Wys tans plasings met die etiket in nood. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket in nood. Wys alle plasings

Woensdag 29 Junie 2022

Wat beteken "arm van gees"?

Die koninkryk vd hemele is bedoel vir mense wat "ARM VAN GEES" is, 

maar wat beteken dit?

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Nie almal wat geroep is, sal eendag in die koninkryk van God ingaan nie. Jesus het bv. geleer dat baie is GEROEP, maar min UITVERKIES... (Matt. 20:16; 22:14). In Matt. 5:3 kry ons 'n idee van wie o.a. daardie geroepenes is wat uitverkies sal word, bv. "die wat arm van gees is"... (Matt. 5:3 - "Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele"). Natuurlik praat Jesus hier met KINDERS VD KONINKRYK, maar duidelik verwys Hy nie na alle kinders vd koninkryk/geroepenes nie, maar in hierdie geval spesifiek na die wat "arm van gees" is (aan hulle behoort die koninkryk!). 

In hierdie studie sal ons sien dat die woorde "arm van gees" verwys na geroepenes wie se gees "in nood" is - dit is mense wat weet hoe nodig hulle die Here het! So iemand se gees kan m.a.w. voorgestel word met iemand wat arm is of nood het (soos 'n bedelaar wat nood het).   As 'n geroepene sy/haar "gees" (siel/innerlike mens) sien asof "verslae" en "behoeftig", maw asof in nood (het bv. geestelike kos, klere, water, asem, genesing ens. nodig), dan is jy soos iemand wat arm van gees is

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Kom ons kyk eers na die Gr. en Hebr. betekenis van hierdie woorde:
Die woorde "arm van gees" kom in 2 skrifte voor, nl. Matt. 5:3 en Jes. 66:2.  

- Matt. 5:3 - "Salig is die wat arm (Gr. woord "pto-khos'", wat verwys na hoe nederig, arm - soos 'n bedelaar wat arm is) van gees (Gr.  woord "pnyoo'-mah", wat verwys siel/gees, lewe, verstand) is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. In hierdie skrif verwys "arm van gees" na die wat nederig is van gees/verstand, en verwys na iemand wat nood het. Dit verwys duidelik nie na die wat "vol van hulleself" is nie..

- Jes. 66:2 - "Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek die HERE. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm (Hebr. woord "aw-nee'". wat verwys na 'n verdrukte, nederige, arm persoon wat hulp nodig het) is en verslae (Hebr. woord "naw-keh'", wat verwys na 'n benoude/verbryselde of gekreupeld) van gees (Hebr. woord "roo'-akh" - asem, gees, wind...), en wat bewe vir my woord". In hierdie vers kry ons ook die konteks van "die wat ag gee op Sy woord - kyk woorde "bewe vir my woord" - Vgl. dit gerus met (Luk 11:28 - "En Hy sĂȘ: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar"). Ook in hierdie vers verwys "arm van gees" duidelik nie na die wat hoogmoedig is nie, maar na die wat nederig is - bv., is mense wat verstaan hulle het nood. Maar iemand wat vol is van homself kan niks leer nie en het niks nodig nie...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

OPSOMMING:

Die woorde "arm van gees" verwys duidelik na geroepenes wie se gees "in nood" is - dit is iemand wat sy eie gees sien asof arm of in nood (soos 'n bedelaar nood het).  Hulle besef hoe nodig hulle die Here het! - bv. hoe nodig hulle Sy leiding en woorde het (en hulle gee daarom ag op Sy woord - ...hulle hoor dit en bewaar dit). As 'n geroepene sy/haar "gees" (siel/innerlike mens) sien asof "verslae" en "behoeftig", maw asof in nood (het bv. geestelike kos, klere, water, asem, genesing ens. nodig), dan is jy soos iemand wat ARM VAN GEES is

Hierdie tema kan dus vgl. word met die temas van geestelike groei, kos, water ens., en die belangrikheid van nederigheid, bv.:

- Iemand wat arm van gees is is NEDERIG, want hy weet hy is afhanklik vd Here!  Hy bly in die Here, want sonder Hom kan hy niks doen nie, en sonder Hom kan hy nie vrug dra nie... (hy gee m.a.w. ag op sy eie "grond" - pad van godsaligheid - en die belangrikheid van ploeg en saai in die geestelike mens se lewe).  Die wat arm van gees is nederige mense (nie opgeblaas of hoogmoedig nie - hulle verstaan bv. hoe nodig hulle die woord het en dink nie hulle weet alles nie of glo nie wat hulle wil nie - en hulle verstaan die belangrikheid van 'n heilige lewe en om te dien).  

- 'n Bedelaar is op die laagste wat iemand kan wees - so iemand het niks om te verloor nie, en is in 'n dienende posisie - het "groei" nodig in die samelewing. Op ditto wyse is die een wat arm van gees is, se gees soos iemand wat niks het om verloor nie (hulle is bereid om hulle lewens vir die Here te gee)(en hulle verstaan dat hulle geestelike groei nodig het). Sulke mense het 'n leerbare gees vir die Here se dinge, en verstaan die belangrikheid van om te dien (en verstaan ook dat 'n leefwyse van geestelike groeivir hulle geestelike vrug sal oplewer, want sonder groei kan ons nie vrug dra nie)(terloops, as 'n boom nie vrug dra nie sal dit eendag tot geen nut wees nie -  dit sal ontwortel word; daarom is dit moeilik vir rykes en hoogmoediges om in die koninrkyk in te gaan...). 

- Die een wat arm is het voedsel en klere nodig.  Op dieselfde wyse verstaan die een wat arm van gees is hoe nodig hy geestelike kos, water, klere ens. het - hy is nie hoogmoedig en maak staat op sy eie denkwyses, of neem water van ander geloofsbronne nie, maar soek die Here se kos en water en besef hy het geestelike klere nodig om sy naaktheid te bedek.  Hy verstaan ook die belangrikheid van nie net kos en water om te kan groei nie, maar ook van lig! Niemand lewe sonder die asem wat die Here gee nie -op dieselfde wyse kan die geestelike mens nie lewe sonder die Lig nie - en kan nie vrug tot (ewige) lewe dra sonder die asem van die Heilige Gees nie.  Die wat arm van gees is,  smag na die Gees en Sy leiding... 

- Die een wat siek of gewond is, het medisyne of salf nodig...  Op dieselfde wyse is die een wat arm van gees is, soos 'n verbryselde wat sy nood verstaan - hy verstaan dat hy vergifnis nodig het wanneer hy sonde doen (siek is), hy verstaan hy het bekering nodig wanneer hy "gewond" is (wanneer hy in sonde bly stap en deur die Here getugtig word), en verstaan hoe nodig hy die Here se salf  het (maw, vir sy oe, om "te kan sien"/om te kan verstaan)... Hy het die Here se vergifnis en lering nodig (nederige mense weet hierdie en soek die Here se wil en Sy vergifnis, en vra daarvoor en doen wat nodig is om dit te kry - maar hoogmoediges regverdig eerder hulle sonde as om dit te bely, en glo en doen wat hulle wil...).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

VIR POSTE WAARIN HIERDIE ONDERWERPE BEHANDEL WORD, GAAN NA:

KOS EN WATER:
KLERE:
ASEM:
GROEI EN VRUG:
GESONDHEID:
GROND:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------