Dinsdag 05 Junie 2018

Engel/e

IN HIERDIE POS KYK ONS NA ENGEL WESENS ASOOK 
HOE DIE WOORD "ENGEL" NOG GEBRUIK WORD IN DIE SKRIF.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die volgende word behandel:
(rol af vir uiteensetting)

Die mens is 'n weinig minder gemaak is as die engele;
In sommige skrifte word die woord engel met 'n hoofletter E geskryf;
Engele - "manne";
Waar woon die engele?;
Is engele "seuns van God"?;
- Wanneer Jesus Christus terugkom, bring Hy Sy engele saam met Hom;
Die dwaling van sommige engele;
- Wat eet die engele?;
- Engele is dienende geeste;
Die Here se engele is kragtige helde;
Engele sal as maaiers uitgestuur word in die voleinding vd wêreld;
- Engele, magte en kragte is aan Jesus Christus onderwerp;
Het uitverkorenes elkeen 'n engel wat na hulle omsien?;
WANNEER CHRISTUS TERUGKOM BRING HY SY ENGELE SAAM MET HOM;
Die engel Gabriël;
Die "man" in Dan. 10;
Mígael, die aartsengel;
Wat anders kan ons leer oor engele in die Skrif?;
Die engele weet nie wanneer die wederkoms gaan plaasvind nie;
- Die ewige vuur is oorspronklik berei vir die duiwel en sy engele;
- "Heilige" engele;
- Sommige dinge word vir die engele bedek, dinge waarin hulle begerig is om te sien;
- Engele vd Here laster nie;
- Waar die woord "engel" gebruik word vir mens wat "soos engele" as boodskappers optree;
- Elke engel se woorde moet beoordeel word;
- Die duiwel se engele;
- Engele is magtig;
- Hoe lyk 'n engel?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
'n Kort OPSOMMING "Engel/e":
(rol af vir uiteensetting en meer skrifte)

Dat engel wesens bestaan is werklik, en daar is baie van hulle.  Die wat ontken dat engele (en geeste) bestaan, is soos die Sadduseërs wat gedwaal het en nie die skrifte ken nie... (Hand. 23:8; Mark. 12:24).
Mense en engele (wesens) is nie dieselfde nie; inteendeel, die mens is weinig minder gemaak as die engele; - tog, die toekomstige aarde is nie aan die engele onderwerp nie, maar aan mense (die gelowiges)(Hebr. 2:5-7).  Mense verander ook nie in engele wanneer hulle doodgaan soos sommige glo nie;  alhoewel, die wat die opstanding tot lewe verky, sal SOOS die engele ook nie trou nie, en nie in die huwelik uitgegee word nie, en ook nie doodgaan nie (Matt. 22:30/Mark. 12:25/Luk. 20:36) - hulle gaan dus SOOS die engele "kinders van God" wees (Luk. 20:36).

Wanneer Jesus Christus terugkom (wederkoms), bring Hy Sy engele saam met Hom. Die koninkryk van God verwys nie net na 'n geestelike koninkryk nie, maar ook 'n fisiese, en 'n HEMELSE koninkryk! Wanneer Jesus terugkom, sal die LEëRS VD HEMEL Hom volg (Openb. 19:14) en saam met Hom veg (dan sal Hy die ander koninkryke verbrysel en 'n einde daaraan maak, en Sy "fisiese" koninkryk op aarde sal vir ewig wees... -Joh. 18:36, Jud 1:14,15; Mark. 16:28). Dit wil voorkom of hierdie "leërs wat Hom volg" verwys na "leërs van engele" (2 Thess. 1:7,8) - ook in Gen. 32:1,2 word 'n groep engele " 'n leër van God" genoem. Henog het ook van so iets getuig (Jud 1:14). Die engele is ONDER Jesus Christus gestel en alle engele van God moet Hom aanbid (Hebr. 1:6,7).  1 Pet. 3:22 leer ook vir ons dat die engele aan Hom onderwerp is.  Jesus Christus is aangestel bo elke naam, alle owerheid en mag en krag en heerskappy -  in hierdie sowel die toekomstige wêreld! (Ef. 1:20-23), en Hy gebruik die engele as boodskappers, en hulle DIEN Hom (Hebr. 1:6,7).

Waar die woord "engel" gebruik word in die Skrif, verwys dit egter nie altyd na 'n "engel wese" nie, maar kan ook verwys "na die een wat 'n taak het soos van 'n engel".  Daar is 'n hele paar sulke voorbeelde in die NT waar die woord engel gebruik word t.o.v. mense wat (soos engele) "boodskappers" is (die Griekse woord "ang'-el-os', wat beteken "boodskapper" of engel).  Amper soos wanneer jy die spreekwoord gebruik "jy is 'n engel" wat nie bedoel dat die daardie persoon 'n "engel wese" is nie maar dat hy gestuur is "soos 'n engel". Paulus skryf in Gal 4:14 - "en julle het my beproewing in my vlees nie verag of verfoei nie, maar julle het my ontvang as ‘n engel van God..." - hiermee wil hy nie verklaar dat hulle Paulus sien as 'n engel-wese nie, maar dat hulle hom ontvang as boodskapper. Nog 'n paar sulke vb.e is die in Openbaring waar daar geskryf word aan die 7 engele (boodskappers) van die 7 gemeentes...

Natuurlik, in meeste gevalle waar die woord engel gebruik word in die Skrif, verwys dit na "engel wesens". Die Here het baie engele ("engel wesens"), en Hy stuur Sy engele uit om Sy wil uit te voer - hulle is Sy boodskappers en word uitgestuur tot hulp vir die wat die saligheid beërwe, en word ook somtyds gestuur om 'n opdrag uit te voer of oor te dra, en/of 'n woord vd Here te bring. Daar was bv. volgens die boek Openbaring 'n engel na Johannes gestuur om die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het, bekend te maak (Openb. 1:1).
En daar is vele ander vb.e in die Skrif van ENGEL WESENS wat uitgestuur is vir diens:
- in Luk. 1:11-20 het daar 'n engel aan Sagaria verskyn terwyl hy besig was om die priestersamp voor God te bedien, en die engel het vir hom 'n boodskap van die Here af gebring;
- in Luk. 1:26 is die engel Gabriël deur God gestuur na Maria om vir haar 'n boodskap te bring;
- in Luk. 2:9 het 'n engel aan herders verskyn in 'n oop veld en vir hulle 'n boodskap gebring - en skielik was daar ook saam met hom (die engel) ‘n menigte engele (van die hemelse leërskare) wat God prys... (v.13);
- in Luk. 22:43 het 'n engel uit die hemel aan Jesus verskyn en Hom versterk;
- in Matt. 1:20 het 'n engel in 'n droom aan Josef verskyn (so ook Matt. 2:13 en 19);
- in Matt. 28:2-6 het 'n engel die steen voor die graf weggerol en vir die vroue 'n boodskap gebring;
- in Joh. 5:4 het 'n engel op bepaalde tye neergedaal in die bad by Betésda en die water geroer, en enigeen wat eerste sou ingaan na die roering vd water, het gesond geword...;
- in Hand. 5:19 het 'n engel vd Here in die nag die deure vd openbare gevangenis oopgemaak en die apostels daaruit losgelaat/gelei;
- in Hand. 8:26 het 'n engel vd Here vir Filippus gestuur om na 'n spesifieke pad te gaan;
- in Hand. 10:3 het Cornelius in 'n gesig 'n engel van God na hom sien kom wat vir hom 'n boodskap en opdrag kom gee het;
- in Hand. 12:7 het 'n engel vd Here vir Petrus uit die gevangenis uitgehelp - die boeie het van Petrus se hande afgeval en die engel het hom uitgelei , verby die wagte; 
- in Hand. 12:23 is koning Herodus deur 'n engel vd Here getref, en hy is deur wurms verteer en het gesterwe;
- in Hand. 27:23 het God 'n engel gestuur om vir Paulus 'n boodskap te bring;
- in Jes. 37:36 was 'n engel vd Here gestuur om in die laer van Assirië honderd vyf en tagtig duisend te verslaan;
- in Dan 6:22/23 het God 'n engel gestuur om die bek vd leeus toe te sluit sodat hulle Daniel geen leed kon aandoen nie;
ENS.

Die pligte van engel wesens behels egter nie slegs om boodskappers te wees nie (Openb. 22:6 ens.)(Openb. 14:15-19)(Openb. 11:15; 9:1,13; 8:6,7,8,10,12 ens.). In Openb. 7:2 word 'n engel uitgestuur om die 144000 te verseël;  in Openb. 8:3-5 word 'n engel gebruik om reukwerk met die gebede vd heiliges te meng en dit op die altaar voor die troon van God neer te lê;  in Openb. 7:1 word 4 engele gebruik om op die 4 hoeke vd aarde te staan, en die 4 winde vas te hou sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie;  in Dan. 10:20 sien ons dat engele o.a. uitgestuur kan word om te veg.
Dit wil voorkom of sommige engele (of almal?) groot mag het en sterk is... (Openb. 5:2; 18:1), en instaat om dinge te doen soos om iemand stom te maak (Luk. 1:20), of blind te maak (Gen. 19:11). Wat ons verder leer uit die Skrif oor engele, is dat engele nie trou of in die huwelik uitgegee word nie (Matt. 22:30); ook, hulle kan nie sterf nie! (Luk. 20:34-36).

Openb. 22:8 leer vir ons dat engele "medediensknegte is van gelowiges". In die boek van Daniël sien ons verskeie gevalle waar engele uitgestuur is OMDAT Daniël homself voor die Here verootmoedig het en gebid het... (bv. Dan. 10:12). Ons sien dus hier dat engele somtyds uitgestuur word NADAT iemand GEBID het - natuurlik nie bid tot engele nie!, maar bid tot die Here want dit is die Here wat hulle uitstuur-Dan. 9:21,23.... Volgens Gen. 28:12, Matt. 22:30 e.a. lyk dit of engele se tuiste in die hemel is (waar God woon/"derde" hemel), maar hulle word uitgestuur  (Openb. 18:1; 20:1) en vertoef somtyds vir lang tye op sekere dele vd aarde (Openb. 3:5; 12:7; 5:11), of in die inspansel (2de hemel), of selfs onder die aarde! (soos die put) tot op 'n sekere tyd waarin hulle 'n opdrag tot vervulling moet bring (Openb. 7:2; 9:11,14)... Huidiglik is daar ook engelwesens wat in die hel gevange gehou word (engele wat gesondig het)(2 Pet. 2:4).

Openb. 12:7 leer vir ons dat die draak (die slang, die duiwel) ook engele onder hom het (wat hom dien). NIE alle engele wat uitgestuur word/is, is deur die Here gestuur nie.  En NIE alle engele wat aan mense verskyn, bring wel die waarheid nie!  Daar is heelwat gevalle van engele wat aan mense verskyn het maar 'n verdraaide waarheid of evangelie gebring het.  Ons moet versigtig wees en seker maak dat ons onderskei, want al sou daardie engel ook van die hemel af kom moet ons nie op sy woord ag gee sou hy 'n "ander evangelie" bring in stryd met "die evangelie" nie (Gal 1:8). Verskeie gelowe is so gebou op 'n verdraaide evangelie, en die fout wat hierdie mense maak is om die woorde te glo bloot omdat 'n engel dit gebring het - die waarheid is egter dat ons gewaarsku word in die Skrif om geen woord te ontvang wat getuig van 'n verdraaide evangelie nie, al word dit ook deur 'n engel gebring! ONS MOET ONDERSKEI OF 'N ENGEL DEUR DIE HERE GESTUUR IS, OF NIE (1 Kon. 13:15-18).

In sommige skrifte word daar na engele verwys as "manne". Of engele hulleself as vrouens kan voorstel is nie seker nie. Die prente wat ons sien van baba of vroue engele is regtig eintlik maar net in die kunste - geen vb. in die Skrif daarvan nie...  Hebr. 13:2 is een van daardie skrifte wat verskillend geinterpreteer word, want wat sommige verstaan uit hierdie skrif is dat engel (wesens) somtyds nie herken kan word nie, bv. dat hulle dan soos gewone mense lyk wanneer hulle verskyn sodat die persoon/e aan wie hulle verskyn nie besef dat hulle eintlik engel (wesens) is nie;  maar ander kan die skrif weer anders interpreteer siende Hebr. 13:2 miskien bloot verwys na "boodskappers wat mense is" (l.w., "boodskappers soos engele" soos bo verduidelik);  dus bedoel Hebr. 13:2 miskien nie noodwendig dat dit in so 'n geval "onherkenbaar engele" is nie, maar bloot mense wat "soos" engele deur die Here as dienaars uitgestuur word. Ook wanneer ons kyk na sekere ander O.T. skrifte, veral waar die woord "manne" gebruik word (soos in Gen. 18:2) vir engele(?), mag dit voorkom of engele in die vorm van manne/mense kan verskyn, maar natuurlik is dit dalk bloot net omdat hulle almal manne is! (bv., in konteks wil dit tog in Gen. 18 voorkom of Abraham besef het dat dit nie gewone manne/mense was wat by hulle aangekom het nie).  In ag geneem dat die mens/man oorspronklik in die beeld van God geskape is en die vrou eers daarna, l.w. "uit die man geskape is, is dit sekerlik onwaarskynlik dat daar iets soos vroue engele kan wees;  alhoewel, sou dit moontlik wees dat engel wesens (wat manne is) in die vorm van mense kan verskyn, is dit seker moontlik dat hulle dan ook in die vorm van vrouens kan verskyn (?).

Daar is 'n groot getal engele - in Matt. 26:53 praat Jesus van meer as 12 legioene van engele wat op 'n oomblik vir Hom beskikbaar gestel kan word (en l.w. dat die ontbieding van hierdie engele nie geskied deur tot die engele te bid nie, maar deur die Vader te bid of vra ! - Matt. 26:53).  Henog het ook melding gemaak van hoe die Here sal kom met Sy heilige "10 000"-talle!  Openb. 5:11 praat van engele rondom die troon van God - hulle getal? - "tien duisende en duisende van duisende" (in die KJV lei dit: "ten thousand times ten thousand, and thousands of thousands").

In sommige skrifte word die woord engel met 'n hoofletter E geskryf.  Die rede hiervoor is dat dit in sommige skrifte lyk of die woord  e(E)ngel  daar gebruik, eintlik praat van die Here.  Dit beteken nie dat die Here 'n engel wese is nie maar dat Hy in daardie gevalle in die vorm van 'n engel of man aan iemand verskyn het. Daar is natuurlik verskille hieroor en meer presies, watter skrifte spesifiek hierna verwys. Waar die woorde "Engel vd Here" gebruik word en sommige geleerdes dit sien as dat dit daar praat vd Here, is miskien meer waarskynlik dat daardie gevalle eerder na engel wesens verwys wat "in die Naam vd Here" optree en ter wille van Hom 'n woord bring (asof Hy dit self bring, soos in geval van profesie gebeur); - alhoewel daar min twyfel is oor Gen. 18 (veral in konteks), maar l.w. dat die woord "manne" daar gebruik word, nie "engele" (of Engel vd Here) nie!

Daar is sekere geloofsgroepe wat glo dat die aartsengel, Migael, eintlik na die Here Jesus Christus verwys... Dit is egter onwaaskynlik want in Dan. 10:13 word Migael "een van die" vernaamste vorste genoem (nie "die vernaamste" nie! - en l.w. dat die Here die "Vors van vorste" is, nie net "een vd vernaamste" nie). "Aarts"-engel (Jud. 1:9) verwys na "hoof"-engel. Die engelwese, Migael, is 'n vors wat aangestel is oor die heilige volk van God (Dan. 10:21) en hy het engele wat onder hom dien (Openb. 12:7).

_________________________________________________________________________________
UITEENSETTING: 
_________________________________________________________________________________
Die mens is 'n weinig minder gemaak is as die engele , Tog, die toekomstige aarde (wat aan die gelowiges, regverdiges, barmhartiges, gehoorsames... belowe is) is nie aan die engele onderwerp nie (Hebr. 2:5) maar aan die mens!, en dit is die mens wat oor die werke van Sy hande aangestel is... (Hebr. 2:6,7). (Heb 2:6 - "maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek?").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In sommige skrifte word die woord engel met 'n hoofletter E geskryf;  alhoewel dit in die Afrikaans ou vertaling meer gebeur as bv. in die King James vertaling. Waar die woord engel met 'n hoofletter geskryf word in hierdie betrokke skrifte, is dit 'n aanduiding dat die "engel" na wie daar verwys word moontlik die Here kan wees - nie om daardeur te verklaar dat die Here 'n engel wese is nie, maar dit gaan oor hoe Hy soos boodskapper (soos 'n engel) in daardie skrifte kom;  meer in die sin van dat Hyself die woord kom (af)gee (m.a.w., Hy verskyn self aan die mens, maar in die vorm van 'n engel?). Alhoewel die hoofletter E  in baie van daardie skrifte nie verwys na die Here self nie (en ook 'n punt van debat), wil dit tog voorkom of dit in sekere skrifte wel na die Here self kan verwys (bv. Eks. 3:1,4; Hand. 7:30,35,38).

Natuurlik is daar verskille tussen geleerdes oor in watter skrifte die woord engel verwys na die Here, en watter nie. Gen 16:7 is 'n goeie vb. hiervan - as ons lees wat die engel vir haar sê, klink dit of dit die Here is wat met haar praat, bv. Gen. 16:10.  En dit lyk ook of sy verstaan dat dit die Here is wat met haar praat (Gen. 16:13)... Maar natuurlik is dit ook so dat die engel wat gestuur is vir haar die Here se woorde gebring het - so ja, die engel is die boodskapper, maar om die woorde van die Here vir haar te bring. Dus, die feit dat die engel se woorde klink of dit die Here self is wat met haar praat, beteken nie dat die engel hier eintlik die Here self is nie..., maar kan bloot beteken dat die engel die presiese woorde van die Here kom oordra. Gen. 21:17 is ook so 'n vb. waar "e(E)ngel van God" gesien word as die Here self, maar natuurlik is dit ook 'n punt van redenasie.  So ons sien dat daar heelwat skrifte is waaroor gewonder word of die verskyning daar 'n engel wese was of die Here self  (soos 'n engel). Gen. 22:11,12 is 'n verdere vb. waar engel (vd Here) geskryf word met 'n hoofletter E, en feitlik almal glo dat dit die Here self is wat van die hemel af met Abraham gepraat het en hom beveel het om nie sy seun te offer nie.  In die AOV is die "h" in die woord "hy" ( "En Hy sê") in v.12 selfs ook verander na 'n hoofletter H sodat ons moet verstaan dat dit die Here self is wat van die hemel af met Abraham praat;  tog in die KJV is die h bv. met 'n klein letter.  So was dit 'n engel wat met Abraham uit die hemel gepraat het?  Of was dit die Here self?  En weer-eens, volgens die volgende verse, Gen. 22:15-17, wil dit lyk of dit die Here self is wat praat, maar natuurlik, net soos in die vb. van Gen. 21:17 mag dit eerder wees dat Hy die engel gebruik om Sy praatwerk te doen!

Gen. 18 is ook so 'n vb. (waar dit terloops lyk of die "manne" daar genoem, gebruik word van engele), en een van die 3 "manne" lyk of dit die Here self kan wees...  Kyk veral v. 22, wat lyk of 2 manne weggaan en die Here agterbly by Abraham... OM AF TE LEI DAT HIERDIE SLEGS 'N ENGEL WAS WAT IN DIE NAAM VAN DIE HERE GEKOM HET, IS ONWAARSKYNLIK, VERAL AS ONS ook KYK NA ANDER VERSE IN DIE BETROKKE SKRIFGEDEELTE, bv. V.13: (Gen 18:13 - "Toe sê die HERE vir Abraham: Waarom het Sara daar gelag en gedink: Sou ek ook werklik baar nou dat ek oud geword het?").  DIT WIL BESLIS VOORKOM OF DIT DIE HERE SELF IS WAT AAN ABRAHAM HIER VERSKYN HET (saam met 2 ander manne -engele?), EN Hy HET GELYK SOOS 'N MAN.  Maar let ook daarop dat die afleiding van manne hier in Gen. 18 bloot 'n afleiding is dat dit engele was (veral geneem uit Gen. 19:1 wat ook weer 'n afleiding is dat dit dieselfde manne is van Gen. 18!).  En onthou ook dat die Here self al op verskeie geleenthede heiliges en uitverkones besoek het.  Die feit bly staan dat in hierdie Skrifgedeelte, waar dit definitief lyk of die Here self hom kom besoek het, die Here nie "engel" genoem word nie, maar "man" (nie verkeerd, want die mens/man is in die gelykenis van God geskape!).

Dus, in sekere skrifte waar die woorde "engel vd Here" gebruik word is dit onseker of dit na 'n engel wese verwys of na die Here self;  en in ander skrifte is dit weer:
-duidelik dat die woorde "engel van die Here" gebruik word van 'n "engel wese", 
bv. Matt. 28:2-6.
-In Rigters 6 is dit egter duidelik dat Engel vd Here in daardie gedeelte inderdaad verwys na die Here self! (kyk veral verse 22-24).

Engele wat deur die Here gestuur word, tree in Sy Naam op! - hulle bring die woorde wat Hy wil bring (asof Hy dit bring)...  Dus is hierdie beslis 'n punt van debat in sommige skrifte, want as dit klink of die Here praat is dit nie noodwendig Hyself wat verskyn om te praat nie, maar dit kan bloot Sy woorde wees wat deur 'n engel gebring word (asof Hy praat), soos wat baie gebeur in profesie (bv. Jer. 22:1 ens.).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Engele - "manne":

- (Gen 19:1) " En die twee engele het in die aand in Sodom aangekom, terwyl Lot in die poort van Sodom sit; en toe Lot hulle sien, het hy opgestaan om hulle tegemoet te gaan en hom gebuig met die aangesig na die aarde toe"  "HIERDIE TWEE ENGELE" MAG MOONTLIK VERWYS NA DIESELFDE "MANNE" GENOEM IN DIE VORIGE HFSTK. (alhoewel daar geen aanduiding is dat dit beslis so is nie - die "manne" in Gen. 18 is dalk nie dieselfde as die engele hier genoem nie).  

Vgl. HIERDIE GERUS MET: (Heb 13:2 - "Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg"), WAARUIT DIT WIL VOORKOM OF ENGELE SOMTYDS VERSKYN IN DIE VORM VAN "MANNE", EN DAN "LYK SOOS MENSE"; ALHOEWEL, NêRENS VERKLAAR DIE SKRIF DAT ENGEL WESENS NOODWENDIG ANDERS LYK AS MANNE NIE (en l.w. dat nerens word engele in die Skrif voorgestel as vrouens nie...); ALHOEWEL HULLE VOORGESTEL WORD MET MEER KRAG OF HEERLIKHEID as mense. OOK VOLGENS GEN. 19:5 IS DIT DUIDELIK DAT DIE "TWEE ENGELE SOOS MANNE GELYK HET".  Dus:  Engel (wesens) lyk soos mans, en somtyds word hulle onmiddellik herken as engele (tog mans), maar somtyds lyk hulle net soos gewone manne en die persoon aan wie hulle verskyn besef nie dat hulle eintlik engele is nie (Hebr. 13:2), ALHOEWEL, geleerdes mag verskil op hierdie punt, siende daar dalk slegs na "mens" boodskappers verwys word in Hebr. 13:2 (nie noodwendig na engel wesens nie), net soos dit gebruik word in die boek van Openbaring ("engele" vd gemeentes..).

Wat kan ons leer oor die engele in hierdie skrifgedeelte:
-  hulle eet voedsel (Gen. 19:3);
-  hulle was instaat om iemand blind te maak (Gen. 19:11);
-  hulle was instaat om 'n plek te verwoes (Gen. 19:13).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Waar woon die engele?

- (Mat 22:30)  Want in die opstanding trou hulle nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele van God in die hemel.

- (Gen 28:12)  En hy het gedroom—daar is ‘n leer op die aarde opgerig waarvan die spits tot aan die hemel reik, terwyl die engele van God daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het. UIT HIERDIE SKRIF KAN ONS aflei DAT ENGELE SE TUISTE "IN DIE HEMEL" IS (waar God woon); alhoewel hulle uitgestuur word op die aarde en selfs somtyds lang tye vertoef op sekere dele vd aarde...
(Openb. 3:5; 12:7; 5:11). Ander skirfte gee ook vir ons 'n aanduiding dat hulle tuiste in die hemel is (en uitgestuur word), bv. Openb. 12:7,8; 19:14; Jud 1:14...).

Maar waar woon die duiwel se engele?  Volgens Job wil dit voorkom of die duiwel wel toegang het tot die hemel (waar God woon).  Uit Openb. 12:8-12 kan ons aflei dat die "hemel" genoem in v.7 verwys na die hemel waar God woon. (Openb. 12:8 " hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie"). Ons weet egter dat daar ook engele is wat gesondig het en wie se woning huidiglik is in die hel (2Pe 2:4), en word in bewaring gehou vir die oordeel. Daar is natuurlik heelwat onbeantwoorde vrae op hierdie tema asook die verskil tussen hierdie engele wat in die hel gevange gehou word en "die duiwel se engele".

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Is engele "seuns van God"?
God het baie seuns. Christus Jesus (as beide Here en Mens)(was vd begin af daar en het mens geword...), word God se Eersgebore Seun genoem. Adam word bv. ook 'n "seun van God" genoem in Luk. 3:38, maar dit is duidelik dat "die seuns van God" waarna verwys word in Gen. 6:1-6 nie verwys na mense of kinders van Adam nie, want toe sommige "seuns van God" by die dogters vd mens ingaan en die vir hulle kinders baar, was "reuse" gebore. Meeste geleerdes is van mening dat hierdie "seuns van God" waarna verwys word in Gen. 6, engele was, en glo dat dit moontlik die engele is wat gedwaal of gesondig het.

Daar word ook na 'n "seun van God" verwys is Dan 3:25 - "Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar ‘n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos dié van ‘n godeseun". Sommige geleerdes is van mening dat hierdie 4de persoon in die vuur saam met Sadrag, Mesag en Abednégo, Jesus Christus self was;  of dit kon 'n engel wees wat van die Here gestuur is om hulle te beskerm.

Ons vind nog 'n verwysing na die "seuns van God" in Job 1 en 2, wat ook lyk of dit na engele verwys.

Skrifte:
(Gen 6:1)  Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is,
(Gen 6:2)  sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het.
(Gen 6:3)  Toe sê die HERE: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd en twintig jaar.
(Gen 6:4)  In dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam.
(Gen 6:5)  Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was,
(Gen 6:6)  het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart.

(Job 1:6)  En op ‘n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom.
(Job 1:7)  Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van ‘n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.
(Job 1:8)  En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ‘n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.
(Job 1:9)  En die Satan antwoord die HERE en sê: Is dit verniet dat Job God vrees?
(Job 1:10)  Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie? Die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land.
(Job 1:11)  Maar strek net u hand uit en tas alles aan wat hy het—waarlik, hy sal U in u aangesig seën!
(Job 1:12)  Daarop sê die HERE aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE.

(Job 2:1)  En op ‘n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom om hom voor die HERE te stel.
(Job 2:2)  Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van ‘n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.
(Job 2:3)  En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ‘n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad; en hy volhard nog in sy vroomheid, alhoewel jy My teen hom opgehits het om hom te vernietig sonder oorsaak.
(Job 2:4)  Toe het die Satan die HERE geantwoord en gesê: Huid vir huid, en alles wat iemand het, sal hy gee vir sy lewe;
(Job 2:5)  maar strek net u hand uit en tas sy gebeente en sy vlees aan—waarlik, hy sal U in u aangesig seën!
(Job 2:6)  En die HERE sê aan die Satan: Kyk, hy is in jou hand; spaar net sy lewe.

(Job 38:7)  Toe die môresterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het?

(Dan 3:25)  Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar ‘n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos dié van ‘n godeseun.

(Luk 3:38)  die seun van Enos, die seun van Set, die seun van Adam, die seun van God.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer Jesus Christus terugkom, bring Hy Sy engele saam met Hom:

- (Gen 32:1,2)  Jakob het ook verder gereis, en die engele van God het hom ontmoet. Toe hy hulle sien, sê Jakob: Dit is ‘n leër van God! En hy het die plek Mahanáim genoem.  IN OPENB. 19 WORD BESKRYF HOE DIE HERE JESUS CHRISTUS KOM OM TE OORDEEL (MET DIE WEDERKOMS) EN HOE DIE LEëRS IN DIE HEMEL HOM VOLG...(Openb. 19:14 - "En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne") (KYK "SLAG VAN ARMAGEDDON)... - DIT WIL VOORKOM OF HIERDIE "LEëRS" VERWYS NA "LEëRS VAN ENGELE".  VGL. DIT MET 2 Thess. 1:7,8 - "en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie".  DAAR IS BAIE ENGEL wesens, MEER AS WAT ONS DINK!  IN  Mat 26:53 PRAAT JESUS VAN MEER AS 12 LEGIOENE VAN ENGELE WAT OP 'N OOMBLIK VIR HOM BESKIKBAAR GESTEL KAN WORD. HENOG HET OOK MELDING GEMAAK (geprofeteer) VAN HOE DIE HERE SAL KOM MET SY HEILIGE TIEN DUISENDTALLE...(Jud. 1:14).  Ons weet dat 'n "leër" 'n groep is wat iemand volg - in hierdie geval is dit leers van engele wat vir Christus Jesus volg.  (Openb. 5:11 - "Toe sien ek, en ek hoor ‘n stem van baie engele rondom die troon en van die lewende wesens en die ouderlinge; en hulle getal was tien duisende van tien duisende en duisende van duisende;").
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die dwaling van sommige engele:

- (Job 4:18)  Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling. ALHOEWEL DIE ENGELE HEILIG (afgesonder) IS OM DIE HERE TE DIEN, leer ons uit die Skrif dat sekere engele DWAAL (Job 15:15,16; 4:18) - ONS WEET BV. DAT DIE DUIWEL ENGELE HET WAT HOM VOLG.  DIE DOEL VD EWIGE VUUR  WAS DAT DIT BEREI WAS VIR DIE DUIWEL EN SY ENGELE... (poel van vuur en swawel)(Openb. 20:10; Matt. 25:41). Sommige mense sal ook eendag na daardie plek (die ewige vuur) gestuur word (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-2.html). Ook die dier en die valse profeet gaan in die poel van vuur gegooi word.  Openb. 20:10 leer vir ons verder dat hierdie "poel van vuur" 'n plek is waarin hulle dag en nag gepynig sal word tot in alle ewigheid...  

GELEERDES REDENEER LANKAL DAAROOR OOR WAT DIE KONNEKSIE IS TUSSEN DWALENDE ENGELE EN ONREINE GEESTE.  VOLGENS MATT. 8:29 WIL DIT VOORKOM OF DIE ONREINE GEESTE OOK AFWAG OM EENDAG GEPYNIG TE WORD. Geeste is egter sonder vlees en bene - ons weet ook dat onreine geeste en demone in mense se liggame kan intrek (http://warechristene.blogspot.com/2016/12/onreine-geeste.html), maar die manier hoe engele beskryf word lyk of hulle wel vlees en bene het - o.a. in ag geneem dat hulle voedsel kan eet. Maar engele word ook genoem, dienende "geeste" in Hebr. 1:14, alhoewel die woord "geeste" in hierdie skrif sekerlik nie bedoel dat hulle nie ook vlees het nie, maar is verwysend na hulle geeste - vgl. dit met Num. 16:22, 27:16, Hebr. 12:9,23 en 1 Joh. 4:1waar die geeste van vlees uitgesonder word en wys dat iemand somtyds as 'n gees aangespreek word al is hy "gees in vlees". 

2 Pet. 2:4 LEER VIR ONS DAT DAAR 'N GROEP ENGELE IS "WAT GESONDIG HET" (en dat hulle nie gespaar is nie, maar in die hel gewerp is en aan kettings vd duisternis oorgegee is - word in bewaring gehou vir die oordeel). OOK IN JUD. 1:6 LEER ONS DAT DAAR ENGELE IS "WAT HUL EIE BEGINSEL NIE BEWAAR HET NIE, MAAR HULLE EIE WONING VERLAAT HET"! - m.a.w., hulle het op 'n stadium hulle woning verlaat ... (en word nou met ewige boeie onder die DUISTERNIS bewaar vir die dag van oordeel - Jud. 1:6). Daar is dus engele wat geboei is, in die hel (2 Pet. 2:4), onder die duisternis - en dus nie vry is om te kom en gaan nie, omdat hulle gesondig het en hulle woning verlaat het. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat eet die engele?:

Engele eet ook voedsel net soos ons - in Gen. 19 het 2 engele saam met Lot 'n maaltyd en ongesuurde brode geniet.  In Gen. 18, waar ons aanneem dat dit engele is wat vir Abraham besoek het (asook dat een vd manne moontlik die Here self was!),  sien ons dat daardie 3 manne saam met Abraham geeet het, nl. roosterkoeke (Gen. 18:6), kalfsvleis (v.7), en dikmelk en soetmelk (v. 8).

Daar is ook voedsel in die hemel waar God (en Sy engele) woon, en sekerlik voedsels wat ons nie noodwendig ken nie - o.a. lees ons dat die manna wat aan die volk in die woestyn gestuur was (vanuit die hemel) "brood van engele" genoem word in Ps. 78:25 ("brood" in Eks. 16:8). Dit word ook "koring vd hemel" genoem in Ps. 78:24.  (L.w. dat die woord engele in Ps. 78:25 nie presies dieselfde woord is wat in ander skrifte vir "engele" gebruik word nie, maar is die Hebr. woord "ab-beer'" wat behalwe "engel" ook vertaal kan word as sterk (een) of magtige (een)..., m.a.w. soos "brood van magtige een" - en word dus in sekere vertalings so vertaal). 

Hoe het hierdie MANNA gelyk en waarna het dit gesmaak?:

-  in Ps. 78:24 word dit "koring vd hemel" genoem;
-  in Ps. 78:25 word dit "BROOD VAN ENGELE" genoem;
-  was wit soos koljandersaad - fyn en korrelrig (en het gelyk soos ryp waar hulle op die grond geval het)(Eks. 16:13,31);
-  het gesmaak soos heuningkoek (Eks. 16:31), en kon fyngemaal of gestamp word en roosterkoeke van gemaak word - en het dan gesmaak soos oliekoeke (Num. 11:9);
-  die kleur daarvan was soos balsemgom (Num. 11:7).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Engele is dienende geeste:

Engele is nie mense nie, maar DIENENDE geeste (Hebr. 1:14) - wat nie kan sterf nie (Luk. 20:36). Engele vd Here word (deur Hom) uitgestuur ter wille vd wat die saligheid sal beerwe (Heb 1:14 - "Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?").  Daar is 'n paar vb.e in die Skrif waar engele gestuur was nadat gelowiges TOT DIE HERE gebid het. Ook Jesus het hierdie feit bevestig in Matt. 26:53 waarin Hy verklaar dat Hy DIE VADER KAN BID om vir Hom engele beskikbaar te stel. Nie bedoel in die sin van om die Here te versoek nie!, bv. van 'n gebou afspring en glo dat die Here Sy engele sal stuur om jou te vang nie...(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/versoeking-3-jy-mag-die-here-jou-god.html).

Engele se doel is dus o.a. "om te dien" (dienende geeste) - DIENAARS VD HERE WAT VIR DIENS UITGESTUUR WORD TER WILLE VAN DIE WAT DIE EWIGE LEWE SAL ONTVANG.  'n Goeie vb. is die in Mat 4:11, waar Jesus versoek was in die woestyn - "Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien"

-  (Psa 91:11)  want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.
Hierdie skrif leer vir ons dat die Here Sy engele gebruik om o.a. Sy kinders te bewaar op hulle weë.  Vgl. dit met (Hebr. 1:14)(Psa 34:7(8)):  "Get. Die Engel van die HERE trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit". Daar is ook vb.e in die Skrif van Engele wat uitgestuur was in tye van oorlog... - (2Kon. 19:35 - "En in dieselfde nag het die engel van die HERE uitgetrek en in die laer van die Assiriërs honderd vyf en tagtig duisend verslaan; en toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak—was dit almal dooie liggame!"). Nog 'n vb. van hoe die Here Sy kinders beskerm, is in 2 Kon. 6:17, waarin die stad omsingel was met 'n swaar leer maar die Here perde en waens van vuur gestuur het (2 Kon. 6:14-20). In die verhaal kon Elisa se dienaar nie die perde en waens sien nie, maar omdat Elisa gebid het dat die Here sy oë open, kon hy dit toe ook sien.  Duidelik was hierdie perde en waens meer in die geestelike realm as in die fisiese (maar het natuurlik in die fisiese geveg).   

(Psa 91:11)  want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.
(Psa 91:12)  Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.
MAAR DIE FEIT DAT Hy Sy ENGELE STUUR OM SY KINDERS TE BEWAAR, BETEKEN NIE DAT ONS Hom MAG VERSOEK NIE.  JY KAN BV. NIE IN 'N OORLOG OPTREK WAT TEEN DIE WIL VD HERE IS EN DAN VERWAG HY SAL SY ENGELE STUUR OM TE HELP NIE.  JY KAN BV. NIE GAAN AFSPRING VAN 'N BERG OM DIE HERE TE TOETS OF HY SY ENGELE SAL STUUR OM JOU TE VANG NIE! 
(Mat 4:5)  Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan
(Mat 4:6)  en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip stamp nie.
(Mat 4:7)  Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Here se engele is kragtige helde:

-(Psa 103:20)  Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord!
HIERDIE SKRIF LEER VIR ONS O.A. DAT DIE HERE SE ENGELE "KRAGTIGE HELDE" IS WAT SY WOORD VOLBRING (GEHOORSAAM AAN DIE STEM VAN WOORD). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Engele sal as maaiers uitgestuur word in die voleinding vd wêreld:

(Mat 13:39)  en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.  - MET DIE WEDERKOMS, WANNEER DIE OORDEEL SAL PLAASVIND, DAN WORD DIE ENGELE GEBRUIK AS "MAAIERS" - (Mat 13:41,42 - "die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen, en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande").

Ons sien dat die engele ook uitgestuur sal word om die uitverkorenes te versamel - (Mat 24:31 - "En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan").  Let wel dat die oordeel in Matt. 13:40-42 'n oordeel is wat plaasvind op die wat deel is van JESUS CHRISTUS SE KONINKRYK! (huidiglike "geestelike koninkryk") - oordeel begin by die huis van God... (Mat 13:49 - "So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei")(kyk ook Matt. 16:27).



HIERDIE VERSE LEER VIR ONS DAT DIE ENGELE DIENAARS IS WAT UITGESTUUR WORD TER WILLE VAN DIE GELOWIGES.  DIT IS DUIDELIK DAT HULLE KENNIS HET VAN WIE CHRISTENE IS - OOK WIE "KORING" IS EN WIE "ONKRUID", WANT HULLE SAL NIE NET UITGESTUUR WORD OM DIE UITVERKORENES TE VERSAMEL NIE, MAAR OOK AS MAAIERS OPTREE.  (Luk 9:26 - "Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele").


------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Engele, magte en kragte is aan Jesus Christus onderwerp:

(Heb 1:6,7)  En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid. En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme; (vgl. met Ps. 104:4).
Christus Jesus is HERE en al die engele van God moet Hom aanbid.
Wat ons ook leer uit hierdie skrif is dat die engele vir Hom BOODSKAPPERS en DIENSAARS is.

(1Pe 3:22 - "wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is").



(Ef. 1:20)  wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele,

(Ef. 1:21)  bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.
(Ef. 1:22)  En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,
(Ef. 1:23)  wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Het uitverkorenes elkeen 'n engel wat na hulle omsien?

(Mat 18:10)  Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van my Vader wat in die hemele is.
HIERDIE SKRIF LEER VIR ONS DAT KINDERS ENGELE HET (IN DIE HEMELE) WAT ALTYD DIE AANGESIG VD VADER (WAT IN DIE HEMELE IS) SIEN.  IN KONTEKS wil dit lyk of Hy VERWYS het NA "KINDERS", maar is NIE BEPERK TOT KINDERS NIE (bv. v.15) -  "KINDERS" WORD GEBRUIK OM IETS TE VERDUIDELIK.... Ons kan dus sekerlik aflei dat dit nie net kinders is wat engele het wat die aangesig vd Vader soek nie... Volgens 2 Sam. 14:20 wil dit voorkom of engele van God "wys is" en van "alles weet wat op die aarde gebeur" (2 Sam. 14:20b - "...... Maar my heer is wys soos die wysheid van ‘n engel van God om alles te weet wat op die aarde gebeur").  In Openb. 8:3,4 word die plig aan 'n engel (van God) gegee om die GEBEDE vd heiliges op die goue altaar voor die troon te lê..., en mag voorkom of hierdie betrokke gebede versamel is (wat moontlik juis deel vd werk van engele is?).

Dit lyk of die eerste Christene dit ook so verstaan het dat elke heilige of uitverkorene " 'n engel het", want in Hand. 12:15, nadat die engel vd Here vir Petrus uit die gevangenis losgelaat het en hy aan die deur van Maria (waar almal bymekaar gekom het om te aanbid) gaan klop het, het hulle gedink dat dit "Petrus se engel" is wat by die deur is (siende hulle verwag het dat hy in die gevangenis is).  AS DIT DIE GEVAL IS BETEKEN DIT NATUURLIK NIE DAT ONS DEUR MIDDEL VD ENGELE MET DIE HERE KOMMUNIKEER NIE, EN BESLIS OOK NIE DAT ONS HULLE AANBID NIE!  (Openb. 22:8)(Joh 14:6 - "Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie"). Die engele is nie die gelowige se weg tot die Vader nie, maar Jesus Christus is daardie weg.  Ons bid nie tot die Vader deur engele nie, maar bid tot Jesus Christus en deur Hom (in Sy Naam) tot die Vader.  Gelowiges moet niks te doen he met praktyke waar daar met engele gekommunikeer word nie, want op daardie manier kan daar ook met engele vd duiwel kontak gemaak word.  En as 'n engel aan iemand verskyn dan sal sy woorde getuig van of hy van die Here kom, of van die duiwel.  Selfs toe Jesus melding maak van hoe Hy meer as 12 legioene engele tot Sy beskikking kan kry vir hulp, het Hy genoem dat Hy om hierdie hulp kan vra, l.w.!, by "die Vader" (nie die engele self vra nie)! (Mat 26:53 - "Of dink jy dat Ek nie nou my Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf legioene van engele beskikbaar sal stel nie?).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WANNEER CHRISTUS TERUGKOM BRING HY SY ENGELE SAAM MET HOM:  

(2Th 1:7,8)  en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie. - WANNEER CHRISTUS TERUGKOM BRING HY SY ENGELE SAAM MET HOM.  WAT ONS OOK NOG UIT HIERDIE SKRIF LEER IS DAT SY ENGELE "MAGTIG" IS.

(Mar 8:38 -"Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele")  ;  (Mat 25:31- "En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit;").


Vgl. dit met (Mat 16:27 - "Want die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade");  en (Jud 1:14 - "En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tien duisendtalle,").

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die engel Gabriël:

Daar is 'n paar voorbeelde in die Skrif van waar die engel Gabriël aan mense verskyn het om vir hulle 'n boodskap van die Here af te bring, bv. in Luk. 1 is hy gestuur na Sagaría, asook gestuur na Maria;, en in 'n gesig in Dan. 8 en 9 gestuur na Daniël. 

Wat kan ons leer oor die engel Gabriël in hierdie skrifte:
-  hy beskryf homself in Luk. 1 as volg: "Ek is Gabriël wat voor God staan";
-  in elkeen van hierdie gevalle was hierdie engel (wat voor God staan) deur die Here gestuur (Luk. 1:19,26) om 'n woord van die Here af te bring of om iets te verduidelik of insig te gee aan die persoon na wie hy gestuur is (Luk. 1:19;Dan. 8:16; 9:22);
-  hy was instaat om vir Sagaria stom te maak vir 9 maande (Luk. 1:20);
-  hy is "in 'n gesig" gestuur na Daniël in Dan. 8 (Dan. 8:15; 9:21).  In hierdie gedeelte was 'n gesig aan Daniël gewys, maar hy het dit nie verstaan nie - Gabriël was gestuur om die gesig (wat gaan oor iets wat in die toekoms sou gebeur) aan hom te verduidelik (Dan. 8:16);
-  in die gesig in Dan. 8 het die engel Gabriël "soos 'n man gelyk" (Dan. 8:15); 
-  in Dan. 9 was Daniel in gebed met die Here toe die engel Gabriel aan hom verskyn het (Dan. 9:21); en l.w., die engel is gestuur OMDAT Daniël tot die Here gebid het!
-  in Dan. 9 het die engel Gabriël vir Daniel 'n "gesig" gebring waardeur hy vir hom die woord bring (wat uitgegaan het terwyl Daniël gebid het)(Dan. 9:22);

Luk 1:19  En die engel antwoord en sê vir hom: Ek is Gabriël wat voor God staan, en ek is gestuur om met jou te spreek en jou hierdie goeie tyding te bring.

(Dan 8:15)  En toe ek, Daniël, die gesig gesien het, het ek probeer om dit te verstaan, en kyk, daar het iemand voor my gestaan wat soos ‘n man gelyk het.
Dan_8:16  En ek het ‘n mensestem gehoor uit die Ulai wat geroep en gesê het: Gabriël, laat hierdie een die gesig verstaan! 

Dan_9:21  terwyl ek nog spreek in die gebed, het die man Gabriël wat ek, uitgeput van vermoeienis, ‘n vorige keer in die gesig gesien het, na my gekom omtrent die tyd van die aandspysoffer.
Luk_1:19  En die engel antwoord en sê vir hom: Ek is Gabriël wat voor God staan, en ek is gestuur om met jou te spreek en jou hierdie goeie tyding te bring.
Luk_1:26  En in die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na ‘n stad in Galiléa met die naam van Násaret,
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die "man" in Dan. 10:

Alhoewel Dan. 10 nie in soveel woorde verklaar dat die man (v.5) hier 'n engel is nie, kan dit tog afgelei word, veral uit verse 12 en 13.  Volgens v. 12 is dit duidelik dat hy deur God gestuur is, om Daniël se verootmoedinging en woorde ontwil, maar hy was opgehou vir 21 dae (v.13) en kon dus nie onmiddellik na Daniël gaan nie;  alhoewel hy ook gestuur was om te veg... (v.21).  En l.w. v.13 hoe "Migael" (engel Migael?) hom kom help het...

Wat kan ons leer oor hierdie man (engel)?:
-  hierdie man (engel) is na Daniël gestuur OMDAT Daniël hom voor die Here verootmoedig het en tot die Here gebid het (v.12) - let ook weer-eens hier op dat Daniël NIE tot engele gebid het nie, maar tot die Here;
-  Dan. 10:13 leer vir ons dat die engele somtyds in tye van oorlog uitgestuur word;
-  volgens v.14 het die engel 'n woord gebring van iets wat in die verre toekoms gaan gebeur;
-  volgens v.16 wil dit lyk of Daniël 'n gesig gesien het terwyl die man met hom praat;
-  in verse 16 en 19 spreek Daniël die man aan as "my heer" - woord in die Hebr. wat o.a. vertaal kan word as "my heer", of andersins as "meester" of "eienaar".  Dit beteken egter nie dat hierdie man die Here self was nie, en dit kon maklik hier liewer vertaal word as "meester" - 'n vorm wees van aanspreking.  Dieselfde gebeur waar ons lees van Migael die aartsengel... (rol af na die volgende paragraaf).

(Dan 10:4)  En op die vier en twintigste dag van die eerste maand, terwyl ek op die wal van die groot rivier was, dit is die Hiddékel,
(Dan 10:5)  het ek my oë opgeslaan, en daar sien ek ‘n man met linne bekleed, en sy heupe was omgord met goud van Ufas.
(Dan 10:6)  En sy liggaam was soos chrisoliet, en sy aangesig soos die geflikker van bliksem en sy oë soos fakkels van vuur en sy arms en sy voete soos blink geskuurde koper en die geluid van sy woorde soos die gedruis van ‘n menigte.
(Dan 10:7)  En ek, Daniël, alleen het die gesig gesien, maar die manne wat saam met my was, het die gesig nie gesien nie; nogtans het ‘n groot skrik hulle oorval, sodat hulle gevlug het om hulle te verberg.
(Dan 10:8)  Toe het ék alleen oorgebly en hierdie groot gesig gesien, en geen krag het in my oorgebly nie, en my gesonde kleur het aan my verander en verdwyn, en ek het geen krag oorgehou nie.
(Dan 10:9)  En ek het die geluid van sy woorde gehoor, en toe ek die geluid van sy woorde hoor, het ek bewusteloos op my aangesig, met my aangesig op die aarde, geval.
(Dan 10:10)  En kyk, ‘n hand het my aangeraak en my op my knieë en op die handpalms waggelend laat opstaan.
(Dan 10:11)  En hy het vir my gesê: Daniël, geliefde man, gee ag op die woorde wat ek met jou spreek, en gaan staan op jou staanplek, want ek is nou na jou gestuur. En terwyl hy hierdie woord met my spreek, het ek bewende gaan staan.
(Dan 10:12)  Toe sê hy vir my: Wees nie bevrees nie, Daniël; want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor, en om jou woorde ontwil het ek gekom;
(Dan 10:13)  maar die vors van die koninkryk van die Perse het een en twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Mígael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die konings van Persië.
(Dan 10:14)  Ek het dan gekom om jou inligting te gee oor wat jou volk aan die einde van die dae te beurt sal val, want die gesig sien nog op die verre toekoms.
(Dan 10:15)  En terwyl hy hierdie woorde met my spreek, het ek my aangesig na die grond gedraai en stom geword.
(Dan 10:16)  En kyk, een wat soos ‘n mens gelyk het, het my lippe aangeraak. Toe het ek my mond oopgemaak en gespreek en aan hom wat teenoor my staan, gesê: My heer, deur die gesig het krampe my oorval en het ek geen krag oorgehou nie.
(Dan 10:17)  En hoe kan so ‘n geringe kneg van my heer met so ‘n heer van my spreek? Wat my aangaan, bestaan daar nou geen krag in my nie, en geen asem het in my oorgebly nie.
(Dan 10:18)  Toe het die een wat soos ‘n mens gelyk het, my weer aangeraak en my versterk
(Dan 10:19)  en gesê: Wees nie bevrees nie, geliefde man, vrede vir jou, wees sterk, ja, sterk! En terwyl hy met my spreek, het ek moed geskep en gesê: My heer kan maar spreek, want u het my versterk.
(Dan 10:20)  Toe sê hy: Weet jy waarom ek na jou gekom het? Ek moet dan nou teruggaan om te veg met die vors van die Perse; en as ek heengegaan het, kyk, dan kom die vors van Griekeland.
(Dan 10:21)  Nogtans sal ek jou te kenne gee wat geskrywe is in die boek van die waarheid; en daar is nie een wat hom saam met my dapper gedra teen hulle nie, behalwe julle vors Mígael.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Mígael, die aartsengel:

Daar is sekere geloofsgroepe wat glo dat die aartsengel, Migael, eintlik die Here is... Dit is egter onwaaskynlik, want in Dan. 10:13 word Migael "een van die" vernaamste vorste genoem (nie "die vernaamste" nie! - en l.w. dat die Here die "Vors van vorste" is, nie net "een vd vernaamste" nie).

Judas 1:9 leer vir ons dat die engel Migael 'n "aarts"- engel is, m.a.w. "hoofengel",  'n vors aangestel oor die heilige volk van God (Dan. 10:21) - dus het hy engele wat onder hom dien (waarvaan hy die hoof is - vgl. dit met Openb. 12:7 waarin die woorde "Migael en SY engele" gebruik word...  Maar die woorde "Migael en sy engele" beteken natuurlik nie noodwendig  dat Migael na die Here verwys bloot omdat hy engele "het" nie, maar is 'eerder n verwysing daarna dat hy die hoofengel is - "engele het wat onder hom dien" - het m.a.w. engele "onder hom".

Dan_10:13  maar die vors van die koninkryk van die Perse het een en twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Mígael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die konings van Persië. - IN HIERDIE SKRIF WORD MIGAEL "EEN VD VERNAAMSTE VORSTE" GENOEM.  Dit is onwaarskynlik dat dit verwys na Jesus Christus want Christus Jesus is die vernaamste vors!, die Vors vd vorste!, nie net "een vd vernaamste" nie.

Dan_10:21  Nogtans sal ek jou te kenne gee wat geskrywe is in die boek van die waarheid; en daar is nie een wat hom saam met my dapper gedra teen hulle nie, behalwe julle vors Mígael- IN HIERDIE SKRIF WORD MIGAEL GESIEN AS "DIE VOLK (van God) SE VORS".

Dan_12:1  En in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ‘n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ‘n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan. - OOK IN HIERDIE SKRIF IS MIGAEL "DIE GROOT VORS WAT OOR DIE KINDERS VAN DIE VOLK VAN GOD STAAN EN OPTREE".

Jud_1:9  Maar toe Mígael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou! - HIERDIE SKRIF LEER VIR ONS DAT MIGAEL 'N AARTS(hoof)ENGEL IS.

Rev_12:7  En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; - HIERDIE SKRIF LEER VIR ONS DAT MIGAEL ENGELE ONDER HOM HET (wat hier saam met hom veg). VGL. DIT MET JUD 1:9 wat leer dat hy 'n AARTSENGEL ("ar-khang'-el-os" - "a chief angel" -'n leier van engele) is. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat anders kan ons leer oor engele in die Skrif?:

-  engele trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie (Matt. 22:30);
-  engele kan nie sterf nie (Luk. 20:34-36).

(Mat 22:30)  Want in die opstanding trou hulle nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele van God in die hemel.
HIERDIE SKRIF LEER VIR ONS DAT ENGELE "NIE TROU NIE" - HULLE WORD NIE IN DIE HUWELIK UITGEGEE SOOS MENSE NIE.  Mense wat eendag deel het aan die opstanding, sal soos engele ook nie trou nie (dit beteken nie dat hulle in engele gaan verander nie maar verwys bloot dat hulle "soos engele" ook nie in die huwelik uitgegee sal word nie).  (Mar 12:25 - "Want wanneer hulle uit die dode opstaan, trou hulle nie en word hulle nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele wat in die hemele is").

-(Luk 20:34)  Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Die kinders van hierdie eeu trou en word in die huwelik uitgegee;
-(Luk 20:35)  maar die wat waardig geag word om daardie eeu en die opstanding uit die dode te verkry, trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie.
-(Luk 20:36)  Want hulle kan ook nie meer sterwe nie, want hulle is soos die engele en is kinders van God, omdat hulle kinders van die opstanding is.
WAT ONS VERDER UIT HIERDIE VERSE LEER IS DAT ENGELE NIE KAN STERWE NIE.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die engele weet ook nie wanneer die wederkoms gaan plaasvind nie:

(Mat 24:36)  Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen. (Hand. 1:7)
NIEMAND BEHALWE DIE VADER WEET WANNEER DIE WEDERKOMS SAL PLAASVIND NIE, OOK NIE DIE ENGELE VD HEMELE NIE.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die ewige vuur is oorspronklik berei vir die duiwel en sy engele:

(Mat 25:41)  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.
HIERDIE SKRIF LEER VIR ONS DAT DIE EWIGE VUUR BEREI IS "VIR DIE DUIWEL EN SY ENGELE" - nie vir die mens nie!;  alhoewel, onbarmhartiges en ongelowiges en ongehoorsames dien nie die Here nie, maar het die duiwel as vader (Joh. 8:44) en daarom sal hulle as "sy kinders" ook eendag in die ewige vuur gegooi word (net soos die duiwel en sy engele - Openb. 20:10). (1Jn 3:10 - "Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Heilige engele:

(Mar 8:38)  Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele.
ENGELE WORD IN HIERDIE SKRIF "HEILIG" GENOEM, natuurlik "afgesonder" vir die Here, maar in hierdie skrif is dit die Griekse woord "hag'-ee-os" wat ook beteken dat hulle seremonieel afgesonder is - hulle is "skoon".  Sommige engele wat bv. nie skoon is nie maar gesondig het en hulle woning verlaat het, word huidiglik in die duisternis in boeie gevange gehou (en wag vir die oordeel)...  

Wat die duiwel se engele aanbetref, is hulle nie heilig vir die Here nie.  "Heilige engele" in Mark. 8:38 verwys spesifiek na die Here se engele.

(Luk 2:13)  En skielik was daar saam met die engel ‘n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê:
(Luk 2:14)  Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!
(Luk 2:15)  En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.
IN HIERDIE SKRIF SIEN ONS HOE DIE HERE SY ENGELE UITSTUUR OM SY BOODSKAP TE BRING EN HOE HULLE DIENENDE GEESTE IS VAN DIE WAT DIE SALIGHEID BEERWE.  

LET WEL DAT HIERDIE "HEILIGE ENGELE" DIE GOD VD HEMEL PRYS!, EN AAN HOM EER GEE - HULLE DIEN HOM.  DIT IS OOK DUIDELIK VOLGENS V.15 DAT HIERDIE ENGELE SE WONING BY DIE HERE IS, IN DIE (hoogste) HEMELE, en nadat hulle aan die herders verskyn het, het hulle ook "weggegaan na die hemel".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Sommige dinge word vir die engele bedek, dinge waarin hulle begerig is om te sien:

(1Pe 1:12)  Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is—dinge waarin die engele begerig is om in te sien.
DAAR IS DINGE WAT DEUR DIE GEES AAN DIE MENS (in wie die Heilige Gees is) VERKONDIG WORD WAT ENGELE NIE "SIEN" NIE;  alhoewel HULLE BEGERIG IS OM DIT TE SIEN...  Vgl. dit met Hebr. 2:4-7.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Engele vd Here laster nie:

(2Pe 2:11)  terwyl die engele, hoewel groter in sterkte en krag, geen lasterlike oordeel teen hulle by die Here voorbring nie.
IN KONTEKS GAAN DIT HIER OOR MENSE WAT LASTER, SPESIFIEK DIE WAT DIE WEG VAN GEREGTIGHEID LEER KEN HET, MAAR HULLE DAARNA WEER AFKEER DAARVAN. Laster gaan oor kwaadspreek en waar iemand die waarheid verdraai, en word gewoonlik gepleeg deur die wat vals is!  ("die wat voorgee").  Hulle gee voor hulle is op die weg van geregtigheid maar verdraai opsetlik die waarheid. Hulle doen hulleself voor as dienaars van die geregtigheid (2 Kor. 11:15), maar verander die waarheid, die woorde en wil van die Here.  Wat egter hier van engele gesê word in 2 Pet. 2:11 is dat hulle nie by die Here kwaadspreek of die waarheid verdraai oor iemand (soos die mense wat laster doen) nie - maar natuurlik kan dit nie van alle engele gesê word nie!  Bv., die duiwel is 'n bedrieër en vals en verander hom in 'n engel van die lig (terwyl hy nie 'n engel "vd lig" is nie)(2 Kor. 11:13-15; 2 Kor. 2:11; Gen. 3:1; Gal. 1:8). 

Hierdie kenmerk van engele wat nie laster nie (en in wie daar dus geen valsheid is nie), in 2 Pet. 2:11, verwys spesifiek na daardie engele wat gehoorsaam is aan die Here en Hom dien. 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die woord "engel" is:

die Griekse woord "ang'-el-os", wat beteken "boodskapper" - in hierdie konteks is "engel" die een wat God se boodskap na die mense bring, bv. om te toon wat volgende gaan gebeur (Openb. 22:6) ens. Voorbeelde van waar hierdie Gr. woord vir engel gebruik word is in Openb. 22:6.8,16;  20:1;  19:17;  18:1,21;  17:7;  16:3,4,5,8,10,12,1715-19;  14:9;

- In Openb. 22:8 leer ons dat engele "medediensknegte is van gelowiges". 
- In Openb. 22:6 leer ons dat engele  deur God gestuur word om boodskappe te bring, en in hierdie geval was dit 'n woord van iets wat in die toekoms gaan gebeur.
- Volgens Openb. 20:1 daal die engel "uit die hemel" uit neer... , en hy het opdrag om in hierdie geval is sy opdrag om die duiwel te bind (vir die 1000 jaar in volgende eeu). 
- Volgens Openb. 19:17 word die engele ook gebruik om dinge aan te kondig, soos die voëls wat in hierdie geval geroep word om hulle te kom versamel vir die maaltyd van menslike vlees (oordeel - slag van Armageddon).  Sien ook Openb. 14:8 en 18:21 waar engele die val van Babilon aankondig, en Openb. 14:9 waar 'n engel 'n waarskuwing aankondig vir die wat die dier en sy beeld aanbid. Ook Openb. 8:13 sien ons 'n waarskuwing wat aangekondig word deur 'n engel.  
- In Openb. 18:1 leer ons dat daardie engel "groot mag" het, en soveel heerlikheid dat die aarde verlig is deur sy heerlikheid.  In hierdie geval, "neergedaal uit die hemel".
- In Openb. 17 wys die engel vir Johannes iets soos 'n visioen, waarin hy "beelde" gewys van iets wat in die toekoms gaan gebeur.  Verder (in v.7-18) gee die engel insig op die betekenis van alles wat gewys is, en le dit vir hom uit sodat Johannes verstaan wat hy sien.  Kyk ook Openb. 10 en 11.
- In Openb. 16:17 word 'n engel gebruik om die 7de skaal uit te gooi in die lug.
- In Openb. 16:12 word 'n engel gebruik om die 6 de skaal uit te gooi op die groot Eufraat rivier, sodat dit droog geword het...
- In Openb. 16:10 word 'n engel gebruik om die 5de skaal uit te gooi op die troon vd dier, sodat sy koninkryk verduister het...
- In Openb. 16:8 word 'n engel gebruik om die 4de skaal uit te gooi op die son...
- In Openb. 16:4 word 'n engel gebruik om die 3de skaal uit te gooi op die riviere en waterfonteine...
- In Openb. 16:3 word 'n engel gebruik om die 2de skaal uit te gooi op die see...
- In Openb. 14:15-19 word engele gebruik in die oes...
- In Openb. 14:6,7 word 'n engel gebruik om 'n ewige evangelie te verkondig en die mense op aarde te waarsku om God te vrees, en te waarsku teen die oordeel wat aan die kom is...
- Ook die 7 basuine in Openb. word deur engele geblaas (Openb. 11:15; 9:1,13; 8:6,7,8,10,12 );
- Die engel in Openb. 10:1-3 was sterk (en het vd hemel neergedaal), was bekleed met ‘n wolk, en ‘n reënboog oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur; ... en hy het sy regtervoet op die see gesit en sy linkervoet op die land; en hy het met ‘n groot stem uitgeroep soos ‘n leeu wat brul.  Ook in Openb. 5:2 word die engel daar "sterk" genoem.
- In Openb. 9:14 word 'n engel gestuur om 4 engele wat by die groot rivier die Eufraat gebind is, los te maak...
- Volgens Openb. 9:11 word die "engel vd afgrond" in Hebreeus Abáddon genoem, en in Grieks Apóllion;
- In Openb. 8:3-5 word 'n engel gebruik om reukwerk met die gebede vd heiliges te meng, en dit op die altaar voor die troon van God neer te lê...
- In Openb. 7:1 word 4 engele gebruik om op die 4 hoeke vd aarde te staan, en die 4 winde vas te hou sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie...
- In Openb. 7:2 word 'n engel uitgestuur om die 144000 te verseël...
- In Openb. 1:1 word 'n engel gebruik om die openbaring van Christus Jesus wat God Hom gegee het, na Sy diensknegte te bring, deurdat Hy dit deur die engel aan Sy dienskneg Johannes te kenne gegee het...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Waar die woord "engel" gebruik word vir MENSE wat "soos engele" as boodskappers optree:

-  In Openb. 2:1,8,12,18 en 3:1,7 en 14 word ook die woord "engel" gebruik wat dieselfde Griekse woord is as bg.;  tog wil hierdie engele vd gemeentes nie lyk of dit verwys na engel wesens nie, maar eerder mense wat "boodskappers is vir die gemeentes".  Hulle moet hierdie boodskappe in die briewe van Openb. na die gelowiges bring... (net soos engel wesens gebruik deur God om vir die mens boodskappe te bring).
- Vgl. dit met Gal. 4:14b - "...maar julle het my ontvang as ‘n engel van God...".  Ook in hierdie skrif is dit dieselfde Griekse woord, maar natuurlik is Paulus 'n mens, nie 'n engel nie, maar ook hier verwys dit eerder na die opdrag en hulle ontvanklikheid vir God se woord. Paulus het "soos 'n engel" vir hulle God se woord gebring.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Elke engel se woorde moet beoordeel word:

(Gal 1:1)  Paulus, ‘n apostel nie vanweë mense of deur ‘n mens nie, maar deur Jesus Christus en God die Vader wat Hom uit die dode opgewek het,
(Gal 1:2)  en al die broeders wat by my is—aan die gemeentes van Galásië:
(Gal 1:3)  Genade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus Christus,
(Gal 1:4)  wat Homself gegee het vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose wêreld, volgens die wil van onse God en Vader,
(Gal 1:5)  aan wie die heerlikheid toekom in alle ewigheid! Amen.
(Gal 1:6)  Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe,
(Gal 1:7)  terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.
(Gal 1:8)  Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!
(Gal 1:9)  Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees!

Openb. 12:7 leer vir ons dat die draak (die slang, die duiwel) ook engele onder hom het (wat hom dien). Dus, nie alle engele wat uitgestuur word word deur die Here gestuur nie, en nie alle engele bring die waarheid nie - al sou daardie engel ook van die hemel af kom! (Gal 1:8 - "Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!").  Sommige gelowe is gebou uit so 'n storie waar iemand glo dat 'n engel uit die hemel vir hulle 'n boodskap van die Here af gebring het, maar dan het die evangelie wat daardie engel gebring het verskil van die waarheid.  In so 'n geval is daardie engel nie deur die Here gestuur nie!  Ons moet dus onderskei, want nie alle engele wat aan mense verskyn of verskyn het is/was deur die Here gestuur nie
 - dit gaan dus oor wie hulle bron is, en dit is beslis nodig dat ons weet hoe om seker te maak deur wie hulle gestuur is. (Gal. 1:8)(2Kor. 11:14 - "En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig"). Oproep van geeste en/of engele word nie toegelaat nie, en waar mense hulle oproep, stel hulle hulself oop vir die bose. Ons bid nie tot die geeste of engele nie, maar bid tot die Here (en Hy stuur Sy engele uit soos Hy wil).  Daar is 'n goeie manier van hoe ons kan onderskei "wie" 'n engel se bron is, en dit is deur hulle woorde te meet aan die ware evangelie - as die boodskap wat die engel bring verskil vd waarheid (of 'n verdraaide waarheid is), dan is dit nie van die Here nie! 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die duiwel se engele:

Volgens 2 Kor. 12:7 het die satan ook engele - in hierdie geval (...wat Paulus sy doring in die vlees noem) is 'n engel vd satan gestuur om Paulus "met die vuis te slaan".  Waarna hy moontlik hier verwys het is mishandelinge, node, vervolginge en benoudhede waardeur hy moes gaan (v.10);  alhoewel geleerdes allerhande ander afleidings ook maak. As "met die vuis slaan" inderdaad hier verwys na hoe Paulus mishandel is, somtyds nood gehad het, vervolg is en benoudhede ervaar het, dan sien ons dat die duiwel sy engele gebruik om gelowiges se pad te probeer verhinder (https://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/weerstaan-die-duiwel.html).  Die ware gelowige ervaar somtyds vervolginge en benoudhede wanneer die duiwel die woord wat deur die gelowige gesaai word, probeer steel uit mense se harte.

Die duiwel probeer ook om gelowiges afvallig te maak vd Here deur omstandighede, siekte ens., maar Paulus het verstaan dat hierdie dinge wat gesien kan word as swakhede, eintlik goed is vir hom sodat hy nederig kan bly. Al het hy die Here 3 maal gevra dat die engel van hom moet wyk, het die Here nie Paulus se gebed verhoor nie. Die rede hiervoor gee Hy in v. 9 - ..."My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring" (2 Kor. 12:9). Paulus het die Here se antwoord aanvaar en verstaan hoekom 'n engel van satan toegelaat word om "hom met die vuis te slaan".  Paulus het verstaan dat dit beter is om in swakhede te roem, want as hy swak is, dan is hy sterk in Christus (dan woon die krag van Christus in hom en hy maak nie op sy eie kragte staat nie). Ten spyte van mishandelinge, node, vervolginge en benoudhede wat hy moes verdra, het hy hierdie "swakhede" eerder gesien as 'n seen. Hy het dus nie sterk voorgekom nie, maar liewer dit aanvaar/verkies as dat hy op sy eie kragte staatmaak. Hierdie swakhede wat hy moes verduur was vir hom 'n "doring in die vlees" sodat hy homself nie sou verhef nie.  Mense raak maklik hoogmoedig wanneer dit voorspoedig gaan en hulle in guns is by mense..., maar in hierdie geval is 'N ENGEL VD SATAN toegelaat om vir Paulus swak te maak -  dus het die Here dit tog toegelaat omdat dit die juiste ding is wat vir Paulus nederig gehou het.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Engele is magtig:

(Mat 28:2)  En daar kom ‘n groot aardbewing, want ‘n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit.
VERSKEIE MALE GAAN 'N AARDBEWING GEPAARD MET IETS WAT GEBEUR, BV. Hand. 16:26 en Openb. 11:19.  IN Matt. 28:2 WAS DIE REDE VIR DIE AARDBEWING DIE FEIT DAT 'N ENGEL VAN DIE HERE UIT DIE HEMEL NEERGEDAAL HET OM DIE STEEN VOOR DIE OPENING VD GRAF WEG TE ROL...

Die pligte van engel wesens behels nie slegs om boodskappers te wees nie- in Openb. 7:2 word 'n engel uitgestuur om die 144000 te verseël;  in Openb. 8:3-5 word 'n engel gebruik om reukwerk met die gebede vd heiliges te meng en dit op die altaar voor die troon van God neer te lê;  in Openb. 7:1 word 4 engele gebruik om op die 4 hoeke vd aarde te staan, en die 4 winde vas te hou sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie;  in Dan. 10:20 sien ons dat engele o.a. uitgestuur kan word om te veg.

Dit wil voorkom of sommige engele (of almal?) groot mag het en sterk is... (Openb. 5:2; 18:1), en kan dinge doen soos om iemand stom te maak (Luk. 1:20), of blind maak (Gen. 19:11).  In Dan. 3:25-28 word die 4de man binne-in die vuur beskryf as 'n engel, en hy was instaat om vir Sadrag, Mesag en Abednégo te beskerm vd vuur waarin hulle gestaan het.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hoe lyk 'n engel?:

Ons het alreeds boontoe bespreek dat hulle "manne" is.  
Uit ander skrifte leer ons ook dat hulle SKYN (soos 'n lig), en ons kan nog heelwat ander dinge leer:  
- Die engel in Matt. 28:3 word as volg beskryf:  "En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu".  
- Die man (engel) in Dan. 10 word beskryf as 'n man met linne bekleed, sy heupe omgord met goud, sy liggaam soos chrisoliet, sy aangesig soos die geflikker van bliksem, sy oë soos fakkels van vuur, sy arms en sy voete soos blink geskuurde koper, en die geluid van sy woorde soos die gedruis van ‘n menigte... (Dan. 10:5,6) -  (l.w. dat hierdie terloops baie dieselfde beskrywing is wat van die Seun vd mens gegee word in Openb. 1:13-15...).  
- Ook in Openb. 15:6 word die 7 engele daar (met die 7 plae) beskryf as "bekleed met rein, blink linne, en om die bors omgord met goue gordels".  
- In Luk. 24:4 word die 2 manne (engele) ook daar beskryf as "in blink klere", en
- in Mark. 16:5 word die "jongman" beskryf met 'n "lang wit kleed om".  
- In Joh. 20:12 word 2 engele beskryf met "wit klere" aan. 
- In Hand. 12:7 het daar 'n lig geskyn in die gevangenis toe 'n engel meteens by Petrus kom staan.
- In Dan. 3:25-28 word die 4de man binne-in die vuur (wat vir Sadrag, Mesag en Abednégo beskerm het vd vuur) beskryf as 'n engel en sy "voorkoms het gelyk soos die van 'n godeseun".

Met hierdie alles in gedagte kan ons verstaan wat in Hand. 6:15 bedoel word toe Stéfanus se gesig "soos die gesig van 'n engel was" - dit beteken dus dat dit geflikker of geskyn het of iets....

In sommige skrifte waar engele aan mense verskyn het, word dit glad nie verduidelik hoe die engele lyk nie, maar dan kan ons agterkom dat die persoon aan wie hulle verskyn het duidelik bewus was daarvan dat hulle nie gewone manne (mense) was nie (bv. Gen. 18:1-3; Luk. 1:11 ens.).  Die herders in die oop veld in Luk 2:9 het eers net ervaar dat die heerlikheid vd Here rondom hulle geskyn het toe 'n engel vd Here by hulle kom staan, en toe skielik, was daar saam met die engel ‘n menigte van die hemelse leërskare wat God prys...(v.13).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


(Jos 5:13)  En terwyl Josua by Jérigo was, slaan hy sy oë op en kyk, en daar staan ‘n man teenoor hom met ‘n ontblote swaard in sy hand; en Josua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort U by ons of by ons vyande?

(Jos 5:14)  En Hy sê: Nee, maar Ek is die leërowerste van die HERE; Ek het nou gekom. Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig hom neer en vra Hom: Wat wil my Here aan sy dienskneg sê?

(Jos 5:15)  Toe sê die leërowerste van die HERE vir Josua: Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilig. En Josua het so gedoen.

Vrydag 23 Maart 2018

Verwys dele in Jes. 14 en Eseg. 28 regtig na die satan?

JES. 14 en ESEG. 28 
_________________________________________________________________________________
In hierdie pos wil ons kyk of Jes. 14 en Eseg. 28 (of dele daarvan) enigsins verwys na die duiwel.  Dit het beslis te doen met interpretasie...
  Hier word slegs een interpretasie behandel.  
--------------------------------------------------------------------------------------------- Die slotsom (in hierdie pos) is as volg:
- In Jes. 14 word wel moontlik verwys na die duiwel, maar meer presies verwys dit na die "koning van Babel", wat op beurt dalk eerder verwys na die Antichris (vd laaste dae), maar l.w. dat die duiwel hom (vir die antichris) sy mag sal gee, en "koning van Babel" kan dus indirek ook verwys na die duiwel.  

-  Die "vors van Tirus" (Eseg. 28) verwys nie na die duiwel nie want die vors van Tirus sterwe (het gesterwe) - terwyl die duiwel nie sterwe nie, en vir 1000 jaar gebind sal word en uiteindelik in die poel van vuur gegooi gaan word.  Die vors van Tirus verwys na 'n leier of heerser (soos 'n mens) wat homself voordoen as 'n god, maar verwys ook nie na die Antichris vd laaste dae nie, want die Antichris word nie doodgemaak nie maar lewendig in die poel van vuur gegooi.

-  Die "koning van Tirus" (Eseg. 28) verwys nie na die duiwel nie, siende die koning van Tirus tot as verbrand sal word (is) en in ewigheid nooit meer sal wees nie.  Dit verwys ook nie noodwendig na 'n mens koning nie, maar wil voorkom of dit eerder na "iets" verwys, soos 'n stad (wat soos 'n koning stad is oor ander stede - sien bv. wat daarbinne aangaan..., bv. "koophandel", en hoe hy/dit gestel is "op 'n berg").

_________________________________________________________________________________
JES. 14:
(rol af vir skrifgedeelte)

Die konteks van hierdie gedeelte gaan oor hoe die Here Hom sal ontferm oor Jakob, en Israel verkies en hulle in hul land laat vestig.... ("en hulle sal dié gevange hou wat hulle as gevangenes weggevoer het, en oor hulle drywers heers") - hulle verdrukker se naam word ook genoem:  "die koning van Babel"! (v.4).  Die gedeelte verwys na die tyd wanneer die Here DIE STOK VAN DIE GODDELOSE EN DIE STAF VAN DIE HEERSERS SAL VERBREEK (L.w. dat Jes. 28 ook eindig met hierdie in gedagte).  In V. 8-20 word van 'n "man" gepraat (v.16) wat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het, die wereld soos 'n woestyn gemaak het en sy stede verwoes het;  wat sy gevangenes nie losgelaat het huistoe nie.....maar hy sal in die doderyk neergewerp word - in die diepste plekke van die kuil (v.15). Dan word dit duidelik gemaak in v. 21-27 dat HIERDIE NAGESLAG VAN DIE KWAADDOENERS NIE DIE AARDE IN BESIT SAL NEEM NIE - nee, die Here sal teen hulle opstaan - en wie is die "hulle"?:  (kyk. v. 22) "So sal Ek dan teen hulle opstaan, spreek die HERE van die leërskare, en van Babel uitroei die naam en die oorblyfsel, kroos en nageslag, spreek die HERE" 

DIT IS DUS DUIDELIK DAT DIE GEDEELTE VERWYS NA BABEL, EN "die koning van Babel".  
(EN DIT WIL OOK LYK OF HIERDIE 'N TOEKOMSTIGE GEBEURTENIS IS).  Die inligting in Jes. 14 kan sekerlik vgl. word met dit wat ons weet van die antichris, en die tyd van die laaste dae vd 10 konings, verborge Babilon ens.  Kyk gerus wat opgeskryf is oor die Antichris (vd laaste dae) - dat hy sal doen net wat hy wil en homself verhef en hom groot hou bo enige god;  hy sal met groot woede uittrek om baie mense te verdelg en met die banvloek te tref....ens. As dit inderdaad die geval is, dan moet ons nie vergeet dat alhoewel die antichris van 'n man spreek, die draak sy mag aan hierdie man sal gee (Openb. 13:2,4).  Daarom word die antichris nie net gesien as 'n blote mens nie, maar as 'n mens waardeur die duiwel gaan werk en aan wie die draak (duiwel) sy mag sal gee: -let ook op die woorde in Openb. 13:4 - ("En hulle het die draak (die duiwel/satan) aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier (Antichris) aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?"). As die "koning van Babel" in hierdie skrifgedeelte inderdaad na die Antichris vd laaste dae verwys, dan moet ons natuurlik vra of daar enige verbintenis is tussen "Babel" en die Antrichris (siende hy dan in hierdie skrifgedeelte die koning van BABEL genoem word); en die antwoord is ja, want uit verskeie eindtydskrifte is so 'n verbintenis duidelik te sien (kyk bv. Openb. 13 en 17). Kyk ons verder na verborge Babilon (stad) in die laaste dae is dit ook interessant om te merk dat dit heerskappy sal voer oor die konings vd aarde...(Openb. 17:8), net soos wat die die hele wereld agter die dier (Antrichris) sal aangaan (Openb. 13:3). 

Baie geleerdes sien die "koning van Babel" in hierdie gedeelte slegs as dat daar gepraat word van die duiwel - en daar is ook 'n paar dinge wat genoem word wat nie klink of dit na bloot 'n gewone mens verwys nie, bv. dat hy "uit die hemel geval" het! (v.12)(vgl. dit met Luk. 10:18 en Openb. 12:7-9). Hierdie "koning" in Jes. 14 verwys nie na (die stad) Babilon nie, maar na  "die koning van"  Babilon. Die gedeelte noem wel dat hy uiteindelik in die doderyk neergewerp sal word (in die diepste plekke van die kuil), maar daar is nie sprake daarvan dat hy doodgemaak sal word nie - wat sekerlik vgl. kan word met die feit dat die antichris (en valse profeet) lewendig in die poel van vuur gegooi sal word (kyk ook v.20 die woorde, "jy word nie met hulle in die graf verenig nie"); maar let ook daarop dat dieselfde met die duiwel sal gebeur! (Openb. 20:10).  

(Jes. 14:1)  Want die HERE sal Hom oor Jakob ontferm, en Hy sal Israel nog verkies en hulle in hul land laat vestig; en die vreemdeling sal hom by hulle voeg, en hulle sal hul aansluit by die huis van Jakob.
(Isa 14:2)  En die volke sal hulle neem en op hul woonplek bring; en die huis van Israel sal hulle in die land van die HERE as besitting verwerwe, as slawe en slavinne; en hulle sal dié gevange hou wat hulle as gevangenes weggevoer het, en oor hulle drywers heers.
(Isa 14:3)  En op die dag as die HERE jou rus gee van jou smart en van jou onrus en van die harde diensbaarheid waarmee hulle jou laat dien het,
(Isa 14:4)  dan sal jy hierdie spotlied aanhef oor die koning van Babel en sê: Hoe het die drywer nou opgehou, opgehou die verdrukking!
(Isa 14:5)  Die HERE het die stok van die goddelose verbreek, die staf van die heersers,
(Isa 14:6)  wat die volke verwoes het in grimmigheid met slaan sonder ophou, wat in toorn oor die nasies geheers het met ‘n agtervolging sonder verskoning.
(Isa 14:7)  Die hele aarde rus, is stil; hulle breek uit in jubel.
(Isa 14:8)  Ook is die sipresse bly oor jou, die seders van die Líbanon, en hulle sê: Vandat jy daar lê, klim niemand na ons toe op om ons af te kap nie.
(Isa 14:9)  Die doderyk daaronder is in beroering om jou ontwil, jou koms tegemoet; dit wek om jou ontwil die skimme op, al die bokke van die aarde; dit laat al die konings van die nasies van hulle trone opstaan.
(Isa 14:10)  Hulle hef almal aan en sê vir jou: Ook jy het kragteloos geword soos ons; jy het soos ons geword.
(Isa 14:11)  Jou trots is neergewerp in die doderyk, die geruis van jou harpe; onder jou is wurms as ‘n bed gesprei, en maaiers is jou bedekking.
(Isa 14:12)  Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!
(Isa 14:13)  En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde.
(Isa 14:14)  Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!
(Isa 14:15)  Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil!
(Isa 14:16)  Die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en sê: Is dit die man wat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het?
(Isa 14:17)  Die wêreld soos ‘n woestyn gemaak en sy stede verwoes het, wat sy gevangenes nie losgelaat het huis toe nie?
(Isa 14:18)  Al die konings van die nasies, hulle almal rus met eer, elkeen in sy huis;
(Isa 14:19)  maar jy is gewerp, ver van jou graf, soos ‘n afskuwelike uitspruitsel, oordek met die wat verslaan is, wat deurboor is met die swaard, wat neerdaal na die klippe van die grafkuil soos vertrapte aas.
(Isa 14:20)  Jy word nie met hulle in die graf verenig nie, want jy het jou land verwoes, jou volk gedood; die nageslag van die kwaaddoeners word vir ewig nie genoem nie.
(Isa 14:21)  Maak ‘n slagbank gereed vir sy seuns, om die ongeregtigheid van hulle vaders ontwil, dat hulle nie opstaan en die aarde in besit neem en die bodem van die wêreld vol stede maak nie.
(Isa 14:22)  So sal Ek dan teen hulle opstaan, spreek die HERE van die leërskare, en van Babel uitroei die naam en die oorblyfsel, kroos en nageslag, spreek die HERE.
(Isa 14:23)  En Ek sal dit ‘n besitting maak van krimpvarkies en tot waterplasse; en Ek sal dit wegvee met die besem van verdelging, spreek die HERE van die leërskare.
(Isa 14:24)  Die HERE van die leërskare het gesweer en gesê: Waarlik, soos Ek gedink het, so gebeur dit; en soos Ek besluit het, kom dit tot stand:
(Isa 14:25)  om Assur te verbreek in my land, en op my berge sal Ek hom vertrap, sodat sy juk van hulle kan afgly en sy las van hulle skouer kan wyk.
(Isa 14:26)  Dit is die besluit wat geneem is oor die hele aarde, en dit is die hand wat uitgestrek is oor al die nasies;
(Isa 14:27)  want die HERE van die leërskare het dit besluit—wie sal dit kan verydel? En sy hand is uitgestrek—wie sal dit kan afkeer?
_________________________________________________________________________________
ESEG. 28:
(rol af vir die tweede gedeelte van Eseg. 28)

IN HIERDIE SKRIFGEDEELTE MOET ONS ONDERSKEI TUSSEN DIE: 
 "vors van Tirus" (v. 1-11 - woorde wat aan hom gespreek word), 
en die
 "koning van Tirus" (v. 12-19 - 'n klaadglied oor hom).

VORS VAN TIRUS:
(Eseg. 28:1)  Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
(Eseg. 28:2)  Mensekind, sê aan die vors van Tirus: So spreek die Here HERE: Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is ‘n god, ek bewoon ‘n godewoning in die hart van die seë—terwyl jy tog ‘n mens is en geen god nie—en jou hart gemaak het soos die hart van ‘n god;
(Eseg. 28:3)  kyk, jy is wyser as Daniël, alles wat verborge is, is vir jou nie te duister nie!
(Eseg. 28:4)  Deur jou wysheid en deur jou verstand het jy vir jou rykdom verkry, ja, jy het goud en silwer in jou skatkamers verwerf;
(Eseg. 28:5)  deur die grootheid van jou wysheid in jou koophandel het jy jou rykdom vermeerder, en jou hart het hoogmoedig geword deur jou rykdom;
(Eseg. 28:6)  daarom, so sê die Here HERE: Omdat jy jou hart gemaak het soos die hart van ‘n god,
(Eseg. 28:7)  daarom, kyk, Ek bring vreemdes oor jou, die geweldigste nasies, en hulle sal hul swaarde trek teen die skoonheid wat jou wysheid verwerf het, en jou glans ontheilig.
(Eseg. 28:8)  In die kuil sal hulle jou laat neerdaal, en jy sal in die hart van die seë die bittere dood sterwe van een wat verslaan is.
(Eseg. 28:9)  Sal jy werklik sê, in die aangesig van hom wat jou doodmaak: Ek is ‘n god! —terwyl jy tog ‘n mens is in die hand van hulle wat jou deurboor, en geen god nie?
(Eseg. 28:10)  Jy sal die dood van onbesnedenes sterwe, deur die hand van vreemdes; want Ek het dit gesê, spreek die Here HERE.

OPSOMMING:
Feite oor die "vors van Tirus":
* in hart hoogmoedig en sien (hom)self as 'n god met 'n godewoning in die hart van die see (Eseg. 28:2,6)(maar is hy geen god nie, maar 'n mens!-v.9); in hart hoogmoedig weens rykdom (v.5)
* wyser as Daniel (28:3); en deur wysheid en verstand het hy rykdom verkry (v.4); en deur die grootheid van sy wysheid in koophandel, het sy rykdom vermeerder (v.5);

Wat sal met hom gebeur?:  
-die Here sal die geweldigste nasies (vreemdes-v.7,10) oor hom bring, en hulle sal hul swaarde teen hom trek en sy glans ontheilig (v.7); 
-hierdie vreemdes sal hom in die kuil laat neerdaal en hy sal deurboor word (v.9) en in die hart van die see die bittere dood sterwe, verslaan (v.8); sal die dood van onbesnedenes sterwe  

VORS VAN TIRUS:  "Vors (leier/heerser) van Tirus" spreek van 'n MENS wat homself voordoen as 'n god(v. 2 en 9)(soos 'n valse Christus), en die "vors van Tirus" sal doodgemaak word ("bittere dood sterwe"-v.10). As hierdie verwys na die antichris, dan klop dit nie met Openb. 19:20 nie, wat sê dat die "dier"(antichris) en die valse profeet lewendig in die poel van vuur gegooi sal word. 
Dan. 8 verklaar ook dat die antichris sonder toedoen van mensehand verbreek sal word - die "vors van Tirus" sal egter deur "vreemdes en die geweldigste nasies" gedood word!  So die "vors van Tirus" verwys dus nie na die antichris nie...;  en ook nie na die duiwel nie, want die duiwel word nie gedood nie maar sal in die volgende eeu vir 1000 jaar gebind word en daarna in die poel van vuur gegooi word (Openb. 20:2,10)

Die vors van Tirus se woning word ook verder voorgestel as "in die hart van die see", en kan miskien vgl. word met Eseg. 27 - 'n klaaglied oor Tirus wat "woon by die ingange van die see" en "handel drywe met die volke na baie kuslande toe" (en kyk die woorde wat dan volg in Eseg. 27:4 - "In die hart van die seë is jou gebied"). Die woorde "godewoning in die hart van die seë" kan dus bloot verwys na 'n seeport. Die vors van Tirus verwys dus na die leier of heerser van die persoon wat oor die "koning van Tirus" (bv. Tirus, Libanon) regeer.
_________________________________________________________________

KONING VAN TIRUS:
(Eze 28:11)  Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
(Eze 28:12)  Mensekind, hef ‘n klaaglied aan oor die koning van Tirus, en sê vir hom: So spreek die Here HERE: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol wysheid en volmaak in skoonheid.
(Eze 28:13)  Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei.
(Eze 28:14)  Jy was ‘n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op ‘n heilige berg; ‘n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes.
(Eze 28:15)  Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is.
(Eze 28:16)  Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o gérub wat beskut!
(Eze 28:17)  Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien.
(Eze 28:18)  Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek ‘n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.
(Eze 28:19)  Al jou bekendes onder die volke is ontsteld oor jou; jy het ‘n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.

Feite oor die koning van Tirus:
- is die totale som - vol wysheid en volmaak in skoonheid (v. 12);
- was in Eden (die tuin van God); bedek met allerhande edelgesteentes... (v.13); gestel op 'n heilige berg (v.14);
- was 'n gerub WAT BESKUT (v.14);
- 'n god, en het gewandel tussen vurige gesteentes (v.14);
volkome in sy weë van die dag wat hy geskape is: -totdat daar ongeregtigheid in hom gevind is! (v.15)(geweld-v.16)(hoogmoedigheid-v.17); het wysheid, maar het dit verderwe weens glans (v.17);
- groot in koophandel (v.16,18)(wat veroorsaak het dat hy geweld en onreg pleeg);
- gesondig deur geweld daarbinne (v.16);
- hoogmoedig oor skoonheid (v.17);

Wat sal met die koning van Tirus gebeur?:
was eens heilig, maar nou onheilig (en het sy heiligdomme ontheilig-v.18) 
- en daarom hierdie oordeel... - afgedrywe vanaf die godeberg en vernietig tussen die vurige gesteentes uit (v.16);
- is op grond neergewerp en oorgegee voor die aangesig van konings (dat hulle op "hom" kan neersien)(v.17);
- verteer deur vuur en tot as gemaak (v.18);
- het 'n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie (v.19).
KONING VAN TIRUS: -In ag geneem dat die "koning van Tirus"  tot as gemaak sal word, met vuur brand, 'n verskrikking word en daar nie meer sal wees tot in ewigheid nie... (v. 18 en 19), maak dit onwaarskynlik dat hierdie "koning" verwys na die duiwel. Dit verwys ook nie noodwendig na 'n persoon nie, maar kan na "iets" verwys. 


Die feit dat hy/dit 'n "gerub" genoem word, beteken nie dat die koning van Tirus verwys na 'n engel nie want dit kan slegs 'n denkbeeldige voorstelling wees met, let wel, die klem op die woorde "wat beskut" - m.a.w. die voorstelling  (van gerub) wys op die feit dat die koning van Tirus 'n beskutting is. Volgens v. 14 is dit gestel op 'n heilige berg en die berg word "godeberg" genoem in v. 16 (in KJV word dit vertaal as "mountain of God") - dus, was heilig maar ontheilig (v.18).  Was afgesonder (geheilig) om groot te wees in koophandel en was die som van kundigheid en terloops vreeslik mooi... (v. 12-14)(was soos 'n god, soos 'n heerser), maar het hoogmoedig geword oor sy skoonheid en wysheid (v.17). Het onreg gepleeg in koophandel en 'n menigte ongeregtighede gepleeg (v.18). Die uiteinde is dat hierdie "koning" (bv. stad) weens sy hoogmoedigheid gevul is met geweld  en gesondig het en is daarom deur die Here neergewerp (v.17-19)(tot as verbrand en sal in ewigheid nooit meer wees nie). 

Dus, alhoewel die "koning van Tirus" (1) 'n "gerub" genoem word (wat terloops ook beeldspraak kan wees), ook dat hy (2) in Eden, in die tuin van God was, beteken dit nie noodwendig dat hierdie koning na " 'n persoon" (of soos sommige dink, na die duiwel) verwys nie, want ander punte word genoem soos die feit dat (3) sy bedekking allerhande edelgesteentes was, en (4) gestel op 'n heilige berg...  Watter persoon se bedekking is allerhande edelgesteentes, of is gestel op 'n heilige berg? (...maar natuurlik is beeldspraak ook hier betrokke).  

Dit wil dus voorkom of die "koning van Tirus" moontlik eerder verwys na iets soos 'n stad of 'n tempel? (en nie na 'n "koning" nie, maar 'n stad wat soos 'n koning is bv. oor ander stede) - maar wel 'n stad of tempel wat met vuur verbrand sal word, 'n verskrikking word en daar nie meer sal wees tot in ewigheid nie. Hierdie laat mens nogal dink aan wat met verborge Babilon sal gebeur en daar kan beslis ook ingekyk word hierop...
Dit feit dat die koning van Tirus "gestel was/is op 'n heilige berg, wil mens laat dink dat dit moontlik kan verwys na die tempel van God in Jerusalem, maar siende dit tot in ewigheid nie meer sal wees nadat dit met vuur verbrand is nie, is dit onwaarskynlik dat dit na die Tempel verwys - siende ons weet dat daar ook 'n tempel sal wees in die volgende eeu (in die 1000 jaar Ryk), en daarna, die nuwe Jerusalem op die nuwe hemel en aarde... Behalwe dit sluit die doel van 'n tempel nie koophandel in nie!

Die area van waar hierdie koning van Tirus gevind kan word, word ook gegee, nl. "in Eden, die tuin van God" (v. 13). Verder word hy/dit genoem koning van" TIRUS ". Die woord "Tirus" moet tog ook 'n aanduideling wees van "waar". Let wel dat waar "in Eden, die tuin van God" genoem word, dit nie verwys na slegs die tuin van Eden (wat in die oostelike deel van Eden was) nie, maar verwys na (die gebied van) "Eden" (http://warechristene.blogspot.co.nz/2018/02/eden-tuin-van-eden.html)- 'n heelwat groter area as net die tuin van Eden. Dat Eden in die dele vd Libanon en van Tirus kon was, is inderdaad moontlik.  

Volgens geskiedenis was Tirus op 'n eiland weg van die kus en Alexander die grote het die eiland met die land konnek... (Let wel in die volgende gedeelte in Eseg. 28, is daar ook 'n woord uitgespreek oor "Sidon" - huidig derde grootste stad in Libanon..).
---------------------------------------------------------------------------------------------