Donderdag 05 Januarie 2017

Gemeenskap / vleeslike gemeenskap / naaktheid

Die woord "gemeenskap" word gewoonlik gebruik in konteks met mense wat iets "deel"
(soos in Joh. 4:9; Hand. 2:42; 1 Kor. 1:9...), MAAR in sommige skrifte verwys die woord "gemeenskap" na "vleeslike gemeenskap"  (altans, in die Afrikaanse Bybel word die woord "gemeenskap" in hierdie konteks gebruik in die O.T., wat in die Hebr. beteken "om by iemand te lê" ("shaw-kab") - sommige skrifte gebruik woorde wat beskryf  "hoe die man by die vrou ingaan" Gen. 16:14, of wanneer " n vrou in 'n man se skoot gegee word" Gen. 16:5). 'n Ander woord wat ook gebruik word vir vleeslike gemeenskap (Lev. 15:18...) is die woord "beken" (Gen. 4:1; 4:17; 19:5...ens.).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Christen moet versigtig wees "waarmee" of  "met wie" hy gemeenskap het.
In die konteks van "vleeslike gemeenskap" is gemeenskap meestal slegs toelaatbaar in die huwelik (Heb 13:4 - "Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel"). Sou iemand seks beoefen buite die huwelik, dan is hy besig om te hoereer en homself daardeur te VERONTREINIG (http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/09/verontreinig-ontheilig.html).

Maar die Christen moet ook versigtig wees vir sekere ander vorme van "gemeenskap", bv.:
-  waar daar gedeel word in afgodsoffers (bv. in die teenwoordigheid van die wat die voedsel aan afgode offer), want dit veroorsaak dat so iemand GEMEENSKAP het MET DUIWELS! (1 Kor. 10:18-20).

-  waar daar in dieselfde juk getrek word met ongelowiges, in die sin van om saam met hulle te stap in ongeregtigheid, want in so 'n geval het die persoon GEMEENSKAP MET DIE DUISTERNIS! (2 Kor. 6:14)(1 Joh. 1:6)  en GEMEENSKAP MET DIE SONDES (1 Tim. 5:22)(in konteks met Ef. 5 gaan "gemeenskap met duisternis" oor hoerery, allerhande onreinheid, hebsug, gemeenheid, dwase en lawwe praatjies, gierigaards, afgodedienaars, die ongehoorsames, dronkaards (Ef. 5:11));  (Openb. 18:4).

-  gemeenskap met ongehoorsames (die Christen moet gemeenskap met 'n ongehoorsame broeder of suster vermy sodat die ongehoorsame skaam kan word) (2 Thess. 3:14)(l.w. dat dit hier spesifiek bedoel is in konteks met die wat reeds tot insig gekom het van hulle ongehoorsaamheid, en/of vermaan is, maar nog nie wil luister nie).

-  gemeenskap met die wat nie bly in die leer van Christus nie en 'n ander leer bring - so iemand moet nie in jou huis ontvang word nie en moet ook nie eens gegroet word nie, want dan het jy GEMEENSKAP MET SY BOSE WERKE (2 Joh. 1:11)(l.w. hier spesifiek in konteks gebruik met die wat nie bly in die leer van Christus nie -v.9- en die wat bely dat Hy nie in die vlees gekom het nie -v.7). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Watter vorme van "gemeenskap" is goed ?:
-  GEMEENSKAP MET ONSE HERE JESUS CHRISTUS en DIE VADER (1 Kor. 1:9; 1 Joh. 1:3); (1Jn_1:6  As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie).
-  GEMEENSKAP VAN DIE HEILIGE GEES (2 Kor. 13:14; Fil. 2:1).
-  gemeenskap deur die gebruik van die nagmaal (1 Kor. 10:16), want daardeur het die Christen GEMEENSKAP MET DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS
-  GEMEENSKAP AAN SY LYDE (Fil. 3:10; 1 Pet. 4:13).
-  GEMEENSKAP TUSSEN GELOWIGES (Hand. 2:42; 1 Joh. 1:3)(-deur te deel in die leer, nagmaal en gebede)(-deur te deel in ons gemeenskap met die Vader en met sy Seun Jesus Christus (1 Joh. 1:3))(-deur te deel in die prediking van die evangelie (Gal. 2:9))(-v/d geloof (Fil. 1:6)). (1Jn_1:7  Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde)-  GEMEENSKAP AAN DIE EVANGELIE (Fil. 1:5)
-  gemeenskap tussen gelowiges t.o.v. besittings (m.a.w. waar hulle al hulle besittings met mekaar deel - BESITTINGS IN GEMEENSKAP)(Hand. 4:32).

(en natuurlik gemeenskap asook vleeslike gemeenskap binne die huwelik...).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons moet verstaan wat gesien word as "gemeenskap", want nie oral waar iemand omgang of gemeenskap het met iemand/iets wat onrein is, beteken dit dat hy ook omgang het met sy werke nie!
'n  Afgodsoffer kan bv. nie die Christen onrein maak nie,  maar as dit geskied waar daar te kenne gegee is dat dit aan afgode geoffer is en/of saam met die persoon wat dit offer geniet word, dan kan 'n Christen onrein word daardeur en beteken dit inderdaad dat hy ook, net soos die persoon wat dit offer, gemeenskap het met die duiwels! (1 Kor. 10).  Hier kan ons duidelik sien dat dit te doen het met die GEWETE van die een wat dit offer (dit kan die gewete beinvloed van die een wat daarin deel) - 'n afgodsoffer is eintlik niks (want afgode is niks), maar die wat dit offer, offer aan duiwels omdat hulle die afgod hanteer asof hy iets is. As die Christen nou saam met die een wie se gewete besoedel is, eet asof die een wat dit offer se afgod "iets is", dan is hy besig om sy eie gewete te besoedel omdat hy deur sy optrede ook waarde heg aan die offer. Dit is soos wanneer mense waarde heg aan "werke" asof dit aanneming tot saligheid kan bewerkstellig. Diesulkes se "gewetens is besoedel" want hulle plaas hulle hoop in werke, soos wat hierdie persone wat die afgodsoffer geniet, hulle hoop plaas in die afgod asof dit iets is.  So iemand offer eintlik aan duiwels en die een wat die offer saam met hom geniet, het dan GEMEENSKAP met duiwels!   

Maar nie enige iemand met wie ons gemeenskap het beteken outomaties dat ons gemeenskap het met hulle werke nie, want om bv. te eet saam met 'n ongelowige, maak jou nie onrein nie (maar om te deel in hulle sondes, ja, dit sal jou onrein maak, en dan in so 'n geval het jy gemeenskap met hulle sondes).  Die Jode het bv. geen gemeenskap gehou met die Samaritane nie (Joh_4:9), of met heidene nie... (Luk. 5:29,30; Matt. 9:10,11; 11:19; Luk. 7:34...));  maar Jesus het iets anders kom wys.  Om te eet saam met heidene maak jou nie onrein nie, maar om te deel in hulle sondes, ja, dit is wat jou onrein maak.  Om saam met 'n ongehoorsame broeder of suster te eet kan jou ook nie onrein maak nie, maar die rede waarom dit belet word 2 Thess. 3:14 is nie sodat jy nie onrein word nie, maar is bedoel om die broeder skaam te laat kry sodat hy tot bekering kom. Sou jou omgang met hom egter wees asof sy sonde niks is, terwyl hy weier om sy sonde te bely, dan kan sulke omgang jou onrein maak want dit gaan weer hier oor die gewete!  Of sou jy bv. iemand toelaat om verdraaide leringe te leer (leringe wat nie bly in die leer van Christus nie)(hetsy Christene wat nie vashou aan die waarheid nie, of die wat 'n ander evangelie bring), dan het jy gemeenskap met hulle bose werke (1 Joh. 1:11), want as jy hulle toelaat om verdraaide leringe te leer asof jy waarde heg aan hierdie leringe, dan het jy tog natuurlik gemeenskap daaraan! 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In sommige skrifte verwys die woord "gemeenskap" spesifiek na "vleeslike gemeenskap".  Enige iemand wat seks gehad het, word gesien as "besoedel", maar nie noodwendig gesien as "besoedel deur sonde" nie want in die huwelik word hierdie besoedeling nie gesien as "sonde" nie (1 Kor. 7:28);  maar in feitlik alle ander kontekste word "besoedeling dmv seks" wel gesien as "besoedeling deur sonde" (behalwe gevalle soos bewaring van nageslag (Deut. 25:5-10)). Ons moet verstaan die belangrikheid van hierdie onderwerp en hoe meeste "sondes gepleeg deur gemeenskap" bloedskuld veroorsaak, wat ook terloops "die land besoedel". Hierdie sondes moet ernstig opgeneem word en Christene wat sulke sondes pleeg, moet dit bely en neerlê want geen onreine (besoedelde) sal die koninkryk van God sien nie!

"Vleeslike gemeenskap" word in die volgende gevalle NIE toegelaat NIE:
- In geval van Hoerery (1 Sam. 2:22; Lev. 19:29; 1 Thess. 4:3; Kol. 3:5; Ef. 5:3; Gal. 5:19; 1 Kor. 6:13,18; 1 Kor. 5:1,9,10; Rom. 1:29; Hand. 21:25; Mark. 7:21; 1 Tim. 1:10; Hebr. 13:14; Openb. 21:8; 22:15).

Ander gevalle wat spesifiek genoem word en dus in sekere gevalle ook daarop wys dat diesulkes nie met mekaar mag trou nie:
-  Vleeslike gemennskap met jou naaste se vrou (dit geld ook in die geval van "verloof aan") (Lev. 18:20; 19:20; Num. 5:12,13; Deut. 22:22,23)(Hebr. 13:4; Rom. 2:22; Matt. 5:27,28);
-  Vleeslike gemeenskap met jou broer se vrou, en as 'n man sy broer se vrou neem (Lev. 20:21 geen kinders- vgl. met Ps. 109:13)(Matt. 14:3,4-vb. van Herodias; Luk. 3:19; Mark. 6:17);
-  'n Manspersoon wat vleeslike gemeenskap het met 'n ander man; of vrou met 'n vrou (Lev. 18:22; 20:13; Rom. 1:26,27,29)(Gen. 19:5-8)(verwysing Rig. 19:22-25)(Ef. 4:19; 1 Tim. 1:10; Jud. 1:7);
-  'n Man of vrou wat vleeslike gemeenskap het met 'n dier (Lev. 18:23; 20:15; Deut. 27:21);
-  As 'n man met sy vader se vrou gemeenskap het (Lev. 20:11; Deut. 20:30);
-  As 'n man met sy tante gemeenskap het (Lev. 20:20; Lev. 18:14);
-  'n Man wat met sy suster, of die dogter van sy vader of moeder gemeenskap het (Deut. 27:22; 2 Sam. 13:1,14; Eseg. 22:11; Lev. 20:17; 18:9);
-  'n Man wat met sy skoonmoeder gemeenskap het, of waar 'n man en sy seun gemeenskap het met dieselfde meisie (Deut. 27:23; Amos 2:7);
-  As 'n man met 'n vrou wat onwel is (en i.g.v. bloedvloeiing), gemeenskap het (Lev. 20:18; Eseg. 23:10);
-  As 'n man met sy skoondogter gemeenskap het (Lev. 20:12; 18:15; Eseg. 22:11)(maar in sekere gevalle toelaatbaar soos Deut. 25:5-10; Gen. 38.., ter wille van bewaring van nageslag;  -vgl. dit ook met dogters wat met vader gemeenskap gehad het sodat hulle die geslag in die lewe kon hou - Gen. 19);

Gevalle van verkragting (of waar 'n man vleeslike gemeenskap het met 'n verloofde meisie of nie-verloofde jongmeisie):
-  In geval van vleeslike gemeenskap met 'n vrou wat 'n slavin is, vir 'n ander man bestemd, sonder dat sy ooit losgekoop of vryheid aan haar gegee is (Lev. 19:20)(hierdie geval was nie hanteer soos bloedskuld nie, maar die persoon het ook gesondig...).
-  In die geval van waar 'n man gemeenskap het met 'n meisie wat verloof is, is hulle altwee skuldig as die meisie geensins aandui dat sy ontevrede is terwyl die daad plaasvind nie (Deut. 22:23,24), maar as hy haar verkrag, dan is slegs die man skuldig (Deut. 22:25);  daarom, in geval van VERKRAGTING is natuurlik nie altwee skuldig nie, maar slegs die verkragter (Deut. 22:25);
-  In geval van waar 'n man gemeenskap het met 'n meisie wat nie verloof is nie (m.a.w. altwee het williglik gemeenskap), word dit van hom verwag om met haar te trou en mag hy haar nooit verstoot solank hy lewe nie (Deut. 22:28,29).

Uitsonderlike gevalle:
-  (Lev 18:6 - "Niemand van julle mag naby sy naaste bloedverwant kom om die skaamte te ontbloot nie. Ek is die HERE").  Hierdie wet word verskillend vervul in verskillende gevalle.  Kyk ons na die vb. van Gen. 19 waar die dogters gemeenskap het met hulle vader sodat hulle die geslag in die lewe kon hou, is dit baie soos die geval in Gen. 38 waar gemeenskap tussen 'n man en sy skoondogter toegelaat is terwille van om die geslag in die lewe te hou;   en ook Deut. 25:5-10 van gemeenskap tussen 'n man met sy broer se vrou (in hierdie geval waar die broer dood is), wat ook toegelaat is terwille van OM DIE GESLAG IN DIE LEWE TE HOU. Dit gaan dus hier oor die nakom van die tweede gebod en a.g.v. barmhartigheid waarom dit toelaatbaar is (kan vgl. word met hoe die Sabbat steeds geheilig word al doen iemand "werke uit barmhartigheid").  Vir die menslike geslag om voort te plant, moes die eerste mense met hulle naaste bloedverwante trou, maar later is iets anders verwag (Lev. 18:6).  Hier sien ons hoe sekere wette ook verskillend vervul word in verskillende tydperke ("bedelings"), maar l.w. dat dit die Here is wat besluit (nie mense nie!) wat toelaatbaar is en wat nie.

Waar die woord "beken" gebruik word:
-  Die woord "beken" is die Hebr. woord "yah-dah" wat beteken "om te KEN". Dit is eers wanneer twee mense wat in die huwelik is, mekaar kaal sien en gemeenskap het, wanneer hulle mekaar regtig "ken".  Dit is duidelik volgens Gen. 4:1 dat hierdie woord spesifiek verwys na vleeslike gemeenskap, want die skrif verklaar verder dat sy a.g.daarvan (a.g.v. "beken") swanger geword en 'n seun gebaar het.

-  Dieselfde woord word gebruik in Gen. 4:17 en 25, 38:26; 1 Sam. 1:19;  asook in Gen. 19:5,8 van die manne van Sodom wat die manne wat by Lot se huis ingegaan het (die 2 engele), wou beken. Dit is duidelik dat hierdie manne van Sodom nie net hoereerders was nie, maar ook geen probleem daarmee gehad het om as mans met ander ander mans omgang te he nie.

-  Dieselfde woord word ook gebruik in die geval van Matt. 1:25, toe Maria swanger bevind is uit die Heilige Gees, nog voordat sy en Josef bymekaargekom het - volgens v.25 het hy haar glad nie beken nie vir die hele tyd verder van haar swangerskap (selfs nadat hulle getroud is).

-  Op verskeie plekke word ook van jongmeisies wat nog maagde is die woorde gebruik:  "geen man het haar beken nie" (Gen. 24:16; Gen. 19:8; Rig. 11:39).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Skaamte ontbloot:
(Hebr. woord "er-vaw" - "nakedness" / kaal)
Die begrip "skaamte ontbloot" gaan nie net oor om iemand kaal te sien nie, maar dit word veral gebruik in konteks met waar vleeslike gemeenskap verkeerdelik plaasvind (en verwys dus ook na gevalle waar mense nie toegelaat word om met mekaar te trou nie):
Bv.:   In die volgende gevalle mag jy nie iemand se skaamte ("nakedness") ontbloot nie:
- naaste bloedverwant (Lev 18:6)
- jou vader en moeder (Lev 18:7)
- die vrou van jou vader (Lev 18:8)
- jou suster, die dogter van jou vader of moeder / dogter van jou vader se vrou (Lev 18:9,11; 20:17)
- jou seun se dogter of dogter se dogter(Lev 18:10)
- jou vader se suster (Lev 18:12; 20:19)
- jou moeder se suster (Lev 18:13; 20:19)
- jou vader se broer, of sy vrou wat jou tante is (Lev 18:14)
- jou skoondogter (Lev 18:15)
- jou broer se vrou (Lev 18:16)
- 'n vrou en haar dogter (Lev 18:17)
- susters terwyl altwee in lewe (Lev 18:18)
- 'n vrou wat menstrueer (Lev 18:19)
Wat presies word bedoel met "skaamte ontbloot"?  
(Lev 20:11 - "En as ‘n man met sy vader se vrou gemeenskap het, het hy die skaamte van sy vader ontbloot. Hulle altwee moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle"  /  Lev_20:20 - "En as ‘n man met sy tante gemeenskap het, het hy die skaamte van sy oom ontbloot. Hulle moet hul sonde dra; sonder kinders sal hulle sterwe" / Lev_20:21 - "En as ‘n man sy broer se vrou neem, is dit bloedskande. Hy het die skaamte van sy broer ontbloot; sonder kinders sal hulle wees"). Buite-egtelike gemeenskap en hoerery veroorsaak dat dit wat veronderstel is om in die geheim tussen mense gedeel word, "ontbloot word" deur iemand wat nie veronderstel is om hulle naaktheid te sien nie. In die geval van die huwelik word dit toegelaat om mekaar se skaamte te sien.  In die huwelik behoort twee mense se skaamte aan mekaar, bv. (Lev 18:8 - "Jy mag die skaamte van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou vader"). In sekere ander gevalle, soos in die geval van waar 'n broer gemeenskap het met sy oorlede broer se vrou met die doel om sy naam te laat voortleef, word dit toegelaat dat hy sy broer se skaamte ontbloot.

Beeldspraak:
Vgl. dit met: Eseg. 16:36 - "So sê die Here HERE: Omdat jou koper uitgestort is en jou skaamte ontbloot is deur jou hoererye met jou minnaars en met al jou afskuwelike drekgode, en vanweë die bloed van jou kinders wat jy aan hulle gegee het", (Eseg. 16:37)  daarom, kyk, Ek sal al jou minnaars versamel vir wie jy aangenaam was, en almal wat jy liefgehad het, saam met almal wat jy gehaat het; en Ek sal hulle van alle kante teen jou versamel en jou naaktheid vir hulle ontbloot, sodat hulle jou hele naaktheid kan sien".  Hier sien ons, alhoewel ook beeldspraak, die verband tussen "skaamte ontbloot" en "naaktheid". (Eseg. 23:18; Hos. 2:10).  Vgl. ook met die beeldspraak in Openb. 16:15 wat ook verwys na hoe die een wat nie sy klere bewaar nie,  blootgestel sal word...:  -(Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie").

Naak/te:
Die bewustheid van om naak te wees, en skaam wanneer ontbloot, is iets wat eers gekom het net na die sondeval (Gen. 2:25; 3:7) - omdat hulle geeet het van die boom van die kennis van goed en kwaad (Gen. 3:11).  Hulle het m.a.w. die kennis gekry van goed en kwaad (Gen. 3:22).  Ons weet dat die straf vir hierdie "erfsmet" die (fisiese) dood is (Gen. 2:17) - dit moet egter nie verwar word met die tweede dood (wat die "vloek"/straf is vir daadsondes) nie. Die geestelike betekenis van naaktheid in die skrif gaan dus oor skaamwees en vernedering (Openb. 16:15; 2 Kor. 5:3; Hand. 19:16; 1 Kor. 4:11; Hos. 2:3; Jes. 20...), weens ontbloting (en net soos iemand skaam is wanneer hy ontbloot word en dus naak is, so veroorsaak sonde dat ons skaam word wanneer die sonde ontbloot word en ons voel "naak"). As iemand kaal uitgetrek is, dan staan hy heeltemal bloot vir almal om te sien. As iemand nie sy klere bewaar nie, dan sal hy hom in hierdie skaam naakte posisie bevind (Openb. 16:15). Almal moet voor die oordeelstoel verskyn en die wat nie hulle klere bewaar nie, sal hulleself kaal bevind en hulle geheime ontbloot:  - (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie").  Baie stap rond soos mense sonder klere - hierdie beeldspraak word gebruik in Openb. 3 waar die gemeente van die Laodicense aangekla word dat hulle "lou" is.  Hulle dink dat hulle ryk is en aan niks gebrek het nie, maar is voor die Here soos mense wat nie klere het nie en is NAAK (vgl. met Jak. 5:1-7).  (Openb. 3:18 - "Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit kleredat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien"). (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit.html). ("Wit klere" verwys egter na die wie se klere nie besoedel is nie (Openb. 3:4; Openb. 7:13,14) en die wat oorwin het (Openb. 3:5)).

Toe Adam en Eva se "oë oopgaan" en hulle gewaar het dat hulle naak is, het hulle vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak (Gen. 3:7), maar die Here het vir hulle 'n uitnemender weg gewys en vir hulle rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek (Gen 3:21). Hier sien ons hoe barmhartig die Here is.  Ons moet ook barmhartig wees teenoor die wat (in nood) "naak" is en vir hulle klere gee (Jak. 2:15; Matt. 25:36,38,43,44). Om naak rond te loop of om naak gemaak te word in die publiek, is 'n skande - die wat so rondloop word belaster en hanteer soos uitvaagsels van die wêreld en volgens Paulus, "die afskraapsel van almal" (1 Kor. 4:11-13)(en op dieselfde wyse "geestelik" sal die wat "naak" is a.g.v. ongehoorsaamheid en ongeloof, eendag hanteer word soos die afskraapsel van almal).  Selfs in die lewe vandag waar ons baie naaktheid sien in die media, is dit steeds ongehoord om kaal in die publiek te verskyn.  Dit is net eenvoudig nie geoorloof nie, en dit was nooit geoorloof nie - kyk maar die vb. van Noag wat dronk en naak in sy tent gelê het (Gen. 9:21-28).  Sem en Jafet het hom bedek sonder om sy naaktheid te kyk, maar Gam het die ander broers geroep om Noag se naaktheid aan te sien, en vir hierdie optrede was Gam vervloek. Vir iemand om naak rond te loop is 'n skande. So sal die wat eendag naak voor die Here staan, in skande wees...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Vrydag 30 Desember 2016

Christus die hoof van elke man

1Kor. 11:3 - "Maar ek wil hê dat julle moet weet dat
- Christus die hoof is van elke man, en
- die man die hoof van die vrou, en
- God die hoof van Christus".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Ef. 1:22)  "En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en 
Hom as Hoof
 bo alle dinge aan die gemeente gegee".
IN HIERDIE BLOGPOST GAAN ONS SPESIFIEK KYK NA "Christus, die hoof van elke man".
Vgl. ook hierdie onderwerp met "God, die hoof van Christus";
en "die man, die hoof van die vrou" (1 Kor. 11:3).
_________________________________________________________________________________
OPSOMMING:
(Rol af vir skrifte)

WAT BETEKEN DIE WOORDE  "Christus is die hoof van elke man"?:
(1)  Jesus Christus is die Hoof bo alle dinge in die gemeente - Hy is die Hoof v/d gemeente.  Die wat gevul is met Sy Gees, is deel van Sy liggaam (in hierdie liggaam het almal mekaar lief soos wat hulle hul eie liggame liefhet, want hulle is almal EEN).  ONDERGESKIKTHEID  AAN CHRISTUS, BETEKEN OOK ONDERGESKIKTHEID AAN DIE VADER (omdat God die hoof is van Christus). ;

(2)  As Hoof van die liggaam, rus Hy ons toe vir verskilldende dienswerk tot opbouiing van die liggaam (sodat ons kan vrug dra uit diensbaarheid aan God)(ons behoort nie meer aan die wet nie, maar behoort nou aan Hom (ons doen wat Hy ons beveel, want Hy is die Hoof)(in "Sy liggaam" rus Hy elkeen toe vir dienswerk);

(3) Christus is deur God uitermate verhoog, en 'n Naam gegee bo elke naam (tog het Hy vir ons die vb. gestel van wat dit beteken om 'n DIENskneg te wees, en vir ons gewys wat dit beteken dat God eerder barmhartigheid soek as offers);

(4)   Hy is die Hoof van die gemeente, omdat Hy in alles eerste is - Hy was die Eersgeborene van die hele skepping, en ook die Eersgeborene uit die dode, sodat ons in Hom kan lewe, deurdat die Vader voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus. 

(5)  Hy is die Hoof van alle owerheid en mag - die liggaam behoort aan Christus (nie aan wette, beginsels van die wereld of oorlewering van mense nie). Ons is nie meer gehoorsaam aan allerhande insettinge, soos "raak nie, smaak nie, roer nie aan nie...", of moet toelaat dat ons geoordeel word in spys of drank of met betrekking tot 'n fees of nuwemaan of sabbat nie... maar gehoorsaam aan HOM WAT DIE HOOF IS VAN ALLE OWERHEID EN MAG - die liggaam behoort aan Christus (nie aan die wet nie).

(6)  Ons behoort aan Christus (en Christus aan God) - daarom roem ons in Hom want ons vertrou nie op die vlees nie (en vertrou dus nie in onsself of in ander mense nie - bv., ons vertrou nie in die wysheid van mense nie, maar vertrou die Here se wysheid).
_________________________________________________________________________________
Uiteensetting met skrifte:
Kom ons kyk na die konteks van verskillende skrifte waarin soortgelyke woorde gebruik word dat Christus die hoof is van die gemeente;   M.A.W., WAT BETEKEN HIERDIE TERM IN VERSKILLENDE SKRIFGEDEELTES?

(1)  (Ef. 1:22)  "En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee".
(Gaan lees Ef. 1:22 in konteks  -  dit gaan oor die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig;  en hoe die Vader ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus (Hom deur wie ons die verlossing en vergifnis het deur sy bloed...) - Sy gemeente, Sy liggaam. vGL. DIT OOK MET EF. 2:19 - "So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God".
(Ef. 1:22)  En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,
(Ef. 1:23)  wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.
SY GEMEENTE IS SY LIGGAAM - VGL. DIT MET HOE DIE LIGGAAM SAAMWERK - VERSKILLENDE LEDE - (EF. 1:3 - "Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus")). IN KONTEKS GAAN EF. 1:22 DUS VERAL OOR DIE FEIT DAT SY GEMEENTE SY LIGGAAM IS (en Hy die hoof van Sy "liggaam", nl. "die gemeente").  

*  Ons is nou deel van Sy LIGGAAM, maar verskillende lede - EEN 
(met Christus as die Hoof). (ONS BEHOORT NIE MEER AAN DIE WET NIE, MAAR BEHOORT NOU AAN CHRISTUS - (Rom. 7:1-4) - Ef. 2:16 - en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het)http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/12/dood-vir-die-wet.html. Dit beteken dat ons nie meer die wet DIEN nie, maar dat ons Hom nou DIEN.(Rom 7:4 - "So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra"). Vgl. dit met wat Jesus geleer het dat ons geroep is om VRUG TE DRA, en dat die wat nie vrug dra nie, uitgekap sal word.  Alhoewel ons ondergeskik is aan Christus, is ons ook ondergeskik aan die Vader (omdat God die hoof is van Christus). Op dieselfde wyse is die vrou wat ondergeskik is aan haar man, ondergeskik aan Christus Jesus en ondergeskik aan die Vader... 

*  vgl. dit met die getroude man en vrou, as "EEN":
-(Mar 10:8,9 - "en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie" - OMDAT DIE GETROUDE MAN EEN IS MET SY VROU, GEE HY VIR HAAR OM SOOS HY VIR SY EIE LIGGAAM OMGEE. Op dieselfde manier gee Christen broers en susters vir mekaar om omdat hulle "een" is in Christus Jesus, en het elkeen die ander lief soos hy homself liefhet ("asof sy eie liggaam"). 
___________________________________________________________
(2) 
(Ef. 4:15)  maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,

Die konteks van Ef. 4:15, gaan ook oor HOE DIE HEILIGES TOEGERUS WORD VIR DIENSWERK,, TOT OPBOUIING VAN DIE LIGGAAM - KYK BV. VERAL VERSE 11, 12 EN 16... (EF. 4:16 - "uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde").  DIT GAAN hier OOR HOE ONS MOET OPGROEI IN HOM (wat die Hoof is).  Paulus waarsku hulle ook dat hulle nie moet wandel soos die heidene met verharde harte en sonder kennis en in onreinheid nie, maar liewer vergewensgesind moet wees teenoor mekaar, vol liefde en ontferming, mekaar moet verdra in liefde, sagmoedig wees en nederig en lankmoedig...;  hy beveel hulle ook om sondes af te le. DIT IS HOE HULLE OPGROEI IN DIE HERE!  

DIT GAAN DUS HIER OOR "VRUG DRA" UIT DIENSBAARHEID AAN DIE HERE en OM TE DOEN WAT HY BEVEEL" - OMDAT HY DIE HOOF IS.

___________________________________________________________
(3)
(Fil. 2:9)  Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is,
(Fil. 2:10)  sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,
(Fil. 2:11)  en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.

IN KONTEKS GAAN FIL. 2:9 OOR HOE DIE GEMEENTELEDE GEHOORSAAM MOET WEES AAN MEKAAR:  EENSGESIND, LIEFDE, EEN VAN SIEL, EEN VAN SIN (Fil. 2:2).....
(Fil. 2:3)  Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.
(Fil. 2:4)  Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.
(Fil 2:14)  Doen alles sonder murmurering en teëspraak
Hy verduidelik ook hoe Christus vir ons die vb. gestel het van hoe ons mekaar moet DIEN, en hoe Hy (die Naam bo elke naam) die gestalte van 'n DIENSKNEG aangeneem het... - (Fil. 2:5-8).  GEHOORSAAMHEID AAN MEKAAR GAAN OOR LIEFDE - dat ons nie net ons eie belange soek nie, maar ook die van 'n ander, en dat ons mekaar dien en ons lewens vir mekaar afle, vergewe ens. 

GEHOORSAAMHEID GAAN NIE NET OOR "OPDRAGTE UITVOER" NIE, MAAR OOR "BARMHARTIGHEID"!  http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/ek-wil-barmhartigheid-he-en-nie.html  Ons moet verstaan waaroor Fil. 2 gaan, dat dit gaan oor hoe ons barmhartig moet wees teenoor mekaar.  WAT DIT HIER BEDOEL IS DAT Christus die Hoof is van die gemeente, EN DAT HY VIR ONS DIE VB. GESTEL HET VAN WAT DIT IS OM BARMHARTIG TE WEES! en l.w. dat Hy meer gehoorsaam was aan die Vader, as aan die leiers van Sy tyd! - Hy het barmhartigheid as meer geag as offers:  DIT IS DUIDELIK DAT DIE FARISEERS NIE REGTIG DIE BEGRIP VAN "BARMHARTIGHEID" VERSTAAN HET NIE, NET SOOS BAIE VAN ONS DIT OOK VANDAG VERKEERD VERSTAAN!  JESUS HET HULLE EGTER AANGEMOEDIG MET DIE VOLGENDE WOORDE (Matt. 9:13):  

GAAN LEER WAT DIT BETEKEN ... 

___________________________________________________________
(4)
(Kol 1:15)  Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;
(Kol 1:16)  want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.
(Kol 1:17)  En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.
(Kol 1:18)  En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.

In konteks gaan Kol. 1:18 oor hoe Christus Jesus voor alle dinge was, en hoe alles in Hom stand hou.  Hy is die Eersgeborene van die hele skepping, en die beeld van die onsienlike God.  Alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. Hy is in alles eerste, en ook die Eersgeborene uit die dode, sodat ons kan lewe saam met Hom -  Vgl. dit met (Ef. 1:4,5 - "soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil").  Verder gaan die konteks hier oor hoe ons die Here in alles moet behaag. en waardiglik voor Hom wandel, vrug dra en groei in die kennis van God (Kol. 1:10).

___________________________________________________________
(5)
(Col 2:9)  Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik;
(Col 2:10)  en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;

In konteks gaan dit oor hoe ons moet pasop vir wereldse wysheid (beginsels van die wereld en oorlewering van mense wat in stryd is met die leer van Christus) waardeur mense verlei word.  Ook dat ons nie meer die wet dien nie (wat slegs 'n skaduwee was van die toekomstige dinge), maar dien nou vir Christus, en het daarom, omdat ons in Sy dood begrawe is, die oue afgele, en die eerste beginsels afgesterf.  Ons is nie meer gehoorsaam aan allerhande insettinge, soos "raak nie, smaak nie, roer nie aan nie...", maar gehoorsaam aan HOM WAT DIE HOOF IS VAN ALLE OWERHEID EN MAG. (Kol 2:16)  Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie, (Kol 2:17)  wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.
___________________________________________________________
(6)
(1Kor. 3:23)  maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.

In konteks gaan dit oor hoe ons nie in mense moet roem nie, maar in Christus moet roem, want ons BEHOORT AAN HOM. (Fil. 3:3 - "Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie").Wat gebeur het in die gemeente van Korinthe, is dat baie geroem het in sekere predikers, omdat hulle baie wys geklink het.  Dit wil ook voorkom asof hulle wysheid 'n verkeerde fondament gele het en veroorsaak het dat die wat ontvanklik is daarvoor, "verkeerd bou".  Waar Christene bv. roem in 'n spes. kerk se leerstellings of in spes. predikers, in plaas van in "DIE WAARHEID" wat Jesus Christus vir ons gebring het, is hulle nie besig om in Christus te roem nie.  Hulle laat toe dat hulle gedagtes, woorde, optrede bepaal word deur mense, in plaas van deur die Here.  Alhoewel die leiers van 'n gemeente die rol kry van om "soos 'n herder" die skape en lammers te laat wei en voed, is hulle self ook ondergeskik aan die Herder, Jesus Christus. Gemeentelede is nie die leiers se skape soos wat baie glo nie!, maar die Here se skape.  Dit is a.g.v. hierdie miskonsepsie wat vele vir hulle leermeersters vergader wat hulle in die gehoor streel - "die een is vir Paulus, en die een vir Apollos......".ONS BEHOORT AAN CHRISTUS!, nie aan mense of aan 'n spesifieke kerk nie.

Vir die wat AAN CHRISTUS BEHOORT (m.a.w. die wat in Hom roem, nie in mense nie), word die opstanding tot lewe as belofte gegee:
(1Co 15:20)  Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.
(1Co 15:21)  Want aangesien die dood deur ‘n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ‘n mens.
(1Co 15:22)  Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
(1Co 15:23)  maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.
(1Co 15:24)  Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.
(1Co 15:25)  Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.

_________________________________________________________________________________

Donderdag 29 Desember 2016

Die man die hoof van die vrou

1Kor. 11:3 - "Maar ek wil hê dat julle moet weet dat
- Christus die hoof is van elke man, en
- die man die hoof van die vrou, en
- God die hoof van Christus".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
HOEKOM HEERS DIE MAN OOR DIE VROU?
Daar is 2 redes wat vir ons gegee word in 1 Tim. 2:13,14 van hoekom die man oor die vrou gestel is:
(1) Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva.
(2) En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.


(1) (1Ti 2:13)  Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva.
In enige familie dra die eersgeborene meer gesag. Om daardie rede moet die jonger broers en susters altyd die oueres gehoorsaam - nie net omdat hulle eerste gebore is nie, maar ook omdat hulle wyser is.  Hulle het meer kennis omdat hulle ouer is.  Meer ondervinding van die lewe en hoe ouer mens word, hoe meer wys word jy.  Die Christelike ondervinding word ook op dieselfde manier voorgestel  -  "babas - kinders - jongmense - vaders...  Baie wat tot geloof kom, stop by die baba stadium, ander vorder slegs tot die jongmens stadium... Dit is altyd gevaarlik vir 'n Christelike gemeente as daar gelowiges is wat die gemeente lei asof "vaders" maar hulle is nog eintlik "babas" - dit het ook gebeur in die gemeente van Korinthiers!, en het nie goeie gevolge gehad nie  (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/hoe-groei-die-christen-geestelik.html). Vaders kan nie deur babas gelei word nie. Ook moet ons verstaan dat in die koninkryk van God dit nie slegs gaan oor wie eerste gebore is nie, maar ook oor wie "gegroei" het!  Die wat nie regtig tyd maak met die Here en Hom en Sy woord te leer KEN nie, of die wat nie belangstel om oorwinning te kry oor sonde nie, bly altyd by die baba-stadium.  Dit is ook juis die dinge wat wys wie regtig glo en gehoorsaam. En ook die rede waarom baie hulle eersgeboortereg verloor het! As die ouere nie groei nie, kan hy nie die jongere ly nie.

Ons vind verskeie voorbeelde in die Skrif van mense wat hulle eersgeboorte posisie verloor het omdat hulle nie hul posisie respekteer het nie.  As jy die oudste is, moet jy soos die oudste optree!  In die O.T. was die eersgeborenes gesien soos die "priesters" van die familie, maar baie het hierdie posisie verloor omdat hulle nie soos priesters opgetree het nie. Neem bv. vir Esau, Ruben, die eersgeborenes onder die volk v/d Here....ens.(http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html ).  Net soos wat hierdie eersgeborenes hulle eersgeboortereg en priesterlike verpligtinge verloor het a.g.v. ongehoorsaamheid en ongeloof, moet Christene wat bekendstaan as deel van die heilige volk en priesterdom, versigtig wees en nie dink dat hulle kan staatmaak op "plek" as hulle hul plek nie respekteer nie. Net so kan die MAN nie staatmaak op sy "eersgeboortereg" (as man) as hy stap in ongehoorsaamheid en ongeloof nie! Die man se outoriteit oor die vrou is onderwerp aan sy onderdaningheid aan die Here! As 'n man sy eersgeboortereg wil behou, dan moet hy soos 'n eersgeborene optree.  Op dieselfde wyse wat Adam eerste gemaak is en daarna Eva,  is Christus Jesus die EERSGEBORENE van die hele skepping (Kol. 1:15; Hebr. 1:6).  Hy is ook die Eersgeborene uit die dode (Kol. 1:18; Openb. 1:5) (die eerste wat die dood oorwin het, en eerste van almal wat sal opstaan tot lewe);  en dus ook die Eersgeborene onder baie broeders (Rom. 8:29);  EN DUS DIE HOOF VAN DIE MAN!

Op dieselfde wyse is die volk Israel gesien as God se "eersgebore seun", die eerstelinge van Sy opbrings (Jer. 2:3)(maar is ook geroep spesifiek omdat Abraham se GELOOF hom tot geregtigheid gereken is). As God vir Hom 'n volk moes kies wat eendag saam met Hom regeer en lei, dan sal Hy nie 'n volk kies wat alreeds bewys het dat hulle in ongehoorsaamheid lei nie (soos Eva in ongehoorsaamheid gelei het nie)! Daarom het Hy vir Hom 'n volk bymekaargemaak uit die nageslag van Abraham.  En uit hierdie volk (en deur die "Seun van Dawid" - en dan die saad van Sy eersgebore Seun Jesus Christus, deur Sy Gees) maak die Here vir Hom 'n priesterlike volk bymekaar wat uiteindelik alles sal erf en saam met Hom sal heers - 'n gemeente van eersgeborenes (Hebr. 12:23). Daarom word Christene genoem 'n "priesterdom", want hulle is gebore uit die saad van God...  en sal eendag saam met Hom regeer. http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/en-ons-gemaak-het-konings-en-priesters.html


(2) (1Ti 2:14)  En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.
Die tweede rede waarom Adam oor die vrou heers is omdat sy ongehoorsaam was en toe vir Adam "verkeerd gelei" het.  (Sy het dus gewys dat sy nie 'n leier is nie, want 'n goeie leier "lei" nie verkeerd nie). Adam boet natuurlik vir die feit dat hy hom deur die ongehoorsame vrou laat lei het, maar daar word nou van hom verwag om anders te lei as wat sy gedoen het, want hy moet  leiding neem in gehoorsaamheid en geloof . As priester word dit van hom verwag om as leier " 'n boodskapper vir die Here" te wees, om "die Here te raadpleeg en Sy wil te ken"  en "die familie in die wil van die Here" te lei. Hy het ook 'n verdere plig om "die kennis te bewaar" en natuurlik daarom lering te gee. Geen man kan staatmaak op die "priesterskap" as hy nie doen wat van 'n priester verwag word nie.  Die Christelike man moet besef dat gebed en om die Here te raadpleeg en Sy wil te soek, die basis is van "sy leiding".  En as hy nie tyd maak om die Here en Sy dinge te leer ken nie, hoe kan sy familie dan enigsins staatmaak op sy lering?  'n Deugsame vrou laat haar nie deur 'n blinde leier lei nie, want dit sou beteken dat sy self ook blind is - as sy haar deur 'n blinde man laat lei, sal hulle altwee in die sloot val. (Matt. 15:14).  Maar 'n man wat soek na die waarheid en die Here ken en raadpleeg, dit is 'n man wat sy gesin kan lei in die wil van die Here...

Daar word van Adam verwag om te lei, maar nie soos Eva hom gelei het (in ongehoorsaamheid) nie, maar sy leiding moet gebeur deur geloof en gehoorsaamheid aan die Here.
Op dieselfde wyse is die volk Israel gesien as God se "eersgebore seun", die eerstelinge van Sy opbrings (Jer. 2:3), maar is ook geroep spesifiek omdat Abraham se GELOOF hom tot geregtigheid gereken is!  Maar wat het gebeur met die ongehoorsame en ongelowige takke op hierdie boom (van eersgeborenes)? - Hulle is afgebreek en ander takke (wat nie oorspronklik deel was v/d "eersgebore seun"/volk nie) is op die olyfboom ingeënt  (Rom 11:17). Maar let op die waarskuwing in v.19-21 aan die Christene uit die heidene (die wat ingeent is in die afgebreekte takke se plek):
-(Rom 11:19)  Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word.
-(Rom 11:20)  Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees.
-(Rom 11:21)  Want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal Hy miskien jou ook nie spaar nie.
Ons sien dus die belangrikheid van om "in die GELOOF te bly".  Die wat priesters wil wees moet priesters wees IN GELOOF en GEHOORSAAMHEID AAN DIE HERE, anders kan hulle dit verloor... 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
EN DIE TWEE SAL EEN VLEES WORD:

DIE MANIER HOE DIE MAN OOR SY VROU HEERS GESKIED IN LIEFDE.  HY HEERS OOR HAAR SOOS HY OOR SY EIE LIGGAAM HEERS (want hulle twee is EEN). Die Christelike man lei sy vrou om ook aan die Here gehoorsaam te wees (net soos hyself is), en staan nie in haar pad om die Here se opdragte uit te voer en deur die Here gebruik te word nie. Die Christelike man sien nie sy regering as outokraties en selfsugtig nie, maar bewys eer aan sy vrou, leef verstandig met haar saam en word nie bitter nie. Hy respekteer haar liggaam soos sy eie. Die manier waarop hy sy vrou lei, is ook die manier waarop hy graag self gelei sou wou word, want haar vlees is soos sy eie vlees. Sy behae is na sy vrou, maar as hoof van die vrou, is sy behae eerstens na die Here sodat hy haar kan lei in onderdanigheid aan die Here. Hy is ook bereid om sy lewe vir haar af te le (want haar vlees is soos sy eie vlees).
------------------------------
(Mar 10:8,9 - "en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie")
(Ef. 5:28)  So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief;
(Ef. 5:29)  want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.
(Ef. 5:30)  Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene.
Wanneer 'n man en vrou in die huwelik tree, dan word hulle EEN.  Maar wat beteken dit?  Veral verwys dit na hoe die twee nie mag skei nie (want hulle is nou EEN)(Mat 19:5,6), maar dit verwys ook daarom na hoe "die man die vrou moet liefhe".  In Ef. 5:28-30 word dit verduidelik dat die vrou se liggaam vir die man word soos sy eie liggaam (net soos ons ook lede is van een liggaam in Christus Jesus).  Die man moet dus sy vrou liefhe soos hy homself liefhet. Op dieselfde wyse wat hy sy eie liggaam voed en koester, moet hy vir haar "voed en koester".  (Ef. 5:31 - "Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word"). Ook net soos Christus die gemeente liefgehad het en Homself daarvoor gegee het, so moet die mans hulle eie vroue liefhê (Ef. 5:25).

As 'n man sy vrou sien "soos sy eie vlees", en hy is 'n man wat onderdanig is aan sy Here, dan sal hy ook nie in sy vrou se pad staan wanneer sy aan die Here onderdanig wil wees nie, en sal haar respekteer as 'n mede-erfgenaam van die genade v/d lewe (1 Pet. 3:7).  Alhoewel die vrou ondergeskik is aan die man, moet ons ook verstaan dat, as sy aan Christus behoort, is sy ook ondergeskik aan Hom!;  eintlik, ten eerste ondergeskik aan Christus en dan ondergeskik aan die man (omdat Christus die hoof is van die man!) - dit beteken dat as haar man ongehoorsaam is aan die Here, sy eerder die Here moet gehoorsaam as haar man. As 'n man werklik onderdanig is aan die Here gaan hy nie sy eie wil kies bo die wil van die Here nie.

Die man en vrou is wel besorg oor hoe hulle mekaar behaag ("to be agreeable, to please")(1Kor. 7:29-34), maar as hulle altwee se behae eerstens na die Here is (en dan na mekaar), dan sal hulle ook met mekaar saamstem. 

(Kol. 3:19)  Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.


(1Pe 3:7)  Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is—sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.
(1Kor. 7:3)  Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man.(1Kor. 7:4)  Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou.(1Kor. 7:5)  Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.(1Kor. 7:6)  Maar dit sê ek (Paulus) by wyse van toelating, nie by wyse van gebod nie.

---------------------------------------------------------------------------------------------
TEKEN VAN ONDERDANIGHEID:
(die "teken" van die hoofbedekking)

"Tekens" vorm 'n belangrike deel van kultuur, en word gebruik om iets voor te stel, riglyne neer te le of mense te herinner aan iets belangrik wat gebeur het.  "Tekens" bepaal ook baiemaal die stand van 'n volk en wat hulle glo en as belangrik reken.  So is vakansiedae bv. ingestel as tekens.  Kersfees stel vir meeste Christene Christus se geboorte voor, maar het 'n ander betekenis vir die wat nie glo nie. Tekens soos die nagmaal en die Christelike doop dra geweldig baie waarde vir die Christen, maar is van geen waarde vir die wat nie glo nie.  Dit is duidelik dat die wat nagmaal gebruik ook hulle stand in die samelewing beskryf, want die wat die nagmaal gebruik, is die wat bely dat hulle glo in die Here Jesus Christus en Sy offer aangeneem het.  Deur die teken van die nagmaal te gebruik, word ons herinner aan die duur prys wat Christus Jesus vir ons betaal het... Dus,   "Tekens" beskryf 'n kultuur se waardes.  In die Ou Testament was daar heelwat tekens wat vir daardie mense sin gemaak het, maar nie vir ons vandag nie.  Bv. die verskillende feeste wat op spesifieke tye geval het rondom die oesjaar.  Net so was daar, (behalwe die Sabbat), heelwat ander "sabbatte" en spesifieke vasdae wat alles waarde gehad het vir hulle, maar nie dieselfde waarde vir ons vandag nie.  En hier moet ons onderskei tussen wat is kultuur en wat is wet.  Baie wette van die O.T. was gegee ter wille van kultuur - so, ons moet ook onderskei tussen "wette van die Here" en "wette wat Hy gegee het terwille van kultuur".

Die teken van hoofbedekking was iets belangrik in hulle kultuur, want vir hulle het dit die man se gesag oor die vrou voorgestelTog was dit nooit 'n wet deur die Here gegee nie, en ook nie so 'n wet deur die Here gegee terwille van kultuur nie, maar dit was 'n gewoonte by sekere volke omdat die Here die man bo die vrou gestel het (Gen. 3:16).  Met hierdie teken het hulle dus bely dat hulle glo dat die man bo die vrou gestel is. Hierdie teken het iets voorgestel. In verskeie kulture vandag word die hoofbedekking steeds gebruik om onderdanigheid aan die man voor te stel.  In die eerste gemeentes was dit egter nie almal se oortuiging dat die bedekking nodig is nie, en miskien juis omdat nie alle Christene uit die heidene hierdie gewoonte in hulle betrokke kultuur nagevolg het nie(?).  Vir die Joodse Christene was dit inderdaad belangrik en ons kan sien hoe ernstig Paulus hieroor gevoel het. In 1 Kor. 11:3 maak hy dit duidelik waarom hy dink dit belangrik is (en duidelik die rede vir die hoofbedekking):  " Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus". Maar dan se hy ook in 1 Kor. 11:13 - "Oordeel self: Is dit betaamlik dat ‘n vrou met onbedekte hoof tot God bid?".  En ja, elkeen sal dit verskillend beoordeel, want vir die Joodse Christen was dit belangrik, maar vir baie Christene uit die heidene sou dit nie belangrik wees nie, nie omdat hulle noodwendig nie glo dat die man oor die vrou heers nie, maar omdat die teken nie eintlik vir hulle waarde dra nie. Behalwe dit is dit nie net Christen mans wat gevul word met die Heilige Gees nie, maar ook vrouens. En dit is nie net Christen mans wat die gawes van die Gees ervaar en die skrifte leer nie, maar ook Christelike vrouens, en hulle word ook deur die Here gebruik.  En is ook deel van die GEMEENTE VAN EERSGEBORENES! (Gal 3:28 - " Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus") - hierdie skrif was wel nie gebruik in konteks met wie leiers is of nie, maar in die konteks met "wie volgens belofte erfgename is".  In die huweliksverhouding is die man inderdaad die een wat regeer, maar in die Here is beide man en vrou "eersgeborenes" en "priesters".  Ook is dit nie meer dieselfde soos in bybelse tye toe meeste vroue nie geleerdheid gehad nie;  inteendeel, in sommige Christelike huise het die vroue meer kennis van die Here se dinge as hulle mans.  Dus, om vandag van die vrou te verwag om stil te bly sodat die man alleenlik die lering doen (1 Tim. 2:11) kan in sommige huise tot gevolg he dat die kinders sonder die waarheid grootword!, of verdraaide leerstellings ontvang...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
HOE MOET DIE MAN SY HUIS REGEER:

 Die dissipels het 'n paar maal die tema aangeraak van hoe belangrik dit is vir die man om sy huis te regeer.  Dit is duidelik dat die mans dit nie altyd so lekker onder beheer gehad het nie! Kyk bv. 1Ti_3:5 - "Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg dra?". Dit was geskryf in konteks met die wat 'n opsienersamp begeer het.  Maar laat ons aandag gee aan die dinge wat van die opsiener verwag word (waarvan o.a. "om sy eie huis te regeer"), want dit is duidelik dat die persoon wat hier voorgestel word nie een is wat outokraties sy eie wil soek nie, maar een wat "die Here se wil soek" en Hom gehoorsaam - hy verstaan dus dat sy "regering" ten eerste gaan oor onderdanigheid aan die Here.  En dit des te meer wat bedoel word in 1 Tim. ! - IS DAT IEMAND NIE VIR DIE GEMEENTE VAN GOD KAN SORG DRA AS HY DIT NIE EENS VIR SY EIE HUIS KAN DOEN NIE.  Die Christen-man moet weet wat die wil van die Here is voor hy vir sy familie kan sorg.  Die opsiener moet weet wat die wil van die Here is voor hy vir die gemeente kan sorg. Ons sien ook dat die opsiener verder bekwaam moet wees om te onderrig! (1 Tim. 3:2).  En verder is dit verseker 'n priesterlike plig om die kennis te bewaar en die wat onderdanig is aan hom, te LEI IN DIE WAARHEID (en om dit te kan doen, moet hy natuurlik die waarheid soek en ken).

ONS MOET VERSTAAN DAT DAAR 'N BALANS IS  -  DIE MAN SE OUTORITEIT OOR DIE VROU HET alles TE DOEN MET SY ONDERDANIGHEID AAN DIE HERE!  As hy nie onderdanig is aan die Here nie en nie ag gee op die eerste twee gebooie nie, dan sal hy sy familie heeltyd leed doen want sy outoriteit sal een wees uit selfsug en eie wil. En dan gaan sy leierskap tot sy eie val wees want hy kom dan nie die tweede gebod na nie.  Baie Christen-mans het hulle plek as "EERSGEBORENES" en PRIESTERS alreeds verloor!  As hy maar die Here soek en Hom raadpleeg en leer ken, dat hy weer in staat kan wees om sy huis te regeer in onderdanigheid aan die Een wat oor hom gestel is, nl. Jesus Christus.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Woensdag 28 Desember 2016

Geheime / verborge skatte/ verborgenhede / in hart bewaar

-Geheim/e
-Verborge skatte
-Verborgenhede
-in hart bewaar
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer is dit verkeerd om 'n geheim te hou?  
Wanneer is dit verkeerd om 'n geheim te ontbloot?  
Kan dit ooit goed wees om enige geheim verborge te hou?  
In hierdie pos gaan ons kyk na die terme: "geheim/e", "verborge skatte", "verborgenhede" en "in hart bewaar", soos dit in die Skrif gebruik word.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
'N OPSOMMING (rol af vir skrifte):

Nie alles wat in die geheim gedoen word of geheim gehou word, is altyd verkeerd nie! - in heelwat situasies is dit juis goed om iets verborge te hou, bv. 'n profesie wat nog nie geopenbaar moet word nie (omdat die tyd nog nie reg is nie), of waar iemand verborge gehou word omdat sy lewe in gevaar is, waar 'n geskenk in die geheim gegee word om toorn tot bedaring te bring, of waar die uitlap van 'n geheim kan veroorsaak dat iemand se lewe bemoeilik word.... Dit is tog nie verkeerd om iemand se geheim uit te lap as dit gaan oor selfverdediging nie, maar wel verkeerd as dit gedoen word om redes van kwaadspreek of as jy nie die ander persoon se versoek om dit verborge te hou respekteer nie.  Maar sondes wat in die geheim gedoen word moet natuurlik anders hanteer word as ander sake en daar is heelwat reels in die Skrif rondom hierdie tema.

Baie dinge wat in die geheim gedoen word is verkeerd, soos bv. die wat in die geheim afgode het en hulle besig hou met onvrugbare werke v/d duisternis,  of die wat konkel in die geheim, mense wat partydig is in die geheim, of die wat moord pleeg in die geheim... 

Oor of dit van ons verwag word om ander se geheime bekend te maak, is 'n kwessie van in watter situasie iemand homself bevind.  Dit is bv. nie verkeerd om ander te waarsku teen kwaadsprekers of valse leermeesters en valse profete nie, maar eerder belangrik om dit aan die lig te bring sodat die hoorders kan onderskei. Jesus het self ook Sy dissispels gewaarsku teen kwaadsprekers en valse profete (Matt. 16:6; Mark. 8:15; Matt. 7:15...), en Sy dissipels het dieselfde gedoen in die eerste gemeentes! (2 Pet. 2:1...) -  in sommige gevalle het hulle selfs mense op die naam genoem wanneer hulle die sonde openbaar gemaak het (2 Tim. 2:16,17...);  Tog,  in ander gevalle, meer presies in gevalle waar sondes bely word!, moet dit eerder verborge gehou word (Jak. 5:16; 1 Kor. 13:5,7).  Dit is nie altyd goed om geheime te openbaar nie.  En veral om redes van "kwaadspreek" is dit baie verkeerd om ander se geheime uit te lap, want die Skrif maak dit duidelik dat geen kwaadsprekers die Koningkryk van God sal beerwe nie (1 Kor. 6:10);  inteendeel, Christene word eerder beveel om hulle af te keer van die wat kwaadspreek (2 Tim. 3:3-5)(Psa 101:5 - "Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal ek vernietig; hy wat hoog van oë is en trots van hart, hom verdra ek nie"). 

In sommige situasies is dit dus nie goed dat iets openbaar gemaak word nie;  in ander situasies moet dit wel gebeur. Ook in gevalle van waar teregwysing nodig is omdat iemand nie wil luister nie, is dit belangrik dat dit aan die lig gestel word met die doel om die persoon te red van afval (1 Kor. 5:1; Jak. 5:20...); of wanneer iemand teen jou sondig en hy nie wil luister wanneer jy hom alleen bestraf nie...(Matt. 18:15-17). Dit is dus duidelik dat sondes wat in die geheim gedoen word anders hanteer word as ander sake wat in die geheim gedoen word. 

Die Here het ook "geheime" (verborgenhede) en dinge wat Hy verborge hou, somtyds vir baie lang tye.  Baie waarhede wat verborge was vir duisende jare, het Jesus Christus kom deel toe Hy die eerste keer gekom het.  Die wat uitverkies word deur die Here, word VRIENDE genoem, want vriende deel alles met mekaar. Daar is nie veel geheime tussen vriende nie.  Aan Jesus se "vriende" is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk te ken!  Die Christen het ook die belofte van opstanding tot lewe, maar het dit nog nie ontvang nie want vir nou is dit nog "verborge", en dit sal in heerlikheid openbaar word wanneer Christus terugkom. Christus het verder ook die koninkryk vd hemele voorgestel soos 'n skat wat in 'n saailand begrawe is, wat iemand ontdek en wegsteek, en dan weggaan en alles verkoop sodat hy daardie saailand kan koop! ... Wat is ons bereid om op te gee ter wille van hierdie verborge skat?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Gevalle in die Skrif wat genoem word van dinge wat verkeerdelik in die geheim gedoen word:
-  iemand wat "in die geheim" 'n afgod het (Deut. 13:6; 27:15...);
-  iemand wat "in die geheim" 'n moord pleeg; (Deut. 27:24);
-  mense wat konkel in die geheim (1 Sam. 18:22; Matt. 2:7);
-  mense wat in die geheim partydig is (Job. 13:10);
-  of besig is met die onvrugbare werke van die duisternis (Ef. 5:12);
-  die wat met kwaadsprekerery omgaan (Spr. 20:19).

Aan die een kant is dit goed dat sekere geheime openbaar word (soos wanneer iemand in die geheim 'n afgod het) - en Openlike teregwysing is beter as verborge liefde! (Spr. 27:5), MAAR neem kennis dat dit nie altyd goed is dat 'n geheim openbaar gemaak word nie. Die Skrif gee vir ons verskeie voorbeelde hiervan, maar waar geheime te doen het met SONDE, kom dit gewoonlik uit, en sal elkeen wat dit doen verseker deur die Here geoordeel word want Hy weet van elke geheim (Ps.69:5...) , ook van alles wat die mens in sy hart bedink (Matt. 1:19...).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Nie alles "wat in die geheim is", is verkeerd nie - ons is dan "in die geheim gemaak (gevorm)! (Ps. 139;15). Somtyds wanneer die Here Sy geheime met iemand deel soos in die geval met profesie, is dit bedoel vir die teenwoordige tyd (Dan. 2:19) (Dan. 2:27-47; 4:9), maar ander kere word iemand gevra om dit vir eers geheim te hou tot die tyd reg is (Dan. 12:4,9; 8:26). Om 'n geheim te hou word dus glad nie altyd gesien as iets negatief nie;  die tyd moet ook reg wees vir 'n geheim om gedeel te word, soos in die geval van sekere profesiee.

-  Die Skrif leer vir ons dat in sekere gevalle dit beter is om 'n saak te bedek as om die geheim te openbaar! (Spr. 11:13; 20:19; 25:9).
-  Net so kan 'n geskenk in die geheim toorn tot bedaring bring (Spr. 21:14).

DIT IS dus NIE ALTYD GOED OM 'N GEHEIM TE OPENBAAR NIE!, 
en veral verkeerd in die volgende gevalle:
- KWAADPREEK: (Spr. 11:13 - "Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak ‘n geheim openbaar, maar hy wat betroubaar is van gees, bedek ‘n saak");(Spr. 20:19 - "Wie met kwaadsprekery omgaan, maak ‘n geheim openbaar; laat jou dus nie in met een wat sy lippe laat oopstaan nie").
- WANNEER DIT NIE GAAN OOR SELFVERDEDIGING NIE: (Spr. 25:9 - "Verdedig jou saak teen jou naaste, maar openbaar ‘n ander se geheim nie")
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die mens kan wel geheime hou wat hy nie wil he ander moet van weet nie, maar kan niks wegsteek vir die Here nie:
Die Here weet alles wat die mens in sy hart bedink, ook van elke geheim, soos toe Josef hom in sy hart voorgeneem het om in die geheim van Maria te skei (Matt. 1:19; Ps. 44:21(44:22) "sou God dit nie naspeur nie? Want Hy ken die geheime van die hart"; Ps. 38:9,10; 69:5,6; 139:15).  God is die een wat geheime kan openbaar (Dan. 2:28,29; Jes. 48:6; Deut. 29:29; Job 28:11, 21; Ps. 19:6,7; Dan. 2:22)(Pred. 12:14 Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg).

- Hos_5:3  Ek ken Efraim, en Israel is vir My nie verborge nie; want nou het jy owerspel bedrywe, o Efraim! Israel is verontreinig. 
- Zep_2:3  Soek die HERE, o alle ootmoediges van die land, wat sy ordening onderhou; soek geregtigheid, soek ootmoedigheid—miskien sal julle verborge bly op die dag van die toorn van die HERE. 
- Mat_10:26  Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie. 
- Mar_4:22  Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, en daar is niks weggesteek nie of dit moet in die lig kom
- Luk_11:33  En niemand steek ‘n lamp op en sit dit in ‘n verborge plek of onder die maatemmer nie, maar op die staander, sodat die wat binnekom, die lig kan sien. 
- Luk_12:2  En daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie. 
- Rom_2:16  in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie. 
- 1Co_4:5  Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang. 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Here hou sekere dinge somtyds verborge tot die tyd reg is. Somtyds sorg Hy dat geheime onmiddellik openbaar word omdat dit nodig is: -In die geval van Luk. 8:43-48 wou die vrou wat gesond geword het dit verborge hou, maar Jesus het gekies om dit openbaar te maak en wou weet wie Hom aangeraak het. Wat die Here se rede hiervoor was weet ons nie, maar miskien was dit omdat haar getuienis belangrik was vir die skare....

Baie waarhede was VERBORGE tot Jesus Christus gekom het:  ("Mat_13:35 - "sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af"). Die Christen se lewe is ook saam met Christus VERBORGE in God, en sal in heerlikheid openbaar word wanneer Christus terugkom (Col 3:3,4). Die Christen het die belofte van opstanding tot lewe, maar het dit nog nie ontvang nie - vir nou is dit nog "verborge".  Ook sal hy dit nie ontvang as hy dit nie SOEK nie  - (rol af na die opsomming oor "verborge skatte) - Christus het die koninkryk vd hemele voorgestel soos 'n skat wat in 'n saailand begrawe is, wat iemand ontdek en wegsteek, en dan weggaan en alles verkoop sodat hy daardie saailand kan koop! Wat is ons bereid om te doen om die saailand in die hande te kry, sodat ons die verborge skatte kan ontvang?

(Openb. 2:17  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang). 

Verborgenhede:
- Vriende het nie veel geheime tussen mekaar nie.  Die wat uitverkies word deur die Here word "vriende" genoem omdat Hy alles met hulle deel (Joh. 15:15)- "Hy lap Sy verborgenhede aan hulle uit".  (Luk 8:10 - En Hy antwoord: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken; maar aan die ander deur gelykenisse, sodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie").

(1Kor. 4:1)  So moet ons dan beskou word as dienaars van Christus en bedienaars van die verborgenhede van God.

(1Co 14:2)  Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.
Eph_3:9  en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus, 

Col_1:26  naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons moet ag gee op die naasteliefde en iemand se versoek respekteer wanneer hy vra dat iets vir eers verborge gehou word:

Mar_7:24  En Hy het opgestaan en daarvandaan na die gebied van Tirus en Sidon vertrek. En toe Hy in die huis gegaan het, wou Hy nie dat iemand dit sou weet nie; maar Hy kon nie verborge bly nie.

Soos ons reeds bo gesien het is dit somtyds nodig dat iets verborge bly omdat dit nog nie die regte tyd is om openbaar gemaak te word nie (let wel dat ons in hierdie gedeelte nie kyk na die kwessie van "verborge sonde" nie). Mense verstaan dit nie altyd nie en hulle "logika" staan baiemaal in die pad hiervan. Bv. in Mark. 1:44 het Jesus 'n melaatse gereinig en gewaarsku dat hy dit aan niemand moet vertel behalwe om hom te gaan toon aan die priester......  Maar die persoon het steeds uitgegaan en begin om baie dinge rond te vertel en die saak rugbaar te maak  - die gevolg was dat Jesus nie meer openlik in ‘n stad kon ingaan nie; maar Hy was buite in verlate plekke, en hulle het van alle kante na Hom gekom (Mark. 1:45).  Baiemaal gebeur dit ook so in ons eie lewens dat ons blootgestel word aan omstandighede en allerhande moeilikhede net omdat iemand nie 'n geheim kon hou nie! Ons moet ag gee op die naasteliefde en ander se versoeke respekteer wanneer hulle ons vra om iets eers verborge te hou, maar baiemaal reken iemand hy weet beter en tree ter wille van iemand anders op en veroorsaak so probleme vir daardie persoon.

Jesus se broers het ook hierdie verkeerde opvatting gehad dat hulle dink hulle weet beter:
(Joh 7:2)  En die fees van die Jode, die huttefees, was naby.
(Joh 7:3)  Sy broers het toe vir Hom gesê: Vertrek hiervandaan en gaan na Judéa, sodat u dissipels ook u werke kan sien wat U doen.
(Joh_7:4)  Want niemand doen iets in die geheim en soek tegelykertyd om in iedereen se mond te wees nie. As U hierdie dinge doen, vertoon Uself aan die wêreld.
Jesus het nie heeltemal net in die geheim gespreek nie en het in die sinagoge geleer en in die tempel, waar die Jode vergader het (Joh. 18:20), maar sy broers wou he dat Hy Homself vertoon aan die wereld, tog nie in ag geneem dat Jesus goeie rede gehad het vir Sy besluit om terug te hou nie.  Die rede hoekom sy broers dit gese het, is omdat hulle nie in Hom geglo het nie (v.5).  Hulle het Hom nie vertrou nie!, want as hulle Hom vertrou het, sou hulle Sy besluit respekteer het en Hom nie bombardeer met woorde van wat hulle reken eintlik moet gebeur nie. (Joh_7:10  Maar nadat sy broers opgegaan het, toe het Hy ook opgegaan na die fees, nie openlik nie, maar in die geheim) -  Somtyds moet iets in die geheim geskied om verskeie redes, o.a. dat die tyd nog nie reg is nie of soos in Jesus se geval, omdat Sy lewe in gevaar was! (Joh_19:38; Eks. 2:3; 1 Sam. 19:2; 2 Kon. 11:3).

Kom ons kyk na nog gevalle van dinge wat in die geheim gedoen is, ten goede:
- (Joh 19:38)  En ná hierdie dinge het Josef van Arimathéa, wat ‘n dissipel van Jesus was, maar in die geheim, uit vrees vir die Jode, vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus mag wegneem. En Pilatus het dit toegelaat. Hy het toe gegaan en die liggaam van Jesus weggeneem.
- (Exo 2:3)  Maar toe sy hom nie langer verborge kon hou nie, het sy vir hom ‘n mandjie van biesies geneem en dit met lymgrond en pik bestryk; en sy het die seuntjie daarin neergelê en dit in die riete aan die kant van die Nyl gesit.
- (1Sa 19:2)  en Jónatan het dit aan Dawid meegedeel en gesê: My vader Saul soek geleentheid om jou dood te maak: pas dan nou môre vroeg op en hou jou verborge en steek jou weg.
- (2Ki 11:2)  Maar Joséba, die dogter van koning Joram, die suster van Ahásia, het Joas, die seun van Ahásia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word, en hom en sy pleegmoeder in die beddekamer gebring. So het hulle hom dan vir Atália weggesteek, sodat hy nie gedood is nie. (2Ki 11:3)  En hy was saam met haar in die huis van die HERE verborge, ses jaar lank, terwyl Atália oor die land regeer.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In sekere gevalle is die openbaarmaking van geheime nodige:
-  in die geval van waar iemand homself verdedig en hy dan nodig het om sekere dinge van die ander persoon bekend te maak;  tog hoef hy nie onnodige geheime van die ander persoon bekend te maak wat geen waarde tot die verdedigingsaak het nie (Spr. 25:9).

Die gawe van profesie openbaar die geheime van die hart (van die onkundiges en ongelowiges):
-1 Kor._14:25 - "en so kom die geheime van sy hart aan die lig. En so sal hy op sy aangesig val, God aanbid, en verkondig dat God werklik onder julle is".
( die feit dat die persoon se geheime van sy hart aan die lig kom, is nie tot sy nadeel of om die "profeet" te verhef nie, maar bedoel om die persoon se oe op die Here te rig - op die Een wat alles weet en sien).

Ook teregwysing openbaar die geheime van die hart:
-Openlike teregwysing is beter as verborge liefde! (Spr. 27:5).
(maar ons moet ag neem dat daar ook bepaalde reels is rondom teregwysing, wat veral moet geskied in sagmoedigheid...2 Tim. 2:25).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Verborge skatte:

Daar is 'n rede waarom skatte geheim gehou word.  Jesus het die koninkryk van die hemele vgl. met 'n verborge skat in 'n saailand: Mat_13:44 - "Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand". As 'n skat nie verborge is nie, kan enige iemand dit vat, maar as dit weggesteek is, is dit selgs die wat kennis dra van waar dit weggesteek is wat daarby kan uitkom.  Maar as dit op iemand anders se grond is, kan hy dit nie eenvoudig vir homself neem nie - hy moet eers daardie stuk grond koop en dan is die skat syne.  Wat is ons bereid om te doen om die saailand te koop sodat ons die skat van die ewige lewe kan ontvang? (Kol. 3:3 - "Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God").

Skatte wat verborge is bevat die moontlikheid dat hulle ontdek kan word, en dit kan nie gevind word as dit nie gesoek word nie. Bv., in die Here is al die skatte van wysheid en kennis verborge (Kol. 2:3) en kan gevind word deur die wat bereid is om te soek (Hebr. 11:6; Kol. 3:1; Luk. 12:31).
(Spr. 2:1)  My seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar,
(Spr. 2:2)  sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;
(Spr. 2:3)  ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef,
(Spr. 2:4)  as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte,
(Spr. 2:5)  dan sal jy die vrees van die HERE verstaan en die kennis van God vind

(1Pe 3:3) - "Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, (1Pe_3:4) - maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God". 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In die hart bewaar:
- Besluite kan ook somtyds soos geheime wees wat in die hart bewaar word, bv. 1 Kor. 7:37 - van iemand wat in sy hart besluit om sy maagd te bewaar.  Hy hoef dit nie vir almal te vertel nie. Mense hoef nie altyd so alles van ons te weet nie!

- Baiemaal word iets in die hart bewaar bloot omdat dit nie die persoon self se plek is om dit te deel met ander nie, soos in die geval van Maria - Luk. 2:19 en 51;  of omdat dit nog nie die tyd is dat dit openbaar gemaak word nie (Dan. 7:28). Dit is somtyds goed om iets in die hart te bewaar.. Die waarheid is nie net bedoel om gedeel te word nie, maar ook iets wat ons in ons harte moet bewaar (amper soos "bepeins/oordink") omdat dit vir ons 'n lig op die pad is (Spr. 4:21-23).

Pro_4:21  laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart. 
Dan_7:28  Hier is die einde van die saak. Wat my, Daniël, betref, my gedagtes het my baie verskrik en my gelaatskleur het verander aan my, maar die saak het ek in my hart bewaar
Luk_2:19  maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink
Luk_2:51  En Hy het saam met hulle gegaan en in Násaret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar
1Co_7:37  Maar hy wat in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd te bewaar, hy doen goed. 
_________________________________________________________________________________

Maandag 26 Desember 2016

Onreine geeste

Wat presies is "onreine geeste"?   

In hierdie blogpost gaan ons kyk na 'n studie uit die Skrif oor onreine geeste;  en ook kyk na Christus Jesus (en ook die Christen) se mag oor onreine geeste.
========================================================================
OPSOMMING:
Die volk van God was nie onbekend met die teenwoordigheid van onreine geeste (Sag. 13:2) nie. Die volk het na onreine geeste verwys as "duiwels" (Joh. 10:21), en na iemand met 'n onreine gees verwys as "onder die mag v/d duiwel" (Hand. 10:38).  In heelwat skrifte word die woorde "duiwel besete" gebruik (Mark. 9:32; Matt. 15:22).  Hierdie onreine geeste bly binne-in mense en swerf rond oor die aarde op soek na plek om te rus (Matt. 12:44,45), en probeer om weer terug te gaan na mense van wie hulle uitgedryf is (as die "huis" hulle toelaat) (Luk. 11:24; Matt. 12:45; Mark. 9:25).  Toe Jesus in Mark. 9:25 die onreine gees uit die seun uitdryf, het Hy die gees gebied om nooit weer terug te gaan in die seun nie.  Hierdie bose geeste word baiemaal  "onreine" geeste genoem, want die in wie hulle woon, word deur hulle "besoedel" (dan is so iemand dus "nie skoon nie, maar besoedel deur 'n gees"). Onreine geeste is bang vir die pyniging in die onderwereld en het, toe Jesus 'n klomp van hulle uitdryf uit 'n man in Luk. 8:28-32, Hom gesmeek om hulle tog nie na die onderwereld te stuur nie. In die geval van koning Saul was 'n "bose gees" deur God self gestuur om Saul te verskrik (1 Sam. 16:14)(vgl. ook met Rig. 9:23) - dit beteken natuurlik nie dat die betrokke bose gees "goed" was (omdat hy deur God gestuur is) nie, maar moet eerder verwys na God se gesag...

Heelwat verskillende onrein of bose (Rig. 9:23; 1 Sam. 16:14-16,23; 18:10; 19:9; Hand. 19:15,16; Luk. 8:2...) of "ander" geeste (1 Joh. 4:1,3) wat in mense woon, word somtyds in die Skrif op die naam genoem bv. "gees van ‘n afgestorwene, ‘n gees wat waarsê" (Lev. 20:27; Hand. 16:16; 1 Sam. 28:8; Deut. 18:11; 1 Kron. 10:13); " 'n gees van hoerery" (Hos. 4:12; 5:4)(ook i.v.m. afgodsaanbidding);  " 'n stomme gees" (Mark. 9:17); die "gees wat gegee sal word aan die beeld van die dier" (Openb. 13:15)... Hierdie geeste bly nie noodwendig in iemand nie (soos in die geval van waar 'n gees van 'n afgestorwene in iemand bly - Lev. 20:27, nie), maar hulle word somtyds geraadpleeg deur mense (in wie hulle nie woon nie) -  iets wat ook deur die Here spesifiek verbied is! (Deut. 18:10,11). Maar natuurlik, nie oral in die skrif verwys die woord "gees" na bose geeste nie, want in sekere skrifte beskryf die woord "gees" slegs 'n gevoel in iemand se eie gees, soos in Num. 5:14,30 ("gees van jaloersheid").
In die Skrif moet ons altyd onderskei tussen wanneer daar gepraat word van:
- die mens se gees (wat deur die Here in die binneste v/d mens geformeer word)(Sag. 12:1; Hand. 7:59; Ef. 4:23; 1 Thess. 5:23; Hebr. 4:12; Esra 1:5; Job 6:4; Ps. 142:3; Spr. 18:14; Pred. 12:7; Jes. 26:9; Jer. 51:11...); of
-die Gees van God / Heilige Gees  (wat woon in die gelowige - deur Wie verskillende gawes en bedieninge werk...);  
- of wanneer daar verwys word na onrein of bose geeste .

Dit gebeur somtyds dat iemand van kindsdae af 'n duiwel in hom kan he (Mark. 9:21) en daar is verskeie voorbeelde in die Skrif van kinders met onreine geeste (bv. Mark. 7:25).  Daar kan meer as een onreine gees in iemand woon, bv. in Maria Magdalene was daar 7 duiwels (Mark. 16:9), en in Mark. 5 het die man ook baie geeste in hom gehad... Die met duiwels/onreine geeste word somtyds na verwys as "siek", en baie wat onreine geeste het, het somtyds spesifieke siektes soos om blind te wees, stom, doof, lam, kreupel (Mark. 9:25; 12:22; Hand. 8:7) - sommige skrifte verklaar dat hulle "gesond word" wanneer die gees uitgedryf word (Matt. 15:28; 17:18; Hand. 5:16)  - MAAR ons moet natuurlik ook verstaan dat siektes nie altyd die gevolg is van onreine geeste nie!!! (Joh. 9:2,3). Sommige kerke laat verkeerdelik leringe toe waar daar geleer word dat alle siektes die gevolg is van vloeke en bose geeste - dit is nie waar nie!

Die met onreine geeste kan ook somtyds baie abnormaal optree - bv., in Matt. 17:18 word die persoon daar "maansiek" genoem, wat beteken "mal" (of kranksinnig-Joh. 10:20). Die man in Mark. 5 het by die grafte gebly, kon voetboeie en kettings uitmekaar ruk en breek, en het dag en nag geskreeu, geen klere gedra nie en homself met klippe stukkend geslaan...  Die stom seun in Mark. 9 het geskreeu, en stuiptrekkings gekry, skuim in die mond, gekners met sy tande en styf geword - ook dikwels het die duiwel hom probeer doodmaak deur hom in die vuur of water te laat val. In Luk. 4:35 het die onreine gees/duiwel die persoon neergegooi, en ook in Hand. 8:7 het die lam en kreupel man met 'n groot stem geskreeu... Dit is duidelik dat die met onreine geeste baiemaal optree asof hulle nie beheer het oor hulle eie liggame nie.  En kyk ons na hoe die mense in Bybelse tye verstaan het van wat gesien word as "kranksinnig" of "mal", is daar ook nog ander vb.e  in die Skrif soos "speeksel wat uit die mond uitloop" en "deure wat gekrap word" (soos toe Dawid homself voorgedoen het as kranksinnig in 1 Sam. 21:13); en iemand wat allerhande bog kwytraak (soos waarvan hulle vir Jesus verkeerdelik beskuldig het - Joh. 10:20).   
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die volk het uitgesien na die tyd wanneer die Here die "onreine gees uit die land (Israel) sal laat wegtrek" (Sag. 13:2).  Hierdie profesie was spesifiek gespreek t.o.v. die tyd wanneer die Messias kom, en kan ook deels verwys na die 3 onreine geeste wat uitgestuur word net voor die Here se terugkoms in Openb. 16:13 (geeste van duiwels wat tekens doen) om die konings te versamel vir oorlog;  maar dit kan ook deels verwys na hoe Babilon die woonplek van duiwels en versamelplek van allerhande onreine geeste sal word (Openb. 18:2).

Toe Jesus Christus die eerste keer gekom het het Hy wel in Sy bediening baie onreine geeste uitgedryf, maar tog nie op daardie stadium noodwendig ook die onreine geeste laat wegtrek uit die land nie - inteendeel het Hy het die volgende verklaar:
-(Mat 12:43)  En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus en vind dit nie.
-(Mat 12:44)  Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier.
-(Mat 12:45)  Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. Só sal dit ook wees met hierdie bose geslag.
Die profesie in Sag. 13 verwys dus na wanneer Jesus Christus  terugkom (wanneer Hy Sy volk en die land sal herstel),  en Hy sal dan "die onreine gees uit die land laat wegtrek" (Sag. 13:2) (http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/08/sagaria-12-en-13.html).  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Jesus Christus het mag oor die duiwels/onreine en bose geeste (Hand. 10:38) en gee ook hierdie mag aan die wat in Hom glo (Mark. 16:17). Hy het baie onreine geeste uitgedryf terwyl Hy op aarde was, en so het Sy dissipels ook gedoen nadat Hy hulle die mag gegee het (Mark. 9).  Die Here Jesus het geleer dat "vas" somtyds nodig is om sekere geeste uit te dryf (Mark. 9). Hy het ook geleer dat Christene liewer bly moet wees oor die feit dat hulle name in die hemele opgeskryf is, as om bly te wees dat hierdie geeste aan hulle onderwerp is (Luk. 10:17-20). Hierdie mag wat die Christen ontvang, gaan dus nie oor selfverheffing of om magtig voor te kom nie...  Alhoewel niemand bose geeste kan uitdryf deur behulp van die duiwel/s nie (Matt. 12:24-28), maar slegs deur die Heilige Gees, beteken dit nie dat almal wat duiwels uitdryf gaan ingaan in die koninkryk van God nie! (Matt. 7:21,22 - Ook nie almal wat in die Here se Naam profeteer of in Sy Naam baie kragte doen, sal ingaan nie, maar dit is slegs die wat die wil van die Vader doen, wat sal ingaan - l.w., GELOOF en WERKE). Tog, al is daar iemand wat in Jesus se Naam duiwels uitdryf en ons nie seker is oor die persoon se stand voor die Here nie, het Jesus vir ons geleer dat ons hom nie moet belet nie (Mark. 9:38-41 - "want wie nie teen ons is nie, is vir ons"). Kyk gerus wat het gebeur met sommige rondtrekkende Jode (wat duiwelbesweerders was) wie gewaag het om die Naam van die Here Jesus te gebruik waar hulle bose geeste probeer uitdryf het -(alhoewel hulle nie self geglo het in Jesus Christus nie )- (Hand. 19:13-16). Hulle het gedink dat hulle die Naam van Jesus Christus soos 'n towerwoord kan gebruik!  Mense wat hulle met towerye besighou doen dit vir redes van selfverheffing, maar wanneer die Christen (wat GLO in die Here Jesus) Sy Naam gebruik om duiwels uit te dryf, is dit nie ter wille van selfverheffing nie, maar ter wille van getuienis en om die aandag juis op die Here Jesus te vestig, nie op die self nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat leer die Skrif nog vir ons oor die tema van "duiwels"?

-  Alhoewel 'n afgod niks is (omdat dit uit hout of watookal bestaan), word afgodsoffers geoffer aan duiwels en het die wat dit offer of deel het daaraan,  daardeur "gemeenskap met duiwels"  (1 Kor. 10-21).
-  Die duiwels is verleidende geeste wie se leringe ten doel is om mense van die geloof afvallig te maak (1 Tim. 4:1-5). Deur hierdie leringe probeer hulle mense onder wette plaas (soos om te verbied om te trou en gebied dat mense hulle moet onthou van sekere voedsels...) waardeur mense dink dat hulle aanneemlik is sou hulle dit nakom. Maar wat help dit jy het die werke, maar nie die geloof nie?
-  Die duiwels glo dat God één is, en hulle sidder! (Jak. 2:18,19)(Vgl. dit met verskeie skrifgedeeltes waar die duiwels/onreine geeste vir Jesus herken het as die Seun van God!).  Die verskil?  - hulle "glo" in die sin van weet dat Hy is, maar hulle het nie die werke nie, want hulle GEHOORSAAM Hom nie!  Hulle weet ook wie is kinders van die Here en wie het die Gees van God! (Hand. 19:13-17).
-  Aardse wysheid wat lieg teen die waarheid, word gesien "as duiwels" - saam met dit, bittere afguns en selfsug... - in konteks gaan dit hier oor die verdraaiing v/d waarheid en kwaadspreek teenoor daardie broeders wat die waarheid verkondig(Jak. 3:14,15).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die begrip "onrein geeste" verwys na GEESTE VAN DUIWELS.  
Hierdie geeste is steeds oral op die aarde, in die lug en soek woning in mense -  en aan "die einde", net voor Jesus Christus terugkom, sien ons ook hoe 3 onreine geest uitgaan om die konings v/d aarde en die hele wereld te verlei en te versamel vir oorlog teen die Lam (vir die slag van Armageddon).  In die tyd wanneer die 6de engel sy skaal uitgooi (onder die 7de seel), dan sal daar uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet, 3 onreine geeste kom (wat beskryf word as "soos paddas lyk")(Openb. 16:13) - hulle word as volg beskryf:  "Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God" (Openb. 16:14)....
...Onreine geeste kan tekens doen en mense beweeg om iets spesifiek te doen (wat hulle wil he hulle moet doen) (Openb. 16:14). Die man in Mark. 5 is 'n goeie vb. van waartoe hierdie duiwels instaat is soos die feit dat hulle hom so sterk gemaak het dat hy boeie en kettings kon breek...  

Wat sal gebeur met hierdie onreine geeste wanneer Jesus Christus terugkom?:
-  Dit wil lyk of (baie van) hierdie geeste gestuur sal word om te woon in "Babilon" (na die val van Babilon plaasgevind het).  Die skrif verklaar dat weens Babilon se sondes, dit uiteindelik verwoes sal word, en " 'n woonplek word van duiwels en 'n versamelplek van allerhande onreine geeste"... (Openb. 18:2).  In 'n ander skrif is dit ook duidelik dat die bose geeste weet dat hulle uiteindelik gepynig sal word (Matt. 8:29). Party geleerdes vergelyk onreine geeste met gevalle engele (?), wat natuurlik debateer moet word, want die Skrif leer dat die gevalle engele op die oomblik met ewige boeie onder die duisternis bewaar word vir die oordeel v/d groot dag... (Jud 1:6).   Ef. 6:12 verklaar dat die bose geeste IN DIE LUG is, en soos ons sien in bg. skrifte, hulle WONING IN MENSE PROBEER MAAK.  Die "engele wat gesondig het", is egter in die hel gewerp en "aan kettings v/d duisternis oorgegee" (2 Pet. 2:4 - vgl. met Jud. 1:6).  Matt. 25:41 verklaar ook verder dat die ewige vuur oorspronklik berei is vir die duiwel en sy engele (nie vir die mense nie;  alhoewel baie, sowel ook die dier en die valse profeet, daar sal beland - die wat nie glo en die Here nie gehoorsaam nie -Matt. 25:41; Jud. 1:7; Matt. 18:8)(Openb. 20:10).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
FEITE OOR WAT 'N ONREINE GEES IS:
-  In Luk. 9:42 en Luk. 4:33 word 'n onreine gees " 'n duiwel genoem " (kyk ook Joh. 10:21); of "gees van 'n onreine duiwel", genoem in Luk. 4:33;
-  Die met 'n onreine gees, word ook beskryf as "onder die mag van die duiwel" (Hand. 10:38);
-  Hulle is sleg, sommige slegter as ander (Matt. 12:45);
-  Alhoewel kranksinnigheid nie altyd gesien moet word as die manier hoe iemand met 'n onreine gees optree nie, is daar wel 'n geval in die Skrif  wat wys dat daar somtyds 'n verband tussen die twee geskied (Joh. 10:20)  -  (vgl. dit met Mark. 5:15 - nadat die onreine geeste uitgedryf is, was hy weer "by sy verstand";  die trop vee in wie die geeste ingegaan het, het duidelik kranksinnig geword want hulle het by die krans af in die see ingestorm).  Die met 'n onreine gees, was "besete" (besetene) (Luk. 8:36)(of soos in engels, "possessed with the devil")(vgl. Mark. 5:2,8 met 5:12 en met 5:15  -  5:2 "man met onreine gees"; 5:12 "duiwels";  5:15 "besetene"). In heelwat skrifte word die woorde "duiwel besete" gebruik (Mark. 9:32; Matt. 15:22...).
-  In Matt. 12:22 was 'n duiwelbesetene wat blind en stom was - of die blindheid en stomheid iets te doen gehad het met die duiwel, weet ons nie, maar dit is duidelik dat hy gesond geword het van hierdie dinge toe die duiwel uitgedryf is.  In Mark. 9:25 noem Jesus die onreine gees "stom en dowe gees".
-  In Openb. 16:14 word die onreine geeste ook "geeste van duiwels" genoem.
-  Onreine geeste kan tekens doen en mense beweeg om iets spesifiek te doen (Openb. 16:14);
-  Daar is somtyds baie onreine geeste in een mens, bv. in Maria Magdaléna was daar sewe duiwels (Mark. 16:9); in Mark. 5 het die man baie geeste in hom gehad.


HOE TREE IEMAND MET 'N ONREINE GEES OP?:  
-  Volgens Mark. 5 (die man met die baie geeste):  het by die grafte gebly;  hy was besonders sterk en kon voetboeie en kettings uitmekaar ruk en breek;  die duiwel het hom baiemaal saamgesleep en in die woestyn ingedrywe (Luk. 8:29)- asof hy nie altyd beheer gehad het oor sy eie liggaam nie;  het nag en dag geskreeu; geen klere gedra nie (Luk. 8:27) homself met klippe stukkend geslaan.  
-  In geval van Matt. 9:31,32 het die duiwel veroorsaak dat die man stom was (Luk. 11:14). 
-  Iemand met 'n bose gees is soos 'n "sieke" - in verskillende skrifte word van die persoon van wie die gees uitgedrywe is, gese dat hy/sy "gesond" geword het (Matt. 15:28; Matt. 17:18; )(Hand. 5:16). 
-  In Matt. 17:18 word die persoon met 'n onreine gees, genoem "maansiek" wat ook beteken "mal".  Dikwels het hy in die vuur geval, en dikwels in die water. Vgl. met Mark. 9 - die seun was stom ("stomme gees");  en waar hy hom ook aangryp, skeur hy hom;  kry skuim in die mond;  kners met sy tande en word styf (Mark. 9:18);  stuiptrekkings, val op grond neer met skuim in mond (9:20); die duiwel het hom dikwels probeer doodmaak deur hom in die vuur of water te laat val (9:22); skreeu en stuiptrekkings (9:26);
-  In Luk. 4:35 het die onreine gees/duiwel die persoon neergegooi.  Ook hier in v..34 sien ons hoe hy Jesus Christus herken (wie Hy is) en vir Hom bang is:  "...........Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God!".
-  In Luk. 9:42 het die duiwel die seun geskeur (?) en laat stuiptrekkings kry.
-  Ook in Mark. 1:23 het die onreine gees die man stuiptrekkings laat kry en met 'n groot stem geskreeu.
-   In Hand. 8:7 het baie wat lam en kreupel was, gesond geword wanneer die onreine gees uitgedrywe word;  hulle het ook met 'n groot stem geskreeu.


WAAR BLY HULLE?
-  Hulle swerf rond oor die aarde en soek plek om te rus  -  bly in sekere mense (Matt. 12:44,45).  (Dit is duidelik dat die onderwereld vreeslik is om in te bly, want die duiwels (in Mark. 5:  en Luk. 8:31) wou nie he dat Jesus hulle onderwereld toe stuur nie en het Hom gevra om hulle tog nie te pynig nie.
-  Wanneer hulle uitgedryf is, probeer hulle weer teruggaan om in daardie mens te gaan bly (Luk. 11:24; Matt. 12:45; Mark. 9:25).

KAN KINDERS ONREINE GEESTE HE?
- Ja, in Mark. 9:21 is daar iemand wat dit van kindsdae af gehad het. Daar is nog voorbeelde van kinders met onreine geeste, soos in Mark. 7:25:  'n dogtertjie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In die Skrif moet ons altyd onderskei tussen wanneer daar gepraat word van:
die mens se gees (wat deur die Here in die binneste v/d mens geformeer word)(Sag. 12:1; Hand. 7:59; Ef. 4:23; 1 Thess. 5:23; Hebr. 4:12; Esra 1:5; Job 6:4; Ps. 142:3; Spr. 18:14; Pred. 12:7; Jes. 26:9; Jer. 51:11...); of
-die Gees van God / Heilige Gees  (wat woon in die gelowige - deur Wie verskillende gawes en bedieninge werk...);  

- of wanneer daar verwys word na onrein of bose geeste .
WATTER VERSKILLENDE "GEESTE" WORD IN DIE SKRIF GENOEM:

(1) -ander geeste:
- heelwat "ander geeste" (2 Kor. 11:4)(1 Joh. 4:1; 1 Joh. 4:3)
-  bose gees (Rig. 9:23; 1 Sam. 16:14-16,23; 18:10; 19:9; Hand. 19:15,16);
-  gees van ‘n afgestorwene (nie onreine gees nie maar is gees van iemand wat dood is) - maar hulle mag nie geraadpleeg word nie! - dan onrein - ‘n gees wat waarsê (Lev. 20:27; Hand. 16:16; 1 Sam. 28:8; Deut. 18:11; 1 Kron. 10:13);
-  'n leuengees (1 Kon. 22:22,23);
-  'n gees van hoerery (Hos. 4:12; 5:4)(afgodsaanbidding);
-  die onreine gees (Sag. 13:2);
-  'n stomme gees (Mark. 9:17);
-  gees wat gegee sal word aan die beeld van die dier (Openb. 13:15);
--------------------------
(2) -die mens se gees (is nie 'n onrein of duiwelse gees nie, maar "asem" waarsonder niemand kan lewe nie -Gen. 2:7, en 'n gees wat deur God in iemand se binneste gevorm word -Pred. 12:7)
-  die mens se gees (Sag. 12:1; Hand. 7:59; Ef. 4:23; 1 Thess. 5:23; Hebr. 4:12; Esra 1:5; Job 6:4; Ps. 142:3; Spr. 18:14; Pred. 12:7; Jes. 26:9; Jer. 51:11...);
-  gees van jaloersheid (Num. 5:14,30) - in hierdie geval verwys dit na 'n gevoel (in die persoon se eie gees);
--------------------------
(3) -die Gees van God (is nie 'n onrein of duiwelse gees nie, maar is 'n Gees van God)(Jesus Christus stuur Sy Heilige Gees aan Sy kinders, en net soos die natuurlike mens nie kan lewe sonder die asem wat God gee nie, net so kan die geestelike mens nie lewe sonder die asem vd Heilige Gees nie)
- die Gees van God / Heilige Gees  (deur wie verskillende gawes en bedieninge werk).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

DUIWEL BESETE: 
Die volk het na onreine geeste verwys as "duiwels" (Joh. 10:21), en na iemand met 'n onreine gees verwys as "onder die mag v/d duiwel" (Hand. 10:38).  In heelwat skrifte word die woorde "duiwel besete" gebruik (Mark. 9:32; Matt. 15:22), of sommige is aangespreek as "besetenes". Mat_9:32  En terwyl hulle weggaan, bring die mense ‘n stom man wat van die duiwel besete ("possessed with a devil") was, na Hom toe.

Gewoonlik wanneer iemand BESETE is, dan tree hulle op soos iemand wat sonder beheer is en die woord word vertaal as "mal",  "waansinnig" of "kranksinnig".  Net soos siekte beheer het oor 'n kranke se liggaam en die persoon nie heeltemal in mag is van sy eie liggaam nie, so het die duiwel beheer oor die persoon wat duiwel besete is, en daardie persoon het nie altyd mag oor sy eie liggaam nie. Ons sien die talle vb.e in die Skrif, boontoe genoem, wat juis uitbeeld hoe die duiwels diesulkes se stemme of aksies somtyds oorneem en hoe die persone nie daaroor beheer het nie.

Mal mense sê ook baiemaal dinge wat glad nie waar is nie -  iets in hulle kop wat hulle regtig dink so is, maar nie werklik is nie;  of hulle praat deurmekaar en maak nie veel sin nie. Mens wil nie eens luister na so iemand nie en gewoonlik word die wat regtig mal is, ge-ignoreer en daar word natuurlik nie veel ag gegee op wat hulle sê nie. 'n Mal of besete persoon word nie gesien as by sy volle verstand nie (...Mark. 5:15).

Somtyds is iemand nie "mal" nie en hy sien wat werklik aangaan, soos toe Jesus geweet het dat die skare beplan om Hom om die lewe te bring (in Joh. 7:19) - toe Hy egter vra waarom hulle Hom om die lewe wil bring, sien hulle dat hulle uitgevang is en met hulle eerste reaksie probeer hulle maak asof Hy mal is! Asof Hy nie weet waarvan Hy praat nie - dit dan waarom hulle Hom "duiwel besete" genoem het - (Joh_7:20  "Die skare antwoord en sê: U is van die duiwel besete; wie wil U om die lewe bring?). Baie van hierdie ongelowige Jode het probeer maak asof Jesus mal of duiwel besete was in 'n poging om ander te oortuig om nie na Hom te luister nie (Joh_10:20  En baie van hulle het gesê: Hy is van die duiwel besete en is kranksinnig; wat luister julle na Hom?).
________________________________________________________________________________
Kranksinnig / Mal:
Die met onreine geeste kan somtyds baie abnormaal optree - bv., in Matt. 17:18 word die persoon daar "maansiek" genoem, wat beteken "mal" (of kranksinnig-Joh. 10:20). Dit is duidelik dat die met onreine geeste lyk of hulle nie altyd beheer het oor hulle eie liggame nie (DUS:  -hulle kom KRANKSINNIG voor).

(maar hoe word "kranksinnigheid" in die skrif verduidelik?):
Deu_28:34  En jy sal kranksinnig (H7696 - "mad", "to rave through insanity") wees vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien. 

1Sa_21:13  Daarom het hy hom voor hulle oë kranksinnig aangestel en hom mal gehou onder hulle hand en op die deure van die poort gekrap en sy speeksel in sy baard laat afloop. (kyk manier hier hoe hy "kranksinnig voorstel")
1Sa_21:14  Daarop sê Agis aan sy dienaars: Julle sien tog die man is kranksinnig, waarom bring julle hom na my toe? 

Psa_34:1  ‘n Psalm van Dawid, toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abiméleg en dié hom weggejaag het, sodat hy heengegaan het. (34:2) Alef. Ek wil die HERE altyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees. 
Jer_29:26  Die HERE het jou as priester aangestel in die plek van die priester Jójada, dat daar opsigters kan wees in die huis van die HERE oor elkeen wat kranksinnig is en as profeet optree, dat jy hom in die blok en in die nekyster kan sit— 
Joh_10:20  En baie van hulle het gesê: Hy is van die duiwel besete en is kranksinnig (mal); wat luister julle na Hom? 

Act_26:24  Maar terwyl hy hom so verdedig, sê Festus met ‘n groot stem: Jy is kranksinnig, Paulus; die groot geleerdheid bring jou tot kranksinnigheid
Act_26:25  Maar hy sê: Ek is nie kranksinnig nie, hoogedele Festus, maar ek spreek woorde van waarheid en gesonde verstand. 

1Co_14:23  As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig is nie? 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
TOWENAARS EN VALSE PROFETE:
Towenaars kan deur duiwels allerhande tekens doen om mense te verlei sodat hulle in hulle glo en glo dat hulle iets besonders is (Eks. 7:11).  In Hand. 13:9 noem Paulus vir Elimas die towenaar, "kind v/d duiwel". Op dieselfde wyse wat towenaars die magte van duiwels gebruik, gebruik valse profete tekens en leringe van duiwels om mense afvallig te maak van die waarheid sodat hulle in hulle wereldse wysheid glo, en dit is ook juis die manier hoe die valse profeet in die laaste dae die massas sal verlei... (1 Joh. 4:1; Jer. 27:9; Hand. 13:6)(Openb. 13:15).(1Ti 4:1 - "Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang). Waarseery is 'n voorbeeld van valse profesie - daarom moet daar altyd deeglik onderskei word deur watter gees 'n profesie plaasvind! (1 Joh. 4:1).  As enige profesie bv. nie dieselfde is as die waarheid wat Jesus gebring het nie, dan is dit valse profesie.  Ware profesie stem altyd saam met Die Waarheid  -bv., ons moenie ag gee op die woorde van iemand wat nie glo dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie (1 Joh. 4:3). (Gal 1:8 - "Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!").

Babel maak ook gebruik van towery om die nasies te verlei (Openb. 18:23). Towery word gesien as "werke v/d vlees" en die wat gelowig word, moet wegbly van dinge soos towery (Gal. 5:20).  In Hand. 19:19 het die wat gelowig geword het, hulle tower boeke verbrand. Hierdie heidense geloofspraktyke soos towery, waarseery, goelery ens., is alles praktyke wat beoefen word deur behulp van duiwels, of die wat daarin begin speel, is besig om hulle binnekant gereed en versierd te maak, aanloklik vir die onrein duiwels om in te trek... Wanneer mense in sulke dinge begin glo, dan maak hulle hulself oop vir bose geeste.  In Hand. 8:9 was 'n sekere man met die naam Simon gesien as "iets besonders" en "die groot krag van God", terwyl hy tog nie die groot krag van God was nie want hy het nie deur die krag van die Here hierdie towerye gedoen nie, maar deur behulp van duiwels;  en verder was sy doel om verhewe te wees en as iets belangriks gesien te word... ONS MOET ONDERSKEI DEUR WATTER GEES TEKENS EN KRAGTE PLAASVIND (Hand. 8:11-13), en met watter DOEL dit uitgevoer word.
Bose gees deur die Here gestuur:

Jdg_9:23  het God ‘n bose gees gestuur tussen Abiméleg en die burgers van Sigem, en die burgers van Sigem het troueloos gehandel teen Abiméleg,
1Sa_16:14  Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en ‘n bose gees, deur die HERE gestuur, het hom verskrik.

"bose gees van God/van die Here" - deur die Here gestuur (1 Sam. 16:14):
1Sa_16:15  Toe sê die dienaars van Saul vir hom: Kyk tog, ‘n bose gees van God verskrik u:
1Sa_16:16  laat ons heer net sê, en u dienaars wat voor u staan, sal ‘n man soek wat op die siter kan speel; en as die bose gees van God oor u is, moet hy speel met sy hand, dan sal dit beter met u word.
1Sa_16:23  En net wanneer daar ‘n gees van God oor Saul kom, neem Dawid die siter en speel met sy hand; dan voel Saul verlig en word beter, en die bose gees wyk van hom.
1Sa_18:10  Die volgende dag het die bose gees van God oor Saul vaardig geword, sodat hy rasend was binne-in die huis terwyl Dawid soos elke dag met sy hand speel, en Saul ‘n spies in sy hand hou.
1Sa_19:9  Maar ‘n bose gees van die HERE het oor Saul gekom terwyl hy in sy huis sit met sy spies in sy hand en Dawid met die hand op die snare speel.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die bose geeste weet goed wie God is en wie aan Sy kant is!:

Act_19:15  Maar die bose gees het geantwoord en gesê: Jesus ken ek, en van Paulus weet ek, maar julle, wie is julle?
Act_19:16  Toe spring die man in wie die bose gees was, op hulle en oormeester en oorweldig hulle, sodat hulle naak en gewond uit daardie huis gevlug het.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------

SKRIFGEDEELTES:

(Mat 7:21)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
(Mat 7:22)  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?


(Mat 12:24)  Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.
(Mat 12:25)  Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie.
(Mat 12:26)  En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan?
(Mat 12:27)  En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees.
(Mat 12:28)  Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.

(Mar 9:38)  Toe antwoord Johannes Hom en sê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam duiwels uitdryf en wat ons nie volg nie; en ons het hom belet, omdat hy ons nie volg nie.
(Mar 9:39)  Maar Jesus sê: Moet hom nie belet nie, want daar is niemand wat ‘n krag in my Naam sal doen en gou van My sal kan kwaadspreek nie;
(Mar 9:40)  want wie nie teen ons is nie, is vir ons.
(Mar 9:41)  Want elkeen wat vir julle in my Naam ‘n beker water gee om te drink, omdat julle aan Christus behoort, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.

(Mat 10:7)  En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
(Mat 10:8)  Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.

(Mar 16:15)  En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.
(Mar 16:16)  Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
(Mar 16:17)  En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,
(Mar 16:18)  slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

(Luk 10:17)  En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam.
(Luk 10:18)  Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val.
(Luk 10:19)  Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.
(Luk 10:20)  Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.

(1Co 10:19)  Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod iets is, of dat ‘n afgodsoffer iets is?
(1Co 10:20)  Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie.
(1Co 10:21)  Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.

(1Ti 4:1)  Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang
(1Ti 4:2)  deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete,
(1Ti 4:3)  wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken.
(1Ti 4:4)  Want alles wat deur God geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie;
(1Ti 4:5)  want dit word geheilig deur die woord van God en die gebed.

(Jas 2:18)  Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon.
(Jas 2:19)  Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.

(Jas 3:14)  Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie.
(Jas 3:15)  Dít is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels;

(Act 19:13)  En sommige van die rondtrekkende Jode, duiwelbesweerders, het dit gewaag om die Naam van die Here Jesus te noem oor die wat bose geeste gehad het, en te sê: Ons besweer julle by die Jesus wat Paulus verkondig!
(Act 19:14)  Dit was sekere sewe seuns van Skeva, ‘n Joodse owerpriester, wat dit gedoen het.
(Act 19:15)  Maar die bose gees het geantwoord en gesê: Jesus ken ek, en van Paulus weet ek, maar julle, wie is julle?
(Act 19:16)  Toe spring die man in wie die bose gees was, op hulle en oormeester en oorweldig hulle, sodat hulle naak en gewond uit daardie huis gevlug het.
(Act 19:17)  En dit het bekend geword aan al die Jode en Grieke wat in Éfese woon, en vrees het op hulle almal geval, en die Naam van die Here Jesus is groot gemaak.
________________________________________________________________________________
Sag. 13:2  En in dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek die name van die afgode uit die land uitroei, sodat aan hulle nie meer gedink sal word nie; en ook die profete en die onreine gees sal Ek uit die land laat wegtrek.
Mat_12:43  En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus en vind dit nie.
Mar_1:23  En daar was in hulle sinagoge ‘n man met ‘n onreine gees; en hy het uitgeskreeu
Mar_1:26  En die onreine gees het hom stuiptrekkings laat kry en met ‘n groot stem geskreeu en uit hom uitgegaan.
Mar_3:30  omdat hulle gesê het: Hy het ‘n onreine gees.
Mar_5:2  En toe Hy uit die skuit gaan, kom daar dadelik uit die grafte Hom tegemoet ‘n man met ‘n onreine gees,
Mar_5:8  Want Hy het vir hom gesê: Onreine gees, gaan uit die man uit!
Mar_7:25  Want ‘n vrou wie se dogtertjie ‘n onreine gees gehad het, het van Hom gehoor en gekom en voor sy voete neergeval.
Mar_9:25  En toe Jesus sien dat ‘n skare bymekaar stroom, het Hy die onreine gees bestraf en vir hom gesê: Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou, gaan uit hom uit en kom nooit weer in hom nie.
Luk_4:33  En in die sinagoge was daar ‘n man met die gees van ‘n onreine duiwel, en hy het met ‘n groot stem uitgeskreeu
Luk_8:29  want Hy het aan die onreine gees bevel gegee om uit die man uit te gaan. Want baiekeer het hy hom saamgesleep; en hulle het hom gebind met kettings en voetboeie om oor hom wag te hou; maar hy het die boeie uitmekaar geruk, en die duiwel het hom in die woestyne gedrywe.
Luk_9:42  En toe hy nog aankom, skeur die duiwel hom en laat hom stuiptrekkings kry. Maar Jesus het die onreine gees bestraf en die seun genees en hom aan sy vader teruggegee.
Luk_11:24  Wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus; en as hy dit nie vind nie, sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het.

Mat_10:1  En Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.
Mar_1:27  En almal was verbaas, sodat hulle onder mekaar vra en sê: Wat is dit? Watter nuwe leer is dit, dat Hy met gesag ook aan die onreine geeste bevel gee en hulle Hom gehoorsaam is?
Mar_3:11  En elke keer as die onreine geeste Hom sien, het hulle voor Hom neergeval en geskreeu en gesê: U is die Seun van God!
Mar_5:13  En Jesus het hulle dit dadelik toegelaat; en die onreine geeste het uitgegaan en in die varke gevaar, en die trop—daar was omtrent twee duisend—het van die krans af in die see gestorm en in die see verdrink.
Mar_6:7  En Hy het die twaalf na Hom geroep en hulle twee-twee begin uitstuur en het hulle mag gegee oor die onreine geeste,
Luk_4:36  Toe kom daar verbaasdheid oor almal, en hulle praat met mekaar en sê: Wat vir ‘n woord is dit, dat Hy met gesag en mag die onreine geeste gebied, en hulle gaan uit!
Luk_6:18  wat gekom het om Hom te hoor en van hulle kwale genees te word; en die wat gekwel was deur onreine geeste, is ook genees.
Act_5:16  En die menigte van die stede in die omtrek het ook in Jerusalem bymekaargekom en siekes gebring en mense wat deur onreine geeste gekwel was; en hulle is almal genees.
Act_8:7  Want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met ‘n groot stem skreeu; en baie wat lam en kreupel was, het gesond geword.
Rev_16:13  En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom.
Rev_18:2  En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Mat_4:1  Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel
Mat_4:5  Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan 
Mat_4:8  Weer neem die duiwel Hom saam na ‘n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid, 
Mat_4:11  Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien. 
Mat_9:32  En terwyl hulle weggaan, bring die mense ‘n stom man wat van die duiwel besete was, na Hom toe. 
Mat_9:33  En nadat die duiwel uitgedryf was, het die stomme gepraat. En die skare het hulle verwonder en gesê: So iets is nog nooit in Israel gesien nie! 
Mat_11:18  Want Johannes het gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: Hy het ‘n duiwel. 
Mat_13:39  en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele. 
Mat_15:22  En ‘n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete. 
Mat_17:18  Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af. 
Mat_25:41  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. 
Mar_7:26  En sy was ‘n Griekse vrou, ‘n Siro-Feniciese van geboorte, en sy het Hom gevra om die duiwel uit haar dogter uit te dryf. 
Mar_7:29  En Hy sê vir haar: Ter wille van hierdie woord kan jy gaan; die duiwel het uit jou dogter uitgevaar. 
Mar_7:30  En toe sy huis toe gaan, vind sy dat die duiwel uitgevaar het en dat haar dogter op die bed lê. 
Luk_4:2  waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is; en Hy het niks geëet in dié dae nie; en toe hulle verby was, het Hy naderhand honger geword. 
Luk_4:3  Toe sê die duiwel vir Hom: As U die Seun van God is, sê vir hierdie klip dat dit brood moet word. 
Luk_4:5  Toe bring die duiwel Hom op ‘n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ‘n oomblik se tyd. 
Luk_4:6  En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. 
Luk_4:13  En toe die duiwel elke versoeking geëindig het, het hy ‘n tyd lank van Hom gewyk. 
Luk_4:33  En in die sinagoge was daar ‘n man met die gees van ‘n onreine duiwel, en hy het met ‘n groot stem uitgeskreeu 
Luk_4:35  En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil, en gaan uit hom uit! En die duiwel het hom tussen hulle neergegooi en uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak. 
Luk_7:33  Want Johannes die Doper het gekom en het nie brood geëet of wyn gedrink nie, en julle sê: Hy het ‘n duiwel. 
Luk_8:12  Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie. 
Luk_8:29  want Hy het aan die onreine gees bevel gegee om uit die man uit te gaan. Want baiekeer het hy hom saamgesleep; en hulle het hom gebind met kettings en voetboeie om oor hom wag te hou; maar hy het die boeie uitmekaar geruk, en die duiwel het hom in die woestyne gedrywe. 
Luk_9:42  En toe hy nog aankom, skeur die duiwel hom en laat hom stuiptrekkings kry. Maar Jesus het die onreine gees bestraf en die seun genees en hom aan sy vader teruggegee. 
Luk_11:14  En Hy het ‘n duiwel uitgedryf, en dié was stom. En toe die duiwel uitgaan, het die stom man gepraat; en die skare het hulle verwonder. 
Joh_6:70  Jesus antwoord hulle: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ‘n duiwel
Joh_7:20  Die skare antwoord en sê: U is van die duiwel besete; wie wil U om die lewe bring? 
Joh_8:44  Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan. 
Joh_8:48  Die Jode antwoord toe en sê vir Hom: Sê ons nie met reg dat U ‘n Samaritaan is en van die duiwel besete is nie? 
Joh_8:49  Jesus antwoord: Ek is nie van die duiwel besete nie; maar Ek eer my Vader, en julle doen My oneer aan. 
Joh_8:52  Toe sê die Jode vir Hom: Nou weet ons dat U van die duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die profete, en U sê: As iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie smaak nie. 
Joh_10:20  En baie van hulle het gesê: Hy is van die duiwel besete en is kranksinnig; wat luister julle na Hom? 
Joh_10:21  Ander het gesê: Hierdie woorde is nie van ‘n besetene nie; ‘n duiwel kan tog nie die oë van blindes open nie. 
Joh_13:2  En gedurende die maaltyd—die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai— 
Act_10:38  met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was. 
Act_13:10  Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie? 
Eph_4:27  en gee aan die duiwel geen plek nie. 
Eph_6:11  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel
1Ti_3:6  Hy moet nie ‘n nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en in dieselfde oordeel as die duiwel val nie. 
1Ti_3:7  Maar hy moet ook goeie getuienis hê van die buitestaanders, sodat hy nie in veragting en in die strik van die duiwel val nie. 
2Ti_2:26  en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen. 
Heb_2:14  Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— 
Jas_4:7  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. 
1Pe_5:8  Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. 
1Jn_3:8  Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek. 
1Jn_3:10  Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie. 
Jud_1:9  Maar toe Mígael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou! 
Rev_2:10  Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee. 
Rev_12:9  En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. 
Rev_12:12  Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het. 
Rev_20:2  En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank, 
Rev_20:10  En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Mat_9:32  En terwyl hulle weggaan, bring die mense ‘n stom man wat van die duiwel besete was, na Hom toe. 
Mat_15:22  En ‘n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete
Joh_7:20  Die skare antwoord en sê: U is van die duiwel besete; wie wil U om die lewe bring? 
Joh_8:48  Die Jode antwoord toe en sê vir Hom: Sê ons nie met reg dat U ‘n Samaritaan is en van die duiwel besete is nie? 
Joh_8:49  Jesus antwoord: Ek is nie van die duiwel besete nie; maar Ek eer my Vader, en julle doen My oneer aan. 
Joh_8:52  Toe sê die Jode vir Hom: Nou weet ons dat U van die duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die profete, en U sê: As iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie smaak nie. 
Joh_10:20  En baie van hulle het gesê: Hy is van die duiwel besete en is kranksinnig; wat luister julle na Hom? 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Mar_5:15  Toe kom hulle by Jesus en sien die besetene sit, gekleed en by sy verstand—die een wat die legioen gehad het. En hulle was bevrees. 
Mar_5:16  Die wat dit gesien het, vertel toe aan hulle hoe dit met die besetene gegaan het, en ook van die varke. 
Luk_8:36  En die wat ooggetuies was, het ook aan hulle vertel hoe die besetene genees is. 
Joh_10:21  Ander het gesê: Hierdie woorde is nie van ‘n besetene nie; ‘n duiwel kan tog nie die oë van blindes open nie. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------