Wys tans plasings met die etiket logika. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket logika. Wys alle plasings

Maandag 10 September 2012

Wat het logika daarmee te doen?

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/02/wanneer-iemand-die-here-versoek-wys-dit.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/waarseery-in-die-kerk.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/wanneer-jy-die-here-se-wil-doen-beteken.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/wat-het-logika-daarmee-te-doen_29.html
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------

In vandag se lewe word enige besluit gekoppel aan "hoe logies dit is".  Die wereldse mens sukkel om die logika van 'n Christen te verstaan omdat Christene anders dink en besluite anders benader.  Die ware kind van God neem besluite volgens die wil van die Here, nie volgens 'logika' nie.

Dit sou vandag bv. nie logies wees vir iemand om in die huwelik te tree as hulle nie genoeg geld het nie;  daarom bly verliefdes maklik saam in 'n seksverhouding en laat na om te doen wat reg is.  Dit is bv. ook nie logies as iemand sy werk los om die bediening voltyds te betree nie, ....... en so kan ons aangaan. Daarom is dit ook nie so maklik vir die ongelowige om die Bybel te aanvaar nie, want geloof het min te doen met logika.  Die wereld OORDEEL mense op hulle sienings en op wat hulle as logies bestempel.  Mense word ook geoordeel op "kennis" bv. om reg te eet;  tog verander hierdie "kennis" jaar na jaar en iets wat vandag 'n feit is, is nie meer more so nie, maar almal glo dit vandag.  Mense neem hierdie wereldse kennis aan, omdat dit vir hulle "logies" klink! En alhoewel die mens vandag dink dat hy dit alles uit"gefigure" het, is wereldse wysheid eintlik niks nuuts nie - selfs die eerste gemeentes was hieroor gewaarsku! (Kol 2:20-23 - "As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? — almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan—volgens die gebooie en leringe van mense, wat, alhoewel dit ‘n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees").  (1Ti 4:8- "Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het")...

Deur die eeue het die groot manne van God,  hulle egter min gesteur aan "logika":  
- Dit was bv. nie logies dat Moses 'n volk in die wildernis inlei, waar hulle almal moontlik kon sterf nie!  (Inteendeel, baie van die volk het ook nie gedink dit is logies nie -  -Eks. 14:12- "Is dít nie die woord wat ons aan u in Egipte gesê het nie: Laat ons met rus, dat ons die Egiptenaars kan dien? Want dit is beter vir ons om die Egiptenaars te dien as om in die woestyn te sterwe").
-  Dit was nie logies dat Dawid die groot Goliat aangevat het nie... 
-  Dit was nie logies dat die volk die land Kanaan kon inneem met reuse en al nie...
-  Dit was nie logies dat Abraham sy familie verlaat om na 'n vreemde land te gaan nie...
-  Dit was nie logies dat Noag 'n ark gebou het terwyl daar nie 'n teken instoor was van 'n vloed nie...
-  Dit was nie logies dat Stefanus die waarheid op mense afgedwing het terwyl hy geweet het hulle gaan hom stenig nie!
-  Dit was nie logies dat Paulus in 'n stad vol afgodsbeelde gaan staan en preek het nie!
...........en so kan ons aangaan...

Die feit is, as ons net dit gaan doen wat logies is, dan gaan dit oor hoe "ons dit sien", en nie oor hoe "die Here dit sien" nie.  Moses het die Vader VERTROU, ten spyte van logika.  So ook Dawid, Josua, Abraham, Noag, Stefanus, Paulus...... Deur gehoorsaam te wees aan die Here en na Sy wil te soek, het hulle outomaties die "geloof" gehad, maak nie saak wat ander mense gese het en hoe ander die situasie "gesien" het nie.  Selfs Christene sukkel somtyds om die Here te vertrou - dit moet gaan oor "gehoorsaamheid", nie logika nie!  (Spr. 21:3- "Om geregtigheid en reg te doen, is vir die HERE verkiesliker as offers").
Dit maak dus sin dat Jesus die gelykenis van die dienskneg vertel het toe die dissipels vir Hom vra, "gee ons meer geloof" (Luk. 17:5-10). 

Die Christen van vandag lyk ook maar baie soos die "volk in die woestyn" - dit gaan oor die manier hoe ons verstaan en "sien".  In die brief aan die gemeente van Laodicense (Openb. 3:14-22), praat Jesus van hierdie "blindheid" en beveel hulle "om salf van Hom te koop vir hulle oe sodat hulle kan sien". So "sien" baie Christene "soos die wereld sien":  hulle begeer rykdom en die lewe het begin gaan oor "bymekaarmaak" (dinge waarteen Jesus ons spesifiek gewaarsku het);  dit gaan oor status, eer, voorspoed, seen, wereldse kennis...ens.  Vir Christene is die Skrif ook nie aldag so "logies" nie - die Christen van vandag sukkel maar om terme te verstaan soos:  
- "Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind";

Die persepsie van Christenskap het totaal verander en kan in baie kerke nie eens meer vgl. word met die van die eerste gemeentes of met Jesus se leringe nie.  So is Christene bv. bewus van die belangrikheid van vas en gebed, maar om die een of ander rede dink hulle nie hulle hoef self te vas nie en daar word nie veel tyd uitgesit vir alleentyd met die Here of om saam met 'n ander te bid nie. So ook die bergpredikasie - dit is een van die bekendste gedeeltes in die Bybel en Christene luister graag na Jesus se woorde, maar om dit te leef, dit wat Hy van ons verwag in die bergpredikasie, wel, dit is nou 'n ander storie! As dieselfde van Christene vandag verwag moes word wat van die eerste gemeentes verwag was, nl. om alle besittings te deel en ekstra eiendomme te verkoop en dit aan die gelowiges te gee - hoeveel sou regtig bereid wees om dit te doen???  

 Basiese Christelike beginsels is baie verdraai en dit het massas gelowiges se denke beinvloed - so leer heelwat kerke vandag dat "dit nie die Here se wil is dat ons moet ly nie"; "dat gelowiges mag bid volgens hulle begeertes"; "dat gelowiges glad nie hulle saligheid kan verloor nie", al stap hulle ook in aahoudend opsetlike sonde.... as hierdie gesegdes bekend of reg klink, dan is daar 'n groot probleem!  Dit is heeltemal onskriftuurlik en definitief nie waaroor Christenskap gaan nie.  Die kerk is in 'n dilemma. Die ergste is dat baie Christene hierdie dinge glo en nie eens besef hoe verdraaid hulle denke is nie.  Die oplossing is dat die gelowige self in 'n verhouding met die Here kom en Hom vra om hom te leer.  Gelowiges moet teruggaan na die woord en meer tyd maak vir die geestelike.  



     Die Christen wat "vrug dra", is die Christen wat die WIL VAN DIE VADER doen
 -( mag ons nie verval in wereldse sieninge nie)!

(Mat 7:21)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.

(Mat 12:50)  Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.

(Joh 5:30)  Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.

Maandag 27 Augustus 2012

Wie's nou eintlik deur die Gees gelei?

VIR 'N DAGSTUKKIE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/wat-het-logika-daarmee-te-doen_29.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Hand. 21:3.4)  "En toe ons Ciprus in die gesig gekry het en dit aan die linkerhand laat lê het, het ons na Sírië gevaar en by Tirus aangekom, want daar sou die skip sy vrag aflaai.  En nadat ons die dissipels gevind het, het ons daar sewe dae gebly; en hulle het vir Paulus deur die Gees gesê om nie op te gaan na Jerusalem nie".
(Hand. 21:8-11)  "En die volgende dag het ons, die geselskap van Paulus, vertrek en in Cesaréa aangekom; en ons het ons intrek geneem in die huis van Filippus, die evangelis, wat een van die sewe diakens was, en by hom gebly.  En hy het vier ongetroude dogters gehad wat die profetiese gawe besit het.  En onderwyl ons baie dae daar oorgebly het, het ‘n sekere profeet met die naam van Agabus van Judéa afgekom.  En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: Dít spreek die Heilige Gees: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer".
(Hand. 21:13) "Maar Paulus het geantwoord: Wat doen julle dat julle ween en my hart week maak? Want ek is bereid nie alleen om gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe vir die Naam van die Here Jesus".


Wie was nou eintlik deur die Gees gelei?  Paulus?  Of die dissipels?  Paulus het gevoel dat die Gees hom lei om op te gaan Jerusalem toe (Hand. 20:22-25);  die dissipels het gevoel die Gees lei hulle om hom te verhoed om op te gaan Jerusalem toe.  Wie was regtig deur die Gees gelei?  Moes Paulus na die dissipels geluister het? Ons bevind onsself ook baiemaal in hierdie posisie waar ander mense vir ons wil besluit. Alhoewel dit somtyds is omdat ander omgee, is hulle besluit nie altyd reg nie en kan hulle eintlik veroorsaak dat ons nie die wil van die Here uitvoer nie. 
Voor Paulus oorgevaar het na Tirus (Hand. 21:3,4), het hy in Efese letterlik totsiens gese aan die dissipels daar, selfs verklaar dat hy hulle nie meer sal sien nie! (Hand. 20:22-25).  Die Here het vir hom gewys dat daar iets op hom wag, tog nie vir hom gese om nie te gaan nie. Die dissipels in Tirus se waarskuwing was meer deur vrees gedrywe en deur die manier "hoe hulle sien".  Die feit dat die Here vir Paulus gewys het wat gaan gebeur, het nie beteken dat hy nie moes gaan nie.  Logika het maar min met besluite te doen. 
 Besluite moet nooit deur logika of vrees gedryf word nie, maar deur die wil van die Here.  

Dit is nie die enigste geval waar ons van hierdie soort optrede lees nie - kyk ook Mat 16:22 nadat Jesus vir die dissipels vertel het hoe Hy sal ly, doodgemaak word en op die derde dag sal opstaan:  
"Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie! (v.23)  Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense".  Die raad wat ander vir ons gee, alhoewel met goeie bedoelings, is nie altyd die wil van die Here nie - Jesus noem dat dit is wanneer iemand "die dinge van mense bedink" en nie van God nie. Logika of kennis het min met "besluite" te doen en word baiemaal deur verkeerde motiewe gedrywe. Die gelowige is veronderstel om, soos Paulus, net eenvoudig GEHOORSAAM te wees (aan die Here), maak nie saak wat die implikasies van die besluit gaan wees nie, maar natuurlik moet daardie gelowige dan ook die wil van God ken! (Dit kan bv. nooit die wil van die Here wees dat iemand "verkeerd doen" nie, dus, in so 'n geval, sou dit die Christen se plig wees om in te gryp en "vir iemand 'n besluit te neem" en die persoon te waarsku). 
In alle gevalle, is dit Christene se plig om mekaar te oortuig om DIE WIL VAN DIE HERE TE SOEK EN TE DOEN.  Daarom sal ander gelowiges se logika nie altyd sin maak nie.  Die gelowige moet hom deur die Here laat lei, nie deur mense nie!  
Ons moet dus versigtig wees wanneer ons ander wil "help" dat ons onsself nie bevind in die posisie waar Petrus homself bevind het nie. 
Baie Christene sien vandag "Christenskap" as 'n taak om vir ander te help "om besluite te neem",  terwyl ons eerder mekaar moet bemoedig "om die wil van die Here te doen"   - in bg. gevalle het die dissipels Paulus bemoedig om nie die wil van die Here te doen nie;  het Petrus vir Jesus bemoedig om nie die wil van die Vader te doen nie... (alhoewel dit nie hulle bedoeling was nie!).  Ons moet versigtig wees en mekaar eerder ondersteun en ander se oe op die Here rig. Ook moet ons hierdie ding vir ons kinders van kleins af leer deur 'n vb. te stel van waar familie altyd eers bid oor 'n saak, en wag op die Here se antwoord alvorens daar opgetree word. Kinders leer so van jongs af gehoorsaamheid aan die Here.  Ouers wat nie 'n vb. wys van gehoorsaamheid aan die Here nie, leer hulle kinders om eerder gehoorsaam te wees aan mense as aan die Here.  Terwyl daar van die kind verwag word om gehoorsaam te wees aan die ouer, moet die kind ook verstaan dat, wanneer hy gehoorsaam is aan sy ouer, hy eintlik gehoorsaam is aan die Here omdat die ouer gehoorsaam is aan die Here. In daardie sin behou die kind die konsep van wie REGTIG IN BEHEER IS! 


-Christene moet mekaar dus bemoedig om DIE WIL VAN DIE HERE TE SOEK en dan mekaar ondersteun! 
-Die Christen se taak is nie om vir ander Christene "besluite te neem" nie!  Die leierskap in die kerk se taak is ook nie om besluite te neem nie, maar om na die wil van Here te vra (en dan gehoorsaam te wees aan die Here).  Om ander gelowiges te lei, het min te doen met besluite, maar eerder om iemand anders te ondersteun OM DIE WIL VAN DIE HERE TE DOEN.  
- Dit is ook a.g.v. hierdie feit dat min Christene regtig die gawes van die Gees ervaar, omdat hulle nie weet wat dit is om na die wil van die Here te soek en GEHOORSAAM te wees nie.  Gawes het te doen met WAT DIE HERE WIL DOEN, nie wat mense wil doen nie. 
-Christenskap gaan nie oor "ons wil" nie, maar oor die Here se wil.  Kerk moet nie gaan oor die besluite wat ons neem nie, maar oor gehoorsaamheid aan die Here se wil.  

"DIE CHRISTEN HOEF EINTLIK GEEN BESLUITE TE NEEM NIE, HY MOET NET GEHOORSAAM WEES!" (aan die Here, natuurlik!)
(Hand. 5:29)  "En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense".