Wys tans plasings met die etiket hemelvaart. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket hemelvaart. Wys alle plasings

Woensdag 24 Julie 2024

Die Olyfberg

 IN HIERDIE POS BESTUDEER ONS DIE ONDERWERP: Die "OLYFBERG"   ("mount of olives"; "Olivet")(wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant)

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

In Jesus se tyd op aarde het Hy en Sy dissipels heelwat tyd deurgebring op die Olyfberg (Matt. 21:1; Matt. 24:3; 26:30; Luk. 19:37; 22:39; Joh. 8:1)... Dit wil selfs voorkom asof Hy somtyds daar vernag het (Luk. 21:37).  Die Olyfberg was sekerlik soos 'n rusplek vir die Here en Sy dissipels wanneer hulle in Jerusalem was (Matt. 26:30; 24:3; Luk. 19:37; Joh. 8:1,2) (Luk 9:58 - "... Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie")
(Luk 21:37 - "En Hy was oordag in die tempel besig om te leer, en snags het Hy uitgegaan en vernag op die berg wat die Olyfberg genoem word"). 

Dit is hier (op die Olyfberg) waar Jesus vir Sy dissipels vertel het wat aan die einde van dae sal gebeur... (Matt. 24:3 - "En toe Hy op DIE OLYFBERG gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?").

Getsemane was 'n tuin aan die voet van die Olyfberg, duskant die spruit Kedron (Joh. 18:1) - dit is hier waar hulle Jesus gevange geneem het voor Hy gekruisig is. Joh. 18:2 verklaar dat Jesus en Sy dissipels dikwels daar saamgekom het. 

Dit wil voorkom of die Olyfberg die juiste plek is waarvandaan die Here Jesus Christus opgevaar het hemel toeen dit is ook die plek waarop Hy sal kom staan wanneer Hy terugkom! - (Hand. 1:9-12; Sag. 14:4) "En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal....".  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SKRIFTE:

(Mat 21:1)  En toe hulle naby Jerusalem gekom en Bétfagé aan die Olyfberg bereik het, stuur Jesus twee dissipels uit en sê vir hulle:
(Mat 21:2)  Gaan na daardie dorp reg voor julle, en dadelik sal julle ‘n eselin vind wat vasgemaak is, en ‘n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My.
(Mat 21:3)  En as iemand vir julle iets sê, moet julle antwoord: Die Here het hulle nodig; en dadelik sal hy hulle stuur.
(Mat 21:4)  En dit het alles gebeur, sodat vervul sou word die woord wat deur die profeet gespreek is:
(Mat 21:5)  Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig, en Hy sit op ‘n esel, ja, ‘n jong esel, die vul van ‘n pakdier.
(Mat 21:6)  En die dissipels het gegaan en gedoen soos Jesus hulle beveel het;

(ook Mark. 11:1; Luk. 19:29)
========================================================================

(Mat 24:1)  En Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys.
(Mat 24:2)  En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.
(Mat 24:3)  En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?

(ook Mark. 13:3)
========================================================================

(Mat 26:26)  En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.
(Mat 26:27)  Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit.
(Mat 26:28)  Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.
(Mat 26:29)  Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader.
(Mat 26:30)  En nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg.
(Mat 26:31)  Toe sê Jesus vir hulle: Julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem aan My, want daar is geskrywe: Ek sal die herder slaan, en die skape van die kudde sal verstrooi word.

(ook Mark. 14:26)
========================================================================

(Luk 19:37)  En toe Hy al naby die afdraand van die Olyfberg kom, begin die hele menigte dissipels God met blydskap te prys met ‘n groot stem oor al die kragtige dade wat hulle gesien het,
(Luk 19:38)  terwyl hulle sê: Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here, vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele!
(Luk 19:39)  En sommige van die Fariseërs uit die skare sê vir Hom: Meester, bestraf u dissipels!
(Luk 19:40)  En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sê vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep.
(Luk 19:41)  En toe Hy naby kom en die stad sien, het Hy daaroor geween
(Luk 19:42)  en gesê: As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek.
(Luk 19:43)  Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande ‘n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit.
(Luk 19:44)  En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie.


========================================================================

(Luk 21:29)  Toe vertel Hy hulle ‘n gelykenis: Let op die vyeboom en al die bome.
(Luk 21:30)  Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is.
(Luk 21:31)  So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur.
(Luk 21:32)  Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie.
(Luk 21:33)  Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
(Luk 21:34)  Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie.
(Luk 21:35)  Want soos ‘n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon.
(Luk 21:36)  Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.
(Luk 21:37)  En Hy was oordag in die tempel besig om te leer, en snags het Hy uitgegaan en vernag op die berg wat die Olyfberg genoem word.
(Luk 21:38)  En die hele volk het vroeg in die môre na Hom in die tempel gekom om na Hom te luister.


========================================================================

(Joh 8:1)  Maar Jesus het na die Olyfberg gegaan.
(Joh 8:2)  En vroeg in die môre het Hy weer in die tempel gegaan, en al die mense het na Hom gekom, en Hy het gaan sit en hulle geleer.

========================================================================

(Hand. 1:9)  En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.
(Hand. 1:10)  En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle,
(Hand. 1:11)  wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.
(Hand. 1:12)  Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is, ‘n sabbatsreis ver.


========================================================================
SAGARIA 14:

(Sag. 14:1)  Kyk, daar kom ‘n dag vir die HERE; dan sal wat van jou buitgemaak is, binne-in jou verdeel word, o Jerusalem!
(Sag. 14:2)  Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie.


(Sag. 14:3)  En die HERE sal uittrek en stryd voer teen dié nasies soos op die dag van sy stryddie dag van oorlog.
(Sag. 14:4)  En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide.
(Sag. 14:5)  En julle sal vlug in die dal van my berge—want die dal van die berge sal loop tot by Asal—en julle sal vlug soos julle gevlug het vir die aardbewing in die dae van Ussía, die koning van Juda. Dan sal die HERE my God kom, al die heiliges met U!
(Sag. 14:6)  En in dié dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal duister wees. (vgl. dit met seel 6)(vgl. dit ook met die aardbewing op die 6 de seel tyd wanneer 'n 10de v/d stad van val en 7000 mense dood)
(Sag. 14:7)  En dit sal ‘n enige dag wees wat aan die HERE bekend is—geen dag en geen nag nie; maar teen die aand sal dit lig word. (seel 7)
(Sag. 14:8)  En in dié dag sal daar lewende waters uit Jerusalem uitvloei, die een helfte daarvan na die Oostelike en die ander helfte daarvan na die Westelike See; somer en winter sal dit so wees.
(Sag. 14:9)  En die HERE sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die HERE een wees, en sy Naam een.
(Sag. 14:10)  Die hele land sal soos die Vlakte word, van Geba tot by Rimmon, suid van Jerusalem; maar Jerusalem self sal hoog wees en woon op sy plek, van die poort van Benjamin af tot by die plek van die vorige poort, tot by die Hoekpoort, en van die toring Hanáneël tot by die parskuipe van die koning.
(Sag. 14:11)  En hulle sal daarin woon, en daar sal geen banvloek meer wees nie, en Jerusalem sal in veiligheid woon.
(Sag. 14:12)  En dit sal die plaag wees waarmee die HERE al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond.
(Sag. 14:13)  En in dié dag sal ‘n groot verwarring van die HERE onder hulle kom, sodat die een die hand van die ander sal gryp, en die hand van die een hom sal verhef teen die hand van die ander.
(Sag. 14:14)  En Juda sal ook in Jerusalem veg, en die rykdom van al die nasies rondom sal ingesamel word: goud en silwer en klere—’n groot hoeveelheid.
(Sag. 14:15)  En soos hierdie plaag is, sal die plaag wees van die perde, die muile, die kamele en die esels en van al die diere wat in daardie laers is.
(Sag. 14:16)  En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die HERE van die leërskare, en om die huttefees te vier.
(Sag. 14:17)  En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die HERE van die leërskare, te aanbid nie—hulle sal geen reën kry nie.
(Sag. 14:18)  En as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee die HERE die nasies tref wat nie opgaan om die huttefees te vier nie.
(Sag. 14:19)  Dit sal die straf van Egipte wees en die straf van al die nasies wat nie optrek om die huttefees te vier nie.
(Sag. 14:20)  In dié dag sal op die klokke van die perde staan: Heilig aan die HERE! En die potte in die huis van die HERE sal wees soos die komme voor die altaar.
(Sag. 14:21)  Ja, al die potte in Jerusalem en Juda sal aan die HERE van die leërskare heilig wees; en almal wat wil offer, sal kom en daarvan neem en daarin kook; en in dié dag sal daar geen Kanaäniet in die huis van die HERE van die leërskare meer wees nie.
========================================================================

(2Sa 15:30)  En Dawid het die hoogte van die olywe opgeklim, terwyl hy aldeur loop en ween; en sy hoof was bedek, en hy het kaalvoet geloop; en al die mense wat by hom was, hulle het elkeen sy hoof bedek en opgegaan en aldeur geween.
========================================================================

(Mat 26:36)  Toe kom Jesus met hulle in ‘n plek met die naam van Getsémané, en Hy sê vir die dissipels: Sit hier onderwyl Ek daar gaan bid.

(Joh 18:1)  Nadat Jesus dit gesê het, het Hy met sy dissipels oor die spruit Kedron gegaan waar daar ‘n tuin was, waarin Hy self gegaan het en sy dissipels.
(Joh 18:2)  En Judas, sy verraaier, het ook die plek geken, omdat Jesus daar dikwels met sy dissipels saamgekom het.