Wys tans plasings met die etiket wederkoms. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket wederkoms. Wys alle plasings

Saterdag 20 Desember 2014

Opsomming: die Boek Sefanja

Sefanja was 'n profeet van die Here gedurende die regering van koning Josia (640 - 609 v.C.).  Dit is omstreeks die tyd wat Jeremia profeet geword het.  Op hierdie stadium was die sedes van die volk baie laag (weens die tyd van die vorige twee konings, Manasse en Amon).  Sefanja profeteer oor wat in die toekoms gaan gebeur, nie net met die volk van God nie, maar ook met sekere ander nasies.  Hy praat van die komende oordeel (op die goddelose en die wat van die Here afvallig word en Hom nie soek, en Hom nie raadpleeg nie), verwysend na "DIE DAG VAN DIE HERE". 

Dele van die wederkoms word beskryf, en veral hoe dit 'n dag sal wees van "grimmigheid" - spesifieke dinge word genoem van wat dan sal gebeur, hoe die mense in benoudheid gebring sal word, sal rondloop soos blindes omdat hulle teen die HERE gesondig het; en hulle bloed sal vergiet word soos stof en hulle ingewande soos drek...  Hy praat oor hoe die Here vernietiging sal bring oor die inwoners van die aarde... die dag van die toorn van die Here!  In die profesie word die volk tot inkeer geroep.  Hy profeteer ook oor wat met spesifieke landstreke gaan gebeur, soos bv. dat Gasa verlate sal wees, ens.

HIER VOLG 'N OPSOMMING ("copy en ge-"paste") UIT DIE BOEK VAN SEFANJA:
-  WAT GAAN GEBEUR RONDOM DIE WEDERKOMS?
-  TEEN WIE SAL DIE HERE SY HAND UITSTREK?
-  WATTER LANDSTREKE WORD GENOEM, EN WAT SAL GEBEUR MET HIERDIE LANDSTREKE?

(Rol af vir die Skrifgedeeltes)
(Vir 'n opsomming oor ander eindtyd onderwerpe op hierdie blog, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/p/opsomming-eindtyd-onderwerpe.html)
========================================================================

WAT GAAN GEBEUR MET JESUS SE WEDERKOMS?
(copy/paste skrifgedeeltes)
-  Alles (mense, diere, voels, visse;  en die struikelblokke met die goddelose) sal saamgeskraap en weggeraap word van die aardbodem af (v. 1-3);  Dié dag is ‘n dag van grimmigheid, ‘n dag van benoudheid (MENSE SAL RONDLOOP SOOS BLINDES, hulle bloed vergiet word soos stof en hulle ingewande soos drek- v. 17) en angs, ‘n dag van woestheid en verwoesting, ‘n dag van duisternis en donkerheid, ‘n dag van wolke en wolkenag; ‘n dag van basuingeklank en krygsgeskreeu teen die versterkte stede en teen die hoë hoekvestings (v. 15,16).  Deur die vuur van Sy ywer sal die hele aarde verteer word; want Hy bring vernietiging, ja, ‘n verskriklike, oor die inwoners van die aarde (v.18).
 Die Here sal Sy hand uitstrek teen JUDA en teen al die INWONERS VAN JERUSALEM (v.4). 
-  Die Here sal dit wat van Baäl oorgebly het, uitroei (die naam van die afgodsdienaars saam met die priesters en die wat op die dakke die leër van die hemel aanbid; en die aanbidders wat by die HERE sweer en sweer by Milkom.  Ook die wat van die HERE afvallig word en wat die HERE nie soek en Hom nie raadpleeg nie (v. 4-6).
- die HERE het ‘n offer berei, sy gaste geheilig (bruilofsmaal?);  
- en op die dag (v/d offer v/d Here) sal Hy besoeking doen oor die VORSTE en die PRINSE, oor ALMAL WAT UITLANDSE KLERE DRA, en oor almal wat oor die drumpel spring, wat die huis van hulle here vul met geweld en bedrog (v. 7-9).
-  En op dié dag, hoor! - ‘n geskreeu van die Vispoort af;
                                    - en ‘n gehuil van die Nuwe Stad af ("die tweede"; duplikaat)(v.10), en 'n gehuil van die Vysel ("Maktesh" - plek in Jerusalem)(v.11)(want al die koopmans gaan te gronde, almal wat geld afweeg, word uitgeroei);
                                    - en ‘n groot gekraak van die heuwels af! 
- En in dié tyd sal die Here JERUSALEM met lanterns deursoek en besoeking doen oor die manne wat dik geword het op hulle afsaksel, wat in hulle hart sê: Die HERE doen geen goed en Hy doen geen kwaad nie. En hulle rykdom sal geplunder word, en hulle huise verwoes word; en as hulle huise bou, sal hulle dit nie bewoon nie; en as hulle wingerde plant, sal hulle die wyn daarvan nie drink nie (v.12,13).

FILISTYNSE STEDE:
Gasa (Gaza, Assah  sal verlate wees; 
- Askelon  tot verwoesting;
- Asdod sal op die helder middag verdryf word,;
- Ekron  sal ontwortel word (2:4).
- Wee die inwoners van die kusstreek, die nasie van die Kretiërs (Cherethims, Cherethites)! Die woord van die HERE is teen julle, Kanaänland van die Filistyne—sal verdelg word, sodat daar niemand meer woon nie (2:5).
- Die kusstreek (mediteranean) sal weiplekke met putte wees vir herders en krale vir kleinvee;  en dit sal wees ‘n deel vir die oorblyfsel van die huis van Juda: hulle sal daarop wei; hulle sal saans in die huise van Askelon gaan lê, want die HERE hulle God sal op hulle ag gee en hulle lot verander (2:6,7).
-  Omdat Moab en Ammon hulle groot gehou het teen die grondgebied van God se volk (trots was), sal Moab ("incestuous son of Lot") word soos Sodom en die kinders van Ammon ("seun van Lot") soos Gomorra—(’n veld van brandnekels en soutpanne en ‘n verwoesting vir ewig; die oorblyfsel van my volk sal hulle berowe, en die res van my nasie sal hulle beërwe)(2:8-10).Vreeslik sal die HERE teen hulle wees, want Hy laat al die gode van die aarde wegkwyn; sodat hulle Hom kan aanbid elkeen uit sy woonplek, al die kuslande van die nasies (v.11).
-  Die Kusiete (Ethiopians) sal deur Sy swaard deurboor word (2:12).
-  In die noorde sal Assur (Assyrians) vernietig word, en Ninevé (capital of Assyria) tot ‘n verwoesting gemaak word, dor soos die woestyn (2:13). Binne-in die stad sal troppe vee lê en allerhande gediertes by troppe, die pelikaan sowel as die krimpvarkie op sy kapitele vernag; hoor! daar word gesing in die venster; verwoesting sit op die drumpel, want hulle het die sederwerk afgeruk. Dit is die uitgelate stad wat so veilig gewoon het, wat in sy hart gesê het: Dit is ek, en niemand anders nie! Hoe het dit ‘n verwoesting geword, ‘n lêplek vir wilde diere! Almal wat daar verbytrek, spot, skud met die hand. (2:14,15)
- Nasies sal versamel word, en koninkryke vergader sodat Hy Sy grimmigheid oor hulle kan uitstort - die ganse aarde sal deur die vuur van Sy ywer verteer word! (3:8) Hy sal nasies uitroei, hulle hoekvestings vernietig; hulle strate het verwoes, sodat niemand meer verbygaan nie; hulle stede is verniel, sodat daar geen mens, geen inwoner in is nie (3:6).(As hulle gevrees het en Sy tugtiging aangeneem het, dan sou hulle nie uitgeroei word nie - 3:7).


- Wee die opstandige en die besoedelde, die verdrukkende stad.
(Zep 3:2)  Dit luister na geen stem nie, dit neem geen tugtiging aan nie; op die HERE vertrou dit nie, tot sy God kom dit nie nader nie.
(Zep 3:3)  Sy vorste binne-in hom is brullende leeus; sy regters is aandwolwe wat niks vir die môre oorlaat nie.
(Zep 3:4)  Sy profete is ligsinnig, trouelose manne, sy priesters verontreinig wat heilig is, hulle verkrag die wet.
(Zep 3:5)  Die HERE is regverdig binne-in hom, Hy doen geen onreg nie; elke môre laat Hy sy reg aan die lig kom, dit ontbreek nooit nie; maar die kwaaddoener ken geen skaamte nie.

- Dan sal Hy aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van die HERE sal aanroep en Hom met ‘n eenparige skouer sal dien (3:9).

 Oorkant die riviere van Kus (name of the son of Ham-Gen. 10)(Ethiopia) vandaan sal Sy aanbidders, Sy verstrooide gemeente, Sy offerande bring (3:10). (Zep 3:11)  Op dié dag hoef jy jou nie te skaam weens al jou dade waarmee jy teen My oortree het nie; want dan sal Ek uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel, en jy sal jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie. (Zep 3:12)  En Ek sal tussen jou in laat oorbly ‘n ellendige en geringe volk wat by die Naam van die HERE skuiling soek. (Zep 3:13)  Die oorblyfsel van Israel sal geen onreg doen en geen leuentaal spreek nie, en in hulle mond sal geen bedrieglike tong gevind word nie; maar hulle sal wei en neerlê, en niemand sal hulle verskrik nie. (Zep 3:14)  Jubel, o dogter van Sion, juig, o Israel! Verheug jou en jubel van ganser harte, o dogter van Jerusalem! (Zep 3:15)  Die HERE het jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die koning van Israel, die HERE is by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie. (Zep 3:16)  In dié dag sal aan Jerusalem gesê word: Vrees nie, o Sion, laat jou hande nie slap hang nie! (Zep 3:17)  Die HERE jou God is by jou, ‘n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel. (Zep 3:18)  Die wat bedroef is, ver weg van die fees, versamel Ek; hulle hoort by jou, die smaad druk swaar op hulle. (Zep 3:19)  Kyk, in dié tyd sal Ek met al jou verdrukkers handel; en die wat kreupel is, sal Ek red; en die wat verjaag is, versamel; en Ek sal hulle maak tot ‘n lof en tot ‘n roem wie se skande oor die hele aarde was. (Zep 3:20)  In dié tyd sal Ek julle aanbring, ja, in die tyd wanneer Ek julle versamel; want Ek maak julle tot ‘n roem en tot ‘n lof onder al die volke van die aarde, wanneer Ek voor julle oë julle lot verander, sê die HERE.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ANDER INLIGTING VIR VGL.:
Kus (name of the son of Ham-Gen. 10; vader van Nimrod - ryk begin Babel, Ereg, Akkad en Kalne in land Sinear)(riviere van Ethiopa)VERGELYK MET DIE GEBIED VAN DIE KANAANIETE:  (Gen 10:19 - "En die gebied van die Kanaäniete was van Sidon af in die rigting van Gerar tot by Gasa, in die rigting van Sodom en Gomorra en Adma en Sebóim tot by Lesa".

========================================================================
Skrifgedeeltes:
Sefanja 1-3:

(Sef. 1:1)  Die woord van die HERE wat gekom het tot Sefánja, die seun van Kusi, die seun van Gedálja, die seun van Amárja, die seun van Hiskía, in die dae van Josía, die seun van Amon, koning van Juda.
(Sef. 1:2)  Saamskraap, wegraap sal Ek alles van die aardbodem af weg, spreek die HERE.
(Sef. 1:3)  Ek sal wegraap mense en diere, Ek sal wegraap die voëls van die hemel en die visse van die see en die struikelblokke saam met die goddelose, ja, Ek sal die mense uitroei van die aardbodem af weg, spreek die HERE.
(Sef. 1:4)  En Ek sal my hand uitstrek teen Juda en teen al die inwoners van Jerusalem; Ek sal ook uit hierdie plek uitroei wat van Baäl oorgebly het, die naam van die afgodsdienaars saam met die priesters;
(Sef. 1:5)  en die wat op die dakke die leër van die hemel aanbid; en die aanbidders wat by die HERE sweer en sweer by Milkom.
(Sef. 1:6)  Ook die wat van die HERE afvallig word en wat die HERE nie soek en Hom nie raadpleeg nie.
(Sef. 1:7)  Swyg voor die Here HERE! Want die dag van die HERE is naby; want die HERE het ‘n offer berei, sy gaste geheilig.
(Sef. 1:8)  En op die dag van die offer van die HERE sal Ek besoeking doen oor die vorste en die prinse en oor almal wat uitlandse klere dra.
(Sef. 1:9)  Ek sal ook op dié dag besoeking doen oor almal wat oor die drumpel spring, wat die huis van hulle here vul met geweld en bedrog.
(Sef. 1:10)  En op dié dag, spreek die HERE—hoor! ‘n geskreeu van die Vispoort af en ‘n gehuil van die Nuwe Stad af en ‘n groot gekraak van die heuwels af!
(Sef. 1:11)  Huil, o inwoners van die Vysel! want al die koopmans gaan te gronde, almal wat geld afweeg, word uitgeroei.
(Sef. 1:12)  En in dié tyd sal Ek Jerusalem met lanterns deursoek en besoeking doen oor die manne wat dik geword het op hulle afsaksel, wat in hulle hart sê: Die HERE doen geen goed en Hy doen geen kwaad nie.
(Sef. 1:13)  En hulle rykdom sal geplunder word, en hulle huise verwoes word; en as hulle huise bou, sal hulle dit nie bewoon nie; en as hulle wingerde plant, sal hulle die wyn daarvan nie drink nie.
(Sef. 1:14)  Naby is die groot dag van die HERE, naby en baie haastig. Hoor! die dag van die HERE! Bitterlik skreeu die held daar.
(Sef. 1:15)  Dié dag is ‘n dag van grimmigheid, ‘n dag van benoudheid en angs, ‘n dag van woestheid en verwoesting, ‘n dag van duisternis en donkerheid, ‘n dag van wolke en wolkenag,
(Sef. 1:16)  ‘n dag van basuingeklank en krygsgeskreeu teen die versterkte stede en teen die hoë hoekvestings.
(Sef. 1:17)  En Ek sal die mense in benoudheid bring, en hulle sal rondloop soos blindes, omdat hulle teen die HERE gesondig het; en hulle bloed sal vergiet word soos stof en hulle ingewande soos drek.
(Sef. 1:18)  Hulle silwer of hulle goud sal nie in staat wees om hulle op die dag van die grimmigheid van die HERE te red nie, maar deur die vuur van sy ywer sal die hele aarde verteer word; want Hy bring vernietiging, ja, ‘n verskriklike, oor die inwoners van die aarde.

(Zep 2:1)  Kom tot julleself, ja, kom tot inkeer, o nasie wat nie skaam word nie!
(Zep 2:2)  Voordat die besluit baar—soos kaf gaan die dag verby—voordat daar oor julle kom die toorngloed van die HERE, voordat oor julle kom die dag van die toorn van die HERE.
(Zep 2:3)  Soek die HERE, o alle ootmoediges van die land, wat sy ordening onderhou; soek geregtigheid, soek ootmoedigheid—miskien sal julle verborge bly op die dag van die toorn van die HERE.
(Zep 2:4)  Want Gasa sal verlate wees en Askelon tot verwoesting; Asdod sal op die helder middag verdryf word, en Ekron sal ontwortel word.
(Zep 2:5)  Wee die inwoners van die kusstreek, die nasie van die Kretiërs! Die woord van die HERE is teen julle, Kanaän, land van die Filistyne—Ek verdelg jou, sodat daar niemand meer woon nie.
(Zep 2:6)  En die kusstreek sal weiplekke met putte wees vir herders en krale vir kleinvee.
(Zep 2:7)  En dit sal wees ‘n deel vir die oorblyfsel van die huis van Juda: hulle sal daarop wei; hulle sal saans in die huise van Askelon gaan lê, want die HERE hulle God sal op hulle ag gee en hulle lot verander.
(Zep 2:8)  Ek het gehoor die smaadtaal van Moab en die beskimpinge van die kinders van Ammon, waarmee hulle my volk gesmaad het, en hoe hulle hul groot gehou het teen sy grondgebied.
(Zep 2:9)  Daarom, so waar as Ek leef, spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Moab sal word soos Sodom en die kinders van Ammon soos Gomorra—’n veld van brandnekels en soutpanne en ‘n verwoesting vir ewig; die oorblyfsel van my volk sal hulle berowe, en die res van my nasie sal hulle beërwe.
(Zep 2:10)  Dit oorkom hulle vir hul trotsheid, want hulle het geskimp op en hulle groot gehou teen die volk van die HERE van die leërskare.
(Zep 2:11)  Vreeslik sal die HERE teen hulle wees, want Hy laat al die gode van die aarde wegkwyn; sodat hulle Hom kan aanbid elkeen uit sy woonplek, al die kuslande van die nasies.
(Zep 2:12)  Ook julle, o Kusiete, deurboordes van my swaard is hulle.
(Zep 2:13)  Dan sal Hy sy hand uitstrek teen die noorde, en Hy sal Assur vernietig en Ninevé tot ‘n verwoesting maak, dor soos die woestyn.
(Zep 2:14)  En binne-in die stad sal troppe vee lê en allerhande gediertes by troppe, die pelikaan sowel as die krimpvarkie op sy kapitele vernag; hoor! daar word gesing in die venster; verwoesting sit op die drumpel, want hulle het die sederwerk afgeruk.
(Zep 2:15)  Dit is die uitgelate stad wat so veilig gewoon het, wat in sy hart gesê het: Dit is ek, en niemand anders nie! Hoe het dit ‘n verwoesting geword, ‘n lêplek vir wilde diere! Almal wat daar verbytrek, spot, skud met die hand.

(Zep 3:1)  Wee die opstandige en die besoedelde, die verdrukkende stad.
(Zep 3:2)  Dit luister na geen stem nie, dit neem geen tugtiging aan nie; op die HERE vertrou dit nie, tot sy God kom dit nie nader nie.
(Zep 3:3)  Sy vorste binne-in hom is brullende leeus; sy regters is aandwolwe wat niks vir die môre oorlaat nie.
(Zep 3:4)  Sy profete is ligsinnig, trouelose manne, sy priesters verontreinig wat heilig is, hulle verkrag die wet.
(Zep 3:5)  Die HERE is regverdig binne-in hom, Hy doen geen onreg nie; elke môre laat Hy sy reg aan die lig kom, dit ontbreek nooit nie; maar die kwaaddoener ken geen skaamte nie.
(Zep 3:6)  Ek het nasies uitgeroei, hulle hoekvestings is vernietig; hulle strate het Ek verwoes, sodat niemand meer verbygaan nie; hulle stede is verniel, sodat daar geen mens, geen inwoner in is nie.
(Zep 3:7)  Ek het gesê: Mag jy My maar vrees, tugtiging aanneem! Dan sou sy woonplek nie uitgeroei word nie, nie plaasvind alles wat Ek teen hom bestel het nie. Nogtans het hulle met ywer al hulle handelinge bederwe.
(Zep 3:8)  Daarom, verwag My, spreek die HERE, op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit; want dit is my strafoordeel om nasies te versamel, koninkryke te vergader om my grimmigheid oor hulle uit te stort, al die gloed van my toorn. Want die ganse aarde sal deur die vuur van my ywer verteer word!
(Zep 3:9)  Want dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van die HERE sal aanroep en Hom met ‘n eenparige skouer sal dien.
(Zep 3:10)  Oorkant die riviere van Kus vandaan sal my aanbidders, my verstrooide gemeente, my offerande bring.
(Zep 3:11)  Op dié dag hoef jy jou nie te skaam weens al jou dade waarmee jy teen My oortree het nie; want dan sal Ek uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel, en jy sal jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie.
(Zep 3:12)  En Ek sal tussen jou in laat oorbly ‘n ellendige en geringe volk wat by die Naam van die HERE skuiling soek.
(Zep 3:13)  Die oorblyfsel van Israel sal geen onreg doen en geen leuentaal spreek nie, en in hulle mond sal geen bedrieglike tong gevind word nie; maar hulle sal wei en neerlê, en niemand sal hulle verskrik nie.
(Zep 3:14)  Jubel, o dogter van Sion, juig, o Israel! Verheug jou en jubel van ganser harte, o dogter van Jerusalem!
(Zep 3:15)  Die HERE het jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die koning van Israel, die HERE is by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie.
(Zep 3:16)  In dié dag sal aan Jerusalem gesê word: Vrees nie, o Sion, laat jou hande nie slap hang nie!
(Zep 3:17)  Die HERE jou God is by jou, ‘n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.
(Zep 3:18)  Die wat bedroef is, ver weg van die fees, versamel Ek; hulle hoort by jou, die smaad druk swaar op hulle.
(Zep 3:19)  Kyk, in dié tyd sal Ek met al jou verdrukkers handel; en die wat kreupel is, sal Ek red; en die wat verjaag is, versamel; en Ek sal hulle maak tot ‘n lof en tot ‘n roem wie se skande oor die hele aarde was.
(Zep 3:20)  In dié tyd sal Ek julle aanbring, ja, in die tyd wanneer Ek julle versamel; want Ek maak julle tot ‘n roem en tot ‘n lof onder al die volke van die aarde, wanneer Ek voor julle oë julle lot verander, sê die HERE.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Opsomming: Die boek Joël

Ons weet nie eintlik veel van die profeet Joël nie, behalwe dat hy 'n profeet van die Here was, en die seun van 'n ene "Petuel".  Dit is ook nie seker wanneer presies hy gelewe het nie.  Sekere geleerdes vermoed dat hy gelewe het in 'n tydperk na die ballingskap. Dit is duidelik dat Joël 'n bekende profeet was onder die volk, en ons sien dat Petrus 'n deel van sy profesie aanhaal in Hand. 2.    (Hand. 2:16...  "Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is.  En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees....").  Joël het geskryf oor die DAG VAN DIE HERE, oor die KOMENDE OORDEEL, oor RAMPSPOEDIGE GEBEURE wat gaan plaasvind in die land, maar ook oor die UITSTORTING VAN DIE HEILIGE GEES.  Die profesie wys nie net op wat in die toekoms gaan gebeur nie, maar is ook 'n oproep tot die volk om hulle te bekeer.  In Joel 1 word daar spesiek gepraat met die OUDSTES en INWONERS VAN DIE LAND;  ook in Joel 2, waar die volk veral opgeroep word om hulle te bekeer tot die Here;  in Joel 3 word daar spesifiek gepraat met Tirus, Sidon, die landstreke van Filistea, asook die ander nasies, en wat met hulle sal gebeur.  Baie feite word genoem oor wat spesifiek gaan gebeur met die land en met die inwoners van die land, asook wat sal gebeur met die wat die volk verdruk het.  

HIER VOLG 'N OPSOMMING ("COPY" EN GE-"PASTE") VAN FEITE RONDOM SEKERE ONDERWERPE UIT DIE BOEK VAN JOEL:
-  die dag van die Here
-  die toestand van die land voor Jesus se wederkoms
-  die dal van beslissing
-  en feite oor die tyd rondom die wederkoms (voor en na).

(rol af vir die Skrifgedeeltes)
==================================================
-  die dag van die Here

‘n dag van duisternis en donkerheid, ‘n dag van wolke en wolkenag
(Wederkoms beskrywe): soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom ‘n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie. Voor hom uit verteer ‘n vuur, en agter hom brand ‘n vlam; voor hom lyk die land soos die tuin van Eden, en agter hom is dit ‘n woeste wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie. Sy voorkoms is soos dié van perde, en net soos ryperde so hardloop hulle. Soos die gedruis van waens huppel hulle oor die bergtoppe, soos die geknetter van ‘n vuurvlam wat die kaf verteer, soos ‘n magtige volk wat vir die geveg opgestel is. Vir hom bewe die volke van angs, alle aangesigte verbleek. Soos helde hardloop hulle, soos krygsmanne klim hulle op die muur, en elkeen gaan sy eie koers; hulle verander nie van pad nie. En die een druk nie die ander nie; elkeen gaan sy eie pad; en tussen wapens deur val hulle; maar hulle bly in gelid. Hulle oorval die stad, hulle hardloop op die muur, hulle klim in die huise, hulle dring by die vensters in soos ‘n dief. 
Voor hulle bewe die aardesidder die hemel; die son en die maan word swart, en die sterre trek hulle glans in. En die HERE verhef sy stem voor sy leërmag uit; want geweldig groot is sy leër, ja, magtig die uitvoerder van sy woord. Want die dag van die HERE is groot en uitermate vreeslik, en wie kan dit verdra?  (2:2-11)
Die son en die maan word duister, en die sterre trek hulle glans in. En die HERE brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. (Met die wederkoms sal die HERE ‘n toevlug wees vir sy volk en ‘n skuilplek vir die kinders van Israel)(3:15-19).

- Want kyk, in dié dae en in dié tyd wanneer Ek die lot van Juda en Jerusalem verander, sal Ek al die nasies versamel en hulle na die dal van Jósafat laat aftrek, om daar met hulle ‘n strafgerig te hou ter wille van my volk en my erfdeel Israel
(Rede? -)
- (volk) wat hulle onder die nasies verstrooi het
- en my land wat hulle verdeel het.

http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/die-wederkoms.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  die toestand van die land voor Jesus se wederkoms

(Oor Sy volk het hulle die lot gewerp en ‘n jong seun weggegee vir ‘n hoer en ‘n meisie verkoop vir wyn en dit gedrink.  Tirus en Sidon en al die landstreke van Filistéa het Sy silwer en my goud geneem en Sy kosbare skatte na hulle tempels gebring. Verder het hulle die kinders van Juda en die kinders van Jerusalem aan die kinders van Jawan ("Grecians") verkoop, om hulle ver van hul grondgebied te verwyder (3:3-6).  Wat die afknyper laat oorbly het, het die treksprinkaan verslind; en wat die treksprinkaan laat oorbly het, het die voetganger verslind; en wat die voetganger laat oorbly het, het die kaalvreter verslind. Word wakker, julle dronkaards, en ween! En huil, al julle wyndrinkers! Oor die mos, omdat dit van julle mond weggeruk is. Want ‘n sterk en ontelbare nasie het opgetrek oor my land; sy tande is leeutande, en dit kan byt soos ‘n leeuin. Dit het my wingerdstok verwoes en my vyeboom versplinter; dit het ál sy bas afgeskil en weggegooi; die lote daarvan het wit geword. Weeklaag soos ‘n jonkvrou wat oor die bruidegom van haar jeug met ‘n roukleed omgord is.  Spysoffer en drankoffer is ontruk aan die huis van die HERE; die priesters, die dienaars van die HERE, treur. Die veld is verwoes, die akkerland treur; want die koring is verwoes, die mos het weggedroog, die olie het verdwyn.  Die landbouers staan beskaamd, die wynboere weeklaag oor die koring en oor die gars, omdat die oes op die land verlore is. Die wingerdstok het verdor, en die vyeboom het verwelk; die granaat, ook die palm en die appelboom, al die bome van die land het verdor; want beskaamd is die vreugde, weg van die mensekinders af.  Omgord julle en klaag, o priesters! Huil, dienaars van die altaar! Kom, vernag in rouklere, dienaars van my God! Want die spysoffer en die drankoffer is geweer van die huis van julle God.  Heilig ‘n vasdag, roep ‘n vergadering saam! Versamel die oudstes, alle inwoners van die land in die huis van die HERE julle God, en roep tot die HERE. 

Ag, die dag! Want naby is die dag van die HERE, en hy kom soos ‘n verwoesting van die Almagtige. Is die spys nie weggeruk voor ons oë nie, blydskap en gejuig weg uit die huis van onse God.  Die graankorrels het weggekrimp onder hulle kluite, die voorraadkamers is verwoes, die graanbakke afgebreek, want die koring het verdor. Hoe sug die vee! Die troppe beeste is onrustig, want daar is geen weiveld vir hulle nie; ook die troppe kleinvee moet boet. Tot U, o HERE, roep ek, want ‘n vuur het die weivelde van die woestyn verteer, en ‘n vlam het al die bome van die veld aan die brand gesteek. Selfs die diere van die veld smag na U; want die waterstrome het opgedroog, en ‘n vuur het die weivelde van die woestyn verteer.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  die dal van beslissing
OES RYP - Dal van Josofat:
- Roep dit uit onder die nasies, heilig ‘n oorlog! Wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom, opruk! Smee van julle pikke swaarde en van julle snoeimesse spiese; laat die swakke sê: Ek is ‘n held. Haas julle en kom aan, alle nasies rondom, en versamel julle. Laat u helde, HERE, daarheen aftrek! Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Jósafat; want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies rondom.  Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want die parskuip is vol, die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot. Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van die HERE in die dal van beslissing! (3:9-14).

http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/waarna-verwys-oes-in-die-skrif.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-skape-en-die-bokke.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  en feite oor die tyd rondom die wederkoms (voor en na)

- (Met die wederkoms sal die HERE ‘n toevlug wees vir sy volk en ‘n skuilplek vir die kinders van Israel) Dan sal julle weet dat Ek die HERE julle God is, wat woon op Sion, my heilige berg; dan sal Jerusalem ‘n heiligdom wees waar geen vreemdes meer deur sal trek nie. En op dié dag sal die berge drup van mos en die heuwels vloei van melk en al die spruitjies van Juda stroom van water; en uit die huis van die HERE sal daar ‘n fontein uitkom om die dal Sittim te besproeiJuda sal vir ewig bly, en Jerusalem van geslag tot geslag. En Ek sal hulle bloed onskuldig verklaar, wat Ek tevore nie onskuldig verklaar het nie; en die HERE sal op Sion bly woon (3:17-21).
-Egipte sal ‘n woesteny word, en Edom ‘n woeste wildernis wees
(Rede? -) 
weens die geweld wat hulle die kinders van Juda aangedoen het, dat hulle onskuldige bloed in hul land vergiet het (3:19).

-(die HERE sal ywer vir sy land en sy volk verskoon) Hy stuur vir hulle koring en mos en olie, sodat hulle daarvan versadig word ("en Ek maak julle nie meer tot ‘n voorwerp van smaad onder die nasies nie"). "Ja, Ek sal die sprinkaanswerm, uit die noorde (army uit noorde) afkomstig, van julle af wegjaag en dit wegdrywe na ‘n dor en woeste land; sy voorhoede na die Oostelike See en sy agterhoede na die Westelike See toe. En sy stank sal opstyg, en ‘n slegte reuk uit hom opgaan; want hy het alte groot dinge gedoen (2:20). "Wees nie bevrees nie, o aarde, juig en wees bly, want die HERE doen groot dinge! Wees nie bevrees nie, diere van die veld, want die weivelde van die woestyn spruit uit, want die bome dra hulle vrugte, die vyeboom en die wingerdstok lewer hulle drag!  En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in die HERE julle God, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen. Dan sal die dorsvloere vol koring wees en die parskuipe van mos en olie oorloop. En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het—my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het. Dan sal julle oorvloedig eet en versadig wees en die Naam van die HERE julle God prys wat wonderbaar met julle gehandel het, en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.  En julle sal weet dat Ek in die midde van Israel is, en dat Ek die HERE julle God is, en niemand anders nie; en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie. En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet" 2:18-29).

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/eindtydskrifte-wat-maklik-verwar-word.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Skrifgedeeltes:
Joel 1:
"Toestand van die land" (in blou beskryf)
"Die dag van die Here" (in rooi beskryf)
"Toestand van die land en volk na Jesus se wederkoms" (in Pers beskryf)
(Beskrywing van PLEKKE is in HOOFLETTERS)


("Met wie gepraat word, is in ITALIC geskryf)
(Vergelyking met ander skrifte is in GROEN geskrywe)
----------------------------------------------------------------------------

(Joe 1:1)  Die woord van die HERE wat tot Joël, die seun van Pétuel, gekom het.
AAN WIE?  (Joe 1:2)  Hoor dit, o oudstes, en luister, alle inwoners van DIE LAND! Het so iets ooit in julle dae of in die dae van julle vaders plaasgevind?
(Joe 1:3)  Vertel daarvan aan julle kinders, en julle kinders aan hulle kinders, en húlle kinders aan die volgende geslag:
(Joe 1:4)  Wat die afknyper laat oorbly het, het die treksprinkaan verslind; en wat die treksprinkaan laat oorbly het, het die voetganger verslind; en wat die voetganger laat oorbly het, het die kaalvreter verslind.
(Joe 1:5)  Word wakker, julle dronkaards, en ween! En huil, al julle wyndrinkers! Oor die mos, omdat dit van julle mond weggeruk is.
(Joe 1:6)  Want ‘n sterk en ontelbare nasie het opgetrek oor my land; sy tande is leeutande, en dit kan byt soos ‘n leeuin.
(Joe 1:7)  Dit het my wingerdstok verwoes en my vyeboom versplinter; dit het ál sy bas afgeskil en weggegooi; die lote daarvan het wit geword.
(Joe 1:8)  Weeklaag soos ‘n jonkvrou wat oor die bruidegom van haar jeug met ‘n roukleed omgord is.
(Joe 1:9)  Spysoffer en drankoffer is ontruk aan die huis van die HERE; die priesters, die dienaars van die HERE, treur.
(Joe 1:10)  Die veld is verwoes, die akkerland treur; want die koring is verwoes, die mos het weggedroog, die olie het verdwyn.
(Joe 1:11)  Die landbouers staan beskaamd, die wynboere weeklaag oor die koring en oor die gars, omdat die oes op die land verlore is.
(Joe 1:12)  Die wingerdstok het verdor, en die vyeboom het verwelk; die granaat, ook die palm en die appelboom, al die bome van die land het verdor; want beskaamd is die vreugde, weg van die mensekinders af.
(Joe 1:13)  Omgord julle en klaag, o priesters! Huil, dienaars van die altaar! Kom, vernag in rouklere, dienaars van my God! Want die spysoffer en die drankoffer is geweer van die huis van julle God.
(Joe 1:14)  Heilig ‘n vasdag, roep ‘n vergadering saam! Versamel die oudstes, alle inwoners van die land in die huis van die HERE julle God, en roep tot die HERE.
(Joe 1:15)  Ag, die dag! Want naby is die dag van die HERE, en hy kom soos ‘n verwoesting van die Almagtige.
(Joe 1:16)  Is die spys nie weggeruk voor ons oë nie, blydskap en gejuig weg uit die huis van onse God?
(Joe 1:17)  Die graankorrels het weggekrimp onder hulle kluite, die voorraadkamers is verwoes, die graanbakke afgebreek, want die koring het verdor.
(Joe 1:18)  Hoe sug die vee! Die troppe beeste is onrustig, want daar is geen weiveld vir hulle nie; ook die troppe kleinvee moet boet.
(Joe 1:19)  Tot U, o HERE, roep ek, want ‘n vuur het die weivelde van die woestyn verteer, en ‘n vlam het al die bome van die veld aan die brand gesteek.
(Joe 1:20)  Selfs die diere van die veld smag na U; want die waterstrome het opgedroog, en ‘n vuur het die weivelde van die woestyn verteer.
========================================================================
Joël 2:
"Toestand van die land" (in blou beskryf)
"Die dag van die Here" (in rooi beskryf)
Vergelykings (in groen)
"Toestand van die land en volk na Jesus se wederkoms" (in Pers beskryf)
----------------------------------------------------------------------------

(Joe 2:1)  Blaas die basuin op SION, en blaas alarm op my HEILIGE BERG! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die HERE kom, want hy is naby—
(Joe 2:2)  ‘n dag van duisternis en donkerheid, ‘n dag van wolke en wolkenag; soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom ‘n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie.
(Joe 2:3)  Voor hom uit verteer ‘n vuur, en agter hom brand ‘n vlam; voor hom lyk die land soos die tuin van Eden, en agter hom is dit ‘n woeste wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie.
(Joe 2:4)  Sy voorkoms is soos dié van perde, en net soos ryperde so hardloop hulle.
(Joe 2:5)  Soos die gedruis van waens huppel hulle oor die bergtoppe, soos die geknetter van ‘n vuurvlam wat die kaf verteer, soos ‘n magtige volk wat vir die geveg opgestel is.
(Joe 2:6)  Vir hom bewe die volke van angs, alle aangesigte verbleek.
(Joe 2:7)  Soos helde hardloop hulle, soos krygsmanne klim hulle op die muur, en elkeen gaan sy eie koers; hulle verander nie van pad nie.
(Joe 2:8)  En die een druk nie die ander nie; elkeen gaan sy eie pad; en tussen wapens deur val hulle; maar hulle bly in gelid.
(Joe 2:9)  Hulle oorval die stad, hulle hardloop op die muur, hulle klim in die huise, hulle dring by die vensters in soos ‘n dief.
(Joe 2:10)  Voor hulle bewe die aarde, sidder die hemel; die son en die maan word swart, en die sterre trek hulle glans in.
(Joe 2:11)  En die HERE verhef sy stem voor sy leërmag uit; want geweldig groot is sy leër, ja, magtig die uitvoerder van sy woord. Want die dag van die HERE is groot en uitermate vreeslik, en wie kan dit verdra?
- VGL. MET: (1 Kor. 1:8)  wat julle ook sal bevestig tot die einde toe, om in die dag van onse Here Jesus Christus onberispelik te wees.; (Hand. 2:20,21)  Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom. En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.; (Mal 4:1,2)  Want kyk, die dag kom, en dit brand soos ‘n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, ‘n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die HERE van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie. Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.
(Joe 2:12)  Maar selfs nou nog, spreek die HERE, bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklag.
(Joe 2:13)  En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die HERE julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil;
(Joe 2:14)  wie weet of dit Hom nie weer sal berou nie, sodat Hy ‘n seën sal agterlaat—’n spysoffer en ‘n drankoffer aan die HERE julle God.
(Joe 2:15)  Blaas die basuin op SION, heilig ‘n vasdag, roep ‘n vergadering saam!
(Joe 2:16)  Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suiglinge! Laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek.
(Joe 2:17)  Laat die priesters, die dienaars van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar ween en sê: o HERE, spaar u volk, en gee u erfdeel nie oor aan smaadheid, dat die nasies met hulle spot nie; waarom sou hulle onder die volke sê: Waar is hulle God?
(Joe 2:18)  Toe het die HERE geywer vir sy land en sy volk verskoon.
(Joe 2:19)  En die HERE het geantwoord en aan sy volk gesê: Kyk, Ek stuur vir julle koring en mos en olie, sodat julle daarvan versadig word, en Ek maak julle nie meer tot ‘n voorwerp van smaad onder die nasies nie.
(Joe 2:20)  Ja, Ek sal die sprinkaanswerm, uit die noorde afkomstig, van julle af wegjaag en dit wegdrywe na ‘n dor en woeste land; sy voorhoede na die Oostelike See en sy agterhoede na die Westelike See toe. En sy stank sal opstyg, en ‘n slegte reuk uit hom opgaan; want hy het alte groot dinge gedoen.
(Joe 2:21)  Wees nie bevrees nie, o aarde, juig en wees bly, want die HERE doen groot dinge!
(Joe 2:22)  Wees nie bevrees nie, diere van die veld, want die weivelde van die woestyn spruit uit, want die bome dra hulle vrugte, die vyeboom en die wingerdstok lewer hulle drag!
(Joe 2:23)  En julle, kinders van SION, juig en wees bly in die HERE julle God, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen.
(Joe 2:24)  Dan sal die dorsvloere vol koring wees en die parskuipe van mos en olie oorloop.
(Joe 2:25)  En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het—my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het.
(Joe 2:26)  Dan sal julle oorvloedig eet en versadig wees en die Naam van die HERE julle God prys wat wonderbaar met julle gehandel het, en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.
(Joe 2:27)  En julle sal weet dat Ek in die midde van ISRAEL is, en dat Ek die HERE julle God is, en niemand anders nie; en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.

(Joe 2:28)  En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.
(Joe 2:29)  En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.
(Joe 2:30)  En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare.
(Joe 2:31)  Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die HERE kom.
(Joe 2:32)  En elkeen wat die Naam van die HERE aanroep, sal gered word; want op die berg SION en in JERUSALEM sal daar ontkoming wees soos die HERE gesê het, en onder die vrygeraaktes die wat die HERE sal roep.
========================================================================
Joël 3:
"Toestand van die land" (in blou beskryf)
"Die dag van die Here" (in rooi beskryf)
Vergelykings (in groen)
"Toestand van die land en volk na Jesus se wederkoms" (in Pers beskryf)
----------------------------------------------------------------------------

(Joe 3:1)  Want kyk, in dié dae en in dié tyd wanneer Ek die lot van JUDA en JERUSALEM verander,
(Joe 3:2)  sal Ek al die nasies versamel en hulle na die DAL VAN  JóSAFAT laat aftrek, om daar met hulle ‘n strafgerig te hou ter wille van my volk en my erfdeel ISRAEL wat hulle onder die nasies verstrooi het, en my land wat hulle verdeel het.
(Joe 3:3)  En oor my volk het hulle die lot gewerp en ‘n jong seun weggegee vir ‘n hoer en ‘n meisie verkoop vir wyn en dit gedrink.
(Joe 3:4)  En ook, wat het julle met My te doen, o TIRUS en SIDON en al die LANDSTREKE VAN FILISTéA? Wil julle My iets vergelde, of wil julle My iets aandoen? Gou, ylings sal Ek julle dade op julle hoof laat neerkom.
(Joe 3:5)  Want julle het my silwer en my goud geneem en my kosbare skatte na julle tempels gebring.
(Joe 3:6)  Verder het julle die kinders van Juda en die kinders van Jerusalem aan die kinders van JAWAN ("Grecians") verkoop, om hulle ver van hul grondgebied te verwyder.
(Joe 3:7)  Kyk, Ek sal hulle laat opstaan uit die plek waarheen julle hulle verkoop het, en julle dade op julle hoof laat neerkom.
(Joe 3:8)  En Ek sal julle seuns en julle dogters aan die kinders van Juda verkoop, en dié sal hulle verkoop aan die SABEëRS, aan ‘n verafgeleë volk want die HERE het dit gespreek.
(Joe 3:9)  Roep dit uit onder die nasies, heilig ‘n oorlog! Wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom, opruk!
(Joe 3:10)  Smee van julle pikke swaarde en van julle snoeimesse spiese; laat die swakke sê: Ek is ‘n held.
(Joe 3:11)  Haas julle en kom aan, alle nasies rondom, en versamel julle. Laat u helde, HERE, daarheen aftrek!
(Joe 3:12)  Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Jósafat; want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies rondom.
(Joe 3:13)  Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want die parskuip is vol, die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot.
(Joe 3:14)  Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van die HERE in die dal van beslissing!
(Joe 3:15)  Die son en die maan word duister, en die sterre trek hulle glans in.
(Joe 3:16)  En die HERE brul uit SION, en uit JERUSALEM verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar die HERE sal ‘n toevlug wees vir sy volk en ‘n skuilplek vir die kinders van Israel.
(Joe 3:17)  Dan sal julle weet dat Ek die HERE julle God is, wat woon op SION, my HEILIGE BERG; dan sal JERUSALEM ‘n heiligdom wees waar geen vreemdes meer deur sal trek nie.
(Joe 3:18)  En op dié dag sal die berge drup van mos en die heuwels vloei van melk en al die spruitjies van JUDA stroom van water; en uit die huis van die HERE sal daar ‘n fontein uitkom om die DAL SITTIM te besproei.
(Joe 3:19)  EGIPTE sal ‘n woesteny word, en EDOM ‘n woeste wildernis wees, weens die geweld wat hulle die kinders van Juda aangedoen het, dat hulle onskuldige bloed in hul land vergiet het.
(Joe 3:20)  Maar JUDA sal vir ewig bly, en JERUSALEM van geslag tot geslag.
(Joe 3:21)  En Ek sal hulle bloed onskuldig verklaar, wat Ek tevore nie onskuldig verklaar het nie; en die HERE sal op SION bly woon.
========================================================================