Maandag 13 November 2023

Volgorde van wanneer wie sal opstaan tydens DIE OPSTANDING

 DIE OPSTANDING:

Hier kyk ons na die volgorde waarin die kinders vd Koninkryk sal opstaan tydens die opstanding. Wat toekomstige opstandings of herlewings aanbetref sal die kinders vd Koninkryk EERSTE OPSTAAN... (aan die einde van "hierdie eeu") - en die ander dooies sal eers herlewe aan die einde van die "volgende eeu" (aan die einde van die 1000 jaar - Openb. 20:5,6). 

Die opstanding vd KINDERS VD KONINKRYK (van God) word gewoonlik bloot na verwys as 

DIE OPSTANDING

Daar is ook 'n VOLGORDE tydens "die opstanding", bv. van wanneer watter kinders vd Koninkryk opstaan;  bv., (1) die wat in Christus gesterf het sal eerste opstaan;  daarna volg (2) die wegraping, wanneer die wat nog in die lewe is se liggame ook verander word... (1 Thess. 4:16,17). 

Verder kan die opstanding van die wat in Christus gesterf het, ook weer ingedeel word in 2 groepe, nl. "die opstanding tot lewe" en "die opstanding tot veroordeling". 

(1) DIE OPSTANDING (Matt. 24:29-31; 1 Kor. 15:51-52)

(kan ingedeel word in "die opstanding tot lewe" en die "opstanding tot veroordeling"):

-die OPSTANDING TOT LEWE (hulle sal verheerlikte/onverganklike liggame kry). M.a.w., die wat goed gedoen het sal OPSTAAN TOT (ewige) LEWE - hulle sal opstaan in liggame wat nie vergaan nie, wat vir ewig lewe (Joh. 5:27-29); 

-die OPSTANDING TOT VEROORDELING (alle kinders vd Koninkryk sal opstaan uit die dood wanneer Jesus terugkom, maar nie almal sal opstaan tot lewe nie - sommige opstaan tot veroordeling ("die wat kwaad gedoen het") - m.a.w., hulle sal veroordeel word... (Joh. 5:27-29). Alhoewel kinders vd Koninkryk die belofte het van redding (en die tweede dood dus geen mag het oor hulle, soos dit het oor natuurlike mense nie) is die kinders vd Koninkryk "onder" Jesus Christus - aan Hom is die mag gegee, Hy sal besluit wie Hy opwek tot lewe en wie nie..., en die waarheid is dat sommige kinders vd Koninkryk veroordeel sal word (die wat kwaad gedoen het). (Matt. 10:28 - "En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel").

(2) die WEGRAPING (die kinders vd koninkryk wat nog in die lewe is wanneer Jesus terugkom, sal ook nuwe liggame kry en hulle liggame sal in 'n oogwink verander word...)(1 Kor. 4:13-17; 1 Kor. 15:51-57). Net soos die groep wat gesterf het ter wille van hulle geloof en nie die merk vd dier geneem het nie, verwys hierdie groep geestelike mense (wat nog in die lewe is wanneer Jesus terugkom) duidelik ook na mense wat nie die merk geneem het nie... Hulle sal verheerlikte, onverganklike liggame kry (sal maw "opstaan tot lewe"). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

KORT OPSOMMING OOR "DIE OPSTANDING":

In die opstanding word die "aanneming tot kinders" voltrek. Kinders vd koninkryk word bv. somtyds na verwys as "kinders vd opstanding" (Luk. 20:36; Matt. 22:28-31; Luk. 14:14; ens.) of "kinders vd belofte" (Rom. 9:8; Gal. 4:25)..., want met die opstanding (met die "verlossing vd liggaam") is die dood finaal oorwin! (1 Kor. 15:54-57; 1 Thess. 4:16,17). Almal sal eendag opgewek word en GEOORDEEL word - maar natuurlik sal almal nie in dieselfde soort liggame opstaan of dieselfde soort liggame verkry nie.  

- KINDERS VAN DIE KONINKRYK sal voor die REGTERSTOEL VAN CHRISTUS verskyn (en hulle sal opgewek word aan die einde van "hierdie eeu" wanneer Jesus terugkom, bekend as "die opstanding").

- Die ANDER DOOIES sal eers herlewe aan die einde van die "volgende eeu" (aan die einde van die 1000 jaar) en sal voor die WIT TROON OORDEEL verskyn.

Alhoewel "geestelike mense"(die wie se sonde vergewe is en die Heilige Gees ontvang het/weergebore mense) se innerlike alreeds vernuwe is, is hulle uiterlike mens nog nie vernuwe nie (dus logies sterf hulle uiterlike).  In die opstanding sal die uiterlike mens ook vernuwe word... (hierdie verwys na die nuwe soort liggaam wat die wat opstaan tot lewe sal ontvang;  ontvang die ewige lewe). Hulle "opstanding" lyk anders as bv. die "herlewing van dode" aan die einde vd "volgende eeu", want die wat deel het aan "die eerste opstanding" het die belofte van redding (oor hulle het die tweede dood geen mag nie-Openb. 20:6)(alhoewel sommige kinders vd Koninkryk sal opstaan tot veroordeling, nl. die wat kwaad gedoen het). Die dooies wat later herlewe het nie hierdie belofte nie!;  m.a.w., die tweede dood het mag oor "natuurlike mense" omdat hulle nie instaat is om vrug (tot ewige lewe) te dra nie - natuurlike mense dra vrugte vir die dood (Rom. 7:5);  maar geestelike mense wie se innerlike vernuwe is en die Heilige Gees het, is instaat om vrugte tot ewige lewe te dra. 

Maar alhoewel geestelike mense instaat is om "vrug tot (ewige) lewe" te dra (Rom. 7:4), beteken dit nie dat alle kinders vd koninkryk inderdaad die ewige lewe sal beerwe nie (al is dit vir hulle moontlik en het daarom die belofte) - almal sal geoordeel word en hierdie oordeel begin by die huis van God... (1 Pet. 4:17);  dus, nie almal wat deel het aan "die opstanding" sal opstaan tot lewe nie, maar Jesus het geleer dat sommige sal opstaan tot veroordeling... - Joh. 5:29. Daniel het ook hiervan geprofeteer, dat in die opstanding sommige sal "opstaan tot ewige lewe", en sommige sal "opstaan tot groot smaadheid"... (Dan. 12:2). Dit is duidelik dat nie almal wat deel het aan "DIE  OPSTANDING" (wat sal eerste plaasvind in die volgorde van opstandings of herlewings) sal "opstaan tot (ewige) lewe" nie (alle geestelike mense het die belofte dat die tweede dood geen mag oor hulle sal he nie. net soos die O.T. heiliges die belofte gehad het van redding, maar slegs die die wat goed gedoen het sal uiteindelik erwe)(Gal 6:7,8 - "Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai). Die onregverdiges en goddeloses was nog altyd oor al die eeue gewaarsku dat hulle nie sal ingaan nie... Hierdie is geen nuwe leerstelling nie. Toe Jesus die eerste keer gekom het het Hy nie gekom om die wereld te oordeel nie (maar te red-Joh. 12:47), maar dit sal anders wees wanneer Hy terugkom (1 Pet. 4:5; Matt. 25; Hand. 17:31; 10:42; ens.) - wanneer Hy terugkom kom Hy o.a. om te oordeel. Oordeel begin by die huis van God (1 Pet. 4:17), met die tyd van opstanding!

Nie almal wat deel het aan DIE OPSTANDING sal dus in die "volgende eeu" saam met Christus regeer nie. Bv., die wat Hom verloën (2 Pet. 2:1; Jud. 1:4; 1 Tim. 5:8) sal ook deur Hom verloën word... (2Ti 2:12 - "As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën"). Regering saam met Hom word o.a. in Openb. 20:5 belowe aan die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God... (die wat nie die dier en sy beeld aanbid het nie)(Openb. 20:4);  m.a.w., mense wat Hom NIE verloën het nie!-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

ALMAL SAL EENDAG GEOORDEEL WORD: (en dit gebeur nie net alreeds die oomblik wanneer iemand doodgaan (en hulle siele in verskillende dele van die doderyk opeindig of vrygekoop word uit doderyk) nie, maar oordeel sal ook geskied met elke OPSTANDING of HERLEWING).


Geen opmerkings nie: