Wys tans plasings met die etiket barmhartigheid. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket barmhartigheid. Wys alle plasings

Sondag 24 Augustus 2014

...soos ons ook ander vergewe (3)

Vir die eerste 2 dele oor die onderwerp, gaan na:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/soos-ons-ook-ander-vergewe-1.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/soos-ons-ook-ander-vergewe-2.html
-----------------------------------------------------------
(4) -Beteken dit dat wanneer ons iemand vergewe, hulle ook deur            die Here vergewe is?
(l.w. dat ons spes. praat van gelowiges)
 Vergifnis is altyd onderwerp aan die Here se reels (nie ons reels nie!).  Die "mag" wat die Christen verkry om "sondes te vergewe", gaan nie oor die mens se wil nie, maar oor die Here se wil! Waar 'n gelowige bv. stap in "sonde tot die dood", kan ek nie vir hom jok deur te se dat sy sondes afgewas is in die bloed van Christus (asof ek hom vryspreek), maar inteendeel word gelowiges in die Skrif beveel om nie eens te bid vir so iemand nie... 'n Christen wie se sondes afgewas is, maar hy't weer begin stap in sonde tot die dood, is op 'n baie gevaarlike paadjie. So 'n gelowige staan die gevaar dat hy afgesny kan word sou hy nie terugkeer na die Here, en hom bekeer van daardie werke/sonde nie.  Daardie gelowige moet eers tot berou kom en dit bely (hom bekeer), voor hy vergifnis van sondes kan ontvang by die Here. 

Waar iemand hom bekeer en die Christen hom vergewe, verklaar die gelowige eintlik maar net dat hy deur die Here vergewe is - dit is die Here wat sondes vergewe - die mag wat die Christen verkry is onderwerp aan die Here se reels rondom vergifnis (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/wat-julle-op-die-aarde-bind-sal-in-die.html). As daardie sonde teen my is, kan ek besluit ek vergeef hom outomaties, maar ek kan nie vir hom se dat hy ook deur die Here vergewe is as hy nie die Here se voorwaardes nagekom het nie! Inteendeel, ons doen ander 'n guns wanneer ons weier om hulle te vergewe voor hulle berou het, want dan dwing dit hulle om die regte ding te doen (so 'n persoon kan tot berou kom en vergifnis van sonde by die Here ontvang).  Maar as ek hom vergewe sonder die Here se voorwaardes, dan gaan hy dalk nooit vergifnis vir daardie sonde ontvang nie! (omdat hy die genade kan misbruik en weier om hom te bekeer van sy sonde).  

Kom ons kyk na 'n vb in die Skrif:

-  bv. in die geval van "Alexander wat vir Paulus baie kwaad aangedoen het"-
2 Tim. 4.  - IN HIERDIE GEVAL WORD DIESELFDE BARMHARTIGHEID VAN ONS VERWAG (as wat die Here aan ons bewys)-MAAR NATUURLIK MET VOORWAARDES! DAAR WORD VAN GELOWIGES VERWAG OM ALLE SONDES DAAGLIKS TE BELY TEENOOR DIE HERE (so het Jesus ook vir ons geleer in die Onse Vader), MAAR OP DIESELFDE WYSE MOET ONS OOK DAAGLIKS SONDES "TEENOOR MEKAAR" BELY! (Jak. 5:16; Matt. 5:23,24), M.A.W. WAAR 'N BROEDER "WETEND" TEEN 'N ANDER BROEDER SONDIG (DAN MOET HY BELY OF BEROU TOON VIR DIE SONDE WAT HY TEEN 'N ANDER GEPLEEG HET). In hierdie geval praat ons nie van onwetende sonde nie, maar van iemand wat alreeds tot insig gekom het of die waarheid gehoor het, maar kies om voort te stap in die sonde - hy kies bv. om die waarheid steeds tee te staan, of kies om steeds kwaad te spreek van 'n ander broeder ens.  So het Alexander bv. "wetend" baie kwaad aan Paulus gedoen.  Paulus vergewe hom nie onvoorwaardelik nie, maar verwag van hom om hom te bekeer daarvan!  Omdat Alexander hom nie wil bekeer nie/nie berou het nie, se Paulus die volgende:(2Ti 4:14)  Alexander, die kopersmid, het my baie kwaad aangedoen. Mag die Here hom vergeld na sy werke! En hy gaan selfs verder en waarsku Timotheus teen Alexander (net soos Jesus die dissipels gewaarsku het teen die suurdeeg van sommige Skrifgeleerdes en Fariseers!):  

(2Ti 4:15)  Jy moet ook vir hom oppas, want hy het ons woorde sterk teëgestaan. Tog lyk dit of Paulus meer barmhartigheid het vir die wat hom nie bygestaan het toe hy dit nodig gehad het nie, maar hy weet nie of die Here daardie selfde barmhartigheid aan hulle sal bewys nie!: (2Ti 4:16)  In my eerste verdediging het niemand my bygestaan nie, maar almal het my verlaat. Mag dit hulle nie toegereken word nie!  Dit wys daarop dat, al vergewe ons, beteken dit nie dat die persoon outomaties deur die Here ook vergewe is nie (tensy die persoon wel die Here se voorwaardes nakom, en die gelowige dan kan vergewe ter wille van die Here).
-----------------------------------------------------------

(5)     -Het die Christen "mag" verkry "om te vergewe" (soos Johannes die
             doper)?; 
            of die mag om "sondes te hou"? 


(Joh 20:22,23 - "En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees. As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou"). 
 (M.a.w.,  die wat die evangelie wat hulle bring, aanneem en hulle bekeer, sal vergifnis ontvang (word vergewe), maar die wat dit nie aanneem nie, sal nie vergifnis ontvang nie (word nie vergewe nie)). 


In hierdie geval is dit vergifnis wat deur die gelowige gegee word, maar van die Here ontvang word; of vergifnis wat nie gegee word nie, en nie ontvang word nie. Jesus Christus het die mag om sondes te vergewe - die kind van God wat gevul is met die Gees, kan in Sy Naam sondes vergewe, sodat iemand nie onder oordeel val vir sy sonde nie (alhoewel vergifnis van sondes nodig is sodat jy nie onder oordeel val nie, verkry iemand nie outomaties saligheid wanneer sy sondes vergewe is nie - waar iemand die Here dien en nie meer die sonde nie (geloof), kan hy saligheid verkry - waar iemand egter nog steeds die sonde dien, bewys hy dat hy nie regtig glo nie, en sal onder oordeel val.  Vgl. dit met die tema van "sonde tot die dood"). 


Hoekom kry die gelowige hierdie "mag"?  -omdat hy die Heilige Gees van God in hom het - gebore is uit God!, maar hierdie "mag" is onderwerp aan die Here se wil;  die Christen het nie die mag om sondes te vergewe, wat nie deur die Here vergewe word nie!  Die Christen se "mag" om te vergewe, moet geskied volgens die Here se reels oor vergifnis - ons kan nie vergifnis gee waar die Here nie vergifnis sal gee nie - iemand moet bv. eers "bekeer" voor sy sondes afgewas kan word (altans, voor die gelowige in die Naam van die Here sy sondes kan vergewe).  Waar iemand homself verhard en die evangelie of die waarheid wegwys, kan sy sondes "gehou" word. Of waar 'n gelowige bv. die sonde weer begin dien en stap in "sonde tot die dood", word die Christen selfs beveel om nie eens vir so iemand te bid nie!  Ons kan slegs vergewe op die Here se voorwaardes.

Die gelowige wat die Gees van God het, het mag om sondes te vergewe, maar hierdie "mag" is onderwerp aan die Here se reels - m.a.w., die gelowige kan nie iemand vergewe wat nie deur die Here vergewe word nie!, en al sou hy ook vergewe, beteken dit nie dat daardie persoon ook deur die Here outomaties vergewe is nie.
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/wat-julle-op-die-aarde-bind-sal-in-die.html 
-----------------------------------------------------------
 (6)  -Daar is bepaalde voorwaardes voor die Here iemand vergewe. 
         -Beteken dit dat ons ook nie almal hoef te vergewe, wat nie die 
          voorwaardes nakom nie? 
         -Mag ons iemand se sondes "hou"?

Waar iemand "wetend" teen ons sondig, word "berou" vereis voor hy vergifnis kan ontvang.
*  (Mar 4:12)  "sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie".  Dit is duidelik dat Jesus nie sondes vergewe waar verharde harte in die prentjie is nie!  Iemand wie se hart verhard is, sondig "wetend", m.a.w. in sy kop weet hy wat is reg, maar hy wil nie die regte ding doen nie, en kry ook nie berou daaroor nie!  (hy kom in opstand teen die Here, teen die waarheid of teen Sy Gees).  In hierdie geval WEET HULLE GOED WAT HULLE DOEN! 
------------------------------------------------


 "Bekering" is 'n voorvereiste om vergifnis te ontvang, en BELYDENIS VAN SONDE (Luk. 17:4) en BEROU (Luk. 17:3) is tekens daarvan dat iemand hom bekeer van daardie sonde - dan moet dit altyd vergewe word.  Enige iemand wat hulle bekeer tot die Here, word vergewe - net so moet ons ook ander vergewe wat bely dat hulle gesondig het teen ons, of berou het oor hulle sonde.  Waar iemand "wetend" teen ons sondig, word dit nie van ons verwag om hom te vergewe nie, tensy hy berou het maar as hy bely of berou het, word dit van ons verwag om barmhartig te wees en te vergewe - ons moet GOU WEES OM VRY TE SPREEK! - as ons nie vryspreek (in 'n geval waar die Here sal vryspreek nie), dan sal die Here ons ook nie vergewe nie! 

(Luk 17:3,4)  Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom. En as hy sewe maal op ‘n dag teen jou sondig en sewe maal op ‘n dag na jou terugkom en sê: Ek het berou—moet jy hom vergewe. DIT DAN DIE REDE VIR "BESTRAFFING" IN HIERDIE SKRIFGEDEELTE, IS SODAT DIE BROEDER WAT GESONDIG HET TEEN IEMAND, BEROU KAN KRY! (want as hy nie berou kry nie, sal hy nie vergewe word nie, en dan kan die Christen hom ook nie vergewe nie).  Maak nie saak hoeveel keer hy teen jou sondig nie, solank hy berou het, MOET JY HOM VERGEWE! (want die Here sal hom dan vergewe).
Volgens Hand. 2:38 is bekering nodig om vergifnis te ontvang.

(Mat 5:23)  "As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het,(Mat 5:24)  laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe".  Hierdie lyk soos 'n geval waar iemand teen sy broeder gesondig het, en sy broeder daarom "iets teen hom hou" (V.25), maar wat word bedoel met "gawe na die altaar bring"? Hierdie was nie die gawes (soos tiende) wat in die skatkis gegooi was nie, maar gawes wat gebring was na die "altaar" -(vgl. dit met Matt. 8:4 - hierdie gawe het behels 'n ritueel en offer waarin die persoon geheilig word - die persoon moes 'n offer bring sodat daar VIR HOM VERSOENING GEDOEN KON WORD BY DIE HERE!)
-(Matt. 23:19 - hierdie gawe was 'n "offer" wat bo-op die altaar gele is, om dit te heilig... - vgl. dit met Eks. 39:35-46) 
-(Deut. 16:16,17 - gawes volgens die werk van hulle hande)...
"Gawe" het dus verwys na enige tipe offer wat na die Here toe gebring word, hetsy om versoening te doen, of om dankie te se......(Lev. 14:11; Lev. 22; Num. 5:9;  ens.).  AS 'N BROEDER NOU KOM OM SELF VERGIFNIS TE VRA BY DIE HERE (versoening te doen vir sy eie sondes), MAAR NOG NIE REGGEMAAK HET MET 'N ANDER BROEDER TEEN WIE HY GESONDIG HET NIE, DAN VERWAG DIE HERE DAT HY EERS MET DIE BROEDER GAAN REGMAAK VOOR HY KOM VERGIFNIS VRA!   (DIE HERE AANVAAR NIE OFFERGAWES TERWYL IEMAND IN SONDE STAP NIE! - Jes. 1:10-17; Amos 5:21-24). (Hos 6:6 - "Want Ek het ‘n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers") - iemand moenie dink dat hy die Here kan behaag deur offerande, maar hy het nie liefde vir sy naaste nie! - jy kan nie maak wat jy wil en sondig teen 'n broeder, en dink dat die Here jou offer gaan aavaar, al het jy nie eers gaan regmaak met jou broer nie!
  Hy word ook beveel om  gou goedgesind te wees teenoor sy teëparty (v.25),  sodat die teëparty hom nie miskien oorgee aan die regter en die regter hom oorgee aan die geregsdienaar en hy in die gevangenis gewerp word nie (in hierdie geval is dit ook duidelik dat hierdie sonde kan veroorsaak dat hy in groter moeilikheid kom).

(Mat 18:35)  So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie.
IN MATT. 18 VERTEL JESUS HOE ONS ONS BROEDERS OOR EN OOR MOET VERGEWE (70 x 7 keer...).  HY VERTEL OOK 'N VERHAAL OM WAT HY DAARMEE BEDOEL, BETER TE VERDUIDELIK (in hierdie geval moet ons GENADIG wees teenoor mekaar, en GOU OM VRY TE SPREEK, maar l.w. hoe die skuldige ook elke keer OM VERGIFNIS GEVRA HET!):
(Mat 18:23)  Daarom word die koninkryk van die hemele vergelyk met ‘n sekere koning wat met sy diensknegte wou afreken.
(Mat 18:24)  En toe hy begin afreken, word daar een na hom gebring wat tien duisend talente skuldig was.
(Mat 18:25)  En omdat hy nie kon betaal nie, gee sy heer bevel dat hy verkoop moet word, en sy vrou en sy kinders en alles wat hy het, en dat betaal moet word.
(Mat 18:26)  Toe val die dienskneg neer en buig voor hom en sê: Heer, wees lankmoedig met my, en ek sal u alles betaal.
(Mat 18:27)  En die heer van daardie dienskneg het innig jammer vir hom gevoel en hom losgelaat en hom die skuld kwytgeskeld.
(Mat 18:28)  Maar toe daardie dienskneg uitgaan en een van sy medediensknegte vind wat hom honderd pennings skuldig was, het hy hom aan die keel gegryp en gesê: Betaal my wat jy skuld.
(Mat 18:29)  Sy mededienskneg val toe voor sy voete neer en smeek hom en sê: Wees lankmoedig met my, en ek sal jou alles betaal.
(Mat 18:30)  En hy wou nie, maar het gegaan en hom in die gevangenis gewerp totdat hy die skuld sou betaal het.
(Mat 18:31)  En toe sy medediensknegte sien wat gebeur het, was hulle baie bedroef, en hulle het gegaan en aan hulle heer meegedeel alles wat gebeur het.
(Mat 18:32)  Daarop roep sy heer hom en sê vir hom: Jou slegte dienskneg, al daardie skuld het ek jou kwytgeskeld, omdat jy my gesmeek het;
(Mat 18:33)  moes jy nie jou mededienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie?
(Mat 18:34)  En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was.
(Mat 18:35)  So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie.

VERGELYK DIT MET: -(Luk 11:4)  en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.
en
(Ef. 4:32)  Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.

VERGELYK DIT OOK MET: (2 Kor. 2:7)  sodat julle daarenteen hom liewer moet vergewe en vertroos, dat so iemand nie miskien deur al te groot droefheid verteer word nie.........................(2 Kor. 2:10)  Aan wie julle iets vergewe, vergeef ek ook; want wie ek ook vergeef het—as ek iets vergeef het—dit was om julle ontwil voor die aangesig van Christus, sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie" - DIT IS DUIDELIK DAT DIE PERSOON BEROU GEHAD HET! (deur die bestraffing, wat natuurlik die doel van bestraffing is!).

ENIGE TIPE VAN LASTERING MOET ERNSTIG HANTEER WORD!:
In 'n brief aan Timotheus, het Paulus die volgende geskryf: (1Ti 1:20)  "onder wie daar is Himenéüs en Alexander, wat ek aan die Satan oorgegee het, sodat hulle kan leer om nie te laster nie".  - Paulus het hulle nie vergewe nie, maar "aan die Satan oorgegee".(2Ti 4:14)  Alexander, die kopersmid, het my baie kwaad aangedoen. Mag die Here hom vergeld na sy werke!  - Nie net weier hy om Alexander te vergewe nie, maar hy waarsku ook vir Timotheus teen Alexander(2Ti 4:15)  "Jy moet ook vir hom oppas, want hy het ons woorde sterk teëgestaan".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(2Co 2:6)  Vir so iemand is daardie bestraffing deur die meerderheid genoeg;

(2Co 2:7)  sodat julle daarenteen hom liewer moet vergewe en vertroos, dat so iemand nie miskien deur al te groot droefheid verteer word nie.

(2Co 2:10)  Aan wie julle iets vergewe, vergeef ek ook; want wie ek ook vergeef het—as ek iets vergeef het—dit was om julle ontwil voor die aangesig van Christus, sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie;
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Maandag 28 Julie 2014

Wees niemand iets verskuldig nie

Die tema van leen/uitleen kan saam met hierdie behandel word:  http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/leenuitleen.html
========================================================================

Ons het gesien onder die onderwerp van "om te leen" of "uit te leen" in die Bybel, leen/uitleen geensins iets is om oor skaam te voel nie;  inteendeel, daar was selfs wette rondom die onderwerp ingestel! JESUS HET OOK VIR ONS GELEER DAT ONS BARMHARTIG MOET WEES EN BEREID OM AAN MEKAAR UIT TE LEEN:  Matt. 5:42  "Gee aan hom wat jou iets vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie" (natuurlik is dit in konteks met "die wat behoeftig is. nie die wat begeer nie!"). 
 Maar hoe moet ons dan verstaan wat bedoel word in Rom. 13:8 -  "Wees aan niemand iets skuldig nie..."?

Wanneer ons die skrif in konteks lees, sal ons sien hoekom dit gese is.  DIT IS NIE GESE OMDAT ONS NIE MAG UITLEEN OF LEEN NIE, MAAR OMDAT ONS MOET ONTHOU OM TE BETAAL WAT ONS SKULD! En dit gaan ook nie net oor om vir iemand "geld" terug te betaal wat geskuld word nie, maar spes. oor wat iemand anders toekom, bv. eer of vrees wat moet bewys word aan wie dit toekom.
 Dit is dus nie verkeerd van iemand om te leen nie, maar ons moet seker maak dat ons dit terugbetaal.  So, in konteks gaan die gedeelte veral oor "DAT ONS MOET BETAAL WAT VAN ONS VERWAG WORD", bv. belasting - MAAR NIE NET WAT GELDE AANBETREF NIE, MAAR OOK DINGE SOOS RESPEK EN EER.  Dit gaan ook daaroor dat wanneer jy iemand nie betaal wat hom toekom nie, dan moet jy vrees, want dan is jy verkeerd - en dan het jy nie liefde vir jou naaste nie.

LEES ROM. 13:1-10 IN KONTEKS:
(Rom 13:1)  Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel,
(Rom 13:2)  sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang.
(Rom 13:3)  Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. Maar wil jy die mag nie vrees nie, doen wat goed is, en jy sal lof van hom ontvang;
(Rom 13:4)  want hy is ‘n dienaar van God, jou ten goede. Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is ‘n dienaar van God, ‘n wreker om die een wat kwaad doen, te straf.
(Rom 13:5)  Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp, nie alleen ter wille van die straf nie, maar ter wille van die gewete.
(Rom 13:6)  Want daarom betaal julle ook belastings; want hulle is dienaars van God wat juis hiermee voortdurend besig is.
(Rom 13:7)  Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.
(Rom 13:8)  Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul.
(Rom 13:9)  Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
(Rom 13:10)  Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.
(Vgl. dit met 1 Pet. 2:13-15).
ONS MOET M.A.W. SEKER MAAK DAT ONS BETAAL AAN ANDER, WATOOKAL HULLE TOEKOM (WANT DIT IS LIEFDE!). As jy weier om iemand te betaal wat hom toekom, dan is dit nie liefde nie;  HETSY ONS PRAAT VAN GELD, TOL, EER, RESPEK...watookal die persoon toekom.  Wanneer jy by iemand leen, dan doen jy nie die persoon kwaad nie, want hy wil ook vir jou help, maar as jy nie terugbetaal WAT HOM TOEKOM nie, dan doen jy hom kwaad en is jy verkeerd en het jy nie jou naaste lief nie. Net so, as jy nie vir iemand die eer gee wat hom toekom nie, dan doen jy kwaad.  Alles moet in liefde geskied.  (Daarom mag ons nie egbreek, of doodslaan, of steel, of valse getuienis gee, of begeer nie!  -  op dieselfde wyse gaan jy jou naaste kwaad doen as jy weier om hul te gee wat hul toekom!). 
(Luk 20:25)  "Toe sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom".
========================================================================

ANDER SKRIFTE:

(Mat 17:24)  En toe hulle in Kapérnaüm kom, het die wat die tempelbelasting ontvang, na Petrus gegaan en gesê: Betaal julle Meester nie die tempelbelasting nie?
(Mat 17:25)  Hy antwoord: Ja. En toe hy in die huis inkom, was Jesus hom voor en sê: Wat dink jy, Simon? Van wie neem die konings van die aarde tol of belasting—van hulle seuns of van die vreemdelinge?
(Mat 17:26)  Petrus antwoord Hom: Van die vreemdelinge. Jesus sê vir hom: Dan is die seuns vry.
(Mat 17:27)  Maar dat ons hulle geen aanstoot mag gee nie, gaan na die see toe, gooi ‘n hoek uit en neem die eerste vis wat opkom; en as jy sy bek oopmaak, sal jy ‘n stater kry; neem dit en gee dit aan hulle vir My en vir jou.

(Deu 24:14)  Jy mag ‘n arm en behoeftige dagloner uit jou broers of uit jou vreemdelinge wat in jou land in jou poorte is, nie verdruk nie.

(Pro 3:27)  Hou ‘n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.

(Mat 7:12)  Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.

"EER AAN DIE WAT EER TOEKOM":
(Eks. 20:12)  Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.

(Ef. 6:2)  Eer jou vader en jou moeder—dit is die eerste gebod met ‘n belofte—

(1Ti 5:17)  Laat die ouderlinge wat goed regeer, dubbele eer waardig geag word, veral die wat arbei in woord en leer.

(1Ti 6:1)  Almal wat diensknegte is onder ‘n juk, moet hulle eie here alle eer waardig ag, sodat die Naam van God en die leer nie belaster mag word nie.

(1Pe 2:17)  Julle moet almal eer, die broederskap liefhê, God vrees, die koning eer.

(Lev 19:32)  Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van ‘n grysaard eer; en jy moet jou God vrees. Ek is die HERE.

(1Pe 3:7)  Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is—sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.

(Ef. 5:33)  In alle geval moet elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefhê net soos homself, en die vrou moet die man eerbiedig.
========================================================================

AAN DIE ANDER KANT WORD DAAR VAN DIE GELOWIGE WAT UITLEEN, VERWAG DAT HY NIE MOET UITLEEN MET DIE HOOP OM TERUG TE ONTVANG NIE (Luk. 6:34,35), MAAR DIT IS NIE VIR DIE PERSOON WAT "LEEN" OM TE BESLUIT OF DIT TERUGBETAAL WORD OF NIE -   ONS MOET IEMAND BETAAL WAT HOM TOEKOM! 

Donderdag 20 Maart 2014

Leen/Uitleen

In hierdie blogpost gaan ons spes. kyk na die onderwerp van "leen", of "uitleen", en kan gerus saam met die onderwerp van barmhartigheid behandel word - ( http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/barmhartigheid.html ); asook die onderwerp van "wees niemand iets verskuldig nie" - (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/wees-niemand-iets-verskuldig-nie.html).

- IS DIT REG OM GELD OF ENIGE IETS ANDERS VAN IEMAND TE LEEN?
- WATTER WETTE WAS IN PLEK RONDOM DIE ONDERWERP VAN "LEEN/UITLEEN"?
- EN IS DIT BV. REG OM RENTE TE TREK OP GELD WAT UITGELEEN WORD?
========================================================================

Die onderwerp van "om te leen" of "uit te leen" in die Bybel, was geensins iets om oor skaam te voel nie!  Inteendeel, daar was selfs wette rondom die onderwerp ingestel, bv.: 

- Eks. 22:25 - "As jy aan my volk, aan die arme by jou, geld leen, mag jy vir hom nie soos ‘n skuldeiser wees nie: julle mag hom geen rente oplê nie";  
- Deut.24:10-12 - "As jy aan jou naaste enigiets leen, mag jy in sy huis nie ingaan om sy pand te gaan haal nie, buite moet jy bly staan, en die man aan wie jy geleen het, moet die pand vir jou buitentoe uitbring. En as hy ‘n arm man is, moet jy met sy pand nie gaan slaap nie.........
- Deu 15:1-3 - "Aan die einde van sewe jaar moet jy ‘n kwytskelding laat plaasvind. En dit is die saak van die kwytskelding: elke skuldeiser moet kwytskeld wat hy aan sy naaste geleen het; hy moet sy naaste en sy broer nie aanmaan nie, want tot eer van die HERE is daar ‘n kwytskelding uitgeroep. Die uitlander mag jy aanmaan; maar wat jy by jou broer het, moet jou hand kwytskeld".

Wanneer iemand iets geleen het en dit kry 'n ongeluk of iets, moes dit vergoed word aan die persoon van wie hy geleen het:  
-Eks. 22:14 - "En as iemand van sy naaste iets te leen vra, en dit kry ‘n ongeluk of gaan dood terwyl die eienaar daar nie by is nie, moet hy ten volle vergoeding gee".  Kyk die wonderwerk wat Eseg. vir die profete seuns gedoen het in 2 Kon. 6 toe iets wat geleen is onder die water verdwyn - 2 Kon. 6:1-7).  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

JESUS SELF HET VIR ONS GELEER DAT ONS BARMHARTIG MOET WEES EN BEREID OM AAN MEKAAR UIT TE LEEN:

Matt. 5:42  "Gee aan hom wat jou iets vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie" - natuurlik is dit in konteks met "die wat behoeftig is. nie die wat begeer nie!" (Eks. 20:17 -  "Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie....).  Oral in die Skrif was die konteks van uitleen, aan die behoeftiges (Deut. 15:8).  ONS MOET VERSIGTIG WEES WAAR "LEEN" TE DOEN HET MET "OPGAAR VAN BESITTINGS", "BEGEERTES" en "SELFSUG".......! -  http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/02/gee-aan-hom-wat-jou-iets-vra.html.  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die regverdige ontferm hom oor ander en leen aan die wat behoeftig is, maar die goddelose, alhoewel self leen, ontferm hom nie in die tyd van 'n ander se nood nie!

Psa_37:21  "Lamed. Die goddelose leen en gee nie terug nie, maar die regverdige ontferm hom en gee" 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE HERE VERWAG VAN ONS OM BARMHARTIGHEID TE BEWYS 
(- hierdie was nie net 'n O.T. begrip nie!)
DAAR WAS BAIE WETTE IN PLEK ONDER DIE VOLK OM SEKER TE MAAK DAT DIE ARMES NIE VERDRUK WAS NIE, (BV. DAT DIE BEHOEFTIGES DIESELFDE DAG HULLE LOON moes KRY); 
 OF DAT DAAR, WANNEER GEOES WORD, VAN DIE OES AGTERGELAAT moes WORD VIR DIE BEHOEFTIGES, (BV. WANNEER HULLE OLYWE GEOES HET, MAG HULLE NIE IN DIE TAKKE RONDSOEK OM DIT HEEL SKOON AF TE OES NIE, sodat daar oorbly vir die behoeftiges)    - SELFS WANNEER IEMAND 'N GERF VERGEET HET OP DIE LAND, MAG HY NIE OMGEDRAAI HET OM DIT TE GAAN HAAL NIE, SODAT DIT VIR DIE "VREEMDELING EN DIE WEES EN WEDUWEES KON WEES" (Deu 24:14-22). 
Deut.15:8 - "Maar jy moet jou hand wyd oopmaak vir hom, en jy moet gewillig aan hom leen, genoegsaam vir sy behoefte, wat hom ontbreek". 

En l.w. dat die barmhartigheid nie net bewys moes word aan bekendes nie, maar ook aan vreemdelinge!

Spr. 19:17 - "Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die HERE; en Hy sal hom sy weldaad vergelde".
('n Goeie vb. van die uitvoering van hierdie wette, kan gesien word in die boek van Ester).
DIT IS JUIS DIE PERSOON WAT BARMHARTIG WAS - EN UITGELEEN HET AAN DIE BEHOEFTIGE - WAT GESEEN WAS! -(Psa 112:5)  "Tet. Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen, Jod. wat sy sake volgens reg besorg".
Psa_37:26  Die hele dag ontferm hy hom en leen uit, en sy nageslag is ‘n seën.  - VGL. HIERDIE MET DIE ONDERWERP VAN BARMHARTIGHEID: http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/ek-wil-barmhartigheid-he-en-nie.html;  en  http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/barmhartigheid.html. Wanneer Jesus Christus terugkom, gaan Hy die skape en die bokke skei (skeiding tussen die wat barmhartigheid betoon het, en die wat nie barmhartigheid betoon het nie).
Bestudeer gerus die gelykenis in Luk. 19:11-27, 'n gelykenis wat Jesus vir hulle vertel het oor hoe die dienaars moet woeker met die geld wat Hy vir hulle gegee het, sodat dit rente trek, maar een dienskneg het sy geld weggesteek - Jesus se antwoord aan hom:  (Luk 19:23)  "Waarom het jy dan nie my geld aan die wisselaars gegee nie? Dan kon ek dit by my koms met rente ingevorder het".  - Net soos die persoon wat rente trek op geld wat hy uitleen, so trek ons rente wanneer ons barmhartigheid bewys en aan ander uitleen.  (Joh 4:36)  En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees. Net so gee die Here vir ons ook "ponde" - vir die een 10, en die ander een 5, en 'n ander 1, sodat ons moet handel dryf daarmee.  As iemand dit nou alles vir homself hou (soos die dienaar wat dit weggesteek het), gaan hy nie rente verdien nie! - (Luk 19:22)  "Toe sê hy vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg! Jy het geweet dat ek ‘n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie.Die rede hoekom iemand "meer ontvang" as 'n ander, is omrede vir barmhartigheid! - Spr. 28:8 - "Wie sy goed vermeerder deur rente en deur woeker, maak bymekaar vir een wat hom oor die armes sal ontferm". Die Christen moet glad nie begeer om ryk te word nie, en as hy "ryk word", moet sy doel reg wees!  Die gevalle in die Skrif waar "opgaar" toelaatbaar was (bv. in die geval van Josef), was die rede omdat daar maer jare voorgele het - dus, om vir die behoeftiges te sorg (Gen. 41:33-36), of bv. om vir die kinders te sorg (2 Kor. 12:14).  Waar iemand al "sy" geld vir homself hou, terwyl broeders rondom hom in armoede lewe, moet so 'n persoon nie dink dat hy besig is om "vrug te vergader vir die ewige lewe" nie!!! (hy is besig om sy pond weg te steek).  Kyk weer na die gelykenis van die ryk man in Luk. 12, wie se grond goed gedra het... 
WAAR ONS WOEKER MET DIT WAT DIE HERE VIR ONS GEE (m.a.w. om nie terug te hou nie, maar te sorg vir die armoediges, en uit te leen aan die behoeftiges), raak ons ryk in die Here (verdien rente / vrug vir die ewige lewe) daarom verklaar Jesus dat die wat "eerste is, laaste sal wees, en die wat laaste is, eerste (Matt. 19:30).
(Luk 6:20)  Toe slaan Hy sy oë op oor sy dissipels en sê: Salig is julle, armes, want aan julle behoort die koninkryk van God.
(Luk 6:21)  Salig is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Salig is julle wat nou ween, want julle sal lag.
(Luk 6:22)  Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.
(Luk 6:23)  Wees bly in daardie dag en spring op, want kyk, julle loon is groot in die hemel, want hulle vaders het net so aan die profete gedoen.
(Luk 6:24)  Maar wee julle, rykes, want julle het jul troos weg.
(Luk 6:25)  Wee julle wat vol is, want julle sal honger ly. Wee julle wat nou lag, want julle sal treur en ween.
(Luk 6:26)  Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen.



VGL. ook HIERDIE MET: (Mar 10:21 - "En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Een ding kom jy kort—gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My") - ... Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie... (Matt. 9:13)  http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/ek-wil-barmhartigheid-he-en-nie.html.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
'n Deel van die volk se seen, was dat hulle nie sal hoef "te leen" nie, maar dat hulle eerder die sal wees wat "uitleen".  Deut. 15:6  "Want die HERE jou God seën jou soos Hy jou beloof het, sodat jy aan baie nasies sal uitleen, maar self nie hoef te leen nie; en jy sal oor baie nasies heers, maar oor jou sal hulle nie heers nie".  Dit is omdat hulle "aan beheer" sal wees en oor baie nasies heers - die een wat leen, is soos 'n slaaf, maar die een wat uitleen, is die een in beheer (Spr. 22:7 - "Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is ‘n slaaf van die man wat uitleen").  Wanneer die Here die volk beveel het om barmhartig te wees, en uit te leen aan die behoeftiges, was dit veral in die konteks van "hoe hulle moet onthou hoe hulle slawe was in Egipte".  Daar was hulle die behoeftiges, die slawe - daar was oor hulle geheers. Dit beteken nie dat dit 'n skande is om op die plek te wees waar iemand anders oor jou heers, en jy die een is wat moet leen nie, maar die Here sal dit verander vir die wat Hom gehoorsaam en in Hom bly -  - DEEL VAN DIE  BELOFTE AAN DIE KINDERS VAN DIE KONINKRYK, IS DAT HULLE SO GESEEN SAL WEES, DAT HULLE NIE MEER SAL LEEN NIE, MAAR DIE SAL WEES WAT UITLEEN - Deut. 28:12 "Die HERE sal sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak om die reën van jou land op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën; en jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie".   Wanneer ons in hierdie lewe ervaar dat ons op die plek is waar ons moet leen, en behoeftig is, moet ons nie moed verloor nie, want:  (Luk 6:20 - "Toe slaan Hy sy oë op oor sy dissipels en sê: Salig is julle, armes, want aan julle behoort die koninkryk van God").

Die een wat leen, is m.a.w. die ondergeskikte.  Deel van die vloek wat op die volk sou kom, sou hulle nie die Here gehoorsaam nie, is dat die vreemdeling by hulle hoër en hoër sou opklim oor hulle; en hulle laer en laer afsak - dit sou beteken dat hulle oor die volk sal heers, en die volk dus in die posisie wees waar hulle nie uitleen nie, maar self moet leen!  (Deu 28:43,44).  MAAR ONS MOET VERSIGTIG WEES OM HIERDIE EEN SKRIF TE NEEM AS 'N VB. OM TE BEWYS DAT IEMAND WAT IN SO 'N POSISIE VERKEER, "VERVLOEK" IS! - NEE, OM ARM EN BEHOEFTIG TE WEES, WORD GLAD NIE AS 'N VLOEK BESKRYF IN DIE N.T. NIE - OOK NIE AS 'N SKANDE NIE!  Bestudeer gerus my blogpost getiteld: http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseende.html.  "Geseend" beteken nie noodwendig dat iemand volop het nie!  Selfs Paulus skryf oor hoe baie hy verdrukking moes ly, en honger gely het..... http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/sou-jy-paulus-nog-respek-betoon.html.....Die kind van die koninkryk is nie op die oomblik besig om te heers nie!, maar dit sal verander wanneer Jesus terugkom;  dan sal die kinders van die koninkryk die wees wat uitleen (en nie hoef te leen nie)!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ons voel somtyds aardig om iets by iemand te gaan leen wanneer in nood, maar die Here kan selfs daardie geleende goed gebruik om vir jou 'n wonderwerk te doen!:
2Kon. 4:3  "En hy sê: Gaan leen vir jou van buite af kanne, leë kanne van al jou bure; leen nie te min nie".

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wette rondom "uitleen":
Dit is verkeerd om rente te trek wanneer jy aan 'N BROEDER uitleen:
 Eks. 22:25 - "As jy aan my volk, aan die arme by jou, geld leen, mag jy vir hom nie soos ‘n skuldeiser wees nie: julle mag hom geen rente oplê nie";  
Neh. 5:7 - "En ek het by myself beraadslaag en met die edeles en die leiers getwis en aan hulle gesê: Julle leen uit op woeker, elkeen aan sy broer! En ek het ‘n groot vergadering teen hulle belê".  

-NIE DAT "RENTE TREK" ALTYD VERKEERD IS NIE! -(Spr. 28:8) , MAAR IN DIE GEVAL VAN WAAR JY AAN 'N BROEDER LEEN, IS DIT VERKEERD OM RENTE TE TREK;  DIT was bv. NIE VERKEERD OM RENTE TE TREK WANNEER UITLEEN AAN 'N VREEMDELING NIE! (Deu 23:19)  Jy mag jou broer geen rente oplê nie, rente van geld, rente van eetware, rente van enigiets wat ‘n mens teen rente uitleen nie.(Deu 23:20)  Die uitlander mag jy rente oplê, maar jou broer mag jy geen rente oplê nie, sodat die HERE jou God jou kan seën in alles waar jy jou hand aan slaan in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem. - MAAR IN DIE GEVAL VAN 'N BEHOEFTIGE BROEDER, BUIT JY JOU BROEDER UIT EN LE 'N LAS OP HOM DEUR RENTE TE TREK, IN PLAAS VAN OM BARMHARTIGHEID TE BEWYS.  AS IEMAND SE REDE OOK REG IS HOEKOM HY RENTE TREK (m.a.w. vir die doel om barmhartigheid te bewys), DAN SAL HY TOG NOU NIE RENTE TREK OP IEMAND AAN WIE HY BARMHARTIGHEID BEWYS NIE!

'n Vers wat maklik verkeerd verstaan word, is Eseg. 18:13.  Wanneer jy dit alleen lees, lyk dit of dit iemand verbied om enigsins te "leen op rente", maar lees jy dit in konteks, is dit duidelik dat dit eerder verwys na mense wat "uitleen" op rente!  Eseg. 18:8 - " nie leen op rente en geen woeker neem nie; sy hand terughou van onreg, eerlike regspraak oefen tussen man en man".......Eseg. 18:13 - "op rente leen en woeker neem—sal hy lewe? Hy sal nie lewe nie; al hierdie gruwels het hy gedoen; hy moet sekerlik gedood word; sy bloedskuld is op hom". INTEENDEEL, HIERDIE SONDE (van rente eis van 'n broeder wat by jou geleen het) WAS SO ERNSTIG IN DIE O.T., DAT DIE PERSOON WAT DIT GEPLEEG HET, BLOEDSKULD OP HOM GEHAD HET! Dit behoort steeds ernstig te wees, en waar 'n broeder aan 'n ander (behoeftige) broeder uitgeleen het op rente, behoort hy dit te bely en nie weer so te doen nie;  inteendeel, in die evangelie van die koninkryk moet ons geregtigheid oorvloediger wees!, en Jesus het vir ons geleer dat ons nie moet uitleen met die hoop om terug te ontvang nie!------------------------------------------------------------------------

MOENIE UITLEEN MET DIE HOOP OM TERUG TE ONTVANG NIE!
Luk_6:34  En as julle leen aan dié van wie julle hoop om terug te ontvang, watter dank het julle? Want die sondaars leen ook aan die sondaars, om net soveel terug te ontvang.
Luk_6:35  Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen sonder om iets terug te verwag, en julle loon sal groot wees; en julle sal kinders van die Allerhoogste wees; want Hy self is goedertieren oor die ondankbares en slegtes.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

JESUS HET OOK GEBED VGL. MET SOOS WANNEER IEMAND BY JOU KOM LEEN... - 
Luk_11:5  "En Hy het vir hulle gesê: Wie van julle sal ‘n vriend hê en sal middernag na hom gaan en vir hom sê: Vriend, leen my drie brode".....DIE HERE SE BARMHARIGHEID IS GROOT!, en net soos Hy van ons verwag om barmhartig te wees wanneer iemand van ons leen, so is die Here barmhartig wanneer ons in gebed iets vra!  

(Luk 11:6)  want ‘n vriend van my het van ‘n reis by my aangekom, en ek het niks om aan hom voor te sit nie—(Luk 11:7)  en dié van binnekant sal antwoord en sê: Moenie my lastig val nie; die deur is al gesluit, en my kinders is saam met my al in die bed; ek kan nie opstaan om vir jou te gee nie.(Luk 11:8)  Ek sê vir julle, al sou hy ook nie opstaan en vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog ter wille van sy onbeskaamdheid opstaan en hom gee soveel as hy nodig het.(Luk 11:9)  En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.(Luk 11:10)  Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.(Luk 11:11)  En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom ‘n klip gee; of ook ‘n vis, en hy sal hom in plaas van ‘n vis ‘n slang gee;(Luk 11:12)  of ook as hy ‘n eier vra, hom ‘n skerpioen gee?  MAAR ONS MOET VERSTAAN DAT DIE HERE NIE VIR ONS GEE WANNEER ONS VERKEERD BID, WAAR DIT GAAN OOR SELFSUG OF OPGAAR NIE...  (Jak. 4:3). 
Die vgl. hier is met "uitleen aan behoeftiges", net so antwoord die Here die behoeftige, DIE EEN WAT BID, SOEK, KLOP.... 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Dinsdag 04 Maart 2014

Die Wet en die Profete / Evangelie v/d Koninkryk

VIR 'N DAGSTUKKIE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/03/moet-die-gelowige-wat-uit-genade-gered.html

VIR DIE TWEEDE DEEL OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/die-wet-en-die-profete-2.html

--------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Luk 16:16) " Die wet en die profete was tot op Johannesvan toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondigen elkeen dring met geweld daarin".  

(Joh 1:17)  "Want die wet is deur Moses gegee; die genade (grace, favour) en die waarheid (truth) het deur Jesus Christus gekom".

Volgens bg. twee skrifgedeeltes, is dit duidelik dat:

-   die "wet en profete", of "wet van Moses", verwys na die Ou Testament (tot op Johannes - hy het die evangelie van die koninkryk begin verkondig, en gese dat die koninkryk naby is - Matt. 3:2)(Jesus Christus se koms - Hy het die evangelie van die koninkryk begin verkondig en gese dat die koninkryk naby is - Matt. 4:17);

-  die woorde "evangelie van die koninkryk", of "genade en waarheid" verwys na Nuwe Testament (vanaf Jesus Christus).

========================================================================

 Om te redeneer dat omdat die wet en profete tot op Johannes was, ons geen wette meer hoef te onderhou nie, is egter in teenstelling met wat Jesus geleer het!:  (Mat 5:19)  "Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele".
Ons weet ook dat die wet en profete steeds voorgelees was in die eerste gemeentes - kyk bv. Hand. 13:15.  Daar moet onderskei word tussen die terme "wette vervul" en "wette ontbind": (Mat 5:17)  "Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. (Mat 5:18)  Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie".  Alhoewel die wet van Moses vervul is, is die gelowige nie sonder wette nie! Jesus het vir ons gewys hoe ons na "die wet moet kyk":  dat dit nie net 'n offer is aan die Here nie, maar dat dit gaan oor BARMHARTIGHEID, REGTE OORDEEL, EN OOR "ONDERWERPING AAN DIE HERE SE WIL (gehoorsaamheid)".   Hy't bv. gewys dat die Vader liewer barmhartigheid soek as offers en geleer dat dit nie verkeerd is om iemand op die Sabbat te genees of te help nie;  -die Jode het baie mensgemaakte wette gehad rondom die Sabbat en baie het in die proses "die wet gedien", nie die Here nie!, en so die barmhartigheid en gehoorsaamheid aan die Here, nagelaat.

 Jesus het ook gese dat die hele wet en profete, aan twee gebooie hang:  (Mat 22:37) "...Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand; (Mat 22:39)  "En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself" - hiermee het Hy weer-eens verklaar dat barmhartigheid belangriker is as offers!, want die nakom van 'n spes. wet is nie so belangrik soos dat daar barmhartigheid bewys word nie (die nakom van "dat iemand geen werk mag doen op die Sabbat nie", is nie so belangrik soos om iemand te help wat in nood verkeer op die Sabbat, nie!). Lees ook Luk. 10:29-37  - kyk hoe Jesus barmhartigheid bewys het aan die vrou wat in egbreuk betrap is, Joh. 8:3-11 (Joh 8:5)  "en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U?..........(Joh 8:11)  En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie". Die blote onderhouding van die wet, was nie so belangrik soos om barmhartigheid te bewys nie - dus gaan dit nie oor ONDERDANIGHEID AAN DIE WET NIE, maar oor ONDERDANIGHEID AAN DIE HERE. Inteendeel, "om barmhartigheid te bewys", vervul die wet! Jesus het kom wys hoe die wet "vervul" word (Hy't dit nie ontbind nie!). So het Hy ook die wet vervul deur aan ons barmhartigheid te bewys!  


Die manier hoe sommige na "die wet" gekyk het, was dat dit 'n OFFER is aan die Here - hulle het die "liefde" nagelaat ter wille van die "onderhouding van die wet", maar Jesus het die volgende stelling gemaak:
(Mat 23:23)  "Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg (justice; judgement) en die barmhartigheid en die trou (faith/truth). Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat".  Hy verwag nie van hulle om glad nie goed te doen nie (en so die wet te vervul nie), maar Hy wil he hulle moet verstaan dat die 

-  "barmhartigheid" (kompassie),
-  "die reg(om reg te oordeel), en 
-  "die trou" (geloof en waarheid -  gehoorsaam aan die Here), belangriker is (as om bloot die wet te onderhou).  HULLE MOET DUS ONDERGESKIK WEES AAN DIE HERE, NIE aan DIE WET NIE! - die Here EERSTE LIEFHE, en naaste liefhe... (Matt. 22:37-40).

Kyk ook wat het Jesus gese in Mat 7:12: - "Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete. Om dus 'n blote wet te onderhou sonder om die barmhartigheid in ag te neem, beteken dat iemand die onderhouding van die wet verkeerd verstaan (of sal ons se, "die manier hoe die wet VERVUL word, verkeerd verstaan).  Die onderhouding van wette gaan nie oor "offers bring", of oor 'n manier om geregverdig te word nie, maar gaan oor barmhartigheid, en oor om reg te oordeel, en oor geloof en waarheid (gehoorsaamheid aan die Here - nie gehoorsaamheid aan die wet nie).

VERGELYK DIT NOU WEER MET LUK. 16:16 EN JOH. 1:17:

*  "...van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondigen elkeen dring met geweld daarin";

ONS MOET DUS VERSTAAN WAT BEDOEL WORD MET DIE WOORDE:  
-"EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK" en
-"GENADE EN WAARHEID" 

Wanneer ons praat van DIE EVANGELIE, dan praat ons van:
-  die evangelie van die koninkryk,
-  die evangelie van Jesus Christus,
-  en die evangelie van vrede.  
Dit vorm saam "die Evangelie". 

In die evangelie van die koninkryk het Jesus vir ons die waarheid kom bring, en het "wette" eintlik 'n sterker betekenis gekry! (Mat 5:20 - "Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie".) Ons kan nie guns ontvang deur die onderhouding van die wet nie, maar op geen manier beteken dit dat daar geen gehoorsaamheid van die gelowige verwag word nie!  (Mat 5:17-19 - "Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.  Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele".) - want gehoorsaamheid is 'n bewys van wat in iemand se hart aangaan, en bewys of iemand regtig glo.

Kyk maar na die bergpredikasie - Jesus maak bv. die stelling dat "om vir jou broeder sonder rede kwaad te wees", dieselfde tipe verantwoording gedoen moet word as "wanneer iemand doodslaan"!  (Matt. 5:21,22)  - hiermee maak hy nie die wet tot niet nie, maar gee meer waarheid daaroor, amper asof Hy dit beter verduidelik. En telkens gaan dit oor reg, barmhartigheid en trou... - om vir jou broeder sonder rede kwaad te wees, beteken dat jy die tweede gebod oortree, nl. om jou naaste lief te he.  Dit is nie reg nie, en in so 'n geval betoon jy nie barmhartigheid nie!

  Kyk bv. die wet oor "sweer" - nie net mag jy nie vals sweer nie, maar Jesus maak dit duidelik dat ons hoegenaamd nie moet sweer nie (maar ons ja ja wees...) (Matt. 5:33-37).  Kyk ook Mat 5:38 en 39: - "Julle het gehoor dat daar gesê is: Oog vir oog en tand vir tand.  Maar Ek sê vir julle dat julle ‘n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe" - in die evangelie wat Jesus gebring het, het Hy die waarheid kom deel, sekere wette beter verduidelik, en die ware wet kom gee waar die wet verkeerd verstaan/gegee is. Hy het dus nie die wette tot niet kom maak nie, maar dit kom vervul.

    Die "evangelie van die koninkryk" gaan oor Jesus se leringe  rondom Sy koninkryk (voorwaardes om kinders van die koninkryk te word, asook voorwaardes om uiteindelik die koninkryk te beerwe, m.a.w. "om gereed te wees", "die vrug van die gelowige" ens.). Let op die woorde in Luk. 16:16 - "en elkeen dring met geweld daarin".  Ons weet dat nie almal wat dink hulle is kinders van die koninkryk, wel die koninkryk gaan beerwe nie.  Slegs die wat die nodige vrug dra, sal uiteindelik "kinders van die koninkryk" wees (dit is die "kinders van die opstanding, of die wat "opstaan tot lewe", wat die ewige lewe sal beerwe).  Jesus het die oordeel ontvang van die Vader, en Hy sal besluit "wie lewe" - dit sal die wees wat Sy stem ken - die wat gehoorsaam is aan Hom (Joh. 10:27; Matt. 7:21; Luk. 6:46 ens.) - die wat ag gee op die BARMHARTIGHEID en regverdige OORDEEL en GELOOF.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE ONDERHOUDING VAN WETTE, GAAN NIE OOR "OFFERS BRING" NIE, OF OM GUNS TE VERKRY NIE, MAAR GAAN OOR:
 - REG (regverdige oordeel/vryspraak), 
- BARMHARTIGHEID (kompassie/naaste liefhe) EN 
- TROU (geloof/gehoorsaamheid aan die Here, nie aan die wet nie/die Here liefhe).