloved; also pure, empty: - choice, clean, clear, pure.

(Son 6:10)  Wie is dit wat daar opkom soos die dageraad, mooi soos die maan, rein soos die son, verskriklik soos slagordes met vaandels?
Psa_73:1  ‘n Psalm van Asaf. Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is.
Psa_24:4  Hy wat rein van hande en suiwer (H1249) van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
H2141:
Die Hebreeuse woord: zaw-kak'; to be transparent or clean (physically or morally): - be (make) clean, be pure (-r).

Job_25:5  Kyk, selfs die maan—hy skyn nie helder nie; en die sterre is nie rein in sy oë nie.
Job_15:15  Kyk, in sy heiliges stel Hy geen vertroue nie; ja, die hemele is nie rein in sy oë nie;

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
H2893:
Die Hebreeuse woord, toh-or-aw'; ceremonial purification; moral purity: -  X is cleansed, cleansing, purification (-fying).

Lev_13:7  Maar as die uitslag werklik in die vel versprei nadat hy hom aan die priester vertoon het om rein te word, moet hy hom nog ‘n keer aan die priester vertoon.

_________________________________________________________________________________
GRIEKSE WOORDE VIR "rein":
_________________________________________________________________________________
G53:
Griekse woord, hag-nos' - properly clean, that is, (figuratively) innocent, modest, perfect: - chaste, clean, pure.

Jas_3:17  Maar die wysheid van bo is ten eerste rein (G53), dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.
1Jn_3:3  En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.
1Ti_5:22  Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.
Php_4:8  Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
2Co_7:11  Want kyk, juis dit, dat julle bedroef geword het volgens die wil van God—wat ‘n groot ywer het dit in julle gewerk, ja, verantwoording, verontwaardiging, vrees, verlange, ywer, bestraffing. In alles het julle bewys dat julle in die saak rein is.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
G2513:
Griekse woord, kath-ar-os'; Of uncertain affinity; clean (literally or figuratively): - clean, clear, pure.

Rev_15:6  En die sewe engele met die sewe plae het uit die tempel uitgekom, bekleed met rein (G2513), blink linne, en om die bors omgord met goue gordels.
Rev_19:8  En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.
Rev_19:14  En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.
1Pe_1:22  As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ‘n rein hart;
Heb_10:22  laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.
Tit_1:15  Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel.
2Ti_1:3  Ek dank God, wat ek van my voorouers af in ‘n rein gewete dien, wanneer ek onophoudelik nag en dag aan jou in my gebede dink,
2Ti_2:22  Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit ‘n rein hart aanroep.
1Ti_3:9  manne wat die verborgenheid van die geloof in ‘n rein gewete hou.
1Ti_1:5  Maar die doel van die gebod is liefde uit ‘n rein hart en ‘n goeie gewete en ‘n ongeveinsde geloof
Rom_14:20  Moenie ter wille van voedsel die werk van God afbreek nie. Alles is wel rein, maar dit is verkeerd vir ‘n mens om te eet as dit tot aanstoot is.
Act_20:26  Daarom betuig ek aan julle op hierdie dag dat ek rein is van die bloed van almal.
Act_18:6  Maar toe hulle aanhou om teëstand te bied en godslasterlike dinge te spreek, het hy sy klere uitgeskud en vir hulle gesê: Julle bloed is op julle hoof. Ek is rein. Van nou af sal ek na die heidene gaan.
Joh_15:3  Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.
Joh_13:11  Want Hy het geweet wie Hom sou verraai. Daarom het Hy gesê: Julle is nie almal rein nie.
Joh_13:10  Jesus sê vir hom: Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal rein(G2513); en julle is rein(G2513), maar nie almal nie.
Luk_11:41  Maar gee wat daarin is, as aalmoes, en dan is alles vir julle rein.
Mat_5:8  Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.


------------------------------------------------------------------------------------------------------------
G1506:
Griekse woord, i-lik-ree-nace'; judged by sunlight, that is, tested as genuine (figuratively): - pure, sincere.

(Php 1:10)  om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand ‘n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus,

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
G2511:
Griekse woord, kath-ar-id'-zo to cleanse (literally or figuratively): - (make) clean (-se), purge, purify.

Act_11:9  En die stem het die tweede keer my uit die hemel geantwoord: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.
Act_10:15  En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.
Luk_17:17  Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege?
Luk_17:14  En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword.
Mar_7:19  omdat dit nie ingaan in sy hart nie, maar in die maag, en dit gaan in die heimlikheid uit en maak al die voedsel rein?

------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Donderdag 11 Augustus 2016

Die Gees van God (4)

Vir die vorige 3 gedeeltes oor hierdie onderwerp, gaan na:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/die-gees-van-god-1.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/die-gees-van-god-2.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/die-gees-van-god-3.html
_________________________________________________________________
IN HIERDIE BLOGPOST KYK ONS NA OF 
 "ontvang die Heilige Gees" dieselfde is as 
"die krag van die Gees", of 
"om met die Heilige Gees gedoop te word"?
_________________________________________________________________
 Sommige geleerdes sien "die ontvang van die Heilige Gees" en die "ontvang van die krag van die Gees" as dieselfde gebeurtenis, ander weer as verskillende gebeurtenisse.  'n Versie wat veral ook heelwat redenasie uitlok, is die in Joh 20:22 - "En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees" (wat plaasgevind het nadat Jesus uit die dood opgestaan het, in die 40 dae voor Hy opgevaar het hemel toe).   Tog, op 'n ander geleentheid, beveel Hy hulle om te wag in Jerusalem, op die belofte van die Vader, om met die Heilige Gees gedoop te word (wat gebeur het nadat Hy opgevaar het hemel toe) (HAND. 2:33 - "Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor". (Hand. 1:4-8 - "En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie. Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig? En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde");  
-  (EN KYK OOK Luk 24:49 - "En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte").  

LET WEL DAT JESUS NA HIERDIE GEBEURTENIS (die belofte van die Vader) VERWYS HET AS "met die Heilige Gees gedoop word"

 Die vraag is nou wat die verskil is, en of daar 'n verskil is tussen toe Hy oor hulle geblaas het en gese het, "ontvang die Heilige Gees", en die opdrag dat hulle moet wag vir die 
"doping met die Heilige Gees"?  
______________________________________________________
OPSOMMING:

Ten eerste moet ons verstaan dat alhoewel die kind van God wederbaar word deur die water en Gees (en so God se saad binne-in hom kry)(en die Gees so BY HOM BLY), die Gees ook "werk soos Hy wil", en werk gawes en bedieninge deur Sy diensknegte en diensmaagde,  SOOS NODIG! - in so 'n geval word verwys dat die Gees op iemand rus (soos vir 'n tyd) - Num 11:25 - "Daarop het die HERE neergedaal in die wolk en met hom gespreek; en Hy het van die Gees wat op hom was, afgesonder en op die sewentig oudstes gelê. En terwyl die Gees op hulle rus, het hulle geprofeteer; maar daarna nie meer nie"


 Die dienskneg en diensmaagd ontvang die Gees wanneer hy wederbaar word, maar word ook gedurig "vervul met die Gees"(soos wanneer die Gees op iemand rus)(vir krag om te kan getuig) - DIT IS WAAROM DIE DISSIPELS NOG GEDURIG "VERVUL WAS MET DIE HEILIGE GEES", SELFS OOK NOG NA DIE DAG VAN PINKSTER!  Dit beteken nie dat die Gees telkens van hulle gewyk het nie, maar verwys eerder na verskillende werk wat die Gees in en deur die Christen se lewe doen (m.a.w. meer verwysend na gawes en bedieninge).  Wanneer ons wederbaar word (deur die Gees), bly die Gees wel vir altyd by ons (Joh. 14:17), maar Hy vul ons ook gedurige met krag (rus op ons en werk deur ons verskillende gawes en bedieninge), sodat ons kan GETUIG. Hierdie vervulling met krag van die Heilige Gees is iets wat Jesus Christus doen in ons.  Christene moet verstaan die belangrikheid van gebed en vas... (http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/01/nuwe-wyn-moet-in-nuwe-sakke-gegooi-word.html) (http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/01/om-te-vas.html) en moet vir Jesus Christus vra om vir hulle te vul met Sy Heilige Gees. 

(En alhoewel die ontvang van krag deur die Gees kan geskied deur handoplegging, moet ons ons nie deur enige iemand laat hande ople nie!!!!!!!  Daar is heelwat predikers vandag wat mense nooi om te kom met die belofte om gevul te word met die Gees, maar dan gebruik hulle heidense metodes soos om dieselfde woorde oor en oor te herhaal ens.  Allerhande snaakse verskynsels het al so kop uitgesteek soos dat, in plaas van dat die persone dan begin getuig en in verskillende gawes begin stap, hulle eerder belaglik begin optree soos bv. dat hulle geen beheer het oor hulle eie liggame nie - dieselfde tipe nagevolge wat gesien word in die wat oosterse geloofspraktyke navolg...). 


In Hand. 1 het Jesus ook na die doping met die Heilige Gees verwys as "KRAG ONTVANG WANNEER DIE HEILIGE GEES OOR JULLE KOM" - en kyk dan Sy volgende woorde:  en julle sal my getuies wees.  Ook hier in Hand. 4 sien ons hoe hulle, nadat vervul met die Heilige Gees, "die woord van God met vrymoedigheid gepreek" het!  DIE DOEL VAN OM HIERDIE "gawe van die Gees te ontvang" ("doping in die Gees "/ "die Gees ontvang" / "vervul met die Gees" / "krag ontvang wanneer die Gees oor iemand kom"), is om te GETUIG !  (Hand. 15:8).
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-het-jesus-bedoel-met-die-woorde.html


---------------------------------------------------------------------------------------------
(Hand. 2:33)  Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor.
- (Hand. 5:31)  Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk. (Hand. 5:32)  En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.
- (Joh 12:23-33)  Maar Jesus antwoord hulle en sê: Die uur het gekom dat die Seun van die mens verheerlik moet word....

- (Hand. 3:13)  Die God van Abraham en Isak en Jakob, die God van ons vaders, het sy Kind Jesus verheerlik, Hom wat julle oorgelewer en voor Pilatus verloën het toe hy besluit het om Hom los te laat.
- (Joh 13:31)  En toe hy buite was, sê Jesus: Nou is die Seun van die mens verheerlik, en God is in Hom verheerlik.

_________________________________________________________________

In sekere skrifte word 
"om met die Heilige Gees gedoop"
 te word, ook van gepraat as 
"ontvang die Heilige Gees"
 - bv. in die geval van Cornelius se huisgesin, Hand. 10:45-47. Dit is dus duidelik dat baie wat die doop met of in die Heilige Gees ontvang het (waarvan tale veral 'n teken was), van gepraat was as, "hulle het die Heilige Gees ontvang".     Alhoewel tale veral 'n teken was dat hulle die Heilige Gees ontvang het, moet ons egter nie die fout maak om te dink dat almal die gawe van tale ontvang wanneer hulle met die Heilige Gees gedoop word nie, want Paulus maak dit duidelik in 1Kor. 12:7-11 dat almal nie dieselfde gawes ontvang nie, en dat die Gees afsonderlik aan elkeen uitdeel soos Hy wil:  "Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale. Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil".
- so, dit beteken dat ook in die eerste gemeentes nie almal die gawe van tale ontvang het nie!  Sommige kerke leer dat die gawe van tale altyd 'n bewys is van of iemand met die Heilige Gees gedoop is, MAAR DIT IS DUIDELIK NIE SO NIE!  Hierdie Christene in die gemeente van Korinthiers wat verskillende gawes ontvang het en nie almal die gawe van tale ontvang het nie, was tog duidelik gedoop met die Gees!

Die dissipels het ook na "met die Heilige Gees gedoop word", of "ontvang die Heilige Gees",  verwys as:
die ontvang v/d GAWE VAN DIE HEILIGE GEES:
-(Hand. 2:38)  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
-(Hand. 10:45)  En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is.
-(Heb 6:4)  Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het...
-(Hand. 8:19)  en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang. (Hand. 8:20)  Maar Petrus sê vir hom: Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry.

DIE BEGRIP 
"met die Heilige Gees gedoop word",
 IS OOK DIESELFDE AS 
om die "gawe van die Heilige Gees" te ontvang:
(Hand. 11:16)  En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word. (Hand. 11:17)  As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God kon verhinder?

M.a.w., volgens bg. skrifte is "om met die Heilige Gees gedoop" te word, ook genoem "om die Heilige Gees te ontvang" , en is dieselfde as om die "gawe van die Heilige Gees" te ontvang.
____________________________________maar ons moet verstaan dat iemand verskeie male vervul kan word met die Heilige Gees:
Vb.:
-(Hand. 4:29)  En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek,
(Hand. 4:30)  deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind.
(Hand. 4:31)  En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek. (L.W. dat hierdie gebeur het na die dag van Pinkster - hulle was op die dag van Pinkster alreeds gevul met die Heilige Gees, en het reeds verskeie gawes ontvang! - hier word hulle "weer" vervul met die Heilige Gees...)(dis amper soos 'n "geloofsinspuiting" wat hulle gekry het).

-(Hand. 13:52)  En die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees.


__________________________________ tog wanneer 'n gelowige die Heilige Gees ontvang, word daardie persoon gebore uit God, en kry God se saad binne-in hom (sodat hy vrug kan dra...)http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html.   HIERDIE ERVARING WORD DEUR JESUS BESKRYF AS SOOS "STROME LEWENDE WATER WAT OOR DIE BINNESTE VLOEI":
- (Joh 7:38)  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. (Joh 7:39)  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. Die werk van die Gees in ons, gaan nie net oor die krag om te kan getuig, wat gepaardgaan met gawes en bedieninge nie, maar ons word ook wederbaar deur die Gees van God - Hy verander ons tot "ander mense" (2 Kor. 3:3). En waar die Gees slegs op sekere gelowiges uitgestort was in die O.T., stort die Here Sy Gees uit op elkeen van Sy diensknegte en diensmaagde in die N.T. Om oor en oor vervul te word met die Gees, beteken nie dat die Gees elke keer weggaan van iemand nie, maar eerder dat die Gees in verskillende gawes en bediening op gelowiges rus, en hulle daarom gedurig vervul word volgens dit wat NODIG is. 

Maar dit is dieselfde Gees van God!
 Almal ontvang nie alle gawes en bedieninge nie! 
(1 Kor. 14).

_________________________________________________________________
Die doping in die Gees het dus nie net die "vervulling van die Gees" behels nie, maar behels baie meer as dit;  dit behels o.a. dat iemand 'GEBORE WORD UIT DIE GEES' - dit is die tweede deel van "wedergeboorte" (saad van God binne-in gelowige), en is dus 'n bewys van wie kinders van die koninkryk is.  Die wat die Gees ontvang, se liggaam is soos 'n tempel (teenwoordigheid van die Here deur Sy Gees). Die Gees van God getuig van die waarheid, en van Jesus die Christus, lei ons in die waarheid, leer ons en herinner ons aan wat Jesus geleer het.  Dit is slegs die wat gehoorsaam is aan die Here, wat die Gees van God ontvang. So, dit gaan nie net oor die krag van die Gees nie, maar ook oor die bevestiging van ons kindskap deur die Gees, en om deur die Here gelei te word en Hom te ken!

Hierdie uitstorting van die Heilige Gees, was ook nie net beperk tot sekere kinders van die koninkryk nie, maar wel aan almal wat "glo".  Wanneer iemand vervul word met die Gees van die Here, dan verstaan hulle wat die wil van die Here is, want die Gees lei hulle in die waarheid.  Dit is om daardie rede dat Moses gese het:

(Num 11:29) "...... Ag, as die hele volk van die HERE maar profete was, dat die HERE sy Gees oor hulle mag gee!".  

Wanneer ons egter gaan kyk na die lewe van die Here Jesus Christus, sien ons dat Hy die saad van God in Hom gehad het ((Mat 1:18 - "Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees".  Maar ten spyte van die feit dat Hy God se saad binne-in Hom gehad het (deur die Heilige Gees), sien ons hoe die Gees op Jesus neerdaal in die vorm van 'n duif terwyl Hy deur Johannes die doper gedoop word: (Luk 3:22 - "en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos ‘n duif op Hom neergedaal; en ‘n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek ‘n welbehae").  Daarna het die Gees Hom in die woestyn in gelei, maar let op die woorde:  (Luk 4:1 - "En Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei").  So, alhoewel Jesus die saad van God (deur die Gees) binne-in Hom gehad het, sien ons die "ontvang van die Gees" op 'n ander geleentheid! (wat dan gebeur net voor Sy bediening begin...).

Die tweede element van "om weer gebore te word",  is die "Gees":
Iemand wat nie die Gees van God het nie, is nie 'n kind van God nie - is m.a.w. nie gebore uit God nie!:
(Joh 3:6)  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
1 Joh. 3 verklaar ook verder dat GOD SE SAAD bly in elke persoon (wat weergebore is) gebore is uit God.  M.a.w., deur die GELOOF kan iemand gebore word uit God, en wanneer hy gebore word uit God (weergebore word), dan kry hy God se saad in hom.  (Joh 3:3)  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie......(Joh 3:5)  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.

Dit is dus duidelik dat die gebeurtenis van "weergeboorte" (om gebore te word uit water en Gees), verskillend is van die gebeurtenis van 
"om die krag van die Gees te ontvang", alhoewel dit op dieselfde tyd kan gebeur (want ons sien dat Jesus reeds die saad van God in Hom gehad het, maar die Gees "ontvang" het op 'n ander geleentheid)(net so sien ons dat Hy oor die dissipels geblaas het in Joh 20:22 en hulle daar die Gees ontvang het - gebore is uit God - ("En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees").  Vgl. dit met wat Hy verduidelik het oor die wedergeboorte in (Joh 3:8 - "Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is).  (Die woord wat vir Gees gebruik word in die Grieks, is terloops:  "pnyoo-ma" (pneuma), wat beteken ("current of air, breath or a breeze")).

Die term "om die Gees te ontvang",
word dus in beide gevalle gebruik van: 
-  WEDERGEBOORTE 
(waar iemand God se saad in Hom kry)(Rom. 8:9), EN
- OM GEDOOP TE WORD IN DIE GEES
(soos waar iemand gevul word met krag van die Gees)(Hand. 2:4; 4:31....).

Vir die gelowige om uiteindelik die ewige lewe te ontvang, moet hy die nodige "vrug dra" - "vrug vir ewige lewe" (Joh. 4:36);  maar hierdie verwys natuurlik nie na vrug uit "werke nie, maar vrug uit gehoorsaamheid".  Bv., nie alle goeie dade sal eendag beloon word nie!  Die werk van die Heilige Gees in die gelowige se lewe, is soos God se saad wat geplant word sodat die persoon kan vrug dra vir die Here - die persoon word m.a.w. wederbaar (word 'n kind van God en het Sy saad in hom), maar word ook vervul met die Gees om te kan getuig. Om VERVUL TE WORD MET DIE GEES het te doen met "bediening".    Ook dit verdien vir iemand "vrug tot ewige lewe" (maar slegs werke uit gehoorsaamheid, nie werke vir eie gewin nie). HOE WEET ONS BV. IEMAND HET DIE GEES VAN GOD?  - so iemand sal GETUIG v/d WAARHEID en getuig van JESUS CHRISTUS.  Maar as iemand bely dat hy die Gees van God het maar iets anders getuig as die waarheid (bv. dat in sy getuienis ontbreek dat Jesus Christus die enigste Verlosser is), dan is hy duidelik besig om deur 'n ander gees te praat, nie deur die Gees van God nie! (2 Kor. 11:3,4)(1 Kor. 12:3)(1 Joh. 4:6). 
---------------------------------------------------------------------------------------------- Paulus waarsku ons dat ons nie die Gees moet bedroef nie...http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/02/en-bedroef-nie-die-heilige-gees-van-god.html. As iemand dan nou GOD SE SAAD binne-in hom het, en daarom 'n KIND VAN GOD is, maar hy die sonde weer begin dien, dan gaan daardie saad (van die Gees) wat begin het om vrug te dra, ONVRUGBAAR WORD, en geen vrug (vir die ewige lewe) dra nie.  So iemand gaan op daardie dag van die wederkoms, wanneer almal geoordeel word, bevind word dat hy GEEN VRUG dra nie, en so afgesny word (was m.a.w. deel van die kinders van die koninrkyk, maar word uitgekap).  Christus Jesus het  verduidelik dat die manier hoe 'n gelowige onvrugbaar word, is deur die "sorge van die wereld", "verleiding van die rykdom", "genietinge van die lewe" en "begeerlikhede in verband met ander dinge" (vgl. met "gelykenis van die saaier"). http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


SKRIFGEDEELTES:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Uit die boek van Handelinge:

Act_1:5  Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.
Act_1:8  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
Act_1:16  Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het;
Act_2:4  En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
Act_2:17  En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.
Act_2:18  En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.
Act_2:33  Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor.
Act_2:38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
Act_4:8  Daarop sê Petrus, vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel,
Act_4:31  En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.
Act_5:3  Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?
Act_5:9  En Petrus sê vir haar: Waarom het julle ooreengekom om die Gees van die Here te versoek? Kyk, die voete van die wat jou man begrawe het, is by die deur, en hulle sal jou uitdra.
Act_5:32  En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.
Act_6:3  Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel;
Act_6:5  En die woord het byval gevind by die hele menigte; en hulle het gekies: Stéfanus, ‘n man vol van geloof en van die Heilige Gees, en Filippus en Próchorus en Nikánor en Timon en Pármenas en Nikoláüs, ‘n Jodegenoot uit Antiochíë,
Act_6:10  Maar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het, nie weerstaan nie.
Act_7:51  Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle.
Act_7:55  Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.
Act_7:59  En hulle het Stéfanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: Here Jesus, ontvang my gees!
Act_8:15  Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang,
Act_8:17  Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.
Act_8:18  En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied
Act_8:19  en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang.
Act_8:29  Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa.
Act_8:39  En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis.
Act_9:17  En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.
Act_9:31  En die gemeentes deur die hele Judéa en Galiléa en Samaría het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.
Act_10:19  En terwyl Petrus nadink oor die gesig, sê die Gees vir hom: Daar is drie manne wat jou soek.
Act_10:38  met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.
Act_10:44  En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.
Act_10:45  En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is.
Act_10:47  Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?
Act_11:12  En die Gees het vir my gesê dat ek saam met hulle moes gaan sonder om te twyfel. En saam met my het ook hierdie ses broeders gegaan, en ons het in die huis van die man ingegaan.
Act_11:15  En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos ook op ons in die begin.
Act_11:16  En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.
Act_11:24  want hy was ‘n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en ‘n aansienlike skare is aan die Here toegebring.
Act_11:28  En een van hulle met die naam van Agabus het opgestaan en deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar ‘n groot hongersnood oor die hele wêreld sou kom, wat ook gekom het onder keiser Claudius.
Act_13:2  En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.
Act_13:4  So het hulle dan, deur die Heilige Gees uitgestuur, afgegaan na Seleúcië en daarvandaan weggevaar na Ciprus.
Act_13:9  Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê:
Act_13:52  En die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees.
Act_15:8  En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons.
Act_15:28  Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge:
Act_16:6  En hulle het deur die land Frígië en Galásië gegaan, omdat die Heilige Gees hulle verhinder het om in Asië die woord te verkondig.
Act_16:7  En toe hulle by Mísië kom, het hulle probeer om na Bithínië te gaan, maar die Gees het hulle dit nie toegelaat nie.
Act_17:16  En terwyl Paulus in Athéne vir hulle wag, het sy gees in hom opstandig geword toe hy sien dat die stad vol afgodsbeelde was.
Act_18:25  Hy het onderrig ontvang in die weg van die Here; en vurig van gees, het hy gespreek en die dinge aangaande die Here noukeurig geleer, alhoewel hy net van die doop van Johannes geweet het.
Act_19:2  en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie.
Act_19:6  En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.
Act_20:22  En kyk, ek gaan nou gebind deur die Gees na Jerusalem; en watter dinge my daar sal oorkom, weet ek nie,
Act_20:23  behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag.
Act_20:28  Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.
Act_28:25  En toe hulle onder mekaar onenig was, het hulle uiteengegaan nadat Paulus hierdie woord gesê het, naamlik: Tereg het die Heilige Gees deur Jesaja, die profeet, tot ons vaders gespreek
========================================================================

Uit briewe aan gemeentes:

(Rom 5:5)  en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.
(Rom 7:6)  Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.
Rom_8:6  Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 
Rom_8:9  julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. 
Rom_8:10  Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid. 
Rom_8:11  En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon. 
Rom_8:14  Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. 
Rom_8:15  Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! 
Rom_8:16  Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; 
Rom_8:23  En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam. 
Rom_8:26  En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. 
Rom_8:27  En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. 
Rom_9:1  Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees 
Rom_14:17  Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees. 
Rom_15:13  En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees! 
Rom_15:16  om ‘n dienaar van Jesus Christus onder die heidene te wees, ‘n dienaar van die evangelie van God, sodat die offer van die heidene welgevallig kan wees, geheilig deur die Heilige Gees. 
1Co_2:4  en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag, 
1Co_2:10  Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. 
1Co_2:11  Want wie van die mense weet wat in ‘n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God. 
1Co_2:12  Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. 
1Co_2:13  Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. 
1Co_2:14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. 
1Co_3:16  Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? 
1Co_6:11  En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God. 
1Co_6:19  Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? 
1Co_6:20  Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort. 
1Co_12:3  Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees. 
1Co_12:4  Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; 
1Co_12:7  Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. 
1Co_12:8  Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; 
1Co_12:9  aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; 
1Co_12:11  Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil. 
1Co_12:13  Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge. 

1Co_14:2  Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede. 
1Co_14:14  Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. 
1Co_14:15  Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing. 
1Co_14:16  Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van ‘n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie? 
1Co_15:45  So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 
1Co_16:18  Want hulle het my gees verkwik en julle s’n ook. Erken sulke manne dan. 
2Co_1:22  wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het. 
2Co_3:3  omdat julle duidelik ‘n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart. 
2Co_3:6  wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend. 
2Co_3:8  hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie? 
2Co_3:17  Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. 
2Co_3:18  En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is. 
2Co_4:13  En omdat ons dieselfde Gees van die geloof het—soos geskrywe is: Ek het geglo, daarom het ek gespreek—glo ons ook, daarom spreek ons ook. 
2Co_5:5  Maar Hy wat ons juis hiervoor toeberei het, is God, wat ons ook die Gees as onderpand gegee het. 
2Co_6:6  in reinheid, in kennis, in lankmoedigheid, in vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde; 
2Co_12:18  Ek het Titus gevra en die broeder saamgestuur. Het Titus hom dan ten koste van julle bevoordeel? Het ons nie in dieselfde gees, in dieselfde spore gewandel nie? 
2Co_13:14  (<13>) Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen. 
Gal_3:2  Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? 
Gal_3:3  Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees? 
Gal_3:5  Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? 
Gal_3:14  sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang. 
Gal_4:6  En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader! 
Gal_4:29  maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook. 
Gal_5:5  Want óns verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop. 
Gal_5:16  Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; 
Gal_5:17  want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. 
Gal_5:18  Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie. 
Gal_5:22  Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. 
Gal_5:25  As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel. 
Eph_4:30  En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing. 
1Th_5:19  Blus die Gees nie uit nie. 
2Ti_1:14  Bewaar jou goeie pand deur die Heilige Gees wat in ons woon. 
Heb_10:15  En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis; 

1Jn_4:2 
1Jn_4:3  en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld. 
1Jn_4:6  Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling. 
1Jn_5:6  Dit is Hy wat deur water en bloed gekom het, Jesus die Christus; nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; en dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid. 
1Jn_5:7  Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een; 
1Jn_5:8  en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig. 
Jud_1:20  Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid 

Jesaja 19

Vir 'n opsomming oor PROFETIESE BOEKE, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/p/profetiese-boeke.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE BOEK VAN JESAJA: Jes. 19 ('n Opsomming)
_________________________________________________________________________________

Godspraak oor:  Egipte

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Egipte:
(Isa 19:2)  En Ek sal Egipte teen Egipte ophits, sodat hulle sal veg, elkeen teen sy broer en elkeen teen sy naaste, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk.
-Volgens v. 3 is dit duidelik dat hulle nog nie op daardie stadium die Here dien nie, maar afgode, besweerders, geeste van afgestorwenes, en geeste wat waarse raadpleeg.

(Isa 19:4)  En Ek sal Egipte oorgee in die hand van ‘n harde meester, en ‘n strenge koning sal oor hulle heers, spreek die Here HERE van die leërskare.
-Wanneer hulle in die hand van die harde meester (strenge koning) oorgegee is, sal daar droogte kom, vrot waters en geen visse nie, weivelde en oeste tot niet. Hulle vorste dwaas en Egipte op 'n dwaalweg gebring deur hulle wat die hoekstene van die stamme is.

(Isa 19:17)  En die land Juda sal vir die Egiptenaars ‘n skrik wees: as iemand daarvan melding maak by hulle, bewe hulle vanweë die besluit van die HERE van die leërskare wat Hy teen hulle geneem het.
-Hulle sal bewe en vrees vir die handgeswaai van die Here.  In die die dag:  5 STEDE in EGIPTELAND wat die taal van Kanaan spreek (een van hulle sal genoem word: "stad van verwoesting").

(Isa 19:22)  En die HERE sal die Egiptenaars slaan, slaan en genees; en hulle sal hul tot die HERE bekeer, en Hy sal hulle verhoor en hulle genees.
-In die dag 'n altaar wees vir die Here binne-in Egipteland, en 'n gedenksteen vir die Here by die grens (as teken en getuie vir die Here van die leerskare in Egipteland) - as hulle Hom aanroep, sal Hy hulle red uit die hand van die verdrukkers. Jes. 19:21)  En die HERE sal Hom aan die Egiptenaars bekend maak, en die Egiptenaars sal die HERE ken in dié dag; en hulle sal Hom dien met slagoffers en spysoffers en geloftes doen aan die HERE en dit betaal.

(Isa 19:23)  In dié dag sal daar ‘n grootpad wees van Egipte na Assirië, en Assiriërs sal in Egipte kom en Egiptenaars in Assirië; en Egipte sal saam met Assirië die HERE dien.
- in die dag sal ISRAEL 'N SEEN WEES IN DIE MIDDE VAN DIE AARDE
- in die dag sal ISRAEL DIE DERDE WEES NAAS EGIPTE EN ASSIRIE, omdat die Here hom geseen het:  (Jes. 19:25)  omdat die HERE van die leërskare hom geseën het, met die woorde:

Geseënd is my volk Egipte

en my maaksel Assirië

en my erfdeel Israel
_________________________________________________________________________________

SKRIFGEDEELTE:
_________________________________________________________________________________
(Jes. 19:1)  Godspraak oor Egipte. Kyk, die HERE ry op ‘n vinnige wolk en kom na Egipte toe; en die afgode van Egipte wankel voor sy aangesig, en die hart van Egipte smelt in sy binneste.
(Jes. 19:2)  En Ek sal Egipte teen Egipte ophits, sodat hulle sal veg, elkeen teen sy broer en elkeen teen sy naaste, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk.
(Jes. 19:3)  En die gees van Egipte sal radeloos word in sy binneste, en sy planne sal Ek verwar; dan raadpleeg hulle die afgode en die besweerders en die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê.
(Jes. 19:4)  En Ek sal Egipte oorgee in die hand van ‘n harde meester, en ‘n strenge koning sal oor hulle heers, spreek die Here HERE van die leërskare.
(Jes. 19:5)  En die waters sal uit die groot waterplas verdwyn, en die rivier sal uitdroog en droog lê.
(Jes. 19:6)  En die strome sal stink; die strome van Egipte sal swak word en uitdroog; riet en biesies sal verwelk.
(Jes. 19:7)  Die weivelde by die Nyl, by die mond van die Nyl, en elke saailand van die Nyl sal verdor, verwaai en nie meer wees nie.
(Jes. 19:8)  En die vissers sal klaag, en almal wat hoeke in die Nyl uitgooi, rou bedrywe; en die wat visnette uitsprei oor die waters, sal verkwyn.
(Jes. 19:9)  En die bewerkers van uitgekamde vlas staan beskaamd, en die wewers van wit stowwe.
(Jes. 19:10)  En sy steunpilare word verbrysel; almal wat vir loon werk, sielsbedroef.
(Jes. 19:11)  Die vorste van Soan is net dwase, die raad van Farao se slimste raadgewers het domheid geword. Hoe kan julle vir Farao sê: Ek is ‘n seun van die wyse manne, ‘n seun van die konings uit die voortyd?
(Jes. 19:12)  Waar is hulle dan, jou wyse manne? Laat hulle jou tog te kenne gee, dat ‘n mens kan weet wat die HERE van die leërskare oor Egipte besluit het.
(Jes. 19:13)  Die vorste van Soan het dwase geword, die vorste van Nof is bedroë; Egipte is op ‘n dwaalweg gebring deur hulle wat die hoeksteen van die stamme is.
(Jes. 19:14)  Die HERE het daarin ‘n gees van bedwelming gegiet, en Egipte is op ‘n dwaalweg gebring in al sy werk, soos ‘n dronkaard tuimel in sy uitbraaksel.
(Jes. 19:15)  So is daar dan vir Egipte geen werk wat gedoen word deur kop of stert, palmtak of biesie nie.
(Jes. 19:16)  In dié dag sal die Egiptenaars wees soos die vroue: hulle sal bewe en vrees vir die handgeswaai van die HERE van die leërskare wat Hy teen hulle swaai.
(Jes. 19:17)  En die land Juda sal vir die Egiptenaars ‘n skrik wees: as iemand daarvan melding maak by hulle, bewe hulle vanweë die besluit van die HERE van die leërskare wat Hy teen hulle geneem het.
(Jes. 19:18)  In dié dag sal daar vyf stede in Egipteland wees wat die taal van Kanaän spreek en by die HERE van die leërskare sweer; een sal genoem word: Stad van verwoesting.
(Jes. 19:19)  In dié dag sal daar ‘n altaar wees vir die HERE binne-in Egipteland en ‘n gedenksteen vir die HERE by die grens.
(Jes. 19:20)  En dit sal wees ‘n teken en ‘n getuie vir die HERE van die leërskare in Egipteland; as hulle die HERE aanroep vanweë die verdrukkers, sal Hy aan hulle ‘n redder stuur en ‘n stryder wat hulle sal verlos.
(Jes. 19:21)  En die HERE sal Hom aan die Egiptenaars bekend maak, en die Egiptenaars sal die HERE ken in dié dag; en hulle sal Hom dien met slagoffers en spysoffers en geloftes doen aan die HERE en dit betaal.
(Jes. 19:22)  En die HERE sal die Egiptenaars slaan, slaan en genees; en hulle sal hul tot die HERE bekeer, en Hy sal hulle verhoor en hulle genees.
(Jes. 19:23)  In dié dag sal daar ‘n grootpad wees van Egipte na Assirië, en Assiriërs sal in Egipte kom en Egiptenaars in Assirië; en Egipte sal saam met Assirië die HERE dien.
(Jes. 19:24)  In dié dag sal Israel die derde wees naas Egipte en Assirië, ‘n seën in die midde van die aarde,(Jes. 19:25)  omdat die HERE van die leërskare hom geseën het, met die woorde: Geseënd is my volk Egipte en my maaksel Assirië en my erfdeel Israel!