Wys tans plasings met die etiket beleering teen Jerusalem. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket beleering teen Jerusalem. Wys alle plasings

Donderdag 11 Augustus 2016

Sagaria 12 en 13

Vir 'n opsomming oor PROFETIESE BOEKE, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/p/profetiese-boeke.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE BOEK VAN SAGARIA:  Sag. 12 en 13 ('n Opsomming)
_________________________________________________________________________________
AAN WIE GERIG?:
- Israel (12:1).

WAT GAAN HY DOEN?:
- Die Here gaan maak dat Jerusalem soos 'n beker van bedwelming is vir die volke rondom (12:2);
- Die Here sal Jerusalem maak tot ‘n baie swaar klip vir al die volke (12:3);

WAT GAAN GEBEUR?:
- Die volke sal teen Jerusalem wees, ook teen Juda sal dit wees tydens die beleëring teen Jerusalem (12:2);
-  al die nasies van die aarde sal daarteen vergader word (12:3)

WAT SAL MET DIE VOLKE/NASIES WAT TEEN JERUSALEM AANKOM, GEBEUR?
- ("Jerusalem tot ‘n baie swaar klip vir al die volke"): -elkeen wat dit optel, sal hom daarmee sekerlik seer maak (12:3);
-  In dié dag sal die Here al die perde met verwarring slaan en hulle ruiters met waansin (12:4);
- Die Here sal in dié dag daarna soek om al die nasies wat teen Jerusalem aankom, te verdelg (12:9);

WAT SAL MET JUDA en met JERUSALEM GEBEUR?
- maar oor die huis van Juda sal Hy Sy oë oophou, terwyl Hy al die perde van die volke met blindheid slaan (12:4);
- In dié dag sal Hy die stamhoofde van Juda maak soos ‘n pan met vuur onder ‘n hoop hout en soos ‘n brandende fakkel onder gerwe—hulle sal regs en links al die volke rondom verteer; maar Jerusalem sal nog bewoond wees op sy plek in Jerusalem (12:6).
- Die HERE sal eers die tente van Juda verlos, sodat die roem van die huis van Dawid en die roem van die inwoners van Jerusalem dié van Juda nie sal oortref nie (12:7);
- In dié dag sal die HERE die inwoners van Jerusalem rondom beskut, en die struikelende onder hulle sal in dié dag wees soos Dawid, en die huis van Dawid soos ‘n hemelse wese, soos die Engel van die HERE voor hulle uit (12:8);
- Oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal die Here die Gees van genade en smekinge uitgiet (12:10);

WAT SAL JUDA en die inwoners van JERUSALEM SE REAKSIE WEES?
- Dan sal die stamhoofde van Juda in hulle hart sê: Die inwoners van Jerusalem is vir my ‘n sterkte deur die HERE van die leërskare, hulle God (12:5);
- en hulle sal opsien na Hom vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ‘n mens bitterlik ween oor ‘n eersgebore kind (12:10);
- In dié dag sal die rouklag groot wees in Jerusalem, soos die rouklag van Hadad-Rimmon in die laagte van Megiddo (12:11);
- En die land sal rouklaag by geslagte, elke geslag afsonderlik; die geslag van die huis van Dawid afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; die geslag van die huis van Natan afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik (12:12);
- die geslag van die huis van Levi afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; die geslag van Símeï afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik (12:3);
- Al die ander geslagte—elke geslag afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik (12:4).

HOE SAL DIT LYK IN DIE LAND?
- In dié dag sal daar ‘n geopende fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem teen sonde en onreinheid (13:1);
- En in dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek die name van die afgode uit die land uitroei, sodat aan hulle nie meer gedink sal word nie; en ook die profete en die onreine gees sal Ek uit die land laat wegtrek (13:2);
- En as iemand nog wil profeteer, sal sy vader en sy moeder wat hom verwek het, vir hom sê: Jy mag nie langer lewe nie, want jy het leuens in die Naam van die HERE verkondig; en sy vader en sy moeder wat hom verwek het, sal hom deurboor as hy wil profeteer (13:3);
- En in dié dag sal elkeen van die profete, as hy profeteer, hom skaam oor sy gesig; en hulle sal die harige mantel nie aantrek om te lieg nie (13:4);
- Maar hy sal sê: Ek is geen profeet nie, ek is ‘n man wat die grond bewerk; want iemand het my van my jeug af as slaaf gekoop (13:5);
- En as iemand vir hom sê: Watter wonde is daardie tussen jou hande? dan sal hy antwoord: So is ek geslaan in die huis van my vriende (13:6);
- Ontwaak, o swaard, teen my herder, en teen die man wat my metgesel is! spreek die HERE van die leërskare. Slaan die herder, sodat die skape verstrooi word; en Ek sal my hand weer uitstrek oor die geringes (13:7);
- En in die ganse land, spreek die HERE—twee-derdes sal daarin uitgeroei word, sal sterwe, maar een-derde daarin oorbly (13:8);
-  Dan sal Ek die derde deel in die vuur bring en hulle smelt soos ‘n mens silwer smelt en hulle toets soos ‘n mens goud toets. Hulle sal my Naam aanroep, en Ek sal hulle verhoor. Ek sê: Dit is my volk! En hulle sal sê: Die HERE, my God! (13:9).
_________________________________________________________________________________

SKRIFGEDEELTES:
_________________________________________________________________________________
(Sag. 12:1)  Godspraak. Die woord van die HERE oor Israel. Die HERE spreek, wat die hemele uitsprei en die aarde grondves en die gees van die mens in sy binneste formeer:
(Sag. 12:2)  Kyk, Ek maak Jerusalem vir al die volke rondom tot ‘n beker van bedwelming, en ook teen Juda sal dit wees tydens die beleëring teen Jerusalem.
(Sag. 12:3)  En in dié dag maak Ek Jerusalem tot ‘n baie swaar klip vir al die volke: elkeen wat dit optel, sal hom daarmee sekerlik seer maak; en al die nasies van die aarde sal daarteen vergader word.
(Sag.  12:4)  In dié dag, spreek die HERE, sal Ek al die perde met verwarring slaan en hulle ruiters met waansin; maar oor die huis van Juda sal Ek my oë oophou, terwyl Ek al die perde van die volke met blindheid slaan.
(Sag. 12:5)  Dan sal die stamhoofde van Juda in hulle hart sê: Die inwoners van Jerusalem is vir my ‘n sterkte deur die HERE van die leërskare, hulle God.
(Sag. 12:6)  In dié dag sal Ek die stamhoofde van Juda maak soos ‘n pan met vuur onder ‘n hoop hout en soos ‘n brandende fakkel onder gerwe—hulle sal regs en links al die volke rondom verteer; maar Jerusalem sal nog bewoond wees op sy plek in Jerusalem.
(Sag. 12:7)  En die HERE sal eers die tente van Juda verlos, sodat die roem van die huis van Dawid en die roem van die inwoners van Jerusalem dié van Juda nie sal oortref nie.
(Sag. 12:8)  In dié dag sal die HERE die inwoners van Jerusalem rondom beskut, en die struikelende onder hulle sal in dié dag wees soos Dawid, en die huis van Dawid soos ‘n hemelse wese, soos die Engel van die HERE voor hulle uit.
(Sag. 12:9)  Ook sal Ek in dié dag daarna soek om al die nasies wat teen Jerusalem aankom, te verdelg.
(Sag. 12:10)  Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ‘n mens bitterlik ween oor ‘n eersgebore kind.
(Sag. 12:11)  In dié dag sal die rouklag groot wees in Jerusalem, soos die rouklag van Hadad-Rimmon in die laagte van Megiddo.
(Sag. 12:12)  En die land sal rouklaag by geslagte, elke geslag afsonderlik; die geslag van die huis van Dawid afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; die geslag van die huis van Natan afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik;
(Sag. 12:13)  die geslag van die huis van Levi afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; die geslag van Símeï afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik.
(Sag. 12:14)  Al die ander geslagte—elke geslag afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik.
_________________________________________________________________________________
(Sag. 13:1)  In dié dag sal daar ‘n geopende fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem teen sonde en onreinheid.
(Sag. 13:2)  En in dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek die name van die afgode uit die land uitroei, sodat aan hulle nie meer gedink sal word nie; en ook die profete en die onreine gees sal Ek uit die land laat wegtrek.
(Sag. 13:3)  En as iemand nog wil profeteer, sal sy vader en sy moeder wat hom verwek het, vir hom sê: Jy mag nie langer lewe nie, want jy het leuens in die Naam van die HERE verkondig; en sy vader en sy moeder wat hom verwek het, sal hom deurboor as hy wil profeteer.
(Sag. 13:4)  En in dié dag sal elkeen van die profete, as hy profeteer, hom skaam oor sy gesig; en hulle sal die harige mantel nie aantrek om te lieg nie.
(Sag. 13:5)  Maar hy sal sê: Ek is geen profeet nie, ek is ‘n man wat die grond bewerk; want iemand het my van my jeug af as slaaf gekoop.
(Sag. 13:6)  En as iemand vir hom sê: Watter wonde is daardie tussen jou hande? dan sal hy antwoord: So is ek geslaan in die huis van my vriende.
(Sag. 13:7)  Ontwaak, o swaard, teen my herder, en teen die man wat my metgesel is! spreek die HERE van die leërskare. Slaan die herder, sodat die skape verstrooi word; en Ek sal my hand weer uitstrek oor die geringes.
(Sag. 13:8)  En in die ganse land, spreek die HERE—twee-derdes sal daarin uitgeroei word, sal sterwe, maar een-derde daarin oorbly.
(Sag.  13:9)  Dan sal Ek die derde deel in die vuur bring en hulle smelt soos ‘n mens silwer smelt en hulle toets soos ‘n mens goud toets. Hulle sal my Naam aanroep, en Ek sal hulle verhoor. Ek sê: Dit is my volk! En hulle sal sê: Die HERE, my God!