Maandag 13 November 2023

Toekomstige opstandings en herlewings

Wat toekomstige OPSTANDINGS en/of HERLEWINGS van die mensdom aanbetref, kan dit verdeel word in die volgende (en l.w. dat elke opstanding of herlewing gepaardgaan met oordeel):

-  (1) die DIE EERSTE OPSTANDING .  Almal sal eendag herlewe, maar nie almal sal op ditto tyd herlewe of opstaan uit die dood nie, en nie almal sal in ditto liggame opstaan of dieselfde soort liggame verkry nie. Wat toekomstige opstandings en herlewings aanbetref, sal die kinders vd Koninkryk EERSTE OPSTAAN (dit dan waarna die begrip "eerste opstanding" verwys...(Openb. 20:5)(dit sal plaasvind aan die einde van "hierdie eeu" wanneer Jesus Christus terugkom-Openb. 20:4-6) -  die ander dooies sal eers herlewe aan die einde vd "volgende eeu" (aan die einde vd 1000 jaar, kyk punt 2)(Openb. 20:4-6). Die groep mense genoem in Openb. 20:4,5 (gelowiges wat in die laaste dae leef net voor Jesus terugkom, en wat gesterf het vir hulle geloof en nie die merk vd dier geneem het nie) sal deel he aan die opwekking wat EERSTE plaasvind - hierdie gebeurtenis word gewoonlik in die Skrif na verwys as "DIE OPSTANDING" (en verwys na die opstanding vd kinders vd Koninkryk).  

L.w. dat kinders vd Koninkryk ook nie almal ditto liggame sal kry nie... Bv., die kinders vd Koninkryk wat kwaad gedoen het sal nie opstaan "tot lewe" nie (hulle sal nie onverganklike verheerlikte liggame kry nie, al het hulle nou die belofte), maar diesulkes sal opstaan tot veroordeling (Joh. 5:28,29). Die waarheid is dat nie almal wat deel is vd Koninkryk van God, is "goeie visse" nie (Matt. 13:47-50) - wanneer Jesus terugkom sal die goeie visse vd slegtes geskei word.  Daar is selfs "ingesluiptes/struikelblokke" onder die kinders vd Koninkryk!..., maar hierdie mense sal ook verwyder word wanneer Jesus terugkom (hulle word somtyds na verwys as onkruid - is vals, bv. valse broeders - hulle beweeg onder die kinders vd Koninkryk asof gelowiges, maar hulle is vals en het ten doel om die skape te laat struikel). Daar is ook die wat slegte vrug dra, wat wel tot geloof gekom het, ja, maar nie vashou aan die waarheid nie (bv. valse leermeesters en valse profete, en hulle mislei die skape).  In die gelykenis vd saaier het Jesus o.a. ook geleer dat nie almal wat die woord ontvang inderdaad (geestelik) groei nie (sommige "val af" - kyk 2de groep);  en nie almal dra vrug nie (m.a.w., nie almal bly in Hom nie - kyk 3de groep). En in Joh. 15 verklaar Hy dat as iemand nie in Hom bly nie (en dus a.g.daarvan nie vrug kan dra nie), sal so 'n kind van die Koninkryk eendag uitgewerp word... (Joh 15:6). 

Kinders vd Koninkryk wat deel het aan DIE OPSTANDING, sal dus nie almal in dieselfde soort liggame opstaan nie, of sal nie dieselfde soort liggame verkry nie. Die begrip "eerste opstanding" verwys na watter opstanding/herlewing eerste sal plaasvind in die TOEKOMS, en verwys bloot na DIE OPSTANDING (m.a.w., wanneer die kinders vd koninkryk sal opgewek word uit die dood, en die nog in die lewe wanneer Jesus terugkom se liggame ook verander sal word). Die opstanding self kan ook ingedeel word (bv. wat eerste gebeur en wat volgende)...;  nl., in DIE OPSTANDING sal alle kinders vd koninkryk wat gesterf het eerste opstaan uit die dood... (en sommige sal opstaan tot lewe - die wat goed gedoen het);  en ander sal opstaan tot veroordelingdie wat kwaad gedoen het)(Joh. 5:28,29).  Daarna sal die wegraping plaasvind, wat beteken dat die kinders vd Koninkryk wat nog in die lewe is wanneer Jesus terugkom, se liggame ook vernuwe sal word... - hulle sal weggeraap word - die sg. "wegraping" is eintlik maar net deel van "die opstanding" (alhoewel dit laaste sal gebeur tydens die opstanding) - en hulle liggame sal in 'n oogwink verander word (bestudeer die tema van "die wegraping", 1 Thess. 4:13-18)(die wat deel het aan die wegraping sal verheerlike onverganklike liggame kry soos die wat "opstaan tot lewe"). 

DIE OPSTANDING gaan gepaard met oordeel - KINDERS VAN DIE KONINKRYK sal bv. VOOR DIE REGTERSTOEL VAN CHRISTUS VERSKYN... (Rom. 14:10; 2 Kor. 5:10).

-  (2) die HERLEWING VAN ANDER DOOIES (die ander dooies sal eers herlewe aan die einde vd "volgende eeu" - aan die einde vd 1000 jaar)(Openb. 20:5). Hierdie verwys na mense wat nie deel is vd Koninkryk van God nie.

HIERDIE GROEP SAL VOOR DIE WIT TROON OORDEEL VERSKYN... (Openb. 20:11-15).

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: